• Tidak ada hasil yang ditemukan

'n Reënboog in jou mond

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "'n Reënboog in jou mond"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

RUSTENBURG HERALD

PAGE 28 30 APRIL 2021

Dié week kuier die Rustenburg Herald/

Tambotikombuis by Maxi van Vuuren. Maxi is ‘n vrou van vele talente – en een daarvan is om broodjies te kan maak wat byna te mooi is om te eet. “Ek het jare gelede op ‘n resep in ‘n kookboek afgekom wat wys hoe om ‘herfsblaarbroodjies’ te maak. Dit het vir my baie interessant gelyk en ek het besluit om te probeer. Naderhand het dit een van die eetgoedjies geword wat ek graag maak,”

vertel Maxi. Die bestanddele is min en die proses lyk redelik eenvoudig, maar moenie jouself bluf nie – maklik is dit beslis nie!

Jy gaan geduldig, deeglik en presies moet wees – anders gaan jou broodjies baie meer tragies as feestelik uitdraai.

‘Herfsblaarbroodjies’

Bestanddele:

5 Snye wit -en/of bruinbrood Goeie gehalte botter, sag gemaak (Margarien sal nie werk nie) Geel, rooi en groen koekkleursel Metode:

Kleur die botter onderskeidelik groen, geel en rooi.

Sny al die korsies van die brood af.

Smeer elk van die snye met ‘n ander kleur van jou botter.

Los die sny met geel botter heel, maar sny die ander kleure snytjies in ewe groot, ewe breed vingers.

Die sny met die geel botter is jou basis.

Plak nou ‘n rooi vinger met die gesmeerde kant na onder op die basis vas. Een helfte van die vinger moet op die basis rus en die ander helfte moet verby steek. Plaas nou ‘n groen vinger met een helfte op die rooi vinger en die ander helfte op die basis. Gebruik die volgende rooi vinger en plak dit trapsgewys op die groen vinger en die basis vas. Herhaal totdat drie rooi vingers en die groen vingers op die basis en mekaar geplak is.

Keer die basis en geplakte vingers versigtig om. Smeer geel botter op die ander kant van die basis en plak die oorblywende vingers op dieselfde manier met rooi en groen vingers daarop en op mekaar vas.

Draai die fatsoen styf in kleefplastiek toe sonder om die broodvingers te versteur.

Verkoel dit ‘n ruk in die yskas.

Sny dit eers kort voor opdiening in dunnerige snytjies.

‘n Reënboog in jou mond

Volg dié skakel http://

bit.ly/reënboogbroodjies vir ‘n videogreep van ons kooksessie op Rustenburg

Herald se webtuiste

Sny dit eers kort voor opdiening in dunnerige snytjies.

Ons Gemeenskap

Rustenburg

Besoek www.rustenburgherald.co.za vir nog meer resepte! Deur Christelle Wessels

Maxi Viljoen het die kuns van reënboogbroodjies vervolmaak.

Die bestanddele is min en die proses lyk redelik eenvoudig, maar...

Pak die broodjies mooi uit en bedien

Dís hoe jy jou broodvingers moet pak.

Referensi

Dokumen terkait

Het op deze manier analyseren en initiëren van veranderingen met betrekking tot het eigen schoolklimaat levert niet meteen een betere schoolcultuur op en is een proces dat de nodige

Volgens Goosen is tussen-gemeenskappe deel van die staatsterritorium en het nie aanspraak op “regte” nie.67 Voorts word die modernisme verwyt dat dit met tussen- liggende gemeenskappe

Doen die volgende dae dieselfde met die goue haantjie en die goue spinwieletjie, en moet dit onder geen omstandighede aan haar verkoop nie.” Geduldig het die koningin op die markplein

En op dié manier ontken die prosa dan as ’t ware algaande homself, en ruim homself uit die weg.ft Deur hierdie bepaalde tradisie het die leser nou die indruk begin kry dat die roman nét

Na ’n kort inleidende gedigdeel waarin Bientang op ’n forse manier deur die digter staan gemaak word voor haar “klipgatgrot” en voor die oë van die leser, begin haar verhaal met ’n

In hierdie bydrae is die fokus op een tipe leksikografiese prosedure wat gereeld in die woordeboekpraktyk gevolg word alhoewel dikwels op 'n arbitrêre manier maar waar die leksikograaf

4.1 Voltooi die onderstaande tabel: 3 4.2 Voltooi die onderstaande tabel: 3 4.3 Plot die punte wat jy bereken het by vraag 4.1 en 4.2 op dieselfde assestelsel en teken die

De Gruchy wys daarom die grondhouding soos volg aan: “’n Outentieke publieke teologie moet self-krities wees en sensitief vir ander perspektiewe en benaderings, sowel as vir die