Rustenburg
Dit is feitlik Kersfees, sagte reën sak omtrent elke dag uit en smôrens is Rustenburg in ‘n miskombers toegewikkel. Maar vir kinderharte en mense wat nog jonk van gees is doen dié “vreemde” weer vir hierdie tyd van die jaar geensins afbreuk aan die wonderlikste tyd van die jaar nie. By die huis van Mervin en Charmaine Coetzee in Loerielaan
1A is daar die afgelope klompie weke al skuins na sononder ‘n toeloop van mense - Mervin en Charmaine het vanjaar die ekstra myl geloop en hul huis in ‘n Kersligparadys opgetower en Rustenburg en besoekers staan elke dag letterlik tou om ‘n kans te kry om die liggieparadys van naby te ervaar en familiefoto’s te neem. Die Coetzees se
huis is een van talle wat vanjaar te midde van al die Covid-beproewings en beperkings van die afgelope feitlik twee jaar in ‘n liggiefees omskep is. (Sien adreslys op bl 13 in hierdie uitgawe). Rustenburg Herald en sy personeel van Noordwes Koerante wens al ons lesers en adverteerders ‘n vredevolle, aangename Kersfees en
opwindende nuwejaar toe! Geniet u vakansie en kom veilig tuis! (Foto: Waldie Volschenk).
Sinterklaas en sy bokkies bedrywig…
24 DECEMBER 2021
13 Coetzer Street, Rustenburg, 0299 www.rustenburgherald.co.za E-mail: [email protected]
GPS Co-ordinates:
25° 40’ 31 S • 27° 15’ 28 E
Established 1924
014 592 8329
R5-00
VAT INCL
Daughter allegedly arranges hitmen to kill family - p4
‘n Anderster kerskoek - p14
inte
ractive PDF page
Tap
here on your electron iceic dev