• Tidak ada hasil yang ditemukan

SEPTEMBER 2022

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "SEPTEMBER 2022"

Copied!
11
0
0

Teks penuh

(1)

SEPTEMBER 2022 SEPTEMBER 2022

www.agripulse.co.za www.agripulse.co.za

AgriPu se

Namakwaland spog

met haar blommerok

Die blomme het al begin blom by Namakwa Nasionale Park en dit beloof om vanjaar nog ‘n blom-extravaganza te wees. Al is dit rela� ef laat vir die blomseisoen om te begin, is

die beste deel hiervan dat dit langer sal hou. A� angend van die weer sal die blomme tot einde September 2022 goed hou. Die Namakwalandstreek van Suid-Afrika val binne

die Sukkulente Karoo-bioom, wat geïden� fi seer is as een van die wêreld se 34 biodiversiteit-brandpunte. Daar is net drie brandpunte in Suid-Afrika. In vergelyking met streke,

met soortgelyke semi-droë omgewings, is die rykdom van hierdie bioom uitsonderlik. Namakwaland word verder van ander woestynstreke onderskei deur die teenwoordigheid

van die volgende families: Mesebryanthemaceae (vygies); Iridacea (irids); Hyacinthaceae (lachenalias) en Crassulaceceae (crassulas). Minimum temperature van minstens 18

grade word vereis vir die blomkrone om heeltemal oop te maak en om ’n ervaring te verseker wat ’n lee� yd sal hou. Die blomme kan by verskillende roetes binne die park

besig� g word, insluitend die baie gewilde Rooikaalroete na Kookfontein, die kusroete in die rig� ng van die Hondeklipbaai-hek en 4x4 Kurubees-area. Daar word verwag dat die

blomme vanaf nou en hopelik tot in Oktober 2022 sal piek, aangesien alle aanduidings daar is dat ons ‘n eerder later as gewoonlik blomseisoen gaan hê. Dit beteken bloot dat

besoekers kan verwag om die blomme gedurende die beste seisoen van die jaar te ervaar. So in hierdie geval is die gesegde, “Beter laat as nooit,” meer as gepas vir vanjaar

se blommeseisoen en ook ‘n welkome voorspelling. Vir meer inlig� ng en om meer te wete te kom oor al die parke wat deur SANParke bestuur word, besoek asseblief ons

webwerf by: www.sanparks.org
(2)

PAGE 2 SEPTEMBER 2022

Lydia Drinkwater

 018 632 6038

Cell: 072 807 6913

Email: [email protected]
(3)

SEPTEMBER 2022 BLADSY 3 BLADSY 3

AGRI- PULSE – VRYBURG - Groot onsekerheid heers tans in die beesbedryf as gevolg van die nasionale verbod op die vervoer van beeste. Die onsekerheid word grootliks aangehelp deur die gebrekkige vloei van inligting vanuit regeringskringe en die verspreiding van onbevestigde inligting op sosiale media en ander platforms.

Die formele beesbedryf, wat ongeveer R59 miljard tot die landbou BBP, en nagenoeg R118 miljard tot die nasionale BBP bydra, se hoof rolspelers, die boere/

produsente, voel daar moes veel meer gedoen word om die potensiële ramp die hoof te bied.

‘n Produsent wat verkies om anoniem te bly, sê aan die koerant dat hy tans met 130 speenkallers op die plaas sit wat hy teen ongeveer R30 per dag per kalf moet voer.

Dit beteken dat die daaglikse voer uitgaaf, waarvoor die produsent nie begroot het nie, nagenoeg R81 900 sal beloop indien die verbod slegs 21 dae aanhou. Die voerkoste moet nou deur die produsent by die bank geleen word. “As dit nie was vir die goeie reën wat ons deur die jaar gehad het nie, en die veld nie so mooi was nie, sou my voerkoste met ongeveer R15 per kop gestyg het. Dit sou my in ʼn onmoontlike fi nansiële posissie geplaas het.”

Dié is maar een produsent se verhaal wat, soos hy dit stel, die voorreg het van goeie veld. Kleiner produsente wat afhanklik is van weeklikse verkope om hul kontantvloei aan die gang te hou, en nie die voorreg het van kredietwaardigheid by fi nansiële instellings nie, bevind hulself nou in ‘n erge fi nansiële verknorsing.

Kan ʼn mens dan werklik die kleiner produsente verkwalik wanneer jy hulle, veral oor naweke, op die agterpaaie sien met een of twee beeste agterop ʼn sleepwaentjie?

Volgens Gerrit Schutte, die Hoof Uitvoerende Beampte van die RPO, glo hy dat die ongeveer 700 000 beeste in die land se voerkrale ʼn buff er sal vorm in die tyd en grootlik sal verhoed dat daar ʼn noemenswaardige verhoging in beesvleis se prys na die verbruiker sal deurvloei. Die ander kant van die muntstuk is dat alhoewel die voerkrale wel mag beeste lewer aan slagpale hulle nie mag beeste inbring in die voerkraal nie. Daar is dus uitvloei van diere, maar geen invloei nie. Die feit mag moontlik ʼn verhoging in aanvraag na speenkalwers sien sodra die verbod gelig word wat uiteindelik die prys opwaarts mag dwing.

Twee van die veilinghuise in Noordwes stem saam dat, alhoewel hulle in die verbodtyd tussen R170miljoen en R200miljoen aan omset verloor het, die kliënte wel weer sal voordeel put uit die tekorte wat in die voerkrale tydens dié tydperk sal ontstaan.

Die somme is natuurlik teoreties van aard en gaan van die veronderstelling dat die verbod 21 dae (met ʼn moontlike verlenging na 28 dae) sal voortduur.

Die realiteit is egter veel anders. Die produsente wat gewoonlik twee tot drie maal per jaar speenkallers bemark en wie se inkomstestroom nou reeds onder erge druk is, sal met ʼn verdere verlenging van die verbod totaal tot stilstand kom terwyl die uitgawestroom se krane behoorlik oopgedraai sal word.

Uiteindelik sal die bekamping en voorkoming van Bek-en-Klouseer grootliks op die skouers van die produsente/boere berus. Die nuutste opdaterings van die bek-en-klouseeruitbrekings volgens die moniteringstatusverslag gedateer 29 Augustus 2022 dui op ‘n addisionele nege fasiliteite wat nou met bek-en-klouseer besmet is.

Dit bring die totale nuwe uitbrekings te staan op 127 gevalle en is soos volg versprei:

• KwaZulu-Natal vanaf 73 tot 80

• Gauteng vanaf 3 tot 6

• Vrystaat vanaf 7 tot 24

• Mpumalanga het een nuwe geval aangemeld.

Beesprodusente onder druk

terwyl bek-en- klou getalle styg

Jaco Kleyn

Jaco Kleyn

Die addisionele uitbrekings het voorgekom

tydens die huidige grendeltydperk en dit is ‘n aanduiding van hoe versigtig daar opgetree moet word en hoeveel moeite gedoen moet word om die verdere verspreiding van die virus te bekamp. Die RPO maan boere om in die tye uiters versigtig te wees en gehoor te gee aan die regulasies rondom die rondskuif van diere. Persone wat die regulasies verontagsaam, stel nie net hulself bloot aan vervolging nie, maar stel ook die totale streek waarbinne hulle beweeg bloot aan ʼn moontlike verlenging van die grendeltyd.

Soos vroeër in dié artikel genoem, kan die huidige stand van sake, indien deeglik bestuur en dit slegs vir 21 tot 28 duur, boere en produsente moontlik voordelig wees met

‘n opwaartse aanvraag vir speenkalwers en daarom ‘n beter inkomste per kilogram. Sou enkelinge egter die beperkings verontagsaam en die syfers bly styg, sal die minister geen opsie hê anders as om die tydperk met ‘n moontlike verdere 21 dae te verleng nie. So verlenging sal die afronding van speenkalwers vir die tradisionele kersmark onmoontlik maak - wat dan uiteraard die pryse erg negatief vir die boer sal beïnvloed en nog erger wees op die eindverbruiker.

Die bal is dus soos soveel maal tevore in die hande van die landbousektor self, en soos Gerrit Schutte: Kalmte, deeglike beplanning en akkurate bio-bestuur sal uiteindelik dié krisis die hoof bied en die bedryf terugbring na normaal.

(4)

SEPTEMBER 2022 PAGE 4

PAGE 4

AGRIPULSE – NOORDWES – Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse wolprodusente is dat China baie onlangs (23 Augustus) sy verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse wol weens bek- en klouseer opgehef het.

Dit is verblydende nuus vir die wolbedryf aangesien baie boere slegs weke voor die eerste wolveilings van die nuwe wolseisoen angstig geword het of China vanjaar die invoer van Suid-Afrikaanse wol in daardie land gaan toelaat.

China is tradisioneel die grootste koper van Suid-Afrikaanse wol.

Die Chinese verbod op Suid-Afrikaanse wol is in April vanjaar ingestel nadat ‘n uitbreiking van bek- en klouseer vanaf Maart vanjaar in drie provinsies – naamlik Noordwes, Gauteng en die Vrystaat, aangemeld is. Leon de Beer, hoof van die

Suid-Afrikaanse Wolkwekersvereniging het gesê dat hy verheug is oor die nuus.

“Die wolseisoen het maar pas eers aangebreek en pryse en volumes op die eerste veiling van die seisoen was aansienlik laer as gewoonlik. Hy het daarop gewys dat die wolprys omtrent 11%

swakker was as gewoonlik maar dat die ewe swak rand dit gedeeltelik geabsorbeer het. Produsente aan die ander kant het 4.9%

en 5.9% minder vir hul wol ontvang.

Die Beer is uiters positief dat produsente by die opheffi ng van die Chinese verbod gaan baat en dat hulle op die volgende veiling aansienlik meer vir hul produk gaan behaal.

Geen gevalle van bek- en klouseer is tot dusver vanjaar in die land se grootste wolproduserende streke aangemeld nie.

China hef wolverbod na bek- en klouseer op

AGRIPULSE - NOORDWES – Suid- Afrikaanse sitruskwekers het ‘n sug van verligting geslaak nadat bekend gemaak is dat die regering ‘n skikking met die Europese nie (EU) bereik het en dat altesaam 300 van die net meer as 500 kratte sitrus van Suid-Afrika nou in Europe toegelaat sal word.

Die departement van landbou, grondsake en andelike ontwikkeling het Woensdag in ‘n verklaring gesê dat hy hard werk om toe te sien dat die oorblywende 209 kratte van die besending ook uit die hawe te kry.

Die EU het verlede maand beskilik besluit om vraghouers wat van Suid- Afrika in Europe aangekom het, terug te hou onder die vaandel van splinternuwe regulasies wat die EU op

‘n onwettige wyse op Suid-Afrikaanse

sitrus wou afdwing. Dié maatreëls is in Junie vanjaar deur die EU se staande komitee vir plante, diereprodukte, voedsel en vier (Scopaff ) aangekondig oor kouebehandeling vir lemoene wat na die streek uitgevoer word, glo in

‘n poging om vals kodlingmot hok te slaan.

Die wet is op 14 Julie afgedwing maar die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) veeis dat daar ‘n tydperk van ses mande moet verloop in die proses om ‘n nuwe handelsregulasie in te stel.

Daar was blykbaar ten eye van die publikasie van die nuwe maatreëls reeds gesertifi seerde besendings wat reeds na die EU vertrek het, asook sommige wat in die proses was om uitgevoer te word”, het die departement in ‘n verklaring gesê.

Die Sitruskwekeresvereniging van Suidelike Afrika (CGA) het vroeër gesê dat die nuwe regulasies slegs op lemoene van toepassing is maar dat ander sitrusgewasse intussen ook teruggehou is. Die departement het gesê dat owerhede van die EU op fi tosanitêre sertifi kate aangedring het wat aan die nuwe maatreëls voldoen.

Die eerste amptelike brief is o 27 Julie aan die Nederlandse NPPO gestuur en ‘n positiewe reaksie is op 28 Julie ontvang.

Tot dusver hersertifi seer die departement lemoenbesendings wat in die Nederlandse en Italiaanse hawens teruggehou is en ons het bevestiging ontvang dat hierdie besendings tans by die hawens uitgeklaar word”, het die departement gesê.

AGRIPULSE – NOORDWES – Die Namibiese staatsveearts het pas ‘n hernude, dringende kennisgewing aan Suid-Afrikaanse owerhede gestuur waarin gewaarsku word dat geen lewendige diere of vleisprodukte uit Suid-Afrika Namibië mag binnekom nie. Soos in etlike ander gevalle volg dié verbod ook op die uitbreking van bek- en klouseer wat meer as ‘n jaar gelede buite die Suid-Afrikaanse beheergebied in Limpopo en KwaZuluNatal uitgebreek het. Die epidemie het oor die afgelope ses maande ook na ander provinsies versprei toe dit na Gauteng, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga versprei het. Die jongste aangetekende geval van bek- en klouseer is skaars meer as ‘n week gelede sowat 20 km buite Pretoria aangetref.

James Faber, Voorsitter van die Rooivleisprodusentevereniging (RPO) sê die verbod op die invoer van SA-vleis na Namibië geld sedert Suid-Afrika sy bek- en klouseervrye status in 2019 verloor het en dat dit die SA-vleisbedryf sedertdien baie seergemaak het. Daar is glo baie kleinvee en beeste wat al maande lank wag om na Namibië uitgevoer te word.

Namibië en Botswana is die enigste twee lande in Afrika wat vleis oor feitlik die hele wêreld insluitende markte in Europa mag uitvoer, maar is onderhewig aan streng voorsorgmaatreëls – byvoorbeeld dat ‘n bek- en klouseersone streng gehandhaaf word.

In Namibië is daar ook die sogenaamde rooilyn-isolasiekordon wat die noordelike kwart van Namibië teen die suidelike gedeeltes beskerm en Namibiese boere, telers en owerhede pas hierdie riglyne genadeloos streng toe.

Dr Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO in Suid- Afrika het gesê dat daar vir Suid-Afrika min hoop is dat hy sy bek- en klouseervrye status binnekort kan terugkry. Volgens Schutte werp die Namibiërs behoorlik alles in die stryd om toe te sien dat hul status ongeskonde bly.

SA-vleis taboe in taboe in Namibië Namibië

Geskil oor sitrusuitvoere na EU opgelos

(5)

SEPTEMBER 2022 BLADSY 5 BLADSY 5

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die

“Rhode Island”-hoenderras het sy oorsprong in Amerika en word geklassifi seer as ‘n sagteveer, swaar ras. Die gewig van die hane is 4kg en henne 3kg.

Die “Rhode Island” kom slegs in twee kleure voor naamlik donkerrooi (mahogany) en wit.

Die donkerrooi varieteit het ‘n mediumgrootte, enkelkam of ‘n rooskam terwyl die wit varieteit slegs ‘n rooskam het. Die oogkleur is rooi. Die voorkoms van die “Rhode Island” is lank, breed en staan horisontaal, die vere se kleur is hoofsaaklik dieprooi, behalwe vir die stert wat swart is. Die stert word teen 45° gedra. Die oorlelle, oorbelle en kam is mediumgrootte, eweredig, rooi en glad, sonder enige rimpels.

Die bene is mediumlengte, redelik uitmekaar gespassieer, vier tone aan elke poot en goed verspreid. Die bene en pote is geel, by die donkerrooitipe is daar ‘n donkerrooi lyn langs die bene af tot op die tone.

Hierdie ras is ‘n goeie lê-hoenderras asook goeie broeiers. Kleur van eiers wissel van

lig-tot donkerbruin.

Rustenburg Pluimveeklub: Die klub bied jaarliks skoue aan in Rustenburg sowel as Thabazimbi, Lichtenburg en Parys. Hier vertoon telers hul rasegte pluimvee soos hoenders, watervoëls en kalkoene. Vir meer inligting, kontak Hanri: 083 465 1486, Dawie:

071 196 7696 of Marlize: 072 668 1495; Epos:

[email protected].

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Die aankondiging dat die tariewe op pluimvee-invoere, wat onlangs verval het, weer ingestel gaan word, het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verras.

Die motivering hiervoor is blykbaar kommer oor stygende plaaslike voedselpryse. Die SAPV het vroeër gesê dat invoere van

hoenderporsies reeds noemenswaardig gestyg het sedert die maatreëls verval het en dit die plaaslike bedryf skade gaan berokken. Die maatreëls is aanvanklik vir ses maande teen Brasilië, Denemarke, Ierland, Pole en Spanje ingestel en het op 14 Junie verval.

Plaaslike hoenderboere voel ongelukkig dat hulle verdere beleggings en projekte wat in die pyplyn is, sal moet heroorweeg, gegewe die onsekerheid wat deur die opheffi ng veroorsaak gaan word.

Die Yankies lê ggoed

Hoenders: Rhode Island

Aankondiging oor pluimveetariewe

AGRIPULSE – NOORDWES – ‘n Suid- Afrikaner wat groot bekendheid in landboukringe en veral onder landboumaatskappye verwerf het, is onlangs as die nuwe hoof van Syngenta-saad se bedrywighede suid van die Sahara aangestel.

Hendrik van Staden is trouens reeds ‘n maand lank in die saal en sy aanstelling was vanaf 1 Augustus 2022 van krag. Volgens Syngenta was Van Staden ‘n voor-die-hand-liggende-keuse vir die pos nadat hy vir langer as 20 jaar in leierskapsposisies in die landbousektor gedien het. Hy het onder meer vir Monsanto en Bayer gewerk.

In sy mees onlangse hoedanigheid het Van Staden aktief as deel van Bayer se kliëntebemarkingspan asook as veldtog en handelsmerkleier in Afrika gewerk. Hier was die fokus grootliks op die implementering van ‘n taktiese bemarkingsveldtog – enigiets van veldtogbestuur en kommunikasie tot bemarking op die digitale platform en natuurlik promosies.

Van Staden se taak sal hoofsaaklik wees om Syngenta- saad om sy leiersposisie in die Afrika-saadbedryf te handhaaf,

om die maatskappy se prioriteite ten opsigte van bewaringslandbou uit te brei, het Kobus Lindeque, voormalige hoof van Syngenta- saad gesê. Nietemin is Lindeque as ‘n erkende kundige darem nie vir Syngenta verlore nie en sal hy as konsultant en mentor steeds vir Syngenta beskikbaar wees.

In sy loopbaan van meer as 20 jaar in die bedryf, sê Van Staden het hy deeglik bewus geword van die rol van waardetoevoeging vir enige organisasie en dit is sy strewe om voortrefl ike verhoudinge met boere te bou en uit te brei. Hy hoop om boere terselfdertyd aan

Syngenta se uitstekende tegnologie bekend te stel.

Van Staden het nie geskroom om te beklemtoon dat hy interaksie met kliënte en boere geniet en dat die bemarkingsmilieu hom na aan die hart lê nie. Die verskaffi ng van meer en beter gehalte saad in hierdie deel van Afrika verseker natuurlik ook ‘n groter verskeidenheid landbougewasse en bied ‘n aansienlike verhoging in Syngenta se kanse op sukses ten opsigte van risikoverskansing in die stryd teen plae, siektes en klimaat-uiterstes, het hy gesê.

Syngenta-saad onder “nuwe bestuur”

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Die aankondiging dat die tariewe op pluimvee-invoere, wat onlangs verval het, weer ingestel gaan word, het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verras.

Die motivering hiervoor is blykbaar kommer oor stygende plaaslike voedselpryse. Die SAPV het vroeër gesê dat invoere van

hoenderporsies reeds noemenswaardig gestyg het sedert die maatreëls verval het en dit die plaaslike bedryf skade gaan berokken. Die maatreëls is aanvanklik vir ses maande teen Brasilië, Denemarke, Ierland, Pole en Spanje ingestel en het op 14 Junie verval.

Plaaslike hoenderboere voel ongelukkig dat hulle verdere beleggings en projekte wat in die pyplyn is, sal moet heroorweeg, gegewe die onsekerheid wat deur die opheffi ng veroorsaak gaan word.

Aankondiging oor pluimveetariewe

Hendrik van Staden - Syngenta se nuwe hoof

suid van die Sahara.

(6)

SEPTEMBER 2022

PagE 6 SEPTEMBER 2022 BladSy 7

NW VlU deel pryse uit

Agri-Pulse - Potchefstroom - Noordwes VLU se jaarlikse kongres is oor twee dae in Potchefstroom aangebied.

Tydens die kongres in Augustus is die afgelope jaar in oënskou geneem. Uittredende president Gerda Swart het ook verwys na die pandemie en dat dit die eerste keer sedert 2019 is wat die kongres weer aangebied kon

word. Kerse is aangesteek vir lede wat hul lewe in die pandemie verloor het. Minnette Dempsey het gesorg vir ligter oomblikke met haar praatjie oor leierskap. Die doel van die kongres was ook om pryse te oorhandig aan lede wat handgemaakte artikels vir beoordeling gelewer het. Van gebak tot fotografie, skryfwerk en skilderkuns

is beoordeel. Saam met die uittredende president, Gerda Swart van die Sonneblom-streek (Lichtenburg-omgewing) het Cindy Coetzee, president van SA VLU, die gaste verwelkom. Die amptelike spreker vir die geleentheid was dr Sanet Jansen van Rensburg wat oor haar boek ‘Koester ons ouer persone’ gesels het.

Só lyk ‘n pryswenner rolkoek.

Genevieve Conradie van Sonneblomstreek ontvang die trofee vir die streek met die meeste punte van Gerda Swart

Louise Herbst, voorsitter van die Platina streek ontvang die trofee vir die streek met die meeste punte in borduurwerk van Tharina Rossel, voormalige VLU SA president.

In die preserveringafdeling is (voor) Retha Retief die wenner en Elsa van Rooyen tweede. Agter is Riana de Villiers (derde), Pricilla Motsitsi (vierde), Ineke Bakker (vyfde) en Maatje Hobson (sesde).

Dagbestuur van die NW VLU is (agter) Istella van Rhyn-Nel (skakelbeampte), Thea du Randt (notuleklerk), Louise Herbst (Platina voorsitter), Sanja-Mari van Rooyen (redakteur), hester Koegelenberg (vise-president en Verwes voorsitter), Tienie Lewis (sekretaresse), Maatje Hobson (beoordelaarsameroeper) en (voor) Genevieve Conradie (Sonneblom voorsitter) en Gerda Swart

(NW President).

VLU Brits het die meeste nuwe lede vir hul tak gewerf en ‘n kontantprys van NWK ontvang. Op die foto is Johan Bezuidenhout (borg), Neeltje Louw van VLU Brits, Gerda Swart (NW VLU president), Elmie Bergh van Leeudoringstad VLU en Trix Parsons van Prisma VLU. Leeudoringstad het tweede meeste nuwe lede gewerf en Prisma derde meeste.

Minnette Dempsey vertolk leierskap Produkte en handgemaakte

artikels is beoordeel vir pryse.

Ian Grewar (viool) en Charles Olivier (tjello) sorg vir ‘n musikale verposing.

Gerda Swart en Judy Steynberg.

Judy is die enigste oorlewende van vorige NW VLU presidente.

Louise Fick ontvang ‘n trofee van Gerda Swart vir die beste tak projek.

Gerda Swart, uittredende president van NW VLU.

Louise Herbst van Brits VLU het die handvlyt afdeling gewen. Langs haar is Elize Oosthuizen

van Leeuhart VLU (tweede). Agter is Alda van der Walt van Zoetmelksvlei (derde), Erika du Randt van Mareetzane (vierde) en Genievieve

Conradie van Bailiepark (sesde).

In die gebak (rolkoek) afdeling was Elize Schutte tweede en Francis Liebel vierde.

Besoekende VLU presidente byeen. Agter is Tharina Rossel (voormalige SA VLU presidente),

Gerda Pienaar (Vrystaat VLU) en Ria Strydom (VLU Noord). Voor is Gerda Swart (NW VLU) en

Cindy Coetzee (SA VLU).

Die handbreiwerkwenners is (agter) Elsie Marx van Houdmoed VLU (derde) en Elsa

van Rooyen van Marikana VLU (sesde). Voor is Carien Roos van

Brits VLU.

Fia van der Merwe van Brits VLU het die skilderkuns gewen.

Mariska van Aswegen van Marikana was tweede en (agter)

Ineke Bakker van Leeuhart vyfde. Tienie Lewis, nuwe sekretaresse, oorhandig ‘n geskenk aan haar voorganger, Ronel Kemp (links).

NW VLU borduurwerkwenners is (voor) Rentia Aucamp van Leeudoringstad VLU. In die tweede

plek is Elize Oosthuizen (Leeuhart VLU) en agter is Francis Liebel van Marikana VLU met ‘n vierde plek.

Maatje Hobson van Setlagole VLU het

‘n eerste plek in masjienwerk verwerf.

Francis Liebel van Marikana VLU was tweede en Hermien Pretorius van

Prisma VLU vyfde.

Francis Liebel van Marikana VLU het eerste plek in hekelwerk gekry. Agter haar is Maatje Hobson van Setlagole

wat ‘n vierde plek gekry het.

Bettina Terblanche van Mosaiek het die skryfkunsafdeling gewen.

Elaine Smit van Brits VLU het eerste plek in fotografieafdeling gewen. Heleen Labuschagne van Rustenburg VLU sit langs haar met ‘n tweede plek. Agter is Elsie Marx van Houmoed met ‘n vyfde

plek.

Judy Steynberg (voormalige NW president) oorhandig ‘n oorkonde aan Elzie Marx vir ses jaar se diens

as Platina streekvoorsitter.

Judy Steynberg (voormalige NW president) oorhandig ‘n oorkonde aan Gerda Swart vir ses jaar diens as Sonneblom streekvoorsitter.

Judy Steynberg (voormalige NW president) oorhandig ‘n oorkonde aan Elaine Smit (voormalige Platina

streekvoorsitter) vir ses jaar diens as voorsitter van die Platina streek.

(7)

SEPTEMBER 2022 PAGE 8

PAGE 8

AGRIPULSE – NOORDWES – Suid- Afrikaanse boere is genoodsaak om aansienlik minder gewasse aan te plant weens ‘n invoerverbod na lande soos Botswana en Namibië. Dié stap gaan onvermydelik ‘n invloed hê op uitvoer-inkomste en mag dalk ook werksgeleenthede in die landbousektor raak.

Die situasie tans is van so ‘n aard dat Suid-Afrika slegs gedeeltelik daarin sal slaag om die plaaslike opbrengs te absorbeer en sal noodgedwonge na alternatiewe markte moet soek. Boonop sal slegs pad- en spoortvervoerinfrastruktuur kan bepaal na watter lande en markte uitvoere moontlik sal

wees. Só sê Christo van der Rheede, Agri SA se uitvoerende direkteur in ‘n onlangse verklaring.

“Teoreties gesproke is daar markte vir Suid-Afrikaanse produkte buite die Suid- Afrikaanse Doeane-unie (SACU) beide op die kontinent en daarbuite. Wat ons sal moet sien is of hierdie reëlings betyds getref kan word en of dit vir ons ekonomies moontlik en uitvoerbaar is om dit te doen”, het Van der Rheede gesê.

Hy sê faktore soos die kondisie van paaie, spoorweë en hawens moet egter oorweeg word voordat daar vasgestel kan word of uitvoer na die buiteland ‘n opsie is. “Dit is teleurstellend dat inter-streekse beperkings Suid-Afrikaanse boere in hierdie onbenydenswaardige posisie

geplaas het terwyl die funksie van SACU trouens is om vrye handel binne die unie te bevorder”.

Namibië en Botswana het onlangs

‘n stokkie voor invoere van sekere Suid- Afrikaanse produkte soos tamaties, wortels, beet, aartappels, kool, blaarslaai, knoff el, uie, gemmer, borrie, rissies, botterskorsies, waatlemoen, soetrissie, groenmielies en kruie gesteek. Dié twee lande het daarna die verbod ingestel ten einde hul plaaslike landbousektore te beskerm en tuinboukundige mededinging ‘n hupstoot te gee.

Agri SA het verlede week by Suid-Afrika se minister van landbou, grondhervorming en

landelike ontwikkeling gepleit om in te gryp in ‘n poging om die verbod opgehef te kry. Op hul beurt het Namibiese owerhede die Agri SA se pogings om die verbod opgehef te kry, as emosioneel en ongebalanseerd beskryf.

Me Auguste Fabian, woordvoerder van die Namibian Agronomic Board (NAB) het onder meer aangevoer dat Suid-Afrikaanse boere ‘n kostebesparing van bykans 25% op hul gewasse het omdat Namibiese boere deur hoër insetkostes gekniehalter word. Daar moet ook rekening gehou word met die feit dat Namibiese boere vir bykans 100% van hul landbou-insette op Suid-Afrika aangewese is, het Fabian gesê.

“Stadig oor die klippe met plantery”

GEMSBOK - ASKHAM: Die 6de Askham-Kalahari Meatmasterveiling is verlede week op Askham gehou.

Askham is sowat 180 km vanaf Upington in die Noord-Kaap geleë.

Mnr. Nico de Wet van Ad Libitum Meatmasters, een van die eerste boere in die gebied, wat met die tipe skape geboer het, sê Meatmasters is geharde, Kalahari aangepaste diere.

Hierdie geharde skape is geteel uit die Damara en die Dorpers. Nico sê hy het in 2006 van die diere aangekoop en dit tussen sy skape begin sit. Ander boere het ook daarmee begin boer, want hulle het na ‘n meer geharde ras vir die omgewing gesoek.

Die navraag na die diere vir teëldoeleindes het so sewe jaar gelede begin en dis hoe die Meatmaster veiling sy ontstaan op Askham gekry het.

Nico sê die aanlyn veilings wat

so twee/drie jaar gelede begin is, het daartoe bygedra dat hul mark nou die hele Suid-Afrika is. Toe het kopers vanoor die hele land Meatmaster begin koop. Hy sê dieselfde kopers kom jaar na jaar terug, dws die skape is op baie plekke in ons land aanpasbaar.

Daar is vanjaar 54 ramme en 160 ooie te koop aangebied.

Die veiling is deur BKB aangebied, Corné du Plessis van CDP Online Action Services was die afslaer. Corne is van Ellisras (Lephalale) en hy het meer as 20 jaar ondervinding in alle tipe veilings.

Corné het omvattende opvoeding, kennis en ondervinding in die landbou-, vee- en wildbedryf – wat hom ‘n veelsydige afslaer maak, wat met vertroue van die podium kan praat, ongeag die item wat verkoop word.

Dit was ‘n baie suksesvolle veiling.

Ramme se gemiddelde pryse was R11

800 teenoor 2021 se R7 000. Ooie se gemiddelde was R5 200 teenoor verlede jaar se R4 050.

Die ramme is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R11 800 stuk met die hoogste prys behaal deur lot 10 teen R30 000. Die verkoper was Barri Knoetze van Askham en die koper was Piet de Lange van Calvinia.

Die ooie is teen ‘n gemiddeld van R5 200 stuk verkoop met die hoogste prys behaal deur lot 73 teen R11 000.

Die verkoper was Jean du Plessis van Hopetown en die koper was Chris Malan van Piketberg, asook lot 89 ook teen R11 000. Die verkoper was Jean du Plessis met ‘n aanlynkoper, Thato Mothopedi van Rustenburg.

Heelwat diere is aanlyn verkoop en van die skape gaan sover as Rustenburg, Ellisras, Schweizer-Reneke, Piketberg, Hopetown en Sutherland.

Berig en foto’s deur Elsa Jones van Rhyn Berig en foto’s deur Elsa Jones van Rhyn

6de Askham-Kalahari Meatmasterveiling gehou

Die BKB-manne en ander werkers het almal gehelp om van die veiling ‘n groot sukses te maak. Op die foto is Pieter Meintjies (BKB), Ernest en Tinus Conradie, verkoper van Inkbospan, Askham.

Corné du Plessis van CdP Online Auc� on Services van Ellisras het hom goed van sy taak gekwyt en het die veiling baie lewendig gehou.

Op die foto is die duurste ram van R30 000. Die verkoper is Barri Knoetze (die koôrdineerder van die veiling) van Askham en die koper is Piet de Lange van Calvinia. Op die foto verskyn van links na regs: Roe du Plessis (Hopetown), Chris Potgieter, Jean du Plessis (Hopetown), Barri Knoetze, Wollie Burger, Neno Knoetze en Nico de Wet. Voor is Pieter Meintjies, Pieter Swart en Schalk Künz (Kenhardt).

Elrië� e Herbst het al die pad van Schweizer-Reneke afgekom om die veiling by te woon. By haar staan een van die verkopers, Coenie van der Merwe van Sandduine Meatmasters, Kalkbult, Noenieput in die Kalahari.

(8)

SEPTEMBER 2022 BLADSY 9 BLADSY 9

Kalahari blink uit op VLVK-Kongres

AGRI-

PLUSE: VRYBURG:

Die VLVK (Vroue Landbou Vereniging van Kaapland) se jaarlikse Kongres is hierdie jaar op 18 en 19 Augustus in Gansbaai gehou.

Sirkel Kalahari is verteenwoordig deur Corlie van Zyl (Sirkelpresident en Reivilo-tak), Carien van den Berg (Reivilo), Biffi e de Wet (Reivilo), Esta Twigge (Vryburg), Carien van Niekerk (Vryburg), Marianne Vorster (Kuruman), Arina Beukes (Kuruman) en Zelda Lombaard (Kuruman).

Erika Linde van Vryburg het as beoordelaar opgetree.

Kuruman-tak het behoorlik uitgeblink en het trofeë ontvang vir die tak met die meeste punte in die kunste

& handvlyt-afdeling, sowel as die tak met die meeste punte in die leefstyl-afdeling. In die kunste & handvlyt- afdeling, het Zelda Lombaard 100% vir fotografi e behaal. Dit het haar ‘n eerste plek en ‘n trofee in die sak besorg. Hettie du Plessis-Krüger het ‘n trofee vir die derde plek met 81% vir woordkuns behaal en Liza Burger ‘n vyfde plek met 79%. In die leefstyl-afdeling gaan die eerste plek vir masjienwerk aan Arina Beukes van Kuruman met 85%.

In die wissel-afdeling was Zelda Lombaard van Kuruman vierde met 80% en Arina Beukes van Kuruman vyfde met 79%.

Amelia Erasmus van Kuruman het ‘n vyfde plek met 78%

behaal vir breiwerk.

Ander prestasies uit Sirkel Kalahari was Corlie van Zyl van Reivilo wat ‘n tweede plek met 81% vir borduurwerk behaal het met Marietjie Steyn van Vryburg vierde met 77%. 2023 se VLVK-Kongres sal in Hartenbos gehou word.

Arina Beukes van VLV Kuruman-tak het op 22 en 23 Augustus ‘n beoordelaarseksamen in breiwerk, hekelwerk en naaldwerk voltooi.

Sy moet 28 voltooide items inhandig en ‘n teorie eksamen skryf.

Arina en die lede uit ander sirkels wat ook die eksamen voltooi het, moes mekaar se items beoordeel en ‘n langmoubloes maak. Hulle is op alles beoordeel. Arina het die eksamen geslaag is en nou ‘n volwaardige VLVK beoordelaar is.

(Foto’s: verskaf)

Arina Beukes (Kuruman), Biffi e de Wet (Reivilo), Zelda Lombaard (Kuruman), Carien van Niekerk (Vryburg), Esta Twigge (Vryburg), Carien van den Berg (Reivilo) en Marianne Vorster (Kuruman).

Zelda Lombaard, Arina Beukes, Marianne Vorster en Corlie van Zyl.

Die foto waarvoor Zelda Lombaard 100%

ontvang het. Die onderwerp was “Deur / Deure”. Die � tel vir haar foto is: “The door to happiness opens from the inside”.

Erika Linde (Vryburg) en Arina Beukes (Kuruman) is nou albei volwaardige VLVK beoordelaars uit Sirkel Kalahari.

Esta Twigge en Carien van Niekerk van Vryburg- Arina Beukes, Zelda Lombaard en Marianne Vorster spog met Kuruman- tak.

tak se trofee.

The secret to a champion ‘boerewors’

Agri-Pulse - Upington – For Tommy Hendriks his passion for meat began six decades ago here in his hometown. Hendriks became South Africa’s fi rst-ever boerewors champion when he was awarded the title in 1992. The former blockman and butcher, now 74-years-old, had many jobs, including herding sheep and later handling deliveries for a butchery in Upington by bike. While working for the butchery, Hendriks watched the owner with keen interest as he fulfi lled wors orders. “He used to make wors, and I looked at him when he made all types and kinds of wors, and I said to myself, one day I will do this,”

Hendriks said. “ “As we delivered, I so wanted to fi nish with the deliveries because I wanted to be in the butchery to see what’s going on - I was so eager to learn,” he said. His time at the butchery exposed him to making diff erent types of meat, including garlic polony, and a more distinct kind, liver wors, and lamb.

His meat acumen grew sharper when he became a sausage-maker for a butchery called Levinsons.

Eventually, Hendriks worked in the Western Cape for Grand Bazaars from 1995, which was later

bought by Shoprite where he continued to work in the retailer’s butchery until he retired. For Hendriks, who lost half of his pinkie fi nger on the job, the mark of a true butcher is a severed fi nger or two. “If one says to me, ‘I am blockman’, people can boast sometimes, then I say, ‘alright, show me your hands’,” he said.

Here are some tips for the best wors from the fi rst ever boerewors champion Although people have diff erent tastes today, the foundations of a good boerewors, according to Hendriks, are good meat, good spices, and some ingredients that aren’t accepted in today’s standards, such as chutney, worcester sauce, and garlic. For the meat, “boerewors must always have the best meat. It must be good trimmings, lean meat”

he says. Traditional wors is typically made up of beef and pork, ensuring that it is juicy, but for people who do not eat pork, it can be replaced by beef brisket, because of its fatty contents.

The meat should not be handled too much, as that encourages the meat to dry up. The casing should also not be too tight. Hendriks said boiling wors is the worst way of cooking it and dries out the meat.

Cooking it over coals, instead of chemically treated charcoal, is better, and over wood is the best. If cooking it using electricity, placing the wors in a pan that isn’t piping hot is the ideal way of cooking it while turning occasionally. “Don’t prick, don’t throw water, don’t throw cooking oil,” he says. First published in https://

www.businessinsider.co.za/ 5 September 2022

Photo: Shoprite Checkers

(9)

SEPTEMBER 2022 PAGE 10

PAGE 10

Klik hier - op jou elektroniese toestel of gaan na h? ps://bit.ly/inlêpiekels.

Gepiekelde uie

Plaas skoongemaakte uitjies (so ong

eveer 2kg) in plas? eksko? el en gooi ?n handvol growwe sout oor . As jy nie heel uitjies wil g

ebruik nie, kan jy uie in ringe opsny.

Bedek met warm water en laat oornag s taan.

Gooi water volgende dag af en pak uitjies in g

esteriliseerde ? esse.

Kook die asynmengsel saam. V

ul die bo? els met warm mengsel en draai toe.

Asynmengsel:

500 ml wit asyn 250 ml bruin asyn 125 ml suiker 5 ml piekelmengsel

Gepiekelde kno? el

2 kno? elhuisies (skoongemaak) 75 ml suiker

375 ml asyn 5 ml mosterdsaad 1 loerierblaar Swartpeper korrels Knippie sout

Maak kno? el skoon en pak in bo? eltjies.

Bring ander bestanddele tot kookpun t en gooi oor kno? el in bo? el- tjies.

Draai styf toe. Heerlik na tw ee weke.

inte ra cti

v e PDF page

Tap h

ere on your elec tron

ic de

icv

e

Jane? e en Ve? e Bekker van Orkne y is die gesigte agter Lekker Bekk er.

vertel Janette verder. Die Bekkers is albei deur

?n rowwe tyd met hul gesondheid en Janette is in remissie nadat sy met kanker gediagnoseer is.

Vettie was ook op die herstelpad na ?n stryd met sy gesondheid. ?Dit het ons bietjie perspektief gegee om gesonder te lewe en vandaar het ons tuinboerdery ? oreer. Maar toe kom ek tot die besef wat gaan ek maak met al die groente??? lag

So is Lekker Bekker se ingelegde produkte en piekels gebore. Alles wat geoes word, word gebottel. Dit was eers net vir tuisverbruik, maar so het vriende begin aankoop en gou het sy ?n gesonde besigheid aan die gang. ?Dit was nie die bedoeling om ?n inkomste te genereer nie, en dit is eintlik net ?n meevaller, maar ons geniet dit.??

Blapse was daar al baie. Soos die dag toe Janette al die boontjies uittrek om dit op die stoep te sit en pluk. Sy het nie besef die boontjies sal weer dra nie en het dit wortel en tak uitgetrek.

Daar is nog nie weer boontjies geplant nie. Hulle het ook gesukkel met bestuiwing weens ?n tekort aan bye en het nou laventelbosse aangeplant om bye te lok. Hulle het drup besproeiing installeer en werk heeltemal organies. ?Ons leer soos ons aangaan. Dit is heerlik en iets wat ons saam

Met die groet dra ons swaar aan ?n hele mandjie vol ingelegde bottels kerriewortels, koperpennie en piekeluie. Heerlik vir laatmiddag se kaas-en-vleis bord op die stoep.

Lekker Bekker se piekels tops

AGRI-PULSE - As jy lank genoeg stilstaan, is die kanse goed dat Janette Bekker van Orkney jou gaan piekel. Agri Pulse het by haar en manlief Vettie op ?n lente-oggend gaan inloer en hulle al

vroeg agter die kookpotte aan?t inlê gekry.

Jy kuier baie lekker by die lekker Bekkers as jy met ?n bottel of

twee van hul produkte onder die arms groet. Dit was kno? el en rooi-ui se beurt vir ?n lekker

piekel en ons gesels sommer so tussendeur oor alles en

nog wat.

Janette is ?n eiendomsagent en doen

so bietjie van alles in haar vrye tyd. Sy neem

foto?s, verf en het onlangs begin om groentes te bottel nadat haar man vir haar groente tonnels aangelê het. Vettie werk nog op die myn en is sy vrou se grootste ondersteuner. Janette sal nog dink sy wil iets doen, dan klop Take-a-Lot se koeriers al. Hy lag dat sy pa altyd gesê het ?n besige vrou wat hard werk bedags, ?warra-warra??

nie snags in jou ore nie.

Janette vertel dit het eintlik als by die oorlog begin. Die een tussen Rusland en die Oekraïne.

?Dit het my aan die dink gesit en ek het besef wat as daar ?n hongersnood kom. Ons sal meer selfversorgend moet raak. Ek het gedink aan groente plant en so vir Vettie daarvan vertel,??

gesels sy.

Dit was rondom Valentynsdag dat Vettie gesê het sy moet tuis bly, daar is ?n pakkie wat

afgelewer gaan word. ?Dit is toe nou die

tonnels. Vettie was daardie

tyd in die hospitaal en

die bure het gehelp om

die goed op te slaan.

Heng, ek was in my skik hoor,??

vertel Janette verder. Die Bekkers is albei deur

?n rowwe tyd met hul gesondheid en Janette is in remissie nadat sy met kanker gediagnoseer is.

Vettie was ook op die herstelpad na ?n stryd met sy gesondheid. ?Dit het ons bietjie perspektief gegee om gesonder te lewe en vandaar het ons tuinboerdery ? oreer. Maar toe kom ek tot die besef wat gaan ek maak met al die groente??? lag sy.

So is Lekker Bekker se ingelegde produkte en piekels gebore. Alles wat geoes word, word gebottel. Dit was eers net vir tuisverbruik, maar so het vriende begin aankoop en gou het sy ?n gesonde besigheid aan die gang. ?Dit was nie die bedoeling om ?n inkomste te genereer nie, en dit is eintlik net ?n meevaller, maar ons geniet dit.??

Blapse was daar al baie. Soos die dag toe Janette al die boontjies uittrek om dit op die stoep te sit en pluk. Sy het nie besef die boontjies sal weer dra nie en het dit wortel en tak uitgetrek.

Daar is nog nie weer boontjies geplant nie. Hulle het ook gesukkel met bestuiwing weens ?n tekort aan bye en het nou laventelbosse aangeplant om bye te lok. Hulle het drup besproeiing installeer en werk heeltemal organies. ?Ons leer soos ons aangaan. Dit is heerlik en iets wat ons saam doen.??

Met die groet dra ons swaar aan ?n hele mandjie vol ingelegde bottels kerriewortels, koperpennie en piekeluie. Heerlik vir laatmiddag se kaas-en-vleis bord op die stoep.

Lekker Bekker se piekels tops Lekker Bekker se piekels tops

Jane? e Bekker kook piekelsous vir die kno? el.

(10)

‘n Feestelike sukses

‘n Feestelike sukses

‘n Feestelike sukses

AGRIPULSE – BRITS – Die AarbeiMusiekFees wat Vrydag en Saterdag in Brits by Hartland Equestrian Park plaasgevind het, was ‘n reusesukses.

Dit was die 13de jaar wat die fees aangebied is, en volgens die organiseerders was dit vanjaar groter en beter as voorheen.

Ongeveer 10 000 mense, van heinde en verre, het by die meer as 180 stalletjies rondgesnuff el, hulself verlustig aan heerlike eet- en drinkgoed, maar die aarbeie was bepaald die hoogtepunt.

Verskeie kunstenaars het skouspelagtige vertonings gelewer en top vermaak verseker.

Tydens die fees is daar meer as 22-ton aarbeie en meer as 1 000 bakkies aarbeikonfyt verkoop.

Die

organiseerders bedank al die borge en een en almal wat die fees besoek het en tot dié reusesukses bygedra het.

Volgende jaar, September, wanneer die aarbeie op hul sappigste is, gaan daar wéér fees gevier word!

Bly op hoogte deur die webwerf by www.aarbeifees.

co.za of die Facebookblad www.facebook.

com/aarbeifees/ te besoek.

Ongeveer 10 000 besoekers het die Aarbeifees die afgelope naweek in Brits bygewoon.

Brits bygewoon.

Meer as 22 ton aarbeie is tydens die AarbeiMusiekFees verkoop en die vriendelike groep verkopers, Hanlie Ehlers, Sarlet Barnard, dr Gerhardus Scheepers, Elzet van Tonder en

Amanda van Tonder, het sake glad laat verloop.

Magda van Zyl, organiseerder van die kunstenaars tydens die AarbeiMusiekFees, is hier saam met die

alombekende Marti n Bester en sy orkes.

Al die pad van Pretoria het Lorraine en Lorika Stols die Aarbeifees, en veral

die reuse spookasem kom geniet.

Siobane Records, ‘n kampioen ruiter was een van talle ruiters wat aan die perdeskou

deelgeneem het.

SEPTEMBER 2022 BLADSY 11 BLADSY 11

AARBEIMUSIEKFEES 2022

(11)

SEPTEMBER 2022 PAGE 12

PAGE 12

Turksvye met baie minder ‘prik’

Turksvye met baie minder ‘prik’

Turksvye met baie minder ‘prik’

Turksvye met baie minder ‘prik’

Turksvye met baie minder ‘prik’

AGRI-PULSE – CULLINAN – Die sappige, maar delikate soetheid van die turksvyvrug maak dit ‘n ware bederf.

Maar die heerlike smaak kom teen ‘n prys –

‘n horde klein doringtjies om te oorkom voordat jy die eksotiese goedheid kan ontgin!

Daar is egter ‘n turksvyplant wat al die smaak bied, maar met baie minder dorings.

Ons het die mense by Ubali Farm gevra om ons bietjie meer oor dié plante te vertel.

Ubali is in die hartjie van die pragtige Seringveld-bewaringsarea geleë tussen Pretoria en Cullinan in die Bynespoort- en Kameelfontein- omgewing in Gauteng.

Hulle is die trotse produsente en verskaff ers van turksvy (kaktuspeer) en granaatbome vir kommersiële aanplanting. Hulle is ook die verskaff ers van die seisoenale vrugte wat deur hul geselekteerde kultivars geproduseer word.

Die afgelope jare het ‘n aansienlike toename in die vraag na dié gewilde vrugte van beide die bome in Suid-Afrika gesien.

• Ubali turksvye

Die turksvy - of ook bekend as die kaktuspeer - word lank reeds in Suid-Afrika

ge-ag as ‘n beesvoer, maar ook vir sy heerlike, gesonde vrugte. Onlangs was daar hernieude belangstelling van boere in turksvye, weens klimaatsverandering en droogte – asook die plant se talle gebruike.

Ubali voorsien die mark van twee verskillende kultivars turksvye.

Eerstens spesialiseer hulle in die verskaffi ng van die blaaie vir herplanting aan boere of vrugteboere. Hulle oes die blaaie elke jaar tussen Augustus en Oktober.

Tweedens, maar nog belangriker, word die vrugte wat hulle produseer in seisoentyd tussen vroeg Desember tot begin April aan die kommersiële mark verkoop.

Die twee variëteite waarin hulle spesialiseer, is die Morado -en Algerynse kultivars.

Morado is ‘n gewilde keuse omdat die blaaie geen tot min dorings op het. Dis ‘n groot gunsteling in die mark en het ‘n delikate wit vleis met ‘n soet, subtiele vars smaak.

Die Algeryn het ‘n robynrooi/pienk vrug met bloedrooi gekleurde vleis met ‘n meer eksotiese smaak.

Ongeskilde vrugte kan vir tot twee weke in ‘n

koelstoor gehou word. As dit egter geskil word, kan die vrugte weke lank in yskaste gebêre word sonder om hul geur te verloor. Die eetbare dele is die blaaie, blomme, stingels en vrugte. Die nuwe blaaie van ‘n turksvy kan heel geëet word - gekook of gerooster.

Die vrugte kan ook versap word, of as ‘n konfyt ingemaak word.

Die uitstekende kleur, geur en soetheid van die tipe turksvy het gelei tot die verbouing van ‘n aantal van die variëteite vir varsvrugteproduksie.

Die turksvy is lank reeds in Suid-Afrika ‘n baie gewilde veevoer. Maar baie mense is ook versot op sy heerlike, gesonde vrugte. Maar navorsing aan die Universiteit van die Vrystaat wys dat dié merkwaardige plante selfs meer veelsydig is as wat voorheen geglo is – en heelwat meer voordelig.

Vir jare het sommige kulture beweer dat die turksvy medisinale voordele bied. In tradisionele Meksikaanse volksgeneeskunde is dit byvoorbeeld gebruik om diabetes te behandel.

Ander kulture het die vrugte gebruik om brandwonde, maagkwale, snye en kneusplekke, sonbrand en windbrand, hardlywigheid

en verkouesimptome te behandel, en om infl ammasie en cholesterolvlakke te verminder.

Die olie van die pitte word deur die skoonheidsmiddelsbedryf gebruik om

gesigroomprodukte te maak. Dit het uitstekende genesende eienskappe, en dus kan die olie in salwe gebruik word om te help met brandwonde.

• Gesondheidsvoordele

Turksvye is ‘n 100% natuurlike vrug, vetvry en ‘n baie goeie bron van dieetvesel, Vitamien C, Magnesium, Kalsium en Kalium.

• Die geskiedenis van turksvye

Turksvye (Optunia spesies) is inheems aan die semi-droë streke van Sentraal -en Suid- Amerika. Hulle is meer as 300 jaar gelede na Suid-Afrika gebring om as heinings gebruik te word om gewasse teen wilde diere te beskerm.

Ubali kontakbesonderhede:

Email - [email protected]

Address - H10, Cobra Road, Beynespoort, Cullinan, Gauteng, South Africa, 0181

Referensi

Dokumen terkait

’n Model vir nuwe lewe sal ten doel hê om die geloofsgemeenskap te bring tot 1 insig in hulleself en hulle menswees, 2 die verstaan van wat outentieke lewe voor God en saam met hulle

Die trek van die boere na die binneland as studieveld kan gevolglik verder deur historici ontgin word -nie as 'n blare hervertolking van Van del Merwe se werk nie, maar oak om nuwe

Rotterdam herdenk hierdie gebeurtenis deur twee tentoonstellings en die verskyning van die eerste deel van 'n nuwe uitgawe van die versamelde werke van horn wat die geeste- like en

Die doel is: om binne die raam- werk van die Mannekraginformasiestelsel aile werk wat deur lede van die Suid-Afrikaanse Weer- mag tans slegs Staandemaglede vanwee die om- vang van die

knie moet laat verbind aangesien hulle baie geval het tydens die wedstryd... SA is rugby ’n belangrike

Die toekenning is veral gcmaak op grond van sy Iweede !undel, Jtik.Uafw.mie, wat allerweë baie goed ontvang is, nadat sy eerste bnndel, Angelliera, ook slerk vir hierdie prys oorwerg

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende evalueerders vir hulle bydrae tot die vorming van hierdie uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende evalueerders vir hulle bydrae tot die vorming van hierdie uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap