• Tidak ada hasil yang ditemukan

Boekbespreking/Book Review

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Boekbespreking/Book Review"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

865

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 3: September 2020 doi.10.17159/2224-7912/2020/v60n3a21

Boekbespreking/Book Review

Titel: Die trekos en trektoerusting in Suid-Afrika: ’n historiese perspektief Outeur: C. Marius Oosthuizen

Uitgewer: Protea Boekhuis, Pretoria

ISBN: 978-1-4853-1127-0 (gedrukte boek) Aantal bladsye: 250 plus 24 bladsye fotoseksie

Hierdie boek is ’n geskiedkundige en kultuurhistoriese juweeltjie. Baie selde kom handwerkers by skryf uit, en gevolglik word baie van die kundigheid en vaardigheid van hele praktiese beroepe en ondernemings nooit geboekstaaf nie. As dit nie vir die enkele dagboek van Louis Trichard was nie, het ons min geweet van die lewe op die Groot Trek. Die togryer-era en bedryf waarby honderde duisende betrokke was het nie ’n enkele eerstehandse verslag nagelaat nie, net die geromantiseerde en erg verwronge “Jock of the Bushveld.” Onder dié omstandig- hede is ’n dokument soos hierdie ’n rare aanwins.

Marius Oosthuisen is nog van die laaste generasie wat die praktiese aanwending van die trekos beleef het. Nie net dit nie, maar hy het ’n leeftyd lank naas sy boerdery inligting versamel uit die literatuur, maar ook van tydgenote wat self nog osdrywers, velverwerkers, tuie-makers en sweepvlegters was. Daarby is hy as boer by uitstek prakties, en het duidelik self alle tegnieke rondom die trekosbedryf op die proef gestel en bemeester. Sy beskrywings is nie net teoreties volledig nie, dis duidelik eerlike praktyk.

In sy inleiding kla die outeur dat vorige literatuur oor die trekos dikwels mank gaan aan die hebbelikheid om die klem op die outeur se spesifieke belangstelling te plaas. Dit is onvermydelik, en ook nie afwesig in sy eie werk nie. Sy liefde vir leer en rieme kom byvoorbeeld in drie hoofstukke aan die beurt. Maar dit is dan ook waar elke outeur sy besondere kundigheid en entoesiasme deel, en daar is niks fout mee nie.

Vir my was daar ook deurleefde juweeltjies in die breedvoerige bespreking van lig- gaamsmate as meet-instrument by al hierdie veld-ambagte, en die skatkis van kennis oor tradisionele gebruike van ’n os: letterlik van die beendere tot by die vel.

Dit is maklik om ’n handwerker en boer se skryfwerk te kritiseer, maar enige tekortkominge vergewe mens dan ook graag. Tewens, die ietwat deurmekaar uitleg en gevolglike herhaling is eerder ’n fout van die redaksie, en so ook die swak foto-reproduksies. So iets is vreemd, gesien die beskikbaarheid van vandag se foto-opkikkerprogramme. ’n Ander ding wat pla, is die soms hoogdrawende taal (dalk die promotor se invloed?), en ’n effe karige oorsig oor die genetika waaruit die trekosse geteel is. (Bos primigenus word byvoorbeeld voorgestel as ’n derde tipe bees, maar is eintlik die uitgestorwe voorvader van die ander twee).

Só ’n boek bring mens weereens onder die indruk van wat ’n wonderlike ding boeke is.

Hier word ’n man se hele lang lewe en belangstelling, en wat hy van dosyne ander geleer het, vir ’n paar rand jou eie en generasies vorentoe s’n!

Erik Holm

E-pos: [email protected] Aug 2020

Referensi

Dokumen terkait

So byvoorbeeld kan die eerste jare van ’n individu of die geskiedenis van ’n groep soos ‘n kerk die intrige en selfs die lotgeval van die latere jare antisipeer dit wil sê die een is

Graag wil ek net van die ge- leentheid gebruik maak om u daar- op te wys dat die kleurpunt·vereis- te saam met die ander twee basiese vereistes van 'n eerste akademlese jaar geslaag

In Nou was sy liggaam bespreek onder 2.2 word 'n terugkeer na die aardse uitgebeeld deur middel van effektiewe kleurbeelde byvoorbeeld bruin soos grond, aarde: Nou was sy liggaam bruin

Dit moet in gedagte gehou word dat afsondering, onder uiterste klimaatsomstandighede, van 'n klein groepie spesialiste elkeen op sy eie gebied besondere hoe eise aan die mens stel.. Die

Die skrywer slaag egter baie goed daarin om sy hoofdoel met die boek, naamlik om die leser bewus te maak van die menslike drama agter hierdie verhale van selfopoffering, durf en helde-

Ek het geweet daar was ’n “geskiedenis” met onder meer enkele van die Sestigers, maar ek het doelbewus voortgegaan om, in ’n tyd waarin verskeie faksies ’n mens wou dwing om links,

DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v53i1.25 Nuwe Stories 3 is die derde en laaste bundel wat uitgegee word as deel van die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder die

Tussen hierdie twee films trek ’n ander Afrikaanstalige film die aandag: die satiriese komedie Lipstiek dipstiek 1994, uit die pen van Willie Esterhuizen wat ook die regie behartig