• Tidak ada hasil yang ditemukan

Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in Suid-Afrika en Frankryk

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in Suid-Afrika en Frankryk"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v31i1.325 Referaatopsomming

Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in

Suid-Afrika en Frankryk

Authors:

Leon N. Meyer1 Louis H. du Preez1 O. Verneau2 Affiliations:

1School for Environmental Sciences and Development, Zoology, North-West Univer- sity, Potchefstroom Campus, South Africa

2UMR 5244 CNRS-EPHE- UPVD, Biologie et écologie tropicale et Méditerranée- nne, Parasitologie fonction- nelle et évolutive, Univer- sité Via Domitia, Perpignan cedex, France

Correspondence to:

Leon Meyer Email:

[email protected] Postal address:

PO Box 5835, Kockspark, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Meyer, L.N., Du Preez, L.H. &

Verneau, 2012, ‘Impak van indringer parasiete op die biologie en bewaring van inheemse varswaterskilpaaie in Suid-Afrika en Frankryk’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnol- ogie 31(1), Art. #325, 1 page.

http://dx.doi.org/10.4102/

satnt.v31i1.325 Note:

This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Page 1 of 1

© 2012. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

As gevolg van die troeteldiermark en voedselbedryf is sommige varswaterskilpaaie wêreldwyd versprei. Onvolwasse skilpaaie is dikwels baie aantreklik en kleurvol, maar hulle is geneig om hulle helder kleure te verloor hoe ouer hulle word. Ouer skilpaaie is moeiliker om te versorg en het dikwels ‘n onaangename reuk. Gevolglik word skilpaaie in natuurlike waters vrygelaat waar hulle dan aanteel en populasies vestig as gevolg van hulle vermoë om aan te pas by ‘n wye spektrum van habitatte. Na beraming is in die periode 1988–1994, ongeveer 26 miljoen Trachemys scripta elegans individue vanuit die Verenigde State van Amerika (VSA) na ongeveer 60 lande uitgevoer. Sommige lande het intussen die invoer van die skilpaaie verban. Nietemin word daar steeds 3–4 miljoen skilpaaie jaarliks uitgevoer. Skilpaaie van die genera Chrysemys, Graptemys, Trachemys en Pseudemys wat na Frankryk uitgevoer is, het in die natuur gevestig en is tans ‘n enorme indringerprobleem. Veral Trachemys het ‘n bedreiging geword vir die inheemse spesie Emys orbicularis aangesien hulle kompeteer vir dieselfde hulpbronne en Trachemys is groter en veel meer aggressief. Dieselfde het gebeur in Suid Afrika waar Trachemys populasies naby Dur- ban en Pretoria gevestig het. Dit verklaar moontlik die plaaslike uitsterwing van Pelusios rhode- sianus in die Durban omgewing.

Waterskilpaaie dien as gashere vir ‘n groot verskeidenheid interne parasiete. Die parasiete word dus saam met die skilpaaie versprei. Wanneer skilpaaie vrygelaat word en natuurlike populasies vestig, kan hulle parasiete van gashere verwissel en inheemse spesies infekteer. Evolusionêre ou parasiet verhoudings het selde negatiewe effekte op gashere, maar wanneer gasheerwisseling plaasvind en nuwe parasietiese assosiasies vorm, kan infeksies vir die gasheer nadelig wees. Die oogmerk van hierdie studie is om te bepaal tot watter mate indringende bloed en platwurm para- siete versprei het vanaf die Amerikaanse varswaterskilpaaie na die inheemse spesies in Frankryk en Suid Afrika en of hulle bedreigings vir plaaslike spesies inhou. Skilpaaie word gevang deur fuike te stel met lewer en sardientjies as aas. Die fuike word binne in riviere, damme, of ander waterliggame gestel waar skilpaaie waargeneem word en oornag gelaat. Die fuike word die vol- gende dag verwyder en as skilpaaie gevang is, word hulle in aparte houers met water tot ‘n diepte van 5 cm geplaas. Om parasieteiers te verwyder word die water die volgende dag deur 500 µm en 100 µm siwwe afgespoel. Die inhoud van die sif word dan in ‘n petribakkie afgespoel en onder ‘n disseksie mikroskoop ondersoek vir platwurm parasieteiers. Die eiers word vers- amel en in 70% ethanol gefikseer. Deur molekulêre analises bepaal ons dan die identiteit van die betrokke parasiet.

Impact of invasive parasites on the biology and conservation of indigenous terrapins in South Africa and France. Invasive terrapins have been released into the environment and established natural populations. A variety of terrapins are infected with various parasites.

These parasites can escape and switch hosts to infect native species.

Referensi

Dokumen terkait

hierdie studie qaan dit om die vloei van kapitaal tussen.. Afrika en die res van

Hierdie pligte sluit in, behalwe neem van redelike sorg vir hulle eie gesondheid en veiligheid en die van ander, die dra en behoorlike versorging van beskermende klere en ander

2.4.4 Die elektroniese koppelhord as deel van 'n interaktiewe video werkstasie Die mikrorekenaar wat in 'n interaktiewe video-werkstasie gebruik word, moet met 'n elektroniese

Haswell het ook die Anglo-Boere-oorlog deeglik bestudeer, Die Kommu-niste in Suidoos-China het netso min as die Boere, pantserkarre en geskut gehad om hulle teen draadheinings en blok-

Die vraag wie die ware verteenwoordigers van gereformeerdheid na 350 jaar is, dui ook die weg aan hoe ons kan begin om die verdelende en botsende simboliese werklikhede wat hierdie

Die redes, soos uiteengesit in die stigtingsrede van die Volkskerk van Afrika, naamlik om ’n kerk te wees wat deur hul eie mense bestuur word om ’n bydrae te lewer tot die geestelike,

1 Iemand wat – aA ontug of ’n onsedelike daad met ’n ander persoon teen vergoeding pleeg, is aan ’n misdryf skuldig.” Regter Ngcobo was van mening dat alhoewel daar in terme van

Een manier om hierdie probleme aan te spreek, is om die resultate van verskeie chemiese en fisiese metodes vir die berekening van ekstraheerbaarheid van verbindings uit gronde te