• Tidak ada hasil yang ditemukan

manifes van die afrikaans 100-veldtog - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "manifes van die afrikaans 100-veldtog - LitNet"

Copied!
3
0
0

Teks penuh

(1)

MANIFES VAN DIE AFRIKAANS 100-VELDTOG

Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans haar honderdjarige bestaan as amptelike taal. ‘n Wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), wil graag ‘n veldtog van stapel stuur om dit te vier. Daar sal ‘n gekoördineerde poging wees om talle feeste op alle vlakke van die samelewing deur die hele land te hou, met ‘n nasionale geleentheid op 8 Mei 2025 by die ATM in die Paarl.

Hierdie manifes verteenwoordig die raamwerk waarbinne die feesveldtog gehou gaan word.

Indien enige gemeenskap, organisasie of persoon daarmee saamstem, dit teken en terug epos, sal só ‘n organisasie die amptelike logo van die Afrikaans 100 veldtog kan gebruik, onder andere om plaaslik fondse te werf.

1. Ons vier met dankbaarheid en vreugde die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal oor die afgelope 100 jaar.

2. Ons doen dit as ‘n groep mense wat almal lief is vir Afrikaans en belangstel in die Afrikaanse leefwêreld: Afrikaanse organisasies en instellings, skole, die media, asook tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans.

3. Ons erken die feit dat Afrikaans ‘n diverse taal is met ‘n diverse herkoms en dat dit deur mense van alle rasse, etniese- en kultuurgroepe gepraat en gebruik word. Ons beskou dit ook as ‘n inklusiewe en vriendelike taal en daarom sal ons dit verwelkom as die feesveldtog deur soveel as moontlik mense, gemeenskappe en organisasies ondersteun en gevier sal word.

4. Ons is daarvan oortuig dat Afrikaans toekomsgerig is en bly groei; daarom vier ons Afrikaans se konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap, en moedig ons gesprek aan sonder om in politiek te verval.

(2)

5. Deur hierdie feesveldtog wil ons ‘n gekoördineerde poging aanwend om die mylpaal van een honderd jaar met positiewe sentimente te vier en die waarde van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ten toon te stel.

6. Tydens hierdie feesveldtog sal ons graag wil sien dat Afrikaans se bydraes op talle gebiede gevier word, soos die kunste, literatuur, drama, poësie, onderwys, musiek (lig en klassiek), akademiese navorsing en woordeboeke (om maar ‘n paar te noem). Daarom nooi ons alle organisasies om hieraan deel te neem.

7. Almal wat belangstel om hierdie groot mylpaal van Afrikaans te vier, kry toegang tot ‘n eenvormige, positiewe feesveldtog en -identiteit in die vorm van ‘n logo wat saam met die instansie se eie korporatiewe identiteit gebruik kan word.

Indien jy of jou gemeenskap en organisasie hiermee saamstem, epos hierdie getekende vorm terug aan die Afrikaanse Taalraad (wat as sekretariaat optree) by [email protected].

Ek/ons __________________________________________________________ stem met hierdie manifes saam en onderneem om in hierdie gees deel te neem aan die feesveldtog vir Afrikaans 100.

_________________________ ________________________

Geteken Datum

(3)

Die oorsigkomitee en sekretariaat bestaan uit die volgende persone (in alfabetiese volgorde):

Astrid de Vos (Dagbreektrust)

Theuns Eloff (Trust vir Afrikaanse Onderwys) (voorsitter) Dianne Ferrus (skrywer en digter)

Werner Human (Solidariteit Beweging)

Michael Jonas (Afrikaanse Taalmuseum en –monument)(ondervoorsitter) Susan Lombaard (Maroela Media)

Karen Meiring (Nuuseum) Sinki Mlambo (NWU) Hendrik Theys (UWK)

Merlyn van der Rheede (Afrikaanse Taalraad) Heindrich Wyngaard (Kaapse Forum)

Die Afrikaanse Taalraad met Ria Olivier en Conrad Steenkamp tree as sekretariaat op.

Referensi

Dokumen terkait

Die volgende inJigting is met behulp van die PRCA Personal Report of Communication Apprehension, wat deur leerlinge van die vier Afrikaanse hoerskole in Potchefstroom ingevul is,

Juis hierdie God moet in die sending, vanuit die kruis, aan almal bekend gemaak word sodat ook hulle deel kan word van die nuwe gemeenskap van geloof wat God kan ken.. In die tweede

Die ontstaan van Die Gereformeerde Vaandel is moontlik gemaak deur ‘n groot skenking van Pieter de Waal Neethling, ‘n lidmaat van die gemeente Stellenbosch, wat 10 000 pond ter

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 49 1 • 2012 182 Hoofstuk 4 vorm die kern van die studie, en bevat ’n gedetailleerde uiteensetting van die wyse waarop ’n Arabiese ortografie vir Afrikaans

MASTEKTOMIE, IDENTITEIT EN HOOP Op ’n vraag oor die effek van die mastektomie op haar identiteit as vrou, het Dina gesê dit was “terrible.” Sy het in haar liggaam ’n groot verlies

Hierdie taak word geplaas binne die raamwerk van ’n bepaalde definisie van “geletterdheid” wat fokus op die ontwikkeling van ’n kritiese bewussyn van die sosiale kragte werksaam in die

Leon Rousseau ook, as ek dit nie mis het nie.” toekoMsroMans Hooftemas wat in wetenskapsfiksie hanteer word, sluit “die impak van die virtuele wêreld, simulasies, identiteit,

INLEIDING: Die Nasionale Kredietwet is ingestel deur die regering om die pligte en regte van die kredietgewer iemand of ’n onderneming wat krediet verskaf aan iemand anders of ’n