JUNIE 2023
www.agripulse.co.za
AgriPu se
Die Noordwes Landbou-unie het op 12 Mei tydens ‘n glansgeleentheid in Klerksdorp hul jaarlikse Jongboer van die Jaar aangewys. Die drie finaliste was Mick Caroll (Agri Lichtenburg), Gideon van Zyl (Agri Greater Taung) en Hendrik Reyneke (Agri Molopo). Hulle is saam met Emil Pretorius, markontwikkelingsbestuurder: Santam Landbou. Lees meer op bladsy 3+6.
Noordwes se jongboere indrukwekkend
ROOIVLEISBEDRYF
NWRPO hou kongres NW honey business
thrives Vordering teen Vigs
p4+5 p8
p4+5
APIARY SOÖNOSES
PAGE 2 JUNE 2023
‘n Statige Belgiese sagteveer
AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die Campine het sy oorsprong in België en is ‘n ligtegewig sagteveerras, lê wit eiers en broei nie maklik self nie. Die grootrashane weeg gemiddeld 2,7kg en die henne 2,3kg. Die bantamhane weeg 680g en die henne 570g. Campine word uitgespreek as “kam-peen” en algemene eienskappe van die haan is: Wakker en statig; breë, kompakte lyf; die rug is lank en word dunner na die stert toe;
vlerke is groot en sit styf teen die lyf; stert word hoog gedra en
vertoon breed. Die twee hoofstertvere is effens gebuig, nekvere
en saalvere se punte is rond, nie skerp nie (hen geveer). Kop
is effens lank met ‘n kort bek, gewoonlik enkelkam, met lang,
gladde oorbelle, oorlel is wit. Bene is sonder vere, vier tone en
is goed versprei. Die Campine kom slegs in twee kleure voor
naamlik goud en silwer. Vir enige navrae sms of whatsapp
Dawie by 071 196 7696. (Foto’s: www)
JUNIE 2023 BLADSY 3
Noordwes Jongboer-titel
‘n tweede keer vir Gideon Deur Charlize van der Linden
AGRI-PULSE - VRYBURG: Gideon van Zyl (39) van Vryburg in die Noordwes, is 12 Mei aangewys as Agri Noordwes en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar.
Gideon sê dat hy en sy vrou, Rodien glad nie die uitslag verwag het nie en dat die toekenning
‘n emosionele belewenis was. Gideon en Rodien is in 2007 getroud en het vier dogters - Lin-Mari (14), Leané (12), Jana (9) en Mira (6).
Rodien is ‘n deeltydse fisioterapeut en is baie betrokke by die boerdery se administrasie.
“Al die deelnemers aan vanjaar se kompetisie is dinamies en vooruitstrewend,”
sê Edric Badenhorst, voorsitter van Agri Noordwes se Jongboerkomitee. Dié boere, voeg Badenhorst by, help inderdaad om die beeld van landbou te verbeter. “Ek ken die ander twee medefinaliste Mick Carrol van Lichtenburg en Hendrik Reyneke van die distrik Piet Plessis en het baie respek vir hulle en hulle boerdery. Hulle is leierjongboere in hul onderskeie areas.”
Dié Vryburger, wat sedert 2006 voltyds boer, is ‘n boer wat weet hoe om die pas aan te gee. Hy dien sedert verlede jaar as visepresident van Agri Noordwes en was ook voorsitter van die Agri Salpeterpan -en Agri Taung Landbouverenigings. Gideon het ook ‘n passie om opleiding aan jongmense te gee.
Gideon het sy laerskoolloopbaan as
‘n leerder van Laerskool Vryburg (toe Laerskool Stellaland) voltooi en het daarna in Bloemfontein matrikuleer. Na skool het hy BCom Landbouekonomie aan Kovsies gestudeer. Gideon, sy pa Jan en jonger broer Jan jnr het in 2009 gesamentlik begin boer as Kroonvee Boerdery en fokus op Brahman genetika vir komersiële boer en stoetstelers.
Hulle verbou ook gewasse, maar net vir eie gebruik. Gidoen is hoofbestuur en finansiële hoof van Kroonvee en pa Jan, wat afgetree is, is nog betrokke by boerdery as raadgewende direkteur en fokus op kliëntediens vir die boerdery. Gideon het in 2012, toe hy net 28-jaaroud was, vir die eerste keer die toekenning as Agri NW Jongboer van die Jaar gewen. “Om op só ‘n jong ouderdom te wen, het my genoop om introspeksie ten opsigte van my boerdery te doen. Ek kon nuwe doelstellings vir myself stel. Ek kon my boerdery verbeter deur die swak punte aan te spreek en die goeie punte nog sterker te maak. Boere kry min geleentheid om hulle self op te weeg,” sê Gideon. Na die 2012-toekenning, het hy gevoel dat daar baie aspekte van die boerdery was waaraan gewerk moes word. “Ek het gewerk met die oog daarop om wéér vir die kompetisie in te skryf vir die geleentheid om weer op nasionale vlak mee te kan ding. Na die toekenning vanjaar, het Gideon, sy pa en broer Jan nabetragting gehou en weer die waarde van die kompetisie gesien waarby Kroonvee kan verbeter en watter fasette van die boerdery meer aandag moet geniet.
Die kompetisie het Gideon se vermoëns as boer bevestig. “Maar nou wil ek nóg beter as boer ontwikkel en hopelik kan ek vanjaar goed vaar tydens die nasionale kompetisie,”
sê Gideon. Familie is die spil waarom alles draai en daarom wil Gideon fokus om die familieboerdery te ontwikkel en ‘n werkbare strategie te vind om in die toekoms die suksesvolle oorname van die broers na die volgende generasie te verseker. “As familie ondersteun ons mekaar, maak mekaar sterk en glo in mekaar se drome.”
Dit is van uiterste belang dat jongboere op volhoubare boerderypraktyke moet fokus, meen Gideon, omdat hulle die toekomstige bewaarders van natuurlike hulpbronne is.
Voedselvoorsiening, handel, werkverskaffing en die ontwikkeling van die platteland speel
’n noodsaaklike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Gideon se boodskap aan jongboere is dat jy jouself moet ontwikkel voor jy jou boerdery ontwikkel. “Glo in jouself. Meet jouself veral teen wie jy gister was. Droom groot drome – en wérk hulle waar,” sê Gideon.
Gideon sal Noordwes later vanjaar in Agri SA en Toyota SA se Nasionale Jongboer van die jaarkompetisie verteenwoordig. In die onlangse verlede het twee Noordwesboere, Sakkie van Zyl en JP van den Berg, onderskeidelik 2014 en 2018, met dié louere weggestap.
Glo in jouself. Meet jouself veral teen wie jy gister was. Droom groot drome – en wérk hulle waar – Gideon van
Zyl, NW Jongboer van die Jaar
Gideon en Rodien met die toekenning as Agri Noord Wes Jongboer van die jaar 2023.
(Foto:verskaf) Gideon en Rodien saam met hul vier
dogters, Lin-Mari, Leané, Jana en Mira.
• Persone kan die risiko om MIV-besmetting te kry verminder deur bloodstelling aan risiko faktore te verminder. Die persoon moet stappe neem om homself meer teen MIV-besmetting te beskerm deur minder riskante seks, toets jou vir besmetting, neem kennis van jou maat se MIV-status, moet nie jouself inspuit nie, en verminder jou seksmaats.
• Na verkragting moet die persoon binne 72 uur (3 dae) antiretrovirale medisyne kry om MIV-besmetting te voorkom.
Die medisyne moet vir 28 dae geneem word en mag negatiewe gevolge veroorsaak.
• Daar is geen doeltreffende entstof teen MIV-besmetting nie.
• Tans is daar geen genesing vir MIV-besmetting nie, maar indien antiretrovirale terapie na al die mense met MIV uitgebrei word, asook uitbreiding van hulp, kan 21 miljoen vigsverwante sterftes en 28 miljoen nuwe besmettings teen 2030 voorkom word.
MIV entstof is nog nie beskore vir mense in die wêreld
Dit is meer as 40 jaar gelede dat MIV ‘n pandemie veroorsaak het en meer as 40 miljoen mense het wêreldwyd gesterf. Meer as 38 miljoen mense leef wêreldwyd met MIV. Ongeveer 8.5 miljoen mense in Suid-Afrika is besmet met MIV (2022). In Suid-Afrika is daar tans ongeveer 60.6 miljoen mense. Die skatting van mense wat MIV-besmetting het in Suid-Afrika is ongeveer 13% van die populasie.
JUNE 2023
PAGE 4 JUNIE 2023 BLADSY 5
Geskiedenis, voorkoms en impak van (MIV)
Wetenskaplikes het ʼn tipe sjimpansee in Sentraal-Afrika, wat ʼn bron van MIV-besmetting vir die mens is, gediagnoseer. Hulle glo dat die
sjimpanseeverklaring/-voorstelling van die immuniteitsgebrekvirus (sogenoemde aap [simian] immuniteitsgebrekvirus of AIV) waarskynlik na die mens oorgedra is en verander (muteer) het na MIV toe mense die sjimpansees gejag het vir vleis en so met besmette bloed in kontak gekom het. Studies bewys dat die MIV moontlik so ver terug as die 1800s vanaf die ape na die mense oorgedra is. Oor dekades het die virus stadig oor Afrika versprei en later ook na ander wêrelddele.
Die inligting wys dat MIV ‘n soönotiese siekte is. ‘n Soönose kan gedefineer word as ‘n siekte of besmetting wat natuurlik oorgedra word van werweldiere na die mens en ongekeerd. Dit is bekend dat die virus in die Verenigde State vanaf die middel tot laat 1970’s bestaan het. MIV kom wêreldwyd voor. Suid-Afrika het die grootste en mees prominente profiel MIV-epidemie in die wêreld. Daar is bereken dat ongeveer sewe miljoen mense MIV in 2015 gehad het. In dieselfde jaar was daar 380 000 nuwe MIV-besmettings terwyl 180 000 Suid-Afrikaners aan vigs-verwante siektes gesterf het. Suid-Afrika het die grootste antiretrovirale terapieprogram (ART) in die wêreld. Amerika (VSA) finansier Suid-Afrika deur die Pepfar-teenvigsprogram (U.S. President’s Emergency Plan for AIDS Relief) met etlike miljarde Rand. Die land bestee jaarliks meer as $1,5 biljoen om die MIV- en vigsprogram te bestuur. Sedert die begin van die wêreldwye epidemie het meer as 70 miljoen mense besmet geraak met MIV en ongeveer 35 miljoen mense het weens MIV/ vigs gesterf. Wêreldwyd was daar aan die einde van 2015 sowat 36.7 miljoen (34.0 - 39.8 miljoen) mense wat met MIV saamgelewe het.
In Subsahara-Afrika is baie mense met MIV aangetas (25.6 miljoen persone) en omtrent 1 uit elke 25 volwasse persone (4.4%) leef met MIV en verteenwoordig ongeveer 70% van mense wat wêreldwyd met MIV besmet is. Daar word beraam dat daar tans net 60% van mense met MIV-besmetting van hulle status bewus is.
Die oorblywende 40% of meer as 14 miljoen mense moet nog MIV-toetse laat doen. Tuberkulose is steeds die primêre oorsaak van sterftes by mense met MIV en dit verteenwoordig ongeveer een uit drie mense wat aan vigs sterf.
Mense wat besmet is met menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) het ʼn groot risiko as hulle met opportunistiese (wat wag vir ʼn gunstige geleentheid) soönoses soos kandidiase (sproei of moniliase)*, kriptokokkose*, kriptosporidiose**, histoplasmose*, herpes simplex***
(lewenslange besmetting), kokkidioïdomikose*, Pneumocystis jirovecii longontsteking (pneumonie)*, Mycobacterium avium kompleks****, Salmonella septisemie****, toksoplasmose**, tuberkulose**** besmet raak.
Opportunistiese besmettings is besmettings wat meer algemeen voorkom en meer
SOÖNOSES: Menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) en verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs)
Dr Jan du Preez - Veterinêre Spesialis in Volksgesondheid
Tans is daar geen doeltreffende geneesmiddel vir MIV nie, maar met deeglike behandeling en mediese sorg kan MIV onder
beheer gehou word. Wetenskaplikes
het ʼn tipe sjimpansee in Sentraal-Afrika, wat ʼn bron van MIV- besmetting vir
die mens is,
gediagnoseer. Suid-Afrika het die grootste en mees prominente profiel MIV-epidemie in die wêreld. Daar is bereken dat ongeveer sewe miljoen mense MIV in 2015 gehad het. Hierdie mense wag vir hulle gratis antiretrovirale medisyne.
Die mens kan nie deur toevallige kontak (ʼn handdruk, omhelsing of ʼn soen met toe mond) met ʼn person wat MIV het, besmet word
nie.
Persone met MIV of met ʼn wesenlike risiko vir MIV kan met die behandeling nog gesondheid geniet en ʼn lang en produktiewe lewe lei.
ernstige gevolge het by persone met ʼn gebrekkige immuunsisteem. Dit kom veral by MIV-persone voor. (* = Fungi, ** = Protosoë, *** = Virusse, **** = Bakterieë). Baie mense met MIV kry opportunistiese besmettings omdat hulle nie weet van hulle MIV-besmetting nie, hulle kry nie antiretrovirale terapie (ART) nie of die terapie hou nie die MIV-vlak onder beheer sodat die immunsisteem die besmetting kan teenwerk nie. Campylobacter jejuni-besmetting wat kampilobakteriose veroorsaak, kan ook ernstige bakteremie (gevolg van bakterieë in die bloedstroom) teweegbring. Hierdie bakterieë veroorsaak gewoonlik akute diarree by pasiënte met MIV-besmetting. Indien MIV-pasiënte nie behandel word nie, kan dit tot verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) aanleiding gee. Bogenoemde opportunistiese siektes kan lewensbedreigend wees vir persone wat aan MIV/vigs ly. Die enigste manier om seker te maak van jou MIV status is dat jy getoets moet word.
Impak en uitwerking van MIV
In teenstelling met ander virusse kan die mens se liggaam nie volkome van die MIV ontslae raak nie. Die MIV-besmette persoon is lewenslank besmet.
Die MIV val die immuunsisteem van die liggaam aan. Spesifieke witbloedselle (T-limfosiete of CD4-selle) wat die liggaam teen besmettings verdedig, word aangeval. Indien geen behandeling toegepas word nie, verlaag die MIV die selle in die liggaam en die persoon kan makliker besmettings of verwante kankers opdoen. Met verloop van tyd kan die MIV baie van die selle in die liggaam vernietig en besmettings en siektes kan nie meer beveg word nie. Hierdie opportunistiese besmettings of kankers word bevoordeel deur die gebrekkige immuunsisteem en dan volg verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) by die persoon. Dit is die laaste stadium van MIV-besmetting. Nie alle persone met MIV vorder na die vigsstadium nie. Tans is daar geen doeltreffende geneesmiddel vir MIV nie, maar met deeglike behandeling en mediese sorg kan MIV onder beheer gehou word. Die medisyne wat vir MIV-behandeling gebruik word, word antiretrovirale terapie of ART genoem. Indien die medisyne op die regte manier en elke dag gebruik word, kan dit die lewens van baie MIV-persone dramaties verleng en hulle gesond hou. Dit verlaag ook die moontlikheid van virusoordraging. Persone wat vandag gediagnoseer word met MIV en behandeling kry voor die siekte te ver gevorder is en op behandeling bly, kan so te sê net so lank lewe as ʼn persoon wat nie MIV het nie. Vigs is die siektestadium wat voorkom as die liggaam se immuunsisteem alreeds baie beskadig is en die persoon baie kwesbaar vir opportunistiese besmetting is. Indien die aantal CD4-selle onder 200 selle per kubieke millimeter (200 selle/mm³) bloed daal, word dit gereken dat die toestand tot vigs gevorder
het. Normale seltellings wissel van 500 selle/mm³ tot 1 600 selle/mm³ bloed.
Ongeag jou CD4-seltelling kan jy met vigs gediagnoseer word as jy met een of meer opportunistiese besmettings gediagnoseer word. Persone wat nog nooit behandeling gekry het nie en met vigs gediagnoseer word, sal gewoonlik net drie jaar oorleef. Persone met gevaarlike opportunistiese siektes se lewensverwagting sonder behandeling is gewoonlik net een jaar. Persone met vigs moet mediese behandeling kry om die dood te voorkom.
Oordrag en verspreiding van MIV
MIV kan net met sekere liggaamsvloeistowwe (bv. bloed, semen, preseminale, vaginale en anale vloeistowwe asook borsmelk) vanaf ʼn MIV- besmette persoon oorgedra word. Die oordraging van die MIV is net moontlik as die vloeistowwe in direkte kontak met slymvliese of beskadigde weefsel kom (bv. nie-intakte vel) of deur direkte inspuiting in die bloedstroom (spuit met naald). Slymvliese word gevind in die vagina, rektum, mond, oog en opening van die penis (horisontale besmetting). MIV kan ook oorgedra word vanaf ʼn MIV-besmette verwagtende vrou na haar fetus/ongebore kind in die baarmoeder, gedurende geboorte of met borsvoeding van die kind/baba. Hierdie MIV- besmetting word genoem moeder-na-kindoordraging (vertikale besmetting).
Hedendaags is die risiko van besmetting deur bloedoortappings, orgaan- en weefseloorplantings vanaf ʼn MIV-besmette skenker baie min. Die mens kan nie deur toevallige kontak (ʼn handdruk, omhelsing of ʼn soen met toe mond) met ʼn person wat MIV het, besmet word nie, en MIV kan nie oorgedra word deur kontak met voorwerpe soos toilette, handvatsels of borde wat deur iemand met MIV gebruik is nie.
Siektetekens van MIV
Daar kan nie op siektetekens gereken word om te sê iemand het MIV of nie. Die enigste manier om vir seker te weet of ʼn persoon MIV het, is dat hy getoets moet word. Die siektetekens van MIV wissel van person tot persoon en in watter stadium van die siekte die persoon is: die vroeë stadium, kliniese latentestadium of vigsstadium (die laatstadium van MIV). Vroeë MIV-stadium.
Sekere persone kan na twee tot vier weke na MIV-besmetting al siektetekens toon, maar ander persone voel nog nie siek nie. Die griepagtige siektetekens wat persone het is koors, kouekoors, uitslag, nagsweet, spierpyne, seerkeel, uitputting, geswolle limfknope en sere (ulkus) in die mond. Hierdie siektetekens kan ʼn paar dae tot verskeie weke voortduur. Gedurende hierdie periode kan MIV-toetse se uitslae nog negatief wees, maar die aangetaste persoon is hoogs besmetlik en kan die besmetting na gesonde persone oordra. Moenie aanneem
dat jy MIV-besmet is net omdat jy van die bogenoemde siektetekens het nie. Elkeen van die siektetekens kan deur ʼn ander siekte veroorsaak word. Sekere persone met MIV-besmetting toon geen siektetekens nie vir tien jaar of meer. Vra jou geneesheer aangaande die kliniese latentestadium asook die oorgang na die vigsstadium.
Baie van die erge siektetekens weens MIV-siekte is afkomstig van opportunistiese besmetting omdat die liggaam se immuunstelsel ernstig beskadig is. Daar is tans geen genesing vir MIV-besmetting nie, maar dit kan beheer word. Doeltreffende antiretrovirale (ARV) middels kan die virus beheer en help om oordraging vanaf die MIV-besmette persone te voorkom. Persone met MIV of met ʼn wesenlike risiko vir MIV kan met die behandeling nog gesondheid geniet en ʼn lang en produktiewe lewe lei.
Diagnose
MIV-besmetting word soms bevestig deur ʼn vinnige diagnostiese toets te doen (ELISA-toets). Die toets bevestig of daar teenliggame teen MIV is of nie.
Soms kry mens nog dieselfde dag die toetsresultate wat die diagnose bevestig.
Met positiewe gevalle kan behandeling en versorging spoedig begin. PCR of die Western-blottoets kan ook gedoen word.
Voorkoming en beheer van MIV
• Gebruik van manlike en vroulike kondome. Lig jou seksmaat aangaande jou MIV-status in.
• Publieke opvoedingaksies en gedragsveranderinge.
• Toets, berading en inligting aangaande MIV en seksueel-oorgedraagbare siektes (SOS).
• Toets, berading en inligting aangaande tuberkuloseversorging. Tuberkulose is die mees algemene siekte wat sterftes by persone met MIV veroorsaak.
Vroegtydige diagnose van tuberkulose en spoedige behandeling daarvan asook antiretrovirale terapie (ART) kan sterftes voorkom.
• Vrywillige besnyding by mans.
• Die voorkomende gebruik van antiretrovirale middels. Voorkomende voordele van ART, voorblootstelling profilakse vir MIV-negatiewe maat en nablootstelling profilakse vir MIV-persoon.
• Gebruik steriele spuite en naalde vir inspuitings.
• Die eliminering van moeder-na-kind oordraging van MIV.
NWRPO-kongres op Lichtenburg gehou
Die voorsitter van die NWRPO, Nico Kilian (middel) het twee toekennings oorhandig tydens die geleentheid. ‘n Merietetoekenning is toegeken aan Jannie Raath (links) vir sy uitsonderlike bydrae
ter bevordering van die Rooivleisbedryf tydens sy termyn as Dagbestuurslid van die NWRPO as voorsitter van die Noordwes Dieregesondheidsforum en ook vir sy toewyding en onbaatsugtige diens aan Rooivleisprodusente. ‘n Oorkonde is toegeken aan, Gert Cruywagen (regs). Die NWRPO
het hom vereer vir sy uitnemende bydrae tot die Rooivleisbedryf. Spekers by die geleentheid was Pieter le Roux, Willie Clack en dr. Faffa Malan. Aan hul regterkant staan voorsitter van die NWRPO, Nico Kilian.
AGRI PULSE – LICHTENBURG – Die 2023 Noordwes Rooivleisprodusente-organisasiekongres is op 31 Mei 2023 in Lichtenburg gehou met die tema ‘Jou deelname maak die verskil’.
Die kongres is geopen deur die voorsitter, Nico Kilian en hy het in sy voorsittersverslag gesê die kongrestema is vandag nog meer van toepassing as voorheen. “U sal onthou dat tot so ongeveer 1994 was die metode van probleemhantering baie eenvoudig:
Jy bel net jou LPR of LV en vra hy moet jou probleem hanteer op provinsiale- of nasionalevlak, waar ookal van toepassing.
Vandag met ‘n regering wat nie die produsent altyd goedgesind is nie, is die situasie baie anders. Ons as produsente en lede moet binne ‘n organisasie of struktuur ons sake en belange hanteer,”
het hy gesê. Kilian het gesê die RPO het die afgelope jaar uitdagings gehad soos Bek-en-Klouseeruitbrake, uitdagings met entstofvervaardiging, die uitrol van die LITS-stelsel, dalende rooivleispryse, stygende produksiekoste, veediefstal en beurtkrag.
Hy het lede gemaan om betrokke te wees by die NWRPO, te praat met medeprodusente en nie op die kantlyn te staan nie. “Jy kan nie
‘n bydrae lewer binne NWRPO as jy op die kantlyn staan nie – dit is jou bedryf en ons benodig elke produsent.
Raak deel van die NWRPO. Dring daarop aan dat jou ledegeld verhaal word by die veilingskrale en oorbetaal word aan die NWRPO. So maak jy jou organisasie se hande sterk om tot jou voordeel die rooivleisbedryf se belange te beskerm en uit te dra
op ‘n provinsiale, sowel as nasionale-vlak,” het hy bygevoeg.
Kilian het ook die hoofborg van die kongres vir 2023 – 2025, NWK, bedank vir hul voortgesette ondersteuning aan die NWRPO en sy lede. Drie interessante sprekers het tydens die geleentheid besprekingspunte wat boere raak, bespreek. Pieter le Roux, Hoof diere-en weidingswetenskaplike: NWK het Ultrahoëdrukstrookbeweiding bespreek terwyl dr. Faffa Malan, Besturende direkteur RuVasa ‘Een verkeerde besluit kan vir jou reuse- ekonomiese skade in jou produksiebestuur veroorsaak’, bespreek het. Willie Clack, Eerste vise-voorsitter Nasionale RPO het gesels oor die regulatoriese uitdagings binne die rooivleisbedryf van Suid-Afrika.
op jou elektroniese toestel of gaan na https://bit.ly/varkpensverrassinginspens
KLIK HIER
interac
tiv e PD F p a ge
Tap here on your e lec
dtricon evic e
Bestanddele:
1½ kg varkpens Ongeveer 500g kersies Sout en varsgemaalde swart peper
Bestanddele vir sous:
8 groot uie
2 eetlepels kerriepoeier 1 eetlepel borrie 4 eetlepels suiker 2 eetlepels mielieblom (Maizena)
2 koppies wit asyn Sout en peper na smaak Metode vir sous:
Sny die uie in ringe en braai in genoeg olie totdat uie deurskynend raak. Gooi suiker by, meng die res van die
MAY 2023 PAGE 6
Varkpens met ‘n verrassing in sy spens
AGRIPULSE – BRITS – ‘n Varkpens is geen varkerige storie nie, want dié nederige vleissnit het die afgelope tyd al hoe meer ‘n delikatesse geword. AgriPulse het by Alet Pauley, ‘n spysenier van Brits, gaan inloer. Sy het passievol vertel dat sy graag met kos eksperimenteer, veral om iets anders as die gewone met vleissnitte te doen. Tydens een van haar onlangse “eksperimente” het haar opgerolde varkpens-lollies met ‘n soetsuur kerrie- en uiesous, die lig gesien. Dis ‘n watertand uithanghappie waarvan mens net nie genoeg kan kry nie. “Met duisende verskillende
souse op die mark en in resepteboeke, wou ek iets anders doen. In een van ouma se baie ou resepteboeke, het ek haar wonderlike soetsuur kerrie- en uiesous raakgelees en dit was nostalgies,” vertel Alet. Die resep is maklik en met varkpens wat een van die meer bekostigbare vleissnitte is, is dit beslis ‘n treffer. Dit kan as ‘n hoofgereg, voorgereg of selfs as peuselhappies bedien word. “Ek glo
dat as jy vir mense van jou kos gee, gee jy ‘n stukkie van jou hart,” sê Alet.
Alet Pauley met haar opgerolde varkpens-
lollies.
Van die speserye wat varkpens perfek komplimenteer.
Die geheim van dié dis, is die soetsuur kerrie- en uiesous.
AGRI-PULSE - Boere is die regte ‘elektrisiteit’
in die land. Dit is die boodskap wat uitgestuur is tydens die Jongboerkonferensie wat verlede maand by Senwes se hoofkantoor in Klerksdorp plaasgevind het. Agri NW het dit aangebied en die tema was “Van krag tot krag”.
Nelius Beyers, vise-voorsitter:
Jongboerkomitee, het die konferensie geopen en Edric Badenhorst, voorsitter, het die voorsittersverslag gelewer. Hy het veral klem gelê op nuwe junior landbou-unies wat by Klerksdorp Hoërskool en Hoërskool Wolmaransstad tot stand gekom het. Van die hoërskoolleerlinge het ook die konferensie bygewoon. Hy het die rol van jongboere beklemtoon as diegene wat moet help soek na oplossings vir die land se probleme en boere se beeld verbeter Die hoofborge van die konferensie was Senwes, Toyota, NWK, LWO, ATKV, Absa en Work Accident Support
(Pty) Ltd. Die paneelbesprekeing het gefokus op alternatiwe energiebronne met die sprekers Nicol Jansen, vise-president Agri SA, Juan Tomlinson, HUB: Son SA, en Johann Becker, elektriese ingenieur Senwes. Francois de Kock, uitvoerende hoof: Senwes fininsiële kredietoplossings, was die fasiliteerder.
De Kock het nie doekies omgedraai nie toe hy vertel dat Eskom slegs op 63% kapasiteit werk en dat fase 10 ‘n werklikheid is.
“Eskom is in 2001 as die beste
kragverskaffer in die wêreld aangewys en nou kan hy nie krag lewer nie. Skakel self jou ligte aan, pappie,“ het hy gesê.
Jansen het gesê alternatiewe bronne van energie is nou ‘n realiteit met Tomlinson wat gesê het “food sharing” is dalk ons voorland as boere nie self die ligte aanhou nie.
Becker het ‘n apokaliptiese prentjie vir 2050 geskilder deur te sê die wêreld benodig dan 80%
meer elektrisiteit, Afrika 300% meer en SA 80%
meer. Al hoe meer digitalisering en elektriese motors benodig meer elektrisiteit,” het hy aan die gehoor vertel. Volgens Jansen kan geen boer bekostig om sonder krag te wees nie en dat hulle moet besluit hoe om risiko te beperk in plaas van hoe hulle kan groei. “Boere wat nog nie in alternatiewe energie belê het nie is dalk al te laat,”sê Tomlinson.Hy het boere aangepor om nou op te tree. “Noordwes het genoeg son en sonkrag is die toekoms. NW het kapasiteit en boere kan Eskom help. Daar is verskeie bronne van alternatiewe krag soos kern en gas, wind, water en biomassa en sonkrag is die beste want die son skyn altyd,” het Tomlinson afgesluit.
Opsommend is gesê boere moet nie moed verloor nie en dat landbou nog altyd die land gedra het, veral tydens die pandemie. Landbou sal dit weer doen: al lyk die toekoms hoe donker.
Die belangrikste punt op die agenda was die
aankondiging van die NW jongboer van die jaar.
Die finaliste was Mick Caroll (Agri Lichtenburg), Gideon van Zyl (Agri Greater Taung) en Hendrik Reyneke (Agri Molopo).
Die finaliste is almal as staatmakers in hul gemeenskappe beskryf.
Caroll (28) is ‘n jongman wat saam met sy vrou, Susan, op die plaas Kalkspruit buite Lichtenburg woon. Hy is die vierde geslag Carolls. Hy boer met beeste, gewasse, wild en het ‘n voerkraal op sy plaas.
Van Zyl (39) is getroud met Rodien en hulle het vier dogters. Hy boer met beeste en wild. Hy is ‘n gewese voorsitter van die Jongboerkomitee en gewese vise-president van Agri NW. Hy is betrokke by Bybelverspreiding en by die Boland Landbouskool.
Reyneke boer met beeste en groente in die Vryburg-omgewing. Hy is die vise-president van Agri Molopo.
Boere is die ‘krag’ wat ligte aanhou
Die drie finaliste met hul sertifikate.
Die wenner is Gideon van Zyl (39) wat as die NW Jongboer van die Jaar aangewys is. Hy verteenwoordig die provinsie in November by die nasionale kompetisie. Sy vrou, Rodien, is saam met hom op die foto.
Hy vier sy 40ste verjaardag op 1 September.
Die paneelbespreking het gefokus op alternatiwe energiebronne met die sprekers Nicol Jansen, vise-president Agri SA, Juan Tomlinson, HUB: Son SA, en Johann Becker, elektriese ingenieur Senwes. Francois de Kock, heel links, uitvoerende hoof: Senwes fininsiële kredietoplossings, was die
fasiliteerder. ‘n Trotse Gideon van Zyl ontvang sy trofee
van Emil Pretorius.
bestanddele in die asyn.
Gooi asynmengsel by uie en laat prut vir 10 minute.
Metode vir die opgerolde varkpens lollies:
Die skoon varkpens wat redelik styf gevries is, moet in dun repies gesny word. Sprinkel sout en peper oor die repies.
Gebruik een kersie vir een repie varkpens en rol op. Steek die rolle in
‘n sosatiestokkie. Plaas in bak en gooi die kerrie- en uiesous oor. Laat marineer vir een uur en braai in ‘n AirFryer op 180ºC vir 10min draai om en bak weer vir 10min.
JUNIE 2023 BLADSY 7
AGRI-PULSE - Grafted tomato seedlings became available in commercial vegetable production in Japan and Korea in the early 1960s, and their commercial use in North America and Europe began in the 1990s.1 Grafted tomatoes were initially used primarily in greenhouse (protected) production; however, grafted seedlings are now used in several production systems, including open-field, high tunnel, low-tech greenhouse, and high-tech glasshouse (soilless cultivation).2,3 The higher cost of grafted seedlings has limited their widespread adoption in some situations. The added cost of using grafted seedlings can be offset by higher yields, increased earliness, the reduced number of plants needed per hectare, a reduced need for fertilizers, and elongated cropping cycles resulting from more vigorous root systems.1
ROOTSTOCKS
Rootstocks can be intraspecific, where the rootstock and scion belong to the same species, or they can be interspecific, where the rootstock and scion belong to different species or genera. Many of the rootstocks used with tomatoes are interspecific hybrids (ISHs), such as hybrids of the wild Solanum species S. habrochaites and the domesticated tomato S. lycopersicum.4,6
Not all scion/rootstock combinations work equally well in all situations. In a meta-analysis study that evaluated results from 159 publications, yield levels were found to be affected by specific rootstock/scion pairings, the environment, and the production systems used. A few studies showed minor but significant differences in fruit
Grafted Tomatoes - tall and tasty
• Grafted tomatoes can be used to help manage soilborne diseases and the effects of abiotic stress.
• Under protected conditions, grafted tomatoes are being used to help support high fruit yield potential over a long season.
• Rootstock/scion combinations adapted to the local conditions should be chosen to address specific production issues.
SOURCES
1 Spano, R., Ferrara, M., Gallitelli, D., and Mascia, T. 2020.
The Role of Grafting in the Resistance of Tomato to Viruses. Plants-Basel 9.
2 Thies, J. A. 2021. Grafting for managing vegetable crop pests. Pest Management Science 77:4825-4835.
3 Kyriacou, M. C., Rouphael, Y., Colla, G., Zrenner, R., and Schwarz, D. 2017. Vegetable Grafting: The Implications of a Growing Agronomic Imperative for Vegetable Fruit Quality and Nutritive Value. Frontiers in Plant Science 8.
4 Grieneisen, M. L., Aegerter, B. J., Stoddard, C. S., and Zhang, M. H. 2018. Yield and fruit quality of grafted tomatoes, and their potential for soil fumigant use reduction. A meta-analysis. Agronomy for Sustainable Development 38.
5 Guan, W. and Hallet, S. 2016. Techniques for tomato grafting. Purdue Extension. HO-260-W.
6 Louws, F., Rivard, C., and Kubota, C. 2010. Grafting fruiting vegetables to manage soilborne pathogens, foliar pathogens, arthropods and weeds. Scientia Horticulturae 127:127-146.
7 Hu. B., Moyseenko, J., Short, S., Walker, S., and Kleinhenz, M. 2014. Eighteen rootstock and five scion tomato varieties: seedling growth rates before grafting and success in grafting the ninety variety combinations.
Midwest Vegetable Trial Report for 2014.
8 Cortada L, Sorribas FJ, Ornat C, Fé Andrés M and Verdejo-Lucas S. 2009. Response of tomato rootstocks carrying the Mi-resistance gene to populations of Meloidogyne arenaria, M incognita and M javanica. Eur J Plant Pathol 124:337– 343.
9 Soare R., Dinu M., Babeanu C. (2018): The effect of using grafted seedlings on the yield and quality of tomatoes grown in greenhouses. Hort. Sci. (Prague), 45: 76–82.
10 Rahmatian, A., Delshad, M., Salehi, R. 2014. Effect of grafting on growth, yield and fruit quality of single and double
ADDITIONAL INFORMATION
Performance may vary from location to location and from year to year, as local growing, soil and weather conditions may vary. Growers should evaluate data from multiple locations and years whenever possible and should consider the impacts of these conditions on the grower’s fields. The recommendations in this article are based upon information obtained from the cited sources and should be used as a quick reference for information about vegetable production. The content of this article should not be substituted for the professional opinion of a producer, grower, agronomist, pathologist, and similar professional dealing with vegetable crops.
Figure 1. Grafted tomatoes result from the union of
the stems of scion and
rootstock seedlings. Figure 2. Plastic grafting clips are used to stabilize the graft union until the two stems have joined together.
quality factors, such as acidity, soluble solids, firmness, and taste, with some pairings.4 GRAFTING PROCEDURES
Growers can purchase grafted seedlings or create their own from rootstock and scion seedlings.7 The process involves growing the scion and rootstock seedlings, cutting and uniting the scion tops and rootstock bases, and a post-grafting healing period.5 The conditions for both the scion and rootstock seedlings should be optimized to obtain
uniform germination and growth. Because rootstock and scion varieties can have different rates of emergence and development, sowing and grafting schedules may need to be adjusted so that both rootstock and scion stem diameters are similar and within the desired range. Growth rates can be adjusted by regulating temperature, light intensity, fertilization, and irrigation.5,7
Grafting is done when stem diameters are between 1.5 and 3.0 mm. Any rootstock suckers should be removed before grafting. Stems are cut with a sharp blade on an angle to increase the area of stem-to-stem contact. Grafting clips are used to align and support the graft union (Figure 2)5,7
Newly grafted seedings should be held in a moist (85 to 95% RH) environment at temperatures between 22° and 29°C for the first 48 to 72 hours. Temperature fluctuations should be minimal, and the relative humidity should not be allowed to reach 100%. Healing locations should have low light levels for the first few days to reduce water loss. After two to three days, humidity levels should be gradually reduced to around 70%, and light levels should be gradually increased.5
DISEASE MANAGEMENT
A primary reason for using grafted tomatoes is to help manage soilborne diseases. Many commercially available rootstocks have resistance genes for several common soilborne pathogens and nematodes.1,5 Most commonly available rootstock varieties have high (HR) resistance to Fusarium wilt, races 1 and 2, usually indicated as Fol:1,2, and a few have resistance to race 3 (Fol:3).4 Resistance is also available for bacterial wilt, Fusarium crown and root rot, Verticillium wilt, and tomato mosaic virus. Some studies have shown that yield levels on grafted plants with high levels of resistance in fields infested with the corresponding pathogens are similar to those of plants grown in fields treated with soil fumigants.4,6
Many ISH rootstock varieties provide intermediate
resistance (IR) to various species of root-knot nematodes (RKN) conferred by genes at the Mi locus. Some forms of resistance prevent colonization and reproduction of RKN on tomato roots, lowering disease levels and pathogen populations. Other forms of resistance reduce symptom expression and help protect yields but do not inhibit the reproduction of nematodes, which can result in increased RKN populations.6,8
It is best if rootstock-based resistance traits are used as a part of an integrated pest management (IPM) program. Integrating resistance with strategies such as crop rotation, soil fumigation, biofumigation, flooding, and soil solarization can help prevent yield losses and the build- up of pathogen populations. The selection of rootstock varieties should be site-specific and based on the pathogen populations present, local growing conditions, and other factors.6
EFFECTS ON PRODUCTION
Several studies have evaluated the effects of grafting on tomato yield. To help maximize yield potential, the needs of both the rootstock and scion should be optimized.
The effects of grafting on yield are clearly apparent when disease-resistant rootstocks are used where there is disease pressure. Grafting is also used to help increase production in the absence of disease, especially in long-season, protected culture systems.9,10 The non-disease related effects on yield in shorter season, open field systems may not be as consistent. One meta-analysis study of 159 publications found that yields of grafted and non-grafted tomatoes were not significantly different in 65% of the reviewed studies.4 However, this analysis did show that specific rootstock/scion pairings did impact yield potential.
The benefits of using grafted plants is most evident in long season protected culture systems. Rootstock varieties with larger root systems are used to sustain long-season (up to nine months) crops with extended harvest periods.9,10 This is one reason that a large percentage of protected culture operations used grafted tomato seedlings.
CONCERNS WITH GRAFTING
In addition to the added cost of grafted seedlings, there are some concerns about using grafted tomato plants.
One concern is the increased chance of transmitting seedborne diseases. Because two different plants are used for each seedling planted, the chance of transmitting a seedborne disease is doubled. Also, the over-reliance on a relatively small number of rootstock varieties for managing diseases and nematodes increases the risk of developing resistant-breaking strains of these pathogens. Growers should carefully evaluate the various risks and benefits
of integrating grafted plants into their tomato production operations and understand that rootstock selections should be based on the specific practices used in the operation, desired varieties of scions, and the biotic and abiotic production conditions.6 Factors such as pruning strategies, fertilization, irrigation schedules, and the length of the harvest period also should be considered.
JUNE 2023 PAGE 8
AGRI PULSE - South Africa’s honey industry faces an undersupply crisis, but one North West woman
is determined to change that. Meet Makhotso “Mems” Ramaila, a candidate attorney-turned-beekeeper making a profound impact in South Africa with her thriving honey business. The demand for honey in South Africa far outweighs the supply. According to Agri Farming, South Africa produces about 2 000 tons of honey per year, however the demand is for around 3 000 tons per year. Mems’
journey began in 2019 in Brits. She had
been growing lucerne on her field whena swarm of bees arrived and never left.
Mems had a fascination with them and began researching bees.
That’s when she dived into the
beekeeping world. “There is an abundant forest resource in South Africa which can be harnessed for beekeeping, creating many jobs, especially for rural women and youth. We should not have to depend on exports because we can make our own honey,” says Mems. In 2020, she established her beekeeping farm, Bee African, providing a range of products, including pure honey, creamed honey, and immune-boosting honey. She also recently added Linden honey to her line.
Her one-stop shop also manufactures beehives and protective bee suits, allowing her to extend her footprint into Gauteng and Limpopo. Mems has also
been
gaining popularity with enquiries from London in the United Kingdom.
She has adopted a progressive climate change approach in her business, and further practices circularity thanks to The Fetola Foundation’s Circular Economy Accelerator program that she attended. To this end, nothing goes to waste and all materials are
utilized. Among the waste are offcutsfrom the beehives that are used to make corporate wooden gift hampers.
The sawdust from the sanded timber make up the bottom of the hampers, and is also used as compost for plants which are included in the gift. Customers are encouraged to reuse the compost in their gardens. But that’s not where it ends. Mems’ vision goes beyond selling honey. She is committed to opening the beekeeping sector by creating employment for rural youth and women.
She has five employees so far, and her
brother, Lebogang Ramaila, a fashion designer, manufactures the bee suits. Bee
African also offers beekeeping training toall, but there is a focus on school-going
learners to fill the biodiversity knowledgegap. “We need to catch them young to maintain the knowledge and encourage sustainability,” says Mems. Since
entering the industry, Mems’
journey has not been easy.
There were a few bee stings here and there,
but her significant challenges lay in beehivevandalism and theft of honey. Despite this, Mems has managed to thrive and build a sustainable
business.
Her commitment to job creation and transforming the beekeeping sector
in South Africa is a testament to the
power of entrepreneurship to effectpositive change. As a result, she became the recipient of the coveted 2022 South African Women Entrepreneurship Climate Change Award.
Her story is powerful because it is a reminder of the impact one person can have on an entire country.
Mems and her co-workers regularly inspect the beehives to monitor the health and behaviour of the bees.
Mems and a co-worker harvest the honey.
Mems and her team ensure that the beehives are secure, well-ventilated and protected from extreme weather conditions.