• Tidak ada hasil yang ditemukan

Gelyktydige evaluasie van katalisators op miniatuurskaal

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Gelyktydige evaluasie van katalisators op miniatuurskaal"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

hƩ p://www.satnt.ac.za 129 Open Access Bladsy 1 van 1 Referaatopsomming

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Gelyktydige evaluasie van katalisators op miniatuurskaal

Simultaneous evaluation of catalysts on a miniature scale: Conventional methods for catalyst discovery are tedious. By using a high-throughput system, numerous mesoporous metal oxides can be evaluated simultaneously. Miniature catalysts were synthesis on a glass plate and evaluated for the oxidation of morin. Activity was seen for all the catalyst plates (Co, Mn, Co/Mn, Co/Pd and Co/Au).

Katalisators kan byna oral in die natuur gevind word en speel ’n baie belangrike rol in lewende selle, asook vir mensgemaakte ingenieurswese toepassings. Katalisators word byvoorbeeld in motoruitlaatpype, die kosbedryf, vir die sintese van medisyne en brandstowwe en vir lug- en watersuiweringsisteme gebruik. Katalisators bestaan uit komplekse metaal en organiese molekules, en as gevolg van die kompleksiteit is dit amper onmoontlik om ’n katalisator se aktiwiteit te voorspel. Dit maak die sintese van katalisators ook moeilik. Daarom is die ontwikkelingsproses van nuwe katalisators ingewikkeld en kan dit jare neem om nuwe katalisators te ontdek.

Heterogene katalisators is soliede katalisators, en word meestal in die industrie(ë) gebruik omdat die tipe katalisators herwin en weer gebruik kan word vir opvolgende reaksies.

Dus word minder geld en tyd aan die sintese van heterogene katalisators spandeer en die afvalmateriaal word sodoende verminder. Konvensionele metodes vir die ontwikkeling van heterogene katalisators behels die sintese en evaluasie van ’n enkele katalisator per studie. Die proses is baie tydrowend en slegs ’n beperkte aantal katalisators kan suksesvol ontwikkel en geëvalueer word. In hierdie studie is ’n hoë-deursetting kombinatoriese sisteem ontwikkel wat die gelyktydige sintese en evaluasie van 96 verskillende heterogene mesoporeuse metaaloksiede moontlik gemaak het. Die sisteem bestaan uit ’n glasplaatjie en bodemlose putplaat met 96 holtes wat met ’n drie-dimensionele drukker vervaardig is. Nanodruppels van ’n mesoporeuse metaaloksied en/of polivinielpirolidoon (PVP) nanodeeltjie-formulerings is op ’n glasplaatjie oorgedra deur middel van ’n akoestiese vloeistofhanteerder.

Die glasplaatjie (met 96 verskillende katalisators en/of nanodeeltjie-formulerings) is aan hittebehandelings (verouder by 80°C, gedroog by 150°C en gekalsineer by 400°C) onderwerp om die miniatuurkatalisators te vorm. Daarna is ’n aangepaste bodemlose 96 putplaat op die glasplaatjie geplak. Die stadig-drogende epoksiegom wat gebruik is, is met ’n Nordson EFD Pro-4 gomresepterende robot aangebring. Die effektiwiteit van die katalisators is geëvalueer deur die katalitiese oksidasie van morienkleurstof met waterstofperoksied as oksidant te ondersoek. Die reagense, wat insluit water, waterstofperoksied en die morienkleurstof, is deur middel van ’n pipeteringsrobot in elke holte van die putplaat geplaas. Deur ’n pipeteringsrobot te gebruik, kan daar verseker word dat die reagense met presisie in elke holte geplaas word. ’n Afname van die absorpsie van die kleurstof by  410 nm is waargeneem vir al die katalisatorplate (Co3O4, Co3O4/MnOx, Pd/Co3O4 en Au/Co3O4). Die resultate toon dat heterogene katalisators wel op miniatuurskaal gesintetiseer kan word deur ’n akoestiese vloeistofhanteerder te gebruik. ’n Hoë-deursetting kombinatoriese sisteem is suksesvol gebruik vir die evaluering van heterogene mesoporeuse metaaloksiedkatalisators vir die oksidasie van morienkleurstof.

Outeurs:

Kariska Potgieter A Aimon E Smit F von DelŌ R Meijboom Affi liasie:

Departement Chemiese Wetenskappe, Universiteit van Johannesburg, Posbus 524, Auckland Park, 2006, Suid-Afrika

Korresponderende outeur:

Kariska Potgieter E-pos: [email protected] Hoe om hierdie ar kel aan te haal:

Kariska Potgieter, A Aimon, E Smit, F von DelŌ , R Meijboom, Gelyktydige evaluasie van katalisators op miniatuurskaal, Suid- Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 39(1) (2020).

hƩ ps://doi.org/10.36303/

SATNT.2020.39.1.826 Kopiereg:

© 2020. Authors.

Licensee: Die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hierdie werk is onder die CreaƟ ve Commons AƩ ribuƟ on License gelisensieer.

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 31 Oktober – 1 November 2019, Universiteit van die Vrystaat. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografi e, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie; Dr Ernie Langner (Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat) en Dr Wynand Nel (Departement Rekenaarwetenskap en InformaƟ ka, Universiteit van die Vrystaat).

Referensi

Dokumen terkait

Opvoeding behels dus die kind se hulpbehoewendheid weens sy betreklike onvolwassenheid, die opvoeder se steungewing as antwoord daarop en die kind se bereiking van 'n hoer trap van

3.2 Die toepassing van die hermeneutiese metode in die opvoedings- wetenskap vanuit ’n reformatoriese denkraamwerk Die hermeneutiese metode is en bly slegs ’n metode ❑ Die

4.7 Ontwikkeling van die embriosak Die funksionele chalasale makrospoor ontwikkel by Bersama transvaalensis en waarskynlik oak by Greyia sutherlandii op 'n normale wyse tot 'n

Die reg op selfbeskikking van bevolkingsgroepe word naas die gelykheid van alle volke – grotes en kleines – in die Handves van die VVO vermeld.14 Dit beklee ’n prominente plek in die

Die tweede navorsingshipotese wat ondersoek word, is die volgende: H02: Daar is nie ’n verskil tussen die finale punt van studente wat tutoriale gehad het en die finale punt van

Die piroliseproses produseer egter ’n mengsel van gasfasige spesies, en die opbrengste word deur die druk en temperatuur binne-in die reaktor beheer.. Hierdie produkte sluit die

Die kultuur waarin ons vandag lewe, is 'n funksionele kultuur waarin die mens sy wéreld verstaan slegs binne die raamwerk van 'n wetenskaplike synsverstaan.. Kultuurfilosofiese - en

Hy van die van 'n skrywer wat sy bes doen om 'n hoek so goed moontlik te maak en wysigings eers in 'n volgende uitgawe aan te bring, ek van die stand punt Van die onderwyser wat