• Tidak ada hasil yang ditemukan

View of Barend J. Toerien, Die Wegraak van Frans Joosten

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "View of Barend J. Toerien, Die Wegraak van Frans Joosten"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

Resensies

212

’n Vertelling uit die Tyd “toe die Kaap nog Hollands was”

Barend J. Toerien, Die Wegraak van Frans Joosten Protea Boekehuis, Pretoria, 2004

61 pp

Illustrasies, naskrifte ISBN 1 86919 054 8 R75.00

Barend J. Toerien bied sy teks oor die verdwyning en dood van ’n agtiende-eeuse Kaapse boer as ’n “vertelling [wat] grootliks oorgeskryf is” uit die Raad van Justisie se notules aan. Die outeur se doel was klaarblyklik om ’n historiese episode wat ten nouste met die geskiedenis van sy geboorteplaas verweef is, op te teken.

Frans Joosten het in Januarie 1714 spoorloos verdwyn. Landdros Nicolaas van den Heuvel het vier verdagtes geïdentifiseer, naamlik Joosten se vrou Maria Mouton, sy twee slawe, Titus van Bengale en Fortuyn van Angola, asook die drosterslaaf Pieter van Madagaskar. Joosten se lyk is vyf maande later in ’n vlak graf op sy plaas, Bartholomeusklip, gevind. Mouton en die twee slawe is in September 1714 weens die moord tereggestel, terwyl Pieter die doodstraf vir drostery opgelê is. Die saak het regsgeskiedenis gemaak, aangesien Maria Mouton die eerste wit vrou was wat aan die Kaap tereggestel is.

Toerien se belangstelling in hierdie gebeure vloei voort uit die verband tussen Maria Mouton en sy geboorteplaas. Die plaas Steenwerk (later Steenwerp) is in 1700 aan haar vader toegeken. Mouton het daar gewoon tot 1706, toe sy as sestienjarige met Frans Joosten getroud is. Toerien se geboorteplaas figureer reeds in sy vroeëre skryfwerk – vergelyk byvoorbeeld gedigte soos “En Onder-Steenwerp heet my plaas”

(1956) en “Steenwerp se bruinmense” (1975) waarin die ondergeskiktheid van die plaaswerkers met die dominansie van die grondeienaar/boer gekontrasteer word. Sy navorsing vir hierdie teks het hom tot nuwe insigte oor Steenwerp se geskiedenis gebring – toe hy die name van die slawe wat in 1790 daar opgeveil is, gelees het, het Toerien vir die eerste keer besef dat die meeste bruinmense wat in sy kinderjare op die plaas gewoon en gewerk het, direkte afstammelinge was van Oosterse ontheemdes wat as slawe in die omgewing gewerk het.

Die Wegraak van Frans Joosten bied insae in die sosiale struktuur en die regstelsel van die vroeë agtiende-eeuse Kaapse samelewing. Dit word voorgestel as ’n maatskappy waarin wit mans toegelaat is om seksuele verhoudings met slavinne te hê, terwyl seks tussen slawe en wit vroue as ’n “verfoeilike en goddelose daad” (p 26) beskou is. Maria Mouton het egter “haar minagting vir konvensies getoon” (p 19) deur ’n langdurige seksuele verhouding met ’n slaaf te hê en sosiaal met slawe te verkeer. Die regstelsel het deurgaans onderskeid tussen Joosten se twee slawe en hulle “lyfvrou” getref. Maria Mouton is telkens op die plaas ondervra, terwyl die slawe in die Kasteel aangehou is om voor die Raad van Justisie te verskyn. Die wyse waarop die vonnisse voltrek is, wissel ook van verwurging (Mouton) tot empalering (Titus) en ledebraak (Fortuyn). ’n Naskrif (pp 55-56) en ’n illustrasie uit Philippus Baldaeus se Naauwkeurige Beschrijvinge van Malabar en Choromandel (1672) op die buiteblad werp lig op die verskillende vorme van teregstelling wat in die agtiende eeu aan die Kaap en in ander Nederlandse koloniale gebiede uitgevoer is.

(2)

Reviews

Die historiese waarde van die teks word deur enkele aanvegbare stellings ondermyn.

Hoe regverdig Toerien byvoorbeeld ’n stelling soos “Slawerny het [teen 1714] lank nie meer in Europa bestaan nie” (p 13)? Die boek gaan boonop mank aan deeglike redigering. Op bladsy 21 word byvoorbeeld verhaal dat Pieter van Madagaskar die aantygings teen hom ontken het, maar twee paragrawe later word vermeld: “Dat dié Pieter-slaaf nie die aantygings teenoor hom ontken nie … het hom in die landdros se oë geloofwaardig gemaak.” Hierdie teenstrydigheid skep verwarring by die leser op

’n kritieke punt in die verhaallyn. Op bladsy 26 word Pieter verkeerdelik Titus genoem – ’n fout wat die aandag van die redigeerder ontglip het en wat die leser weer verwar. Die gebruik van ’n pedantiese vertellerstem doen ook op enkele plekke afbreuk aan die “vertelling” – vergelyk byvoorbeeld die paragraaf op bladsy 26 oor seksuele verhoudings tussen wit setlaars en slawe aan die Kaap.

Die Wegraak van Frans Joosten is ’n boeiende oorvertelling van historiese gebeure wat ten spyte van die bogenoemde gebreke ’n belangrike bydrae tot die (her)dokumentering van die geskiedenis van die vroeë agtiende-eeuse Kaapse samelewing lewer.

Paul Dunn Johannesburg

Referensi

Dokumen terkait

Brink en Polman 1998:503 wys daarop dat die teks wat oorspronklik by dié melodie gebruik is, agt strofes gehad het, maar dat daar in baie liedboeke nou strofes weggelaat word

Dreyer in Van Wyk 1978 argumenteer ook dat daar nie ’n onderskeid in terme van apart-wees tussen die sigbare kerk en onsigbare kerk is nie, maar dat die teenswoordige werklikheid van

Hulle gevolgtrekking is dat wit en swart in sulke verskillende omstandighede groot word dat dieselfde leerplanne nie gebruik kan word nie.34 Die volgende vraag is: Hoekom het Verwoerd

Hierdie gedagte word sterk gesteun deur die senior offisierekorps van die Weermag so os duidelik blyk uit die feit dat die Minister van Verdediging, nie minder nie as vyf iede van die

Saam met hom het nog 516 blanke en 38 nie- blanke kapelane onder 350 639 troepe gedu- rende die Tweede Wereldoorlog gearbei.8 Hulle het bewys dat die Woord van die Lewe nie in 'n oorlog

Daar is nog ander maniere waarop die beitel gerelativeer sou kon word, byvoorbeeld deur te sê: “Dis mos darem nou ’n beitel, dié!”, waar die modale bywoorde of partikels ook by

Wanneer metafore gebruik word, moet daar altyd na die “wortelmetafoor” gesoek word, maar ’n mens moet ook op die uitkyk wees na die elemente van die konteks wat nie deur die metaforiese

Els kan onderskryf word: “Dit is allereers baie duidelik dat die kerk die bestaande sendinginstitute sending- stasies sien, nie as ’n doelbewuste poging om die Kleurlinge of