• Tidak ada hasil yang ditemukan

SAMEVATTING EN EVALUERING

Dalam dokumen DAVID PETRUS JACOBUS SMil (Halaman 174-179)

Smit se bydrae tot die ontwikkeling van Uggaamlike Opvoedkunde in Suid-Afrika moet deurgaans gesien word in die lig van die omstandighede waarin die vak in daar·die jare beoefen is. Waar sekere aspekte van die

vak vandag as vanselfsprekend aanvaar word, moes Smit in daardie tyd pionierswerk, vestigingswerk en selfs vegterswerk doen vir die behoud en ontwikkeling van die vak. Dit moet ook in ag geneem word dat daar soveel terreine van die vak was waarop Smit baanbrekers-, vestiging- en uitbouingswerk moes doen dat dit bykans onmoontlik vir hom was om hom net op een terrein aileen toe te spits. Smit het vera! op die volgende terreine 'n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van liggaamlike Opvoedkunde in Suid-Afrika: die vestiging en uitbouing van Uggaamlike Opvoedkunde in skole en Uggaamlike Opvoedkundige organisasie, ves- tiging en ontwikkeling van liggaamlike Opvoedkunde en sport aan die Universiteit van Pretoria, ontwikkeling van die vak deur middel van navorsingswerk en publikasies asook die ontwikkeling van die vak ten opsigte van Uggaamlike Opvoedkundige· en sportverenigings.

Smit se bydrae ten opsigte van die vestiging en uitbouing van liggaamlike Opvoedkunde in skole en liggaamlike Opvoedkundige organisasies was in die eerste instansie insette wat hy gelewer het om die vak gevestig te kry in skole en klubs waarby hy betrokke was as onderwyser en organiseerder. In die tweede instansie is opleidingskursusse deur hom geimplementeer om die nuut-gevestigde vak uit te bou en te laat ontwikkel. In die derde instansie is die vak se ontwikkeling sterk ondersteun deur die doeltreffende administrasie wat deur Smit verskaf is. Ten slotte het Smit 'n reuse aandeel gehad in die samestelling van die nasionale leerplanne wat deur die skole en liggaamlike Opvoedkundige organisasies dwarsdeur die land gebruik is.

Smit was vir bykans ses-en·twintig jaar in diens van die Universiteit van Pretoria. Gedurende hierdie tydperk het hy 'n besondere bydrae gelewer ten opsigte van die ontwikkeling van liggaamlike Opvoedkunde en sport aan die Universiteit en wei op verskillende terreine. Die belangrikste hiervan was die instelling en uitbouing van kursusse en vakrigtings in Liggaamlike Opvoedkunde, die daar-stelling en instandhouding van Uggaamlike Opvoedkunde- en sportfasiliteite, die doeltreffPnde administrasie en organisasie van die Departement van liggaamlike Opvoedkunde en die bevordering van sport in die algemeen aan die Universiteit.

Smit se bydrae tot die ontwikkeling van Liggaamlike Opvoedkunde deur middel van navorsingswerk en publi kasies moet gesien word teen die agtergrond waarin Smit moes arbei. As gevolg van die groot werklas wat hy moes dra tydens sy verbondenheid aan die Unie-Onderwysdepartement en die Universiteit van Pretoria, het hy weinig tyd tot sy beskikking gehad om aan navorsingswerk en publikasies te wy. Hyself het gepoog om sy vakkennis uit te brei deur middel van literatuurnavorsing, studiereise en die bywoning van kongresse in Liggaamlike Opvoedkunde. Sy bydrae tot die uitbouing van navorsingswerk ten opsigte van Liggaamlike Opvoedkunde in Suid-Afrika behels die voltooiing van 'n paar navorsingsprojekte sowel as die verskafting van Ieiding aan nagraadse studente ten opsigte van hul eie navorsing.

Smit se bydrae tot die ontwikkeling van liggaamlike Opvoedkunde in Suid-Afdka deur middel van publikasies kan soos volg saamgevat word:

1. Die omvang van sy publikasies was beperk tot 'n paar publikasies in boekvorm (in welke geval hy meestal in samewerking met ander outeurs gewerk het) en 'n hele aantal artikels in tydskrifte waarvan Liggaamsopvoeding en Vigor die belangrikste was.

2. Die verskeidenheid van onderwerpe waaroor hy geskryf het, getuig van sy akademiese beweeglikheid op verskeie terreine van sy vak.

3. Sy publikasies was hoofsaaklik praktykgerig en kon baie nuttig deur vakkundiges gebruik word.

4. Die gehalte van sy publikasies was hoogstaande en het getuig van deeglikheid en afgerondheid.

Smit se bydrae ter bevorclering van liggaamlike Opvoedkunde as gevolg van die feit dat hy op verskeie Uggaamlike Opvoedkundige- en sportverenigings diens gelewer het kan kortliks soos volg saamgevat word. As gevolg van sy betrokkenheid by die SAVGLO f. 0/SAVLOR het hy veral 'n bydrae ten opsigte van die volgende sake rakende die Ve1·eniging gelewer: die daarstelling van 'n konstitusie vir die Vereniging, die stigting van takke, veral die Pretoriatak van die Vereniging, die positiewe wenke wat hy aan die hand gedoen het ten opsigte van die uitbreiding van die ledetal van die Vereniging, die

opleiding van sportgeneeshere sowel as die beskerming en bevordering van die vakterminologie. As gevolg van sy betrokkenheid by verskeie sportsoorte kon hy die sportverenigings van hulp wees deur middel van sy groot vakkennis en ryke ervaring wat oor 'n wye veld gestrek het.

Hy kon ook oorbruggingswerk doen ten einde beter samewerking tussen die sportverenigings en liggaamlike Opvoedkundeverenigings te verkry.

Hierdie aspek sou die belange van albei partye beskerm.

Die sukses wat Smit behaal het in sy pogings om Liggaamlike Opvoedkunde in Suid-Afrika te vestig en uit te bou kan grootliks toegeskryf word aan die entoesiasme en ywer waarmee hy dit wat hy aangepak het (en dit was bale) deurgevoer het. As onderwyser is daar die volgende oor hom gese:

"He came to us with a reputation for enthusiasm and energy in everything pertaining to school work, which has been well main- tained during his stay here . . . . He has the ability of infusing into his classes an interest in, and enthusiasm for the work" (Anderson, 1936: 1).

As organiseerder vir liggaamlike Opvoedkunde het sy entoesiasme en ywer geensins afgeneem nie. Gedurende hierdie tydperk het C. M. Smuts die volgende aan Smit geskryf:

"I am so glad to hear your enthusiasm hasn't cooled off - in fact, if anything, you sound more keen than ever before. Well, it's comforting to hear that such enthusiasm has had its reward"

(Smuts, 1945:1).

As Professor van die Oepartement en Direkteur van die lnstituut van Uggaamlike Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, het die Universiteit hom met sy aftrede bedank vir die "ywerige wyse" waarop hy sy pligte vervul het (UP, 1973b: 1). Met sy afsterwe in 1978 het die Rektor van die Universiteit in 'n brief van medelye onder andere die volgende aan mev. D. Smit geskryf:

"Ons herinner prof. Smit nog altyd vir sy opgewektheid, sy entoesiasme en sy humorsin.

1978:1).

Dit sal ons altyd onthou" (UP,

Vakkundiges in Suid-Afrika stem heelhartig met hierdie woorde van die Rektor van die Universiteit van Pretoria saam.

Dalam dokumen DAVID PETRUS JACOBUS SMil (Halaman 174-179)