• Tidak ada hasil yang ditemukan

Woorde wat verwar word

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Woorde wat verwar word"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

951

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 61 No. 3: September 2021 doi.10.17159/2224-7912/2021/v61n3a23

Woorde wat verwar word

In Afrikaans, soos seker in die meeste van ons taalfamilielede, is daar “pare” woorde wat heel dikwels met mekaar verwar word. Soms lyk of klink die woorde na mekaar, maar soms glad nie, en dan – so wil dit voorkom – is die enigste rede vir die verwarring dat hulle op soortgelyke manier in sinne gebruik word. Partykeer is dit egter net ’n enkele woord wat verkeerd verstaan en gebruik word. Hier onder bespreek ek enkeles baie kortliks.

1. uitbrei x uitwei: Die fout by hierdie twee kom ek die meeste teë in die sin dat uitbrei gebruik word waar uitwei na regte hoort. Kort gestel, beteken uitbrei ‘groter (laat) word, in oppervlakte (laat) toeneem, verbreed, ens.’ ’n Mens kan dus sê dat die woongebied of stad baie uitgebrei is of uitgebrei het, maar dit kan ook op bedrywighede, soos sakebedrywighede of ’n sakeonderneming toegepas word. Jy kan dus jou sakebedrywighede na ’n ander provinsie of landwyd uitbrei.

Daarenteen beteken uitwei, baie kort gestel, ‘om meer te sê, om meer besonderhede te verstrek oor iets’. ’n Joernalis kan iemand dus vra of dié oor die betrokke onderwerp sal of kan uitwei, of ’n regsverteenwoordiger kan sê dat hy/sy nie oor die aanklagte teen sy/haar kliënt wil uitwei nie. In hierdie soort konteks word uitbrei baie dikwels ten onregte gebruik;

trouens, dit gebeur so dikwels dat ek amper wonder of uitwei hoegenaamd nog gebruik word.

2. ontwikkeling x verwikkeling: Ek kry soms die indruk dat daar mense is wat dink dat verwikkeling ’n beter of “meer Afrikaanse” woord as ontwikkeling is, terwyl hulle in werklikheid glad nie dieselfde is nie.

’n Wikkeling kan die klomp windinge van byvoorbeeld koperdraad of magnetiese band om ’n spoel wees, of selfs een enkele winding. Die woordeboekdefinisie van wikkel is dus onder meer ‘toedraai, omwind’, byvoorbeeld om ’n baba in ’n kombersie toe te wikkel. Die Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT) definieer wikkelen in as “met (een) draaiende beweging(en) omgeven met een omhulsel; (zich) hullen in”. Laasgenoemde maak dit dus duidelik dat as ’n mens byvoorbeeld ’n standbeeld onthul, jy dit oopmaak deur die (om)hulsel weg te neem.

Net so is ontwikkeling dus die wegneem van wikkelinge. Die WNT omskryf dit baie goed (ek vertaal die aanhaling vry): Iets wat ineengerol is, los- of uiteendraai; ook in figuurlike toepassing; van denkbeelde, gevoelens, ontwerpe: nader uiteensit; van sade en andere plantdele:

laat ontspruit. Baie dikwels in figuurlike toepassing.

Die voorvoegsel ont- behels dus onder meer om dele wat tot dusver gebonde was, van mekaar los te maak.

Verwikkeling is amper die teenoorgestelde, want verwikkelinge is komplikasies, probleme, verwarring. As ’n mens dus verdere verwikkelinge dophou, dan kyk jy hoe sake versleg. Sake of gebeure word al hoe meer verwarrend of kompliserend “toegedraai”, verhul, die wikkelinge word meer, digter, ernstiger, word al hoe ingewikkelder.

Die verskil tussen ontwikkel en verwikkel is vergelykbaar met dié tussen onthul en verhul:

die een maak oop, die ander maak toe.

Taalrubriek

(2)

952

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 61 No. 3: September 2021 doi.10.17159/2224-7912/2021/v61n3a23

3. trouens x inteendeel: Hoekom dié twee verwar word, weet ek nie, behalwe miskien die feit dat hulle op soortgelyke plekke in ’n sin of gesprek gebruik word.

Trouens is ’n bevestigende woord, een wat gebruik word om ’n uitspraak te versterk:

“Dit was ’n baie koue winter; trouens, dis die koudste wat ek nog in dié dorp beleef het” of

“Die ondersoek na die voorval is belangrik; trouens, as dit agterweë bly, word die hele stelsel bedreig.”

Daarenteen word inteendeel gebruik om dit wat pas gesê is, volstrek te ontken of af te wys: “Is dit baie duur?” “Inteendeel; dis spotgoedkoop!” of “Die dra van maskers is nie afgeskaf nie; optrede teen mense wat dit nie doen nie, word inteendeel verskerp.”

Die algemeenste fout wat ek hieroor hoor, is dat inteendeel gebruik word waar dit trouens moet wees.

4. ontaard: Wat gesindhede en handelinge betref, beteken ontaard onder meer dat iets oorgaan in iets slegs, dat dit minder goed, minder deugdelik word. Die WAT vat dit presies saam as hy sê dat iets “ontwikkel in ’n ongewenste rigting”. Die WNT sê onder meer “gevolgd naar lat. degenerare”, wat die verband met die Engelse woord degenerate (veral as werkwoord) glashelder maak.

Dié ontaard hoor ek dikwels in ’n neutrale of positiewe sin – neutraal wanneer dit bloot die oorgang van iets in iets anders sonder dat enige waardeoordeel daarby betrokke is, byvoorbeeld: “Die sanger se gebruik van die nuwe rekenaarprogram het *ontaard in nie net samewerking met die maatskappy nie, maar ook tot ’n kontrak daarmee.”

Soms word ontaard selfs gebruik wanneer dit iets positiefs behels. In ’n droogtegeteisterde plattelandse dorp is besluit om boorgate te sink, en toe berig die plaaslike koerantjie “Inwoner

*ontaard in waterwyser”, wat hopelik nie as afkeurenswaardig beskou is nie, maar as ’n vermoë wat die dorp sou bevoordeel.

Korrek is byvoorbeeld: “Wat begin het as ’n gewone betoging, het ontaard in wilde onluste en ongebreidelde plundery” of “Wat ’n wynproe vir die studente moes wees, het in ’n dronknes ontaard.”

JD (Tom) mcLachLan E-pos: [email protected]

Referensi

Dokumen terkait

Ek staan egter skepties teenoor die Gereformeerde gedagte Van den Brink & Van der Kooi 2012:567 dat die katolieke geloof ‘in dít wat nog altyd geglo is’ te make het met die universele

Wanneer die wêreld egter vir die kerk vreemd geraak het tot dié mate dat die kerk glad nie meer die wêreld kan verstaan of daarin kan funksioneer nie, raak dit vir die kerk ’n baie

Student B A Visser is n digter wat slegs geniet moet word en die ver= tolkingsprogram het sy werk genotvol laat lewe.. Student Lees versus vertolking Hoewel ek baie lief is om op my

A En dan natuurlik, ons het verskriklik baie gaan stap, en ook die bioloë gehelp met die werk wat hulle gedoen het, omdat hulle net twee mense was, was dit nogal `n bietjie baie werk

Saam met hom het nog 516 blanke en 38 nie- blanke kapelane onder 350 639 troepe gedu- rende die Tweede Wereldoorlog gearbei.8 Hulle het bewys dat die Woord van die Lewe nie in 'n oorlog

Die intimiteit van die karakter se gedagtes en ervarings is kenmerkend, omdat die verhaal aspekte van ’n reisjoernaal het, maar een wat deur ’n onbekende derdepersoonsverteller oorgedra

Die tekste het volgens die voorwoord ongeveer in 1985 hul ontstaan gehad dus in die tyd toe Schoeman met ’n aantal draaiboeke besig was, maar vreemd genoeg dra ’n Vrou wat alleen bly

Die ‘geval’ wat as fokuspunt hiervoor gebruik word, is een van die bekendste gevalle van ’n plagiaatbeskuldiging in die Afrikaanse letterkunde, veral vir ’n vorige geslag Afrikaanse