IN DIE KONSTITUSIONELE HOF VAN SUID - AFRIKA
SAAKNOMMER:
In die aangeleentheid van:
BRUMMER, PAULUS PHILLIPUS APPLIKANT EN
GORFIL BROTHERS INVESTMENTS (PTY) LTD EERSTE RESPONDENT EN
BOEDEL WYLE SOLLY GORFIL TWEEDE RESPONDENT EN
DAVID GORFIL DERDE RESPONDENT EN
NYLSTROOM HOTEL C C VIERDE RESPONDENT
KENNISGEWING VAN MOSIE
NEEM KENNIS dat die applikant hierby ingevolge reël 20 van die agbare hof saamgelees met reël 31 daarvan aansoek doen om:
1. Verlof om te appelleer teen die uitspraak van die hoogste hof van appèl,gelewer op 5 Maart 1999 en soos aangeheg by die stukke; en
2. om verskoon te word van sy versuim om binne die dies voorgeskryf in reël 20 van die agbare hof hierdie aansoek te bring.
3. Applikant vra koste teen die respondente, slegs indien hulle sy aansoeke sou opponeer.
Applikant sal steun op die eedsverklaring van PAULUS PHILLIPUS BRUMMER en die aanhangsels daartoe, hierby aangeheg.
- 2 -
GELIEWE DIE AANSOEK DIENOOREENKOMSTIG VOOR DIE AGBARE HOF IN KAMERS TE PLAAS EN DIE GRIFFIER VAN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL HIERVAN IN KENNIS TE STEL.
GETEKEN te PRETORIA hierdie 29ste dag van OKTOBER 1999.
TOBIAS JOHANNES LUBBE LUBBE EN ROETS
PROKUREURS VIR APPLIKANT p/a SMIT HAUPTFLEISCH
NORTH STATE GEBOU EERSTE VLOER MARKSTRAAT 95
h/v KRUISSTRAAT JOHANNESBURG
VERW. MNR JACO ERASMUS TEL: (011) 333 8541 FAKS: (011) 333 6807
AAN: DIE GRIFFIER VAN DIE KONSTITUSIONELE HOF PRIVAATSAK X 32
BRAAMFONTEIN 2017
EN AAN:HOFMEYR, HERBSTEINS GIHWALA EN CLUVER INGELYF PROKUREURS VIR 1STE, 2DE, 3DE EN 4DE RESPONDENTE SANDOWN VALLEY CRESCENT 6
SANDOWN, SANDTON TEL: (011) 286-1100 FAKS: (011) 286-1264
EN AAN:DIE GRIFFIER VAN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL h/v ELIZABETH EN PRESIDENT BRANDSTRATE
BLOEMFONTEIN
EN AAN:DIE REGTERLIKE DIENSKOMMISSIE BLOEMFONTEIN
EN AAN:DIE LANDDROSKOMMISSIE SAAMBOUGEBOU KERKPLEIN PRETORIA
EN AAN:DIE MENSEREGTEKOMMISSIE INGANG 1, WILDSVIEW ISLE OF HOUGHTON BOUNDARYWEG PARKTOWN JOHANNESBURG
EN AAN:DIE OORKOEPELENDE VERENIGING VAN PROKUREURSORDES VAN SUID~ AFRIKA
POSBUS 2142
SAXONWOLD
2132
EN AAN: DIE REGSLUI VIR MENSEREGTE DEMOKRATIESE SENTRUM VISAGIESTRAAT 367
PRETORIA
EN AAN:DIE REGSHULPRAAD
SUNNYSIDE
PRETORIA
(VIR AANDAG: ADV. TRUDIE JORDAAN)
IN DIE KONSTITUSIONELE HOF VAN SUID-AFRIKA
SAAKNOMMER:
In die saak tussen:
PAULUS PHILLIPUS BRUMMER APPLIKANT EN
GORFIL BROTHERS INVESTMENTS (PTY) LTD EERSTE RESPONDENT EN
SOLLY GORFIL TWEEDE RESPONDENT
EN
DAVID GORFIL DERDE RESPONDENT
EN
NYLSTROOM HOTEL C C VIERDE RESPONDENT
BEëDIGDE VERKLARING
Ek, die ondergetekende,
PAULUS PHILLIPUS BRUMMER verklaar hiermee onder eed as volg:
1.1 U applikant is 'n meerderjarige manspersoon, 'N bouer en voorheen 'n sakeman van beroep, woonagtig te Baldurweg 2, VALHALLA, PRETORIA.
1.2 Ek dra persoonlik kennis van die aangeleenthede in hierdie verklaring vermeld, tensy anders aangedui en anders gesubstansieer.
1.3 Ek is die applikant hierin en tree op met regshulp.
1.3.1 Wat die huidige aansoek aanbetref, word die agbare hof verwys na
aanhangsel "BI' en veralbylae PPB1 en TL4 daartoe. Na lang getalm en vertraging is opdrag aan u applikant se prokureurs uitgereik op 19 deser.
1.3.2 Dit blyk egter dat nou daarop teruggekrabbel word, omrede `n beleidsbesluit deur die Regs-
hulpraad geneem sou gewees het om in beginsel en deur die bank regshulp te weier in enige aansoek na die agbare hof en dat die opdrag wat wél
uitgereik is, slegs betrekking het op die verhaal van koste vir die gesukkel tot dusver van u
applikant se regsverteenwoordigers om magtiging te verkry om hierdie aansoek te mag loods en beperk tot slegs datum 30 Augustus 1999.
Volkome duidelikheid bestaan hieromtrent egter nog nie. U Applikant is besig om dit met die voorsitter van die Raad direk op te neem.
1.3.4 U applikant voer aan dat indien dit sou blyk dat die Regshulpraad met die beleidsbesluit hierbo na
verwys sou volhard, sou so In besluit wél geneem gewees het, en indien regshulp om daardie rede teruggetrek sou word, dit neerkom op In ongrond wetlike optrede wat in terme van artikel 2 van die grondwet nietig, en om daardie rede gerieflik en direk deur die agbare hof hersienbaar sou wees as deel van hierdie aansoek in terme van afdeling VIII van die reëls van die agbare Hof, as synde in die belang van geregtigheid.
1.3.5 U applikant behou hom die reg voor, en versoek in so 'n geval eerbiediglik die 'vergunning, om
hierdie stukke dienooreenkomstig uit te brei, afhangende van die uiteindelike uitslag van onderhandelings tans in proses en indien nodig die agbare Hof te nader in terme van reël 4 (5) van die hof.
1.3.6 U applikant word egter adviseer om hierdie aan- soek nie langer agterweë te hou nie, vanweë die
Regshulpraad se optredes, veral met die oog op die verskoning wat u applikant van die agbare Hof moet verkry omrede hy met sy aansoek buitenstyd is.
Omdat uit die aard van die saak die Regshulpraad in eie reg 'n belanghebbende party tot die
verrigtinge geword het, word ook aan hulle formeel hiervan kennis gegee, indien hulle sou verkies om hiertoe toe te tree.
2.
2.1 Die eerste respondent is GORFIL BROTHERS INVESTMENTS (PTY) LTD, 'n maatskappy met aandele geinkorporeer as sulks
ingevolge statuut, met geregistreerde adres te lste vloer, Willow Grove", Louis Bothalaan 196, HOUGHTON, JOHANNESBURG.
2.2 Die tweede respondent was SOLLY GORFIL, 'n meerderjarige man en 'n maatskappydirekteur van beroep, voorheen van Carlton Towers 4917,
Commissionerstraat, JOHANNESBURG; tans oorlede en verteenwoordig hierin deur die
eksekuteur van sy bestorwe boedel, via mnre Hofmeyr, Herbsteins, Gihwala en Cluver Ingelyf.
2.3 Die derde respondent is DAVID GORFIL, 'n meerderjarige manspersoon en sakeman van beroep, eweneens van Carlton Towers 4917, Commissionerstraat, JOHANNESBURG.
2.4 Die vierde respondent is NYLSTROOM HOTEL C C, 'n beslote korporasie, en voorheen 'n maatskappy met aandele, behoorlik geinkorporteer kragtens statuut, met geregistreerde hoofkantoor te lste vloer, 11 Willow Grove", Louis Bothalaan 196, HOUGHTON, JOHANNESBURG.
2.5 In al die bogemelde gevalle is die prokureursfirma Hofmeyr, Herbsteins Gihwala & Cluver Ing. die prokureurs van rekord en vir
betekeningsdoeleides die gevolmagtigde verteenwoordigers van al die respondente.
2.6 Die balju van Pretoria-Suid, in sy hoedanigheid as sulks was gedagvaar in die hof van eerste instansie as die vierde verweerder en die bevel van
tersydestelling was spesifiek teen hom en die huidige eerste respondent (ook die eerste verweerder in die hof van eerste instansie) gerig. Die balju het egter nie as 'n party tot die verrigtinge toegetree nie en is uit hoofde daarvan nie betrokke by die aansoek om verlof tot appèl wat tans aangevra word nie, ofskoon die uiteindelike bevel van die agbare hof ook op hom bindend sal wees.
3.
3.1 Ek doen hierby ingevolge reël 20 van die agbare hof aansoek om spesiale verlof om te mag appelleer na hierdie hof teen die uitspraak van die hoogste hof van appèl ("die hof a quo") gelewer hierin op 5 Maart 1999, op 'n
konstitusionele punt van beswaar, soos hieronder meer breedvoerig uiteengesit.
3.2 U applikant nader die agbare hof hierin met beroep op artikel 7 van die interim-grondwet, alternatiewelik artikel 38 van die huidige grondwet, deurdat 'n fundamentele reg waarop hy aanspraak het, geskend is, soos hieronder
uiteengesit en dat hy geregtig is om 'n regstelling van die agbare hof af te smeek. U applikant beroep hom hiervoor op die saak van
Gerber v Kommissie vir Waarheid en Versoening 1998. 2. SA 559 (T) te 569 B - E
as 'n korrekte uiteensetting van sy reg om te enige tyd so te mag doen, behoudens die verskoning vir die nie~tydige nakoming van die reëls van die agbare hof, wat die agbare hof in limine gevra word om te verleen.
3.3 In u applikant se geval was daar feitlike- en regsaspekte betrokke van 'n nie-grondwetlike aard. Voorafgaande tot hierdie aansoek is al u applikant se beskikbare alternatiewe remedies behoorlik uitgeput en bly daar geen ander uitweg oor as om die agbare hof te nader vir die regshulp wat hierin aangevra word nie.
3.4 Die besondere uitsprake van die lede van die hof a quo (drie teen en twee ten gunste van my) word hierby aangeheg as aanhangsel "Al'.
3.5 Die uitsprake is ook gerapporteer in die Suid-Afrikaanse hofverslae as Brummer v Gorfil Bros Investments (Pty) Ltd
en Andere 1999 . 3 SA 389 (HHA)
en die agbare hof word met eerbied daarna verwys. U applikant vind dit geriefliker, vir soverre dit nodig is, om die gerapporteerde uitsprake hierin te kwoteer.
3.6 Die uitspraak van die hof van eerste instansie, waarteen die appèl in die eerste plek gerig is, is eweneens gerapporteer as
Brummer v Gorfil Bros Investments (Pty) Ltd en Andere 1997 . 2 . SA 411 (T).
Die aqbare hof word eerbiediglik ook daarna verwvs.
4.
4.1 Die geskilpunt waaroor dit gaan in die onderhawige saak word kernagtig op 398 B van die gerapporteerde uitspraak
van die hof a quo deur Streicher as soos volg geformuleer: "Die wesenlike vraag wat in hierdie appèl beslis moet word is of In eksekusieverkoping wat gehou word om In skuldenaar se reg, titel en belang in 'n aksie te bekom ten einde die litigasie te beëindig, en nie om die onderliggende vonniskuld te verhaal of gedeeltelik te verhaal nie, regsgeldig is en of dit teen die openbare belang is en tersyde gestel kan word.
4.1.1 Die aanvanklike aksie waarvan hier sprake is, en waarin u applikant se "reg, titel en belang" in
eksekusie verkoop is, het betrekking op 'n eis vir skadevergoeding wat u applikant teen die vierde respondent en andere ingestel het in die Transvaalse provinsiale afdeling in 1987 onder saaknommer 21055/87 en wat tans nog hangende is voor Swart r, nadat dit op 26 September 1991 sine die uitgestel is midde-in die loop van die
verhoor en midde-in die kruisverhoor van 'n getuie van die vierde respondent tans en die enigste verweerder in die saak op die tydstip van uitstel (hierna na verwys as "die aanvanklike aksie").
4.1.2 Vir die feitlike omstandighede wat aanleiding gegee het tot die eksekusieverkoping, sien die
8
uiteensetting van Streicher ar op 398 C - G van die gerapporteerde uitspraak van die hof a quo, en soos aangevul deur die applikant se verduideliking in
aanhangsel "B" ter ondersteuning van sy aansoek om verskoon te word vir die laatindiening hiervan.
4.2 Aksie vir die tersydestelling van die besondere eksekusie verkoping is per langdagvaarding ingestel op 24 April 1995 onder saaknommer 8326/95 in die Transvaalse provinsiale
afdeling van die hooggeregshof. Uit hoofde hiervan maak
u applikant daarop aanspraak dat vir grondwetlike doeleindes sy saak beoordeel moet word ingevolge die bepalings van
die interim-grondwet, 20.0 van 1993, en beroep hom
hiervoor op item 17 van die 6de bylaag van die huidige konstitusie.
4.3 U applikant se saak is dat, toegepas op die feite, artikel 22 van die interim-grondwet, en soos later herhaal in artikel 34 van die huidige grondwet, die toepaslike regsnorm uiteensit wat direk aangewend moes gewees het in beide die hof van eerste instansie en die hof a quo by die beoordeling van u applikant se saak en dat, vir sover dit
nodig was, die gemene reg aangepas en ontwikkel moes gewees het om met die bedoelde grondwetlike regsnorm ooreen te stem. In u applikant se submissie is sy gewaar borgde fundamentele reg om sy beregbare geskil met die - 9 -
vierde respondent deur die toepassing van die reg te laat beslis voor 'n hof in 'n billike openbare verhoor, deur die respondente frustreer op 'n onregmatige en 'n ongrondwetlike wyse deur hulle optrede om in samespanning met mekaar u
applikant se "reg, titel en belang" daarin in eksekusie te laat verkoop, dit self in te koop en daarna u applikant se prokureur opdrag te gee om die litigasie te staak.
Sien ter bevestiging ook die uiteensetting van die feite te 413 B - F in die gerapporteerde uitspraak van Spoelstra in die hof van eerste instansie, soos hierbo gesiteer, vernaamlik die volledige inhoud van die brief wat tweede en derde respondente se prokureurs aan die balju geskryf het, ten effekte dat die voorneme is om die reg, titel en belang van u applikant self op die
eksekusieveiling in te koop "om sodoende die aksie tot niet te maak".
4.4 Alternatiewelik doen u applikant eerbiediglik aan die hand dat die huidige grondwet en ook artikel 34 daarvan van toepassing mag wees, omdat dit, soos voorgeskryf in item 17 van die 6de bylaag, in die belang van geregtigheid is dat die regsnorm in artikel 34 uiteengesit toepassing vind in u applikant se geval, en vir die redes van openbare belang en goeie regsbeleid, soos uiteengesit deur Streicher ar in sy voormelde uitspraak in die hof a quo. Omdat die
- 10 -
huidige grondwet meer uitgebreid is in sy beskerming van individuele regte, sou dit gerieflik en dienstiger wees
om daarna te kon verwys. Dit sal egter geen praktiese verskil maak in terme van welke van artikels 22 en 24 voormeld u applikant se saak oorweeg word nie.
4.4.1 Egter word aan die hand gegee dat, wanneer dit kom by die aanpassing van die gemene reg, die tans geldende grondwet tans toonaangewend behoort te wees.
Sien die opmerkings van Friedman rp in Bafokeng Tribe v Impala Platinum Ltd and Others 1999. 3. SA 517 (BHH) te 563 H - 564 C.
4.5 Verder in die alternatief tot u applikant se betoog dat artikel 22 van die interim-grondwet direkte toepassing moet vind, voer u applikant aan dat die hof van eerste instansie, en so ook die hof a quo, die gemene reg soos deur hulle verstaan, en vernaamlik die beslissingsreg, moes aangepas en ontwikkel het by indirekte toepassing van artikel 22 van die interim~grondwet, om dit in
ooreenstemming te bring met die gees, strekking en oogmerke van die bestaande grondwetlike bedeling. Veral hierdie aspek is beklemtoon voor die howe benede.
Aangevoer is dat die respondente se optredes gemeet aan die kategorieë van die gemene reg neerkom op 'n misbruik van die reg en as contra bonos mores aangemerk moes word.
4.6 As synde die hoogste reg moes die norm van artikel 22 van die grondwet gebiedend toepassing gevind het op enige van die alternatiewe wyses hierbo aangedui, wat nie gebeur het nie.
Sien in die verband Concorde Plastics (Pty) Ltd v Numsa 1997. 11. BCLR 1624 (LAC) te 1642.
4.7 Die hof van eerste instansie het op stadium van verlof om te appelleer uitdruklik en verkeerdelik bevind dat die nuwe grondwetlike bedeling nie van toepassing is op u applikant se geval nie.
Sien te 2: 3 - 9 van die getikte uitspraak ter afwysing van die aansoek van verlof tot appèl, hierby aangeheg as aanhangsel A 1.
4.7.1 Die oorweging daarby was in alle waarskynlikheid dat die oorspronklike hangende saak waaruit die
"reg, titel en belang" wat verkoop was, en wat tans nog hangende is, dateer van die jaar 1987.
U applikant sé s6 In siening sou verkeerd wees, omdat die rauw aktie waarop die uitspraak waar teen appelleer word, betrekking het, dateer van 1995, en in eie reg beoordeel moet word as 'n selfstandig hangende saak uit die latere era, en nie as 'n interlokutêre aanhangsel van die
vroeëre eweneens nog hangende saak van 1987 beskou moet word nie, soos die hof van eerste instansie dit moontlik kon gesien het.
-12 -
4.8 Voor die hof a quo is die bevinding van die hof van eerste instansie dat die grondwet nie van toepassing is nie, aangevoer as 'n grond van appèl,
(Sien par. 6 van die gronde van appèl weergegee in aanhangsel A2 hiertoe)
maar die agbare regters van appèl het dit nie nodig geag vir die doeleindes van hulle uitsprake om daarna te verwys nie, ofskoon dit uitvoerig gedek word in u applikant se hoofde in daardie hof. Die saak is deur die meerderheid van die regters in die hof a quo beslis uitsluitlik op 'n uitleg van die strekking van die gemene reg, oënskynlik ook op die grondslag dat die grondwet nie van
toepassing is nie.
5.
5.1 Ingevolge die konklusie waartoe Streicher ar gekom het oor die posisie in die gemene reg was dit nie nodig vir hom en
vir die agbare waarnemende appèlregter Ngoepe wat met hom saamgestem het, om die grondwetlike aspek van u applikant se appèlgronde te oorweeg nie;
kyk: Gardener v Whitaker 1996 .4.
SA 337 (KH) 346 D
5.2 maar Nienaber ar en die agbare regters wat met sy uitspraak saamgestem het, moes; siende dat die applikant die punt van die aanpassing en ontwikkeling van die gemene reg om dit in
- 13 -
ooreenstemming te bring met die norm voorgeskryf in die grondwet, pertinent geopper het en siende die duidelike verskil tussen die siening van die
meerderheid van die hof en die voorskrif van beide artikels 22 van die interim- en 34 van die huidige grondwet.
5.3 Artikel 98(3), gelees saam met 101(3)van die interimgrondwet is nie In beletsel hierteen nie, en veral nie wat
betref die aanpassing en ontwikkeling van die gemene reg nie.
Sien: Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996. 3. SA 850 (KH) 887 E - 888 A. Gardener supra 347 D - G.
5.4 Die nodigheid vir die grondwetlike appèl ontstaan, deurdat dit nie gebeur het nie.
6.
6.1 Uit 'n oogpunt van regsbeleid is dit 'n ongesonde en onhoudbare situasie dat huidiglik, selfs in 'n hangende saak uit die voorgrondwetlike era, 'n regsnorm in stand gehou word wat fundamenteel bots met die gees, strekking en oogmerke van die tans heersende regsorde.
Kyk: Gardener supra se saak te 341 F.
6.2 U applikant herhaal en beklemtoon dat, selfs al sou sy saak beoordeel moet word as 'n geval wat dateer van voor die
- 14 -
totstandkoming van die nuwe grondwetlike bedeling, dit in die belang van
geregtigheid is dat dit bereg word volgens die grondwetlike norm, met beroep op die uitspraak van die hoogste hof van appèl self in die saak van
Scotnes v S A Library 1997 . 2. SA 770 (HHA) te 777 G - H.
7.
7.1 Wat die billikheid van die geval aanbetref, is dit
"(ultimately the task of the court to pass a moral or value judgment,") soos gestel deur Nestadt ar in die saak van
NUM v Free State Consolidated Gold Mines Ltd 1996 . 1 . SA 422 (A) te 446 F - I.
7.2 Uit 'n oogpunt van morele waarderingsoordeel beskou, het die meerderheid van die agbare lede van die hoogste hof van
appèl die verkeerde keuse gedoen tussen die twee morale van die teenoorstaande partye.
7.3 Die hoër morele norm in die bepaalde omstandighede is dié soos vervat in artikel 22 van die interim-grondwet. Hobbes het al daarop gewys dat die moraal verdeel in twee kategorië wat bipolêr in verhouding tot mekaar staan: wat goed is vir my en wat goed is vir my teenparty, is twee verskillende teenoorstaande dinge. Sien in meer besonder-
- 15 -
hede hieroor
A C Leemann, Biologische Volksordnung
143 - 150.
7.3.1 Die tersaaklike passasie word vir die gerief van die agbare hof net soos in die geval van die hof
a quo aan die einde van die aansoekstukke aangeheg, as aanhangsel XYZ.
7.3.2 In Leemann word die twee morale raak beskrywe as
"eiemoraal" teenoor "naastemoraal".
7.4 Dié twee moes holiseer gewees het, in die sin wat Smuts dit bedoel in sy baanbrekerswerk oor die Holisme, ten gunste van u applikant.
7.5 Aan die hand word gegee dat eers ná afhandeling van u applikant se saak teen die vierde respondent in die 1987 saak (die aanvanklike aksie) behoort, in
billikheid en reg, die tweede en die derde respondente se eise aan die beurt te kom; en ten beste vir die eerste en die tweede respondente as u applikant dan wél slaag in sy eis, waarna hy in fondse sal wees om die koste te kan betaal.
7.6 Dit is in die verbeurding van hierdie moontlikheid dat die angel van u applikant se versoek om verlof tot appèl steek.
- 16 -
8.
8.1 Die verdere koste om die aanvanklike aksie, wat reeds driekwart afgehandel is, te voltooi, kan tog nie so 'n groot oorweging wees om u applikant sy reg te ontsê, net omdat hy 'n "strooipop" sou wees en omdat hy op regshulp ageer nie.
8.2 U applikant is 'n "strooipop", op sy saak, deur die onregmatige toedoen van die vierde respondent. Minstens prima facie, aldus Swart r beslis het in die aanvanklike verhoor, het u applikant 'n saak hiervoor uitgemaak, deurdat die vierde respondent se aansoek om absolusie afgewys is en dientengevolge behoort die geding enduit bereg te kan word.
8.3 Vir die verwysing na u applikant as 'n "strooipop", omdat hy op regshulp ageer, sien op 413 A - B in die gerapporteerde uitspraak van die hof van eerste instansie. Hierdie tipering van u applikant vis-a-vis die respondente is
grondliggend tot die benadering van die hof van eerste instansie en die
meerderheid van die hof a quo, dat die respondente se reg moet voorkeur kry om selfs op 'n ekstrajudisiële manier van so 'n opponent te mag ontslae raak, op die morele grondslag dat eise deur sulke eisers kwelsugtig is.
8.3.1 Volgens Nienaber ar is dit skynbaar voldoende dat die respondente maar net subjektief glo dat die optrede van u applikant kwelsugtig was, om so 'n werkwyse te regverdig.
- 17 -
Sien op 417 J tot 418 A in die uitspraak van die hof a quo.
8.4 Die motief om van 'n kwelsugtige eis ontslae te probeer kom waarmee 'n party bedreig word, deur (die regulêre) gebruikmaking van 'n statutêre
prosedure, is seker nie, soos Nienaber ar sê op 417 H, 'n afkeurenswaardige of onbehoorlike oogmerk per se nie, maar dan, ten minste, behoort, eerstens, en toepaslike prosedure gevolg te word en tweedens moet 'n hof kan besluit oor die objektiewe vraag of die eis inderdaad kwelsugtig is.
Sien Beinash and Another v Ernst & Young and Others 1999. 2. SA 116 (KH) 123 D - 124 G.
8.5 As, prima facie beoordeel, die eis meriete het, en as met die bring daarvan daar nie blyke van mala fides is nie, kan daar nie sprake wees van kwelsugtigheid nie.
8.5.1 Gesien die hoë premie waarteen die reg van
toegang tot 'n hof vir die verhoor en beslissing van beregbare sake aangeslaan word
(Sien te 123 D in Beinash) moes minstens hierdie
criteria soos in Beinash uiteengesit van toepassing
gewees het.
8.6 Die bevinding van die meerderheid van die hof dat die respondente bloot subjektief hoef te geglo het dat u applikant kwelsugtig is
- 18 -
(sien te 417 1 - 418 A) en dan nog boonop die eksekusieprosedure kan gebruik om buite die hof om 'n eiser se reg soos vervat in artikel 22 van die interim-grondwet te ontdoen, is ongrondwetlik, benewens gemeenregtlik verkeerd en alternatiewelik nie 'n korrekte ontwikkeling van die gemene reg in terme van die grondwetlike voorskrif nie.
8.7 Op die stukke voor die hof a quo is daar m a a r g e e n grondslag daarvoor dat u applikant kwelsugtig was nie en bloot s6 In geloof kan nie gebillik ten gunste van die respondente aangeneem en regtens erkenning gegee word nie.
8.8 Soos Streicher a r tereg aantoon, selfs al was daar kwel-
sugtigheid, is die korrekte prosesregtelike remedies dan tot die vierde
respondent se beskikking; en kan 'n party nie die soort wanaanwending van eksekusieprosedure as wat die respondente hier uitvoer, gebruik nie.
Sien regter Streicher se kritiek van die repondente te 408 D - E van sy uitspraak.
8.9 Belangriker nog, soos die agbare regter verder tap tereg aantoon, stel dit die regsadministrasie in 'n swak lig, benewens dat dit onbillik teen u applikant werk.
- 19 - 9.
9.1 U applikant voer aan dat dit dienstig en aangewese is, met inagneming van die belang van geregtigheid en die bevordering van regsbeleid in ooreenstemming met die riglyne van artikel 35(3) van die interim-grondwet, dat die agbare hof hier ingryp om sy eie proses te beskerm, te reël en die gemene reg te ontwikkel.
Cf. in dié verband ook die voorskrif van artikel 173 van die huidige grondwet.
9.2 Dit is kwalik denkbaar dat in 'n gesofistikeerde regstelsel 'n party toegelaat kan word om die hof se jurisdiksie oor
regsgedinge hangende voor hom uit te skakel op die wyse wat die respondente dit probeer doen.
9.3 op die billikhede beoordeel sal die meerderheidsbeslissing van die hof a quo beteken dat voortaan koste-oorwegings swaarder tel as die goeie meriete van 'n saak, wanneer 'n hof die diskresionêre besluit moet neem of 'n party die reg verleen moet word om sy saak voort te sit al dan nie; en dat 'n party uit die hof gedwing kan word as hy in die nuwe ongewensde kategorie van 'n "strooipop"
val.
9.4 Uit 'n proseduriële oogpunt beskou is, aldus die agbare hof se beslissing in
De Lange v Smuts N 0 and Others 1998 .3. SA 785 (KH) te 795 B
die optrededs van died respondente verwerplik, weens beide - 20 -
die redes en die manier waarop hulle u applikant se saak frustreer het en is hierdie optredes as ongrondwetlik aan te merk in terme van artikel 4(1) van die interim-grondwet en sien ook artikel 2 van die huidige grondwet.
9.5 Vernaamlik is die metode wat aangewend was om u applikant van sy reg te ontdoen, beskryfbaar as "procedurally unfair".
9.5.1 Die beswaar hier is dat dit 'n vorm van eie-rigting is en dat die prosedure uitloop op "self
obtained justice", met die uitskakeling van
"justice entrusted to the authorities" en in direkte botsing kom met die waarborg gestel in artikel 22 van die interim-grondwet,
"[to ensure] that parties to a dispute have an institutionalised mechanism to resolve their differences without recource to self-help."
Sien in Concorde Plastics (Pty) Ltd v NUMSA and Others 1997. 11. BCLR 1624 (LAC) te 1644. (u applikant se emfase).
Sien ook Bafokeng Tribe-saak supra 563J - 565G waarin die Concorde Plastics-beslissing gevolg word en Friedman rp benadruk dat "a court
'must promote' (emphasis added) the spirit purport and objects of the Bill of Rights", spesifiek met verwysing na die reg van
- 21 -
toegang tot die howe.
10.
Die lyn van gesag uit die voorgrondwetlike era wat hierdie soort optrede magtig, in die gedaante van onder meer
Madden v B P Southern Africa (Pty) Ltd 1967 . 2. SA 326 (D) te 328 A - B en Marais v Aldridge and Others 1976. 1. SA
746 (T) 750 B - C
waarop Nienaber ar steun (sien te 418 C - E) is inderdaad op die grondslag van die huidige grondwetlike bedeling verkeerá beslis (sien die agbare regter se opmerking ibid F - G) en moes deur die hoogste hof van appèl hersien gewees het in ooreenstemming met die voorskrif van artikel 35(3) van die interim-grondwet.
Sien die verwysing in Concorde na die gesaghebbende beslissings in dié verband deur onderskeidelik Ackermann r en Cameron r, aangehaal deur Marais wr in Concorde te 1643.
11.
Terwyl die meerderheidsuitspraak van die hof a quo, gelewer deur Nienaber ar, die korrektheid van die bevinding in
Whitfield v Van Aarde 1993. 1. SA 332 (OK) erken, te wete dat die bes1ag1egging deur 'n
-22 -
teenparty, en dus by noodwendige implikasie ook deur sy helpers, op die reg, titel en belang van 'n party met die doel om dit in te koop en so van die eis ontslae te raak, moreelgesproke verwerplik en In misbruik van die reg is -
Sien te 418 E - G van die verslag -
is die onderskeiding van die daaropvolgende eksekusieverkoping as "iets heel anders", waarop dieselfde morele waarderingsoordeel nie meer van toepassing sou wees nie, erg gekunsteld en onhoudbaar. Al wat moontlik 'n verskil kon gemaak het, was die belange van onskuldige derdes, wat nie hier van toepassing is nie, volgens die hof se eenparige bevinding, weens die gemeenskaplike oogmerk van al die betrokkenes. Vir die volledige aanhaling van die toepaslike passasie in die Whitfield-uitspraak, sien op 401 A - B in die uitspraak van Streicher ar.
12.
12.1 Die standpunt van Nienaber ar met beroep op Fisheries Development Corporation of S A Ltd V A W J Investments (Pty) Ltd and Others 1979. 3. SA 1331 (W) te 1340 B dat
"The courts do not however act on abstract ideas of justice and equity"
en dat die howe nie 'n "equity jurisdiction" sou hê nie (Sien te 419 H - I van die verslag),
23 -
stam uit die voor-konstitusionele of "ou bedeling"-era, en neem nie die tans oorskrydende norm vir billikheidsreg in ag soos daargestel in artikel 35 van die interimgrondwet, en later in artikel 39 van die huidige grondwet, weergegee as die waardes van 'n oop en demokratiese samelewing, wat bevorder moet word as 'n kwessie van hoogste reg en waarvolgens die gemene reg ontwikkel en aangepas moet word nie.
Sien, wat hierdie verouderde en tans onhoudbare standpunt aanbetref
S v Zuma 1995. 2. SA 642 (KH) 652 C - D
12.2 en, spesifiek wat betref die Fisheries Development-saak, ook die opmerking van Nicholas r (soos hy toe was) self te 1338 F - H van daardie saak, dat dit 'n misbruik van die regsproses sou wees, ook onder die ou orde, "to use for
ulterior purposes machinery devised for the better administration of justice", soos wat, met submissie plaasgevind het in u applikant se geval.
12.3 Aangepas by die huidige regsorde is die Fisheries Development-saak nie meer gesag om billikheidsreg as sodanig uit te skakel ten gunste van bestaande regspresedent nie en is die korrekte siening met betrekking tot u applikant se geval dat
- 24 -
"having regard to the values underpinning the Constitution, it is axiomatic that the doors of
Courts should be open to all and that persons should be barred, if at all, only in the most exceptional circumstances."
soos gestel deur Navsa r in
Williamson v Schoon 1997 .3 SA 1053 (T) te 1069 A - B,
spesifiek met verwysing na die Fisheries Development-saak.
12.4 Geen sodanige "exceptional circumstancesI" om afwyking van die bogemelde norm te regverdig, is hier ter sprake nie.
12.5 Met eerbied word aan die hand gegee dat, in kontras tot die stugge houding van regter Nienaber omtrent die toepaslikheid van abstrakte idees van
billikheid, die korrekte siening is soos gestel deur Friedman rp in die Bafokeng-saak su-Pra dat die gemene reg en vernaamlik in die grondwet gewaarborgde fundamentele regte onderl word deur I'the enshrined values of justice, equity and freedom"
(Sien te 565 F - G) 13.
Die submissie is in die vooropstelling dat die "abstrakte
idee" van billikheid tans die hele sisteem onderlé. Wat die filosofie wat artikel 35 uitdruklik op die voorgrond 25
stel, is eerstens die belang van geregtigheid. Dit behels uitdruklik die handhawing van die fundamentele regte uiteengesit in hoofstuk 3, en voorts billikheid in die algemeen. Dit is hoogste reg in terme van artikel 4 (1) van die interim~grondwet en alle regsnorme en optrede wat daarmee in stryd is, het geen regskrag nie. Dit word aan die hand gegee dat die respondente se optrede in hierdie kategorie val; en insgelyks, met eerbied gesé, die regsnorm wat die meerderheid van die agbare hof a quo aanwend. 13.1 Trouens, soos gestel in
Rivett-Carnac v Wiggens 1997. 3. SA 80 (K) deur Davis wnr te 87 D - E
"the Constitution mandates each court to examine the common law rules afresh and if necessary to ensure that the content thereof accords with the principles thereof", wat met submissie, nie in u applikant se geval
gebeur het nie, terwyl dit moes.
14.
In die lig van bogemelde is al die wesenlike elemente aangetoon waarom u applikant op die meriete moet slaag in sy voorgenome appèl.
14.1 Die rede waarom u applikant nie betyds 'n aansoek om die verkryging van 'n interdik teen die verkoping van sy reg,
- 26 -
titel en belang kon verkry nie,
(sien die argument van die respondente voor die hof a quo na verwys deur Streicher ar
te 409 A - B van sy uitspraak)
is in aanhangsel "B" ten volle verduidelik. Voor Spoelstra r in die hof van eerste instansie was dit in elk geval nie in geskil nie.
14.2 Die verkoping daarna is in ieder geval ewe afkeurenswaardig, uit die oogpunt van morele waarderingsoordeel beskou, as die beslaglegging self, en bly 'n integrale deel van die tenuitvoerleggingsproses, wat hier wanaangewend word.
Sien die dictum van Streicher ar te 409 A - B pas aangehaal.
14.3 Van kwelsugtigheid kan hier nie sprake wees nie. Die beslissing van Swart r in die aanvanklike hangende saak, om die vierde respondent op sy verhoor te stel, plaas dit alreeds buite twyfel. 'n Ander aanwyser is dat die respondente op geen stadium dit opper nie behalwe in die brief aan die balju en ook op geen stadium vra vir 'n spesiale kostebevel nie.
14.4 Van skuld aan die kant van u applikant soos bevind deur Nienaber ar, wat die buitengewone aanwending van eksekusieprosedure sou kon regverdig ten einde die hangende saak tot 'n end te bring, kan hier dus nie sprake wees nie.
14.5 Die bybedoeling met die eksekusieproses, en die wanaanwending daarvan vir die bereiking van 'n gevolg waarvoor dit glad nie bestem is nie, te wete om 'n hangende saak te beëindig, is per se moreel afkeurenswaardig en die
beslissingsreg wat so 'n prosedure ondersteun, moes van afgewyk, en die gemene reg dienooreenkomstig in die regte rigting ontwikkel gewees het.
14.6 Die wyse van beëindiging van u applikant se reg om sy beregbare saak enduit te laat verhoor, werk onbillik teen hom.
14.7 Dit is 'n ontoelaatbare vorm van eierigting wat die regsorde in diskrediet bring.
AD DIE VERSOEK OM VERSKONING:
15.1 Die hof a quo se uitspraak hierin is reeds gegee op 5 Maart 1999 en die strekking daarvan het tot u applikant se kennis gekom in die loop van die daaropvolgende week. Tot dusver was u applikant egter nog nie in staat om
hierdie aansoek te loods nie, weens 'n verskeidenheid van redes, ofskoon dit sy voorneme was om so te doen reg van die begin af.
- 28 -
15.2 U applikant is derhalwe genoop om die agbare hof te nader in terme van reël 31 van die agbare hof se reëls om hom te verskoon daarvan dat hy dit nie kon gebring het binne die tyd voorgeskryf in reël 20 nie. Die agbare hof word hiervoor verwys na die verduideliking vir die versuim deur u applikant se prokureur van rekord Tobias Lubbe hierin en soos vervat in aanhangsel "B"
hiertoe. U applikant voer aan dat genoegsame gronde vir die verlangde verskoning daarin uiteengesit word. Die vernaamste daarvan is dat u applikant hierin
litigeer op regshulp en moes wag op goedkeuring van die Regshulpraad, alvorens hy verdere stappe kon doen. Hiermee was daar aansienlike vertraging weens die probleme op uitvoerende vlak in die Regshulpraad en die noodwendige rompslomp wat met besluitneming op hoë vlak in daardie organisasie gepaard gaan. Soos voorgaande reeds aangedui, hierdie aspek van die saak is nog steeds nie finaal uitgepluis nie.
15.3.Vertraging en getalm met besluitneming oor of met 'n bepaalde faset van die saak voortgegaan kon word of nie, is 'n deurlopende probleem waarmee u applikant in die voer van sy saak te make gehad het reg van die begin af.
15.4 Omdat Nienaber ar in sy uitspraak ten onregte die bewering maak dat, as iemand te blameer sou wees dat u applikant se reg, titel en belang in saaknommer 21055/87 in eksekusie verkoop was, dan is dit hyself -
- 29 -
sien te 415 H -
handel u applikant ook met hierdie aspek van die saak in besonderhede in die voornoemde aanhangsel "B", waarna die agbare hof met eerbied verwys word.
15.5 In die saak voor Spoelstra r in die hof van eerste instansie was dit op die stukke glad nie in geskil nie, en is daar nie op ingegaan nie.
15.6 Op 419 AB van die gerapporteerde uitspraak van die hof a quo word dan nog verder gegaan deur die agbare regter van appèl en word gesé dat die verkoping sonder teenkanting van die applikantsou geskied het. Hierdie aanmerking strook eweneens ook nie met die werklike feite nie.
15.7 Weens die bogemelde uitlatings, en om die implikasie van argeloosheid en erger nog kwelsugtigheid, te weerlê, word 'n volledige verduideliking van die agtergrond van gebeure wat tot die verkoping aanleiding gegee het, verskaf wat weliswaar buite die pleitstukke voor die hof van eerste instansie gaan, maar nodig is ten einde u applikant se bona fides te demonstreer.
sien hieromtrent die uitspraak van die agbare hof self in die saak van Beinash ter reedsaangehaalde plaatse.
- 30 -
Die respondente se prokureurs is hierin namens u applikant genader om van hulle kant toe te stem tot die verskoning van die versuim wat u applikant hierby aanvra, asook hulle instemming tot verlof om te appelleer. Die agbare hof word ter bevestiging hiervan verwys na aanhangsel "Cl" hiertoe, waarop die
respondente se prokureurs geantwoord het soos per "C2" dat toestemming geweier word wat betref die laat-indiening daarvan. Die aansoeke word derhalwe opponeer.
17.
17.1 U applikant voer aan dat hy verskyningsbevoegdheid het om hierdie aansoek tot die agbare hof te rig in terme van
artikel 7 (4) b. i.
17.2 Vir soverre u applikant die aansoek rig op 'n tydstip wat die finale grondwet 108 van 1996, in werking is, sal hy ook verskyningsbevoegd wees in terme van artikel 38(a).
18.
18.1 Moontlike verdere geinteresseerde en belanghebbende partye aan wie eweneens kennis gegee word van hierdie aansoek om toe te tree as hulle sou verkies om só te doen, is:
18.1.1 die regterlike dienskommissie;
18.1.2 die landdroskommissie;
- 31 -
18.1.3 die menseregtekommissie;
18.1.4 die oorkoepelende vereniging van prokureursordes van Suid-Afrika;
18.1.5 die vereniging bekend as Regslui vir Menseregte ("Lawyers for Human Rights");
18.1.6 die Regshulpraad self.
18.2 Die agbare hof word hiervoor eerbiediglik verwys na die kennisgewing van mosie.
19.
In die vooropstelling word die agbare hof eerbiediglik gevra om
19.1 u applikant te verskoon vir sy laat-indienig van die aansoek om verlof om te appelleer;
19.2 verlof te verleen om te appelleer teen die uitspraak van die hoogste hof van appèl;
19.3 koste van beide die aansoeke indien dit opponeer sou word.
20.
Indien die aansoeke om verskoning en verlof tot appèl sou slaag, is u applikant voornemens om die agbare hof dan te nader vir die volgende regshulp:
20.1 'n verklarende bevel dat die optrede van die respondente om in samespanning met mekaar op u applikant se reg, titel
32
en belang te laat beslag lê en dit daarna op die veiling self in te koop, nie om die onderliggende vonnisskuld te verhaal of gedeeltelik te verhaal nie, maar met die doel om sodoende die aksie tot niet te maak, ongrondwetlik en nietig is ingevolge artikel 4 (1) gelees saam met artikel 22 van die interim-grondwet;
20.2 Alternatiewelik tot 20.1: 'n verklarende bevel dat die gemene reg aangepas en ontwikkel moet word ingevolge artikel 35(3) van die interim-
grondwet, om dit in ooreenstemming te bring met die gees en strekking en
oogmerke daarvan, soos bevind in die minderheidsuitspraak van die hof a quo, en dat die voormelde optrede van die respondente teen die openbare belang is.
20.3 'n Bevel dat die bevel van die hof a quo tersyde gestel en vervang word met die volgende:
20.3.1 die appèl slaag met koste, wat sal insluit die voorbehoude koste van die petisie vir verlof tot appèl;
20.3.2 die hof van eerste instansie se bevel word soos volg gewysig: die beslaglegging en eksekusieverkoping van die eiser se reg, titel en belang in die hangende saaknommer 21055/87 in die Transvaalse provinsiale afdeling van die hooggeregshof word tersyde gestel met koste, wat insluit die koste van die aansoek om verlof tot appèl.
WESHALWE die agbare hof gevra word vir die regshulp soos hierbo uiteengesit.
DEPONENT - 33 -
Ek sertifiseer dat die deponent erken het dat hy vertroud is met die inhoud van die voorgaande verklaring, dat ek die eed behoorlik afgeneem het soos omskryf deur Regulasies Nrs R 1258 van 21 Julie 1972 en R 1648 van 19 Augustus 1977 en dat die deponent daarna in my teenwoordigheid die verklaring geteken het te PRETORIA op hierdie dag van 19 9 9 .
VOOR MY,
KOMMISSARIS VAN EDE NAME:
ADRES: PHILIP EDUARD PIENAAR
BCOMM ILB. (US)
HOEDANIGHEID: COMMISSIONER 07: OATHS
EX OFFICIO : ATTORNEY
Suite 19.0l 19th Floor SAAU Building GEBIED: Cnr Schoeman & Andries St. Pretoria