\
~,(
').
No. 8 Dr. Malan - Siekbed
Ek sit voor sy siekbed in Morewag op Stellenbosch. Die gedag=
te kom by my op: sy tydjie het miskien al kort geword; het hy nie nog In besielende gedagte wat nie verlore mag gaan nie.
My woorde kom maar swaar; ek sê: "Doktor, u woon hier in More=
wag, teruggetrek van die gewoel daarbuite. Soos u die saak sien, wat was u vernaamste bydrae of verdienste vir die vooruitgang van
Suid-Afrika en sy mense?"
Daar is In lang stilte wat my ongemaklik laat voel, dan sê hy, ln daardie sonore stemJwat nou hoorbaar swaarkry: 'Maar hoe praat JY dan nou van In bydrae, In verdienste? In Bydrae het ek nie
gehad nie, In verdienste ook nie; nie ek nie, nie een van ons nie."
Dis of ek my van In berisping bewus word. Ek voel skuldig aan growwe gevoelloosheid, maar hou vol, eintlik tot verbasing van myself; ek laat volg: IIDit spyt my van harte, Doktor, maar ek bedoel: het u mense, en die hele Suid-Afrika, deur baie jare heen gedien; wat was die vernaamste diens?"
Weer In lang stilte, en dan volg die antwoord, nou ~• rustige/
berustende woorde: "Dat ek my volk kon dien, dat ek my volk bymekaar kon bring. Die Here het my dit gegun."
H.B. Thorn 20/9/77