• Tidak ada hasil yang ditemukan

Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK’s) in die akwatiese ekosisteem van Soweto en Lenasia

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK’s) in die akwatiese ekosisteem van Soweto en Lenasia"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.1204 Referaatopsomming

Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK’s) in die akwatiese ekosisteem van Soweto en Lenasia

Authors:

W. Pheiffer1 R. Pieters1 L.P. Quinn1 N.J. Smit1 Affiliations:

1School for Biological Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

W. Pheiffer Email:

[email protected] Postal address:

Private Bag X6001, Noordbrug 2520, South Africa

How to cite this abstract:

Pheiffer, W., Pieters, R., Quinn, L.P. & Smit, N.J., 2014,

‘Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK’s) in die akwatiese ekosisteem van Soweto en Lenasia’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art.

#1204, 1 page. http://

dx.doi.org/10.4102/satnt.

v33i1.1204 Note:

A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 07 and 08 November 2013, University of Pretoria, South Africa. Organising committee:

Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa) and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa), Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Prof. Philip Crouse (Department of Chemical Engineering, University of Pretoria).

Page 1 of 1

Polycyclic aromatic hydrocarbons (PAHs) in the aquatic ecosystems of Soweto and Lenasia.

Polycyclic aromatic hydrocarbons (PAHs) are fused benzene rings containing only hydrogen and carbon atoms. The aim of the study is to determine the concentrations and origins of the 16 priority PAHs, and the ecotoxicological effects they may have on the aquatic ecosystem and possible risk to the human population.

Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK’s) is organiese verbindings wat bestaan uit versmelte benseenringe wat slegs uit waterstof en koolstof saamgestel is. Hierdie verbindings kom algemeen in die omgewing voor as neweprodukte van die onvolledige verbranding van organiese materiaal of hoëdruk-industriële prosesse soos die produksie van kooks en koolstof asook die verbranding van petroleum, gas en olie deur verbranders en voertuie. Die doel van die studie is om die presiese vlakke van die 16 prioriteit-PAK’s in die Kliprivieropvangsgebied, wat die dig bewoonde Soweto en Lenasia insluit en waar hoë vlakke gevind is, te bepaal, asook om vas te stel of die konsentrasies wat gevind is, hulle oorsprong in die stedelike gebiede het of weens antropogeniese aktiwiteite aan die Wes-Rand, noord van Soweto, ontstaan.

Die vlakke van die PAK’s in vis, watervoëls en sediment sal met behulp van ’n gaschromotografie vlugtyd massaspektrometer (GCMS-TOF) bepaal word. Om die konsentrasie van die PAK’s in die onderskeie omgewingsmatrikse te bepaal, is dit belangrik om ’n effektiewe, akkurate ekstraksie- en analiseringsmetode of -metodes te gebruik. Ekstraksie- en skoonmaakmetodes is intern getoets om objektiewe bewyse te bekom dat die metodes wat gebruik gaan word, herhaalbaar en akkuraat is en kwantitatiewe en betroubare data sal genereer. Ekstraksiemetodes soos drukvloeistofekstraksie (Dionex-ASETM), Soxhlet-opstellingsekstraksie en ultrasoniese ekstraksie, en skoonmaakmetodes soos koperwas-soliedefase-ekstraksie (LC-Si/Florosil SPE) en hoëdrukchromotografie met grootte-uitsluitbaarheidkolomme is vergelyk. Die effektiwiteit van al die metodes is met gesertifiseerde verwysingsmateriaal vergelyk.

Die H4IIE-luc-sellyn sal blootgestel word aan die ekstraksie van sediment, visvlees en voëleiers om die toksisiteit van die teenwoordige PAK’s te kwantifiseer. Verskeie metodes sal gevolg word om die uitwerking van die PAK’s op die skerptandbaber (Clarias gariepinus) te meet, waaronder biomerkerresponse (asetielcholienesterase-aktiwiteit [AChE], proteïenkarbonielvlakke [PC], katalase-aktiwiteit [CAT], sitochroom-P450-aktiwiteit [CYP450], sellulêre energieverdeling [CEA]

en PAK-galmetaboliete), die visgesondheidsassesseringsindeks (VGAI) en liggaamsindekse (kondisiefaktor, hepato-somatiese indeks, gonado-somatiese indeks en milt-somatiese indeks), asook die bio-akkumulasiefaktor van PAK’s vanuit die omgewing na die vis. Die eiers van bleshoeders (Fulica cristata), skoorsteenveërs (Threskiornis aethiopicus), slanghalsvoëls (Anhinga rufa) en witborskormorante (Phalacrocorax lucidus) sal versamel word en die uitwerking van PAK’s op hierdie trofiese vlak sal bestudeer word deur eierdopverdunning te ondersoek en biovergroting tussen die vis en die watervoëls te bepaal.

Om die moontlike risiko te bepaal wat PAK’s vir die mens inhou, sal ’n menslike gesondheidsrisiko-assessering uitgevoer word. Die risiko van karsinogeniese en nie- karsinogeniese gevolge sal bereken word aan die hand van dermale blootstelling aan sediment en die inname van vis of voëleiers.

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Read online:

Copyright: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Referensi

Dokumen terkait

Sodoende poog die studie om ʼn bydrae te lewer tot die herstel van die problematiese praksis waarin kerke meermale in gebreke bly om as verteenwoordigers van God in die samelewing op te

Die werklikhede van die antroposeen, daarenteen, sal van die samelewing, handelende deur sy maatskaplike instellings, verwag om nie steeds verblind te word deur ideologiese

Algemene metodes Switserse bepalings maak dit vir die opvoeder moontlik om die volgende algemene metodes aan te wend vir die hantering van leerderwangedrag Kung & De Waal, 2007:113:

Die doel van dié artikel is dus om deur middel van ’n gevallestudie van onderwysvoorsiening deur ’n sendinggenootskap in Zambië ’n korrektief op die uitbeelding van sendingonderwys in

Op die byeenkoms aan die Olifantsrivier,5 op 22 Maart 1849 is besluit om die "Volksraad" as hoogste gesag te erken en verder dat die "nuwe Volksraad" op 22 Mei 1849 op die plaas van

Van Jaarsveld op die standaard van sy studente se werk plaas, bet claar deurdie jare'n behoefte by studente ontstaan om bulle nagraadse studies onder sy leiding aan te pak.. Om jou

In hierdie studie sal die invloed van Sutherlandia op die permeabiliteit van amprenavir deur die Madin Darby op ’n hondeniersellyn MDCK wat getransfekteer is met P-gp MDR-1 oordraers

Die testis van twee Clarias species wat in die Okavango Delta voorkom, is histomorfologies geassesseer om die verskil in struktuur te beskryf, omdat die twee spesies se testiskleur