Nadat
ek die besprekings van poësie deur erkende kriticigedurendediejare 1945tot 1955nagegaan het, isditopvallend dat daar een enkele aspek
was
waaraan besonder veel aandaggewy
is en as gevolg waarvan skerp woorde gespreek is, nl.invloedeofdanwelbeïnvloeding.
Mens
voelbynaom
te sê datdittoe,,mode”was om
invloede aan te toon en alvorens dit nie gedoenwas
nie,was
die werk nog nie af nie.En
besprekings is soms geheel en al aan dié onderwerp gewy.iIn Standpunte 5 het
W.
E. G.Louw
die saak mooi ewe- wigtig probeer stel:^ ,,Die herkenbare herinnering aan die werk van ander is verklaarbaar en selfs vergeeflik in die werk vanelkejongdigter, (want) met die probleemvanbeïnvloeding hangsaamdie heleprobleemvandie kontinuïteit vandie poësie deur die eeue.”En
tog hetLouw
hiermeedie invloede-bal ’n groot stoot teen die afdraand toegedien, want hy kon nie daarin slaagom
ditte verklaar en ’n jong digter soos Bartho Smit te vergewe vir die ,,vanaf duidelike herkenbare reminissensies tot die subtiele litêrere assosiasies” nie.
Om
tot die slotsom te raak dat dit ’n ,,vraag (is) of sulkeverse reedspublikasie verdien,”onderneemLouw
’n lang soektog na invloedeom
die ,,groot nadeel” aan die kaaktestel.Of Louw
se slotsom in hierdie geval geregverdig was, daar gelaat, maar feit bly dat hy op ’n polisiefluitjie geblaas het en ander beoefenaarsvandiekritiekhetmet meningen met minder ewewigtigheid in dieselfde rigting begin beweeg. Gevolgwas
dat die klem al hoe meer eensydig begin val het.
Waar Louw
nog woorde soos ,,verklaarbaar” en ,,vergeeflik” gebesig het, het andere nahom
hulletotaal vergeet en het invloede ’n reuse gevaarte geword wat die jong en ouer digters (en glad nie altyd debutante nie) teen die heuwel van skepping probeer verpletter het.So moes Ernst van Heerden telkemale deurloop.
Om
net een voorbeeld te noem: P. A. Grové skryf: Dit wil inderdaad voorkom ofVan
Heerden die lewe slegs deur die sintuie van ander kan ervaar en aanvaar.3 Dit het sulke afmetings aan-1 Rob. Antonissen: Standpunte Sl.bl. ,'>3-56.
2W. E.G. Louw: Vandie Stibeuel in die Saal: StandpunteB, bl.64.
3Die Huispenoot,13Julie 1951.
Sien ook: Tiidskrif vir Letterkunde2 nr. 3, bl. 99.
39
geneem dat S. J. Pretorius die kritici beskuldig dat hulle ,,so te sê die baba met die badwater uitgegooi het.”^
Hierdie onderwerp het sy beslag en hoogtepunt bereik in die verhandeling van D. J. Opperman, Digters van Dertig,
waar
ditveral gaanom
die verklaar en die vergewe enom
diekontinuiteit van die poësie deur die eeue. Hier sien ons dat byna elke gedig en selfs versreëls herlei kan
word
tot dit wat reeds vroeër deur ander, groteres gebesig is. In dié verband isOpperman
se verwysings naW.
E. G.Louw
se werk veral interessant:^Hy
bevind dat ,,hy(Louw)
in ’n hoë mate afgeleide poësie skryf.Sy
digkuns is feitlik ’n eklektiese same-stelling van versreëls, beelde en uitdrukkings uit die werk van ander . . . ”
J. Greshof en veral Coster asook Holst ,,slaan oral in poëtiese parafrase by
Louw
uit.” . . . ,,In Vergeefse Vlug hoor’nmens
nogteduidelikFrancisThompson
seHound
ofHeaven.”
Met
verwysing na Maria: ,,’n digterlike uittreksel insonnetvorm van R.Brookeselang gedig,Mary and
Gabriel,”ens. ens.
om
eindelik tot die slotsom te geraak: ,,Hierdie voor- beelde is voldoendeom
aan te toon hoedatLouw
se vers tot in sy fynste vesels aangetas is deur die werk van ander.”Maar
ook in verband metUys
Krige met betrekking tot sy Tram-odeisdieslotsomwaartoeOpperman
geraakbyna sonder uitsondering ’n batige saldo as hy opmerk: ,,Tog is al hierdie invloede beuselagtig.”6Toe
gaan dr. Rob. Antonissen verder en bespreek ’n bundel vanS. Ign.Mocke.'^ Behalwedathyhom
byna’nepigoonnoem,noem
hyhom
’n duidelike eggo en wel van Krige: ,,Maar ja:Krige. .. Krige.” Hierisdie gedagtevankontinuïteit heeltemal afwesig.
Wat
vanname
soos Baudelaire e.a.®Van
Krige vraOpperman
bv.: ,,Is hy nie maar net ’n blote naskeppende kunstenaar nie?En
tog het hy gedigte geskryf wat ten spyte van invloede groot gedigte is . . . ”9(Ek
kursiveer.)
Toon
ditnie aandat die kritikuswat ’nskrywer nie te goed gesind is nie die verkeerde indruk kanwek
deur die klem te laatvalop diesg. invloede wat, soos aangetoon, soosdie armes altyd by almal teenwoordig is?’n Voorbeeld
om
aan te toon hoe die verskuiwing van klem die hele aangeleentheid in ’n ander lig kan stel: InOns
EieBoeD^
bespreek dr. T. T. CloeteVoor
DieNag Kom
van4 TydskrifvirLetterkunde4nr. 1,bl. 26-30.
5 Opperman, D. J.: Digtera vanDertig, bl. 322-337.
6 Opperman, D. J.: Digtera vanDertig, bl. 279.
7Standpunte31, bl. 63.
8 Vgl.voetnootvan Digteravan Dertig, bl. 279.
9Ópperman, D. J.: a.w., bl. 300.
10
OnaEie Boek,JaargangXX nr, 1.
40
D. Richardswaarin hy
gewag maak
van ’n parafrasevan dele uit foernaal van Jorik en hynoem
andername
waaraan dele uitVoor
DieNag Kom
dan sou herinner.Na
die resensent deur mnr. Richards op die vingers getik is, verander hy die aanval in verdediging in die volgende uitgawe vanOns
Eie Boek: ,,Dienoem
van daardiename was om
mnr. Richards in goeie geselskap te bring” . . . en verder: ,,want dit is beterom
invloede van hierdie figure (Opperman,Van Wyk
Louw,T. S. Eliot e.a.) te ondergaan as
om
hulleongelees telaat.”Die versvorm waarvan die digter
hom
bedien het ook onder skoot gekomii endeurgevoer tot in sy volle konsekwensieshet dit voorgekom dat as iemand van voornemewas om
te skryf, hy soos volg moes optree:Pak
alles wat reeds geskryf is in alle taleenin alle tye . . .neem
voorraad van al die temas wat behandel is, die versvorme wataangewend
is en as hy danselfs die styl van elkeen ken en daar bly dan nog iets nuuts oor, moet hy haastig doen wat hy wil doen.
Diegevaaris dandathyinsy geesdrif nieverhoudings erken nie en in situasies kan beland waaroor hy later ongemaklik voel soos
Uys
Krige oorOuvertme
uit sy Oorlogsgedigte:Sing die klavier helder helder silwer silwer silwer sy yl hoë note maar swaar en diep en droewig droewig donker, donker, donker
sy weerklaende dubbele akkoorde.
Teen
1955 het die invloede-uitbarstinghom
grootliksuitgewoed enverdwyn
dieoormaat klem in dié verbandweerallengs. Net sonou endan let die opmerksames opdat Vesuviusdarem nog rook!En
het dit álles geskiedtot beswil van die Afrikaanse liriek?Soms
wel.Soms
. . . ?11 Vgl.Watermeyer: TydskrifvirLetterkunde3nr.1en Antonissen: StandpunteSl, bl.64.
41
EDWIN DE KOCK: