• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ontmoet Luitenant Kolonel Olivier – bl.5

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ontmoet Luitenant Kolonel Olivier – bl.5"

Copied!
12
0
0

Teks penuh

(1)

2 OKTOBER 2020

R2-00

VAT INCL

Gestig 1955

H/v Transvaal- en Dr. Nelson Mandelarylaan Posbus 2000, Lichtenburg 2740 Epos: [email protected] Tel: 018 632 6038 | Faks: 018 632 4222

Kweek

jou wen-

pampoen

Die bielie van ‘n pampoen was hierdie jaar bestem vir groot dinge en wou so graag ‘n draai by TLU SA se jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees gemaak het, hy het verskeie aanslae van peste en plae oorleef. Maar toe kom rol ‘n ou virussie al ons planne ‘n pampoen! Nou het die tyd aangebreek vir die eerste voorbereidings vir deelnemers aan die 2021 kompetisie deur te begin met grondvoorbereiding en om pitte te koop. Lees meer oor hierdie Pampoenfees op bl 7.

Ontmoet Luitenant Kolonel Olivier

– bl.5

Wees bedag vir diefstal van

drukpompe

– bl.6

(2)

Op 1 September 2020 het die dames van Grootpan VLU van vroeg af vrolike Lentedag boodskappies gedeel. Elke dame het ‘n foto van haarself aangestuur sodat hulle die Lentedag saam kon vier. Daar is ook ‘n gepaste gedig gedeel van prof. T.T. Cloete – God die Digter. Die dames het ook die aanhaling van Helen Steiner Rice gedeel – God stuur nooit die winter sonder die vreugde van die lente nie. Na die inperkingstydperk is almal weer opgewonde om te begin met vergaderings en meer te leer van al hul interessante onderwerpe. Op die foto is bo Ina Visser, Marié Joubert, Ria Marais en Adri du Preez. Onder is Rosette du Toit, Marijke Swart, Azel Blignaut en Magdaleen Camphor.

Daniël Matshidiso was deel van Tacet Transport vir die afgelope 25 jaar en het in die tyd as’t ware 91 keer om die wêreld gery! Hy het ‘n verbysterende 3 660 460 kilometer gedurende sy dienstyd aan Tacet afgelê. Hy het onlangs afgetree en verdien die welkome rus…die Tacet span het hul waardering teenoor hom uitgespreek vir sy

getroue diens en wens hom

alles wat mooi is toe vir sy aftrede.

VLU Dames hou digitale Lentedag

Daniël reis 91 keer om

die wêreld

Sleutels gevind

Hierdie bos sleutels is onlangs in 2de Laan, Kieserville gevind. As die eienaar dit herken kan dit by die Noordwester se kantoor in Transvaalstaat, afgehaal word.

Help ons diere!

Die oulike gesiggies is deur ‘n hartelose inwoner van die omgewing weggegooi en hulle het by die Lichtenburg Dierewelsyn ‘n tydelike tuiste gekry. As jy dit in jou hart kan vind om vir hulle ‘n liefdevolle huis te bied, skakel vandag nog 0713139248 en neem hulle huistoe.

Hierdie pragtige windhondtefie is verlore en as dit jou hond is, gaan haal haar vandag nog by die Lichtenburg Dierewelsyn. Skakel 0713139248 en vind uit of sy haar huis gekry het; anders kan iemand anders haar dalk ‘n tuiste bied?

(3)

Partnership yields good results

NOORDWESTER – BIESIESVLEI – Commemorating the Police Safety month in Biesiesvlei, the SAPS joined forces with the Street Patrollers in the fight against crime on Friday, 18 September 2020.

The operation began at sector 1 where a shebeen was raided and closed at Vermaas farm. Proceeding to sector 2 at Itekeng location, three more shebeens were also closed. Further more there was a roadblock along the N14 were vehicles were stopped and searched.

Fines were issued to all road users who did not comply with the roadtraffic act. The Station Commander, Captein JP Wallis was delighted with this success. “If partnerships can continue in this manner, we shall indeed win the battle against crime,” Capt Wallis expressed his gratitude.

Members of the Community in blue with the police and the illegal liquor that they confiscated at the shebeens.

‘n 28-jarige man is deur die Lichtenburg Polisie in hegtenis geneem nadat hy die voertuig op die foto in Stilfontein gesteel het. Volgens Kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg, het die dief gedink hy kan wegkom, maar het homself met die Flexi-span van die polisie misgis. Kol. Bekeer bedank die Flexi-span en versoek motorvoertuigeienaars om asseblief versigtig te wees. Hy sê in September het inbrake by wonings en aanrandings die hoogte ingeskiet.

Man aangekeer vir motordiefstal

Itsoseng Polisie vier Erfenisdag

Die Itsoseng Polisie het verlede week Erfenisdag by hul polisiestasie gevier en Adj. Offisier Mokgothu het lede toegespreek oor die waarde van die dag en inligting oor Veiligheidsmaand deurgegee. Ander lede het die dag by die Bodibe nedersetting gevier.

Lichtenburg SAPD staan Ottosdal by

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Volgens kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg het hy verlede Donderdag ‘n oproep van die Stasiebevelvoerder van die SAPD op Ottosdal ontvang in verband met gemeenskapslede wat die polisie daar aangeval het nadat misdaadvoorkomings-operasies uitgevoer is.

Onwettige drank en dwelms is in die besit van gemeenskapslede gevind en arrestasies is uitgevoer.

Daarna het ‘n uiters aggressiewe groep die polisie gevolg na die plaaslike polisiestasie en geëis dat die drank teruggegee word aan die gemeenskap.

Kolonel Bekeer het onmiddellik sy Flexi-span onder leiding van Sersant Seleke geaktiveer en

hulle het hul vakansiedag opgeoffer om te help om die probleme in Ottosdal te help oplos. Hy sê elf gevreesde krimenele is daar gearresteer na die oproep om hulp ontvang is.Kol. Bekeer waarsku dat Lichtenburg Polisie nooit sal terugstaan vir kriminele nie! Hy het die Flexi-span bedank vir hul deeglike werk en opoffering.

Op die foto’s kan die drank en dwelms gesien word wat op Ottosdal in die besit van verdagtes gevind is.

(4)

OORSIG OOR WISSELKOERSE EN GRAANMARKTE

INTERNASIONALE MIELIE- EN OLIESAADPRYSE

CBOT MIELIES $ 3.67 $ 3.82 $ 0.15

CBOT SOJA $ 10.12 $ 10.34 $ 0.22

WMAZ R 3 383 R 3 314 -R 69

YMAZ R 3 285 R 3 255 -R 30

WEAT R 5 044 R 5 095 -R 51

SOYA R 7 701 R 8 075 -R 374

SUNS R 7 922 R 7 500 -R 422

WITMIELIES PER WEEK 14 648 GEELMIELIES PER WEEK 20 015 TOTAAL VIR DIE WEEK 34 663 WITMIELIES PROGRESIEF 360 903 GEELMIELIES PROGRESIEF 1 095 886 PROGRESIEWE TOTAAL 1 456 789

LAAS VANDAG VERSKIL

R/$ 16.8867 16.6622 -0.2245

BRENT OLIE 41.3 42.39 1.09

GOUD 1878.5 1899.85 21.35

PLAASLIKE PRYSE

UITVOER SYFERS OPSOMMING

DAAR IS VERLEDE WEEK GEEN INVOERE GEDOEN NIE.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die opmerking “Who do you think you are,” deur Minister Bheki Cele, minister van polisie, teenoor Roland Collyer, ‘n boer van Normandien in KwaZulu-Natal, is neerhalend en onvanpas.

So sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se sentrum van uitnemendheid oor landelike veiligheid.

Daar is geen regverdiging vir woede- uitbarstings of neerhalende uitsprake deur dié minister nie. Wat veronderstel was om ‘n konstruktiewe gesprek tussen die landbougemeenskap en die Minister van Polisie te wees, het nou in ‘n publieke uitval ontaard. Dit is die regering se plig om sy burgers te beskerm en en dit is die reg van enige burger om met die regering hieroor in gesprek te tree. Regeringsamptenare moet die nodige eerbied handhaaf en ten alle tye empatie toon. Indien hulle daarin faal is dit teenstrydig met die Grondwet.

Hierdie tipe woede-uitbarstings het tot gevolg dat die positiewe gesindheid teenoor landbouers en werkers deur die owerheid van die dag belemmer word.

Dit is waarom Agri SA hierdie insident gaan opneem met President Ramaphosa sodat hy kan toetree deur die saak te ondersoek en oplossings kan help vind vir konstruktiewe samewerking en eensgesindheid.

Die veralgemening van ‘n enkele insident kan nie as die norm voorgehou word nie, maar is eerder die uitsondering

op die reël.

“Agri SA het hom nog altyd beywer om deel te wees van die oplossing en die nodige ondersteuning te lewer rakende probleme wat ons ervaar met landelike veiligheid,” sê Esterhuyse.

Hy gaan voort deur op te merk “Dit is jammer dat landelike veiligheid tydens

‘n imbizo in ‘n politieke debat ontaard het en nie die nodige aandag verdien het wat noodsaaklik is nie.” Dit is die Minister van Polisie en Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se plig om sonder vrees en guns aan hul taak uitvoering te gee en die nodige geduld en takt aan die dag te lê om oplossings vir die misdaad probleme in die land in samewerking met alle wetsgehoorsame landsburgers te vind.

Die pligte word in ons Grondwet uiteengesit. Dis die hoeksteen van ons demokrasie en verskans die regte van alle mense in ons land. Agri SA bly daarom verbind om saam met die Minister

‘n kultuur van wedersydse respek en samewerking te help verstig en te bevorder.

Dit is in ons almal se belang dat misdaad van watter aard saam beveg word – nou meer as ooit van te vore.’

‘Opmerking deur minister onvanpas’

NOORDWESTER – LICHTENBURG – TLU SA eis dat die minister van polisie, mnr.

Bheki Cele, duidelikheid gee oor of plaasaanvalle en –moorde die aandag ontvang wat dit dringend benodig. Selfs al het dit volgens hom nie meer die status van ‘n Nasionale Prioriteitsmisdaad nie.

Die minister het onlangs in die parlement in antwoord op ‘n vraag van die DA, gesê dat hierdie misdade nie as prioriteitsmisdade geklassifiseer word nie omdat dit reeds onder ander misdade soos moord, poging tot moord, seksuele aanvalle, aanranding en roof as statistiek vasgelê word. Volgens hom word hierdie misdade onder die SAPD se Nasionale Landelike Veiligheid Strategie hanteer. Die strategie is op 1 Maart vanjaar geïmplementeer en sal vir die volgende vyf jaar in plek wees.

“Vir die minister gaan dit blykbaar oor die semantiek en nie die beskerming van menselewens nie,” sê mnr. Geldenhuys, die president van TLU SA. “Navorsing het reeds bewys dat die tipe aanvalle en moorde op plase ander elemente as die “normale”

moord en roof-voorvalle het.

“Vir ons is die beskerming van ons lede – die landbouers wat elke dag die kos produseer wat Suid-Afrikaners eet – die

belangrikste kwessie. Die minister moet ook weet dat landbouers saam staan en dat hulle die land kan lam lê indien voedselproduksie geaffekteer word.”

Die onlangse plaasaanvalle regoor die land gaan gepaard met uitermatige vlakke van geweld en rassespanning. Dit word verder op ‘n mespunt gedryf deur uitsprake van die EFF oor grondkwessies en die minister wat kommersiële boere as disrespekvol uitkryt en toelaat dat hulle verskree en beledig word.

“Die minister laat landbouers in die land in die steek,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons grense word nie beskerm nie, veediefstal neem al hoe meer toe en plaasaanvalle word al hoe meer gewelddadig. Ons terugvoer wys ‘n kommerwekkende element van rassehaat in aanvalle. Dit is goed en wel dat die minister sê hy beskou die moord van enige Suid- Afrikaner as ernstig, maar dit is ook tyd dat hy besef dat ras wel ‘n rol speel wanneer dit by plaasaanvalle kom.”

TLU SA eis duidelikheid

Graanpryse daal die week met die Rand/$

wat versterk het. Oliesade bly egter sterk staan met CBOT sojaboon pryse wat weer

die week met 0.22c styg.

Vir verdere inligting skakel gerus met NWK Graanverhandeling by (018) 633 1001 om

met een van die portefeuljebestuurders naamlik, Stefan van der Westhuizen, Derik

Strydom, Kobus du Plessis, Johan Venter, Hendrik Gagiano, Handri TerreBlanche, Lizandri Horn of Rinus Bezuidenhout te

gesels.

(5)

NOORDWESTER – BIESIESVLEI – On 26 September 2020 two groups calling themselves by the names SVK and #Enemies, between the age of 18 and 29 were arrested for prevention of organized crime in Itekeng near Biesiesvlei.

Reports state that the groups have been engaged in horrible fights three days before their arrest and that there was also an incident in which they threw stones at the police whilst attempting to apprehend them. Out of twenty five suspects who were arrested, twelve were minors and the thirteen detained, were found in possession of self-made dangerous weapons which included pangas, spears and swords. It is further stated that these groups were attacking members of the public, throwing them and their belongings with stones for

no apparent reason. Detainees appeared before the Lichtenburg magistrate’s court on Tuesday, 29 September 2020 and were warned and released on bail but will continue to trial for possession of dangerous weapons.

The station commander Captain JP Wallis commended the police members who effected arrest and sent out a warning saying “all kinds of violence and malicious acts will in no way be tolerated by the police in Biesiesvlei and all offenders of the law will be brought to book.”

Gangs behind bars

Ontmoet luitenant kolonel Olivier

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Noordwester het Woensdagoggend die nuutaangestelde lt.kol. Venita Olivier op die eerste vloer van die Lichtenburg Polisiekantoor ontmoet. Wat ‘n verrassing was dit nie om ‘n vrou met so ‘n borrelende geaardheid en soveel passie vir haar werk dáár aan te tref nie!

Sy het pas by die SAPD in Lichtenburg aangesluit as Afdelingshoof: Menslike Hulpbronne. Sy is tans 23 jaar in die polisie en het saam met haar man vanaf Polokwane (Pietersburg) in Limpopo hierheen verhuis.

Hy is as brigadier in die Beskerming en Sekuriteitsdienste-eenheid op Mahikeng

aangestel en die gedugte polisie-paar vestig hulle nou in Lichtenburg.

Lt. Kol Olivier sê uit die staanspoor dat haar werk haar baie gelukkig maak en dat sy baie trots is om deel van die polisie te wees. Venita vertel sy het altyd opgekyk na haar pa wat ook ‘n brigadier in die polisie

was en het van kleins af geweet dis wat sy ook wil doen met haar lewe. Hy het egter aangedring daarop dat sy gaan studeer en daarom het sy haar graad in BA Politieke Wetenskappe voltooi en ook haar Honeurs verwerf. Na haar studies het Venita steeds nie afgewyk van haar toekomsplanne om by die polisie aan te sluit nie en het op 7 Julie 1997 haar eerste aanstelling gekry by die vuurwapenregister. Sy het vir die volgende 21 jaar grotendeels indiens- en gespesialiseerde opleidingskursusse aangebied. Venita het ook kursusse as

“medic” en gyselaaronderhandelaar voltooi en kan haar man staan met hierdie sekondêre afdelings in haar loopbaan. Sy sê dit is uitdagend om ‘n vrou in ‘n manswêreld te wees en baie keer voel dit of sy haarself moet bewys. “Dit is ‘n gevaarlike beroep en as gesin moet ons altyd die gevaar en realiteit daarvan in die oë kyk. Maar nog steeds kan

dit nie my passie om die gemeenskap te help en my trots om die uniform te dra, blus nie,”

vertel die ma van ‘n 14-jarige dogter, Dinita.

Haar doelwit in haar nuwe pos sal wees om ‘n positiewe bydra en verskil te maak in die gemeenskap van Lichtenburg. Sy wil toeganklik wees vir elkeen en help om misdaadstatistieke te verminder. Sy vertel dat sy die mense van Lichtenburg as baie vriendelik en gasvry ervaar en dat sy baie daarna uitsien om deel te wees van die gemeenskap. Lt. Kol Olivier is ‘n plat-op- die-aarde vrou wat daarvan hou om kreatiewe stokperdjies by haar huis te beoefen soos Mosaïk en “Dot-Art”.

Sy is baie lief vir haar drie Worshonde, bak en brou graag en kan wegraak in ‘n mooi boek.

Sy wil graag ‘n positiewe omgewing by haar werk skep en is dankbaar vir die geleentheid om haar loopbaan hier in Lichtenburg te kan voortsit.

Op die foto’s is Lt. Kol. Olivier in haar uniform waarop sy so trots is en ook in siviele klere wat haar vroulikheid en borrelende geaardheid na vore bring.

(6)

Nou kan jy egter in Timbuktu sit en die blokraai en/of Sudoku AANLYN voltooi en die kans staan om die prysgeld te wen. Indien jy reeds ‘n aktiewe, betaalde subskripsie het, kan jy net die Blokraai of Sudoku PDF op ons webwerf www.

noordwester.co.za aflaai – en siendaar!

Sodra jy op die webwerf land, volg dié stappe: As jy op jou selfoon werk, laai jy die pdf af deur op die “News”-blokkie te klik en kies “Latest Issue”. Dan kry jy die opsies van Noordwester Main Body, Noordwester Classifieds, Noordwester Properties, Noordwester Crossword, Noordwester Sudoku. Jy kies dan by Crossword of Sudoku die “Download pdf” – opsie.

Daarna maak jy net die pdf oop en tik jou antwoorde in – dis al.

As jy op jou rekenaar is, klik jy net heel regs op “Latest News” – en volg dieselfde stappe soos bo verduidelik. Dis dalk raadsaam om Adobe Acrobat Reader op jou rekenaar/selfoon te laai – dit vergemaklik net die proses. Sodra jy jou blokraai of Sudoku voltooi het, druk jy net op die

“submit”-knoppie en kies een van die twee opsies wat jou rekenaar toelaat om jou aanlyn-inskrywings te e-pos. die adresse waarheen jy jou inskrywings stuur, is [email protected] of sudoku@

noordwester.co.za.

Let wel, jy stuur die blokraaisel of Sudoku wat jy aanlyn voltooi het – nie ‘n fotostaat of skandering van die koerant se blokraaisel of Sudoku nie. Gaan besoek gerus ons webwerf en gaan toets jou vernuf!

On 25 September 2020 the Sannieshof SAPS, CPF Sannieshof and the community worked hand in hand in a rural Safety Operation. This will be a regular occasion in future and members of the community said they were impressed with the way the Sanniehof SAPS and the community worked together. Capt. Direng thanked everyone for their commitment. On the photo are the people that were part of the operation.

Rural safety operation huge success

Toename in diefstal van drukpompe

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Volgens die Omgee Buurtwag was daar die afgelope twee maande

‘n sterk toename in diefstal van water/drukpompe waargeneem in Lichtenburg.

Soms word van die waterpompe teruggekry maar die eienaars word moeilik opgespoor omdat pompe nie geidentifiseer kan word nie. Die volgende wenke word voorgestel: Merk jou waterpomp op ‘n manier wat maklik identifiseer kan word. dit kan gedoen word deur ‘n gaatjie met ‘n boor te maak of ‘n sny met ‘n saaglem ens. Wees kreatief en maak jou eie merk.

Neem ‘n foto van jou unieke merk en die waterpomp. Indien jou waterpomp gesteel word meld die saak aan by die SAPD, en stuur ook die inligting deur op die Buurtwag Whatsapp groep of direk aan een van die bestuurslede of jou weekleier. Dit gaan ‘n aktiewe poging van lede vra om hierdie diefstal aan te spreek, maar dit is moontlik as mense saamstaan. Navrae in verband met die Omgee Buurtwag kan gerig word aan Willie Weideman – 0823916688, Carina Nel – 0828887831 of Jaco du Rand – 0823377611.

Op die foto’s is ‘n foto van ‘n waterpomp en ook ‘n

voorbeeld van hoe dit gemerk kan word sodat dit uitgeken kan word wanneer dit gesteel is.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die prys van petrol, diesel en paraffien sal na verwagting in Oktober daal.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat die prys van 93-oktaanpetrol met ongeveer 24 sent per liter en 95-oktaan-petrol met 33 sent per liter sal daal op 7 Oktober. Diesel sal na verwagting met 93 sent per liter daal en paraffien met 78 sent per liter. Die rand het die afgelope paar weke ‘n sterk lopie teen die Amerikaanse dollar gehad en op 18 September tot R16,10 teenoor die dollar verstewig. Dit het egter daarna tot R16,90 verswak en toe tot R17,20 teruggesak. Die AA sê die rand-en-dollar-wisselkoers wat so wipplank ry, is kommerwekkend. Terwyl die rand verswak het, het internasionale oliepryse ook gestyg. “Die aanhoudende verswakking van die rand en die styging van internasionale oliepryse kan ‘n negatiewe prentjie vir Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers skep.”

Die prys van petrol het aan die begin van die maand met 1c per liter gestyg, terwyl die prys van diesel gedaal het. Dit het gevolg nadat die minister van minerale hulpbronne en energie

‘n verhoging van 5,3c per liter op die kleinhandelswinsgrens op petrol goedgekeur het. Dié verhoging is om die loonverhogings van pompjoggies, kassiere en administratiewe personeel by vulstasies te akkommodeer. Diesel het met 21c per liter goedkoper geword en paraffien met 35c per liter, terwyl gas 36c per kilogram duurder geword het.

Motoriste

kan moontlik verligting kry

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Weekliks hou die Noordwester se blokraaisel en Sudoku baie pret vir honderde lesers in, en natuurlik is daar dan ook weekliks ‘n handige prysgeldjie op die spel.

Toets nou jou

vernuf aanlyn

(7)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die tyd het weer aangebreek vir die eerste voorbereidings vir deelnemers aan die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees – ‘n inisiatief van TLU SA.

“Ons herinner graag al ons voornemende deelnemers om nou met grondvoorbereiding te begin en die pitte te koop vir 2021 se kompetisie,” sê mnr. Henri Combrink, die organiseerder.

“Die pitte is oudergewoonte by TLU SA se hoofkantoor in Silverton beskikbaar, maar kan ook landwyd afgelewer word.”

Die 2021 Goliat Van Gat Pampoenfees word weer in Pretoria aangebied en meer besonderhede sal in aanloop tot die geleentheid in Maart 2021 bekend gemaak word.

Belangstellendes kan ook die fees se

Facebookblad besoek om op hoogte te bly van verwikkelinge.

Die pampoene word in die volgende kategorieë beoordeel:

Grootste pampoen – R15 000

Grootste pampoen in Gauteng – R3000 Tweede plek – R5000

Derde plek – R3000 Mooiste pampoen Lelikste pampoen

Junior pampoenkweker onder 16 jaar Oorspronklikste pampoen vir versierde pampoene

Grootste ander goentegewasse

Koop nou pitte vir jou wen-pampoen!

2021 Calendar

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Great news for the business fraternity who enjoys to plan for the new year’s business promotions or challenges as soon as possible, is that the Noordwester and North West Newspapers have already begun the marketing and early stages of production of our 2021 calendar!

And our calendar is the one you want to be on, the one actually distributed and used by the majority of Lichtenburg households and businesses. You have the choice of taking a space on our Desk Calendar or on the extremely popular Wall Calander. And if you do not want to make this difficult

choice, take both spaces – we will make it worth your while, we promise.

Because 2020 was a very, very challenging year for us all, we are pleased to announce that there are no increase in tariffs – you will get 2021 at 2019’s price. Contact our marketing team today on 018 – 6326028/9.

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Noordwester bied vanjaar weer die gewilde Matriekafskeidfotokompetisie aan. Vanjaar sal die weninskrywing R1000 kontant as prysgeld ontvang.

Die wenner se skool ontvang boonop ook R1000 en die fotograaf ook R1000.

Matriekleerders word aangespoor om vir die kompetisie in te skryf. Om dit vir leerders bekostigbaar te maak, is daar besluit om nie die inskrywingsfooi te verhoog nie en sal dit vanjaar dus steeds net R60 per foto wees. Inskrywings kan aanlyn gedoen word en deelnemers kan soveel foto’s inskryf as wat hulle wil. Om in te skryf gaan na die volgende skakel: http://bit.ly/noordwmatric2020.

Inskrywings sluit einde Desember 2020 en die wenner sal einde Januarie 2021 aangekondig word. Seuns en meisies is welkom om in te skryf. Vir enige navrae, whatsapp Zandré by 0715334058.

Wen groot met

matriekfoto

(8)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die wenner van 18/9 se blokraai is Bianca

van Wyk van Labellumstr.

Blydeville. Die wenner van Sudoku #580 was Bets van Antwerpen van Cosmos woonstelle, Lichtenburg. Baie

geluk! Haal asb. u pryse af by die Noordwester

se kantoor in Transvaalstraat met

identifikasie van uself.

The Editor,

We as Agrico employees under NUM (National Union of Mineworkers) are in a labour dispute with our employer, Agrico, due to the lack of compliance and the failure to increase salaries since 2017 till date.

We have a problem because management refuse to communicate with us due to the following reasons:

They requested workers to stop association with our selected NUM representative, meaning they deny workers the right to choose any union of their choice. They don’t want to recognize NUM as our Union of choice.

We as workers of Agrico are requesting that Agrico must comply with the main agreement agreed upon with the bargaining councilm which stated that from 2017 – 2019 workers will be given an increase of 6,5%.

The workers have not received any increment of such for those past 3 years!! Our alternative demand is that the employer must give us 18%

increase.

Striking workers of Agrico

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die SAVF Lichtenburg benodig dringend skenkings vir behoeftige gesinne en doen ‘n beroep op die publiek om asb. huishoudelike items wat nie meer gebruik word nie te skenk asook klere van alle groottes, beddegoed, gordyne ensomeer wat u nie meer gebruik nie en wat net plek opneem in die huis.

Daar is baie mense wat dit dringend benodig en u kan ‘n verskil in iemand se lewe maak. U kan dit afgee by Gerrit Maritzstr. 15, Lichtenburg of u kan vir Mirinda skakel by 0769196593 vir meer inligting.

SAVF benodig hulp

Management’s response:

“Agrico fully respects the right to freedom of association, as described in the constitution of South Africa and the Labour relations act (LRA). We respect the right of employees to belong to a union of their choice. But the National Union of Mineworkers (NUM) do not meet the criteria as per LRA to be a representative union in Agrico’s workplace and further does their constitution at this stage not allow them to operate in the metal industries.

Therefore Agrico has chosen not to enter into a recognition agreement with NUM.

The Metal and Engineering Industries Bargaining Council (MEIBC) main agreement has not been agreed to and signed by all parties, and as such, the MEIBC main agreement does not apply in this situation. Agrico did implement an increase in remuneration for all factory personnel during the second half of 2019. Our entry-level remuneration to factory staff is approximately double that prescribed by the national minimum wage.”

The dissatisfied workers of Agrico are

striking piecefully for the past weeks infront

of their workplace

Employees in labour

dispute with Agrico

(9)

23

SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES

DIERE ANIMALS

17

VOERTUIE TE KOOP VEHICLES FOR SALE

15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE

8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION

8

ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE

6

WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET

4 GELD & LENINGS MONEY & LOANS

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

3

BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED

2

BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT

1 PERSOONLIK

PERSONAL

Wenke vir Geklassifi seerde

Advertensies

1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.

2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.

3. Die koste van ‘n geklassifi seerde ad- vertensie is R42,63 vir die eerste 15 woorde, en daarna R1.50 per woord + BTW.

4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.

5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27

“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.

6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.

WARNING

ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:

• Loans and fi nancing

• Hire purchase problems / Transfer of installments

• Business opportunities

• Investments

• The fi lling of envelopes

• Work at home

• Earn extra money

• Business propositions

• Part-time work PROHIBITED:

Use of the following words in abovementioned

advertisements are prohibited:

*No Credit Checks required

*Blacklisted clients welcome

*Free Credit etc.

MUST contain the following information in

the advertisement:

Telephone number Street address Name of person and/or

business.

These are the requirements and NO exceptions will be made.

All advertisements are placed with the approval

of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.

However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they

are doing business.

** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.

** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.

DR MARTINEZ’S Herbalist. 85 years experience. 100% results guaranteed. Special announce- ment to all those who have been crying and losing hope, looking for pure herbs to wipe away all your tears. 2 to 20 years guar- anteed is my challenge, e.g.

bringing back lost lovers within 4 hours, getting married soon, oil for love proposal; 3 hours for pe- nis enlargement, early ejacula- tion & erection problems, boost and binds business, stop smok- ing and drinking; any court case, casino and horses by using Chiwomba Oil. Get rich within 5 hours by using magic sticks and Caribbean water, etc. Phone or whatsapp 083 349 3260.

--- 58894 2/10 TAX personal returns from R350 per return! Accounting TAX Company returns Registrations etc. available. Contact K’s Ac- counting Services for a quote 079 881 3343 ;email info@kac- countings.com or visit us www.

kaccountings.com.

--- WEBSITE 2/10 SARS Personal tax returns from R350 ! Accounting TAX Com- pany returns Registrations etc.

available. Contact K’s Account- ing Services for a quote 079 881 3343 ;email info@kaccountings.

com or visit us www.kaccount- ings.com.

--- WEBSITE 2/10

VLEISVERWERKINGS fasiliteit op Lichtenburg is op soek na vleiswerkers en -pakkers. Spesi- fieke vleis/slag ondervinding sal voordelig wees, maar is nie ‘n voorvereiste nie. Persoon moet woonagtig wees in Lichtenburg.

Stuur CV na cv@myapplication.

co.za. Aansoeke sluit 9 Oktober 2020.

--- 79859 2/10

LIESBET soek skoonmaakwerk.

072 883 0103.

---79863 2/10 LIESBET soek huiswerk/kom- buiswerk. 4 Dae per week. 072 276 6965.

--- 79855 2/10

RONALD soek tuinwerk. 2 Dae per week. 063 743 7069.

--- 79856 2/10 EVA soek huiswerk, was, stryk, ens. 078 276 2768.

--- 79852 2/10 ROSINAH soek skoonmaak werk, was, stryk/kantoor skoon- maak, ens. 078 768 5016.

--- 79851 2/10

3-SLAAPKAMERWOONSTEL te huur. Water en ligte ingesluit.

Geen diere. Onmiddellik beskik- baar. 072 989 3383, 082 759 1055.

--- 79864 2/10 EENSLAAPKAMERWOON- STEL. Beskikbaar in kompleks met 9 woonstelle. Naby AGS Kerk & Laerskool. Geen kinders of diere. Watertenk & krag inges- luit. R2 900 per maand. Dep R1 000. 078 167 8655.

---79858 2/10-9/10 1 X Bachelor - kamer/kom- buishoekie ineen met eie bad- kamer, op 1ste vloer. Huur p.m.

R2 800. Onmiddellik beskikbaar.

Deposito selfde as huur. Elek- troniese hek met kameras. Wa- tertank. Elektrisiteit, riool,vullis, water en M-Net kanaal 101 ingesluit by huur. Geen diere/

kinders toegelaat. Kontak Elize 073 333 3658 of 018 632 3925 kantoor.

---79860 2/10 A/C

BESIGHEIDSPERSEEL, geleë op hoek van Scholtz- en Re- publiekstraat, baie parkeerplek.

R15 000, krag en water inges- luit. Kontak Dorrian Parker 082 450 0944.

---79861 2/10 A/C PAINTBALL gas for sale. Co2 bottle refills and canisters also.

Contact Laure 082 968 7632.

--- WEBSITE 2/10

LICHTENBURG Vakansie-oord.

Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konfer- ensie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs. Tel 018 632 5826. Sel 082 543 3326 --- 79169 24/1-15/1/21

SLAGVARKE beskikbaar @ R40 per kg. Geslag, verfwerk

& verpak. Coligny/Lichtenburg area. Sein is soms swak. Skakel of whatsapp asb. 082 645 6666.

---79773 18/9-9/10 LAPTOP Notebook for Sale.

Good working condition. Com- paq. Comes with carry bag and programs. R3500. Contact Laure 082 968 7632.

--- WEBSITE 2/10 CO2 Gas Refills for Paintball bottles and Canisters.. Contact Laure : 082 968 7632.

--- WEBSITE 2/10

FORD Ranchero 1974. Auto- matic V8 Bakkie. Collectible and Strong work horse. R85 000.

Contact Phil 083 750 8142.

--- WEBSITE 2/10

JONG Kakariki parkiete te koop, 2 geel en 2 groen. Prys op aan- vraag. 082 044 9574.

--- 79857 2/10

G & R Kombuise Inboukaste.

(Sedert 1994). Andries Mareestr.

6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates --- 67327 5/6 AC/TC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teel, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in- en-om die huis. Sel. 073-224- 6708

---42788 10/9 AC/TC SCAFFOLDING: Used, refur- bished, quick-stage scaffolding for sale. Phone Paul @ Eazi- Scaff, 072 116 6119, for quotes.

To collect or deliver from Brits. E mail: [email protected] ---51312 25/9-9/10 PROFESSIONAL chainsaw, tree cutting, site clearance, trimming, also painting & wa- terproofing. Contact Lucas 072 574 8400

--- 79862 2/10-23/10 POOL West. October special. 4 x 3 Pool + 4x3 lapa = R30 000. 5 x 3 Pool + 5 x 3 lapa = R36 000.

6 x 4 Pool + 6 x 4 lapa = R42 000. 8 x 4 Pool + 8 x 4 lapa = R49 000. 083 471 9853.

--- 51313 2/10 GOKARTING, paintball games.

Target shooting. Pedal karts.

Non contact sport. Phoenix Race Track. Situated in Rooi- grond. Book by appointment.

Contact Phil 083 750 8142.

--- WEBSITE 2/10 JUMPING castles repair Servic- es. All shapes and sizes. Contact Laure 082 968 7632. Situated in Rooigrond.

--- WEBSITE 2/10 PAINTBALL Co2 Gas refills.

Refilling of bottles and Canis- ters. Contact Laure: 082 968 7632.

--- WEBSITE 2/10

KENNISGEWING BOEDEL WYLE: JOHANNES LOUIS HENN Identiteitsnommer: 350613 5014 085 Laaste adres: DIE PLAAS DE RUST NOORDWES PROVINSIE. Oorlede: 25 AUGUSTUS 2020 Boedel Nr: 4366/2020 (Mahikeng)Krediteure en Debiteure in bover- melde boedel word hiermee versoek om hulle vordering in te lewer en hulle skulde te betaal by die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. HERMAN DU PLESSIS EN SEUN. GENL. DELAR- EYSTRAAT 28, POSBUS 23 DELAREYVILLE 2770.

--- K1 2/10 KENNISGEWING In die boedel van wyle: DANIEL JOACHIM KOTZE. Boedelnommer: 003691/2020 Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 dae gereken vanaf datum van verskyning van hier- die kennisgewing. JONKER EN VENNOTE Privaatsak X 12038 LI- CHTENBURG 2740. Dr Nelson Mandelarylaan 106 LICHTENBURG 2740.

--- K2 2/10

NOORDWESTER - LICHTENBURG- The police would like to urge members of the community to exercise caution when sharing unconfirmed crime related information on social media platforms.

This warning comes after a video went viral this past weekend which showed an alleged kidnapping incident. After a lot of commotion, the police conducted preliminary investigations which revealed that the video was staged with the aim to cause panic.

As a result of this incident, the Provincial Commissioner of North West, Lieutenant General Kwena is appealing for responsible use of social media platforms and requests users to as far as possible, verify legitimacy of crime related videos and voice notes with the police before forwarding them as some may be found to be untruthful and contributing to the spread of false information. He encouraged the public to report any suspected criminal activity to the police for investigation.

Police concerned about Social Media

Vakatures

Vacancies

Vakatures

Vacancies

Vakatures

Vacancies

(10)

NOORDWESTER – LICHTENBURG – World Heart Day was on 29 September 2020 and we again have to focus on the importance of having a healthy heart and how to achieve it by living and eating healthy. 255 People die from heart diseases every single day, despite the fact that 80% of heart diseases and strokes can be prevented.

Healthy heart matters this world Heart Day

The Covid-19 pandemic has brought many challenges on a global schale. It has affected our health and our livlihoods.

Most people who are at a higher risk of

dying are those already living with underlying health conditions, especially cardiovascular disease, upper respiratory disorders, diabetes and hypertention.

Healthy food choices can positively impact cardiovascular health and immunity in a matter of weeks and along with moderate physical activity, van reduce the risk of heart disease and play a vital role in maintaining an optimal immune response.

Smoking or vaping, drinking too much, diets high in salt and sugar and high cholesterol all contribute to declining heart health, among other influences.

As such, it is advised to not revert to old

unhealthy habits after the pandemic to protect not only your immune system but also your overall heart health.

These habits include lack of physical activity, consuming large amounts of processed foods, alcohol or increasing the number of cigarettes you smoke per day.

Many experts agree that eating the right food is one of the most important steps to a healthy heart.

The nutrients you get from certain foods, like fibre, folic acid, magnesium and omega-3 fatty acids, can not only protect against heart disease but provide added benefits to improve your overall health.

The contact numbers for Biesiesvlei SAPS

are as follow:

• Community Service Centre • - 018 683 8170

• Community Service Centre • - 018 683 8171

• Station Commander • - 082 568 4927

• Visible Policing Commander • - 060 987 7547

• Detective Commander • - 082 373 7254

• Standby Detective • - 082 416 2054

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lesers

en adverteerders kan hul geklassifiseerde advertensies (Small’s), GRATIS in die Noordwester plaas.

Gaan bloot na ons webwerf:

https://www.northwestnewspapers.

co.za/noordwester/ - kies diehofie

“geklassifiseerde advertensies” en volg die stappe om jou advertensie van 30 woorde of minder te plaas – sonder om te betaal! Indien jou advertensie meer as 30 woorde is, betaal jy slegs R1,00 per woord daarna.

Plaas

geklassifiseerde jou advertensies

gratis!

(11)

Dewald Jacobus Pitout (53), is oorlede op 26 September 2020 en sy begrafnis sal op 6 Oktober 2020 om 11:00 plaasvind vanuit die NG Klipkerk. Ds Johan van Zyl sal die diens waarneem en hy sal in die Lichtenburg Begraafplaas te ruste gelê word. Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.

Abel Daniël Petrus Reichel is gebore op 14 Februarie 1956 en is oorlede op 20 September 2020. Sy begrafnisdiens word waargeneem deur ds. M.H.

Pieters vanuit die N.G. Oos Gemeente, Coligny op 2 Oktober 2020 om 11:00.

Eli-Shammah Begrafnisondernemers Coligny is in beheer van die reëlings.

Wanda Conradie is oorlede op 24 September 2020 en word op 3 Oktober om 11:00 vanuit die NG Kerk Biesiesvlei begrawe deur ds. Willem Badenhorst.

Sy sal in die Begraafplaas op die plaas Tweelingspruit begrawe word. Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.

Wouda Louisa Pearson is oorlede op 28 September 2020 (79). Haar begrafnis vind op 10 Oktober 2020 om 12:00 plaas op die plaas Nelskop. Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.

(12)

PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329

Hoërskool Lichtenburg het onlangs ‘n filmspan by die skool ontvang om hul weergawe van die Skole Top 10 op te neem. Die program sal op Maandag, 5 Oktober om 17:30 op kykNetNOU kanaal 146 uitgesaai word. Heruitsendings is Woensdag 19:00, Donderdag 12:30, Vrydag 16:30, Saterdag 18:00 en Sondag 14:00. Moet dit nie misloop nie!

Liggies op Skole Top 10!

Tyd vir son, oefening en fiks word

NOORWESTER – LICHTENBURG – Oktober is die mooiste, mooiste maand en almal begin weer die buitelug geniet na die inperking tydens die Covid-19 pandemie.

Oud en jonk is weer lus vir oefen en fiks word, en die plek om te wees is die Lichtenburg Sportklub.

Die sportklub fasiliteer verskeie sportsoorte, soos draf, swem, fietsry, stap ensomeer.

Die swemgroep begin eersdaags oefen vir die Midmar Myl.

Die klub fasiliteite is geleë agter Hoërskool Lichtenburg en almal is welkom, van die groot sportmanne- en vroue tot die minder fikses onder ons. Die klub bied deur die loop van die jaar verskeie sosiale aktiwiteite aan en sosiale lede is ook welkom. Klublede kom elke Dinsdag om 17:30 bymekaar by die klubhuis. Kom maak nuwe vriende en kry daar 2020 inperking-lywe reg vir die somer.

Almal sien uit na die groot Zebra Zamba byeenkoms wat op 7 November 2020 aangebied word.

Vir meer inligting, of indien u ‘n sportsoort het wat by die klub wil inskakel, kan u die volgende persone by die klub kontak Rees Alberts – 0824976485, Adriaan – 0783251348 of Kassie – 0824274056.

Referensi

Dokumen terkait

Die idee van nuwe strukture wat in toestande ver van ewewig te voorskyn tree, het Prigogine deur ’n tydsoperator op fisiese insluitend chemiese stelsels wiskundig beskryf.. Nou pas hy

Op Orania het hy probeer bewys dat ’n volk- staat ’n werkbare model vir die uitoefening van selfbeskikking deur ’n gemeenskap kan wees deel 3, hoofstuk 2–4.. Verdeeldheid onder die

Malan het die uitslae met intense belan stelling evol , uiter= lik op sy gemak, maar innerlik seker diep espanne.. Toe dit dui= delik word dat hy 'n meerderheid aan kry, het hy van

Hoewel dit met die wedstryd gereen het en die veld baie nat was, het die Maties met 15- 6 gewen -'n prestasie want die sterk klub het op hul toer deur Suid- Afrika verlede jaar onder

" Deur die Britse konneksie word Suid-Afrika - so het hy eredeneer - in 'n minderwaardige posisie geplaas; hy aan aan die leiband van Groot-Brittanje; hy 'ord 'n gedienstig dienaar van

Die meer ervare spelers van Western Reefs het egter voor die einde van die wedstryd nog twee doele behaal om' die ei01dtelling op 4 - 2 te staan te bring.. LEKKER G_ESPEEL Dit was egfur

Elkeen van sy briewe getuig van die respek wat hy vir die ontvanger daarvan het of soos nog ’n aforisme lui: ’n Briefskrywer is die eerste ontvanger van sy brief.. Uit sy brief kan hy –

STELLALANDER-VRYBURG- ‘n Grusame noodlottige ongeluk het Vrydag 14 Januarie by die brug in Markstraat, Vryburg, die lewe van ‘n jong man geneem.. Volgens plaaslike