• Tidak ada hasil yang ditemukan

UIT GRASSY PARK - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "UIT GRASSY PARK - LitNet"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

UIT GRASSY PARK (ANONIEM)

VIOLET:

[In 'n telefoonhokkie. Skakel die nommer]

Grassy Park nine-seven-one-five-eight!

Al skei die branners, ons van elkanners ek min geen annder dan djou alleen [Sing]

Hellou!… 'n tiekie?… Olraait. [Soek geld en gooi in]

Hellou!… Issit missus Abramse?… Is mister Fatao da?!

Ek smeek die Heer djou vi gevare

goed te beware

oorie waters blou… [Sing]

Hellou!… Issit djy, Frank?… Hô hieso, Frank, ek kannie vanaand kommie, hô. Die miesies skop 'n paartie en sy wil my nie lat loepie want klein Alettatjie het die whooping cough… Ek het vi' ha' gesê djy gat tomorrow met die whaler sam ma' sy sê sy kannit nounie helpie, service is service en ek'it eergistraand afgehad… Nei, ek kannit nounie helpie, Frank.

En hoe gat it nou nog eigentlik mit djou, Frank?… Wear djy nog daai bonte taai wat ek vi' jdou gagee 'it?…

Yes?… 'n tiekie?… Olraait!!… [Soek geld en gooi in]

Hô hiesô, Frank! Daai Maud sê vi' my djy was mooi Saterdagmirrag innie baaiskoup met 'n anner girl! Toe sê ek vi' ha' dit was sieke' ma' djou sister!

Ma' sy sê die girl was lig en djou sister is mos dark van colour. Toe sê ek vi' ha' ma' djou sister use ligte poeier as sy baaiskoup toe gaan. Daai Maud is mos sommer net 'n liegbek, nè Frank, want last night het djy nog vi' my gesê ek is djou only true love! Ek dag toe, perhaps… nei, Frank, djy ka' ma'

baaiskoup toe gan wanne djy wil, hô…

Ho' hiesô, Frank, remember djy darem nog vi' my sometimes?… Djy moet vi' my remember as djy da' oppie soutwater sit, hô. Ek sal vi' djou remember as ek skorrelgoed was!

(2)

2

Frank, love djy darem nog vi' my?…

Yes?… 'n tiekie?… Ag, orraait… [soek geld maar kry niks]

Frank, djy love mos nog vi' my nè?… Hellou!… Hellou!…

Nei! Ek hettie meer tiekies nie!!… Frank!… Frank, is djy nog da'?…

Wragtag, as djy vi' my offcut dan ga' djy sien wat kom da' annekant an, gahô!!…

Frank!… Frank!…

Ag, dêm djou!!! [gooi die telefoon neer]

---ooOoo---

(Ook geskik vir Grade 9-12)

Referensi

Dokumen terkait