• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Redakteursnota

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "View of Redakteursnota"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

269

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 2: Junie 2020 doi.10.17159/2224-7912/2020/v60n2a1

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles:

NP van Wyk Louw: Opstelle vir ’n oorgangstyd

Redakteursnota

Op 18 Junie vanjaar is dit die vyftigste herdenking van die sterfdatum van NP van Wyk Louw en dit is daarom gepas dat daar in die Junienommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe opnuut besin word oor die nalatenskap van “ ... ’n man wat volgens sommige die Nobelprys vir Letterkunde vir sy lewenswerk moes ontvang het, maar terselfdertyd ook ’n man wie se beskouings tydens sy lewe en veral ná sy dood dikwels uit verskillende, opponerende oorde kritiek (en by geleentheid kritiek-met-oogklappe) ontlok het” – aldus Ronél Johl, gasredakteur vir hierdie temanommer.

Vir Johl is ’n voor die hand liggende vraag die aard en relevansie van (literêre) kritiek in die hedendaagse samelewing – ’n vraag wat aan die hand van “uiteenlopende uitgangspunte”

en vanuit “verskillende dissiplines” in hierdie temanommer benader word:

• die biografiese geskiedskrywing (Jaap Steyn) en benaderings tot die historiografie (met verwysing na die vertaal- en romankunde – Hennie van Coller);

• die teaterresepsiekunde (met poststrukturalistiese invloede – Marisa Keuris);

• die regswetenskap (Derek van der Merwe) en die filosofie (met verwysing na Johan Degenaar en dekoloniale denkers soos Franz Fanon, Walter Mignolo en Kwasi Wiredu – Louise du Toit; en na Friedrich Nietzsche en Michel Foucault, veral laasgenoemde se opvattings oor “limiete” en “transgressie” – Benda Hofmeyr);

• die postkolonialisme (met verwysing na die Karibiese skrywer Édouard Glissant se postkoloniale opvattings oor kreolisering – Hein Viljoen);

• die ekokritiek en dierestudies (met verwysing na Martin Heidegger, Jacques Derrida en Frans de Waal – Johann Lodewyk Marais);

• taalkunde, pragmatiek en kognitiewe semantiek (Jac Conradie, Nerina Bosman en Willem J Botha);

• getuienisgeskiedenis (Anastasia de Vries);

• klassieke genrestudies (Heilna du Plooy);

• die vergelykende literatuurwetenskap en die stipleestradisie (Helize van Vuuren);

• inligtingskunde, kanonstudies en literatuurkritiek (Ronél Johl); en

• poëtiese onuitputlikheid (Joan Hambidge).

Hierdie bydraes, alhoewel nie in dieselfde formaat nie, vorm ook deel van die reeks oor huldigings aan Hertzogpryswenners, waarvan Jacques van der Elst eindredakteur is. Die publikasie van die TGW (in elektroniese en hardekopie-formaat) gaan gepaard met die aanbieding van die jaarlikse NP van Wyk Louw-gedenklesing, wat die Departement Afrikaans van die Universiteit van Johannesburg in samewerking met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vanjaar, 2020, op Litnet se platform aanbied en beluisterbaar is op https://www.

litnet.co.za/

Ina Wolfaardt-Gräbeen Jacquesvander elst Mei 2020

Referensi

Dokumen terkait

’n Model vir nuwe lewe sal ten doel hê om die geloofsgemeenskap te bring tot 1 insig in hulleself en hulle menswees, 2 die verstaan van wat outentieke lewe voor God en saam met hulle

• Die aksie van begeleiding deur die kategeet tot geloofsvorming van katkisante kan omskryf word as ’n voortgaande proses van formele en informele leer wat ’n stap-vir-stap- en nadere

Kinders wat ly aan •n gebrek en wat deur die Minister9 in oorleg met die Administrateurs 9 aangevcys word as gestremde kinders vir wie voorsiening kragtens die Wet op

HOOFSTUK EEN INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING 1 1.1 INLEIDING Die doel met hierdie studie was om ‟n profiel van die kritiese denkingesteldhede en houdings wat vir kritiese denke in

’n Antwoord op die vraag wat vroeër gestel is, naamlik: “Waarom volhard mense, in die lig van byvoorbeeld verwerping en spot, met wat hulle doen, veral as hulle nie gedwing word om dit

Ook hierdie roman het ’n oop einde wat ’n volgende roman an- tisipeer: die leser word in die duister gelaat oor die vraag of die dood van Colet en die marginalisering van die

Die klimaks breek aan wanneer Grete en Tjaart ’n kliënt aan huis onthaal met die doel om ’n kontrak vir die bemarking van ’n handewastoestel te bekom.. Die geraasmasjien of

Die liefdelose wyse waarop hy behandel word wanneer Lisa van Graan hom en Poppie wegjaag, laat Seele aan die bestaan van God twyfel en plaas hom voor ’n teologiese probleem: Hoe kan