• Tidak ada hasil yang ditemukan

Pulsare as wispelturige tydhouers

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Pulsare as wispelturige tydhouers"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

http://www.satnt.ac.za Open Access

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

ISSN: (Online) 2222-4173, (Print) 0254-3486

Page 1 of 1 Referaatopsomming

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Authors:

J.M. Maritz1 P.J. Meintjes1 Affiliations:

1Department of Physics, University of the Free State, South Africa

Corresponding author:

J. Maritz, [email protected] How to cite this abstract:

Maritz, J.M. & Meintjes, P.J., 2016, ‘Pulsare as wispelturige tydhouers’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 35(1), a1408.

http://dx.doi.org/10.4102/

satnt.v35i1.1408 Copyright:

© 2016. The Authors.

Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

Ons bespreek die chronografie van die reëlmatig pulserende stralingsbron PSR J1326-5859 wat meer as 21 jaar weekliks as deel van HartRAO met ’n 26 m-radioteleskoop waargeneem word.

PSR J1326-5859 gedra hom nie soos wat die huidige pulsarmodelle dit wil hê nie, en toon ’n interessante tydfoutprofiel. Hierdie tydfoutprofiel kan uitgeken word as ’n kwasi-ossillerende patroon wat in menige pulsar waargeneem word. Pulsars wat tydfoutprofiele toon, kan nie gebruik word as akkurate kosmiese tydhouers nie, aangesien die eksperimente wat ons wil uitvoer, groter sensitiwiteit vereis. Die moontlike oorsake vir die waargenome tydfoutprofiele sluit in ossillerende magneetvelde wat moontlik die pulsar se emissiekondisies kan verander en sodoende die pulsar se rotasie-eienskappe verskuif; asteroïede afkomstig van die asteroïedgordel wat deur supernova-oorblyfsels geproduseer is; en laastens pulsars wat moontlik om hul eie asse presesseer. Al die laasgenoemde eienskappe vereis nuwe teoretiese beskrywings, asook nuwe algoritmes, om die data op ’n betroubare manier te ontgin. Dus ondersoek ons nuwe onkonvensionele data-ontginningstegnieke wat op bitter min aanvanklike parameters berus en eerder op die struktuur en orde van die tydfoutprofiel staatmaak. Die laasgenoemde tegniek val onder die kategorie van die Bayes-beginsel wat deur sekere objekte gekenmerk word. Hulle is die data, leidrade en waarskynlikhede van moontlike parameters en die opmerkbare voorspelbaarheid in die data. Ons analiseer die tydfoutprofiel deur gebruik te maak van stogastiese prosesse en Fourier-tegnieke. As resultaat verkry ons die tol-evolusie van PSR J1326-5859 vir die totale datastel. Die spin-evolusie van PSR J1326-5859 toon die moontlikheid van sistematiese toestandsverandering in die magnetosfeer van die pulsar. Ons probeer die spin-evolusie van PSR J1326-5859 ook verbind met sensitiewe polarisasiepulsprofiele om sodoende vas te stel of daar dienooreenkomstig verandering in die magnetosfeer van die pulsar intree. Ons beskryf die stogastiese passingsproses van die tydfoutprofiel aan die hand van die tydfoutprofiel se datastruktuur, moontlike weggesteekte modeltydskale, voorspelbaarheid en statistiese integriteit.

Pulsars as jittery timers. Our current model of pulsars is incomplete due to the lack of a full description of the radiation mechanism. Pulsars can be used as accurate timekeepers, but owing to limited technology and timing errors, the current timing model of pulsars remains a challenge. We discuss the timing of PSR J1326-5859 and the challenges that can be expected.

Pulsare as wispelturige tydhouers

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 29–30 October 2015, University of the Free State, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation (NECSA); Dr Ernie Langner and Prof Jeanet Conradie (Department of Chemistry, University of the Free State).

Referensi

Dokumen terkait

'n Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program-publikasie uitgegee onder beskerming van die Suid-Afrikaanse Komitee vir Antarktiese Navorsing SAKAN en gefinansier deur die

'n Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program publikasie uitgegee onder beskerm- ing van die Suid-Afrikaanse Wetenskaplike Komitee vir Antarkticse Navorsing, Posbus 395, Pretoria,

Die aanpassings wat ek aan Tydskrif wou maak, was radikaal in die konteks van die Afrikaanse letterkunde: die nuwe tydskrif moes ’n Afrikaanse sentrum hê maar oopstaan vir die res van

·n Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program-publikasie uitgegee onder beskenning van die Suid-Afrikaanse Komitee vir Antarktiese Navorsing SAKAN en gefinansier dcur die

Die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie se besluit om die vierde uitgawe Desem- ber 2009 te wy aan ’n spesiale uitgawe oor Ontoereikende wiskundeprestasie: Uitdagings en

h p://www.satnt.ac.za 231 Open Access Page 1 of 1 Erkenning Erkenning aan evalueerders In ’n poging om die keuse van geskikte eweknie- evalueerders vir die Suid-Afrikaanse Tydskrif

T Nel, CGCE van Sittert Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 2022; 411:129 South African Journal for Science and Technology 2022; 411:129

SATNT / SAJST 2022; 411 139 http://www.satnt.ac.za Referaatopsomming Ontwikkeling van ‘n model vir die voorspelling van kweekhuisgasvrystellings vir Suid-Afrikaanse bedrywe