• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Redakteursnota

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "View of Redakteursnota"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

411

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 62 No. 2: Junie 2022 doi.10.17159/2224-7912/2022/v62n2a8

Aktueel

Redakteursnota

In hierdie afdeling bied prof. Chris Brink, voormalige rektor aan die Universiteit Stellenbosch (2002–2007) “’n persoonlike retrospektiewe blik op en nabetragting oor die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch” (p. 413).

Teen die einde van hierdie nabetragting, waarin ’n alternatiewe perspektief gegee word oor wat in die beginjare van die taaldebat tydens Brink se rektorskap sou gebeur het, word die volgende siening oor die ineenstrengeling van enersyds ’n spesifieke onderrigtaal op tersiêre vlak (Afrikaans) en andersyds die tersaaklike instelling waar die taal gebesig word (die Universiteit Stellenbosch) aan die orde gestel:

As ons vir ’n oomblik mekaar se bona fides kan aanvaar (selfs net hipoteties, indien nodig), dan sou ons miskien kan ooreenkom dat die taalstryders deurgaans gehandel het volgens hulle oortuiging oor wat die beste vir Afrikaans sou wees, terwyl die Universiteitsleiers deurgaans gehandel het volgens hulle oortuiging oor wat die beste vir die Universiteit sou wees. (p. 423)

Dat hierdie uitgangspunte steeds aktueel is, blyk onder meer uit ’n onlangse artikel1 waarin Johann Rossouw vra: “Wat is die verantwoordelikheid van ’n historiese Afrikaanse universiteit teenoor Afrikaans?” Om hierdie vraag te kan beantwoord, stel hy twee kennisparadigmas teenoor mekaar: die natuurwetenskaplike (waar taal nie deurslaggewend is nie en kennis bevredigend via Engels bekom kan word) en die vertolkende (waar begrippe in verskillende tale mag voorkom “wat verkieslik eerstehands bestudeer moet word, omdat vertaling nooit die oorspronklike ten volle kan weergee nie”). In sy keuse vir ’n vertolkende universiteit beroep hy hom op “die groot post-koloniale Afrika-denker” Ngügi wa Thiong’o se siening dat die toets van kennis is “of jy dit wat jy in ander tale leer, terug kan vertaal na jou moedertaal, en andersom”.

Twintig jaar later is dit moontlik gepas om te herbesin oor die rol van een of meer onderrigtale aan ’n universiteit.

Ina Wolfaardt-Gräbe

Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe E-posadres: [email protected]

Die redaksie van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe rig hiermee ’n ope uitnodiging aan lesers om deel te neem aan die debat, hetsy by wyse van ’n navorsingsartikel, of ’n standpunt in ’n meningsartikel, of korter kommentaarstukke.

1 Rossouw, Johann. 2022. Maties: Twee sienings wat bots. Rapport Weekliks, 16 Januarie 2022, p. 7

Referensi

Dokumen terkait

Louw se aangepaste vraag aan die einde van die vorige paragraaf vorm dus my navorsingsvraag: ‘Wat is die nut van inklusiewe taal in die Afrikaanse kerklied?’ Ek het soos volg te werk

Minnaar her die toestroming van die plattelandse bewoners na die hawestad gedurende 1934 sy hoogtepunt bereik -in so 'n mate dat daar teen die einde van 1934 sowat 13000

Die 80e- re se militere organisasie het hom verstom en dit is miskien die groat waarde van hierdie boek: Boerehelde word in perspektief gestel en die swakhede van die stelsel word ont-

Probleemstelling In die lig van wat hierbo gesê is, kan die probleemstelling vir hierdie artikel daarom soos volg geformuleer word: Kan die tradisioneel- reformatoriese siening van die

Later in die bundel volg die verhaal “Die kind se suster” waarin die dogter van die seuntjie se suster met haar selfoon ’n foto neem van haar ma in haar doodskis nadat sy die

Die essensie van die digter se intertekstuele spel met die narreskip, word soos volg in die slotvers verwoord: In dié boekhou van die kwaad wat weinig verskil van vroeë vergrype—boos

“Pyn” 57, byvoorbeeld, waarin die digter vra “Hoe skryf ek ’n gedig oor pyn” het ’n tweede strofe waarin die dokter soek na “pynflitse, / kyk of daar in ’n hartkamer / krake teen die

’n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word dan voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as verhoudingsboek waarin dit