• Tidak ada hasil yang ditemukan

T E R BEGELEIDIN G Andermaal word in hierdie nom mer van die

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "T E R BEGELEIDIN G Andermaal word in hierdie nom mer van die"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

T E R BEGELEIDIN G

Andermaal word in hierdie nommer van die Studies die referate weergegee wat op die jaarlikse kongres van die Kerkhistoriese Qenootskap gelees is. Die kongres van 1962 is veral gewy aan die bespreking van die agtergronde en uitgangspunte van die geskiedenis- en kerkgeskiedskrywing.

D at dit noodsaaklik is om steeds hieroor te besin, hoef nie nader betoog te word nie. D ie feit is egter dat in ons land baie min gepubliseerde werk h ieroor die lig gesien het. D ie twee referate wat hier weergegee word, hoef nie gesien te word as ’n poging om die bestaande leemte te vul nie, wel egter as ’n poging om in dié rigting te begin werk.

Terselfdertyd word ’n viertal herdrukke van historiese publikasies wat nie alleen van groot waarde is nie maar ook m oeilik bekom baar is, hiermee aangebied. Die oorspronklike van al vier hierdie publikasies berus in die Argiefbiblioteek van die K erk te Pretoria.

Die eerste publikasie Eene Stem uit M ooirivier wat uit 1855 dateer, is die eerste Herder like Skrywe wat deur die Transvaalse Kerk aan sy lid­

mate gerig is en is opgestel deur die Algemene Kerkvergadering van 1855.

Hier word in hoofsaak gehandel oor die verhouding van die onafhanklike V oortrekkerkerk in Transvaal tot die Ned. Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie.

Die tweede publikasie uit die jaar 1857, Eene Stem uit de K aap stad weerklonken in M ooirivier, is tweeledig van aard. Enersyds is dit ’n herdruk van ’n skrywe van adv. C . J. Brand in verband met die gebruik van die Engelse taal in die godsdiensoefeninge van die Ned. Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie. Hierdie skrywe wat in die Zuid-A frikaan van 5 Novem­

ber 1857 gepubliseer is, het sekere reaksies by ds. D . van der Hoff ontlok wat hy dan ook in die tweede deel van hierdie publikasie weergee. Hier gaan dit ook om die verhouding van die Kerk in Transvaal tot die Kerk in die Kaapkolonie na aanleiding van adv. Brand se opmerkings.

Die laaste drie herdrukke is almal strydskrifte wat in die jare 1870 en 1871 tussen ds. D . van der Hoff, die Ned. Hervormde predikant te Potchefstroom en ds. J. P. Jooste, die Ned. Gereformeerde predikant te Potchefstroom gewissel is. D ie eerste aanval van ds. J. P. Jooste wat die eerste brosjure van ds. van der Hoff ontlok het, het verlore gegaan. Ver- moedelik het dié opmerkings van Veritas, die skuilnaam van ds. J. P.

Jooste, in ’n koerant van daardie dae verskyn wat verlore gegaan het. Die drie brosjures wat hier herdruk word, is aldrie oorspronklik by J. P.

Borrius en C o. te Potchefstroom gedruk.

Hierdie strydskrifte handel oor die aangeleenthede wat in daardie dae strydpunte tussen die Ned. Hervormde en die Ned. Gereformeerde Kerk in Transvaal was. D s. J. P. Jooste wat hier die stryd teen ds. van der Hoff voer, was vanaf 1868 to t 1880 predikant van die Ned. Gereform eerde gemeente te Potchefstroom . In 1880 het ds. Jooste sy standplaas taamlik skielik verlaat. In daardie jaar het die Transvalers die wapen teen Engeland opgeneem om hulle vryheid te probeer herower. Ds. Jooste het in die periode wat Transvaal geannekseer was, sy sterk Engelse simpatieë baie duidelik uitgespreek. U it vrees dat dit hom daarom nie goed sou gaan as

131

(2)

die Transvalers hulle onafhanklikheid sou herower nie, het hy dit beter geag om die land te verlaat. Daam a het ds. Jooste ’n Ned. Gereformeerde gemeente in die Kaapkolonie bedien totdat hy in 1894 sy amp as Evangelie­

dienaar neergelê en die Kerk verlaat het.

D s. J. P. Jooste was in sy aktiewe ondersteuning van die Engelse politiek in Suidelike Afrika nie ’n eenling onder die predikante van die N .G . Kerke nie. Inteendeel. Interessant is in hierdie verband die ver­

melding van die Vrystaatse krygsman C . C . J. Badenhorst wat Asst.

H oofdcommandant der W estelijke Afdeeling in die oorlog van 1899 tot 1902 was. D ie verwarring en demoralisasie wat daar in die Vrystaatse krygsmagte in 1900, na die proklamasie van Lord R oberts was, wyt hy gedeeltelik aan die feit dat die predikante van die Vrystaatse N .G. Kerk die Vrystaatse krygsmagte in die steek gelaat het na die genoemde prokla­

masie. Hy stel in sy geskrif Uit den Boeren-Ocrrlog 1899-1902, Amsterdam- Pretoria 1903, bis. 18:

„In den aanvang predikten zij (die predikante van die N .G . Kerk in die V rystaat) onze zaak als een .heilige zaak’. W ij moesten strijden voor ons heilig recht en G od zou ons helpen, maar de zoetklinkende proclamatie van Lord Roberts voor hen, die het nieuwe gezag zouden erkennen, scheen in hunne oogen, de heilige zaak, de zaak des geloofs, een zaak van eigenbelang te doen worden. Zoo ontvielen zij ons juist op een tijdstip dat hunne hulp en steun het meest werden vereischt om de officieren en burgers te bemoedigen en hunnen ge­

meenten voor te gaan niet m et het geweer maar m et de duidelijke uitlegging van het woord ,Plicht’ in de benarde omstandigheden des lands.”

Die „geestelike swaard” waarmee die Afrikaner vir die Engelse politiek in Suidelike A frika oorwin moes word, is in die vorige eeu al te dikwels deur predikante van die Ned. Gereformeerde Kerke gedra. D it was een van die oorsake wat baie daartoe bygedra het dat die verhoudinge tussen die Ned. Hervormde Kerk en dié Kerke dikwels so gespanne was.

T o t slot wil die Kerkhistoriese Qenootskap andermaal sy dank teenoor die Redaksie van die Hervormde Teologiese Studies uitspreek dat van die ruimte in hierdie blad gebruik gemaak kon word.

A . D . Pont Februarie 1963.

D IE G ESK IED K U N D IG E EN D IE G E SK IE D E N IS.1

D ie probleem wat hier aangekondig word, is vir u as mense met ’n belangstelling vir die geskiedenis seer sekerlik nie onbekend nie. D it is egter m .i. goed dat die historikus so nou en dan kennis maak met die filosoof se formulering van probleme in die geskiedskrywing, net soos dit noodsaaklik is vir die filosoof om sy verkeer m et die vakwetenskappe, o.a.

die geskiedenis, nie te verloor nie.

*) Lesing gehou voor die Kerkhistoriese Genootskap, 17 Oktober 1962.

132

Referensi

Dokumen terkait

Wanneer die wêreld egter vir die kerk vreemd geraak het tot dié mate dat die kerk glad nie meer die wêreld kan verstaan of daarin kan funksioneer nie, raak dit vir die kerk ’n baie

wangedrag deur sy werknemers vermoed, nie op so 'n vermoede kan steun om die werknemers te ontslaan nie.92 'n Werkgewer is daarop geregtig om dissiplinere stappe te neem teen die

Die spore van Psalm 110:l word hier deel van 'n nuwe argument, maar aangesien dit vir die lesers bekend en aanvaarbaar is, kan hulle nie anders as om te voel dat hulle, ter wille van

Met die beantwoording van die vraag sal daar getoon word dat dit in die hele saak nie maar net moet gaan om ’n geskiedkundige klasbespreking nie, maar dat dit moet gaan om die aanbied

Op bladsy 21 word byvoorbeeld verhaal dat Pieter van Madagaskar die aantygings teen hom ontken het, maar twee paragrawe later word vermeld: “Dat dié Pieter-slaaf nie die aantygings

Deur hierdie twee boustene te gebruik, kan ’n mens poog om die eienskappe van ’n kompleks te manipuleer om sodoende ’n maatstaf vir die interaksie te skep.. Die sintese van ’n reeks

Wat swaar is, is om te weet wat jy weet deur te weet wat jy nie weet nie." In andere klink daar 'n sarkastiese to on: ,, In 'n vrye land behoort elke koerantskrywer die reg te h~ om

Ons het gesien dat die beswaar geopper word dat die positiewe uitsprake wat die mens hier oor hom self maak veral vss 22, 25, nie deur 'n onverloste mens gemaak kan word nie en dat daar