Digitised by the University of Pretoria, Library Services Boekbesprekings / Book Review
byvoorbeeld die aand oor 'n saak soos evolusie by 'n Bybelstudiegroep moet gaan praat. Oft beteken. natuurlik nie dat ons hier met 'n populare boek te make het nie. Soos daar van iemand soos Konig verwag kan word, het hy deeglike navorsing oor al die sake gedoen. Oor sy belesenheid hoef niemand te'twyfel nie. Afgesien van die uitvoerige bibliografie, kom daar ook 'n teksregister, 'n onderwerpregister en outeursregister in die boek voor.
In die voorwoord spreek Konig die onsekerheid uit of Deel 6 wat oor die voorsienigheid gaan handel, wei in Afrikaans beskikbaar gestel kan word. Dit sal 'n baie groot jammerte wees indien hierdie reeks om finansiele redes in Afrikaans gestaak sal moet word. Ons spreek die vertroue uit dat Konig wei 'n uitgewer sal vind vir 'n boek livat beloof om groot belangstelling te 10k. Hiervan is die diskussies wat alreeds in die dagpers oor sy oortuigings gevoer is, 'n bewys. My oproep aan almal is die volgende: koop asseblief die boek!! Ons kan nie toelaat dat mense wat werk van internasionale gehalte in Afrikaans lewer, ont- moedig word om daarmee voort te gaan nie.
Van der Walt, B J 1989 - Oor gode en mense: 'n Christeli'ke Godsdiensfilosofie
Potchefstroom: Departement Sentrale Publikasies, PU vir CHO. iv + 349 bladsye.
R15,OO
Resensent: Prof P J van der Merwe
Volgens die skrywe is die bedoeling met hierdie boek om as leesboek te dien vir voorgraadse Bybelkundestudente en voornemende teologiese studente. Dit is afgestem op die behoeftes van 'n kursus in Godsdiensfilosofie wat as deel van Filosofie aangebied word.
570
Die inhoudsopgawe laat 'n wye en uiteenlopende spektrum van temas blyk:
Inleiding (6 pp).
Strominge in die Godsdiensfilosofie en wetenskappe wat religie bestudeer (5pp).
Funksionalistiese beskouinge oor die oorsprong van religie (6 pp).
Religie: die woord en basiese karaktertrekke (6 pp).
Enkele Bybels-Reformatoriese standpunte oor wat religie is (34 pp).
Halfhartige Christendom: die tweeterreineleer van natuur en bo-natuur (14 pp).
God se open baring (23 pp).
God se teenwoordigheid (6 pp).
Goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid (23 pp).
Om mens te wees: gawe en opgawe (30 pp).
Religie en samelewing (27 pp).
HTS 51/2 (1995)
Digitised by the University of Pretoria, Library Services Boekbesprekings / Book Reviews
Godsbewyse en theodisee: is dit nodig en moontlik? (9 pp)
Grensgesprekke tussen teologie en filosofie: wie is baas en wie klaas? (14 pp) Religieuse taal: sinvol of sinloos? (8 pp)
Die orltmoeting tussen die evangelie en tradisionele Afrikareligie (21 pp).
Bybelse perspektiewe op die verskynsel van • ongeloof' (30 pp).
Filosofiese kritiek op die Christendom (11 pp).
Hedendaagse (af)gode (30 pp).
Om in U lig te wandel, lewensbly (23 pp).
Uit die aard van die werk se bedoeling is daar nie 'n sentrale tese of vraagstelling nie. Die naaste wat daaraan gekom word, is die begeerte om 'n inleidende lees-/handboek op die ter- rein van Godsdiensfilosofie te wees. 'n Bepaalde begrip van Godsdiensfilosofie vorm die uit- gangspunt wat op sy beurt teruggaan op 'n eie metodebenadering, asook beskouing van godsdiens of religie.
Die Godsdiensfilosofie waarom dit gaan, is veronderstel om deel van Filosofie te wees, maar in ooreenstemming met die Christelike-wetenskapsideaal kon dit net so wei deel van Teologie gewees het. Die werkswyse word deur 'n teologies-normatiewe denke gekenmerk.
Godsdiens en religie word soos volg beskryf en onderskei: . Religie is omvattende, godsdiens is spesifieke diens aan God lof gode); religie is indirekte, godsdiens is direkte Godsdiens (of afgodsdiens)' (bl 5). Hoe religie van geloof onderskei moet word, is nie goed duidelik nie. Dit word selfs nie duidelik wanneer oor Barth se religiebegrip gehandel word nie.
Van Barth gepraat, J M Vlijm se proefskrif oor die religiebegrip van K Barth word ruim aangehaal as 'n voorbeeld van 'n Bybels-Reformatoriese standpunt oor religie, maar sonder om duidelik te maak dat dit eintlik Barth is wat aan die woord is.
Wanneer oor die wetenskappe gehandel word wat religie be stu deer, word geen poging aangewend om resente gesag aan te haal of selfs die dissiplines wat betrokke is, korrek te identifiseer nie. Godsdiensgeskiedenis en godsdiensfenomenologie word via die fenomeno- logiese metode aan mekaar gelyk gestel. Later word apart na . vergelykende godsdiens- wetenskap' verwys.
Hoewel die boek 'n leesboek genoem word, is dit nader aan 'n handboek. Die wyse waarop temas geselekteer en aangebied word: maak dit duidelik. 500s uit die inhouds- opgawe afgelei kan word, word egter baie temas en materiaal gedek - dalk te vee I. Temas word rakelings en oppervlakkig aangesny. Uit 'n onderrigoogpunt is dit moeilik om te ver- staan watter waarde so 'n kursoriese kennisname van ingewikkelde sake vir die student kan inhou.
Wat die formele betref, openbaar die boek ook heelwat gebreke. Dit bevat byvoorbeeld nie 'n outeursindeks of literatuurlys nie, ofskoon daar in :;ie teks heelwat literatuurverwy- sings voorkom. Hierdie gebrek word deur die skrywer gewyt aan koste-oorwegings. Die literatuurverwysings in die'teks gee nie altyd die jaar van publikasie weer nie, wat dit moeilik maak om te bepaal hoe resent materiaal is. Dit wil egter voorkom of heelwat ouerige of selfs verouderde literatuur aangehaal word.
Dit is ook moeilik om agter te kom hoe die verwysingsisteem werk, aangesien dit nie konsekwent aangewend word nie.
'n Minimum foute is in die teks agtergekom en die boek is netjies afgewerk.
ISSN 0259-9422 =
HTS 5112 (1995)571
Digitised by the University of Pretoria, Library Services Boekbesprekings I Book Review
In die geheel gesien openbaar die boek te veel gebreke om aanbeel te kan word. Die skrywer suggereer dat die werk eintlik nog in ontwikkeling verkeer. 'n Mens staan daarom verbaas dat dit reeds in publikasie verskyn.
Institute for Ecumenical Research, Strasbourg 1994 - Crisis and challenge of the ecumenical movement: Integrity and indivisibility
wee Publications: Geneva. 43 bladsye. Prys onbekend.
Resensent: Dr G M J van Wyk
K wantitatiewe Aspekte
Die boekie bestaan uit 'n voorwoord en drie hoofstukke, naamlik • the crisis', • the challenge' en • pilgrim ecumenism'. In die eerste hoofstuk, . the crisis', gee die outeurs 'n meer- dimensionele analise van die krisis wat die ekumeniese beweging vandag in die gesig staar.
Hierdiehoofstuk is 22 bladsye lank. Die tweede hoofstuk, 'the challenge', beslaan 19 blad- sye en is die outeurs se reaksie op die krisisanalise wat in die vorige hoofstuk aangebied is.
Die derde (kortl hoofstukkie, wat net 2 bladsye beslaan, bied 'n toekomsperspekti8f onder die opskrif 'pilgrim ecumenism'.
Die boekie het die vorm van 'n beleidsdokument en daarom het dit nie enige aanhang- sels in die vorm van registers of 'n bibliografie nie. Die boekie is kort en daar word n~rens
na literatuur verwys nie (behalwe vir enkele verwysings na die beleidsdokumente van enkele ekumeniese vergaderingsl; daarom is aanhangsels ook nie nodig nie. Die vernaamste sleutelkonsepte van die resente ekumeniese teologie word opgeneem en aan analise onder- werp. Teologies-tegniese taal word vermy met die gevolg dat die dokument ook vir die oningewyde toeganklik is.
Kwalitatiewe aspekte
Die dokument boei die leser wat in ekumene belangstel, reeds met die eerste sin. Die sentrale tese van die outeurs is dat die ekumeniese beweging gevaar loop om momentum te, verloor of te stagneer voordat die doel waarvoor hierdie beweging in die lewe geroep is bereik word. Die skrywers is van mening dat die ekumeniese beweging se identiteit in 'n voortdurende (herlopname van die doel van die beweging gevind moet word. Hierdie doel meen hulle is deur Christus voorgeskryf en die ekumeniese beweging moet altyd daarna strewe om dit te verwesenlik. Die doel is die sigbare eenheid van die kerk. Die skrywers tref egter 'n onderskeid tussen ekumeniese motivering en die ekumeniese doel. Oor ekumeniese motivering s~ hulle: • Ecumenical efforts can have many motives; but in the end only one motive can carry the ecumenical movement and give it constancy and force: faith in the promise and call of Jesus to his own, "that all may be one" (In 17:21 I. Here lies the chief motive, to which all others must orient themselves' (bl 281. Die ekumeniese doel word weer beskryf as • the unity which Christ gives us and to which he simultaneously calls us is a "fully committed fellowship"' (bl 30). Die skrywers formuleer hulle kommer oor 'n krisis in die ekumeniese beweging in die lig van die ekumeniese doel soos volg: 'If koinonia, a
572 HTS 51/2 (1995)