• Tidak ada hasil yang ditemukan

~~-óf: -

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "~~-óf: -"

Copied!
8
0
0

Teks penuh

(1)

DIE BEGIN

Deur

Prof. H.B. Thorn,

Voorsitter, Adviserende Raad op Universiteite;

en Oud-Rektor, Universiteit van Stellenbosch

(Rede ter geleentheid van die jubileum en belofteplegtig- heid, Fakulteit van Tandheelkunde, U.S., 24 Junie 1981)

~~-óf: 4l~

Onder die fakulteite van die Universiteit van Stellenbosch is

,

Tandheelkunde die jongste. Hy het tien jaar gelede sy eerste studente ingeskryf; hy vier sy eerste jubileum.

Dit is goed dat TI mens TI oomblik stilstaan en veral die begin- stadium gadeslaan, en dit is gepas dat dit gebeur by TI geleent- heid waar die Fakulteit op sprekende wyse van sy arbeid getuienis l~wer .

itJ/z

1.--0 " ./ Le./'

c..:o '"

?-~.7... - /'""") L

r~ /9'

-<: ,. ~ __

_ - ..-~b-

t J

-~e-cry- /'

)J..,Ce~( q/LC-(t!['

?

Reeds vroeg in die bestaan van d~ Univérsiteit van Stellenbosch was daar sprake dat die Universiteit met opleiding in die tand- heelkunde kan begin. Dit het egter TI hele tyd geduur voordat iets in hierdie rigting gedoen is.

Gedurende die jare 1949 - 1950 het daar TI bietjie beweging gekom:

---- -

die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad het nl. heel ten- tatief TI plan oorweeg om TI gesamentlike Fakulteit van Tandheelkunde te stig; en die hoofde, prof. R.W. Wilcocks van Stellenbosch

en dr. T.B. Davie van Kaapstad, het met hulonderskeie owerheids- liggame geskakel en met mekaar korrespondensie gevoer. Vanweë TI gebrek aan geesdrif, en ook vroeë verskille van mening, het die plan egter gou deur die mat geval. Ek mag byvoeg dat ekself, en TI paar ander professore, sowel van Stellenbosch.as van Kaapstad, teen die plan gekant was. Ons het geglo dat noue samewerking

tussen twee universiteite met sterk verskillende karakter en uit- kyk, binne TI fakulteit wat intens en regstreeks met mense te

doen het, nie kon deug nie.

(2)

Toe dit aan die begin van 1954 my taak word om die rektorskap

---

van prof. Wilcocks oor te neem, het ek TI Fakulteit van Tandheel- kunde nog altyd in die gedagte gehad. Maar daar was destyds dringender, groter dinge, veral TI Fakulteit van Geneeskunde,

waarvoor toe al ruime voorbereidingswerk gedoen was. Buitendien, as dié fakulteit eers gestig en gevestig was, sou dit veel kon help om ook Tandheelkunde werklikheid te maak. Gevolglik het ons met geesdrif ons kragte eers vir Geneeskunde gemobiliseer.

Teen 1961 was die Fakulteit van Geneeskunde reeds redelik op dreef. Hy was by die

--

Karl Bremer-Hospitaal wel nog maar tydelik gevestig, maar die nuwe groot opleidingshospitaal en die akade- miese geboue was al op die tekenbord. Dit was die aangewese tyd:

die provinsiale Administrasie kon miskien verlof gee dat die

Tandheelkunde-geboue ook op die Tygerberg-terrein kom; en genees- kundige en tandheelkundige opleiding en navorsing kon met TI

minimum van koste en moeite op vrugbare wyse met mekaar saamge- voeg word. Dit was TI geleentheid wat ons nie uit die hande kon

laat glip nie.

Ek het prof. F.D. du T. van Zijl, destyds dekaan van die Fakul- teit van Geneeskunde, in my vertroue geneem. Ons moes nl. niks doen wat tot nadeel van Geneeskunde kon strek nie. En watter spontane, doelgerigte bondgenoot was hy nie: hy het dadelik

aangebied om die nodige inligting te help versamel en dokumentasie op te stel. Kyk ek terug op die gebeure van hierdie tyd, dan

besef ek elke keer weer hoe bevoorreg ons was om TI man van die gehalte van prof. Van Zijl saam met ons te hê.

Ons was met TI delikate, groot saak besig, en ons het dit geweet.

-...__.--...__

- - -

~

Derhalwe moes daar met die nodige tydsberekening en omsigtigheid opgetree word. Laat ek net TI paar hoofpunte aanstip.

Vanselfsprekend moes die Regering op TI vroeë stadium ingelig word.

Vandaar dat ek reeds op 5 April 1961 aan die toenmalige Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap geskryf het om hom van die ten- tatiewe planne op die hoogte te bring. Vandag lyk dit vir my TI bietjie na TI indiskresie, want in daardie stadium het die Senaat en die Raad van die Universiteit nog nie oor die saak besluit nie, maar dan was dit TI "berekende indiskresie", wat -

(3)

soos met sulke dinge dikwels gebeur - ten slotte nie sonder goeie vrug gebly het nie.

By my was daar terselfdertyd die oortuiging dat ons ons suster-

-

universiteit, die Universiteit van Kaapstad, nie in die duister

--- - -

-....__

- -

moes hou nie. Gevolglik het ek my vriend en kollega, dr. J.P.

Duminy, Prinsipaal en Vise-Kanselier van U.K.,in TI openhartige gesprek van ons voorneme vertel. Hy was momenteel TI bietjie verbaas, maar het met manne van sy universiteit oorleg gepleeg en my daarna meegedeel dat hulle "kennis neem" en die saak oweri- gens as TI aangeleentheid van die Universiteit van Stellenbosch beskou.

Vervolgens moes Senaat en Raad genader word, sodat die Universi- teit amptelik kon optree. Op 20 Oktober 1961 het

---

ek TI uitvoerige

----

~

---

----,

memorandum voor die Senaat gehad: om die wenslikheid van die onderhawige fakulteit, veral uit die oogpunt van die Afrikaans- sprekende gemeenskap, uiteen te sit; om die dringendheid vir Stellenbosch, veral in die lig van die beplanning betreffende Tygerberg, te beklemtoon; en om goedkeuring te vra rakende ver- kryging van fondse. Ek was verheug toe die Senaat eenstemmig

akkoord gaan, en veralook toe die Universiteitsraad agt dae later (28 Oktober 1961) sy goedkeuring namens die Universiteit gegee .het.

Daarna kon die Regering amptelik om goedkeuring vir die stigting van die Fakulteit genader word. Dit was nie TI maklike pad nie, veralomdat Tandheelkunde TI baie duur fakulteit is. Die versoek

---

is gerig; oor en weer is onderhandelinge gevoer; ek het, soms saam met prof. Van Zijl, die Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap gaan spreek, en ek het my ten slotte in persoonlike sames rekinge met die Eerste Minister, dr. Verwoerd, bevind.

- --- - ---

._.

-

Maar die uitkoms het die moeite geloon: op 10 Mei 1962 kon ek in TI vry uitvoerige persverklaring, en ook oor die radio, TI ver- duideliking van die Universiteit se planne gee, en tegelyk die belangrike aankondiging doen dat die Kabinet goedkeuring verleen het dat die Universiteit tot die stigting van TI Fakulteit van Tandheelkunde oorgaan.

Die aankondiging is deur baie met byval begroet. Prof. Van Zijl,

---~~

(4)

ekself, en baie ander aan die Universiteit was dankbaar; en TI hele aantal invloedryke persone het in hartlike gees geskryf, gelukgewens en hulp beloof, o.a. prof. C.L. de Jager (Direkteur van die Hospitaal vir Tand- en Mondheelkunde, en Dekaan van die Fakulteit van Tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria), prof. J. Staz (Dekaan van die Fakulteit van Tandheelkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand), en prof. J.F.v.d.S. de Villiers (President van die Tandheelkundi~e Vereniging van Suid- Afrika). Die simpatieke reaksie van veral laasgenoemde, prof.

John van der Sandt de Villiers, was vir ons TI groot aanmoediging;

hy was nie slegs in TI besondere posisie as President van die Tandheelkundige Vereniging van S.A. nie, maar hy was ook Voorsit- ter van die destydse Kommissie i.s. Tandheelkundige Dienste, wat toe juis besig was om TI omvattende ondersoek na tandheelkundige behoeftes en die opleiding van tandartse uit te voer. Terloops, hy sou - min kon hy of ons dit toe weet - later ons eerste Dekaan word.

Almal het egter nie gejuig nie; daar was ook teenstand, en tewens invloedryke teenstand, bv. Van die redakteur van die Tydskrif van die Tandheelkundige Vereniging van Suid-Afrika. Hy het beswaar gemaak, en o.a. gemeen dat sy Vereniging geraadpleeg moes gewees het. Ek het hom egter in TI persoonlike besoek by sy huis uit- voerig gaan inlig oor die voorbereidingswerk wat reeds gedoen was, en veraloor oorlegpleging wat daar ook reeds met gesagheb- bende tandheelkundiges plaasgevind het. Dit was vir ons TI verlig- ting dat hy nie in sy teenstand volhard het nie. Nadat hy die volledige teks van my persverklaring bestudeer het, en ek hom ook weer TI lang brief geskryf het, het ook hy TI simpatieke reaksie geopenbaar.

Nou kon daar met meer vertroue koers ingeslaan word. Aan Senaat en Raad (Februarie 1963) het ek die aanstelling van TI sterk

- ---

komitee voorgedra, wat die Universiteit met deskundige advies

- --

~

-

moes lei om die Fakulteit tot stand te bring. Teenoor hierdie komitee sal die Universiteit altyd swaar in die skuld bly, want dit is in hoë mate aan dié komitee te danke dat die Fakulteit, ondanks struikelblokke, eindelik met welslae van stapel gestuur is. Verskeie van die destydse lede is vandag nog met ons: bv.

proff. A.J. Brink, J.N. de Villiers, H.W. Weber en C.L. de Jager;

(5)

en tandartse, drr. D. Bester, P. van Heerden en W. Malan. Ander het ons al ontval, maar hulle leef vir ons in dankbare herinnering voort: bv. prof. Van Zijl, prof. H.E. Brink en prof. John de Villiers.

Om finaliteit oor die perseel vir die Fakulteit te kry, was TI moeilike saak. Ons wou dit, soos aangestip is,om voor-die-hand-

liggende redes, op die groot Tygerberg-terrein hê, wat die eiendom van die Provinsie Kaapland was. Daar was praktiese en tegniese probleme, en dientengevolge moes geduldige onderhandelinge gevoer word. Ek herinner my hoe ek meermale samesprekinge met die des- tydse Administrateur, mnr. J.N. Malan, gehad het. Mnr. Malan was TI presiese, noukeurige gees, TI man wat nie los drade wou hê nie,

iets wat ek altyd by hom gewaardeer het, ofskoon dit my taak nie noodwendig makliker gemaak het nie. Maar op die end het die Provinsie akkoord gegaan: op 15 Februarie 1964 kon ek aan die

---

Universiteitsraad TI uitvoerige, persoonlike brief van mnr. Malan voorlê, waarin die Provinsie aan die Universiteit verlof verleen het om geboue vir tandheelkunde op die Tygerberg-terrein op te rig.

Juis in dié tyd het daar binne die Universiteit TI probleem opgekom

-

----

wat veral van prof. Van Zijl en myself begrip en beheersing ge- .verg het. As dekaan van die Fakulteit van Geneeskunde het hy

goed geweet watter hoë finansiële eise dié fakulteit stel, en hy en ek was albei gevoelig hieroor. En nou kom nog Tandheelkunde by, wat eweneens TI duur fakulteit is, na verhouding selfs duurder as Geneeskunde. Binne die Universiteit het die mening veld gewen dat die finansiële las vir die Universiteit te groot word, en dat departemente van ou gevestigde fakulteite sal skade ly - en nou kan TI mens maar dadelik bysê dat dit nie vreemd is dat so TI vrees ontstaan het nie, veral in die onderhawige tyd toe daar TI groot tekort aan fondse was en sommige dosente en raadslede nie oor die nodige inligting beskik het nie.

Na oorleg met prof. Van Zijl, wat self ook lid van die Raad was, het ons die saak in die Raad na vore gebring, en daar die besluit gekry "dat die Rektor die Raad so s oedig doenlik inlig oor koste

-

--- --

---.

\

kunde".(kapitaal Diten lopend)sou baievanwerkdiemeebring,voorgenomemaarFakulteitterselfdertydvan Tandheel-TI geskikte

(6)

kanaal bied om TI suiwer perspektief oor die kwessie van koste te gee.

Die betrokke memorandum het ek met sorg opgestel. Prof. Van

Zijl en ek het ook ons gemeenskaplike vriend, prof. C.L. de Jager, wat ruimskoots uit eie ervaring kon put, terdeë ingespan. Na

TI paar maande was die stuk gereed; op sy vergadering van 29 Augustus 1964 het die Raad dit in behandeling geneem.

Op grond van veronderstelde getalle studente in die verskillende jaargange is uitvoerige ramings verstrek. Eers het uitgaweposte aan die orde gekom: kapitale koste, soos vir geboue en toerus- ting, insluitende kantore, kontrolekamers, lesingsale, laboratoria, museum, sale (met stoele) vir blank en nie-blank, en nog verskeie ander items; en daarna lopende uitgawes, soos vir akademiese personeel-salarisse in die verskillende departemente, salarisse vir administratiewe personeel, dan rente en delging op kapitale lenings, en ten slotte lopende hospitaaluitgawes. Vervolgens is inkomsteposte gestel: hospitaalgelde, studentegelde, toelaag van die Departement van Volksgesondheid, regeringsubsidie onder die subsidieformule, en diverse verdienste.

Hierdie uiteensetting het die Raad tevrede gestel, s6 tevrede dat

- --- - -_ ----

hy nog op dieselfde vergadering besluit het dat stappe gedoen moet word om TI argitek vir die geboue aan te stel. Die uiteen- setting het die bykomstige voordeel gehad dat dit die vrees as sou die finansiële verantwoordelikheid vir die Universiteit te groot wees, grotendeels besweer het.

Daarna kon ons met nog meer ywer voortwerk. Verskeie gesagheb- bende persone en instansies is in verband met die aanstelling van TI dekaan geraadpleeg. Uiteindelik het dit duidelik geword dat

-

prof. John de Villiers ons man is. Prof. Van Zijl en ek het,

'- - - -~- _-

ná herhaalde voorafgaande skakeling, met hom in Johannesburg TI lang samespreking gevoer, wat ten slotte daarop uitgeloop het dat hy die Universiteit se aanbod aanvaar en met verloop van tyd as Dekaan na Stellenbosch gekom het.

Die verdere verloop is bekende geskiedenis. Prof. De Villiers het hom met voorbeeldige toewyding aan die beplanning van die

(7)

Fakulteit gewy, sowel akademiese as administratiewe beplanning, en hy het uitsonderlike welslae behaal. Vir ons wat hom aan die werk gesien het, sal dit altyd TI bron van groot hartseer bly dat dit hom nie gegun was om die volle vrug van sy arbeid te sien nie, ofskoon hy darem nog die inskrywing van studente in die eerste twee jare van Tandheelkunde beleef het. Met die hart- seer is daar egter ook die vreugde dat ons in TI kritieke stadium van ons Fakulteit se geskiedenis swaar op hom kon leun. Ons weet bowendien dat hy die man was wat in laaste instansie die misnoeë, wat daar nog altyd in sekere kringe oor die stigting van ons Fakulteit bestaan het, finaalontsenu het.

Vandag sien ons opvallende bewyse van wat reeds bereik is. Ons

--- - - --

---..

---

betuig dank aan die huidige Dekaan, prof. F.X. Prins, wat ná die heengaan van prof. De Villiers (10 Oktober 1972) oorgeneem en met gesonde bouwerk voortgegaan het; en ook aan al die ander persone wat tot die vooruitgang van die Fakulteit bygedra het.

Praat ons van vooruitgang, dan dien die besondere geleentheid waardeur ons byeen gebring word, as TI goeie bewys daarvan: TI hele aantal afgestudeerdes staan op die punt om hul professionele beloftes af te lê. Dit is TI belangrike geleentheid; en dit moet altyd TI belangrike geleentheid bly. Laat ons net enkele aspekte daarvan aanstip.

In ons besondere geval moet ons onthou dat hierdie Fakulteit - soos opgemerk is - nie aan ons present gegee is nie. Daar is hard daarvoor gewerk; en dit pas ons om vandag met nederige dankbaarheid terug te kyk, en veralook ons ere-skuld te besef teenoor die nagedagtenis van ons medewerkers wat nie meer met ons is nie.

Ons sien ook da~~eg_)~vir die diens van hul land en hul mense uitgestuur word. Hulle lê TI vrywillige, plegtige belofte af rakende die gees waarin en die wyse waarop hulle hier- die diens gaan lewer. Hulle sal moet sorg dra dat hulle hierdie belofte stiptelik en getrou uitleef. Want dit mag nooit maar TI self-herhalende, leë formaliteit word nie; inteendeel, iedereen wat dit aflê, moet hom onophoudelik van die betekenis daarvan bewus bly, en vir homself eerlik rekenskap gee van die verant-

(8)

woordelikheid wat hy op hom neem.

Daarby moet die

---

Universiteit van Stellenbosch

-- ---.

in gedagte gehou word. Deur die uitreiking van sy grade en diplomas verklaar die Universiteit dat hy sy fasiliteite tot beskikking van die betrok- ke persone gestel het; dat hy tevrede is dat hulle aan die be- treffende vereistes voldoen het; en dat hy volle vertroue in hul integriteit en bekwaamheid het om uit te gaan en op hul

onderskeie plekke die arbeid te verrig waarvoor hulle gevorm is.

Op elke gegradueerde en gediplomeerde, veral nog wanneer hy TI belofte gedoen het, rus die plig om sy alma mater nie teleur te stel nie.

En dan is daar die gemeenskap waarin elke afgestudeerde gaan

-- ---

~ _....

--

werk, en die root maatskappy van ons land waartoe al hierdie

---,

gemeenskappe behoort. Die afgestudeerdes kan die versekering hê dat gemeenskappe, net soos die groot maatskappy, hulle hartlik sal verwelkom en vir hulle wonderlike geleenthede sal bied.

Maar dan sal elkeen moet onthou dat gemeenskap en maatskappyook hul eise stel: elkeen sal sy plig moet doen, in die gees en op die wyse soos hy in sy belofte onderneem het. Maar

---

-...__terwylons

- ---

dit alles sê, weet ons ook dat ons volle vertroue in die produkte

---

van Stellenbosch kan hê om hul universiteit se trotse tradisie van diens en vaderlandsliefde ongeskonde verder voort te dra.

Ek bring gelukwense oor aan almal wat by hierdie geleentheid be- trokke is: studente, Dekaan en dosente, administratiewe ampte- nare, en die Universiteit as geheel. Ons vier TI jubileum; dis in werklikheid TI dubbele jubileum - tien

-

jaar ná die inskrywing

--- -- --- - - - --

van die eerste studente in 1971; en twintig jaar nadat ek die Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap in 1961 die eerste,

.

keer oor ons planne ingelig het.

::J_

I (....é.( ~ {_..J 0: _V--

ce

I,

Vé-JL<' --- tLc

!

STELLENBOSCH

(w.g.) H.B. THOM 24 Junie 1981

Referensi

Dokumen terkait

Wanneer die wêreld egter vir die kerk vreemd geraak het tot dié mate dat die kerk glad nie meer die wêreld kan verstaan of daarin kan funksioneer nie, raak dit vir die kerk ’n baie

Adamson was die mening toegedaan dat die Onderwysdepartement in samewerking met die skoolrade direkte verantwoordelikheid vir die oprigting van platte- landse skoolgeboue behoort te

Die duursame in die verhouding tussen Sabbat en Sondag bestaan daarin dat die dag met sy eie karakter deur die Here ingestel is en dat die onderhouding daarvan vir die

geskikte koloniste vir die Kaap en die ander genoemde Hollandse koloniste kon nie in groot getalle verkry word nie, Want Holland was ue ivare ad en die Hollanders het dit oor die

André Wessels26 23 Ek is meegedeel dat iemand anders wel met die projek sal voortgaan 24 Kyk byvoorbeeld J J Oberholster en M C E van Schoor, Geskiedenis vir die O.V.S.-

Van die 1 136 eerstejaarstudente wat in 1976 vir die eerste keer aan n universiteit ingeskryf het, en wel aan die PU vir CHO, is die volgende persentasie responsies in die groepe

INSKRYWINGSVORM: KOMPETISIE VIR VOORNEMENDE SKRYWERS EN DIGTERS Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied ’n kompetisie vir VOORNEMENDE skrywers in drie kategorieë aan:

Al die liefde wat die volke en die leërs vir hom gehad het, sal ek roep en dit tot haat maak, en ek sal jou volg al vlug jy in die hande van Tiberius… hy sal jou wegsmyt soos hy jou