• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die skopus van die heilige skrif

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Die skopus van die heilige skrif"

Copied!
15
0
0

Teks penuh

(1)

DIE SKOPUS V A N DIE IiEILIGE SKRIF

DRS. J. DU T. FÜRSTENBERG ORIËNTEREND

Kenmerkend vir die huidige intensiew e besinning in die kring van die Gereformeerde teologie oor die vraekom pleks rondom die Heilige Skrif is onder m eer die genuanseerde wyse van vraag- en probleemstelling. D aar w ord byvoorbeeld nie bloot oor die gesag van die Skrif en die prinsipiële fundering daarvan gehandel nie, m aar herhaaldelik word in resente publikasies die vraag na die spesifieke aard en eiesoortigheid van die Skrif self, van sy gesag, teopneustie en kanonisiteit, sy betroubaarheid en duidelik- heid en so meer pertinent aan die orde gestel. Dit is — same- vattcncl — die vraag na die modus qvo van die Hoilige Skrif m

W oord van God1).

Hierdie opvallende aksent in die benadering van die Skrif word gedra deur die oortuiging dat ’n Skrifleer alleen dán legitiem is, as dit — van die begin af! — betrokkc is op die werklike en konkrete Skrif, die Skrif na sy inhoud en sy bood- skap. Die vraag waarin die gesag, betroubaarheid ensovoorts van die Skrif in concreto bestaan, kan m et ander woorde alleen uit die inhoudelike Skrif beantw oord w ord2). Sodra daar egter intensief m et die inhoud van die Skrif omgegaan word, kom tewens die eiesoortigheid van die Skrif, sy besondere intensiona- liteit, gerigtheid en doel, kortom die skopus van die Heilige Skrif, onontw ykbaar op die Bybelondersoeker af3).

’. V ergelyk onder a n d ere G. C. B erkouw er: D c H eilige Schrift, I, p. 7:

„ rekenschap aangaande tie aard d er in sp ir a tie ” ; idem , p. 192: ,,de aard van h et S ch riftg eza g ” ; D e H e ilig e S ch rift, II, p. 190: ..de aard van d e betrouw baarheid der S c h r ift” ; in verband m et d ie aard en sin van d ie p ersp icu itas Sacrae S crip tu rae. idem , p. 251: „en n oodzakelijke n uan­

cerin g van de d u id e lik h e id ”. H. N. R idderbos: H e ilsg e sc h ie d e n is en H e ilig e Schrift, p. 33, o o r „ h e t h oe van de can on ” ; F eillo o sh eid , o n fe il­

baarheid. au toriteit, in: H et W oord. h et R ijk en onze v erle g en d h eid , p.

66, oor ..de aard. d e w erk lijk h eid en de gerich th eid der S c h r ift” ; idem . p. 70: d at on s sal le e r verstaan „w aarin h et e ig en lijk e, d e aard, de inhoud van de op en b arin g is g e le e e n en daarm ee ook de aard en de om vang van h et Schriftsrezag” . J. I-. Koole: V erhaal en F e it in h e t Oude T estam en t, p. 42: ..S in d s e n ig e tijd is on d er on s h et vraagstuk van d e aard van h e t S ch ristg eza g . . . aan d e o rd e”. Tj. Baarda: D e B etroubaarheid van d e E v a n g eliën , p. 80: ..W at is de aard van d e betroubaarheid? D aarover m oet on s gesp rek gaan.” G. P. H artvelt:

Over S ch rift en In sp ira tie, p. 14. oor „de m o g elijk h eid d a t n ieu w e v ra a g stellin g en de aard van h et gezag der S ch rift ons b eter d o en verstaan ”. V gl. ook K lare W ijn. R ekenschap over g esch ied en is, g eh eim en gezag van d e B ijb e l, hf. IV, A ip . 174 v v .), waar g e tr a g w ord om die g esa g van d ie S k rif na sv aard en b ed o elin g te om skryf.

V ergelyk G. C. B erkouw er: D e H e ilig e S ch rift, I, p. 45, p. 108 en II, p. 206.

3. V erg ely k G. C. B erkouw er: H .S.. I, p. 176: „H et is deze in te n tio n a lite it, d ie m et h e t g e tu ig e n is d er H eilig e S ch rift ze lf g ee e v e n is. om dat zij . . . ons over haar d o elg erich th eid g een ogen b lik in h et on zek ere la a t.”

189

(2)

Twee begrippepare — w aarin telkens ’n altem atiew e benade­

ring van die Heilige Skrif sig afteken — kan die saak w aarom dit te doen is, verhelder. Die eksponente van die skopusgedagte verteenwoordig ’n nuanserende teenoor ’n nivellerende Skrifbe- skouing en -benadering. Op hierdie wyse — w aartoe die Skrif- getuienis self die aanleiding gee — word gemeen d at die onm is­

kenbare sentraliteit, asmede die ryke geskakeerdheid, die (heils)- historiese reliëf, die openbaringshistoriese gesitueerdheid en die gedifferensieerdheid (w at stof en literêre genre betref) van die Skrifinhoud m eer adekw aat to t hul reg kan kom as by ’n benade­

ring w aar alle Skrifwoorde reliëfloos, as’t ware op ’n plat vlak, naas m ekaar te staan kom (biblisistiese en fundam entalistiese Skrifbenadering)4). Vir B erkouw er is die dilemma van krag:

„skopus of reliëfloosheid. Tertium non datu r”5).

Hand in hand m et bogenoemde onderskeiding gaan ’n tweede, te w ete dié tussen ’n m ateriële en ’n formele metode van behande­

ling van die verskillende aspekte en eienskappe van die Skrif.

Hierdie wending na die inhoudelike en die daarm ee gepaard gaande verset teen alle form alisering en isolering van die Skrif ten opsigte van sy inhoud, wil vermy dat daar apriories (nog voordat die inhoud van die Skrif in sig kom en konstitutief in die besinning funksioneer) ’n formele skema van kenm erke aan die Skrif opgedring w ord6). Hiermee w ord die aksent verskuif ván die Skrif as (heilige) boek, w at — ook extra usum — met inhe­

rente goddelike eienskappe bekleed is (met die dreigende konse- kwensie van bibliolatrie),7) na die Skrif as (heils)boodskap, w at qua boodskap goddelik in sy oorsprong en inhoud, gesag, betrou- baarheid ensovoorts is. In plaas van die Skrif as gegewendheid

„an sich” te beskou, geabstraheer van sy instrum entaliteit as sw aard van die Gees, w ord die Skrif benader in die dinamiese verbande van sy funksionaliteit en effektiwiteit, as die lewende en w erksam e W oord van God.

Vir hierdie Skrif, en vir die uitsig op sy werklikheid, aard, geheim en gerigtheid, w ord in die huidige diskussie nuw e aan- dag gevra8).

4. V ergelyk G. C. B erkouw er: H.S.. I. pp. 21-24 en 179; II. pp. 110-111;

V eron tru stin g en V era n tw o o rd elijk h eid , pp. 123-124; R. B ijlsm a: S chrift­

gezag en S ch riftgeb ru ik , p. 84 w .

■\ G. C. B erkouw er: H .S., II, p. 96.

«. Byna deurgaans tref ons by B erk ou w er in sy werk oor d ie H eilig e Sk rif die w aarskuw ing en p rotes te e n fo rm a liserin g aan. V ergelyk onder m eer H.S., I, p. 38 (fo r m e le S k rif g e sa g ); idem . pp. 84. 99 en 108 (form a- lis tie s e kanonbegrin teen o o r „de fu n d a m en tele b etrokkenheid Van de canon op C hristus” ); H .S., II, p. 194 w . (d ie betroubaarheid van d ie S k rif n ie te b en ad er m et b eh u lp van ’n fo rm ele error-begrip).

V ergelyk G. C. B erkouw er, H .S., I pp. 34-35 en pp. 221-223. V ir d ie ond ersk eid in g boek-boodskap, v erg ely k ook R. B ijlsm a, aangehaalde werk, p. 90.

s. V ergelyk G. C. B erk ou w er, H .S., I, p. 223.

(3)

M E D E B E P A L E N D E FA K T O R E

V anw aar hierdie gew ysigde benadering?

As aanleidende faktore kan die volgende genoem word:

(i) Die aansprake van natuurw etenskaplike kant ten opsigte van die ouderdom en ontstaan van aarde en mens h et by kerk en teologie die vraag na die eie aard en intensie van die Skrif, sy gesag en sy uitsprake gestim uleer. Sonder om die w aarheids­

gehalte van dergelike aansprake in sake kosmogenese, geogenese, biogenese ensovoorts blindelings te aksepteer (voordat dit uitge- m aak is w at dwingende feit en was (nog) onbewese werk-hipo- tese is), moes die teologie — as hy nie by ’n uitsiglose konflik- situasie tussen Skrifgeloof en natuurw etenskap wou berus nie

— opnuut oor die w erklike en eintlike bedoeling van die Skrif begin besin9).

(ii) Die verskuiw ing in die G ereform eerde teologie van ’n m eer meganiese na ’n m eer organiese opvatting van die Skrifin- spirasie sedert Bavinck en K uyper10) h et die weg vry gem aak vir

’n m eer genuanseerde w yse van lees en verstaan van die Bybel.

Nou doen die situasie hom egter voor d at die organiese opvatting van die teopneustie in sy draagw ydte en konsekw ensies nie onmiddellik ná Bavinck en Kuyper verder ontwikkel en deur- dink is nie. Mens het die indruk dat die aktiew e besinning rondom die Skrifvraagstuk in die Gereform eerde teologie sedert Assen (1926) — en as gevolg daarvan? — voorlopig to t stilstand gekom het, altans w at b etref die spoor w at bogenoemde ten opsigte van die teopneustie aangedui het.

Eers na ongeveer 40 jaar, in ’n m inder storm agtige kerklike en denkklimaat, is begin om die perspektiew e w at m et die begrip

„organiese inspirasie” geopen is, daadw erklik te laat funsio-

V ergelyk II. L. K oole, aan g eh a a ld e werk. p. 5 vv.: G. C. B erk ou w er, U .S., II p. 297 vv.; V ero n tru stin g en V eran tw oord elijk h eid , p. 155 vv. D it b etek en n ie ’n k n iev a l van te o lo g ie o f B y b e lg e lo o f voor .,d ie w e te n ­ sk ap ”, as sou ’n m eer g e n u a n seerd e v is ie op d ie H eilig e Sk rif p rim ér a p o lo g eties g em o tiv eer w ees. D at w eten sk a p lik e b evin d in ge e g te r ’n a a n leid in g sfu n k sic ten o p sig te van n ad ere b esin n in g oor sek e r e teolo- g le s e b ev in d in g e u itg e o e fe n h e t en n og u ito efen , kan on b evan ge erken word.

1(\ V erg ely k H. B avinck: G ereform eerd e D ogm atiek, I. p. 402 vv.; A.

Kuyper: E n cy clo p a ed ic der H e ilig e G od geleerd h eid , II, p. 367 w . 191

(4)

neer"). Met name het die besef gegroei dat die voluit menslike van die Heilige Skrif onbevange erken en teologies gehonoreer moet word en dat hierdie „m enslike faktor” nie in konkurrensie met die goddelike k arak ter en gesag van die Skrif hoef te staan nie1-)- Hierdie erkenning maak dit egter noodsaaklik om die „est”

in die identiteitsbelydenis „Sacra Scriptura est Verbum Dei”, nader te kw alifiseer11). Hoe is die Heilige Skrif Gods Woord as dit óók voluit menslike aktiw iteit behels (vgl. Luk. 1:3)? Hoe is dit as goddelik betroubaar te bely as feilbare mense dit bemiddel het?14).

Dit gaan om die modus quo van ons Skrifbelydenis, om die noodwendige nuansering van die „est”, vanweë die werklikheid van die Skrif as Gods W oord én mensewoord.

(iii) Ten slotte het die voortgesette ondersoek van die Heilige Skrif sélf ’n direkte inwerking gehad op die wyse w aarop die aksente tans gelê word. Alweer het dit in eksegetiese werke van Gereformeerde kant duidelik geword dat die gevarieerde inhoud van die Skrif telkens volgens eie aard verstaan en gedui moet word. ’n Masjal durf nie op dieselfde wyse as ’n historiese mede­

deling opgevat word nie! En ’n reinigingsvoorskrif uit Levitikus mag nie op gelyke wyse aan die gemeente oorgedra word as

’n paraenetiese appél uit een van die Evangelies of Briewe nie!

Daar word met ander woorde baie pertinent gevra na die konteks en historiese gesitueerdheid van ’n Bybelwoord. Noukeurig word die betrokke literêre stylsoort in ag geneem. Die onmiddellike of verder liggende aanleiding en doel van ’n brief of perikoop (en ander vrae uit die inleidingswetenskap) word nagespeur. Die kategorieë beloftevervulling, skadu-werklikheid, eertyds en tans (Hebr. 1:1), trouens die hele openbaringshistoriese reliëf in die

>>. B erkouw er en an dere soek d o elb ew u s aan slu itin g by B avinck en K uyper ten o p sig te van d ie saak w at ons b esig hou. S n esifiek vir die sk op u sgedagte word d eu r B erk ou w er on d er andere na B avinck verw ys

— H.S.. I, p. 27 en p. 178. B avinck praat van d ie b estem m in g van d ie H e ilig e Skrif. G.D., I, p. 415. M et nadruk m oet daarom g e ste l word word d a t d ie h u id ig e g en u a n seerd e v is ie op d ie Sk rif en sy g esa g n ie ie ïs volstrek n u u ts is nie. V erg ely k Berkouw er: H.S., II. p. 110 vv. en H et Sch riftgezag in: D e B ijb el in h e t Geding, p. 8. waar hy h erin n er aan d ie tra d isio n eel gew ord e o n d ersk eid in g tu ssen h isto riese en norma- tiew e gezag en aan d ie aanvaarde ste lr e ë l dat die Sk rif n ie ’n hand­

boek ter o riën terin g in a lle r le i w eten sk ap p e is nie. In b eid e g e v a lle word ’n n u an serin g voltrek en ’n b ep aald e skopus van d ie S k rif erken.

V ergelyk H. B avinck. G.D., I. p. 402: ,.R eed s w at zij (d e S ch rift — J. F .) in h et algem een le e r t over de verh ou d in g tu sschen God en ziin sch ep sel, doet ons verm oed en , d at ook d e le id in g van Gods G eest in d e theo- p n eu stie d e zelfw erkzaam heid d e s m en sch en n ie t v ern ietig en , maar ju ist b ev estig en en versterk en zal.” V ir h ierd ie konkurrensieproblem a- tiek , v erg ely k ook G. C. B erkouw er: H .S., I, pp. 18 en 19.

1:\ V ir d ie sin van d ie „ e st”, v erg ely k G. C. B erkouw er. H.S., I. p. 16 en II,

d. 13 vv.

14. V ergelyk G. C. B erk ou w er, H .S., II, p. 188 vv.

(5)

wisselende en daarom so boeiende „landskap” van die Skrif word

’n bepalende gesigspunt geag vir die w yse w aarop ’n teks in ’n gegewe situasie in die hede to t sprake gebring of „toegepas”

word. Dit alles is niks anders as genuanseerde Skrifgebruik nie.

Dit blyk „w erkelijk niet m aar de natuurw etenschap, w aarvan wij, theologen, geen verstand hebben, m aar de voortgezette bestudering van de Bijbel zelf te zijn, die om nadere bezinning ten aanzien van de aard van het Schriftgezag v raagt” 1').

POGING TOT PRESISERING

Terwyl die skopus van die Skrif ’n sentrale funksie blyk te vervul in die nuanserende wyse van spreke oor en omgang met die Heilige Skrif, rys onverm ydelik die vraag of dit moontlik is om hierdie begrip uit die Skrifinhoud self nader te omlyn en inhoudelik te vul. Ons vind ons dus onmiddellik aangewese op die bepaalde aard en stru k tu u r van die Bybelse getuienis self. Op sy eenvoudigste gestel, beteken dit dat ons ’n antwoord sal soek op die vrae: W at wil die Heilige Skrif wees, w at wil dit bied en w at wil dit bereik?

Deur die vrae so te stel, blyk dit reeds dat daar alleen genuanseerd — nie eenlynig — op die skopusvraag geantw oord kan word. Die begrip laat naam l'k ’n ruim er of meer formele en

’n enger of meer m ateriële presisering toe. Onder eersgenoemde is „skopus” as tendens, strekking of gerigtheid, aard en k arakter, bedoeling of intensie te verstaan, terw yl laasgenoemde op die spesifieke doelwit, oogm erk of bestem m ing w aarop die Skrif ge- rig en afgestem is, dui. Beide is uit die aard van die saak onder­

ling ten nouste m et m ekaar verweef. In w at hier volg, sal soms die formele en soms die m ateriële aspek van die skopus van die Skrif m eer op die voorgrond tree. D aar word egter gehoop om langs hierdie weg, w aarin enkele essensiële dimensies in die Skrif aangedui word, uitsig te bied op die saak waarom dit gaan.

(i) Heilshistoriese bepaaldheid:

Die woorde „en dit het geskied . . . ” (Hebreeus: „w ayehi” of

„w ehaya” ; Grieks: „egeneto de” of „kai egeneto”) kom in die Ou Testam ent alleen soiets soos 470 keer voor, terw yl Lukas dit in sy evangelieverhaal ongeveer 40 keer gebruik1").

Hierin vind ons die v erteltrant gereflekteer, w aarin die grootste gedeelte van die Bybel geskryf is. Die Skrif wil vertel, en soos die steeds terugkerende refrein: „en dit het geskied daaruit opklink, is ’n geskied-enis besig om te ontplooi.

Probeer ons ’n sentrale gesigspunt aandui w aarm ee dit w at gebeur het, om vattend om skryf kan word, hoef dit seker nie

.T. I,. K oole. a.w., p. 7.

1B. B y F. H. B reukelm an: E n h e t G esch ied d e . . ., pp. 7-8.

193

(6)

teenspraak op te roep nie as ons sê: w at vertel word, is die dade, die handelinge van God. Onmiddellik moet ons daar egter aan toevoeg d at hierdie handelinge as heilsdade vertel word: God het gehandel ten bate van sy volk in ’n baie besondere sin:

reddend, bevrydend, ontferm end. Die geskiedenis w at ontplooi, is wesenlik heilsgeskiedenis. Dit het w eer op die verteltrant beslissende invloed: die heilsdade van God w ord verkondigend en belydend17) vertel en m et lofsange omring (dink m aar aan die doksologiese konteks w aarin die dade van God in vele Psalms voorkom!)

W at die Ou Testam ent betref, h et Bijlsma aangetoon d at dit veral die volgende dade van God is w aarop die Ou Testam ent telkens terugkom , te w ete die reeks: skepping, die openbaring aan die aartsvaders (w aaronder die roeping van Abraham), die uittog uit Egipte, die openbaring en verbondsluiting by Sinaï, die intog in en inbesitnam e van K anaan en die vestiging van die Dawidiese koningskap (waarm ee die Sionsberg onlosmaaklik verbonde is)18). Hulle vorm as’t w are die uitstaande bakens op die pad van die heilsgeskiedenis in die Ou Testam ent. Die

„interskripturale relasie” w at Bijlsma in die Ou Testam ent bloot- gelê het, stel hierdie reeks dade in hul grondleggende betekenis vir die hele Ou Testam ent in die lig10), ’n G rondpatroon teken sig in hulle af en hulle vervul ’n sentraliserende en integrerende funksie ten opsigte van die geheel van die Ou Testam ent.

Bijlsma ag dit selfs vir die stru k tu u r van die Joodse kanon van belang30).

’n Verdere trek w at aan hierdie geskiedenis eie is, is die feit dat God Hom in en deur sy dade aan Israel bekend gemaak het. Die geskiedenis w at hom afgespeel het is openbaringsge- skiedenis. Jahw e h et sy Naam aan Israel bekend gem aak21).

Vir die Godskennis en Godsbegrip in die Skrif is dit ’n wesenlike mom ent d at Hy Hom deur ’n geskiedenis, deur sy dade geopen- baar het. Teenoor die Griekse denke bly die Bybels-konkrete voorstelling van die handelende God ’n voortdurende en nood- saaklike korreksie22). Dit is die God w at nie onbewoë en afsfydig staan teenoor die mens nie, m aar heilsaam-handelend m et sy volk méégaan in die geskiedenis en Hom daad-werklik m et hul

R. B ijlsm a. a.w., p. 36, praat in d ié verband van „het k la ssiek e cred o.”

1S. V gl. R. B ijlsm a, a.w., p. 20 w .

10. V gl. R. B ijlsm a, a.w.. p. 11 vv. en p. 35.

-n. R. B ijlsm a. a.w., p. 21 vv.

21. V ir d ie d iep g rv p en d e b e te k e n is van d ie Naam van God as in k lu siew e b egrip vir sv dade. vgl. K lare W ijn , p. I l l w . en p. 125 vv.; verd er K. H. M iskotte: B ijb e ls ABC, p. 34 vv.

V gl. K lare W ijn . p. 102 vv.; Joh. d e Groot en A. R. H ulst: M acht en W il, veral p. 209 vv.

(7)

lotgevalle vereenselwig. W ant in sy tro u h et Hy Hom aan hierdie volk verbind.

Daarom is verder die Verbond ’n wesenlike aspek van die heilshistoriese inslag van die Skrif. Die geskiedenis w at God m et sy volk gem aak het, is ook as verbondsgeskiedenis te tipeer (vgl. die titel van die bekende w erk van S. G. de Graaf). Die verbondsverhouding fungeer as die raam w aarbinne die heilsge- skiedenis sig afspeel23). Dit spreek verder van bestendige, betrou- bare en genadige teenw oordigheid en omgang van God by en m et Israel. En dit hou die h a rt van die volk toekomsgerig, op grond van die beloftes w at in die kader van die Verbond hul deel ge- w ord het.

Hiermee w ord ’n volgende dimensie in die Bybelse geskiedenis aangesny, tew ete, w at Bijlsma noem: die heilshistoriese dinam iek in die stru k tu u r beloftevervulling24). Hiermee dui hy aan d at die heilsgebeure steeds oopstaan na die toekom s toe. Sodra die aanvanklike belofte(s) in vervulling tree, stu ’n nuwe belofte (of ’n nuwe dimensie van dieselfde belofte) opnuut die geskiede­

nis voorw aarts25). By voorbeeld: die belofte van die Dawidiese koningskap word ná vervulling dadelik w eer ’n belofte van die Messias-koning. Die geskiedenis w at in die Skrif vertel word, is daarom nooit afgelope nie. Vanweë hierdie „onophoudelijke eschatologiese drif”26) w a t die verloop daarvan kenm erk, bew eeg dit immer na ’n bepaalde doel heen. Te midde van die heilshande- linge van God klink daar steeds die heilsbeloftes w at hierdie doel sigbaar maak: die beloofde land, die komende Koning, die dag van die Here, die M essiaanse vrederyk ensomeer.

In die Nuwe T estam ent w ord hierdie skema verder gekon- tinueer. Dit is „die volheid van die ty d ” (Gal. 4:4) en voortdurend keer die verw ysing na die vervulling van „die Skrifte” (die Ou Testam ent) terug (vgl. veral die Evangelies van M attheüs en Johannes!). Die M essias h e t verskyn! Die K oninkryk het gekom!

M aar tegelyk word dit duidelik d at die beloftes nog nie „u itv er­

vul” is nie, en die oog van die gem eente word onmiddellik geskerp vir die tw eede koms van die H eer en die komende K oninkryk27).

- 3. V ir d ie in teg ra le fu n k s ie van d ie V erbond in d ie O.T.E. g esk ied en is.

vgl. J. L. K oole, a.w., p. 64, w aar h y sê d at d ie O.T. „de h isto rie ziet als h e t sam espel, a ls d e v o o rtd u ren d e v erw erk elijk in g van h e t v er­

bond van God m et z iin v o lk .”

R. B ijlsm a , a.w., p. 37.

2\ R. B iilsm a , a.w., p. 37; v g l. J. L. K oole, a.w., p. 15.

-n. R. B ijlsm a , a.w., p. 37

2 7 . V g l . — te r illu s tr a sie — d ie sp rek en d e o p sk rifte by H. B erkhof:

C hristus d e Zin d er G esch ied en is, h o o f stuk III en IV: J esu s C hristus h e t E in d e der G esch ied en is, en: J e su s C hristus h et B eg in d er G esch ie­

denis.

195

(8)

So behoort die geskiedenis w aarvan die Skrif vertel — as heils- of openbarings- of verbondsgeskiedenis te tipeer — met sy unieke verlede (Gods heilsdade) en sy unieke toekoms (Gods heilsbeloftes) to t die w esensaard van die Heilige Skrif. Die historiese bepaaldheid van God se heilsopenbaring is ’n onver­

vangbare gesigspunt in die benadering van die hele Skrif. Die verontagsam ing hiervan moet noodwendig tot fatale ontsporing lei en die werklike Skrif geweld aandoen-’s).

(ii) Kerugmatiese struktuur:

Onweerspreeklik soos w at die historiese karakter van die Skrifopenbaring is, kan daarm ee nie volstaan word as aanduiding van die aard van die Skrif nie.

Die Bybel bevat geskiedenis, tog is dit nie ’n geskiedenisboek nie. Die Bybelskrywers het voortdurend vertel en beskryf w at gebeur het, tog was hulle geen „historici” nie (en wou dit nie wees nie!) Die hele (historiese!) Skrif is naamlik op verkondiging aangelê.

In die voorafgaande is reeds gestel dat die aard van w at ge­

skied het, die wyse van vervulling daarvan bepaal. Juis omdat die dade van God as heilsdade erken en bely word, lei dit tot verkondigende vertelling. Só word dit — binne die Skrif self — verder vertel, oorgelewer, getradeer.

W anneer nou die kerugm atiese spits van die Bybelse geskie­

denis geaksentueer word, beteken dit nie dat die kerugm atiese ten koste van die historiese op die voorgrond geplaas word nie.

Beide mag nie teen m ekaar uitgespeel word nie. Die punt is juis dat hierdie eienaardige verstrengeling van heilsfeit en heilsbood- skap to t die essensiële stru k tu u r van die Skrif behoort en daarom as sodanig skerp raakgesisn en teologies ten voile gehonoreer sal moet word.

Hoeseer die Bybel verkondiging is en wil wees, blyk reeds daaruit dat die Skrifinhoud éérs verkondig is (byvoorbeeld die mondelinge tradering van die reddingsdade van God by Israel, die boodskap w at die profete in opdrag van Jahw e uitgespreek het voor die volk, die gelykenisse en ander woorde van Jesus) en daarná eers op skrif gestel is2"). Daarom is dit ook begryplik dat M attheüs aan die begin van sy evangelieverhaal na die (skrif- telike!) Ou T estam ent kan verw ys met die woorde: „w at die Here deur die profeet gespreek h et” (Matt. 1:22).

V gl. breedvoerig hieroor: H. M. K uitert: D e R ealiteit van h et G eloof, p.

163-213.

D ie volgorde: m o n d elin g e v erk o n d ig in g — sk riftelik e op tek en in g word in die Skrif s e lf p ertin en t verm eld . V gl. Jerem ia 36:2 en Luk. 1:2. Lg.

tek s is tew en s van b elan g vir d ie vraagstuk van d ie (m o n d e lin e e ï tr»di- sie binne die Skrif self.

196

(9)

M aar dan eindig die M attheüs-evangelie ook met die opdrag van Christus to t verkondiging van die heilsboodskap aan alle volke (Matt. 28:19, vgl. Mark. 16:20 en Luk. 24:47). „Van ver­

kondiging to t verkondiging loopt de weg van het geschreven W oord Gods.”3"). M eer nog: die te boek stelling het plaasgevind nie om die aanvanklike gesproke w oord te vervang nie, m aar m et die uitdruklike doel dat die verkondiging sal voortgaan11). Die Boek is dienstig aan die Boodskap! Die versameling van die geskrifte van die Nuwe Testam ent in die vroeë kerk h et ten doel gehad ’n kanon vir leer en lewe, ’n kanon dus ook vir die voortgaande verkondiging ’-).

Ons kan derhalwe stel: verkondiging is sowel die bron as die bestemming van die Skrif as geskrew e woord. Hiermee

\.o rd uiteraard die hele Skrif inhoud to t kerugm a gestempel.

Bijlsma wys daarop dat in die literêr-historiese navorsing se soeke na en ontdekking van verskillende literatuurvorm e dit steeds duideliker aan die lig getree h et dat „die prediking” in die Skrif nie „’n ” literêre gestalte naas andere is nie, m aar dat álle vorme, elk op eie wyse, niks anders as prediking is nie. Die verkondigingskarakter van die ganse Skrif word steeds duideliker h e rk e n '1). Herman Ridderbos praat in verband met die erkenning van die kerugm atiese k arak ter van die Skrifinhoud as ’n „om ­ w enteling” in die Nuwe Testam entiese w eten sk ap '4).

Om hierdie rede kan bew eer w ord d at die Bybelskrywers,.

geen historici in tegnies-vakkundige sin was nie. As vertellers van die „magnalia Dei” w as hulle getuienis, heroute en bood- skappers van die heil, dienaars en verkondigers van die W oord1').

Daarom mag van hulle ook nie historici-teen-w il-en-dank ge- m áák word nie. Die evidente intensie m oet ernstig geneem word.

Dit beteken: blote beriggewing of kroniekm atig-eksakte ge- skiedskryw ing lê buite hul gesigsveld. Hulle is geboei deur God w at aan die werk is en deur die w erke van God w at konkreet gebeur het, en hierdie gebeurde wil hulle as heil verkondig.

Die verkondiging bly eg ter wel aan die heilsdade van God gebónde. Basis en norm van die kerugm a is en bly die geskiede­

nis, respektiew elik die histories verw erklikte heil. Die Bybelse boodskap het geen ander inhoud as dit nie. Dit geld sowel vir

R. B ijlsm a, a.w., p. 71.

V gl. 11. B ijlsm a. a.w.. p. 79.

V gl. H. M. K uitert: V ersta a t Rij w at gij leest? , p. 47.

'. R. B ijlsm a. a.w., p. 80. V gl. K lare W ijn, p. 192: ,.D e B ijb el is naar

7 ' j n h e le op^cl en Ptrucktim r kerugma*i'-rV|”.

34. II. N. Ridderbos: H e ils g e sc h ie d e n is en H e ilig e Schrift, p. 105 en p. 111.

■. V gl. F. II. B m ik e lm n n . a.w.. p. 14.

197

(10)

die Ou as vir die Nuwe Testam ent. Daarom sal alle poging om

’n geskiedenis-lose kerugm a uit die Skrif te destilleer, onmoontlik m et die Bybelse kerugm a vorendag kan kom36).

Hierdie „Ineinander” van kerugm a en geskiedenis kan nie straffeloos verloën word nie: enersyds die kerugm atiese m eer­

w aarde van die geskiedenis (om dat dit heilsgeskiedenis is);

andersyds die historiese gefundeerdheid van die kerugm a (omdat die heil van God in die geskiedenis ingegaan het).

(iii) Christologiese sentraliteit:

H et die voorafgaande tw ee gesigspunte alreeds enigsins uitsig gebied op die wesenlike stru k tu u r van die Skrif, tans kan enkele stippellyne w at reeds sigbaar geword het, verder deurge- trek en enkele formele aanduidinge inhoudelike gevul word.

By die heilshistoriese bepaaldheid van die Skrif is die aandag reeds gevra vir die doelgerigtheid van God se heilshandelinge in die geskiedenis en vir die telelogiese drif en dinamiek w at in die stru k tu u r belofte-vervulling-belofte sigbaar word, ’n stru k tu u r w at in die Nuwe Testam ent gekontinueer word.

W anneer nou van Nuwe Testam entiese Skrifinhoud nader be- kyk word, kom ons voor die elem entêre feit te staan dat haas alle verwysings na die vervuiling van die Skrifte Christologies toege- spits word. Byna kan ’n mens sê: te pas en te onpas gaan die Nuwe Testam entiese skryw ers uit hul pad uit om die groot ver­

vulling w at m et die koms van Jesus van N asaret ingetree het, m et die onw eerspreeklike gesag en evidensie van „die Skrifte”

aan te toon87). Die M essiaanse perspektiew e w at in die Ou Testam ent aangedui en deur die Septuaginta in nog skerper kontoere voor oë gestel w ord38), w ord op ’n wyse w at vir ons soms gedurfd voorkom, m aar w at gedra word deur die vreugde­

volle herkenning van ’n gespanne geloofsverwagting, op Jesus as die Christus toegepas. „In Jezus van N azareth (wordt) het doel van alle oudtestam entische geschiedenis gezien. Hij is het brand­

punt, d at de stralen van de Schrift bundelt.”39).

M. V gl. G. B ergm ann: A larm um d ie B ib cl, p. 42 vv., w at erken: „D ie V erkundigung is t ein U ra n lieg en d er B ib el,” maar d ie sogenaam de

„ k eru gm a-teologie” daarvan b esk u ld ig dat hy m et ’n ander kerugm a- b egrip (a s d ie B y b e lse ) op ereer. V ir d ie verh ou d in g kerugm a en ge­

sk ied en is v gl. v erd er nog G. C. B erkouw er: H .S., I, p. 29 w . , p. 192 en p. 211 vv.; H.S., II, p. 205 vv.; asook J. T. Bakker: K erugm a en P red ik in g, p. 22 vv. R. B ijlsm a, a.w., pp. 8.-83 en p. 119.

V ir u itv o erig e v erw y sin g s na e lk e boek in d ie N.T. v gl. R .B ijlsm a, a.w., p. 48. vv.

' a. Vir d ie o p v a llen d e v ersk y n sel h o e se e r d ie Septuaginta ’n „M essiaanse”

verta lin g is, v gl. R. B ijlsm a, a.w., p. 40 vv.

S£1. R. B ijlsm a. a.w., pp. 15-16.

198

(11)

Alhoewel daar in die Nuwe T estam ent en vanuit Jesus Christus óók w eer ’n toekom sperspektief ontsluit word, w ord Sy koms en w erk tog as die vervulling by u itstek beskou. Ook deur Jesus Self! W anneer Hy in die sinagoge te N asaret uit Jesaja 61 voorlees, klink die gevolm agtigde uitleg: „Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul” (Luk. 4:21). As Hy saam m et die Em maüsgangers op pad is, verw ys Hy — verw ytend — na

„alles w at die profete gespreek h e t” (Luk. 24:25) en dan vertel Lukas verder: „En Hy h e t begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê (dihermeneusen!) in al die Skrifte die dinge w at op Hom betrekking h e t” (Luk. 24:27). Vergelyk ook Joh.

5:39 en 46.

Dit gaan in die Nuwe Testam ent egter nie net om die vervul­

ling van ekele, min of m eer geïsoleerde Ou Testam entiese pers- pektiew e nie, m aar inderdaad om die vervulling van die ganse Skrif in C hristus40). Gods daad in en m et Jesus is die sentrale heilsgebeurtenis. Rondom hierdie sentrum is die totale Skrif ge- struktureer. Van h ieruit verkry die hele Ou Testam ent die k arak ter van voorbereidende en vóórgeskiedenis van Jesus Christus, terw yl die N uwe T estam ent die „nabetragting op de in Hem verschenen openbaring”41) vorm.

Dit is hierdie unieke C hristologiese sen traliteit van die ganse Skrif, w at die essensiële skopus van die Skrif uitm aak. Ge­

varieerd is die form uleringe w at die Christusgeheim van die Heilige Skrif onder w oorde probeer bring. Heinrich Vogel noem dit die „H errengeheim nis” van die O penbaringsw aarheid42). G er­

hard Bergmann p raat van C hristus as „die perspektivische M itte”

van die Skrif43). K uitert: „Jezu s’ w erk in zijn draagw ijdte voor ons leven en onze w éreld”44).

W anneer dan in die Nuwe T estam ent die verkondiging, getuienis en lering klink, h e t dit niks anders to t inhoud nie as die heilsdaad van God in Jesus C hristus. As die apostels op die Pinksterdag begin preek, hoor die m enigte hulle vertel van „die groot dade van God” (Hand. 2:11). M aar „m agnalia Dei” blyk dan in die boodskap van P etrus geheel gekonsentreerd te wees in Jesus Christus! (Vgl. Hand. 2:21 vv.). W anneer Paulus sy verkondigingsarbeid oorsien, skryf hy aan die gem eente te

40. V gl. idem , p. 73 vv. en p. 126.

« . Id em , p. 74. V gl. H. B ergm an n , a.w ., p. 94 w .: d ie O.T. as „V orausschau”

en d ie N.T. as „R ü ck sch au ” op J e su s C hristus.

42. H. V ogel: W enn ist ein th e o lo g isc h e s Satz w ahr? in K duD 1958, p. 179.

43. H. B ergm ann, a.w., p. 101.

44. H. M. K u itert, V erstaat g ij w at g ij le e s t? , p. 45, vgl. pp. 36, 48, 63.

V gl. v erd er B erkouw er: H .S., II, p. 95 vv., p. 302 vv. en passim . V ir d ie R eform atore vgl. H. W . R ossouw : K laarheid en In terp retasie, p.

189 vv.

199

(12)

Korinthe dat hy niks anders gebring het en wou bring nie as

„Jesus Christus, en Horn as G ekruisigde” (1 Kor. 2:2, vgl. 1:23 en II Kor. 1:19). Die hele apostoliese verkondiging is op Hóm gekonsentreer. D aarom kan d aar telkens in die Nuwe Testam ent eenvoudig staan d at Christus verkondig word (Byvoorbeeld Hand.

8:5; Kol. 1:27, 28).

Dit is hierdie gesentraliseerde en konsentratiew e aard van die Bybelse kerugm a w at sonder m eer onmisbaar te noem is as leidende gesigspunt vir ’n legitieme, m et die aard en intensie van die Skrif korresponderende, omgang met en beskouing oor die Skrif. Die heilsdaad van God in Jesus Christus is die sentrale

„saak”, die „res” w aarom dit in die Skrif gaan. Op hierdie saak w as die Bybelskrywers in hul „vertellende verkondiging”

betrokke en hierdeur beheers. En op húi wyse vertel hulle presies en betroubaar dit-wat-geskied-het, soos geen „historikus” of kroniekskryw er of biograaf dit ooit kon vermag het nie45).

Toe die reform atore in ’n totale wending na die „sola Scrip- tu ra ” hulle m et ’n ongekende intensiteit in die inhoud (die „ver­

ba”) van die Heilige Skrif verdiep het, het hulle geleer om h ier­

die verba te lees, te verstaan en te verklaar in en vanuit hul betrokkenheid op die „res”, die „perspektivische M itte” van die Skrif4®). Op geen ander m anier kan die Skrif reg gelees, gehoor en verstaan w ord nie. W aar die woorde van die saak losgemaak en op sigself gestel word, h e t dit gelei en moet dit lei to t ’n nivellerende visie op die Skrif, m et funeste gevolge vir onder meer die opvatting van die theopneustie, die betroubaarheid en die duidelikheid van die Heilige Skrif47).

Wil die W oordverkondiging van die kerk vandag werklik saak-m atig in Bybelse sin wees, sal dit moet geskied volgens die norm van die apostoliese prediking en in die tra n t van die reform atoriese opm erksaam heid vir die Christologiese sentraliteit van die Skrifinhoud. In die aanvaarde homiletiese eis van Christosentriese prediking en die Christologiese ontsluiting van

’n Skrifteks w ord hierdie Skrifverstaan suiwer gereflekteer.

(iv) Soteriologiese motief:

In die nouste sam ehang m et die Christusopenbaring as fokale punt van die Skrifgetuienis, soos dit in die bedding van die heilsgeskiedenis gesiteer is en kerugm aties bemiddel word, moet die doel w aarop die Skrifboodskap afgestem is, in die oog gevat

V gl. F. H. B reu k elm an , a.w., p. 14.

V gl. H. W. R ossouw , a.w., p. 186, p. 190 vv. en p. 333 vv.; G. C. B erkou­

w er, H.S., II, p 173, p. 263 en v e r a l p. 265 w .

*r. Vgl. H. W. R ossouw , a.w., p. 271 vv.; G. C. Berkouw er, U .S. II, p. 13 vv., p. 188 vv. en p. 247 w .

200

(13)

word. Immers, die Heilige Skrif as W oord van God wil iets bereik, wil effek so rteer (vgl. Jes. 55:11), en die C hristuskerugm a is tew ens ’n appél w at ’n antw oord soek.

In enkele tekste w ord hierdie oogmerk van die Skrif — en van die Heilige Gees sélf deur die Skrif — onomwonde aangedui.

Baie bekend is in die betrokke literatuu r die verwysing na Joh.

20:31 en 2 Tim. 3:15-17. D aam aas kan genoem w ord 1 Joh. 5:13, Rom. 15:4 en Rom. 16:25-26. In al bogenoemdes gaan dit om die doel van die Skrifte. In sam ehang daarm ee kan egter ook woorde aangehaal word w aarin die doel van Christus se koms (bv.

Mark. 10:45, M att. 9:13, 1 Tim. 1:15 ensomeer), die doel van die Evangelie (bv. Rom. 1:16) en van Paulus se apostelskap (Rom.

1:5) aangedui word. W at beoog word, is geloof in Jesus as die C hristus en Seun van God, sekerheid aangaande die ewige lewe, opbou en saligheid, redding en geloofsgehoorsaamheid.

Dit gaan om die reddingsw il van God en om die heil van die mens! Die „pnilanthroopia” van God staan agter die Evangelie.

Die sending van sy Seun en die gawe van die Heilige Skrif is soteriologies gemotiveer.

Hierdie intensionaliteit van die Skrif as heilsboodskap is deur die reform atore opgevang en onder woorde gebring in die

„pro m e” — en „pro nobis”-stru k tu u r van die Evangelie48). Die Skrif is op die mens afgestem en be-doel sy heil. Ook die soterio- logiese skopus van die Skrif: die Skrif as reddende Evangelie vir die sondaar m oet in die teologiese én praktiese Skrifgebruik ge- honoreer word, ten einde die Skrif volgens sy intensie te gebruik en die gevaar te verm y om die Skrif te oorvrá, of die Skrifte laat sê en te laat wees w at dit nie bedoel om te sê of te wees nie.

H ier mag ook nog dit opgem erk w ord.dat die begrip „heil”

ook w eer nie antropologies versm al en begrens mag word nie.

Met sy konsentrasie op Jesus Christus en sy gerigtheid op die mens („pro m e”), is in die begrip „heil” ook meegegee ’n ge­

weldige verbreding, to t kosm iese afm etings toe. Dink m aar aan die skildering in Jes. 35, aan die sugtende skepping (Rom. 8:19vv) en aan die nuw e hemel en die nuw e aarde (II Petr. 3:13 en Openb.

21

:

1

)49).

(v) Teo-doksologiese finaliteit:

V oorafgaande gesigspunt is ook w eer nie volledig as dit nie bygevoeg word nie: in die Heilige Skrif en in die heil w at dit verkondig, loop alles ten slotte uit op die eer en die verheerliking

*o. V gl. G. C. B erk ou w er, H .S., I, p. 167 en p. 173; U .S., II, p. 266; H. W.

R ossouw , a.w., p. 202 vv.

49 V gl. K. H. M iskotte, a.w ., p. 103 vv.

201

(14)

van God. „Uit Hom en deur Hom en tot Horn is alle dinge.

Syne is die heerlikheid to t in ewigheid”. (Rom. 11:36).

Juis rondom die heil w at die mens se deel w ord, rys die loflied op. Dit is op die lofsange van Israel — die volk van Sy verlossende bemoeienis — d at God troon. By die aanskoue van God se groot heilsdaad reageer die herders m et lofprysinge (Luk.

2:20). Na genesings deur die hand van Jesus word God verheer- lik (bv. Luk. 5:26). En in Openb. 5 is dit die verlostes w at die ee r en heerlikheid en lof toebring aan Horn w at op die troon sit en aan die Lam50).

Die eer van God en die Heil van die mens . . . Nooit kan en mag die een teen die ander afgespeel word nie. In sy gerigtheid op die heil van die mens, bew eeg die Heilige Skrif n a die ver- derliggende doelwit, die einddoel van ál Gods weë en werke:

Godverheerliking finaliteit51).

Die Skrif, as boodskap van die heil van God in Christus Jesus, is op die mens betrokke: „pro me”. M aar juis w anneer hierdie doel bereik is, dien dit: ,,ad maiorem gloriam Dei!”

SLOTKONKLUSIE

Teen w at ons as ’n „genuanseerde Skrifbeskouing” probeer teken het, soos dit opkom u it die organiese karakter van die teopneustie van die Heilige Skrif en gedra word deur die oortuiging d at dit die Skrifgetuienis sélf is w at hierdie s.entrali- te it en intensionaliteit, en daarom die nuanse en reliëf as w esensaard van die Skrif vertoon, h et daar in die laaste jare m et name in Nederland aanm erklik w eerstand en verset gerys52).

Die diskussie is nie op alle punte ewe duidelik nie. Diegene w at verontrus voel, bepleit nie ’n simplisties-nivellerende visie op die Skrif nie en wil self ook wel nuanseringe erken. Die protes gaan byvoorbeeld nie lynreg teen die skopusgedagte in nie, m aar daar word gevrees vir m isbruik van die begrip in die rigting van relativering van die gesag en betroubaarheid/onfeilbaarheid van die Skrif.

D aarteenoor is en w ord dit by herhaling gestel dat die gesag en betroubaarheid van die Skrif nie in die geding is nie, m aar dat die diskussie sal m oet gaan om die eie aard van die Skrifgesag, soos dit deur die unicas van die Skrif self geëis word. Op hierdie stadium skyn dit asof ’n reële uitsig in die polemiek nog ontbreek.

50. A. B. du Preez: D ie d u a lis tie s e in sp ira sieleer, p. 379, praat van d ie teo sen triese d o e l v a n d ie S k rif — in a fw eer te e n ’n a n trop osen triese versm allin g. V g l. G. C. B erkouw er: H .S., II, p. 99.

V gl. I Kor. 15:28: „God a lle s en in a lm a l.”

52 V gl. te r o riën terin g G. C. B erk ou w er: V erontrusting en V erantw oor­

delijk h eid .

202

(15)

Probeer ’n mens die bevrydende van hierdie beskouing peil, m ét die gevare w at dit omring, is die konklusie, dat die skopus- gedagte (en w at onmiddellik daarm ee saam hang) onloënbaar m et die Skrif self gegee en in die reform atoriese teologie en Skrif- verstaan gew ortel is.

Maar: die skopusbegrip m ag in die hantering daarvan nie oorspan w ord nie. D it m ag nie to t ’n noem er w ord w aaronder die Skrifinhoud — in die rykdom van sy gevarieerdheid — resum érend tuisgebring w ord nie. W anneer dit tem aties begin funksioneer om eensydig enkele „hoofw aarhede” uit te lig, w ord van die Skrif opnuut ’n sisteem van w aarhede in idealistiese sin gem aak, en kan dit to t w esenlike verkorting van die Skrif­

inhoud lei.

Dit hoef egter nie. Die begrip self bring dit nie noodwendig mee nie. En die historiese k arak ter van die Skrifopenbaring ver- set sig altyd ten beste teen sodanige idealistiese verminking.

Die skopusbegrip vervul die funksie van ’n sleutel: dit verleen toegang to t die skatkam er van die Heilige Skrif. M aar eenm aal binne, m oet dit steeds die Skrifgetuienis sélf wees w at to t spreke kom en w at toegelaat w ord om sig u it te spreek.

W anneer dit daartoe dien om ons w eer m et nuwe geloofs- aandag te laat luister, van ons w eer ecclesia audiens maak, ons w eer m et die Deus loquens konfronteer, dan h et dit diepe sin en em inente teologiese betekenis.

203

Referensi

Dokumen terkait

Soos die voorsitter in sy openingswoord aangedui het, wou die RvK rondom die Rebellie van 1914 tot 1915 teregwys, heel, verenig en versterk: oogmerke wat hy wou bereik met besluite wat

Want nádat Jesus na die hemel toe opgevaar het, word van die werk van die Heilige Gees gesê: "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele w aarheid

Die Nuwe Teologie w il niks weet van die voorstelling van God soos ons dit in Sondag 10 van die Heidelbergse Kate- gismus vind nie, naamlik die God w a t vanuit die hemel die aarde so

Juis om hierdie rede is dit moeilik defineerbaar, indien m oontlik, en het dit aan­ leiding gegee to t verskillende, dikw els grondig uiteenlopende inter- pretasies.2 Die doel van

Omdat dit w aar is, verskyn daar tans geen boek oor die pastorale gesprek waarin nie op talie bladsye en in vele toonaarde beklem­ toon word dat die pastor nie net ’n sprekende mond

rol speel en juis omdat die spekulatiewe rigting die vraag na vorm en metode as nie behorende tot die objek van die Praktiese Teologie beskou, is dit duidelik dat dit vir hierdie

hoe heeriijk is hunne toekom st a is zij in een iand, w aar honderd duizenden m orgen iedig iiggen, kunnen m edestrijden, om die natuur, voor den mensch bestem d aan het wiid gedierte

Sy ideaal, soos nog altyd gehuldig, is 'n republiek buite die Britse Ryk en as hierdie ideaal bereik kan word stap vir stap soos Ierland dit gedoen het, sal aile republikeine dit