• Tidak ada hasil yang ditemukan

Proefskrifopsomming

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Proefskrifopsomming"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jaargang 25 No.2: Junie 2006

Proefskrifopsomming

Die mededingendheidsplatform vir nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika

E.P.J. KLEYNHANS

Proefskrif vir die PhD-graad. Promotor: prof. dr. W.A. Naudé

Skool vir Ekonomie, Risikobestuur en Internasionale Handel, Noordwes-Universiteit

The competitive platform for industrial development in South Africa

The competitive platform of South African industries was investigated in this study. The theoretical foundation of industrial development policy and industrial location was considered first, followed by an empirical investigation of the competitive platform of manufacturing industries. Strengths and weaknesses of the countries’ platform were identified, including the competitiveness of provinces, sub-sectors and firm-sizes. Competitive indices were estimated and recommendations were made based on the empirical findings. The study found that although South African manufacturers are not internationally highly competitive, results were better than expected, especially with regard to management, productivity, technology and expertise.

Die mededingendheidsplatform van Suid-Afrikaanse nywerhede is in hierdie studie ondersoek met die fokus op vervaardiging. Die onderskeie aspekte wat internasionale mededingendheid bepaal, is bestudeer en die sterk en swak punte bepaal. Verskille in mededingendheid weens firmagrootte asook die mededingendheid van die verskillende provinsies en die subsektore van vervaardiging is ook ondersoek en empiries getoets. Die mededingendheidsplatform bestaan uit alle aspekte van mededinging wat firmas in staat stel om mee te ding en nywerhede te laat ontwikkel. Die platform sluit bestuur, firmastruktuur, die toestande van produksiefaktore en markvraag in, asook die benutting van verwante en ondersteunende besighede en instellings. Die platform bevat onder andere ook owerheidsbeleid, die kwaliteit van menslike kapitaal, vlak van tegnologie en faktore wat firmas in staat stel om te floreer en volhoudend te groei.

Eerstens is die teoretiese onderbou van nywerheidsbeleid ondersoek. Dit illustreer die noodsaaklikheid van mededingendheid en verlaging van marginale kostestrukture ten einde plaaslike nywerhede te ontwikkel. Daarna is Porter se benadering tot die mededingend- heidsplatform, dryfvere van mededingendheid en fases in die ontwikkeling van mededingendheid ondersoek. Die toepassing van nywerheidsbeleid in die praktyk is ondersoek met nadruk op makro-ekonomiese beleid en die wyses waarop dit industriële mededingendheid kan beïnvloed.

Die verkryging van tegnologiese kapasiteit, onderwys en opleiding asook verbetering van bestuurspraktyke is in besonder oorweeg en laastens is die beperkings van nywerheidsbeleid ondersoek. Vervolgens is teorie van industriële ligging bestudeer aangesien ruimtelike ontwikkeling van minder ontwikkelde gebiede problematies in die Suid-Afrikaanse ekonomie is.

Tradisionele faktore is ondersoek en daarna moderne verklarings van liggingsbesluite. Hierdie faktore fokus op agglomerasie, stygende skaalvoordele, ’n gespesialiseerde arbeidspoel, intermediêre insette, vervoerkoste, historiese faktore en kennis- en tegnologiese oorspoelvoordele.

Hierdie studie benadruk individuele firmas aangesien dit in die eerste plek firmas is wat teen mekaar meeding en nie lande nie. Die beleidsraamwerk waarin firmas funksioneer, is ’n belangrike deel van die mededingendheidsplatform. Aandag is gegee aan die historiese ontwikkeling van nywerheidsbeleid in Suid-Afrika tot by die aanvaarding van die Geïntegreerde Nywerheidstrategie in 2001 en die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie in 2002. Die makro- ekonomiese konteks van industriële ontwikkeling in die land is ondersoek, gevolg deur ’n oorsig van die GEAR strategie Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (SDIs), Nywerheidsontwikkeling- 124

(2)

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jaargang 25 No.2: Junie 2006 sones (IDZs) en mededingendheidsbeleid. Sleutelelemente van nywerheidsontwikkelingsbeleid is daarna in detail bestudeer.

Wat die empiriese ondersoek van die studie betref, was eerstens verskeie studies geraadpleeg wat in die onlangse verlede oor Suid-Afrika se mededingendheid gedoen is. Die potensiaal van provinsies om nywerheidskomplekse (“clusters”) te ontwikkel, is ondersoek, skakeling en mededingendheid is geïdentifiseer en plaaslike mededingende voordele van streke en munisipale areas is nagevors uit die “Planning and Implementation Management Support System”

databasis. Dit het ’n blik verskaf op die land se mededingendheid op nasionale, provinsiale, streeks-, nywerheids- en plaaslike vlak. Aandag is ook verleen aan die “National Enterprise Survey” en die Wêreldbankopname oor die Groter Johannesburgse Metropolitaanse Gebied.

Die hoofdoelstelling van die studie was die empiriese analise van ’n opname wat in 2002 onder vervaardigers gedoen is. Daar is gevind dat, alhoewel vervaardigingsfirmas in Suid-Afrika nie baie mededingend is nie, die resultate beter was as wat verwag is, veral betreffende bestuursvaardighede, produkkwaliteit, tegnologiese hulpbronne en kundigheid. In die opname is die betroubaarheid en kwaliteit van kommunikasiedienste, water en elektrisiteitstoevoer en ander nutsbedrywe deur alle respondente baie hoog aangeskryf. Detail inligting is verkry, byvoorbeeld die behoefte aan koelkamers wat vir baie vervaardigers probleme verskaf. Die meeste firmas ondervind ’n tekort aan ambagsmanne en daar bestaan ’n behoefte aan meer opleidingsfasiliteite, veral vir beroeps- en nywerheidsverwante opleiding. Respondente beskou hawe- en oseaanvragfasiliteite as onvoldoende. Daar is ook gevind dat, alhoewel afstand van die see ’n mededingende nadeel inhou vir firmas in die binneland, firmas wat naby kuslyne geleë is nie mededingende voordeel daaruit verkry nie. Dieselfde geld vir provinsies met groot lughawens.

KwaZulu-Natal is die enigste provinsie wat hoër mededingendheid geniet weens sy hawens.

Swak persepsies van die owerheid en openbare dienste was volgens alle respondente die sterkste faktor wat mededingendheid benadeel. Vervaardigers beskou staatsamptenare as ondoeltreffend, die staatsdiens as onwillig om hulp te verleen en die regering as onbevoeg.

Nywerheidstandaarde, werkplekregulasies en -wette, asook omgewingsbewaringswetgewing en riglyne is duur en meestal onvolledig en onduidelik. Daar behoort stappe geneem te word om die beeld van die regering en die staatsdiens te verbeter.

Die berekende mededingendheidsindekse van groot firmas was hoër as klein firmas vir alle subkategorieë. Groot firmas produseer beter kwaliteit en is superieur ten opsigte van strategie, struktuur, bestuur en die benutting van verwante en ondersteunende nywerhede en instellings. Die geskatte produktiwiteitsindeks korreleer ook met firmagrootte. Die mees mededingende provinsies is Noordwes, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Gauteng lewer wel die grootste bydrae tot Suid- Afrika se BBP, maar is nie die mees mededingende nie. Die mededingendheidsplatform van die onderskeie provinsies openbaar elk unieke probleme, maar dié hierbo gemeld word deur almal ondervind. Die subkategorieë van die provinsiale mededingendheidsindekse kan ’n agenda vir ontwikkeling aandui. Finansies, bestuur en infrastruktuur verdien byvoorbeeld spesiale aandag in Gauteng, en plaaslike ekonomie, internasionalisasie en mense in Noordwes, terwyl die Wes-Kaap behoort te fokus op plaaslike ekonomie, besigheidsdoeltreffendheid, internasionalisasie, infrastruktuur en menslike kapitaal. Limpopo, Wes-Kaap en Noord-Kaap het die laagste produktiwiteitsindekse en aandag behoort verleen te word aan die ontwikkeling van menslike kapitaal, wetenskap en tegnologie om effektiwiteit en produktiwiteit te verbeter.

In die studie van die mededingendheid van die tien hoof subsektore van vervaardiging is gevind dat die mededingendheid van die onderskeie subsektore min verskil. Volgens die mededingendheidsindekse wat beteken was, is geen bedryfsektor beduidend beter as ander nie.

Voedselverwerking en vervoertoerustingvervaardigers is die mededingendste. ’n Aspek wat aandag verdien is lae vlakke van tegnologiese voortreflikheid, kundigheid en innovasie in die wetenskap- en tegnologiegebaseerde bedrywe soos chemikalieë en elektronika. Om in die nuwe ekonomie te oorleef, moet die vlak van tegnologiese kapitaal, kundigheid en kapasiteit in Suid- Afrika beduidend verhoog word.

125

Referensi

Dokumen terkait

Malan onderskryf implisiet die Aristoteliese religieuse onderbou van die Atheense staat: die staat vind sy oorsprong in die oervorm of oerrede; die menslike rede is deur die oerrede in

Bevat vier kern- konsepte van demokrasie nl gelykheid, vryheid van die individu, 'n regering gebaseer op die goedkeuring van die wat regeer word, beper- kings op magte van die staat..

Hoe relevant die denke van Hegel vir vandag is, blyk verder uit die feit dat die hedendaagse denke en diskoerse onder andere baie spesifiek handel oor die filosofie van die gees Bernard

Indien die staat ’n morele persoon is wat leef deur die vereniging van alle lede en indien die mees belangrike taak van die staat daarin geleë is om sigself te handhaaf, dan volg dit

Ten eerste meet die regering uitgaan van die beginsel dat dit die taak van die ouers is om te sorg vir die onderwys van hulle kinders, en dit be- perk die taak van die staat tot die

van der Wath Sekondêre Skool te ondervra oor hul kennis van en besorgdheid oor die omgewing en vas te stel hoe dit hul redenering oor die omgewing beïnvloed; 4 om die invloed te

Maar hierdie lewe is die enigste plek waar jy kan groei en vir ander van diens kan wees.” HOE KAN MEDITASIE HELP OM MET AANVAARDING TE GROEI EN TUIS TE KOM IN DIE LEWE WAT JY TANS

HERW AARDERING Om aan die uitdrukking van outentieke eksistensie wat die antieke tekste van die Nuwe Testament bevat, reg te laat geskied, moet die mitologiese taal en wereldbeeld