• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die Anglo-Boereoorlog in die Potchefstroom omgewing

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Die Anglo-Boereoorlog in die Potchefstroom omgewing"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

158 New Contree, No. 71 (December 2014)

macro-historical scope, enjoying more attention in several parts of the book, is not entirely successful in being interwoven with the biographical story of the Viljoens. That said, this book should be seen as a new and informative source on two South Africans who have received little attention by historians thus far. It is therefore a worthy contribution that will lay the foundation for further work on the Viljoen brothers.

Christiaan de Wet Annale 11: Die Anglo-Boereoorlog in die Potchefstroom omgewing

(Bloemfontein, Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en

Kuns), 2013, 278pp. R 170.00) Gert N van den Bergh

Danell de Wet Potchefstroom [email protected]

Prof Van den berg se boek handel, soos die titel dit stel, oor gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) wat tussen 1899 en 1902 in spesifiek die Potchefstroom omgewing afgespeel het. Besondere klem word geplaas op die betrokkenheid van die Potchefstroom-kommando by die oorlog. In hierdie verband is dit belangrik om te onthou dat daar, soos vermeld in die inleiding van die boek, na Potchefstroom in daardie jare verwys is as die groter area wat Ventersdorp, Klerksdorp, Coligny, Hartbeesfontein, Koster en Carletonville ingesluit het. Die boek is dus hoofsaaklik ‘n streeksgeskiedenis.

Die studie dek ‘n wye oorsig van die hoofgebeure tydens die Anglo- Boereoorlog met spesifieke verwysing na die Wes-Transvaal, wat insluit die ontstaan van die Potchefstroom-kommando, die Britse besettings van Potchefstroom, die verskroeide-aarde- en konsentrasiekampbeleid, en die Bittereinders. Die gebeure word vertel in chornologiese volgorde, en daar word deurlopend in die boek van interessante feite en staaltjies vertel.

Van den Berg gee die lot van die Potchefstroomse burgers van daardie tyd weer. Die voedsel situasie, wat insluit die verdeling daarvan, asook die tekorte

(2)

159

Book reviews

wat tydens die oorlog geheers het word vermeld in die vorm van ‘n sosiale geskiedenis. Die situasie waarin vroue en kinders hulself bevind het in die Potchefstroomarea word beskryf, en daar word nie net op Boeregesinne gefokus nie, maar ook die lot van hul werkers se gesinne wat ‘n bydrae tot die historiografie lewer. Voorts vertel die skrywer dat daar aanvanklik twee beleide was rakende vrouens en kinders gedurende die oorlog. Een daarvan was die normale konsentrasiekampbeleid soos ons almal dit ken, maar aanvanklik het die beleid slegs gegeld vir vrouens en kinders op die plase. Die ander beleid was vir dorps vrouens en kinders, wat gestipuleer het dat hul huise geplunder word, en hulle uit die dorp gejaag is. Die twee beleide het later egter dieselfde geword, nadat die dorpsvrouens hulleself by die naaste kommando’s aangesluit het en so gevang is waarna hulle na konsentrasie kampe toe gestuur is.

Die boek gee dus nuwe insigte oor die situasie in die distrik tydens die oorlog, en in sekere gevalle waar ‘n spesifieke plek betrokke is, gee die Van den Berg aanduidings waar die area vandag geleë is met die oog op ‘n groter waardering van die geskiedenis wanneer hierdie plekke besoek word.

Ten spyte van die sterk chronologiese onderbou fokus Van den Berg meer op die gebeure van 1900, met amper die helfte van die boek wat slegs daaroor handel. 1901 en 1902 word meer vlugtig behandel in die oorblywende hoofstukke. Daar word ook soms teruggespring na 1900 in die laaste hoofstukke van die boek en dit lei daartoe dat die boek hier en daar moeilik verstaanbaar is, en in sekere gevalle lomp en deurmekaar voorkom. Verder mag die boek ook moeilik lees vir die normale leser, wat nie noodwendig kennis dra van die gebeure van die Anglo-Boereoorlog nie, aangesien die boek op verskeie plekke aanneem dat die leser oor genoegsame agtergrondskennis beskik.

Alhoewel daar vermeld word dat die boek oor die hele Potchefstroom area handel, word daar met die verduideliking van die konsentrasiekampbeleid grootliks gefokus op die dorp, Potchefstroom, se konsentrasiekamp, terwyl Klerksdorp, wat ook deel gevorm het van die distrik, ook oor ‘n konsentrasiekamp gehad het. Hierdie uitlating vernou die fokus van die boek.

Van den Bergh slaag wel in die doel van die boek, deurdat die gebeure van die oorlog in die Potchefstroom area, en waarby die Potchefstroomse kommando betrokke was, op weergegee word en gebou is op ‘n sterk argivale basis.

Referensi

Dokumen terkait

Teologies is die vraag hier selfs nog dringender, of en hoe ver die Nuwe Testamentiese geskrifte as gevolg van hulle saaklike inhoud en gewig of deur providentia Dei aanvaar is en of

Dit is waar Christus hoof is van sy kerk, waar hy alleen regeer, en waar die kerk in gehoorsaamheid aan Christus deelneem aan die werk sending van God in hierdie wêreld wat die kerk vry

In afdelings I en III waar die gefokaliseerde karakter hoofsaaklik Kupido is en die teks meer magies-realisties, in teenstelling met afdeling II waar James Read as verteller optree, is

Hulle het ons uitbetaal vir niks” 8.1.5 Hierdie bruin ouer persone se sosio-ekonomiese situasie is deur byna al die apartheidswette negatief beïnvloed, maar dit is veral die

As daar byvoorbeeld in 1746 van Vogelfontezn aangeteken word dat dit "over de doom rivier in 't rogge veld" is, dan weet ons waar om te gaan soek.. Al die gevalle is egter nie so maklik

hier 'n boek deur een van ons mede-studente ge- skryf: ,.Erfplaas." Hoeveel van ons lees daardie soort van romans Ons jeug is nie aileen skuldig nie, maar waar ons jongmense in die

TABEL 2: Die spesies en getal molluske wat tydens die vier opnames by die drie lokaliteite op die Hoëveld versamel is, asook die elektriese geleidingsvermoë en pH wat tydens elke

Die toepassing van laagvervaardiging in die ontwerp en ontwikkeling in amper elke verbruikersproduk denkbaar dui op die voordeel wat laagvervaardiging bied – veral waar sekere produkte