• Tidak ada hasil yang ditemukan

Nuwe stemme vir Kuier - LitNet

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Nuwe stemme vir Kuier - LitNet"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

Korporatief | LAPA

106

Nuwe stemme vir Kuier

Die wenners van die Kuier/LAPA/PEN Afrikaans- kortverhaalkompetisie 2015 is in Julie tydens ’n spoggeleentheid bekend gemaak. Joanna Alexander, ’n onderwyseres van Bloemfontein, se Meester is as die wenverhaal aangewys en sy het R5 000 ingepalm. Haar verhaal is uit 15 finaliste, wat elkeen R1 000 ontvang het, se verhale gekies en sal ook in die tydskrif, Kuier,

gepubliseer word.

Cliffordene Norton (foto regs), die projekleier, sê die doel van die kompetisie is om nuwe skryfstemme te ontwikkel.

“Nie net unieke stemme nie, maar ook bruin stemme.

Want ek glo daar is bruin lesers soos ek wat in my eie taal ontspanningsfiksie wil lees en ook die karakters en omgewing herken.”

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, het by die oorhandiging van die prys ook beklemtoon hoe

belangrik dit is dat uitgewers nie moet dink Afrikaans is net ’n wit taal nie. Die meerderheid moedertaalsprekers is nie wit nie en daarom is dit vir LAPA Uitgewers en die ATKV belangrik om

’n verskeidenheid stemme in Afrikaans te publiseer.

Die tema vir die kompetisie was “Uit die hart”, geïnspireer deur Kuier se agterbladrubriek

“Wat die hart van vol is”.

Die aspirantskrywers moes ’n verhaal van 1 000 tot 1 500

woorde ingee.“In Januarie het ons slegs

drie stories ontvang en ek was ’n bietjie bekommerd,” sê Cliffordene. “Maar toe die kompetisie op 31 Maart sluit, het ons 263 inskrywings gehad.”

Toe begin die proses om deur hierdie wonderlike verhale te sif. Alle inskrywings is deur ’n interne paneel beoordeel en die top-30-verhale is gekies. Dié verhale is toe voorgelê aan ’n eksterne paneel: Raylentia Simmons

(assistentredakteur by Kuier), Bettina Wyngaard (die skrywer van Vuilspel en ’n lid van PEN Afrikaans), Diana Ferrus (die skrywer van Ons Komvandaan), Shirmoney Rhode (digter en blogger by LitNet) en Cliffordene het koppe bymekaargesit om die wenners te kies. “Op 15 Mei het ons dit beskaafd uitbaklei in Kuier se kantore,” lag Cliffordene.

Joanna en 12 finaliste het van 10 - 12 Julie ’n slypskool by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) bygewoon wat deur Anastasia de Vries aangebied en deur LAPA Uitgewers geborg is. “Dit was die wonderlikste groep met wie ek al gewerk het. Elkeen van hulle het ’n besonderse plek in my hart verower - dankie aan almal wat dit vir my so lekker gemaak het!” sê Anastasia.

Deur Izak De VrIes

Die besturende direkteur van die ATKV-groep, Japie Gouws, (regs) oorhandig die eerste prys aan Joanna Alexander.

Referensi

Dokumen terkait

Daar gaan dalk opofferings binne die nuwe kurrikuleringsproses gemaak moet word, omdat die akademiese kursus vir sommige kerke korter word.21 Die Ou Testament sal dalk ’n keuse moet

Die verskynsel het ook ’n implikasie vir ons lees van die Nuwe Testament-tekste: soos dit belangrik is om sulke dokumente te lees as tekste wat in ’n partikuliere, spesifieke

Die konstruksieproses, daarteenoor, wat voorgestel word vir ligte eenverdiepinggeboue is as volg: • Daar word gebruik gemaak van gestandaardiseerde vooraf ontwerpte en - getekende

In hierdie studie word die navorsing van Mostert 1999 veralgemeen na ’n nuwe familie van objektiewe a priori-verdelings Die Rayleigh-model is bekend in die literatuur as ’n model wat

Hoofstuk 7 Bladsy 267 Dit is grotendeels om hierdie rede dat die navorser besluit het om ’n onderrig-leerprogramraamwerk vir Afrikaans Addisionele Taal te ontwikkel waarin dit vir

Binne hierdie lewensbeskouing word die opvoeding van die kind in sy totaliteit as ’n G odgegewe opdrag aan die ouer gegee.. Vir die Christen-waarheidsbeskouer vind die verstandelike

In Matteus 8:28 word byvoorbeeld 'n woord gebruik wat in die nuwe Afrikaanse Bybel vertaal word met "in die mag van duiwels." In Markus 5:2 word gebruik gemaak van 'n uitdrukking, wat

En om dat Jesus C hristus vir die Reform a­ tore altyd die Inhoud van die Heilige Skrif was, raak hierdie reduksie in die Nuwe Teologie in w ese die Persoon en w erk van Jesus