• Tidak ada hasil yang ditemukan

1 BADENHORST ET AL 809.indd

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "1 BADENHORST ET AL 809.indd"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 116 Open Access Bladsy 1 van 1 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Die invloed van landboupraktyke op grondlewende mesofauna van geselekteerde agro-ekosisteme

in die Vrystaat, Suid-Afrika

Infl uences of agricultural practices on soil mesofauna of selected agroecosystems in the Free State, South Africa: Soil is a complex medium, comprised of biotic and abiotic components. Interactions between these components are responsible for benefi cial services provided within ecosystems, including agroecosystems. The evaluation of soil samples from six farms in the Free State indicate that soils with less disturbance have complex biological communities and are more resilient.

Grond is ’n komplekse medium wat uit beide biotiese en abiotiese komponente saamgestel is.

Die biotiese komponent, wat ook na verwys word as die aktiewe rolspelers in die grond, is vir die lewering van voordelige ekosisteemdienste verantwoordelik, maar sluit ook skadelike organismes in. Die voorkoms van hierdie organismes word hoofsaaklik deur abiotiese faktore beïnvloed wat as fi ltreringsmeganismes dien, en dus vir die voorkoms van geselekteerde spesies in spesifi eke gebiede verantwoordelik is. Met verwysing na die groeiende menslike bevolking, kan hierdie dienste as voordeel aangewend word deurdat dit oesopbrengste met minimale insetkostes kan verhoog sonder om die grond uit te buit. Baie boere is in die proses om hul boerderymetodes aan te pas na ’n meer volhoubare stelsel, met bewaring en herlewing as uitgangspunte. Dit is slegs moontlik indien versteuring in grondstrukture geminimaliseer word en voedselbrondiversiteit toeneem, wat ’n hoër grondgemeenskapkompleksiteit tot gevolg het en dus veerkragtigheid van grondgemeenskappe verseker. Chemiese en meganiese versteurings verlaag die kompleksiteit van grondgemeenskappe, wat daartoe lei dat voordelige ekosisteemdienste ingekort word. Hierdie studie fokus op die fl uktuasies in diversiteit van geselekteerde rolspelers binne die grondmedium aan die hand van die teenwoordigheid van sekere landboupraktyke en omgewingsveranderlikes.

Grondmonsters is tussen 2011 en 2014 by ses terreine in die Vrystaat versamel. Die plase Vaaldam, Koppieskraal, Thornberry en Klein Brittanje is weens die diverse landboupraktyke en bestuurstrategieë wat hulle daar toepas, geselekteer. Die ander terreine was die Paradys- proefplaas van die Universiteit van die Vrystaat, waar ’n proef met plaagdoders uitgevoer is, en die plaas Eureka, wat aan besoedeling van ’n nabygeleë goudmynslikdam blootgestel was.

Al die grondmonsters is in die porosfeer van plante geneem en in die laboratorium deur middel van die Berlese-Tullgren ekstraksiemetode geëkstraheer. Sortering en identifi sering is uitgevoer en ’n verwysingsversameling is saamgestel en in etanol gestoor.

Fluktuasies in die diversiteit van die geselekteerde fauna is reg deur die studie waargeneem.

Landboupraktyke het ’n besliste invloed op die intensiteit van hierdie fl uktuasies gehad.

Meganiese en chemiese versteurings het ’n aanvanklike afname in diversiteit getoon, gevolg deur

’n toename. Hierdie toenames was soms baie opvallend omdat sommige spesies in die afwesigheid van kompetisie en predatoriese druk fl oreer, veral in die geval van indringerspesies. Grond met

’n hoër organiese samestelling bied meer weerstand teen versteuring. Die brand van plantmateriaal in landerye het ’n invloed op die vertikale verspreiding van grondmesofauna. Die invloed van chemikalieë word bepaal deur die volharding van die spesifi eke chemikalieë, asook die kompleksiteit van die grondgemeenskap voor blootstelling. In reeds versteurde gebiede het chemikalieë ’n groter invloed getoon as in natuurlike veld, waar slegs ’n enkele bespuiting toegedien is. Die effek van slikdambesoedeling het die diversiteit aansienlik verminder en slegs

’n paar spesies was in die besoedelde gebiede teenwoordig. Hierdie spesies kon moontlik hier voorgekom het weens hul vermoë om swaarmetaalvergiftiging te vermy of te verdra.

Minimaal-ontwrigte landerye met organiese materiaal toon ’n hoër toleransie vir versteuring, en kan dus steeds ekosisteemdienste in die teenwoordigheid van beperkte noodsaaklike versteurings lewer as gevolg van ’n komplekse grondgemeenskapstruktuur.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Outeurs:

Hannelene Badenhorsta CR Haddada

C Janion-Scheepersb SvdM Louwa† (oorlede) Affi liasie:

aDepartement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat,

Posbus 339, Bloemfontein, 9300, Suid-Afrika

bDepartment Biologiese Wetenskappe, Universiteit van Kaapstad, Privaatsak X3, Rondebosch, 7701, Suid-Afrika

Korresponderende outeur:

Hannelene Badenhorst E-pos:

[email protected]

Ter herinnering aan Prof SvdM Louw

Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Hannelene Badenhorst, CR Haddad, C Janion- Scheepers, SvdM Louw, Die invloed van landbou praktyke op gronlewende mesofauna van geselekteerde agro-ekosisteme in die Vrystaat, Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.809 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Referensi

Dokumen terkait

Die visie, missie en doelwitte van hierdie universiteit se verskillende fakulteite word nie in hierdie skripsie ontleed nie en word op Lofdal Christelike Universiteit se struktuur op

Andrew Proctor, oud-student van die Universiteit van Kaapstad en die enigste Suid-Afrikaanse vlieenier wat 'n Victoriakruis tydens die Eerste Wereldoorlog ontvang het, se liggaam is na

Na die argeologiese ontdekking van Mapung- ubwe op die plaas, is die plaas, vanwee vertoe deur die Universiteit van Pretoria, in Mei 1933 deur die Staat aangekoop en "vir open bare

Editorial Board / Redaksionele Raad Karen Harris Ian Phimister University of Pretoria University of the Free State Universiteit van Pretoria Universteit van die Vrystaat Alois

Binne die Universiteit het die mening veld gewen dat die finansiële las vir die Universiteit te groot word, en dat departemente van ou gevestigde fakulteite sal skade ly - en nou kan TI

Getrou aan hierdie strewe het die interne universiteitsgemeenskap – die Bestuur, die akademici en die steundiensomgeswings – ’n plan van aksie saamgestel wat hierdie Universiteit fokus

Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE aandryf, ten einde te bepaal of JSE- ontwikkeling

Dit is dus in die beste belang van soekenjins, inligtingsoekers en inligtingverskaffers om beheerbare vorms van soekenjinsydigheid te minimaliseer.3 Vir die doeleindes van hierdie