• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redaksioneel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "Redaksioneel"

Copied!
1
0
0

Teks penuh

(1)

Redaksioneel

2 S. A . Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 2, no. 1 1983

Die nuwe Nasionale Instituut vir Materiaalnavorsing

Suid-Afrika word allerweë beny vir sy geweldige mineralerykdom, maar tensy dit ten voile tot voor- deel van die land se tegnologiese vooruitgang benut word, sal ons nooit die status van ’n ontwikkelde moondheid bekom nie.

Tot onlangs het Suid-Afrika hom hoofsaaklik toe- gespits op mineraalekstraksie of mynboutegnologie en die uitvoer van ertse as sulks o f in ’n halfverwerkte vorm. Hierdie pogings het daartoe gelei dat ons op die gebied van diepmyntegnologie en raffineertegnie- ke ’n wêreldleier geword het.

As ’n ontwikkelende land kan ons egter nie langer bekostig om ons grondstowwe uit te voer en dan klaarvervaardigde goedere, gemaak uit die einste stowwe wat ons verskaf het, te koop teen drasties verhoogde pryse nie. Die tyd het aangebreek om ons eie goedere te vervaardig wat nie net die land se tegnologiese status sal verbeter nie, maar ook ons buitelandse valuta.

Materiaalwetenskap en materiaalingenieurswese vorm ’n essensiële deel van hierdie ontwikkelingspro- ses. Om hierdie inisiatief op ’n nasionale grondslag te plaas, het die WNNR onlangs aanbeveel dat ’n Na­

sionale Instituut vir Materiaalnavorsing gestig word.

Die regering het dit goedgekeur en die nuwe instituut het op 1 Januarie 1983 amptelik tot stand gekom.

As ’n outonome W NNR-instituut dra dit nou die primêre verantwoordelikheid om namens die WNNR navorsing in materiaalwetenskap en materiaalinge­

nieurswese in Suid-Afrika te bevorder.

Die doelwitte van die Instituut kan as volg opgesom word:

• Om navorsings- en ontwikkelingsprojekte in die nasionale belang te onderneem en waar moontlik toekomstige behoeftes te identifiseer, byvoorbeeld om ’n gevorderde infrastruktuur van aktiewe

navorsing te verskaf wat die werklike behoeftes van materiaaltegnologie sal ondersoek, om ’n in- voervervangingstegnologie te ontwikkel, om nuwe toepassings vir Suid-Afrikaanse grondstowwe te vind, soos Cr, Mn, die Pt-groepmetale, Z r 0 2 en hul uitvoer te bevorder;

• om deur middel van navorsing en die lewering van gespesialiseerde dienste by te dra tot die ontwikke- ling en ondersteuning van die nywerheid, byvoor­

beeld deur die vestiging van ’n basis van deskun- digheid om nuwe tegnieke vir materiaalprosesse- ring te ontwikkel;

• om gespesialiseerde fasiliteite daar te stel, te beman en te bedryf, met ontwikkeling van die nodige deskundigheid, op die hoogste internasionale vlak en om in ’n raadgewende kapasiteit op te tree om materiaalwetenskap en -ingenieurswese in Suid- Afrika te bevorder;

• om met universiteite te skakel om samewerking op navorsingsprogramme, ontwikkeling van relevante leerplanne, ensovoorts te bevorder;

• om met buitelandse institute saam te werk deur kennis en wetenskaplikes uit te ruil en wetenskap- like bydraes tot internasionale programme te maak (wat alleenlik suksesvol deur aktiewe navorsers ge- doen kan word wat ’n daadwerklike bydrae in ruil kan lewer);

• om aan die aktiwiteite van internasionale organisa- sies soos IUPAP*, IUPAC*, ensovoorts, deel te neem.

Die Instituut sal hom veral op metale, keramiek, glas, halfgeleiers, polimere en saamgestelde materiale toelê, asook op die hantering van ’n verskeidenheid spesifieke materiaalprobleme, soos korrosie, sku- ring, ensovoorts.

* International Union o f Pure and Applied Physics/Chemistry.

Referensi

Dokumen terkait

Die openbare beskermer tree nie net in belang van die individu op nie, maar ook in die belang van die regering, deurdat, indien die owerheid toegelaat word om bandeloos op te tree daar

Indien die staat ’n morele persoon is wat leef deur die vereniging van alle lede en indien die mees belangrike taak van die staat daarin geleë is om sigself te handhaaf, dan volg dit

Hoe moet ’n leser byvoorbeeld ’n sin soos dié verstaan wat direk volg op ’n bespreking van die tegniek van radiodatering om tyds- verloop en die ouderdom van dinge te be- paal?:

Deur ’n tuin waar die bogrond bars, volg ons ’n paadjie na Anton en Claudette se ateljees op ’n aangrensende erf waar ’n ma en dogter 40 jaar in die huisie daar gewoon het.. Ons stap

Die volgende opmerkings en kommentaar toon moontlik hiérdie ingesteldheid van leerders waar selfregulering afwesig is: ‘Ek sal graag wil hê die dosent moet in die klas die nuwe

Die Suid-Afrikaanse Antarktiese Vereniging is sewe jaar gelede gestig met die docl om persone met 'n gemeenskaplike belang in Antarktika en Sub-Antarktiese Eilande saam te snoer in 'n

Daar is egter baie Gerefonneerde kerke wat ook soge- naamde kinderdienste hou waar baie sterk op die behoeftes van die kleiner kinders gefokus word en op 'n wyse aangebied word waar ten

Hy van die van 'n skrywer wat sy bes doen om 'n hoek so goed moontlik te maak en wysigings eers in 'n volgende uitgawe aan te bring, ek van die stand punt Van die onderwyser wat