“EERSTE WORP” – TT CLOETE
ONTLEDING VAN DIE GEDIG
1. ONS HET NIE OU KATEDRALE EN KASTELE NIE,
2. GEEN BREË RIVIERE BEVAARBAAR VIR GROOT SKEPE NIE.
● Beklemtoon wat Suid-Afrika nie het nie
● “ons”: verwys na alle inwoners, Suid-Afrikaners
● “katedrale”: ou kerke
● K-alliterasie (katedrale en kastele)
● B-alliterasie (breë riviere bevaarbaar)
3. DIE MIN W OLKE W AT ONS HET, IS YL VERSPREI.
4. ONS HET NIE GROOT METROPOLE NIE.
5. ONS IS SONDER GROOT DONKERGROEN W OUDE.
● Beklemtoon wat Suid-Afrika nie het nie
● “min wolke” dui op min reën: Suid-Afrika het ’n watertekort
● “yl versprei”: hier en daar
● “groot metropole”: groot stede
6. DUN IS ONS GESKIEDENIS MET MIN GROOT NAME
● Suid-Afrika is nie so goed opgeteken soos ander (Europese) lande nie.
● Suid-Afrika se geskiedenis is nog jonk en dun.
7. SOOS BEETHOVEN OF DANTE 8. REMBRANDT OF BRAMANTE
● Enjambement vanaf reël 6: hef die invloedryke Europeërs uit.
● Name is voorbeelde van baanbrekers.
● Alles word met kleinletters gespel om die name te verkleinerig.
● Beethoven – komponis, Dante – Italiaanse digter, Rembrandt – Nederlande skilder, Bramante – argitek
9. ONS HET MIN ONW ERKLIKE SAGTE DROME
● Alleenplasing: beklemtoon
● Baanbrekers skep dit wat nie bestaan nie (drome) om in ’n werklikheid.
10. MAAR ONS HET UIT GESTREKTE W OESTYNE
● “maar”: voegwoord dui op ’n teenstelling (dui ’n wending aan)
● In teenstelling met reël 3 (woestyne teenoor water)
● Begin uitbrei op wat Suid-Afrika wel het
11. EN KROM GRYS BOME W AT HOUTBEEN VASSKOP
● Kontras met reël 5 (krom grys bome teenoor groot donkergroen bome)
● “houtbeen vasskop”: personifikasie
12. IN DIE DROË SAND EN KOETS TEEN DIE SO N
● “koets”: personifikasie
13. ONS HET BAIE DROË LOPE
● Suid-Afrika het baie droë riviere en het dus min water (in teenstelling met reël 2)
14. EN OERRIVIERBEDDINGS MET OU INHEEMSE NAME
● “oerrivierbeddings”: ou, oorspronklike riviere wat al miljoene jare vloei 15. SOOS GOURITS EN STORIEVERTELNAME SOOS SKRIJ 16. OF KAMEELSLEEP E N LIJERSDRAAI
● “Gourits”: Na die Khoi-Khoi-stam vernoem
● “storievertelname”: Suid-Afrika se plekname vertel stories
● “Skrij”: Boorgate in die Kgalagadi
● “lijersdraai”: ’n plek waar ’n mens hiënas, jakkalse, luiperds en gemsbokke kan sien.
17. EN BAIE RESTE NA BY AAN DIE EERSTE W ORP
● Alleenplasing om uit te hef
● Sluit aan by die titel
● In Suider-Afrika word baie oorblyfsels van jare gelede gevind
● Verwys na die Vredefortkoepel
18. BY W ÊRELDSEINDE IN DIE SUISENDE STIL NAG 19. HOOR JY DIE JAKK ALSE SE FOSSIELSKREE U
● S-alliterasie (suisende stil nag) bewerk ’n kalmerende gevoel
● “fossielskreeu”: breek die sagte stemming, die jakkalse se skreeu is so oud soos die fossiele wat hier aangetref word.
20. IEW ERS TUSSEN ANGSTJANK EN PRIMITIEW E SPOTLAG
● “primitiewe spotlag”: so primitief soos aan die begin van die Skepping. Dit klink soos iemand wat spot.
● Die jakkalse is angstig, dit klink of hulle tjank.
EKSTRA INLIGTING
TITEL: EERSTE W ORP
● “eerste”: rangtelwoord
● “worp”: die afstand wat iets gegooi is, ontstaan van mens is dus ’n vername prestasie. Suider-Afrika word as die oorsprong van die mens beskou. Afrika is dus belangrik, want dis hier waar die mens ontstaan het.
● Worp se wisselvorm is werp
● Die skepping van die aarde is eerste gewerp
BOODSKAP
Afrika is die geboorte van die mens, maar die kontinent kan volgens die Europese lande nie daarin slaag om die beskawing verder te voer nie.
Hierdie standpunt is nie noodwendig negatief nie: Afrika se andersheid en bekoring lê dalk juis hierin.