• Tidak ada hasil yang ditemukan

Ontwikkeling van ‘n samevattende generatormodel vir kardioïedmodellering in rigtingstatistiek

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Ontwikkeling van ‘n samevattende generatormodel vir kardioïedmodellering in rigtingstatistiek"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

SATNT / SAJST 2022; 41(1) 134 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming

Ontwikkeling van ‘n samevattende generatormodel vir kardioïedmodellering in rigtingstatistiek

A unifying generator for cardioid modelling in circular statistics: A flexible cardioid-generated class that can capture inherent skewness and multimodality is introduced. Existing extensions of the cardioid distribution will be shown to be special cases of the proposed class of distributions. The flexible behaviour of the class will be graphically demonstrated. Special cases of new and existing models will be compared in simulation studies and data sets.

DM van Wyk, A Bekker, JT Ferreira, M Arashi

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 2022; 41(1):134-135 South African Journal for Science and Technology 2022; 41(1):134-135 https://doi.org/10.36303/SATNT.2022.41.1.957

Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons License [CC BY-NC 3.0]

http://creativecommons.org/licenses/by-nc/3.0

Departement Statistiek, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Korresponderende outeur: Delene van Wyk E-pos: [email protected]

ISSN: 2222-4173 EISSN: 0254-3486

© 2022 The Author(s)

SATNT / SAJST

referAATopSommiNg

Nota: ’n Seleksie van referaatopsommings: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe, 28–29 Oktober 2021, Noordwes-Universiteit. Reëlingskomitee: Prof Rudi Pretorius (Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika); Dr Hertzog Bisset (Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie); Prof Cornie van Sittert (Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit).

Rigtingstatistiek dra by tot die ontginning van betekenisvolle resultate in ’n wye reeks navorsingsvelde, insluitend meteorologie en geologie. Anders as in die lineêre wêreld word datapunte uitgedruk as rigtings in twee of meer dimensies wat rondom ’n gekose nulrigting geroteer word. Die aard van rigtingstatistiek eis andersoortige benaderings vir data-analise, teenoor die statistiese gereedskap vir die lineêre ruimte (Mardia 2000).

Om skeefheid en multimodaliteit in sirkulêre data te hanteer, kan ’n generatorfunksie geïmplementeer word. In hierdie artikel word ’n kardioïedgenerator voorgestel met digtheid van die vorm , waar die generator funksie en die normaliseringskonstante is. Benewens bekende verdelings, soos die kardioïed-Von Mises- en gesirkelde Cauchy-verdelings (Mardia 2000), is daar ook aandag aan die eksponensiële kardioïedverdeling (Paula et al. 2021), sowel as die kardioïed-Von Mises- (Mojtaba & Hossein, 2018) en die nuut ontwikkelde kardioïed-t-verdeling geskenk.

Die kardioïed-t-verdeling is gebaseer op werk oor digtheid deur Siew, Kato & Shimizu (2008): , vir en ’n nie-negatiewe heelgetal, waar .

Statistiese metodes is ingespan om spesiale gevalle van die generatormodel uit te brei, te visualiseer en resultate vanaf data te analiseer. Die maksimum aanneemlikheidsberamers vir die kardioïed-t-verdeling is bepaal, gebaseer op die parsiële afgeleides van die log-waarskynlikheid, .

Vanuit simulasiestudies met R-pakkette LearnBayes en gibbs.met is bevind dat die kardioïed-Von Mises en kardioïed-t-verdelings akkurate maksimum aanneemlikheidsberamings met klein gemiddelde kwadraatfoute oplewer.

Om die doeltreffendheid van die voorgestelde generatormodel te toets, is vyf verdelings (lede van die generatormodel) op die data van verdwyningsrigting van 714 eende gepas en vergelykend geëvalueer deur van Akaike en Bayes se inligtingskriteria (AIC en BIC) gebruik te maak – sien resultate in Tabel I en Figuur 1. Die data, met nul grade as die verwysingsrigting, is oor ’n tydperk van een jaar in Gloucestershire, Engeland, ingesamel (Mardia 1972).

Dit is visueel duidelik dat die kardioïed-t en Von Mises-digthede die nouste verbintenis met die kerndigtheid blyk te hê en dat die digtheidsvoorstellings soortgelyk voorkom in beide die kartesiese (links) en die sirkulêre (regs) geval. Dit word bevestig in Tabel I deur die kleinste AIC- en BIC-waardes vir die kardioïed-t, gevolg deur die kardioïed-Von Mises-verdelings. Dit dui daarop dat die kardioïed- t-verdeling hier die optimale model vir hierdie datastel is.

cos cos

arcsin

cos cos

(2)

SATNT / SAJST 2022; 41(1) 135 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming

Verwysings

Mardia, K.V., 1972, Statistics of Directional Data, eerste uitgawe. Academic Press, London.

Mardia, K.V., Jupp, P.E., 2000, Directional Statistics, tweede uitgawe. Wiley, New York. https://doi.org/10.1002/9780470316979.

Mojtaba, H., Hossein, A.M., 2018, Transformation of circular random variables based on circular distribution functions, Filomat 32(17), 5931-5947. https://doi.org/10.2298/

FIL1817931M.

Paula, F.V., Nascimento, A.D., Amaral, G.J., et al., 2021, Generalized cardioid distributions for circular data analysis, Stats 4(3), 634-649. https://doi.org/10.3390/stats4030038.

Siew, H.Y., Kato, S., Shimizu, K., 2008, The generalized t-distribution on the circle. Japanese Journal of Applied Statistics 37(1), 1-16. https://doi.org/10.5023/jappstat.37.1. 

Tabel I: Maksimum aaneemlikheidsberamings vir lede van die generatormodel.

Verdeling AIC BIC

Kardioïed-t 1.8554 2.1608 5 1745.6187 1754.7604 Kardioïed-Von Mises 0.4874 5.3342 1851.0960 1860.2370 Kardioïed 0.9919 5.3706 1967.1060 1976.2480 Von Mises 2.1161 5.3105 1758.9200 1768.0620 Gesirkelde Cauchy 0.6356 5.2859 1782.8420 1790.9840

Figuur 1: Digtheidsvoorstellings van lede van die generatormodel.

Referensi

Dokumen terkait

’n Mens het weliswaar hier met ’n argument uit die Fisika te maak om lewe te verduidelik, maar die waarde hiervan is nie soseer om die onbepaalbaarheid van die grens tussen lewe en

Tweerigtingsimmetrie beskryf die model van Korporatiewe Kommunikasie wat op navorsing gebaseer word en kommunikasie dialoog gebruik om konflik tussen die belange van die onderneming en

Die doel van dié artikel is dus om deur middel van ’n gevallestudie van onderwysvoorsiening deur ’n sendinggenootskap in Zambië ’n korrektief op die uitbeelding van sendingonderwys in

Dans, sê sy, is ‘n middel om die kwade te be- stry: dit is die taak van die sjamaan om in ‘n trans in te gaan en te veg teen die geeste van die dood.. Dit is aangeteken dat die Nharo

Luistervaardigheid Studente sal blootgestel word aan lesingmateriaal wat op band opgeneem is en dan, volgens die volgende riglyne geleer word om inligting te herken, te orden en af te

Op die byeenkoms aan die Olifantsrivier,5 op 22 Maart 1849 is besluit om die "Volksraad" as hoogste gesag te erken en verder dat die "nuwe Volksraad" op 22 Mei 1849 op die plaas van

Die ontwerp van hierdie studie bestaan uit ’n toesighoudende- en oorkruisingstudie, wat ten doel het om die belang van antropometriese, fisiese en motoriese vaardighede,

Doel Die doel van hierdie studie was om oog-hand koördinasie tussen manlike en vroulike lede van die gewapende magte te vergelyk.. Inleiding Die uitvoering van alledaagse aktiwiteite,