HOOFSTUK 5: GEVOLGTREKKING EN SLOT
5.2 Beantwoording van navorsingsvrae
5.2.4 Persepsies van leerders oor die aard van die kommunikasie
Die onderwysers is van mening dat die projekleiers en die leerders wedersydse respek aan die verskille tussen elke kultuur toon. Hulle is verder van mening dat die projek poog om mense se persepsies te verbreed teenoor ander rolspelers se kulturele voorkeure en dat die projekleiers die aktiwiteite daarvolgens aangepas.
5.2.3.5 Gevolgtrekking oor die onderwysers se persepsies
Die persepsies van die onderwysers toon aan dat die projek grotendeels aan al die vereistes van die beginsels van deelname, dialoog, bemagtiging en kulturele identiteit voldoen.
Daarteenoor is daar ook altyd ruimte vir verbetering in terme van groter gemeenskapsdeelname om ’n groter impak op die omgewing te maak. Die onderwysers is van mening dat ’n groter groepsdeelname aan die projek meer blootstelling aan die gemeenskap gaan gee oor die doel van die projek en wat die leerders daaruit leer om in hulle gemeenskap ’n verskil te maak. Die waarneming het wel getoon dat die deelnemende kommunikasie tussen die onderwysers en die ander rolspelers nog heelwat uitdagings inhou om aan die beginsels van die deelnemende benadering te voldoen. Sou die onderwysers deelneem aan alle fases van die beplanning-, uitvoering- en evalueringsfase van die projek en die kommunikasie wedersyds, op ’n gelyke vlak tussen hulle en die ander rolspelers plaasvind; sou hulle saam die ander rolsplers verbeteringe vir die projek kon voorstel.
Nou word daar aandag gegee aan die siening van die bevoordeeldes van die projek om navorsingsvraag 4 te beantwoord.
5.2.4 Persepsies van leerders oor die aard van die kommunikasie
Al drie projekte se leerders is van mening dat hulle tydens die uitvoering van die aksies deelneem aan die besprekings. Die projekleiers maak ten alle tye seker dat die leerders ver- staan wat die doel van die aksie is en wat van die leerders verwag word om die aksie uit te voer. Die leerders is van mening dat hulle elkeen ’n bydra in die projek lewer tot die groep en dat hulle mekaar aanspreeklik hou om aksies by te woon sodat hulle as groep saam kan werk om beter leiers vir hulle skool te wees. Die leerders kry ook ’n sertifikaat aan die einde van die termyn as hulle meer as 70% van die aksies bygewoon het.
Verder is die leerders van mening dat hulle wel deelneem aan die evaluasieproses, omdat hulle na elke aksie terugvoer gee oor die ervaring van elke aktiwiteit, wat hulle van gehou het en watter verbeteringe daar aangebring kan word. Alhoewel die leerders nie kon aandui om hulle terugvoeri enige doel dien nie, kan die gevolgtrekking gemaak word dat hulle wel van mening is dat hulle deelneem aan die evaluering van die projek.
Die leerders se terugvoer gee aanleiding tot verkillende gevolgtrekkinge wat oor die vlak van deelname in elke projek gemaak kan word. Die leerders van Boitshoko CJSS funksioneer op die eerste vlak van deelname waar die gemeenskap wat ontwikkeling verlang, die aksies bywoon en onderrig en geadviseer word om die projek te ondersteun sonder om enige insette te lewer oor hulle eie behoeftes vir ontwikkeling. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die leerders van Boitshoko CJSS op die rang van manipulasie op die onderste vlak van deelname deelneem.
Daarteenoor funksioneer Potchefstroom Secondary School op die tweede vlak waar die leerders se evaluering nog geen doel dien nie en hulle insette nie die ontwerp van die projek beïnvloed nie. Dus kan die gevolgtrekking gemaak word dat hulle op die middelste vlak van skyngebaarpraktyk deelneem wat nog nie ten volle deelnemend is nie.
Resolofetse Secondary School se terugvoer wys dat hulle op die derde vlak van deelname funksioneer waar hulle en die projekleiers onderhandel en gesamentlik op ’n gelyke vlak ontwikkelingsdoelwitte opstel en oplossings vind. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat hulle wel op die sesde rang van vennootskap, soos deur die studie veronderstel is, aan die kommunikasieprosesse in die projek deelneem.
5.2.4.2 Dialoog
Na aanleiding van bespreking 4.3.1 is die leerders van mening dat die projekleiers baie aandag aan wederkerige kommunikasie tydens aksies gegee het en die leerders aanmoedig om insette te lewer. Die leerders van al drie projekte het die kommunikasie tussen hulle en die projekleiers
as oop, toeganklik en informeel beleef. Die leerders is van mening dat die projekleiers na hulle luister en elkeen se opinie as belangrik beskou.
Die leerders se meninge verskil oor die dialoog met die onderwysers. Boitshoko CJSS se leer- ders beskou die kommunikasie met hulle hoof as ontoeganklik, omdat sy hulle idees en voorstelle ten alle tye ignoreer. Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools het daarenteen hulle onderwysers as toeganklik ervaar, met wie hulle met vrymoedigeheid wedersyds kon kommunikeer. Die leerders is van mening dat die onderwysers gereeld leiding en advies aangebied het wanneer hulle uitdagings beleef het.
Die leerders meen ook dat die projekleiers eerlike, opregte kommunikasie tussen die leerders aanmoedig en hulle as gelyke vennote op ’n informele wyse nader in die kommunikasieprosesse.
Hoewel die projek vooraf beplan word, is die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools van mening dat die projekleiers die leerders geleenthede gee om insette te lewer en die projek daarvolgens aanpas. Die leerders van Boitshoko CJSS voel dat hulle insette nie regtig enige bydrae lewer in die projek nie en hulle nie genoeg geleenthede het om hulle behoeftes te kan kommunikeer nie. Dus kan die gevolgtrekking gemaak word dat die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools van mening is dat die kommunikasie tussen hulle en die projekleier en die onderwysers aan die beginsels van dialoog voldoen. Daarteenoor getuig die terugvoer vanaf die leerders van Boitshoko CJSS dat daar heelwat ruimte vir verbetering is om aan die beginsels van dialoog te kan voldoen.
Vervolgens word die leerders se persepsies oor bemagtiging bespreek.
5.2.4.3 Bemagtiging
Volgens die leerders van die verskillende projekte is die algemene aksieonderwerpe wat hulle bespreek het, ondermeer MIV/vigs, dwelmmisbruik, tienerswangerskap, groepswerk, goeie kommunikasievaardighede, loopbaankeuses, fasilitering van groepswerk, besigheidsetiek en finansiële bestuur, selfrespek en respek vir jou omgewing, herwinning en verantwoordelikheid.
Die algehele gevoel vanaf die leerders is dat alhoewel hulle nie die onderwerpe inisieer nie, die temas wat die projekleier opgestel het werklik op hulle sosiale kwessies gebaseer is.
Die leerders glo dat die Pick a leader-leierskapsontwikkelingsprojek poog om sosiale kwessies aan te spreek in hulle omgewing en deur samewerking gesamentlike doelwitte op te stel om probleemoplossings te vind.
Verder meen die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools dat die projek hulle blootgestel het aan ander buitemuurse aktiwiteite soos skaak, besigheidsbeplanning en hoe om te swem. Laasgenoemde was vir hulle nogal ’n persoonlike doelwit wat hulle bereik het en die aksies het ’n blywende impak op die leerders gemaak. Die leerders van Boitshoko CJSS is van mening dat die projek soms vir hulle geen doel dien nie en dat hulle nie werklik vaardighede wat hulle verlang aanleer nie.
Die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools is van mening dat hulle aangemoedig word om self uitdagings te bestuur en dat hulle deur die loop van die projek geleer het hoe om konfliksituasies in die toekoms beter te bestuur. Daarteenoor is die leerders van Boitshoko CJSS van mening dat hulle nie die geleentheid kry om uitdagings self te bestuur nie.
Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools van mening is dat die projek werklik hulle bemagtig met nuwe kennis en vaardighede om beter besluite te neem en self probleme op te los. Daarteenoor is die leerders van Boitshoko CJSS van mening dat daar heelwat ruimte vir verbering in die projek is om hulle te bemagtig en op temas en vaardighede te fokus wat hulle behoeftes aanspreek.
Laastens word die leerders se persepsies oor die kulturele identiteit bespreek.
5.2.4.4 Kulturele identiteit
Volgens Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools se leerders word die verskillende kulture van die projekbelangegroepe in ag geneem. Potchefstroom Secondary School is wel die enigste projek wat voorbeelde van kennis oor kulture, sensitiwiteit en aanpassings teenoor kulturele identiteit kon uitlig, soos byvoorbeeld die Moslems wat in Potchefstroom Secondary School is kry altyd die geleentheid om te bid in hulle vasgestelde tye en die projek maak altyd voorsiening vir die kulturele verskille van die belangegroepe.
Die leerders van Boitshoko CJSS is van mening dat die projek nie regtig erkenning gee aan hulle kultuur of behoeftes nie. Die leerders stel dat die rolspelers mekaar se kulture respekteer en onderlangs in die groep hulle kulturele kennis met mekaar deel. Die leerders kan egter geen voorbeelde gee wat bevestig dat die projekleiers sensitief omgaan met hulle kulturele voorkeure of die projek daarvolgens aanpas nie.
Dus kan die gevolgtrekking gemaak word dat die Potchefstroom Secondary School die enigste projek is wat erkenning gee aan die leerders se kulturele identiteit en poog om aanpassings in die projek daarvolgens te maak. Alhoewel Resolofetse Secondary School se leerders van
mening is dat die projek volgens hulle aan die beginsels van kultuur voldoen, het die navorser bevestig dat daar nog heelwat uitdagings by hulle en Boitshoko CJSS is om aan hierdie beginsels te kan voldoen.
5.2.4.5 Gevolgtrekking van die leerders se persepsies
Die persepsies van die leerders van elke projek verskil oor al die beginsels van die deelnemende benadering. Alhoewel die leerders van Potchefstroom en Resolofetse Secondary Schools van mening is dat die projek grotendeels in hulle kommunikasie met die projekleiers aan die vereistes van die deelnemende benadering beginsels voldoen, getuig die bevindinge dat daar heelwat ruimte vir verbetering is. Die leerders van Boitshoko CJSS se persepsies getuig dat daar tot ’n groot mate nog heelwat konsepte tekortskiet in die kommunikasie met die projekleiers – te veel om volledig deelnemend te kan wees.
Alhoewel alle konsepte van die deelnemende benadering nie ten volle bereik word nie, kan die gevolgtrekking gemaak word dat die leerders wel van mening is dat die projek hulle oor die algemeen bevoordeel. Hulle is oortuig dat die projek positiewe ontwikkeling vir hulle inhou en dat hulle die kennis wat hulle opdoen kan toepas in hulle hede en toekoms.
Met behulp van die voorafgaande vrae sal die algemene navorsingsvraag volgende beantwoord word.
5.2.5 Beantwoording van die algemene navorsingsvraag