• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ons gaan trek! – bl 3

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ons gaan trek! – bl 3"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

www. .co.za

Lees ons & adverteer AANLYN

12 AUGUSTUS 2022 Gestig 1955

H/v Transvaal- en

Dr. Nelson Mandelarylaan Posbus 2000, Lichtenburg 2740 Epos: [email protected] Tel: 018 632 6038

Faks: 018 632 4222

R2-00

VAT INCL

Uitsonderlike prestasie vir plaaslike koor

Veels geluk aan Laerskool Burgersdorp se koor wat op 29 Julie aan die 45ste ATKV Applous finaal deelgeneem het. Hulle het ‘n Silwer sertifikaat, in die Ope-afdeling, verower. Die skool is ongelooflik trots op hul koor wat een van die ATKV se top vyf kore in hul afdeling is, en ook die enigste plattelandse koor wat na die finaal deurgedring het. Die koor het op 5 Augustus deelgeneem aan die Conspirito-kompetisie van Hoërskool Lichtenburg en verwerf 97%. Baie geluk aan elke afrigter, begeleidster en leerder!

Ons gaan trek! – bl 3

Lichtenburg se ingang verfraai – bl 5

(2)

NOORDWESTER

BLADSY 2 12 AUGUSTUS 2022

Die oulike steekbaard Jack Russel reun is opgetel in Burgersdorp en word tans by die Lichtenburg Dierewelsyn gehuisves. As hy joune is…skakel asb. 0713139248 en reël om hom daar af te haal.

Die klein hondjie is verlore en opgetel in Carl Rhoode- laan, Lichtenburg.

Hy word ook by die Lichtenburg Dierewelsyn versorg.

Is ons joune?

Die Mev. Lichtenburg Elegant Organisasie se harte juig van dankbaarheid na

‘n ruim skenking van Lichtenburg Toyota ontvang is.

Die skenkings van kruideniersware en ander noodsaaklike items wat aan minderbevoorregtes uitgedeel gaan word is onlangs gemaak deur Juan Slabbert en Marlette Smit van Lichtenburg Toyota.

Op die foto ontvang Minie le Roux en Nadie Duvenage dit van hulle.

Harte juig na skenking

Die foto van Kerneels langs ‘n reusagtige sonneblom- plant oortrek met blomme is deur ‘n leser van Sannieshof ingestuur.

Die hoë plant is nie met spesiale saad geplant nie en het die afgelope seisoen tot so ‘n knewel gegroei!

Reusesonneblom verstom

(3)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die voorsitter van die VF Plus se Vrouekomitee, Erika Botha-Rossouw het in ‘n mediaverklaring die volgende oor Vrouedag, wat op 9 Augustus gevier is, gesê:

“Suid-Afrikaners het vanjaar die 28ste Nasionale Vrouedag gevier en daar is opnuut hulde gebring aan die vroue en moeders van die land. Dit is hulle wat soos die standbeeld van die Vrouemonument in Bloemfontein, vorentoe kyk, na die koms van ‘n nuwe dag. Die Vrouemonument het ‘n simbool geword van die stil, innerlike krag van vroue met standvastige toekomsvisie en ‘n onwrikbare geloof in die toekoms.

Dit wys die vrou as steunpilaar wat bereid was om kaalvoet oor die Drankensberg te stap soekende na ‘n beter toekoms wanneer andere se hoop en krag min raak. Volwaardige toekomsbouers van die land. Tog word vroue se fundamentele regte en vryhede toenemend weggekalwe en bedreig deur geslagsgeweld wat buite beheer toeneem.

Die ANC-regering uiter elke jaar hieroor lippetaal met mooi beloftes wat helaas geen betekenis meer in hou nie. Verkragting, moord, gesinsgeweld en mensehandel neem by die dag toe in ‘n samelewing met verbrokkelende norme en waardes. Suid-Afrika het ‘n land geword waar selfs die minister van polisie ‘n vrou gelukkig ag wanneer sy net een keer verkrag word.

Die land het dringend ‘n nasionale beleid vir geslagsgeweld en geslagsgelykheid nodig wat waarlik uitgevoer word. Dan eers sal pres.

Ramaphosa en sy regering se voortdurende beloftes oor die uitroei van geslagsgeweld ernstig opgeneem word. Anders as vir die ANC-regering is elke verkragting van ‘n vrou vir die VF Plus te veel.

Vroue moet hande vat en saamwerk aan ‘n omgewing waar hulle vry en veilig is. Die VF Plus moedig vroue aan om mishandeling aan te meld en by vroue-organisasies aan te sluit vir ondersteuning om uit gewelddadige verhoudings te ontsnap. Tot daar ‘n regering kom wat waarlik die vroue van die land koester en beskerm, sal hulle self moet opstaan en die siklus van geweld breek.”

Vrouedag eerder roudag vir vroue

Die Noordwester het na baie jare in Transvaalstraat, Lichtenburg besluit om na ‘n ander perseel in Bantjesstraat, Lichtenburg te verhuis. Ons kantoor sal vanaf 1 September 2022 daar open en ons nooi ons getroue lesers en adverteerders om ons pragtige nuwe gebou daar te besoek vir vriendelike en professionele diens soos voorheen. Die omgewingsvriendelike perseel is naby Clarkes Tuinsenstrum en Multimed geleë. Kyk gerus uit vir ons naamborde wat eersdaags daar opgerig sal word, ons sien uit om u daar te verwelkom!

Ons gaan trek!

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) is verras deur Ebrahim Patel, minister van departement van handel, nywerheid en mededinging (DTIC), se aankondiging dat hy nie die tariewe op pluimee-invoere, wat onlangs verval het, weer gaan instel nie.

Die minister se motivering hiervoor is blykbaar die kommer oor stygende plaaslike voedselpryse en het dié vergunning vir lande vir 12 maande van krag gemaak. Die tydelike maatreëls is aanvanklik vir ses maande teen Brasilië, Denemarke, Ierland, Pole en Spanje ingestel. SAPV het vroeër gesê dat invoere van hoenderporsies reeds noemenswaardig gestyg het sedert die maatreëls op 14 Junie verval het, en dat dié wending die plaaslike bedryf skade gaan berokken.

“Die minister het in die verlede sy steun vir teenstoringsmaatreëls getoon deur die voorlopige tariewe teen dié vyf lande te implementeer,”

sê Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van SAPV se braaikuikenafdeling.

Na die implementering van die voorlopige tariewe het die Internasionale Handelsadministrasiekommissie (ITAC) belanghebbende partye se kommentaar aangevra en SAPV het ‘n feitebrief aan die organisasie gestuur.

“ITAC het weereens bevind dat pluimvee wat in die Suid-Afrikaanse doeane-unie (SADU)-gebied gestort word, wesenlike skade aan die bedryf aanrig. ITAC het in sy jongste bevindings by Patel aanbeveel dat hy weer die teenstoringsmaatreëls teen die genoemde lande moet instel,”

sê Breitenbach.

“Die plaaslike pluimveebedryf is ook bekommerd oor die benarde situasie waarin verbruikers wat nie geld het nie verkeer en verstaan dat voedselprysinflasie Suid-Afrika benadeel. Pluimveeboere voel egter dat die minister se aankondiging in stryd is met die gees van die pluimveesektormeesterplan, wat spesifiek tariefmaatreëls teen stortings as n belangrike pilaar gelys het,” sê Breitenbach.

Pluimvee-invoere wek kommer

On 5 August 2022 the Itsoseng Police women in collaboration with other departments such as Home affairs, the Traffic department and Women’s network held a road block between Itsoseng and Thusong. They stopped and searched vehicles. Various traffic tickets were issued. Dealers of scrap metal without licences or permits that allowed to sell or deal with scrap metal were also handed fines. Two shebeens in Shiela were closed and two females were arrested for dealing with liquor without a licence.

Operation Basadi great success

(4)

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die lewe is soos ñ reis na die onbekende….

geniet elke dag soos dit kom & moenie te veel bagasie saam vat nie!

Grootpan VLU se Opvoeding -en- Kultuurvergadering het op 23 Julie by die NWK Grootpan Boeresaal plaasgevind.

Sonica Neethling (geklee in ‘n abya) het elkeen welkom geheet met egte Saoedi- Arabiese vonkelwyn en die woord

“Marhaba” - wat ‘welkom’ beteken.

Omdat drank in die Saoedi-Arabië verbied word, is die vonkelwyn alkoholvry en vol vrugtegeure. Azel Blignaut open met ‘n dagstuk wat handel oor wysheid.

Sonica vertel die lede oor die interessante kultuur van die land. Die land word regeer deur die Saoedi-familie.

Hulle het konings wat opgevolg word deur kroonprinse. Hulle rykdom is te danke aan ru-olie.

Die geldeenheid is Saoedi Riyals (SAR). Baie van hulle items blink. Dadels is sinoniem met Saoedi-Arabië. Meeste

van hulle produkte is baie kruie-ryk - byvoorbeeld die koffie word geïnfiltreer met kardomom, gemmer, naeltjies en saffraan. Vroue in die land het onlangs meer regte begin kry en mag begin werk en voertuigbestuurslisensies kry.

Westerlinge moet verkieslik ‘n abya dra om die Saoedi’s se kultuur te respekteer.

Die vasvrae tydens die vergadering het gehandel oor die interessante land. Elke vrou het produkte ontvang afkomstig van Saoedi-Arabië - soos koffie, tee, KitKat met ‘n kruie smaak, dadel gevul met ‘n amandelneut en omhul met sjokolade, dadelkoekie en ‘n goue teelepel.

Gasvrou, Adri du Preez bederf die vroue met heerlike eetgoed eg aan Saoedi-Arabië.

Die volgende vergadering vind plaas 13 Augustus. Vir meer inligting skakel gerus vir Azel Blignaut by 0833024722.

Die Grootpan VLU- vroue wat die vergadering bygewoon het was voor Annatjie Hamman, Annamart Swart, Sonica Neethling en Marié Joubert.

Agter staan Marijke Swart, Magdaleen Camphor, Adri du Preez, Azel Blignaut, Ria Marais en Rosette du Toit.

Grootpan VLU reis deur Saoedi-Arabië

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Op Saterdag, 20 Augustus word ‘n skoonmaakaksie deur die FAK beplan van Genl. De la Rey se graf, asook al die gedenkwaardighede op die plein in Lichtenburg.

Kom ons staan as gemeenskap saam en maak hierdie historiese terreine skoon.

Deur die skoonmaakaskie te ondersteun, kry jy ook die geleentheid om eer te bring aan hierdie legendes vanuit Lichtenburg, wat diep spore getrap het in ons Afrikanergeskiedenis.

Om 11:00 op 20 Augustus word daar

by genl. De la Rey se graf begin by die Lichtenburg Begraafplaas waarvandaan daar beweeg sal word na die plein.

Bring asb. jou tuingereedskap en skoonmaakgoed soos jou snoeiskêr, graaf, kantsnyer, skroplap, besem e natuurlik jou Afrikanertrots saam.

Sien jou daar!

Ons het almal se hulp nodig

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hoe lyk dit? Wil jy R10 000 ryker wees? Dis baie moontlik. Die belangrikste vereiste is dat jy enige tyd sedert 1 Januarie 2020 – 30 Junie 2022 getroud is.

Indien ons lesers jou troufoto kies as die wenner van ons Troukiekie-kompetisie, wen jy R10 000 kontant.

Die enigste vangplek is dat jy steeds getroud moet wees teen die einde van die kompetisie om vir die prys in aanmerking te kom. ‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66,00 (btw ingesluit). Jy mag egter soveel keer as wat jy wil inskryf.

Onthou ook dat jy by slegs een van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is Rustenburg Herald,

Brits Pos, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok. Ook belangrik: Jy moet binne die fisiese verspreidingsgebied van die koerant waar jy inskryf woon, werk of jy moes in daardie gebied getrou het.

Inskrywings sluit 31 Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunstelinge kan kies. Voltooi die inskrywing wat in die koerant verskyn, of gaan na http://www.northwestnewspapers.

co.za/ vir meer inligting.

Skryf nou in vir ons

Troukiekie-kompetisie

(5)

Die eindproduk van harde werk is die baie netjiese ingang na Lichtenburg vanaf die Kosterpad.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – ‘n Groep vriendinne en besighede van Lichtenburg het besluit: ‘genoeg is genoeg’ en ingespring om die ingang na Lichtenburg vanaf die Kosterpad skoon en netjies te maak.

Die persone betrokke sê dit was ‘n geloofstap wat geneem is en daar word met verwagting uitgesien na wat alles hieruit kan voortspruit.

Die wens in almal se harte is dat Jesus se naam verheerlik sal word en dat mense weer met ‘n positiewe gesindheid probleme sal aanpak. Die bome vanaf die 4-rigting stop deur die vlei op pad na die middedorp is ook met lap van reënboogkleure toegedraai…die kleure herinner dat God Sy beloftes hou.

Met elke kleur word daar verskillende goed oor Lichtenburg en omgewing verklaar:

Geel: Hoop en God se teenwoordigheid.

Oranje: Vrugbare plek van voorsiening en seën.

Rooi: Verlossingsbloed van Jesus.

Pienk: Vredevol, vreugdevol en kalmte.

Pers: Vrees van die Here en liefde vir God.

Blou: Netjies en skoon…Kennis van Waarheid.

Groen: Innerlike genesing en genade.

Goud: God se heerlikheid wat spoel oor Lichtenburg.

Met dankbare harte word die volgende besighede bedank vir hul bydrae: Dura-Flex Damme, Printworx, Sunsurf Hydraulics en Lumcrete. Mag daar ‘n vuur in mense se harte aangesteek word om ook op positiewe maniere ‘n verskil te maak. Vir enige navrae of bydraes, skakel Kathy - 0785577464 of Karolien - 0824473674.

Chantelle van der Merwe en Kathy Vogel met tuingereedskap besig om die ingang van Lichtenburg vanaf die Kosterpad skoon te maak.

Op die groepfoto is die manne wat vir dae aaneen hard gewerk het om die ingang aan die kant te maak.

Hulle is voor Vincent Moate en Meshack Botshakelo. Agter staan Michael Molale, Frans Itumeleng, Michael Sapa en Petrus Xuma.

Veelkleurige lap is om bome in die vlei gedraai oppad na die middedorp om ons te herinner dat God Sy beloftes gestand doen. Dames wat die bome verfraai het is voor Chantelle van der Merwe, Tersia du Preez en Karolien Coetzee. Agter staan Belinda Jacobs, Katrien Snyman, Kathy Vogel, Sonja Rautenbach, Amanda Kroukamp en Danielle Swanepoel.

Oorgroeide dorp-ingang opgeknap

(6)

Dié advertensies spesiaal vir plaaslike

en kleiner besighede

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Bedryf jy ‘n plaaslike of kleiner besigheid/onderneming in die fisiese verspreidingsgebied van die Noordwester?

Ons kan help met advertensietariewe wat nét op plaaslike en kleiner ondernemings van toepassing is. Kontak een van ons advertensieverteenwoordigers om meer hieroor uit te vind.

Lydia Drinkwater - 072 807 6913 of e-pos: [email protected] en Jackie Ghosn - 084 414 3985 of e-pos [email protected]

* Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings uit.

(7)

Gevlekte muisvoëls

Die twee gevlekte muisvoëls is deur een van ons lesers afgeneem terwyl hulle die vroegoggendson se strale geniet. Hierdie spesie met hulle lang stertvere is lief vir vrugte en is vir menige tuinier ‘n uitdaging. Hulle eet ook sekere blare en blomme en kan heel vermaaklik optree. Die volwasse voëls se snawels is swart bo en wit onder.

Teachers enjoy Vintage Day

The teachers of the Letsopa Public School in Ottosdal celebrated Vintage Day recently

with colourful clothes and bright smiles. They enjoyed dressing up and so did the learners

who appreciated their effort.

(8)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraai-wenner van 29/7 was J. M Strydom van 12e Laan, Burgersdorp, Lichten- burg. Die wenner van Sudoku #673 was Vuyani Sethunya van Mogoga street, Lichtenburg. Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Transvaalstraat af met identifi- kasie van uself. Moenie vergeet dat ons kantore op ‘n Vrydag

om 12:00 sluit nie!

En die

wenner is...

Najaarsrus het u hulp nodig

Die Najaarsrus Versorgingsoord in Coligny beleef ook uitdagings in die moeilike tye waarin ons lewe en die oord doen wonderlike werk vir

inwoners van die gemeenskap. Met die Genade van Bo en die gemeenskap se ondersteuning is dit ‘n prioriteit om die beste versorging en

diens aan die inwoners daar te gee. Met ‘n puik span personeel bied Najaarsrus die beste versorging en daarom wil die bestuur graag die

personeel van Najaarsrus in besonder bedank dat hul altyd bereid is om die ekstra myl te loop vir inwoners. Fondse is altyd broodnodig om

kwaliteit diens te lewer – skakel 018 – 6731852 as u ‘n bydrae kan maak, dit sal soos altyd hoog op prys gestel word.

(9)

Wenke vir Geklassifi seerde

Advertensies

1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.

2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.

3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.

4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.

5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27

“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.

6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.

WARNING

ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:

• Loans and fi nancing

• Hire purchase problems / Transfer of installments

• Business opportunities

• Investments

• The fi lling of envelopes

• Work at home

• Earn extra money

• Business propositions

• Part-time work

PROHIBITED:

Use of the following words in abovementioned

advertisements are prohibited:

*No Credit Checks required

*Blacklisted clients welcome

*Free Credit etc.

MUST contain the following information in

the advertisement:

Telephone number Street address Name of person and/or

business.

These are the requirements and NO exceptions will be made.

All advertisements are placed with the approval

of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.

However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they

are doing business.

** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.

** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.

23

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

17A VERVOER TRANSPORT

14A

BESIGHEIDSPERSELE TE HUUR BUSINESS PREMISES TO LET

14 BESIGHEDE TE KOOP BUSINESSES FOR SALE

10 HUISE TE KOOP HOUSES FOR SALE

8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION

8

ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE

6

WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET

5 HUISE TE HUUR HOUSES TO LET

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

2

BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT

1 PERSOONLIK

PERSONAL

ADULT pleasure 24/7 also travel Whatsapp me for more info 0726690847

--- Website 12/8 SIELKUNDIGE Berader/Psy- chological Counsellor. Call Nay- lin Coombe on 0725950835 or email naylincoombe@gmail.

com

--- Website 12/8

TYDELIKE 3 maande pos in bosveld: Algemene herstelwerk op plaas. Kennis van gewone pompe en sonpompe. Herstel drade, asook span van nuwe drade. Herstel van damme en krippe. Slegs ‘n tydelike pos wat na 3 maande hersien kan word.

Eie vervoer sal ‘n bonus wees.

Epos u cv na: [email protected].

Skakel Pieter 073 197 4310. In- dien u niks binne 2 weke hoor, was u aansoek onsuksesvol.

---82026 12/8-19/8 ALGEMENE werktuigkindige (permanente pos). Vir algemene plaas herstelwerk. Moet kennis hê van: Trekkers en vragmo- tors. Algemene implemente en waens. Pompe en sonpompe.

Epos u cv na: [email protected].

Skakel Pieter 073 197 4310. In- dien u niks binne 2 weke hoor, was u aansoek onsuksesvol.

---82025 12/8-19/8 BESIGHEID op Lichtenburg is op soek na ‘n ‘n konstrukds- iebestuurder vir hul boupersele in Lichtenburg, asook later in ander Noordwes stede en dorpe. Aansoekers moet beskik oor goeie algehele kennis van die boubedryf en vorige ervar- ing in die bedryf sal voordelig wees. Staalwerke sal ook oor- sien moet word, daarom sal ‘n vaardigheid in sweiswerk ook voordelig wees vir applikante.

CV’s kan gestuur word na cv@

myapplication.co.za sonder ser- tifikate asb. Skryf Konstruksie in die onderwerpboks wanneer cv gestuur word. Aansoeke sluit 30 Aug 2022.

--- 82018 12/8 DEBITEURE & Krediteure Klerk benodig by bandehandelaar. In Mafikeng. Moet ‘n lisensie hê asook in of naby Mafikeng woon.

Sal met toonbank werk ook help.

Stuur CV na: hansgeldenhuys@

gmail.com

--- 82005 12/8

MITTAH is looking for domestic work. Full or part time. 063 284 7269.

--- 82030 12/8 RONALD is op soek na tuinwerk

& verfwerk. 063 743 7069.

---82024 12/8-19/8 JOSEPHINE is looking for do- mestic work. Op soek na huis en skoonmaak werk full/ part time.

Vol/ deeltyds. 083 540 8459.

--- 82021 12/8 ANGELINAH is looking for do- mestic work available full or part time. 071 762 2127/ 073 650 8490.

--- 82020 12/8 MARTHA soek huiswerk. Heel week. Bel: 076 816 8106.

--- 82017 12/8

HUIS te huur R7000. 062 409 8379.

---81944 12/8-19/8

CHALET te huur. R3 000. 062 409 8379.

---81944 22/7-12/8 2 X BEDROOM Cottage situ- ated in Rooigrond. Clean, safe and tranquil. R5 300. Prepaid electricity. Water included. 072 011 5798.

--- Website 22/7-9/9 1 X BEDROOM Cottage to rent.

Situated in Rooigrond. Quiet, clean and safe. R3 995. Water included. 072 011 5798.

--- Website 22/7-9/9 HUIS te huur R7 000. 062 409 8379.

--- 81944 5/8-12/8 EENSLAAPKAMERWOON- STEL met of sonder meubels naby NWK. Geen diere of kinders. Dadelik beskikbaar. Wa- tertenk en krag ingesluit. R2 900 per maand. R1 000. Dep. 078 167 8655.

--- 82028 12/8 EENSLAAPKAMERWOON- STEL. Groot, geen diere of kinders. Water tenk & krag ingesluit. Naby A.G.S en Ltx Laerskool. R3100 p/maand. Dep R1000. 078 167 8655.

--- 82027 12/8

PAINTBALL Games and Target shooting. gokart rides and pedal karts. Rooigrond. Book by ap- pointment. Laure 082 968 7632.

--- Website 22/7-9/9 GO-KARTING and Paintballs Games. Private and team build- ing. situated in Rooigrond. Book via appointments. Phil: 083 750 8142.

--- Website 22/7-9/9 KANTOOR spasie te huur op 1 ste vloer lichtenburg cbd vir eni- ge navrae kontak 082 873 9444 --- Website 12/8 JUMPING Castle & Waterslide te hire at Burgersdorp Tuisny- werheid, 31 Dr.Beyers Naudé Lichtenburg 079 693 9287.

--- Website 12/8

LICHTENBURG Vakansie-oord.

Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.

Tel 018 632 5826. Sel 082 543 3326.

--- 80134 22/1-11/3/2023 1 X Bedroom Cottage to rent.

Situated in Rooigrond. Quiet clean and safe. R3 995. Contact 072 011 5798.

--- Website 22/7-9/9 2 X Bedroom Cottage situated in Rooigrond. Clean, safe and tranquil. Only R5 300. Water in- cluded. Contact 072 011 5798.

--- Website 22/7-9/9

HUISE te koop: Hennie Wille Es- tates 082 460 8376.

--- 81248 10/6-23/12

URGENT Sale. Butchery, super- market, take-away, ice-cream business. Owner relocating.

Phone 065 529 0694 --- Website 12/8-26/8

LANDWYE vervoer van alle goedere, insluitend meubels vervoer met oop of toebak voer- tuie. Johan 079 892 3043.

--- Website 12/8

G & R Kombuise Inboukaste.

(Sedert 1994). Andries Mareestr.

6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates --- 80089 15/1-26/12/2021 AC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224-6708 ---42788 10/9 AC/TC GRASDAKKE: bou van nuwe lapa’s, oordekke, stop & kam.

Keer van inlekke, bou van klip- mure. Ruk nou jou grasdak reg gedurende die winter vir die somer se braai tyd. Kontak: Solly 073 542 1019, 072 044 0419.

--- 82012 5/8-12/8

WENDY’S House 2.4 x 2.4 = R6 500. 2.3 x 2.3 = R5 500. 3 x 3 = R7 500. 3 x 4 = R8 500.

3 x 6 = R10 500 = 4 x 6 = R16 500. We do all sizes big or small.

Whatsapp 072 472 2067, 079 135 8138.

---51343 12/8-19/8

ALL repairs to tarps, sade cov- ers and jumping castles. Glue or stitching. Call Laure 082 968 7632.

--- Website 22/7-9/9 LUDÉ tuindienste vir n gratis kwotasie maandeliks of eenma- lig skakel Julie 0648987662 of Christo 0834623835

--- Website 12/8

KENNISGEWING DIE BOEDEL VAN WYLE JOHN CHRISTOPHER HUGH LOTTERING Identiteitsnommer 301027 5018 089, wie in sy lewe buite gemeenskap van goedere, sonder die aanwasbedeling, getroud was, wie oorlede is te Zeerust op 26 Oktober 2021 en wie by sy dood woonagtig was te 15C Droogestraat, Zeerust. BOEDEL- NOMMER: 9750/2021 (MAFIKENG) Die Finale Likwidasie- en Dis- tribusierekening in bogemelde boedel sal ter insae lê vir inspeksie doeleindes by die Meester van die Hooggereshof, MAFIKENG en te die kantoor van die Landdroshof, ZEERUST vir 21 (EEN EN TWIN- TIG) dae, vanaf 12 AUGUSTUS 2022. GET. HJ NEL. JOHAN NEL PROKUREUR. PRESIDENTSTRAAT 11, POSBUS 1181 ZEERUST 2865.

--- K2 12/8 KENNISGEWING. BOEDEL WYLE: HENDRIK JOHANNES UYS Identiteitsnommer: 430705 5091081. LAASTE ADRES: DIE PLAAS BOSCHPAN, DELAREYVILLE, 2770. OORLEDE: 21 JUNIE 2021.

BOEDEL NR: 6530/2021 (MAHIKENG) Kennis word hiermee ge- gee dat die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê ten kantore van die Meester van die Hoogeregshof, MAHIKENG, en van die Landdros te DELAR- EYVILLE, vir ‘n tydperk van 21 dae gereken vanaf datum van ver- skyning van hierdie kennisgewing. HERMAN DU PLESSIS & SEUN PROKUREURS. GENERAAL DELAREYSTRAAT 28, POSBUS 23 DELAREYVILLE 2770.

--- K1 12/8

2017, FOR THE AMENDMENT OF THE DITSOBOTLA LOCAL MUNICIPALITY LAND USE SCHEME 2020. DITSOBOTLA AMEND- MENT SCHEME 11. I, G.W. van Niekerk (Id. No. 5602075061083), the authorize agent of K2021996287 (South Africa) Pty Ltd, the own- ers of Portion 1 of Erf 677, Portion 2 of Erf 677, Remainder of Erf 677 and Remainder of Erf 679, Lichtenburg, hereby give notice in terms of Section 66 of the Ditsobotla By-Law on Spatial Planning and Land Use Management 2017, that I have applied to the Ditso- botla Local Municipality for the amendment of the land use scheme known as Ditsobotla Local Municipality Land Use Scheme 2020, by the rezoning of the properties described above, situated at c/o Bey- ers Naudé Drive and Eighth Avenue, Lichtenburg, from “Business 1 and Residential 2 Respectively”to “Commercial”, for Commercial Purposes (Warehouse, Motor Dealer, Service Industry & Workshop).

Particulars of the application will lie for inspection during normal of- fice hours at the office of the Town Planner, Third Floor, Room 7, Civic Centre, c/o Dr Nelson Mandela Drive and Transvaal Street, Lichtenburg, Tel. No. (018) 633 3800, for a period of 30 days, from 15 August 2022. Objections to or representations in respect of the application must be lodged with or made in writring to the Municipal Manager at the above address or at P.O. Box 7, Lichtenburg, 2740, within a period of30 days from 15 August 2022. Any person who cannot write may during office hours attend the office of the Town Planner where a staff member will assist that person to transcribe that person’s objections or comments. Address of Applicant: 22 Sixth Street, Lichtenburg, 2740. (Cell. 072 497 7016)

KENNISGEWING INGEVOLGE ARTIKEL 66 VAN DITSOBOTLA VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGE- BRUIKBESTUUR, 2017, VIR DIE WYSIGING VAN DIE DITSO BOT- LA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT GROND GE BRUIKSKEMA 2020.

DITSOBOTLA WYSIGING SKEMA 11. Ek, G.W. van Niekerk (Id. No 5602075061083), die gemagtigde agent van K2021996287 (South Africa) Pty Ltd, die eienaars van Gedeelte 1 van Erf 677, Gedeelte 2 van Erf 677, Restant Erf 677 en Restant van Erf 679, Lichtenburg, gee hiermee ingevolge artikel 66 van die Ditsobotla Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2017, kennis dat ek by die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het om die wysiging van die grondgebruikskema bekend as Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit Grondgebruikskema 2020, deur die herson- ering van die eiendomme hierbo beskryf, geleë te h/v Beyers Naude Weg en Agstelaan, Lichtenburg, van “Besigheid 1 en Residensieel 2 Onderskeidelik”na “Kommersieel”, vir Kommersiële Doeleindes (Pa- khuis, Motorhandelaar, Diensbedryf & Werkswinkel). Besonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Stadsbeplanner, Kamer 7, Derde Vloer, Burgersen- trum, h/v Dr. Nelson Mandelaweg en Transvaalstraat, Lichtenburg, Tel. No. (018) 633 3800 vir ‘n tydperk van 30 dae vanaf 15 Augus- tus 2022. Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 30 dae vanaf 15 Augustus 2022 skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 7, Lichtenburg, 2740, ingedien of gerig word,. Persone wat nie kan skryf nie, kan gedurende kantoorure die kantoor van die Stadsbe- planner nader waar ‘n personeellid die persoon sal bystaan om sy beswaar of kommentaar op skrif te stel. Adres van Applikant: Ses- destraat 22, Lichtenburg, 2740. Cell. 072 497 7016)

--- K3 12/8

(10)

Vakatures Vacancies

It’s Bok domination!

Willie Le Roux scoring a try in the 78th minute of Saturday’s clash. (Photo: COLORSPORT / Johan Orton)

NOORDWESTER - LICHTENBURG - You might say it was not pretty. You might even say that the Springbok’s game plan lacked a bit of flair.

But what it did not lack was brute force and total domination.

On Saturday (6 August) in the Mbombela Stadium, the Springboks showed why they are the world champions. They dominated in all facets of the game, even when they lost firecracker Faf de Klerk only seconds after the start of the match. The scrummie was carried off after a massive collision with All Black winger, Caleb Clarke. Fortunately his replacement, Jaden Hendrikse was more than capable of filling the spot.

It did not matter what the All Blacks ‘‘tried’’, the Bok players had a counter move.

That man Malcolm Marx seemed to be everywhere and there was no stopping him - a force of nature.

If you were a South African supporter, Malcolm was a cross between Thor and the Hulk. But if you were

rooting for the All Blacks, Marx was the result of a crossing between Juggernaut and Thanos.

Captain Siya Kolisi also had a great game, moving the ball and tackling like a machine.

Handré Pollard’s tactical kicking were not always as accurate as he would’ve liked, but his goal kicking and penalties were sure fire.

And then there was that fabulous drop goal!

Willie le Roux needs a mention.

Le Roux has in the past received criticism about his ball handling skills, but at this outing he was simply magnificent - scoring a try in the final minutes of the game, giving South Africa their biggest win against the All Blacks in 90 years.

This weekend the battle ground moves to Ellis Park and one can imagine that the wounded All Blacks will come out guns blazing in an effort to try and salvage

some dignity.

Scorers:

SA - 26

Tries: Kurt-Lee Arendse, Willie le Roux

Conversions: Handre Pollard (2) Penalties: Pollard (3)

Drop goal: Pollard NZ -10

Try: Shannon Frizell

Conversion: Richie Mo’unga

Penalty: Jordie Barrett

(11)

Baie geluk aan die Graad 12 Top 10 akademiese presteerders van Hoërskool Lichtenburg vir kwartaal 2. Hulle is voor Amogelang Phaedi (6), Emme Ferreira (4) en Jolene Marais (4). Agter staan Julia Blom (1), Liandri Rothman (10), Mujib Patel (2), Bilal Alli (8), Zoë du Plessis (9), Linique Oosthuysen (7) en Anke Schulenburg (3). (Posisie 4 word gedeel).

Baie geluk aan die Graad 11 Top 10 akademiese presteerders van Hoërskool Lichtenburg vir kwartaal 2. Hulle is voor Chrismie Kriel (9), Keitumetse Mosimane (8), Hanmari Swart (6) en Pelo Lekololwane (2). Agter staan Mea Colyn (1), Colin Pereira (5), Franko Olivier (9), Izak Kriel (4), Cara Odendaal (3) en Lebong Thela (7). (Posisie 9 word gedeel)

Baie geluk aan die Graad 10 Top 10 akademiese presteerders van Hoërskool Lichtenburg vir kwartaal 2. Hulle is voor Sumari Swanepoel

(3), Retshepile Mogoeng (9), LJ Olivier (6) en Adria Immelman (8). Agter staan Marilie Rossouw (2), Nastia Jacobs (10), Joret Botha (7), Hanco Pretorius (5), Francois Conradie (3) en Dourend Geldenhuys (1). (Posisie 3 word gedeel).

Liggies Top 10 aangewys

Baie geluk aan die Graad 9 Top 10 akademiese presteerders van Hoërskool Lichtenburg vir kwartaal 2. Hulle is voor Cari Olivier (3), Masabata Nnete (7) en Ruleste de Beer (2). Agter staan Omolemo Mbewe (5), Elzette Havenga (8), Denique van Heerden (9), Wian Basson (1), Ean Wessels (6), Edrich de Jager (10) en Amelia Roelofsz (4).

Baie geluk aan die Graad 8 Top 10 akademiese presteerders van Hoërskool Lichtenburg vir kwartaal 2. Hulle is voor Sumé Weber (1), Nica Meyer (3) en Esti Kriel (2). Agter staan Mia van Wyk (7), Lydia Wessels (5), Mienke Geldenhuys (7), Miko Ferreira (7), Ruben Pretorius (5), Larosé Lourens (7) en Lumé Boshoff (4).

(Posisies 5 en 7 word gedeel).

Top 3 presteerders van Spesiale Skool

Baie geluk aan die Top 3, Oratile Fume, Oratile Lolwane en Jordan Myburgh(1A, 1B eb 1C) met hulle uitstekende prestasies in akademie sowel as die werkswinkels gedurende die tweede kwartaal, Oriëntering 1 van Coligny Spesiale Skool.

Baie geluk aan die Top 3 leerders van Jaar 1 se 2A, 2B en 2C leerders van Coligny Spesiale Skool. Hulle is Bakang Boikanyo, Eckson Mabaso en Bokamoso Motshidisi.

Baie geluk aan die Top 3 leerders van Jaar 2 in 3A, 3B en 3C van Coligny Spesiale Skool. Hulle is William Young, Rudolf Jonker en Reuben Lekgowane.

Baie geluk aan die Top 3 leerders van Jaar 3 in 4A, en 4B van Coligny Spesiale Skool. Hulle is Vincent Baster en Itumeleng Setlhoisi.

Baie geluk aan die Top 3 leerders van Jaar 4 in 5A, 5B en 5C van Coligny Spesiale Skool. Hulle is Kitso Matebese, Vuyani Nzanibe en Thembeka Foso.

Baie geluk aan die Top 3 leerders van die Spesialiserings jaar in 6A, 6B en 6C van Coligny Spesiale Skool.

Hulle is Resego Segami,

Tshepo Mogaetso en

Reotshepile Mabokela.

(12)

PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329

Kompetisie- wenners by

gholfklub

Die maandelikse slagspel van die Lichtenburg Gholfklub het op Saterdag, 6 Augustus plaasgevind en word deur Action Ford Lichtenburg geborg.

Giel Steyn (regs) wat by ‘n vorige geleentheid ook die kompetisie gewen het, het weer so gemaak en is as die kampioen gekroon. Dewald Steyn,

visekaptein het hom geluk gewens. Hartlike dank aan hierdie borg.

Speler-van-die- maand-toekennings word deur 4Wheels Hyundai Lichtenburg geborg en die wenner vir Julie was Dirk Lotter met ‘n goeie

totaal van 148 punte. Op die foto oorhandig Dylan Hechter en Heleen Rossouw van 4Wheels Hyundai Lichtenburg die speler-van-die-maand

trofee aan Dirk Lotter (middel). Hartlike dank aan hierdie borg.

Lafarge Rolbalklub prysuitdeling

Op 6 Augustus is klubkompetisie- wenners van die Lafarge Rolbalklub beloon tydens die klub se algemene jaarvergadering. Op die foto is agter Harry Herbst, Dan Rossouw en Schalk van der Merwe. In die middel is Dries Struwig, Thea Britz en Corrie Meyer.

Voor is Marisa Veenstra en Natasha Herbst. (Afwesig: Marthina en Ean Wessels). Klubkompetisiewenners Natasha Herbst: ope dames enkelspel kampioen. Schalk van der Merwe: ope en veterane mans enkelspel kampioen.

Marisa Veenstra: veterane dames enkelspel kampioen. Dan Rossouw:

Gemengde Novice enkelspel kampioen.

Corrie Meyer en Thea Britz: getrekte dames pare wenners. Natatsha Herbst en Dan Rossouw: getrekte gemengde pare wenners. Harry Herbst en Ean Wessels (afwesig): getrekte mans pare wenners. Harry Herbst, Marthina Wessels (afwesig) en Dries Struwig:

getrekte gemengde trips wenners.

Tydens die Lafarge Rolbalklub se onlangse jaarvergadering is daar erkenning gegee aan lede wat Noordwes verteenwoordig het.

Hulle is voor Ronel Olivier (Noordwes B-span), Marisa Veenstra (Noordwes veterane span) en Natasha Herbst (Noordwes B-span).

Agter staan Harry

Herbst (Noordwes

A-span), Schalk van

der Merwe (Noordwes

B-span) en Tinus

Herbst (Noordwes

B-span).

Referensi

Dokumen terkait

Indien die onderwys van geskiedenis in Transvaal bevorder moet word deur die metode van eksaminering, daD b'hoort die bestaande indeling van die leergang vir eksamendoeleindes eerder

Hy het gese studente moet eerder met bulle Afrikaanse vriende praat en hulle vertel van bulle w~nhoop", beljg Die Trans1·aler.. Studente-onluste, betogings en optogte het ons land met

Al die liefde wat die volke en die leërs vir hom gehad het, sal ek roep en dit tot haat maak, en ek sal jou volg al vlug jy in die hande van Tiberius… hy sal jou wegsmyt soos hy jou

of jy sal etlike honderde rande moet betaal." Ondanks die opdrag was hy tog met ander dinge bes~, want hy se verder ,.Maar ter- wyl u dienaar bier en daar besig was het hy verdwyn." As

Om oorwinnaar te gee om te eet van die verborge I nie maar hulle sal volkome ge- wil wees, moet u dus ook Stryder manna, en Ek sal hom gee 'n wit regverdig word en algehelc vry- wees

Die gevolgtrekking is gemaak dat onderwysers se kennis en begrip van ’n filosofiese raamwerk vir tegnologie as grondslag dien vir bepaalde keuses wat hulle moet uitoefen in terme van

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende evalueerders vir hulle bydrae tot die vorming van hierdie uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende evalueerders vir hulle bydrae tot die vorming van hierdie uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap