AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 – MEI 2015
NASIENRIGLYNE
============================================================================
Afdeling A Vraag 1
1.1. nuwe denim / denimbroek EN pers hemp (2 x 1 = 2)
1.2. Hy het die baadjie by Paul van Flash gekry. (1)
1.3. Die Jetta was gebreek / wou nie aanskakel nie. (1)
1.4. Hans kon nie die bakkie bestuur nie, want sy enkel is nog nie reg nie. (1) 1.5. Ansie Conradie. Sy het met al die mense gesels. (2 x 1 = 2)
1.6. Ansie het gesê dat Hans soos ’n lollipop lyk. (1)
1.7. Hy het Ansie in die beligtingskamer toegesluit. (1)
1.8. Franna sal nooit weer vir Willem ‘Willem poprok’ noem nie. (1) 1.9. Hy maak goeie wors + Sy pa ken die rugbyreëls baie goed + Hy ken die
musiek van ander lande. (3)
1.10. 13 September (1)
1.11. Hulle het nog nooit gevlieg nie. (1)
[15]
============================================================================
Vraag 2
Leerders se antwoorde moet in aanhalingstekens beantwoord word.
2.1. Een rower het ’n swart bofbalpet gedra / litteken / wrede oë EN die ander rower het
’n lang swart jas aangehad. (2)
2.2. Ons het hoender met speserye EN naan geëet. (½ + ½)
2.3. (Enige TWEE van die volgende)
Moenie opgee voor jy begin het nie. / Haal diep asem en lees dit drie keer stadig deur.
Breek dit in stukke op en begin by die deel wat jy verstaan. (2) 2.4. Dit was die einde van die maand. Mense het geld gehad om vleis te koop. (1)
2.5. My pa het voor Coenie en Franna ingespring. (1)
2.6. Robbie van die videowinkel het eerste opgedaag. (1)
2.7. Kalmeermiddel (1)
2.8. Tannie Malie (1)
[10]
1
Vraag 3 – Paragraafvraag
Hans van Vuuren het drie seuns. Soms is hul verhouding gespanne. Skryf ’n paragraaf van 180-200 woorde waarin jy op die verhouding tussen Hans en sy drie seuns fokus. Skryf jou woordtelling aan die einde van jou paragraaf.
Hy het met Willem oor mnr. Van Rensburg se brief gepraat (Die feit dat Willem met
Wiskunde sukkel.) (1)
Willem moet die hele week skottelgoed was. (1)
Hulle moet verdien SAKGELD deur daar te werk. (1)
Hy het met Franna geraas omdat hy nie die gras ordentlik gesny het nie. (1)
Hans het amper VERSTIK. Hy het opgestaan en kamer toe gegaan. (2)
Hulle het by die Spur gaan eet. (1)
Hans moes met Willem oor die blommetjies en die bytjies gesels. (1)
Hans het voor Coenie en Franna ingespring toe die rower hulle wou skiet. (1)
Hulle het vir Bakkies Botha en Victor Matfield uitgenooi om hul pa te ontmoet. (1)
Hy was kalm en het vir Willem gesê dit maak nie saak nie, maar hy is nog te jonk om
pool te speel. (1)
Coenie het ’n duur brilraam en Willem ’n nuwe paar Cats skoolskoene gekry. (2)
Ja. Leerder se eie rede. (2)
[15]
============================================================================
Vraag 4 – Opstelvraag
Kuns is een van die belangrike temas in die roman. Skryf ’n opstel (250-300 woorde) waarin jy die rol van kuns binne die konteks van die roman bespreek. Onthou om ’n inleiding en slot te skryf.
MOENIE DIE VRAAG IN PUNTVORM BEANTWOORD NIE!
Een punt vir inleiding.
Een punt vir samevatting.
Twee punte vir taal.
- Hans en Willem moes mnr. Van Rensburg gaan sien omdat Willem 19% in Wiskunde behaal het. (1)
- Mnr. Van Rensburg het vir Willem gevra wat hy eendag wil word. (1) - Willem het gesê da thy ’n argitek wil word. (1)
- Hy het ’n koerantplakkaat oorkant die skool se ingang gesien wat verwys het na ’n bekende argitek wat in sy slaap dood is. (2)
- Mnr. Van Rensburg het voorgestel dat Willem Kuns as vak moet neem. (1) - Haar naam is juffrou Blom. (1)
- Houtwerk (1)
- Vincent van Gogh is haar gunsteling kunstenaar. (1) - Tien leerders neem Kuns as vak (1)
- Varkie en Desmond Holzapfel (2) - Swart appel (1)
- Die sinnelose verbruikersamelewing wat ons almal nog op die ashoop gaan laat beland. (1) - Matrone (1)
- Andy Warhol (1)
[20]
============================================================================
2
Afdeling B Vraag 1
Verbeel jouself jy is juffrou Blom. Jy het sopas uitgevind dat jy gekies is om Suid-Afrika se vroue- Springbokrugbyspan af te rig.
Skryf ’n e-pos van 150-200 woorde aan mnr. Van Rensburg waarin jy hom inlig dat jy weens jou aanstelling die skool gaan verlaat. Bedank mnr. Van Rensburg vir al die geleenthede wat die skool jou as onderwyser gebied het. Mnr. Van Rensburg se e-posadres is [email protected].
[30]
============================================================================
Vraag 2
Aan die einde van die roman voel dit vir Willem asof hy die kruin van Kilimandjaro bereik het.
Verbeel jouself jy is Willem. Skryf ’n dagboekinskrywing (50-80 woorde) en sê waarom jy so positief oor al die gebeure in jou lewe voel.
[10]
============================================================================
GROOTOTAAL: [100]
3