• Tidak ada hasil yang ditemukan

scriptura.journals.ac.za

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2024

Membagikan "scriptura.journals.ac.za"

Copied!
2
0
0

Teks penuh

(1)

The essence and content of the work of the diakonos according to the New Testament: G Breed

Dit is nie duidelik waarom kinders hier uitgesonder word nie. Indien die outeur voel hy wil kinders beklemtoon in 1 Kor 12, moet dit beredeneer word, want die teks verwys nie direk na kinders nie; 'n blote verwysing na sy vorige navorsing is nie voldoende nie. Anders kan die verwysing na kinders bloot weggelaat word. Dis nie regtig funksioneel tot die oorhoofse argument wat gevoer word nie.

Verwysing weggelaat

Net 'n algemene opmerking ter oorweging (die outeur kan self besluit of hy hom hieraan skuldig maak): So 'n werkwyse kan lei tot wat James Barr genoem het "illegitimate totality transfer", m a w, waar die betekenisse van diakon- soos versamel in 'n klomp kontekste, onregmatig oorgedra word na die

taakomskrywing van die diaken as sg

leiersfiguur. Want die feit van die saak is dat die woordgroep diakon- in 'n verskeidenheid van kontekste aangewend word waarvan sommige niks of weinig te doen het met die werk van die diaken as spesifieke leiersfiguur ("amp" van diaken). 'n Mens moet dus uiteindelik baie fyn onderskei wátter kontekste se betekenisse relevant is vir die diaken as leiersfiguur.

Dankie vir die belangrike waarskuwing. Ek is bedag hierop.

Hierdie artikel kom juis tot die konklusie dat hierdie slegs die eerste stap is as ’n moontlike basis vir verdere studie voordat die resultate van die studie op die taak van die diaken van vandag toegepas kan word.

Daar sal dus eers vasgestel moet word hoe die resultate op die leier-diakonos van toepassing was voordat die toepassing op die diaken-amp kan plaasvind.

Ek stem dus 100% saam met die opmerking maar glo dat die artikel juis nie in die strik trap nie omdat dit nie aanspraak maak op finale toepassingsmoontlikhede op die diaken se werk nie.

Ek is bevrees hierdie soort ondersoek as 'n manier om by die taakomskrywing van die diaken (leiersfiguur in NT; en diakensamp vandag) uit te kom, is nie baie oortuigend nie. Dit is net te algemeen. Want wat hier telkens as "essensie" en

"inhoud" van die diakon-woordgroep geïdentifiseer word, kan net so goed op enige van die leiersfigure wat in die NT voorkom, van toepassing gemaak word. Dit is net nie onderskeidend genoeg om as grondwerk vir die diaken as leiersfiguur te dien nie.

Daar sal 'n ander metodologie aanvaar moet word om aan te toon waarom spesifiek die woord diakonos gebruik word om die ampswerk van die diaken van dié van die ouderling, wat klaarblyklik in bv Fil 1:1 en 1 Tim 3:8-13 ter sprake is, te onderskei. Die outeur het nog nie daardie brug geslaan tussen die algemene term diakonos (soos beskryf in hierdie artikel) en die spesifieke werk van die diakenamp nie. En solank dit nie gedoen word nie, gaan die

Die veronderstelling van die artikel is dat dit slegs handel oor die diakonos in die algemeen en nie oor die leier-diakonos nie. Dit word duidelik gestel dat verdere studie rondom die leier-diakonos nodig is om toepassings op die diaken se werk te kan maak.

Die artikel poog nie om nou reeds die brug te slaan na die werk van die diaken nie en dit word tog duidelik gesê in die artikel soos die keurder self in sy laaste sin erken.

(2)

soort woordstudie-oefening soos in hierdie artikel vervat, 'n oefening in futiliteit bly. Maar dit lyk asof die outeur bewus is van die probleem, soos in die res van die konklusie na vore kom. Die brug mag dan dalk in latere studies geslaan word.

Referensi

Dokumen terkait

hierdie studie qaan dit om die vloei van kapitaal tussen.. Afrika en die res van

Hierdie twee gelykenisse profileer die ontwerp van hierdie studie deur nog ʼn dimensie aan die etiek van dienslewering te verleen: die etiek van dienslewering vra dat ʼn mens ʼn naaste vir

Indien dit die geval is, is dit ’n verdere illustrasie van die karaktertrek “hou nie van ‘die Jode’ nie.” Aan die einde van hierdie toneel lyk die lysie van karaktertrekke wat die

Hierdie benadering werk goed indien die moontlike referente konkreet is; vir abstrakte en fiktiewe referente is hierdie benadering onhoudbaar, soos in die geval van woorde soos

Hierdie taak word geplaas binne die raamwerk van ’n bepaalde definisie van “geletterdheid” wat fokus op die ontwikkeling van ’n kritiese bewussyn van die sosiale kragte werksaam in die

E.duc.S.A Professor aan die Universiteit van Pretoria Hierdie studie is voorberei onder die leiding van Pro!.

Hierdie bevindings dui op die moontlike rol van genetiese en kulturele faktore in die voorkoms van komorbiede OKV/OKS.5 Die hoër voorkoms van tweede generasie antipsigotika-gebruik dui

Aangesien hierdie verbindings nie kommersiëel beskikbaar is nie, is hierdie leemte tydens die huidige studie deur middel van die toepassing van omgewingsvriendelike metodologie