• Tidak ada hasil yang ditemukan

Smit as avant-garde dramaturg

Dalam dokumen HOOFSTUK4 (Halaman 59-63)

4.3 BAR THO SMIT: VERSET TEEN DIE WET OP DIE VERBOD VAN GEMENGDE HUWELIKE VAN 1949

4.3.6 Smit as avant-garde dramaturg

Ionesco (1964:40) beskryf die versetkunstenaar soos volg: "Thus the avant-garde would seem to be an artistic and cultural phenomenon of a precursory nature, which tallies with its literal meaning. It would be a kind of 'pre-style' indicating and pointing the direction of a change which will triumph in the end, a change which will truly change everything. This amounts to saying that the avant-garde cannot generally be recognised until after the event;

when they have succeeded, when the avant-garde writers and artists have acquired a following, when they have founded a prevailing school, a cultural style which is recognised and will conquer an age."

Smit se verset teen die sosio-politieke bestel van die vyftigerjare is soos in voorafgaande bespreking aangetoon, in die drama op s6 'n wyse gekonkretiseer dat by die leser/teater- ganger betrek en deel maak van sy verset in 'n paging om veranderings te bewerkstellig.

Die vraag wat ten slotte .gevra kan word en wat in 'n mate reeds in die bespreking beantwoord is, is in hoeverre Smit se verset die drama as kunsvorm vernuwe bet en tradisionele gebruike wat die teater raak, in die proses aangespreek en geregenereer bet.

• Die Afrikaanse drama as kommunikasierniddel van die dramaturg is met heelwat tegnieke wat karakterisering ( 4.3.3) en die bantering van die tydruimte ( 4.3.4) raak, deur Smit verryk. Smit bet met die Middeleeuse verhaal van Abelard en Heloise as matrys vir die versetdrama, die Afrikaanse drama 'n universele karakter gegee. Die Middeleeuse verhaal bevestig die onreg van die sosio-politieke sis teem in die bed e.

In die 1960-uitgawe wat in die studie bespreek is, is die bronteks opvallend en nie so netjies verdoesel soos in die 1976-uitgawe nie. Wat egter belangrik is, is dat Smit in terme van Ionesco (1964:40) 'n invloed laat wat nie gering is nie: " ... it would seem to be an artistic and cultural phenomenon of a precursory nature, which tallies with its literal meanings. It would be a kind of a 'pre-style' indicating and pointing the direction of a change which will triumph in the end, ... "Die Jaar van die vuur-os van De Klerk (vergelyk 4.2) bet nog 'n tradisionele lokale karakter. Die vroeere Afri- kaanse dramas soos Ou Daniel (1906) en Heldinne van die oorlog (1913) is almal op so 'n wyse geskryf dat verset in die dramas saam met die drama vasgevang is binne die kleinere "lokale realisme" van die periode. Met die interteks van die liefdes- verhaal van Abelard en Helo'ise (vergelyk 4.3.3.1) bet Srnit 'n groat bydrae gelewer om die Afrikaanse drama as kunsvorm 'n ruimer karakter te gee. Die verminktes (1960) is as versetdrama 'n voorloper vir dramas wat op die stramien van historiese werklikhede verset teen die eietydse sosio-politieke bestel vergestalt. Opperman se Vergelegen (1956) en Voelvry (1968) en Brink se Verhoor (1970) is van die bekendste

186

dramas wat na Die verminktes (1960) historiese gebeure ontgin in diens van verset.

Versetkuns is maklik tydgebonde kuns. Min kunstenaars slaag daarin om die verset- werk s6 aan te bied dat die werk die erosie van menswees binne die stelsel illustreer.

Ionesco (1964:57) aangehaal onder 2.3.2 beweer: "So it is not the collapse or the break-up or the erosion of a social system which is the principal theme, the truth of these works: but man eroded by time, his destruction seen at a certain historical moment but true for all history; we are all murdered by time." Aan hierdie vereiste voldoen Smit se werk nog nie. Sy karakters in Die verminktes ly as gevolg van die stelsel met 'n inersie wat die indruk laat dat bulle die stelsel goedpraat. Met die Abelard-Helolse-matrys dui by in die drama 'n nuwe rigting aan, betree by nuwe terreine en kommunikeer by met sy gehoor deur 'n dramagesprek wat die Suid- Afrikaanse sosio-politieke sis teem deel maak van die erosie van menswees oor baie eeue.

• Smit bet met Bart Harmse as metafoor vir gesagstrukture en met Frans en Heloise as metafore vir mense wat ly as gevolg van hierdie strukture, verset nader aan die gewone Afrikaner gebring. Shipley (1972:421) beweer: "The nearer the suffering man is to my station in life, the greater is his claim upon my sympathy." Bart as protagonis in die drama is nader aan die alleman se opset gebring as die Generaal van De Klerk. Laasgenoemde is, as gevolg van sy simboliese lading van uiterstes (medikus, vegsman, politikus, godgeleerde, grootwildjagter en raconteur sonder weerga- en hierby sou nou ook filosoof en profeet gevoeg kon word) verderverwyder van die alleman as Bart Harmse. Bart bet ten minste 'n herkenbare naam, by bet 'n verlede wat in die 1976-uitgawe veel beter uitgewerk is en by is metafoor vir 'n herkenbare Suid-Afrikaanse werklikheid.

Frans en Heloise se liefdesverhouding en ontwikkelende lyding en verset is ook in figure gekonkretiseer wat meer gerond uitgewerk is in die drama as die van Alexis en Kemp. In die 1976-uitgawe is Heloise verander na Elize en is die twee karakters veral sielkundig oortuigender gekonkretiseer. In die uitgawe is die onderlinge familie- verbande en verhoudings verstel: Dok Jones, 'n vriend, is nou professor Jones, 'n oom van Elize, en Jan Barnard is 'n politikus wat vergaderings hou. Skollie, 'n Kleurling- afperser is bygebring. Hy openbaar die geheime verhouding van Frans en Elize aan Bart. Hierdie openbaring is veel meer oortuigend gedoen as die van Jan Barnard in die 1960-uitgawe.

• Smit bet in 1960 die eerste swarte en bruine intensioneel teen die wette van die tyd, sosio-politieke verset dus, op die verhoog saam met die blanke in Die verminktes

-.... ~.

Pronko (1962:2) se bewering oor die avant-garde van Sestig geld vir Smit: " ... today's avant-garde is first of all interested in effecting a revolution in the theatre. The critisism of prevailing social attitudes is if not secondary, at any rate to be expressed through the theatre, rather than through that exuberant adolescent (but most often ineffective) personal revolt which was typical of the earlier avant-garde." Smit se verset teen die valse waardes van die sosio-politieke bestel, soos dit deur die drama geiinpliseerword, openbaar iets van die opset soos beskryf deur Pronko (1962:4) met betrekking tot die gemeenskapsnorme in J arry se peri ode: " ... of the modesty, virtues, patriotism and ideals of people who have dined well."

4.3. 7 'n Sintese

Die sosiale opset is in die vyftigerjare deur wette soos die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike van 1949 en die Wysigingswet op Ontug van 1950 en die talle ander wette wat die sosiale orde pro beer reel bet, vertroebel. Mense bet in die proses seergelay.

Smit is deel van die groep kunstenaars, naamlik Rabie, Small, Brink en andere wat bulle teen die sosio-politieke bestel verset bet.

Smit is as kunstenaar verruim deur sy agtergrond wat onder andere die konserwatiewe Wes-Transvaal, Johannesburg, oorsese verblyf en studie, assosiasie met kunstenaars soos Rabie, Krige, Blum, Leroux, Lucebert, Claus en werk by Perskor insluit.

Hy word allerwee beskou as die dramaturg wat saam met Rabie as prosaskrywer, die vernuwing in die onderskeie genres van die Afrikaanse liter ere toneel in 1956 ingelei bet.

Smit se vernuwing raak ook die gesindheid en benadering van kunstenaars in Suid-Afrika in die algemeen. Hy spreek hom uit oor die wesenlike vormvernuwing in die kuns en in die teater in besonder. Hy filosofeer onder die invloed van Michaux en ook die van Ionesco wie se werk deur hom vertaal is. Verder spreek by hom ui t oor die eksistensie van die mens in 'n gereglementeerde wereld.

Hy verset hom teen die sosio-politieke bestel van die vyftigerjare met 'n verset wat ook gekonkretiseer is in die drama (Die verminktes, 1960).

Die aard van die verset in Die verminktes is oorwegend situasionele verset wat raakpunte toon met die van Die koning steif van Ionesco. Verder is die verset 'n ontkiemende en groeiende verset teen die stelsel wat in kontras tot die direkte verset van Prometheus en Hamlet staan. Die verset bet ook vanuit die ideologiese ge1nspireerde perspektief 'n

189

religieuse karakter en is verder s6 in die drama vergestalt dat dit die verset van Afrikaner teen Afrikaner konkretiseer.

Smit se karakters in die drama van die sestigerjare is metafore vir die politieke struktuur (Bart Harmse) en die sosiale opset van die tyd (Frans, Heloise, Dok Jones, professor Jan Barnard en Zoeloe ). Die karakters bet raakpunte met dramakarakters soos Hamlet. Hulle openbaar soos in Hamlet 'n verrotte sosio-politieke sis teem wat die lewe ondraaglik maak.

Die volgende belangrikste versetskeppende sake in die gemeenskap word in die situasie van die drama gekonkretiseer: die oortreding van die Ontugwet is 'n tradisionele oortre- ding wat terugwys na die volksplanting; die oortreding is die oorsaak van baie pyn; die mense in die stelsel is gekondisioneer om die status quo te aanvaar; daar is 'n skyn- heiligheid by die Afrikaner met betrekking tot die toestand waarteen die kunstenaars namens die wat ly, in verset is.

Smit maak in die drama van die transformasietegniek gebruik om deur rolwisseling die pyn wat mense verduur as gevolg van die stelsel te dramatiseer. Verder is Die verminktes op die matrys van die verhaal van Abelard en Heloise (1079-1142) gebou wat die lyding van die karakters in die dramawereld groter universaliteit gee.

Die aard van die tragiese in Die verminktes klop met Ionesco se omskrywing daarvan:

"Tragedy lies in the unbearable." Die ondraaglike lyding van die karakters in die drama word deur Smit in die 'geslote situasie' en die 'oop einde' van die gebeure in die drama vergestalt. Hierdeur slaag Smit om die teaterganger deelgenoot te maak van die verset teen die stelsel.

Smit ontgin die tydruimte in Die verminktes uiters funksioneel as komplement van verset:

" ... alles in daardie stel staan in die teken van afbakening ('apartheid'), ligte ruimtes en donker ruimtes, hederuimtes en verlederuimtes ... " (Brink, 1984:80). Hy maak onder andere van die jukstaposisionering, kinematografiese tegniek, gelyktydigheid van figure uit verskillende tydruimtelike vlakke en die terugflits gebruik om verset tydruimtelik in en deur die drama te kommunikeer.

Die wyse waarop SmitDie verminktes gestruktureer bet, betrek die leser/teaterganger in 'n 'vrye spel' met die dekodering van die betekenis van die drama. Dit gee aanleiding tot 'n individuele interpretasie van die gebeure wat die drama met 'n ruimer betekenismoontlik- heid laai. Die drama is gestruktureer deur onder andere sekere situasies siklies te ontgin in die drama - 'n kenmerk van die Nuwe Drama.

190

Smit as avant-garde dramaturg se verset setel nie net teen die sosio-politieke sis teem nie, maar ook teen 6u verstarde kunsvorms. Hy verbreek met Die verminktes sosiale kodes van optrede (blank, bruin en swart saam op die verhoog) en openbaar met sy dramas in die algemeen die dubbele standaarde van veral die gesagsdraers van die land. Die woorde van Jan Rabie ( 1984 :7) som die waarde van Smit as toonaangewende versetdramaturg op: "In 1963 bet ek die verset teen die eerste sensuurwet met 'n petisie gelei, terwyl Bartho besig was om 'n tydskrif, 60, vir ons jongeres te probeer organiseer. En dit was juis sy voorbeeld met sy pragdrama Putsonder- water (1962) en sy inisiatief wat gesorg bet dat die hele Sestiger-beweging in vaster bane begin beweeg, en dat die Afrikaanse Slaywersgilde in 1975 te Broederstroom gestig is."

Dalam dokumen HOOFSTUK4 (Halaman 59-63)

Dokumen terkait