• Tidak ada hasil yang ditemukan

Redaksioneel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Redaksioneel"

Copied!
4
0
0

Teks penuh

(1)

Redaksioneel

Nuus van die Fakulteit Teologie (Afd A), Universiteit van Pretoria

Die Fakulteit Teologie (Afdeling A, Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) is die kleinste van al die Fakulteite aan die Universiteit van Pretoria. Die beroepsgerigte opleidingsprogram is ontwerp om predi- kante vir die Nederduitsch Hervormde Kerk op te lei en terselfdertyd die teologiese wetenskapbeoefening te dien en te bevorder. Die pro­

gram word behartig deur 'n deeltydse dekaan wat ook departements- hoof is en twaalf voltydse dosente (waarvan twee vakant is), bygestaan deur 'n aantal hulpdosente op deeltydse basis.

Na 'n vrugbare dienstyd as dekaan, wat oor sewentien jaar gestrek het, het prof BJ Engelbrecht op 30 September 1987 uitgetree as dekaan.

Hy aanvaar emeritaat aan die einde van 1988. Die Fakulteit is baie dank verskuldig aan hierdie akademikus wat oor 'n breë terrein in Univer­

siteit, Kerk en samelewing 'n leiersrol gespeel het. Prof JP Oberholzer is aangewys as die nuwe dekaan. Sy leiding is besig om die missie van die Universiteit, naamlik die strewe na uitnemendheid, 'n werklikheid te laat word in die lewe van die Fakulteit.

AKADEMIESE PROGRAM

Toelating tot die driejarige BD-graadstudie geskied op grond van 'n afgehandelde BA-graad met voorgeskrewe vakvereistes. Die BD-studie het ten doel om kandidate vir die evangeliebediening te lewer met so 'n akademiese en professionele opleiding en toerusting dat huUe in staat sal wees om die amp van herder en leraar en die pligte en eise wat daaruit voortvloei, waardig en verantwoordelik te volvoer. Behoorlike kurrikulering het plaasgevind en deur voortgesette skoling word die aanbieding van die onderrig so effektief moontlik gemaak. Nagraadse studie, op M- en D-vlak, is voluit gerig op opleiding in gespesiciliseerde teologiese kennis en navorsing.

NAVORSING

Met 'n beperkte personeel wat die sewe departemente moet behartig, stel die navorsingskomponent steeds hoe eise. Nogtans is daar 'n

ISSN 0259-9422 = HTS 44/3 (1988) 561

(2)

verskeidenheid lopende navorsingsprojekte en getuig die publikasies deur fakulteitslede van besondere navorsingsaktiwiteite. Gedurende 1987 is 23 artikels in gekeurde tydskrifte geplaas en daamaas nog 38 bydraes in boeke en tydskrifte van populer-wetenskaplike aard. Die Fakulteit het deel aan die opgrawingswerk by die Bybelse stad Lagis, die intemasionale Calvynstudie en die studieprojek van die Intemasio- nale Vereniging vir Nuwe-Testamentiese Studie. Personeel van die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap het gedurende 1987 aka- demiese besoeke afgelê by die Georg-August Universiteit in Gottingen (Wes-Duitsland) en die Theologische Hochschule in Wes-Berlyn. In 1988 is die Universiteit van Sheffield en die Universiteit van Cambridge in Engeland, en die Katholieke Universiteit van Leuven in Belgié besoek. Lesings is gelewer en aan 'n seminaar is deelgeneem.

Besondere prestasies is behaal deur twee studente van die Departe­

ment Kerkgeskiedenis, naamlik dr SP Pretorius wat vir sy proefskrif die SP Engelbrecht-erepenning vir SA Kerkgeskiedskrywing (goud) ont- vang het, en ds LJ Strauss wat dieselfde penning in brons vir sy BD-skripsie ontvang het.

GEMEENSKAPSDIENS

Vanweë sy aard is die Fakulteit intensief betrokke by die lewe en werk van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Lede van die Fakulteit het sitting in bestuursliggame en adviesrade van die Kerk. Deur prediking, advies, voordragte, geskrifte en die SAUK, lewer al die fakulteitslede 'n groot bydrae tot die godsdienstige peil in die Kerk en die samelewing.

Die Sentrum vir Voortgesette Teologiese Toerusting, wat deur die Fakulteit in samewerking met die Kerklike Instituut vir Toerusting van Ampsdraers en Lidmate (KITAL) bedryf word, het in 1987 op dreef gekom en vyf kursusse aangebied, naamlik Gemeentelike Praktyk, Pastoraat, Presbiteraat, Opsig en Tug en Bybelstudie. Lede van die Fakulteit het steeds deel in die voortgesette hersiening van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling en die werk aan 'n nuwe Psalmberyming.

Die nuwe Diensboek van die Nederduitsch Hervormde Kerk is hoofsaaklik deur lede van die Fakulteit saamgestel. Die nuwe reeks kategeseboeke van die kerk is ook beplan en voorberei onder leiding van Fakulteits­

lede in samewerking met KITAL.

562 HTS 44/3 <1988)

(3)

SIM PO SIU M S EN SEMINARE

Die Hermeneutiese Studiegroep in die Fakulteit is reeds goed gevestig en vervul 'n besondere rol in die interdissiplinêre gesprek binne die teologie. Ook die Kerkhistoriese Genootskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika word vanuit die Fakulteit bedryf. Die kongres het in 1987 die Heidelbergse Kategismus as tema gehad. Lede van die Fakulteit neem deel aan die jaarlikse kongresse van vakvereni- gings en die byeenkomste van verskillende werk- en studiegroepe.

VERNUWING EN RASIONALISASIE

Die Fakulteit het 'n indringende ondersoek van stapel gestuur na alle aspekte van sy onderwys- en navorsingstruktuur. Die Kuratorium vir die Teologiese Opleiding het op grond van hierdie ondersoek besluit om die bestaande stelsel van 'n BA-voorstudie as toelating tot die BD-studie te handhaaf. 'n Geintegreerde teologiese studie word dus nie beoog nie. Die volgende minimumvereistes vir die BA-studie, onder- hewig aan die beslissing van die Algemene Kerkvergadering in 1989, is vasgelê: Grieks en Hebreeus as hoofvakke, tweede- en derdejaarkur- susse in Wysbegeerte en eerstejaarkursusse in Latyn en Duits indien laasgenoemde twee kursusse nie op matriekvlak geneem is nie. Die Algemene Kerkvergadering word versoek om ook te besluit dat die BA-studie voortaan net aan die Universiteit van Pretoria gevolg sal word.

Die Sentrum vir Voortgesette Teologiese Toerusting word uitgebrei om voorsiening te maak vir praktiese opleiding aan BD-studente sowel as aan voortgesette na-BD opleiding en gemeenskapsdiens op wyer vlak. Vir dié doel word die akademiese jaar verleng en die samewerking van praktykgeskoolde begeleiers verkry. Die Algemene Kerkvergade­

ring sal versoek word om voortgesette opleiding ná die toetrede tot die predikantsamp verpligtend te maak vir 'n tydperk wat vasgestel word aan die hand van behoeftes en praktiese omstandighede. Praktiese opleiding en voortgesette teologiese opleiding sal op 'n paslike wyse deur die Universiteit van Pretoria erken word. Die raakpunte wat kan bestaan tussen die MDiv-studie en die voortgesette teologiese oplei­

ding sal lei tot erkenning vir graaddoeleindes. Wat die BD-studie betref, word lesings verminder, seminare en werkswinkelbesprekings vermeerder, en die voile klem word op selfwerksaamheid gelê.

Die Kuratorium het verder die voorstel goedgekeur dat die perma­

HTS 44/3 0 9 8 8 ) 563

(4)

nent-voltydse kempersoneel van die Fakulteit sal bestaan uit tien professore waarvan een as deeltydse dekaan sal optree. Die huidige tydelik-deeltydse hulpdosente word vervang met 'n korps buitenge- wone dosente wat benoem word op grond van spesialiste-kennis.

Sommige van die buitengewone dosente sal behulpsaam wees met die onderrig by wyse van lesings en seminare. Ander sal met kurrikulering behulpsaam wees, met die opstel van studiegidse en die skryf van kemaantekeninge, en miskien 'n beperkte lesingopdrag. Die konse- kwensie van hierdie rasionaliserende maatreëls is dat twee permanent- voltydse professoraatskappe op hierdie stadium afgeskaf word. Dit geld die twee vakatures in onderskeidelik die Departemente Dogmatiek en Christelike Etiek en Praktiese Teologie.

564 HTS 44/3 (1988)

Referensi

Dokumen terkait

Die twee seuns se oortreding word deur die loop van die aandete vir die leser beskryf en die verteller van die verhaal, Paul Lohman, se lewensverhaal word ook geleidelik aan die leser

En die groot dae van weleer.” Die rubrieke word meestal aangebied in die vorm van gedagtes, insidente en vertel- lings wat verband hou met die onderwerp, wat die een ná die ander

Sommige van hierdie geboue wat deur die Weer- mag gebruik word, is reeds as Nasionale Ge- denkwaardighede deur die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede geproklameer.. Sommige is in die

Teologie, teorie, praktyk Hierdie artikel bespreek teologie, teorie, en praktyk as volg: Die eerste punt handel oor die teologiese grondslag vir ’n missionale ekklesiologie wat deur

As dit waar is wat hy van Suid-Afrika beweer, naamlik dat hier wél ’n duidelike breuk met die verlede plaasgevind het met ’n grondwet wat ’n streep deur die uitgediende

Outofagie is bewys deur monodansylcadaverine MDC-kleuring wat ʼn toename in die teenwoordigheid van vakuole en lisosome in C19- blootgestelde selle getoon het.. Hierdie resultate is met

Die gebruik van termiese plasmas in die herwinning van energie uit afval word in meer besonderhede bespreek as ’n moontlike oplossing vir die omgewingsprobleme wat deur die moderne

Deur vir die kind ’n omgewing te skep wat geken- merk word deur emosionele warmte, aanvaarding, waardering, beskerming en vastigheid, kan hulle by hom of haar ’n gevoel van