• Tidak ada hasil yang ditemukan

Interessante seevoël-parasiete

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Interessante seevoël-parasiete"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1236 Referaatsopsomming

Interessante seevoël-parasiete

Authors:

E.A. Ueckermann1 H. Heyne2 L.R. Tiedt3 Affiliations:

1ARC-Plant Protection Research Institute, Plant Health and Protection, South Africa

2ARC-Onderstepoort Veterinary Institute, Parasitology, South Africa

3Laboratory for Electron Microscopy, Nort-West University, Potchefstroom Campus, South Africa Correspondence to:

E. Ueckermann Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa How to cite this article:

Ueckermann, E.A., Heyne, H. & Tiedt, L.R., 2014,

‘Interessante seevoël- parasiete’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art.

#1236, 1 page. http://

dx.doi.org/10.4102/satnt.

v33i1.1236 Note:

This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright:

© 2014. The Authors.

Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Page 1 of 1

Interesting seabird parasites. Mite parasites of the family Hypoderatidae were brought to our attention. These parasites were found in the pectoral subcutaneous tissue of White- breasted Cormorant, African Darter and Cape Gannet. SEM studies revealed the absence of a mouth opening, a small anal pore and long body and leg setae.

Mytparasiete van die familie Hypoderatidae (Arachnida: Acari) was vir lank onbekend aan ons in Suid-Afrika. Hierdie parasiete is onlangs gevind in die borsspiere van die volgende seevoëls: Witborsduiker, Slanghalsvoël en Witmalgas. In ’n literatuursoektog na die familie en spesie-identiteit van die myte is egter gevind dat ’n nuwe spesie van dié familie wel in 1984 in die nes van Kransaasvoëls (Gyps coprotheres) in Suid-Afrika gevind en beskryf is.

Spesies van die familie kom in die borsweefsel van baie voëlordes voor. Die lokale spesie(s) behoort vermoedelik tot die genus Phalacrodectes. ’n Deeglike taksonomiese studie sal volg om te bepaal of meer as een spesie betrokke is en of dit wel ’n nuwe spesie(s) is aangesien die myte ’n potensiële gevaar vir ons seevoëls mag inhou. Kormorante (Duikers) deel gewoonlik neste met ander seevoëlspesies, dus word gasheerspesifieke parasiete uitgeskakel. By spesies van die superfamilies Trombiculoidea en Trombidoidea is die larvale stadium van die myte, parasities op vertebrata en invertebrata respektiewelik, maar in die familie Hypoderatidae is die deutonimf parasities. Geen duidelike mondopening kon tydens ’n SEM-studie gevind word nie maar wel ’n gnatosomale plaat met twee paar setas. Die anale opening is ’n baie klein opening net agter die genitale opening, met twee paar genitale suiers. Op grond van die afwesigheid van ’n mondopening is die enigste afleiding dat ensiemafskeidings gebruik word deur die parasiete om in die borsweefsel in te boor en te sodoende te verteer. Vir ’n parasiet wat in weefsel inboor is die teenwoordigheid van baie lang liggaam- en pootsetas ook nogal vreemd.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Referensi

Dokumen terkait

Uit hierdie samevatting blyk dat die gemeente se kennis die hele spektrum van lewe gedek het, van die punt af waar hulle hul nuwe identiteit kry tot by hul eskatologiese verwagtings,

Die doel van dié artikel is dus om deur middel van ’n gevallestudie van onderwysvoorsiening deur ’n sendinggenootskap in Zambië ’n korrektief op die uitbeelding van sendingonderwys in

Hy het egter die versekering gegee dat, as die nuwe Nasionale Onderwysraad in die lewe geroep is en met By werksaamhede begin het, hierdie raad as een van sy eerste take sou hê 'n

Opgewonde oor die nuwe avontuur, senuweeagtig oor die nuwe werk, hartseer omdat ek vriende en familie moes agterlaat, en verheug omdat ek my nou op ’n afgeleë eiland in die

Volgens hulle kom dié behoefte van verskillende kante af.17 Aan die een kant word dié nuwe toenadering volgens hulle moontlik deur hedendaagse “shifts in philosophical categories and

Waar ’n klant egter redelikerwys staatmaak op ’n skyn wat deur ’n ondernemer verwek word dat laasgenoemde die veiligheid van sy eiendom sal verseker, rus daar wel volgens die boni mores

In De Klerk was daar egter ‘n afwesigheid van enige evaluering deur die landdros of die eiser verwys moet word vir verdere aanhouding dan wel of hy op borgtog vrygelaat moet word parr

Wetenskap op weg na 'n nuwe identiteit en samewerking Tw eedens dui die strategic van die w etenskap veral op die verantwoording, toet- sing en begronding w at die w etenskaplike saam