KOLLE VAN KWEEK
S. C. HATTINGH
uan dea ^Jdé eeuey'
aó enó ea ^dunó tenaay
Die bespreking wat hier volg, is hoofsaaklik baseer op gesprekke wat skrywer hiervan
met
C. M. van den Heever gevoer het kort voor sy afsterwe op die vroeë more van 8Julie1957.Ek was
vanplanom
’nreeksmonografieëvan Afrikaanse skrywerssaam
te stel en die eerste deel sou oordiewerk vanVan
denHeeverhandel.Hy
hetdiegedagte van harte verwelkom, veral daar dit sou saamval met die verskyningvansy versamelde werke.Maar Van
denHeever het ookom
’n ander rede na die verskyning van so ’nmonografie uitgesien:
hy was bekommerd
óor die rigting waarin ons letterkunde, veral ons poësie besigwas om
te ontwikkel. Volgenshom
toon dit ’n afwaartse neiging, enom
sy eie woorde te gebruik: „Kuns moet vlerke hê, ditmoet nie afneig grond toe nie
maar
dit moet opstyg, die bloutes in”.Hy
hetgevoel dat al dieou waardes, die dinge wat deur die jare vir ons soveel beteken het, ten onregte verkleineerword
en dat belangrike skrywers nousommer
goedsmoeds opsy gestoot word. Dis ook verkeerdom
’nvergelykingtewiltreftussen onskuns endié van Europa.
Ons hetgrootgeword in die ruimteswaar daarmin kontak
is met mense. In Europa en die Ooste beweeg duisende mense
rondom
jou en ditneem
die waarde van die lewe heeltemal weg. Die natuurwas
ons vrienden daar bestaan nie die neigingom mekaar
heeltemal te verdruk nie.Daar
lê die groot onderskeid tussen ons kuns en die kuns van Europa.Laasgenoemdeis’nwêreldvan oorbevolktheid
met
alles wat daaruit voortvloei, terwyl ons kinders is van die ruimte. In sulkeomstandighede gaanverfyning van gevoel verlore,
maar
byons hetditdarem
nieheeltemal gebeurnie.A1 hierdie dinge
wou Van
denHeever graag in die mono- grafie vermeld sien sodat die wanvoorstellings wat daar, volgens hom, oor sywerkbestaan, uit dieweg
geruim kon word. Die dood het egter ingetree voordat diewerk voltooi is en al kanhy
nou nie sy goed- of afkeuring daaroor uitspreeknie, is ditonder omstandighede miskien moontlikom
’n meer ewewigtige beeld van sy kunstenaarskap daar te stel.34
C. M. van den Heever, omstreeks 1952
.'!»
V
C. M. van den Heever het grootgeword op die plaas Poortjiein diedistrikTrompsburg. Hier bring
hy
feitlik sy dae in die veld deur as veewagter en leer die bossiewêreld met sy dierelewe goed ken.Hy
hetmaar min
tyd in die huisdeurgebring;hy
dwaal oor dievlaktes envelde, let op die gewoontes van diere en bespied saans die voëls wat in dierietelangs die rivier te kere gaan. Baie middae baljaarhy saam
met dieklonkiesindie rivierofwinddam
ofneem
deel aan kleilatgevegte. In alle opsigte
was hy
dus ’n egte natum’kind. In die somerwas
dit baieaangenaam
met al die verskillende soorte vrugte, spaanspekke en waat- lemoene; die plaas bied die ideale bestaan wat deur geen ander oortref kanword
nie.Vir ’n kind van daardie dae
was
ditnie baieaangenaam
as die skoollewe begin nie. Dit lê die vryheid te veel aan bande en voer die leerling ’nvreemde wêreld binne.
Hy
sou veelliewermetdiebekende dingeomgaan
soossy veldmaats en diedierewathy
daagliks ontmoet: meerkaaie, vlakhase, koesters en watervoëls. In daardie daewas
die tug in plaasskole baie strenger as nou.Daar
is veral gelet op presiesheid, netheid en volslae gehoorsaamheid. Vir die geringste oortredinghet die kweperlat jousitvlak bestryk.Dit
was
’n groot vreugdeom nuwe
boeke te ontvang wat met die grootste sorg opgepasmoes
word. Die geur van’n
nuwe
boek het altyd herinneringe aan sy skoollewe byhom
wakker geroep.Van
denHeeversevaderhet’nbelangrikerolindiekerk gespeel. Virdie kinderswas
nagmaal’ngroot gebeurtenis;dan ontvang hulle geld vir allerhande lekkernye en hulle kry ook die geleentheid
om
die dorp (Trompsburg) te besoek.Hy
het ook aangename indrukke van volksfeeste soos Kersfees en nuwejaarsdag. Veralby laasgenoemdehet volkspeletjies ’n vername rol gespeel, en dis hierwaar
Engelse liedjies soos ,,Walking on the green grass” diep ingedring het.Gedurendehierdie tydperk het
Van
den Heeverdievoor- reg gehadom
met boeremense deeglik kennis te maak.Hy
het altyd
saam
metOupa (Wynand
van den Heever) gereis na bidure en begrafnisse. Die boerebegrafnisse het ’nsomber indruk op sy jong
gemoed
gemaak. Dit spreek duidelik uit beskrywings van sulke gebeurtenisse in sy prosawerke.Oupa was
ook bekendom
dienste te lei,maar
daarbywas hy
’n opgewekte persoonlikheidwat vriende en kennisse met allerhande streke verras het.En
dis ook oorhom
watVan
den Heever dietreffende sketsOupa
geskryf 35het. Dit het eers in
Mens
enWoord
enlater inSwaard van die Oomblik verskyn, Daarin sê hy:„Oupa was
niesieklik nie. Almal hetgesê dathy
baie goedlyk.Hy was
altydopgeruimdenvol grappies.Maar
oupa, as
man
wat gelowigwas
en wat tewens ook die aarde liefgehad en geken het, het geweet dat die bladhom
eersdaags liggies soumoes
losmaak vandie leween dan afdwarrel na die grond toe.Oupa
het nie oor diedood gepraat nie.
Hy
het die seën ontvangom
dieweg
van die lewe na die dood nie as ’n groot skok aan te voelnie,maar
as ’nnatuurlikeoorgangwatmet weemoed omgewe
word, net soos die herfs oor die natuur ’n waas vanweemoed
lê as die een jaargety in die ander ver- vloei...”
Op
dertienjarige leeftyd vertrek C. M. van den Heever na Bloemfontein—
en van daardie oomblik af leerhy
die stadsleweken.Diekritiekwat somsoor sywerkuitgespreekword
as souhy
kennis hê van die plaaslewe,maar
nievandiestadslewenie, is (volgens
hom)
heeltemal ongegrond. ’nKunstenaarkies niesy temas nie, dit word gekies deur sy lewensaard, hulle dring hulle vanself op. Die temas oor dieplatteland isnogbelangrik
maar
diestadneem
al meer enmeerdieplekdaarvan in.Die bewering dathy, wanneerhy
die stadsleweuitbeeld,hom
op ’n terreinwaag
waar hy geen kennis van het nie, is ’n groot onreg.In Bloemfontein besoek
hy
die bekende Grey Kollege- skool en na matrikulasie gaanhy
na die destydse Grey Universiteitskollege. Ditwas
’n wonderlike ervaringom
weer met vakansie terugte gaan plaas toe.
Wat hy
vroeër asvanselfsprekendaanvaarhet,word
nou ’nverrassing vol heerlikheid: dieplaaslewe ontwikkeltot’nidealistiesebeeld in sy gemoed.En
dan voeghy
byna weemoedig daarby:Jare daarna het die plaasomgewing omtrent geen indruk op
hom gemaak
nie. A1 die wonderlikheid was verlore ...
in diebegin het
hy
die dingemaar
gesien deur die oë van’n kind.
Op
universiteitmaak Van
den Heeverdeeglikkennismet professor D, F, Malherbe.Hy
koester’n grootbewonderingvirMalherbe selesings watin sierlikeen suiwer Afrikaans aangebied word. Deur
hom
ontwikkel ook sy liefde vir Afrikaans en dieAfrikaanse letterkunde. Die grootinvloed wat Malherbe op sy jonggemoed
gehad het, blyk duidelik uit sy eerste gedigte en uit prosawerke soosOp
die Plaas enLangsdie Grootpad.Maar
dis eintlik eers gedurende sy derde jaar op universiteit dathy
beskeie begin skryf het.Tot ophierdiestadium
was
sybelangstellingingeskiedenis 36baie sterk, trouens
hy
het sy hele lewe lank ’n groot voorliefde daarvoor getoon, soos duidelik blyk uit die belangrike werk Generaal Hertzog wat deurhom
saam- gestel is. Kennismakingmet
professor F. Franckenwat
Nederlandse letterkunde doseer het, hethom
van studie- rigting laat verander.Hy
stel al meer belang in die Nederlandseletterkunde enword
deur professor Francken aangemoedigom
sy M.A.-kursus in letterkunde te voltooi.Hierdie belangstelling
word
al groter en gaandewegword
sy bewondering vir die Vlaamse letterkunde ook gewek.Dit
was
nie ’n dorre boekgeleerdheid nie; die studie waseintlik ’n innige oorgawe aan die genot en skoonheid van die wêreld van die letterkunde.
Hy
het die taal van dieManne
van Tagtiggoedverstaan enhulle skeppinge hetbyhom
die dranggewek om
ook iets te skryf. Onder sy eerste bydraeswas
gedigte,maar
’n paar van sy prosa- stukkies het inDe
GoedeHoop
verskyn. Hierin hethy
’npogingaangewend
om
’nbeeld tegeevan dieboereleweom
hom;
hy
gee gestalte aan dinge wathom
getref het en wat virhom
mooi was.Hy kom
veral onder die bekoring van die taal wat die boeremense gebruik enmaak
aan- tekeninge van die skilderagtige uitdrukkings wat hulle besig. Ditwas
virhom
’n vreugdeom
te luister na diemense en
hy word
geboei deur hulle taal, hulle gebare en heleoptrede. Hierdie belangstelling in die lewendetaal het baiegehelpom
dieinvloedvanboektaal teen tewerk. Daaris somswild beweer dat
hy
onder die invloedvanStreuvels staan,maar
die bewering is slegs gedeeltelik waar. Streu- vels se werk het byhom
die drang laat ontstaanom
die boer en sy taal uit te beeld,maar
terselfdertyd hethy
ook groot agting en bewondering gehad vir Cyriel Buysse en die werke van ander Hollandse en Vlaamse skrywerswat
oor die boerelewe op die platteland waarvanhy
intieme kennis gehad het, gehandel het.Hy
het eenmaal ’n opstel oor Streuvels in Die Huisgenoot geskryf en dit het aan- leiding gegee tot veel napratery, o.a. dathy
sterk onder die invloed van Streuvels staan.Maar hy
het ’n ewe groot bewondering en waardering gehad vir Russiese skrywers soos Tolstoï en Dostojefski. Destydswas
die sg. populêre boek en tydskrif nog op die agtergrond.Hy
het ’n sterk drang gehad na goeie leesstof en professor Franckenwas
’n
bekwame
gidsom
leiding te gee in verbandmet
goeie,moderne Nederlandse letterkunde.
Intense belangstelling in die poësie
word
byVan
den Heever gewek nadathy
die werke van die Tagtigers en ook van sekere Vlaamse skrywers gelees het.Hy
ontvang37
nie sy vorming deur middel van die Engelse boek nie; dis die Nederlandse en Vlaamse boek wat ’n lewende belang- stellingenliefde vir dieletterkunde by
hom
gewekhet.Hy
het eers veel later
met
die Engelse letterkunde kennis gemaak,veral toe hyhom
vir dieM.A.-graad voorberei het.’n Boek watvir
hom
baie treffend was enookdiep ontroer het,was Ampie
I deur Jochem van Bruggen.Aan
die een kant ondergaanhy
dus die invloed van D. F. Malherbe en aan dieanderkantdié vanVan
Bruggen—
iemand watdie Afrikaansemens
uitbeeld sooshy
dit graag souwou
doen.Die basis van
Van
den Heever se prosakuns is die ware Afrikaanse boerelewe. Die verhouding tussen pa en seunis definitief ’n boereverhouding (Langsdie Grootpad, Laat Vnigte).
Van
den Heever beeld hierdie verhoudingalreeds uit in die verhalende gedig Die Aandster. Daarin tree op die verfynde kêrel wat sterk aanvoel dat mense wat met die aardeomgaan
buitengewoon grof is. In sekere sin kan ons hierdiegedig asoutobiografies beskou.Van
den Heeverwas
nooit van planom
’n geleerde te word nie—
hy sou gaan boer.Maar
die grofheid van die mense wat met diegrond werk, het
hom
tot ander insigte gebring. Daar ontstaan byhom
’n drang na die skone, ’n verlange na die hoëre en meerverfynde dinge van die lewe.Sy eersteskeppinge, soos reeds vermeld, was in die
vorm
van poësie en dit word gebundel in Stemmingsure. Daarna volg sy eerste prosawerkOp
dic Plaas.Op
hierdie tydstipwas
hy as joernaliswerksaam
aan Die Volksblad en het al meer bedrewegeraak in die prosa.Van
die lang natuur- beskrywings in die boek sêhy
dievolgende: ,,As jy groot- geword het op ’n plaas dan dring die skoonheid van die natuurhom
aanjou op.Ek was
van vroeg afaanverbonde aahdieplattelandselewe enhetdit sorgvuldigwaargeneem—
daaromdatnatuurbeskrywingsso’ngrootrol inbaievanmy
prosawerke speel.” InOp
dic Plaas is daar van die begin af ’n botsing tussen die lelike en die aantreklike, tussen die praktiese en idealistiese. Dit blyk duidelik uit die verhouding tussen Freek en Miem.Miem
die nooi van die stad, is oppervlakkig, sonder erns en lewensdiepte, terwyldieplaasseun besiel ismetidealeen ’n sterk neiging openbaarom
na hoër dingete streef.Van
denHeeverontken heftig dat sy werk romanties is—
dis die idealistiese wat sterk opdievoorgrondtree.Ons
vindditweerindietweede roman, nl. Langsdie Grootpad. Hansie, diehoofpersoon, isnie tevrede met die alledaagse, gewoon-praktiese nie
—
hy het ook ’n drang na iets hoërs, hy wil die skoonheid en waarheid dien en die middel daartoeis sy vioolspel.Op
die38
kritiek dat
Van
den Heever sy onaangename karakters oordrewe voorstel in die sin dat hulle tekortskiet aan lewenswaarheid,issy antwoorddatiemand watbesielword
dem’ idealisme hewig in botsing salkom
met die lelike.Dit hetinwerklikheid nikstedoenmetromantieseneigings nie, dis ’n saak van lewensaard, ’n drang na die verfynde in die letterkunde. Daaruit vloei voort die botsing tussen die praktiese lewensaard en die idealistiese wat vasskakel in die wêreld van die letterkunde.
Hy
skryf nie oor die plaas omdat dit populêr is nie, ook nie omdat dit ’n goeie tema is nie.Hy
skryf daarooromdat
die stof uit sy sielkom, omdat
hy
die plaasomstandighede grondig en goed ken. Dit is ook ’n saak van verwerkliking.As hy
nie sy toevlug geneem het tot die wêreld van die boek nie, hoe konhy hom
dan verwerklikmet
die gewoneplaaswerk wat niebysyaard aanpasnie?Indie
roman
DroogtespitsVan
den Heeverhom
skerper toe op diemens
self.Daar
verskyn twee groepe persone:die plaasboere wat die landelike element verteenwordig en dieonderwyseren sygesinwatons naderaandiestadslewe bring. Die begrip „droogte” het hier ’n uiterlike en inner- like betekenis. Die groep boere
word
deur ’n uiterlike droogte getref. Hendriks en sy vrou word ontleed met dieoog op die droogte in hulle sielelewe: die begrip het hier simboliese betekenis. Die werk openbaar groter objektiwi- teit wat ontwikkel tot suiweranalitiese realisme. Diesiele-
lewens van sy karakters
word
skerper en indringender deurgrond, die beklemtoningvan die natuurmaak
gaande-weg
plekvir die ontledingvan die mens.Van
die landelike beweeg sy belangstelling in die rigting van die stad.Ook
in Groeikan hierdie verskuiwing van belangstellingwaargeneem
word. Die invloed van sy jeugherinneringe is nog orals merkbaar sodat die werk eintlik ’n dubbelloop- motief, platteland-stad, bevat. Die botsing word nog veroorsaak deur die spanning tussen die idealistiese en die praktiese,maar
gaandewegneem
die plaas, hoe langerhy
vanhom
afskeid geneem het, ’nnuwe
gestalte aan. Dit word nou meer gesien in ’n idealistiese waas, soos in die novelle Somer. Hierword
die plaas in sy mooi gestalte gesien. Die verhaal vloei voort uit ’nverlangena ’n wêreld wat verby gegaan het, uit ’n drang na ruimte, na die bloutes. Die handeling is saambeweef met die natuur- gebeure. Diemense staanin ’nmagtige strydgewikkelmet die natuur. ’nGeweldige somerbrand heers oor die koring- lande en mense. Dit dring die oeste tot rypheid, totdat eindelik net die kaal stoppellande oorbly,maar
selfs hulle39
spreek van ’n
nuwe
lente en somer wat sal kom, uit die verganklikheid spreek ’nnuwe
lewe. Die kringloop in die natuurgroeiin die karakterstotlewensbegrip. „Deur hulle liggame, hulle siele werkdie natuur, werk dit injaargetye, voel hulle die sagte ontwaking as die lente kom, die ryp- wording vandieleweopdielande, diehuiweringvannajaar deur die lug, en die skerpekoms
van die winter wat alles verstol en die lewe laat slaap in rustige onwetendheid. So gaan hulle voort, telkens gehul in die steeds geheimsinnig wysigende atmosfeervan jaargety na jaargety. ..”Maar
stadigneem
die neiging toeom
’n analitiese uit- beelding te gee van sekere karakters en omstandighede.In
Kromburg word
die botsing uitgebeeld tussen die idealistiese, die fyne en skone en die platvloerse.Van
den Heever behandel ’n bepaalde gees in die maatskappy, in hoofsaak die geesvan bekrompenheid en kleinsieligheidenhy
beeld dit uit as ’n verskynsel wat besig isom
diep in ons volkslewe in te vreet.Hy
sien daarin al die lelike elemente in ons maatskappy wat alles wat.skoon en ideëel is, soos ’n kankeromklem
en verstik. Hierdie vernietiging van die skoneword
verbeeld in die stryd en strewe en ondergang van die karakter Wenda. Later word hierdie analitiese indringing in karakters verskerp wat duidelik aantoon dat die skrywer ’n studie van die dieptesielkundegemaak
het. Die verdieping is merkbaar in die romansVan
Aangesig totAangesig, Gisteren indienovelles saam- gevat in Kringloop van die Winde; ook in ’n hele aantal kortverhale.In
Van
Aangesig tot Aangesig het ons ’n uitbeelding van die karakter vanOom Naas
Steenberg wat stap vir stap in die rigting van algehele kranksinnigheid beweeg.In Gister is die kerngedagte as volg: Die invloed van die verlede sal altyd merkbaar in jou ganse optrede wees, al
soek jy na
nuwe
lewensfere. Dit is in elk geval beterom
jou verlede te erken en
om
daaruitboustowwe tewen
wat jy met vrug in die toekoms kan gebruik. Dit is juis deur die teleurstellings en harde slae van die lewe dat diemens
totbesinning
kom
enwathom
instaatstelom nuwe
insigte teontwikkel. Disalleendeurlouteringdat’n suiwerlewens- beeld kan ontstaan. Die drienovelles in Kringloop van dieWinde vorm
’n dieper geestelike eenheid, verteenwoordi- gende drie tydperke in ons volkslewe. Eers die moeisame stryd en opbou van ons kultuur na die Tweede Vryheids- oorlog, dan die botsing tussen die twee landskulture, ’n periode waarin lelike verskynsels reeds sigbaar word, en40
laastens clie huidige tydperk waarin die ou Afrikaanse waardes besig is
om
te verkrummel en in duie te stort.Dieanalitieseuitbeelding
neem
somsdiegestalteaanvan die ironiese, soos in Marthinus se Roem. Hierin dryf dieskrywe onverhole die spot
met
sekere figure wat so goed bekend staan in die Afrikaanse kultuurstryd. Die satiriese element tree sterk op die voorgrond en slaan in gegewe oomblikke oortot’nbytende, vernietigendespot. In hierdie werk, asook gedeeltelik inVannag kom
die Ryp, het ons dus ’n uitbeelding van die bekrompene en kleinlike in die samelewing wat dikwels half spottend gesien word. Daar- teenoor kry ons die verruiming van die grootse soos in Atiderkantdie Berge. Dis interessantom
daarop te let datVan
denHeeverjuis hierdieroman
beskou het as die beste wat hy ooit gelewer het. Sterkkom
daarin die idee tot uiting dat die skone en goeie die hoogste geluk bring, en die skone en goeie is virhom
die natuurlike verloop van sake, soos metdiejaargetye. Ditisdiehoogste sedelikheid, want inwetmatigheid, in die vasgestelde daarin skuil God, en dit is ook in elke mens.Ons
kry ook die wrangheid in die samelewing waarin die stoflike die idealistiese byna heeltemalverdring. So ’ntoestandskepVan
denHeever in dieroman
DieHeld.Deursy fyn aanvoeling en indringende ervaring, ishy
in staatom
sy vinger op die pols van die Afrikanerstrewete lê en sodoende dinge te ontmasker watin die alledaagse lewe aan ons verbygaan of wat ons in ons ywer as heeltemal behoorlik en reg beskou.
In die
roman
Laat Vrugte keerVan
den Heever weer terug na die plaaslewe. Dit is heel moontlik die gaafste prosawerk wathy
geskryf het. A1die karakters wathy
in hierdieverhaalskep, issterkpersoonlikhedewat met groot magtein botsing kom.Van
almal oorheersdiegestalte vanOom
Sybranddiehelewerk.Hy
isdeurgaansdaarvan bewus dat sy optrede verkeerd is,maar
die magte tenkwade
is virhom
te sterk. Telkens verneemhy
die verdoemende woorde ,,jou dag sal kom,God
slaap nie.”Hy
staan daar as die verpersoonliking van die ouderdom wat nie aan die jeug sy regmatige plek wil toeken nie.Weer
vind ons hierVan
den Heever se lewensvertolking dat straf of vernieti- ging altyd volgwaar
die ewige natuurwetlikheid versteiu’word.
Mens
kry die indruk datdie opvattings wat gaande-weg
by die skrywer ontwikkel het in hierdie werk tot ’ngekonsentreerde lewensvisie ontplooi: Die idealis wat ’n
onversadigbare hunkering het na die skone, die ordelike, die ideale, teken hier skerp die kontras tussen die skone in die menslike karakter en in die samelewing en
kom
41