• Tidak ada hasil yang ditemukan

PDF 1( .2.g-

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "PDF 1( .2.g-"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

~~Ae. __ ~_-='-:-~_~~_~ __ <__ ~ __._._.. /'

1( ~~J ~ 'if.~---r:~~/ .2.G- N. 1?6l?-.

19 ,T / 7~

-

If

-

III

-

-- v

.. ,

~

- If

- ---- '/I ).

(2)

l ~ \ Deur die Rektor van die Universiteit van Stellenbosch}

VERKLARING

TI

In die jongste tyd is daar dikwels melding gemaak van die gewel- dige groei wat die Universiteit van Stellenbosch binne enkele jare getoon het. Hierdie groei was inderdaad fenomenaal as ons daaraan dink dat, teenoor die ongeveer 2,100 studente wat m 1953 aan die Universuen mge- skryf was, daar verlede jaar byna 6, S{JO was en dat daar nou alle aandui- dings bestaan dat hierdie syfer vanjaar nog -n hele paar honderd hoër sal wees. Hierby moet in aanmerking geneem word dat ons jaarliks -n groot getal voornemende studente nie kan aanneem nie, sodat, as ons die nodige ruimte gehad het, die getal in werklikheid vandag nog veel hoër sou gewees het.

Hierdie feite gee aanleiding daartoe dat sommige mense meen dat die Universiteit te "groot" geword het, dat Stellenbosch, as dorp, "oor- laai" word en dat die studente vir- -n "woningnood" op Stellenbosch verant- woordelik is.

Daar moet natuurlik onthou word dat die Universiteit van Stellen- bosch met sy elf fakulteite - naas die Universiteit van Pretoria - onder

Suid- Afrikaanse universiteite vandag oor die grootste aantal fakulteite be- skik, en dat hy uit die aard van die saak in -n groot verskeidenheid van landsbehoeftes voorsien en dus -n groot studentetal sal hê.

Of Stellenbosch "oorlaai" word, en of die studente -n groot

"woningnood" veroorsaak, is egter -n ander vraag. Daar is wel vandag universiteitsdorpe en -stede, soos bv. Tiibingen en Heide lbe r-g, wat op -n klein oppervlakte -n heelwat groter studentetal hanteer as Stellenbosch.

Maar dit neem nie weg nie dat ons teen die gevaar van oorlading van ons dorp moet waak. Dit is om hierdie rede dat die Universiteitsraad bv. ge- durende die afgelope vyf jaar -n hele aantal koshuise opgerig het, feitlik -n nuwe Universiteitskampus op Vorentoe en die sg. ou Gholfbaan ingerig het, en ook sportfasiliteite vir die studente meer as verdubbel het. Die

aanvaarde/ .

(3)

,"

- 2 -

aanvaarde beleid is daarop bereken om die Universiteitsterreine meer noord- waarts en noordooswaarts van die middedorp uit te brei, d. w . s0 weg van die digbevolkte ou deel af. Hiervan getuig die oprigting van die Paul Sauer- gebou vir Bosbou, wat reeds op die ou Gholfbaan staan, en die nuwe geboue- kompleks van die Fakulteit van Ingenieurswese wat tans daar gebou word.

In dieselfde lOgmoet die groot nuwe Instituut vir Hidromeganika gesien w rd, wat die W. N . N . R. binnekort op -n deel van die Universiteitsgrond op

Vorentoe saloprig.

Om oorlading van ons dorp te help voorkom, het die Universiteit, soos uit die voorgaande opgemerk sal word, reeds -n sekere mate van desen- tralisasie bewerkstellig, en dit is belangrik om te weet dat hierdie desentra- lisasie ook reeds veel verder gegaan het as wat pas vermeld is. Die Fakul- teit van Geneeskunde het ongeveer 350 studente in Bellville; die Buitemuurse Afdeling van die Fakulteit van Handel en Administrasie, met 350 studente, is eweneens in Bellville, en die Fakulteit van Krygskunde, met 150 studente, in Saldanha. Dit gee ons reeds -n totaal van ongeveer 850 studente, wat nie op die dorp Stellenbosch self woon en studeer nie. Owerigens is daar

~450 studente wat van omliggende plekke na die Universiteit reis en dus, wat woningbehoeftes op Stellenbosch betref, geen eise stel nie; en dan is daar ook die 300-tal studente wat wel aan die Universiteit geregistreer is, maar vanweë die aard van hulle gevorderde navorsingswerk vir M- en Dr. -grade nie op Stellenbosch woon nie. Ten slotte is daar omtrent 200 studente wat in hulle ouerhuise op Stellenbosch woon, en dus nie tot "oorlading" bydra nie. Hieruit blyk dat Stellenbosch, d.w.s. Universiteitsowerheid en

private mense, dus in werklikheid verlede jaar nie vir 6,900 studente ruimte moes vind nie, maar vir 1,800 minder, dus vir omtrent 5,100. En van hierdie 5,100 huisves die Universiteit self ongeveer 3,500 in koshuise, so- dat -n totaal van 1,600 oorbly vir wie huisvesting in private huise gevind moet word. Die woningnood op Stellenbosch is dus nie in so -n hoë mate aan die aanwesigheid van die studente toe te skryf, soos dikwels maklik beweer word nie.

Daar/ 0

(4)

- 3 -

Daar kan m.i. geen twyfeloor bestaan nie dat die Universiteit van Stellenbosch in die komende jare nog heelwat meer studente sal moet neem as wat hy tans het, d. w . s. indien hy -n gesonde groei wil handhaaf en ons land op daadwerklike en vrugbare wyse wil dien, soos hy in die verlede ge- doen het. Ons salons daarvoor moet klaarmaak om binne enkele jare

waarskynlik sowat 10,000 studente te hê. Du beteken nie soseer dat ons Stellenbosch, as dorp, meer sal belaai nie, maar dit beteken veral dat ons op gesonde, dinamiese wyse op ons nuwe Universiteitsterreine of kampusse sal moet desentraliseer.

Ons nuwe geneeskundige kompleks in Tiervlei , waar die bouwerk inderdaad reeds begin het en waar die groot nuwe opleidingshospitaal, wat die Provinsiale Administrasie tot beskikking van die Universiteit stel, nou reeds ver gevorder is, sal, as ál die studente in die Geneeskunde en die paramediese dienste soos Verpleegkunde, Fisioterapie en Arbeidsterapie saamgetel word, eventueel waarskynlik vir sowat 1,600 studente voorsiening moet maak; ons Fakulteit van Tandheelkunde, waarvoor die geboue ook in Tiervlei opgerig sal word en waarvoor die eerste professor en hoof binnekort aangestel sal word, sal ::180 studente hê, en ons Buitemuurse Afdeling vir Handel en Administrasie in Bellville sal seker tot minstens 600 aang r-oei;

en daar is sprake dat die Fakulteit van Krygskunde by Saldanha ook meer studente sal moet neem. As ons al sulke toenames, wat in die lig van ons landsomstandighede glad nie buitensporig is nie, in aanmerking neem, en slegs maar -n geringe toename op die tradisionele ou kampus op Stellenbosch in aanmerking neem, dan is ons al klaar in die buurt van -n groottotaal van 10,000 studente.

M.i. sal die Universiteit van Stellenbosch nie mag terugdeins vir hierdie groot uitdaging waarvoor hy te staan gekom het nie. Hy sal die pro- bleme, wat ongetwyfeld daaruit gaan voortvloei, met insig, toewyding en be- slistheid moet aanpak, en hy saloplossings daarvoor moet soek en moet vind. Slegs só sal hy sy plig teenoor Suid-Afrika doen, en sal hy -n waar- dige deel kan bydra tot die gesonde uitwaartse beweging wat ons almal van- dag van harte begeer.

H. B. THOM, REKTOR Stellenbosch,

28 Februarie 1968.

Referensi

Dokumen terkait

.,dat julie naby jul dood sal wees." Dadelik het een van die Boereseuns geantwoord: ,Dis net waar ons wil wees" VLAl\IME INGEWAG Langs 'n voetpaadjie het die groep, onder Ieiding van

Die aanslag van die Nieu-Marxiste op Suid-Afrikaanse historiografi e het tot gevolg gehad dat stede se geskiedenis aandag begin geniet het, maar die klem is hoofsaaklik op die twee

Nuwe aankomellnge kry 'n eerste voorsmaak van wat die volgende, twee jaar op hulle wag Verlengde diensplig - 1977 Die aanvanklike dienspligtydperk tot 1977 het bestaan uit 'n

Die volgende hedendaagse tendense wat in die BRICS-lande na vore gekom het, kan as voorbeelde geneem word wat die onderwysbeheer van ʼn onderwysstelsel tot voordeel kan strek: eerstens,

Ten spyte van die omvang van die boek sou ’n baie kort saaklike inleiding tot elke tema deur die redakteurs die leser die geleentheid gebied het om te begryp waar en hoe die onderskeie

Die huis waar ek woon my huis het tien vensters twee deure wat honger hande na die wêreld reik en binne woon daar twee verbanne geeste wat saam die dag en die nag tot ’n bitter

Ek het hierdie biografie, wat in werklikheid 'n besonder goeie beeld van die Nederlandse kultuur en maat- skaplike toestande en verhoudings van voor die Eerste Wereldoorlog tot die

Hy het egter die versekering gegee dat, as die nuwe Nasionale Onderwysraad in die lewe geroep is en met By werksaamhede begin het, hierdie raad as een van sy eerste take sou hê 'n