• Tidak ada hasil yang ditemukan

marnus greyling • organis

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "marnus greyling • organis"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

139 CD-BESPREKING

Christiaan Carstens

MARNUS GREYLING • ORGANIS

D. Buxtehude: Präludium in g minor, BuxWV 149; J.S. Bach: Nun komm, der Heiden Heiland, BWV 659; Allein Gott in der Höh’sei Ehr, BWV 676; M. Greyling: Besinning/Contemplation (Herzlich tut mich verlangen); G. fauré (arr: M. Greyling): Romance

sans paroles, Op. 17 no. 3; J. Bonnet: Variations de Concert, Op. 1; J.S. Bach (arr. M. Greyling): Erbarme dich, mein Gott (Matthäus-Passion); S. Barber (arr. M.

Greyling): Adagio for Strings, Op. 11; L. Vierne: Allegro (Symphony no. 2 in e minor); M. Mussorgsky (arr: M.

Greyling): The old Castle (uit Pictures at an Exhibition);

T. Dubois: Fiat Lux.

Marnus Greyling (orrel) ZEROSONIC (CD 62:10) Engelse kommentaar ingesluit

Opnames: St. George’s Anglikaanse kerk, Johannesburg;

St. Mary’s Anglikaanse katedraal, Johannesburg; Jesus College, Cambridge, Engeland.

Vrygestel: 2016

Marnus Greyling is een van die helderste opkomende sterre in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld. Dit was dan ook te verwagte dat ’n klankopgawe uiteindelik van sy spel uitgereik sou word. Die opnames vir hierdie CD-uitreiking is hoofsaaklik gedoen in die St. George’s Anglikaanse kerk in Parktown, Johannesburg, waar daar ’n skitterende Rieger-orrel uit Oostenryk staan. Drie snitte is ook opgeneem in die Jesus College van Cambridge (VK) en die St. Mary’s Anglikaanse katedraal, Johannesburg. Die program bestaan uit sowel oorspronklike orrelkomposisies as orreltranskripsies.

Greyling is tegnies goed onderleg en hanteer elke stuk met integriteit, maar skroom nie om tegniese vertoon te benut ten einde opwinding te bewerkstellig nie soos in die Bonnet-variasies, die Vierne asook die Dubois waarmee die program afgesluit word. Vanselfsprekend toon hy ook goeie kennis van uitvoeringspraktyke en orrelregistrasie in die oorspronklike orrelkomposisies. In sy uitvoerings kom die luisteraar onder die indruk dat die kunstenaar begryp hoe ’n akoestiese ruimte as verlengstuk van

’n instrument dien, en hoe musiek dienooreenkomstig binne so ’n ruimte uitgevoer moet word. Die droë akoestiek in die St. George’s-kerk verleen ’n intieme karakter aan die musiek wat daar opgeneem is. Die ruim akoestiek van die St. Mary’s-katedraal, daarenteen, ondersteun weer die uitbundige en virtuose karakter van die Bonnet Variations de Concert.

Afgesien van oorspronklike orrelkomposisies, is daar ook vier verwerkings/transkripsies deur Greyling. In navolging van die tradisie, het Greyling inspirasie geput uit orkestrale sowel as klaviermusiek.

(2)

140

Die Barber- en Moussorgsky-werke is keurig verwerk en uitgevoer. In die aria uit Bach se Matthäus- Passie, waar die orkesbegeleiding vir orrel getranskribeer is, word die luisteraar meegevoer deur die pragtige sang en weldeurdagte vertolking van Esté Meerkotter (alt). Haar stem is uitgeknip vir die meer intieme nuanses van oratoriumsang. ’n Eie komposisie, gebaseer op Herzlich tut mich verlangen, onder die titel ‘Besinning / Contemplation’ is ook ingesluit. Die program word sprankelend afgesluit met Dubois se Fiat Lux.

Die meegaande CD-pamflet bevat ’n uitgebreide en indrukwekkende CV van die orrelis, asook

’n kort geskiedenis oor hoe die Rieger-orrel bekom is. Die disposisie van hierdie meganiese twee- manuaalorrel, ’n prag-instrument, is ook ingesluit. Dit sou gaaf gewees het as inligting oor die ander twee orrels in hierdie opname ook beskikbaar was. Op die voorkant van die omslag verskyn daar ’n fragment van die frontpype van die Rieger, en Greyling se naam en van in groot wit letters. Op die agterkant van die pamflet is daar ’n sfeerryke foto van die kunstenaar. Helaas sien die omslag egter heelwat somber daar uit. Geen programtoeligting word verskaf nie en dit bly dus geslote vir die musiekliefhebber wat meer sou wou weet. Die klein lettertipe, wit op ’n donker agtergrond, bemoeilik die leesproses.

Die algehele indruk wat ’n mens egter kry, is dié van uitstaande spel op instrumente wat getuig van hoogstaande vakmanskap – dus, ’n gelukkige kombinasie. Afgesien van enkele voorbehoude, is hierdie

’n baie goeie toetrede tot die CD-mark. ’n Mens sien met verwagting uit na nog vrystellings deur hierdie jong kunstenaar.

Die CD kan direk bestel word by [email protected]. Die prys is R150 (verpakking en versending ingeslote).

GARA GARAYEV • TRANSCRIPTIONS FOR ORGAN

G. Garayev: 24 Piano Preludes (1951-1963), Tsarskoye Selo Statue (1937); Don Quixote – Symphonic Gravures: Pavane, Aldonza, Journey (1960);

Funeral Ode for Symphonic Orchestra (1968;, The Path of Thunder: Dance of the Passionate Girl, Lullaby (1958); Seven Beauties: Waltz (1952)

Jamila Javadova-Spitsberg (orrel) DMP RECORDS (CD 70:08) Engelse kommentaar ingesluit

Opname: Grote of Sint-Laurenskerk, Rotterdam, Nederland

Vrygestel: 2017

Referensi

Dokumen terkait

Verandering van plek, verandering van ruimte Die lied begin met ’n oproep, wat sê: kom saam, word één, word gebind, word verenig as die kerk van Christus Matt 18:20.. Let op die rol

die 21ste eeu • ’n Bestekopname van suksesse en mislukkings die afgelope 100 jaar • ’n Bestekopname van suksesse en mislukkings sedert 1994 • Hoe Afrikaans se demografi ese profi el

'7 Kritici van die ooreenkoms is nog bereid om te aanvaar dat daar 'n redelike balans met die onder- tekening van die ooreenkoms bestaan het, maar be- weer dat dit die basis vir 'n

van God in hom wees?” Die liefde vir Gaius beteken dus binne die breër Johannese raamwerk dat Gaius as deel van die “dissipels of volgelinge” van Jesus gesien word en dat daar ‘n

Bydraes kan fokus op enige aspek van dramavertaling en/of dramaverwerking, onder meer: • Die praktyk van dramavertaling binne ʼn Suid- Afrikaanse konteks • ʼn Historiese perspektief op

In hoe 'n mate die werkskuheid o£ die sogenaamde onwilligheid van die Bantoe om te werk, vir die Boer 'n bron van ergenis was, kom duidelik nit waar claar gekla word oor die blanke

Die krale van Ndlambe en sy seun Mdushane was op hierdie stadium aan die Gqunube- en Nxarhunirivier gelee.6 Intussen het sommige Xhosakapteins -onder meeT die Ngqikakapteins Ma- qoma

Sang en musiek is nie meer tot enkele liedere uit die amptelike liedbundel beperk wat op vaste plekke binne die liturgie funksioneer nie; eredienste word al hoe meer deur ’n lang lof-