Tussen die gedeeltes in In Ander Tongval wat vanuit die hardeskyf se geheue herwin word, is daar lang stukke oor die massaslagting wat in Apri[ 1994 in Rwanda p[aasgevind het. Die stukke handel hoofsaaklik oor In byeenkoms van skrywers en ro[prentmakers uit Afrika wat in Rwanda bymekaar gekom het om hut ro[prente, dramas en romans oor die s[agting aan te bied en te bespreek (Tongval:155). In die laaste
gedeelte hieroor gee Krog egter 'n byna poetiese beskrywing van die onmenslikhede wat daar plaasgevind het:
Wanneer die bus terugry deur die donker plantasies, is dit asof ons kan sien hoe maklik die dood deur hierdie velde kon draf, sonder 'n geluid, sonder 'n ritseling, net af en toe 'n skielike metaalknipgeluid. Die dood draf langs die voetpad, in voetsool en kraakbeen draf die dood, een god lose nag in April.
Tot 'n lang ingehoue skreeu uitskree.
Een het gestruikel, 'n ma met haar kind wat in haar bekken ingekap is, hier is 'n ander een met 'n pienk broekie in haar dybeen ingekeep, 'n string krale hang oor haar vlerkdun bladbeen, babas verbrysel tot In turksvymoes. Die geraamtes met verstarde gebare. Elke ledemaat afgewend, elke skedel ontwykend, elke arm versin sy eie stilte. Driehonderd en dertig elke uur vermoor.
Die koppies rondom Butare het daardie oggend wakker geword in In droesem van bloed en die wye, onbetaamlike toneel van bene. Bene. Soveel bene het in die piesangplantasies gele, soveel liggame het langs die oewers afgedryf. Koffie, avokado, heuningbye, honde, 'n hele uitspansel kraaie het hulself gevoed met die bloed. (Tongval:168.)
Hierdie beskrywing vind dan ook bykans woordeliks neerslag in die eerste gedig,
"klaaglied" (Kleur:77), in die vierde en laaste afdeling van Kleur kom nooit aIleen nie:
geruisloos draf die dood deur die donker draf die dood die kappende, dolwende dood (daar's gister en more, maar nou is draaglik)
deur voetsool en kraakbeen druis dood deur die donker dis die gouddonker hart van Rwanda
op 'n god lose nag in April die lang ingehoue skreeu skreeu
uit vrees, uit waansin, uit skuimende angs val gekaptes in omhelsings van bloed In ma met haar kind aan haar pelvis gekap In ligpienk panty in die femur gekerf
oor 'n vlerkdun skapula druip In stringetjie krale 'n baba tot turksvymoes in In vysel gekap elke ledemaat weer
elke tong draai weg
elke arm ontdek aileen haar stilte
Die ooreenkoms vervolg aah die einde van strofe vyf en in strofe ses:
die heuwels word wakker in In droesem van bloed en die onwelvoeglike spektakel van been
soveel beendere speek in die piesangplantasies soveel Iyke vlot langs die oewers
soveel vingers in die mae van visse koffie, avokado, heuning, honde
'n uitspansel kraaie word gevoed met bloed die dood draf voort in my skoene
driehonderd en dertig dooies per uur
Die gebruik van die wetenskaplike name "femur" en "skapula" in strofe twee pas in by die groter konteks van die bundel met sy motto uit In mediese handboek: 'WondhersteJ is die herstel van die integriteit van beseerde weefsel."
Die beeld van In gewonde en bloeiende landskap word dee I van In uitgebreide web van betekenisse wat gegroepeer word om die idee van verwonding en wat verband hou met die bundel se fokus op die rekonstruksie van identiteit na trauma. (Viljoen, 2002:32.)
In hierdie afdeling, getiteld "Bindweefsel", word die ruimte uitgebrei om die kontinent Afrika in te sluit. Die gedigsiklus "van litteken tot rivier" is die uitvloeisel van In reis waaraan Krog deelgeneem het as deel van In poesiekaravaan vanaf Goree-eiland in Senegal, met die handelsroetes van Wes-Afrika langs, tot by Timboektoe. In In Ander Tongva/ beskryf sy hierdie selfde reis in "Deel vyf In reis - ".
Hoewel die inhoud van die gedigsiklus grotendeels in In Ander Tongva/ weerspieel word, verskil dit in In groot mate wat die chronologie betref. Die gedigsiklus bestaan dan ook uit tien gedigte, terwyl Krog die reis in In Ander Tongva/ in qie vorm van In dagboek wat oor vyftien dae strek, beskryf.
Die eerste twee gedigte, "stad" (Kleur:85) en "voorbereidings" (Kleur:86), stem ooreen met die beskrywings wat by "eerste dag" in 'n Ander Tongval gegee word. Die dag begin met In beskrywing van haar direkte omgewing:
Sy word wakker op In groat wit bed in In spierwit kamer met wit vloere en wit katoengordyne wat heen en weer raer in die luggie van 'n groat wielende skroefwaaier. Dis asof die hitte reeds haar gewrigte losser laat. Sy stoat die hortjies oop in In maling van lig op salmpienk mure, seegroenhortjies en terracottadakke. lemand knip-knip aan 'n bougainviflea, skrap- skrap vee In besempie die sand. Agter dit alles sleep die see. (Tongval:312.)
Hierdie beskrywing stem ooreen met die eerste strofe van "voorbereidings" (Kleur:86), die tweede gedig in die siklus, hoewel dit baie meer kripties gestel word:
skrap-skrap vee iemand In kind huil woedend
agter dit alles sleep die see
Die beskrywing van die stad, Timboektoe, in die gedig "stad" (Kleur:85) en in In Ander Tongval stem graotliks ooreen. Daar is slegs In verskil in die chronologiese volgorde van die gedig en die van die beskrywing:
Want Timboektoe, Tombouctou, was nag altyd In stad wat die verbeelding aangevuur het belaai met legende, omring deur mite, verwee'f met herinnering.
Timboektoe het nag altyd aanleiding gegee tot drome: die Westerse een en die Afrika-een.
Die een van buite is ouer. Dit is 'n begeerte am die tuimelende prag en praal van 'n stad waarvan die rykdom altyd in strelende detail deur Westerse avonturiers beskryf is, te aanskou en te plunder. (Tongval:313.)
Bogenoemde beskrywing stem grootliks ooreen met die grootste gedeelte van die eerste strofe van die gedig:
by jou gaan alles waar word, dink ek Stad, ondermyn deur mite en legende verstrengel in twee verledes:
die smag van buite
am jou gul murmelende praal te plunder en die versugting van binne: (Kleur:85)
Die inhoud van die laaste twee reels in die strafe kom egter eers aan die einde van die stad se beskrywing in In Ander Tongval aan die woord: "Dan is daar die jonger droom, die Afrika-een: dat Timboektoe die plek is van aile mirakel en wysheid, die begin van aile kennis." (Tongval:314.)
op jou dag was jy die oerbron van mirakel en wysheid op jou dag was jy swart en die begin van alles
Strofes twee en drie van die gedig se inhoud word ook feitlik net so beskryf in In Ander Tongval en die beskrywings is in dieselfde volgorde, maar die voorlaaste strofe stem weer ooreen met In gedeelte wat aan die begin beskryf word:
"Timboektoe" was die woord waarmee haar voorvaders reeds vanaf die veertiende eeu hulle gierige drome gekarteer het. Hulle het aan mekaar berig gegee van dakke wat van ver af in die woestyn die ene goud glinster, van helder riviere waarin jy van jou boot kan afkyk om te sien hoe swerms seekoeie goud op die bodem ooptrap. Hulle monde het klam geword by vertellings van hoe die woestynwind voor jou oe voetpaaie van goud oopwaai. (Tongval:313- 314.)
maar verbete karteer my voorvaders hul gierige drome van glinsterende dakke riviere waar goud die bodem langs Iym,
voor jou 06 'n voetpad - goud gewaai deur wind
Dit is belangrik om te let op die verskil in perspektief in die prosateks en in die bundel.
Die hele reis in die prosateks is in die derdepersoon geskryf, terwyl In eerstepersoonsverteller in die gedigte aan die woord is. 'n Moontlike verduideliking hiervoor is dat Krog in die prosateks In sekere afstand wil skep, terwyl die poesie In meer persoonlike en eerlike genre is.
Die derde gedig in die gedigsiklus, "reis" (Kleur:87), is In beskrywing van die groep digters se reis langs die algemene roete:
reisende
reisende die roete in
die roete behorende tot die wat hoort en die wat nie hoort nie
reisende
reisende al inner die oerroete in (strofe 2)
Groot gedeeltes van die gedig stem dan ook ooreen met dit wat in In Ander Tongval by die "tweede dagll (Tongval:315) van die reis geskryf staan. Dit is veral die ooreenkoms tussen die eerste strofe van die gedig en In beskrywing in hierdie gedeelte wat opval:
ons begin by die deur
waardeur niemand terugkeer nie by die slawedeur tree die woorde terug ons tel die woorde oor die drumpel ons spoor die voetspore op
van die wat nie kon kies nie
wie se liggaam in een rigting draai en die binneste in 'n ander
om die ewewig te vind tussen die rigting van die liggaam en die rigting van verlange dis die moment wat die woord op haar tone kom
Volgens die beskrywing in 'n Ander Tongval wil dit voorkom of sy weer eens met hierdie woorde aan iemand anders, in die geval die Senegalese digter, Thierno Salle, In stem verleen:
Die Senegalese digter Thierno Salle val langs haar in. Hy sprei sy arms: Ons begin by die deur waardeur niemand teruggekeer het nie. Die slawedeur van Goree. Ons staan by daardie deur. Ons vat die woorde in ons hande. Ons tel die woorde terug oor daardie drum pel waarvan niemand teruggekeer het nie. Ons dra die woorde terug die land in. Ons spoor die voetspore op van die wat nie kon kies nie, wie se liggame in een rigting draai, en hul verlange in 'n ander. Ons kom terug om ewewig te vind tussen die rigting van die liggaam en die rigting van verlange. Dit is die punt waar die liggaam weer kan begin dans.
(Tongval:316.)
Dit is egter duidelik dat sy in die gedig haar poetiese stempel afdruk deur die laaste sin te wysig. Die belangrikheid daarvan word ook beklemtoon deurdat dit aileen geplaas word: "dis die moment wat die woord op haar tone kom" teenoor "Dit is die punt waar die liggaam weer kan begin dans." Hierin Ie ook In suggestie van die saambestaan van die woord en die liggaam vir Krog. Vir die wat uit die slawetonnel ontsnap, dit wil se die besoekers, raak d liggaam bevry, maar vir haar begin die woorde vloei en dans in die woorde Ie dus vir die digter vryheid en lewe.
Wanneer die inhoud van die prosateks met die van die gedig vergelyk word, val dit weer eens op hoe Krog die chronologiese verloop manipuleer om in te pas by die poetiese struktuur. Volgens die prosateks het die simboliese reis deur die deur Cons begin by die deur") waarmee die gedig begin, eers in Kaolack plaasgevind, dus nie die begin van hul reis nie. Die gebeure by die plekke wat in beide die prosawerk en die gedig genoem word, stem ook nie ooreen nie. Volgens die beskrywing in 'n Ander Tongval was die vroulike griot in Kaolack, "In die verblindende son gooi sy haar Iyf agteroor soos In sabel. .. ", maar in die gedig staan: "by Tambacounda gooi In vroue-griot/ haar Iyf agteroor soos In swaard" (strofe 4).
In strofe vyf van "reis" (Kleur:87) word daar melding gemaak van elke dorp en stad op die roete waarby hulle aangedoen het, asook In gebeurtenis wat die digter daarmee assosieer. Deur die loop van die reisbeskrywing in 'n Ander Tongval word alles wat in kort in die gedig genoem is, bevestig en meer uitgebreid beskryf, byvoorbeeld: "in Bamako streel ons speserye en silwer! waar paddas in konstellasies die hoeke uitkleef' (strofe 5). In 'n Ander Tongval word daar verwys na In handwerkmark in Bamako:
Dis 'n geroesemoes van klank en kleur en geur. In Plek waar bok- en kameelvelle gebrei word, rondom sit mense wat rustig skoene, sandale handsakke, gordels maak. Daarnaas is die silwersmede besig om die allerfynste patrone op teelepeltjies, armbande en ringe aan te bring. (Tongval:330.)
Die teenwoordigheid van die paddas word soos volg beskryf:
Rondom hulle spring paddas rond met rooi oe en gapende bekke soos in die Bybelse plaag.
Die lee, verbrokkelde swembad is propvol paddas. In die hoeke klim hulle opmekaar in verskeie konstellasies soos hulle probeer uitspring. (Tongval:332.)
Die verskil in skryfwyses van sekere plekname in die digbundel en in In Ander Tongval is opvallend. Dit is duidelik dat Krog sekere plekname in die bundel verafrikaans het, terwyl die spelwyse soos dit in Wereldatlas vir Suid-Afrikaners (Joyce, 2004:86) verskyn in In Ander Tongval gebruik word. Enkele voorbeelde is "Seghoe" en "Ghoendamll (Kleur:87) teenoor "Segou" (Tongval:335) en "Goundam" (Tongval:348). Die aanvaarde
Afrikaanse skryfwyse vir Timboektoe (teenoor Tombouctou) word egter in beide die bundel en die prosateks gebruik.
Met die volledige reisbeskrywing in 'n Ander Tongval as gids, is dit in In mate makliker om te verstaan waar die gedigte oor die reis vandaan kom. So blyk dit dat daar in die gedig "griotsll (Kleur:89-90), soos die titel voorstel, uitsprake van meer as een griot vervat is. Krog verleen dus ook aan hulle In stem. Die tweede strofe van die gedig lui:
ons is die bewakers van menseheugenis ons eet die woord wat ons uiter
ons stig brand in die geheue as ons woord op papier sit
ons leef v~n die daaglikse brood van die woord
Hierdie strofe stem ooreen met die woorde van manlike griots waaraan die groep digters in Kita In besoek gebring !let:
En uiteindelik kom hulle by La Maison de Parole aan - die Huis van die Woord, die plek van die griots, in In gebou wat al sedert die vyftiende eeu deur hulle gebruik word. Almal trek skoene uit en gaan sit op die matte al langs die muur af. Oorkant sit by die dertig manlike griots - hoogs bejaard tot hoogste bejaard met hier en daar In jongeling van sewentig.
(Tongval:325-326. )
By 'n vraag oor die rol van griots in die samelewing en hoe hulle opgelei word, antwoord een namens almal:
Ons eet die daaglikse woord. Ons leef van die daaglikse brood van die woord.
(Tongval:326.)
Die res van die gedig stem grootliks ooreen met die woorde van die digteres Were Were Liking wat deel van die poesiekaravaan is:
Die aand kry Were Were 'n geleentheid om oor haar werk te praat. ... Netjies op In ronde tafeltjie staan haar laptop oopgeklap, met die program vir die aand op die skerm:
ons is die skrynwerkers van die geheue ons skaaf woorde
die grein van die woord is die kultuur van genade daar is die menswaardigheid van die woord die adel van die woord
die plek van woorde in In kamer van kamers in dorpe van sand en wind die woord beweeg van mens tot mens totdat aile woorde byeengehoor word ons is meesters in die oordra van die siel die roete van die reis
die vlerke van die taal
om die wereld te sien verbygaan in die voorportaal van taal
met soveel heerlike asem tussen die ribbes (Kleur:328).
Hiermee verwoord sy dan ook die werk van griots (tradisionele orale digters), sowel as digters en dit word ook so verwoord in strofes 4 - 9 van die gedig:
ons is die skrynwerkers van die geheue ons bewerk woorde
daar is die menswaardigheid van woorde die adel van woorde
die plek van woorde in In kamer in dorpe van sand en wind ons is meesters
in die oordra van die siel
nie net die woord nie, maar die reis van die woord die spoor van die woord
die reis na die woord t6e om met oop oe te reis om die storie te vertel
hoe beweeg In woord van een mens na In ander totdat aile woorde byeen gehoor word?
die griot is die dubbel skaduwee van die mens die roete is reis
die vlerke is taal
om die wereld te sien verbygaan
om die woord te sien verbygaan in die voorportaal van taal In plek stralend van asem
om die woord te eet
om die woord uit swoerd te smee om wurg in woord te verander woord afkomstig van die hele huis
kollektiewe godsaJig' woord
In die laaste strafe van die gedig word Krog self In griot wanneer sy die gebeure random haar deel maak van haar gedig:
In berber op sy perd - allerpragtige spierwit perd wat rondtrappel met henna kolle in kuif en stert In troppie bokke kom stadig deur die gedig gewei ook motorfietsies beman met lang gewade en fesse soms skoeter 'n vrou in deftige kopdoek ...
Die beskrywing in In Ander Tongval wat hiermee ooreenstem, is meer volledig sodat In duideliker beeld van die gebeure gevorm kan word:
Vanuit die voorste gestoeltes, tussen die dans, voordra en stof deur, merk sy In berber en sy perd aan die rand van die skare. Dit voel asof sy In mirakel slen .... die pragtige spierwit perd wat met sy geboe nek pronk - hennakolle in sy maanhaar en stert. As sy dit sou skr)f, sou dit klink na magiese realisme .... Terwyl Zein lees, kom In troppie bokke rustig deur die skare gewei. Die gedig word Arabies en bokbler. Terwyl sy haar nuwe gedig lees, sien sy uit die hoek van haar oog In klein motorfietsie agter die skare verbystotter. Die vrou se kleed wapper vrolik, haar opgebinde koptooisel effens skeef. Sy maak dit sommer deel van haar gedig, so in die voorlees. Die motorfiets en die bokke en Afrikaans. Sy voel hoe In gloed van plesier en verleentheid oor haar gly. Gee sy toe aan iets? Stel sy haar oop aan nuttelose invloede? Terug in haar sitplek voel sy vir die eerste keer minder ... verlore. (Tongval:336.) Daar is geen verwysing na die vyfde gedig in die siklus, "Samba Diam Werdi opgeteken langs die Niger" (Kleur:91), in In Ander Tongval nie, maar daar is wei 'n storie oor dieselfde mense:
Rustig begin Albecaye In storie vertel en sonder dat sy vra, begin die rekenmeester vertaal.
Tussen die lig en water vloei sy woorde: Van die Fulani-mense was daar die man en die vrou. '" (Tongval:352-353.)
Die eerste strofe van die gedig verwys ook na II ... In Fulani meisiekind ... ". Dit is belangrik om hier weer eens te verwys na die proses van transformasie wat hierdie stories ondergaan voordat dit in Krog se tekste verskyn. Viljoen (2002:26) verwys hierna wanneer sy daarop wys dat die narratief van Samba Diam Werdi vanuit die Wes- Afrikaanse konteks 'vertaal' is na In Afrikaanse literere konteks.
Die uiterstes van Afrika wat Krog op hierdie reis beleef, word in die sesde gedig,
"verskrikking" (Kleur:93-96), saamgevat. Die gebeure wat hiermee ooreenstem, word deur die loop van die reis in In Ander Tongval beskryf. Die eerste drie strofes stem ooreen met die beskrywing van die grenspos tussen Senegal en Mali waar hulle aanvanklik toegang geweier is (Tongval:319).
Die vierde strofe toon ooreenkomste met die beskrywing van die "vierde dag";
Om haar eet almal lustig. Die weersin Ie so dik in haar keel dat sy weet sy sa! daarvan ste rwe , sy sal absoluut sterwe as sy van enige lets eeL (Tongval:322.)
In hierdie geval bevat die gedig egter meer inligting as die prosateks:
ek kan my nie bring om In dIng te eet nie
ek, kleindogter van ouma Jeannette Fiemies, sal op die plek sterwe as ek daarvan eet
se sy en die dokter van British Airways (Strofe 4)
Die verwysing na ouma Jeannette is In outobiografiese verwysing na Krog se ouma en speel ook terug op In .gedig in Jerusalemgangers (1985), IIby die dood van ouma Jeannette Bekker ' (p. 42): " ... my! iepekonder fiemies vertroetel ... " en " ... my ontsmette kos voer ... ". Die dokter van British Airways verwys na die begin van" In reis" waar In dokter van British Airways haar geTmmuniseer het voor die reis en ook gewaarsku het:
"Geen slaai, absoluut geen slaai nie. Geen water. Moenie by plaaslike mense koop nie, aile kos moet vuurwarm wees." (Tongval:311.)