www. .co.za
Lees ons & adverteer AANLYN
24 JUNIE 2022
Gestig 1955
H/v Transvaal- en Dr. Nelson Mandelarylaan
Posbus 2000, Lichtenburg 2740
Epos: mailbag@
noordwester.co.za Tel: 018 632 6038 Faks: 018 632 4222
R2-00
VAT INCL
Susan groet
Gesoute besigheidsvrou en eienaar van die bekende Uitkyk Slaghuis, Susan Ludick, het na 26 jaar besluit om uit te tree en verhuis voor die einde van die jaar na Mosselbaai. Die Noordwester het by haar aan huis gaan kuier en haar met haar lieflinghondjie, Tiekie op haar skoot afgeneem. Lees meer oor haar in ‘n volledige berig op bl.5
Tannie Marie word 97 – bl.2 Drie verkragters agter tralies – bl.3
Covid-19: Totsiens vir maskers, inentings en beperkings op
massa-byeenkomste
Sedert Woensdag vandeesweek is Suid-Afrikaners oplaas ontslae van die gewraakte Covid-maatreëls waarmee inwoners amper die afgelope 30 maande sedert die uitbreking van Covid-19 opgesaal gesit het. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla het ‘n paar dae gelede ‘n uiters-onder-die-radar-kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer waarin alle Covid-19-beperkings en -maatreëls vanaf
Woensdag, 22 Junie, opgehef is. Vir Suid-Afrikaners beteken dit geen meer maskers nie, geen meer verpligte inentings wanneer buitelanders die land wil besoek nie en geen meer beperkings op die
hoeveelheid mense wat openbare byeenkomste mag bywoon nie.
‘n Perskonferensie sou blykbaar ook op Donderdag, 23 Junie gehou word waarin Suid-Afrikaners deur president Cyril Ramaphosa oor die opheffing van alle Covid-maatreëls toegespreek sou word. Met ons ter perse gaan vandeesweek, was meer besonderhede oor die
beoogde perskonferensie nog nie bekend nie.
NOORDWESTER
BLADSY 2 24 JUNIE 2022
Albert getrou ondanks gestremdheid
Albert Dyers, wat met slegs een arm oor die weg kom, verkoop al vir baie jare getrou op Vrydae die Noordwester.
Hy is ‘n bekende gesig op straat.
Die publiek ondersteun hom elke Vrydag op die spesifieke kruising waar hy sy koerante verkoop. Op die foto help Nardus Drinkwater (regs),
verantwoordelik vir distribusie, Albert om sy glimbaadjie aan te trek en sy sak met koerante in sy arm te kry sodat hy aan die werk kan spring.
Kyk gerus uit vir ons koerant- verkopers wat deesdae splinternuwe Noordwester- glimbaadjies dra sodat hulle meer sigbaar kan wees.
Die Kroonkiewiet is een van die algemeenste spesies wat in ons gebied voorkom, al die pad tot in Ethiopië.
Die voëls hou van kort grasveld maar nie berge nie.
Hulle word natuurlik dikwels gehoor vóór hulle gesien word. Waag dit net om per ongeluk in die veld naby hul nes te stap en kiewiet-se-kind sal soos wafferse bomwerpers op jou afduik! Hulle eet insekte, veral termiete en kan tot so veel as twintig jaar oud word.
Kiewiete vat nie nonsens nie
Tannie Marie word 97-jaaroud
Op 12 Junie 2022 het tannie Marie Grobbelaar haar 97ste
verjaarsdag saam met haar vriende, dogter en kleindogters
in die Lichthuis Tehuis vir bejaardes gevier. Tannie Marie is
die oudste inwoner van die tehuis en ook lidmaat van die
Ned. Hervormde gemeente in Lichtenburg. Behalwe dat sy in
die Alzheimer-afdeling van die tehuis is, geniet sy nog goeie
gesondheid. Baie geluk tannie Marie, mag daar nog vele
geseënde jare vir tannie voorlê.
Disfunksionele munisipaliteite op vergadering bespreek
NOORDWESTER – LICHTENBURG – “Ons munisipaliteite is disfunksioneel. Ons dorpe is vuil, onversorg en gevaarlik. Sal dit help om net daaroor te kla? Nee, natuurlik nie. So sê Sakeliga.
Die Sakeliga het op 14 Junie by NWK se Opleidingsentrum met gemeenskapslede van Lichtenburg en Vryburg vergader om oplossings te soek vir die probleme.
Tydens die vergadering is inwoners ingelig oor die doelwitte en vordering wat met die
“Betaalmeester hofaansoek” gemaak is.
Die saak is begin nadat verskeie moontlike bondgenote genader is om te help aangesien littigasie geweldig duur is.
Sakeliga het aangebied om te help nadat feite aangehoor is. Die Sakeligaspan onder leiding van Piet le Roux en Christo Bester het gemeenskapslede toegespreek en hul word bedank vir hul kundigheid, raad, ondersteuning en fondse.
“Wat ons nie meer kan bekostig nie is om die situasie te ignoreer, te wag dat iemand anders die verskil moet maak, te
verkondig,”meen hulle.
Raak betrokke en help ‘n verskil maak.
Skakel vir Boeta du Toit op 0823881722 of Naudé Pienaar op 0827768283 vir enige navrae.
Twee sprekers - Piet le Roux en Christo Bester - het gemeenskapslede van Lichtenburg en Vryburg onlangs toegespreek oor disfunksionele munisipaliteite en hul kundigheid en raad gedeel tydens ‘n vergadering in Lichtenburg.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Kol. Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg het bevestig dat ‘n 35-jarige man by die huurmotorstaanplek in Lichtenburg deur die Flexi-eenheid vir die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem is.
Dié eenheid het ‘n wenk ontvang dat ‘n man besig is om by die staanplek ‘n koper te soek vir die ammunisie. Hulle het toegeslaan en dit in sy besit gevind. Kol. Bekeer sê dit is duidelik dat onwettige vuurwapens nog in sirkulasie in ons omgewing is waarmee ernstige misdaad gepleeg word wat lei tot sinnelose lewensverlies.
Kol. Bekeer versoek die publiek om altyd die polisie in te lig oor kriminele aktiwiteite in hul omgewing sodat ons saam die stryd teen misdaad kan stry en so ons omgewing veilig kan maak.
Man vas vir besit van onwettige ammunisie
Onwettige ammunisie wat in die besit van die verdagte gevind is.
NOORDWESTER – LICHTENBURG –- Jy doen jou bes om van jou besigheid
‘n sukses te maak – daarom adverteer jy jou produk of diens.
Maak Noordwester se Geklassifiseerde Advertensies deel van jou bemarkingsplan.
Dis spotgoedkoop en boonop maklik om te plaas. Jy kan natuurlik soos gewoonlik na ons kantore toe kom en jou Geklassifiseerde Advertensie by die toonbank kom plaas – jy is baie welkom en ons help graag.
Maar jy kan dit ook aanlyn doen; dit gaan jou minder as twee minute neem, en boonop kan jy EEN advertensie van 15 woorde of minder per week heeltemal gratis kry.
Besoek ons webwerf by
https://www.northwestnewspapers.
co.za/noordwester en kies die ‘Classified Advertisement’-opsie. Volg net die duidelike aanwysings – in ‘n japtrap is jou advertensie geboek. Ons advertensies presteer - jy kan ook.
Adverteer heeltemal gratis
Drie verkragters agter tralies
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg is verheug dat uitstaande speurwerk daartoe gelei het dat drie verkragters onderskeidelik tot 15, 23 jaar en een ‘n lewenslange vonnis opgelê is.
Die vonnisse is te danke aan uitstaande speurwerk van Sersant Molefe van die Lichtenburg Kinderbeskermingseenheid.
Volgens Kol. Bekeer is Lucas Mere tot 23 effektiewe tronkstraf gevonnis nadat hy op 21 Maart 2020 sy niksvermoedende slagoffer saam met wie hy gestap het, verkrag het.
Harmas Madie is tot 15 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis en sy medepligtige, Lentikile Tau is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat die twee ‘n 18-jarige vrou op 4
November 2017 herhaaldelik verkrag het.
Volgens Kol. Bekeer moes
Speursersant Molefe lang ure onverpoos werk om forensiese en fisiese getuienis te versamel en bedank hom vir sy puik werk wat tot die vonnisse aanleiding gegee het.
Kol. Bekeer hoop dat hierdie vonnisse
‘n sterk en duidelike boodskap aan verkragters uitstuur en hy hoop dat die slagoffers berusting en vrede sal vind.
Speurdersersant Molefe.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Ons lesers het die Noordwester oorval met komplimente oor die Vadersdagboodskappies wat ons verlede week in die koerant geplaas het.
Almal was beïndruk met die inisiatief en het gesê dat dit
‘n baie mooi gebaar was om pa’s en oupas op dié wyse te eer. Die boodskappies is gratis geplaas en ‘n diens wat die Noordwester graag vir die gemeenskap wou lewer. Ons hoop almal is baie bederf op Vadersdag!
oorval met komplimente
gemeenskap se ondersteuning is dit ‘n prioriteit om die beste versorging en diens aan die inwoners daar te gee. Met
‘n puik span personeel bied Najaarsrus die beste versorging en daarom wil die bestuur graag die personeel van Najaarsrus in besonder bedank dat hul altyd bereid is om die ekstra myl te loop vir inwoners.
Fondse is altyd broodnodig om kwaliteit diens te lewer – skakel 018 – 6731852 as u ‘n bydrae kan maak, dit sal soos altyd hoog op prys gestel word.
Die Najaarsrus Versorgingsoord in Coligny beleef ook uitdagings in die moeilike tye waarin ons lewe en die oord doen wonderlike werk vir inwoners van die gemeenskap. Met die Genade van Bo en die
Najaarsrus het u hulp nodig
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Verskeie organisasies met hul plaaslike strukture het hande gevat om die oortreders wat verantwoordelik was vir die chaos wat ontstaan het, nadat ongeveer 200 vragmotors by ‘n onwettige blokkade wat vanaf Dinsdag, 14 Junie 2022 tot Vrydag, 17 Junie 2022 by Bloemhof op die N12 onderweg na Kimberley, plaasgevind het, aanspreeklik te hou.
Hierdie blokkade het nie net die vervoer van produkte op hierdie roete ernstig ontwrig nie, maar het ook miljoene rande se verliese vir vervoermaatskappye teweeggebring. Die N12 is ‘n kritiese hoof verbindingsroete vanaf Gauteng en die noordelike provinsies na die Noord Kaap en suidelike provinsies en van uiterste ekonomiese belang vir die ekonomie van die land.
Die stakers het intimidasie en afdreig taktiek gebruik om al die vragmotorbestuurders op die roete tot stilstand te dwing. Hul moes etlike dae sonder voldoende kos, water en sanitasie geriewe langs die pad deurbring.
Ten spyte van al die oproepe en gesprekke met die plaaslike-, distriks- en provinsiale SAPD bevelvoerders, asook regeringsamptenare, is daar nie gehoor gegee om tydig en daadkragtig teen die oproermakers wat duidelik identifiseerbaar was, op te tree nie.
Die SAPD het ongetwyfeld hul regsplig hiermee versuim en selfs klagtes van dwarsboming van die gereg teen hul word oorweeg.
Elders in die provinsie het die tydige en effektiewe optrede van die SAPD ‘n
soortgelyke situasie na spoedige arrestasies, verhoed. In hierdie geval het die SAPD hul regsplig onverwyld en onbevange sonder politieke oorwegings uitgevoer.
Belangegroep organisasies ondersteun deur kundige regsverteenwoordigers, insluitende Agri NW, Afriforum, verteenwoordigers van die geaffekteerde vragmotoreienaars, die DA, Vryheidsfront Plus en Sakeliga werk nou in n gekoördineerde poging verder saam om beide die betrokke stakers en die SAPD tot verantwoording te roep. Hierdie groepering van belangegroepe sal regtens alles in hul vermoë doen om diegene wat vir hierdie ontwrigtende optrede verantwoordelik was, aan die pen te laat ry.
Privaatsektor besighede en die ekonomie kan nie langer op hierdie wyse ontwrig en gevange gehou word nie. Die verpolitisering van misdaad om die gebrekkige of selfs ontbrekende optrede van die SAPD te regverdig, is totaal en al onaanvaarbaar.
Ondersteun hierdie poging van die belangegroepe hierbo genoem en skakel gerus met Boeta du Toit – 0823881722 of Naudé Pienaar – 0827768283.
Organisasies span saam na vragmotor blokkade
Youthday celebrated in Boikhutso
NOORDWESTER – LICHTENBURG – The Bathusi Community Forum made sure that Youth Day on 16 June was celebrated with song, dance and soccer tournaments for the youth of Boikhutso. The youth enjoyed a relaxing day with art and culture groups performing and Boikhutso’s own Miss Lichtenburg Queen attending the celebrations. Members of the Lichtenburg SAPS were also part of the day.
Dancers performed in Boikhutso at the Youthday celebrations on 16 June 2022.
The Royal Dynamite soccer team was one of the teams that participated on the day.
Members of the Lichtenburg SAPS that attended the Youth Day with Miss Lichtenburg Queen of Boikhutso in no particular order were Sgt. Mashaba, Const. Kerileng, Const.
Mosweu, Const. Moagaesi and Const. Modise.
Ȉ
,VGDDUµQEHODQJULNHJHEHXUWHQLVE\MRXPDDWVNDSS\RIRUJDQLVDVLHLQGLHQDE\HWRHNRPV",VµQ
͖͔͖͖
EHNHQGHNXQVWHQDDUGLHKRRJWHSXQWRSGLHSODDVOLNHVRVLDOHNDOHQGHURIKHWM\µQPDDWVNDSS\ZDW OHNNHUGLQJHDNWLZLWHLWHYHUVNDIRPWHGRHQ",QGLHQZHOSODDVGDQMRXGDJERHNLQVNU\ZLQJRPRQV
OHVHUVYDQMRXJHEHXUHDNWLZLWHLWHLQWHOLJ
,VWKHUHDQLPSRUWDQWHYHQWDW\RXUFRPSDQ\RURUJDQLVDWLRQLQWKHQHDUIXWXUH",VDZHOONQRZQ DUWLVW WKH KLJKOLJKW RQ WKH ORFDO VRFLDO FDOHQGHU RU GR \RX KDYH D FRPSDQ\ WKDW SURYLGHV IXQ WKLQJVDFWLYLWLHVWRGR",IVRWKHQSODFH\RXUGLDU\HQWU\WRLQIRUPRXUUHDGHUVRI\RXUHYHQWV
DFWLYLWLHV
͚Ŷ^ƚĂŶĚĂĂƌĚĂĚǀĞƌƚĞŶƐŝĞ;ϯϬǁŽŽƌĚĞͿŝŶĚŝĞEŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌĞŶŽƉŽŶƐǁĞďǁĞƌĨŬŽƐũŽƵƐůĞŐƐZϲϲ;dt ŝŶŐĞƐůƵŝƚͿĞŶŬĂŶŽƉŽŶƐǁĞďǁĞƌĨŐĞƉůĂĂƐĞŶďĞƚĂĂůǁŽƌĚ
;ǁǁǁ͘ŶŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌ͘ĐŽ͘njĂͿ ŽĨ ďLJ ĚŝĞ ŽŶƚǀĂŶŐƐŬĂŶƚŽƌĞ ǀĂŶ ĚŝĞ EŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌ͘ ͚Ŷ DĂŬƐŝŵƵŵ ǀĂŶ ƚǁĞĞ ĂĚǀĞƌƚĞŶƐŝĞƐƐĂĂŵ;ϲϬǁŽŽƌĚĞͿƐĂůƐůĞŐƐZϭϯϮŬŽƐ;dtŝŶŐĞƐůƵŝƚͿ͘
ƐƚĂŶĚĂƌĚĂĚǀĞƌƟƐĞŵĞŶƚ;ϯϬǁŽƌĚƐͿŝŶƚŚĞEŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌĂŶĚŽŶŽƵƌǁĞďƐŝƚĞǁŝůůĐŽƐƚLJŽƵŽŶůLJZϲϲ;sĂƚ ŝŶĐůͿĂŶĚĐĂŶďĞƉůĂĐĞĚĂŶĚƉĂŝĚĨŽƌŽŶŽƵƌǁĞďƐŝƚĞ
;ǁǁǁ͘ŶŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌ͘ĐŽ͘njĂͿ Žƌ Ăƚ ƚŚĞ ƌĞĐĞƉƟŽŶ ŽĸĐĞƐ ŽĨ ƚŚĞ EŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌ͘ ŵĂdžŝŵƵŵ ŽĨ ƚǁŽ ĂĚǀĞƌƟƐĞŵĞŶƚƐĐŽŵďŝŶĞĚ;ϲϬǁŽƌĚƐͿǁŝůůĐŽƐƚŽŶůLJZϭϯϮ;sĂƚŝŶĐůͿ͘
%1(" 1 ++8
:DQQHHU-XOLH
3OHN3ROO\'H/D5H\NDPSWHUUHLQRQJHYHHUNPEXLWH /LFKWHQEXUJRS0D¿NHQJSDG6SOLQWHUQXZHYHQXHHQURHWH
*UDWLVWRHJDQJ)DPLOLHYULHQGHHQWRHVNRXHUVZHONRP GHHOQHPHUVKHWRQGHUVWHXQLQJ
QRGLJ
'DDUJDDQXLWVWDOOHUVZHHV DVRRNEDLHNRVHQVRIWGULQNV (ONHHQPRHWQHWV\HLHNRHO EDJEULQJ
1DYUDH-RKDQ
RI.DULHQ
.:NOORDWESTER – LICHTENBURG – Is jy enige tyd sedert die begin van 2020 getroud? Indien wel, wil ons vir jou R10 000 gee as lesers jou troufoto kies as die wenner van ons Troukiekie-kompetisie.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Sy het op 3 April 1996 die deure van haar eerste slaghuis in Lichtenburg geopen en teen alle verwagting van haar kritici in, het sy dit in die ‘manswêreld’ gemaak. Sy het na 26 jaar in Lichtenburg byna al haar sakebelange en geboue in Lichtenburg verkoop en beplan om voor die einde van die jaar na Mosselbaai te verhuis.
Susan Ludick het geen bekendstelling in Lichtenburg nodig nie en almal waarmee sy al paaie gekruis het sal getuig daarvan dat sy beginselvas is en nie terugstaan vir
‘n uitdaging nie. Sy het na haar eerste man en hul oudste dogter se dood in ‘n motor ongeluk by haar skoonouers in Lichtenburg kom kuier, gehoor van ‘n slaghuis wat in die mark was en dit gekoop. Sy het die plaas in die Ellisras distrik vir eers verlaat en met haar vyf jaaroue dogtertjie Michelle in Lichtenburg ‘n nuwe begin gemaak.
Sy sê dat dit in die begin nie maklik was nie en dat doemprofete voorspel het dat die slaghuis binne twee jaar sal toemaak omdat
‘n vrou dit nie in die vleisbedryf sal maak nie. Sy moes op ‘n vreemde plek haar eie pad oopkap, soek na die regte verskaffers en betroubare personeel aanstel. Haar besigheid het egter gegroei, sy het raakgevat, harde ure ingesit en die vrugte gepluk – ‘n perfeksionis in haar bedryf.
Uitkyk Slaghuis het van krag tot krag gegaan, sy het het ‘n groter perseel gekoop, geboue opgerig na haar behoeftes en kort voor lank ‘n drankwinkel aangrensend aan die slaghuis bedryf. Sy het ook spyseniering met die slaghuis gekombineer en verdere sukses behaal. Sy is in 1998 as Sakevrou van die jaar in Noordwes aangewys en het 12 jaar agtereenvolgens die gesogte Clever toekennings provinsiaal en nasionaal vir slaghuis van die jaar gewen. Susan het baie teruggeploeg in haar gemeenskap en ‘n oop hand vir haar medemens gehad.
Susan wat ‘n kranige jagter en gholfer is, maar ook ewe gemaklik is met ‘n hekelpen in haar hand, maak
dit duidelik dat sy net uittree en nie aftree nie. “Die agteruitgang van die dorp en die Covid- pandemie het sy tol op besigheid geëis.
Gelukkig is ek op
‘aftree-ouderdom’
en het besluit om af te skaal en die lewe bietjie rustiger te vat. Ek sit moeilik stil en daarom sal ek dalk later weer op klein skaal in my nuwe omgewing iets aanpak om my mee besig te hou,” vertel sy.
Sy kan Tswana vlot praat en haar werknemers het altyd met lof van haar gepraat. Sy erken dat sy ook nie ‘n maklike mens was nie en het skoorsoekers in haar jonger dae met die vuis bygedam!
Sy het in Botswana grootgeword en haar skoolloopbane in Mahikeng voltooi.
Sy was die jongste en enigste dogter van vier kinders en sê sy
was van kleins af ‘n “fighter”.
“Ek is ‘n positiewe mens – ek is hartseer oor die einde van die era maar sien uit om met
‘n nuwe hoofstuk van my lewe te begin. Sy bedank al haar getroue kliënte wat haar oor die jare ondersteun het en sê baie van hulle het vriende geword. Lichtenburg verloor ‘n voorslag-sakevrou maar gun haar ‘n rustiger lewe in die mooie en netjiese Mosselbaai.
Susan Ludick met een van die toekennings wat sy in haar suksesvolle loopbaan in die vleisbedryf ontvang het.
Gesoute besigheidsvrou tree uit
Troukiekie-kompetisie nou oop
Dit is wat op die spel is indien jy voor of op 1 Januarie 2020 tot 30 Junie 2022 die jawoord gee/gegee het. Die enigste vangplek is dat jy steeds getroud moet wees teen die
einde van die kompetisie om vir die prys in aanmerking te kom. ‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66 (BRW ingesluit). Jy mag egter soveel keer as wat jy wil inskryf.
Onthou ook dat jy by slegs EEN van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is: Noordwester, Rustenburg Herald, Brits Pos, Mahikeng Mail, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok. Ook belangrik: Jy moet binne die fisiese verspreidingsgebied van die koerant waar jy inskryf woon, werk of jy
moes in daardie gebied getrou het.
Inskrywings sluit 31 Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunsteling kan kies.
Slegs elektroniese inskrywings sal aanvaar word. Gaan na http://www.
northwestnewspapers.co.za/ vir meer inligting.
Picture:www
Dié advertensies spesiaal vir plaaslike en kleiner besighede
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Bedryf jy ‘n plaaslike of kleiner besigheid/onderneming in die fisiese verspreidingsgebied van die Noordwester?
Ons kan help met advertensietariewe wat nét op plaaslike en kleiner ondernemings van toepassing is. Kontak een van ons advertensieverteenwoordigers om meer hieroor uit te vind.
Lydia Drinkwater - 072 807 6913 of e-pos: [email protected] en Jackie Ghosn - 084 414 3985 of e-pos [email protected]
* Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures en kennisgewings uit.
ROOI TAPYT
HUUR
TE HUUR
Vir meer inligting kontak Nardus by
018 632 6038/9
DORWO vroue kuier tussen verfkwaste
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Dorwo VLU vroue het die koue trotseer en op 14 Junie “Die Pottery Café” in Potchefstroom besoek.
Die vroue van die Café het die voorbereiding en verskilllende verftegnieke van artikels aan die vroue verduidelik, en daarna het die verfkwaste behoorlik gewerk om artikels wat gekies is, te verf.
Tussen die verfwerk deur, is daar heerlik gekuier en koffie en tee gedrink. Sekere vaardighede en verfkleure is onder mekaar
uitgeruil.
Die Dorwo vroue het gespog met die eindproduk van hulle handewerk. Elkeen sien daarna uit om hulle artikels terug te ontvang, nadat die “Pottery Café” dit gebak en glassuur het.
Vir navrae oor Dorwo VLU, kan Ada du Preez gekontak word op 0732204681.
Dorwo VLU vroue spog met hulle eindprodukte na afloop van die oggend.
Greta Conradie wat vir die tak die uitstappie gereël het besig met haar artikels.
Dorwo VLU-lede geniet elke oomblik van die kreatiwiteit met
die verfkwaste tydens hul onlangse besoek aan “Die Pottery
Café”.
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
20 DIERE ANIMALS
15 ALGEMEEN TE KOOP MISCELLANEOUS FOR SALE
14 BESIGHEDE TE KOOP BUSINESSES FOR SALE
10 HUISE TE KOOP HOUSES FOR SALE
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
8
ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE
8
ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET
3
BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED
1 PERSOONLIK
PERSONAL
Wenke vir Geklassifi seerde
Advertensies
1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.
2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.
3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.
4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.
5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27
“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.
6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.
WARNING
ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:
• Loans and fi nancing
• Hire purchase problems / Transfer of installments
• Business opportunities
• Investments
• The fi lling of envelopes
• Work at home
• Earn extra money
• Business propositions
• Part-time work PROHIBITED:
Use of the following words in abovementioned
advertisements are prohibited:
*No Credit Checks required
*Blacklisted clients welcome
*Free Credit etc.
MUST contain the following information in
the advertisement:
Telephone number Street address Name of person and/or
business.
These are the requirements and NO exceptions will be made.
All advertisements are placed with the approval
of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.
However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they
are doing business.
** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.
** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.
DADDY JODY EKSTEEN - ek het die wonderlikste dada wat alles vir my doen en my nooit sal alleen los soos baie doen nie. Baie kinders het nie pappa’s nie en ander sin is afwesig in hul lewe. Lief jou dada - Skye-Leigh.
---24/6 N/C DR. Moosa from Malawi. Good news to those who are looking to be helped. Please don’t lose hope, I am here to wipe away all your tears, eg. legs problems, lost lovers, get jobs, promotion at work, stop fighting in the fa- mily, to be loved at work. Court case, sugar diabetics. (Man- hood) enlargement all sizes, weak erection. Call/whatsapp 073 645 5771 or 081 353 1077.
--- 21676 24/6 SIELKUNDIGE Berader/Psy cho- logical Counsellor. Call Naylin Coombe on 072 595 0835 or email [email protected] --- Website 24/6
LABUIS is op soek na drywer- werk & PDP + kode 10. Kan ook sweiswerk doen. 079 407 6541.
--- 81862 24/6 AGNES is looking for domestic work, full- or part-time, can take care of children. 072 974 7102.
--- 81855 24/6 ELISA is ‘n betroubare vrou op soek na huis skoonmaak werk, voltyds of deeltyds. 064 611 0242.
--- 81851 24/6
2 X bedroom flat, 1 x bathroom, open plan kitchen/lounge area, private courtyard with build-in braai, own carport, situated in a complex at the back of the De- partment of Social Dev. building, water and electricity included.
No pets allowed. Rental and de- posit R5 200. Contact 073 333 3658.
---81870 24/6 A/C
BACHELOR - room with own bathroom, water and electricity included. Rental and deposit R3 100. Contact 073 333 3658.
---81844 17/6 A/C 1 ROOM with own bathroom.
Water and electricity included.
Rental and deposito R3 100.
Contact 073 333 3658.
--- 81871 24/6 2X Bedroom Cottage situated in Rooigrond. Clean, safe and tran- quil. R5 300. Prepaid electricity.
Water included. 072 011 5798 --- Website 24/6 1X Bedroom Cottage to rent. Sit- uated in Rooigrond. Quiet, Clean and Safe. R3995 water included.
072 011 5798
--- Website 24/6 EENSLAAPKAMERWOON- STEL aan huis in dorp. R3 500, water ingesluit. Beskikbaar vanaf 1 Julie. 062 984 8493 --- Website 24/6
STORAGE unit size 6 x 3 x 3 (garage size). Rental R815 per month + deposito R815. Contact 073 333 3658.
---81869 24/6 A/C PAINTBALL GAMES AND Tar- get SHOOTING. Gokart Rides and Pedal Karts. ROOIGROND.
Book by Appointment. Laure 082 968 7632
--- Website 24/6 GO-KARTING and Paintballs Games. Private and Team Build- ing. Situated in Rooigrond. Book via Appointments. Phil: 083 750 8142
--- Website 24/6 JUMPING Castles for Hire.
Rooigrond. We also do repairs.
Contact Laure 082 968 7632 --- Website 24/6 SCREENS for Presentations and Seminars for Hire. Data pro- jectors for Hire. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6 JUMPING Castles for Hire.
Rooigrond. We also do repairs.
Contact Laure 082 968 7632 --- Website 24/6 SCREENS for Presentations and Seminars for Hire. Data pro- jectors for Hire. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6 PAINTBALL GAMES AND Tar- get SHOOTING. Gokart Rides and Pedal Karts.Book by Ap- pointment. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6
GO-KARTING and Paintballs.
Private and Team Building Situ- ated in Rooigrond. Book via Ap- pointments. Phil: 083 750 8142 --- Website 24/6
LICHTENBURG Vakansie-oord.
Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.
Tel 018 632 5826.
Sel 082 543 3326.
--- 80134 22/1-11/3/2023 1X Bedroom Cottage to rent.
Situated in Rooigrond. Quiet, Clean and Safe. R3 995 water included. 072 011 5798 --- Website 24/6 2X Bedroom Cottage situated in Rooigrond. Clean, safe and tran- quil. R5 300. Prepaid electricity.
Water included. 072 011 5798.
--- Website 24/6
HUISE te koop: Hennie Wille Estates 082 460 8376.
---81248 10/6-24/6
URGENT Sale Butchery, su- permarket, takeaway, icecream business Owner relocating pH 065 529 0694
--- Website 24/6
WALL Unit for Lounge. 3x piece solid wood.. Good condition.
R7 500 Neg. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6 NUWE HEKMOTORS, Dura Access 500kg Sprint R4 200 . koordlose safety beams ing. Nic Smit 084 798 5235
--- Website 24/6 WALL Unit for Lounge. 3x piece solid wood. Good condition.
R7500 Neg. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6
JACK Russell kortbeen hond- jies. Ingeënt en ontwurm. R500 - Swartruggens. 071 217 0470.
---81835 17/6-24/6 JACK Russel Kruisings - 7 Weke oud. Ten volle ingeënt en ontwurm. Klein tipe, ideale fami- lie hondjies. R500 stuk. Kontak Bob 083 399 2971.
--- 81852 24/6 2 X Arabier Merries te koop.
Hulle is R50 000 v albei NIE OHB 064 916 2240
--- Website 24/6
G & R Kombuise Inboukaste.
(Sedert 1994). Andries Mareestr.
6, Industriële gebied. Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor. *Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamien- borde gesny volgens u mates --- 80089 15/1-26/12/2021 AC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224-6708 ---42788 10/9 AC/TC WENDY House. 2.4 x 2.4 = R4,900. 2.3 x 2.3 = R4,900. 3 x 3
= R6,500. 3 x4 = R7,200. 3 x 5 = R8,900. 3 x 6 = R9,500. 4 x 6 = R15,500. We do all sizes big or small, more information Whatsapp 079 135 8138, 072-472-2067.
---51339 17/6-30/6
GRASDAKKE: Bou van nuwe lapa’s, oordekke, stop & kam.
Keer van inlekke, bou van klip- mure. Ruk nou jou grasdak reg gedurende die winter vir die somer se braaityd. Kontak: Solly 073 542 1019, 072 044 0419.
---81859 24/6-30/6 BURGERSDORP Tuisnyw- erheid, 31 Dr. Beyers Naudé Lichtenburg, 079 693 9287.
Heerlike vars gebak, Platters, Verjaarsdag. Koeke, cupcakes en vele meer. Besoek ons gerus vir vriendelike diens
--- Website 24/6 ALL Repairs to Tarps. Saded covers and Jumping castles.
Any Gluing or stitching. Contact Laure 082 968 7632
--- Website 24/6
KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE: MARIA DOROTHEA MEINTJIES (IDENTITEITSNOMMER: 360923 0037 082) ONGE- TROUD VAN 17 THIRD AVENUE, LICHTENBURG, NORTH WEST, 2740. BOEDELNOMMER: 3562/2022. DATUM VAN AFSTERWE: 22 APRIL 2022. Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae, ger- eken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. (GET) PLB BADENHORST. BOSMAN & BOSMAN PROKUREURS. POS- BUS 1 BUCHANANSTRAAT 24 LICHTENBURG (VERW: PLB/mn/
ME307)
--- K1 24/6 KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE: VICENTE FER- REIRA MORGADO (IDENTITEITSNOMMER: 6002245071089) GETROUD BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE VAN REMAIN- ING EXTENT PORTION 70 FARM KLIPBANKFONTEIN ALIAS MA- NANA, LICHTENBURG. BOEDELNOMMER: 3558/2022. DATUM VAN AFSTERWE: 10 JANUARIE 2022. Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. (GET) PLB BADENHORST. BOSMAN & BOSMAN PROKUREURS. POSBUS 1 BUCHANANSTRAAT 24 LICHTEN- BURG (VERW: PLB/mn/MO1713)
--- K2 24/6 NOTICE. LOST OR DESTROYED DEED. NOTICE is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of: - a certified copy of: Title Deed T21138/1993, - passed by: MARGARETHA LOUIS GROBLER, Iden- tity Number: 290904 0003 006, Married out of community of prop- erty marital power EXCLUDED, - in favour of: JOHANNES KOTZEE SCHICKERLING, Identity Number: 700425 5094 083, Unmarried, - in respect of certain: PORTION 16 (A PORTION OF PORTION 1) OF THE FARM BOSPAN 357, Registration Division I.O., North-West Prov- ince, which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at:- THE REGISTRAR OF DEEDS, PRETORIA, Deeds Office Information Section, Corner PRE- TORIUS & BOSMAN STREET, Pretoria, within 2 (two) weeks from the date of the publication of this notice. DATED at OTTOSDAL on 15 JUNE 2022. APPLICANT’S ATTORNEY, FOSTER ATTORNEYS, 12 Otto Street, Ottosdal, P.O. Box 1, Ottosdal, 2610, Tel: 018-571 0031, [email protected].
--- K5 24/6
NOTICE LOST OR DESTROYED DEED. Form for publicaiton in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act 47 of 1937. No- tice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Regis- tries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of DEED OF TRANSFER T105660/2016 in name of: JOHAN RIEKERT Identity number 540311 5090 087, Unmarried in respect of a certain 0,020824TH SHARE IN THE FARM VERGENOEGD 289, REGISTRATION DIVISION J.P., NORTH-WEST PROVINCE, which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Pretoria, Merino Building, 140 Pretorius Street, Pretoria Central, 0002, within two weeks from the date of the publication of this notice. Signed at LICHTENBURG on 21 JUNE 2022. FOURIE VAN ROOYEN INC. EBENLOU CENTRE, BUCHANAN STREET LICHTENBURG 2740 REF: HR.07/E LYONS/
LM TEL: (018) 632 4016.
--- K3 24/6 KENNISGEWING In die Boedel van Wyle: WALTER LESTER TAIT Identiteitsnommer: 7801295112084 En nagelate eggenote: CHANTAL TAIT Identiteitsnommer: 8402200086080 Van: KANASTRAAT 4, DAN- VILLE, MAFIKENG. BOEDELNR.: 8815/2021 Datum van dood: 13 AUGUSTUS 2021. Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat die EERSTE EN FINALE LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING in bogenoemde boedel ter insae lê in die kantoor van die MEESTER, MAFIKENG en ‘n afskrif daarvan in die kan- toor van die LANDDROS, MAFIKENG vir ‘n periode van 21 dae gereken vanaf 24 JUNIE 2022. KOTZE LOW & SWANEPOEL De Kockstraat 14, Posbus 123, Vryburg, 8600. (Verwysing: Braam Swanepoel). Die uwe (GET) N VAN ASWEGEN Epos: [email protected] --- K4 24/6 KENNISGEWING. BOEDELKENNISGEWING. In die Boedel van wyle: ANDRIES JOHANNES FOURIE. Identiteitsnommer: 621215 5005 080, Wat woonagtig was te: Spoelstralaan, SANNIESHOF, 2760.
Oorlede op 31 Desember 2019 welke getroud was met Lidia Fourie binne gemeenskap van goedere. BOEDELNOMMER: 3775/2022.
Debiteure en krediteure in bogenoemde boedel word hiermee ver- soek om hulle eise in te dien en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergenoemde binne ‘n tydperk van 30 dae vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. JOUBERT PROKUREURS, PLEINSTRAAT 38, SANNIESHOF, 2760. TEL: 018-683 0455. E-POS:
[email protected]. VERW: BDL/29/6636.
--- K6 24/6 NOTICE – DMR REF. NO. NW 10999 MP APPLICATION FOR MINING PERMIT FOR DIAMONDS (GENERAL), DIAMONDS (ALLUVIAL), SAND (GENERAL) AND ONE AGGREGATE GRAVEL IN RESPECT OF A PORTION OF PORTION 1 OF THE FARM WITKLIP 06 IN THE MAGISTERIAL DISTRICT OF LICHTENBURG, NORTH WEST. Notice of public participation process is hereby given of the intent of HENRY ROBERT INNES VAN DER MERWE to mine diamond (general), dia- mond (alluvial), sand (general) and one aggregate gravel on the above mentioned property. An application for a mining permit and Environmen- tal Authorisation was simultaneously lodged in terms of Section 27 of the Mineral Petroleum Resources Development Act, 2002 (Act No 28 of 2002) read together with Chapter 4 of the 2014 Environmental Impact Assessment Regulation, and it has been accepted and acknowledged by the Department of Mineral Resources, North West Province. In terms of the 2014 Environmental impact Assessment Regulation, List- ing notice 1, activity no. 21 promulgated in terms of Section 27 and 44 of the national Environmental Management Act (Act No 107 of 1998 as amended), read together with Chapter 6 of Environmental Impact As- sessment regulation, 2014. The landowner or lawful occupier of the land, as well as any interested and affected parties must be notified and con- sulted regarding the proposed operation. The basic assessment report (BAR) must be submitted to the department of mineral resources and the copies of the draft BAR is available at the local library for reviewing and comments. You’re hereby invited to address any comment to sup- port / objection to the proposed operation to ENGEDI MINERALS AND ENERGY (PTY) LTD on / or before the 25TH OF JULY 2022. Please feel free to contact the undersigned on the following contact details: Physi- cal address: 15 Barnes Street, Langebaan building, Bloemfontein, 9301 Email: [email protected] Phone: 051 430 1748 Fax: 086 556 2568 If no correspondence is received from you within the stated period, it will be accepted that you have no objections against the proposed mining activities. Much blessings, (SGD) T. Mulaudzi (Consultant).
--- K7 24/6
Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies
Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies Vakatures Vacancies
Selfmoordvoorkoming (Deel 2)
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Dit kan moeilik wees om oor selfmoord te dink – nog moeiliker om daaroor te praat. Baie mense skram weg van die onderwerp en vind dit skrikwekkend, selfs onmoontlik om te verstaan.
Selfmoord kan beslis moeilik wees om te verstaan, want dit is nie altyd duidelik waarom iemand hierdie keuse maak nie. Maar in die algemeen is selfmoord dikwels nie net ’n impulsiewe daad nie. Die lyk vir mense wat dit oorweeg, miskien na die logieste oplossing.
Praat maak saak. Selfmoord kan voorkom word, maar om dit te voorkom, moet ons daaroor praat – en die manier waarop ons daaroor praat, is belangrik. Dit begin met die uitdrukking “pleeg selfmoord.” Aktiviste vir geestesgesondheid en ander kundiges het daarop gewys dat hierdie bewoording bydra tot stigma en vrees en kan voorkom dat mense in nood hulp soek. Mense “pleeg”
misdade, maar selfdood is nie ’n misdaad nie. Aktiviste stel voor dat selfdood ’n beter, deernisvolle woord is.
As jy nog nooit daaraan gedink het om jou eie lewe te neem nie, kan dit vir jou moeilik wees om te verstaan waarom iemand dit sou oorweeg om op hierdie manier te sterf. Kundiges verstaan nie eens volkome waarom sommige mense dit doen nie, alhoewel ’n reeks geestesgesondheidskwessies en lewensomstandighede
’n rol kan speel.
Die volgende probleme met geestesgesondheid kan almal se risiko vir selfmoordgedagtes verhoog:
*depressie;
*dwelmgebruiksversteuring;
*bipolêre versteuring; en
*posttraumatiese stresversteuring.
Alhoewel nie almal wat probleme met geestesgesondheid ervaar, selfmoord sal probeer of selfs oorweeg nie, speel diep emosionele pyn dikwels
’n belangrike rol in selfmoordgedrag en die risiko van selfmoord. Ander faktore kan ook tot selfmoord bydra, insluitend:
* verbreking van ’n verhouding of verlies van ’n belangrike persoon;
* verlies van ’n kind of goeie vriend;
* finansiële nood;
* aanhoudende gevoelens van mislukking of skaamte;
* ’n ernstige mediese toestand of terminale siekte;
* regsprobleme, soos om skuldig bevind te word aan
’n misdaad;
* nadelige ervarings in die kinderjare, soos trauma, mishandeling of afknouery;
* diskriminasie, rassisme of ander uitdagings wat verband hou met *immigrante of minderhede; en
* ’n geslagsidentiteit of seksuele oriëntasie wat nie deur familie of vriende ondersteun word nie.
As jy meer as een soort nood ervaar, kan jou selfmoordrisiko verhoog. Iemand wat byvoorbeeld depressie, finansiële probleme weens werkverlies en regsprobleme het se selfmoordrisiko kan hoër wees as iemand wat net een van hierdie probleme ervaar.
Dit is egter noodsaaklik wanneer jy selfmoordgedagtes het om met iemand daaroor te praat. Praat met iemand wat jy vertrou en wees eerlik oor jou gevoelens. Hoe meer ons openlik hieroor praat hoe vinniger gaan ons die stigma rondom selfmoord vernietig.
Tekens van selfmoord sal in ‘n volgende artikel bespreek word.
(Opgestel deur
Gerhard Nieuwoudt,
lewensafriger en aktivis
vir selfmoordvoorkoming)
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Twee Onkoloeë van Rustenburg besoek steeds kankerpasiënte elke tweede week by die Lichtenburg Kankerkliniek.
Drs. Arno Pretorius en Matthys Strydom van Rustenburg is twee Onkoloeë wat uit hul pad sal gaan vir Lichtenburg en omgewing se pasiënte en staan hulle reeds van verlede jaar af by. Die twee kundiges praktiseer tans voltyds as kliniese Onkoloeë in Rustenburg en gaan elke tweede week hul tyd so inruim om ons omgewing se kankerpasiënte by die Lichtenburg Kankerkliniek te besoek.
Dr. Arno Pretorius het sy voorgraadse studies in 1998 aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi en sy spesialisasie in Onkologie voltooi in 2006. Hy werk sedert 2007 in sy privaat praktyk in Rustenburg.
Dr. Matthys Strydom het sy voorgraadse studies in 1998 aan die Universiteit van Pretoria voltooi en sy nagraadse studie in Onkologie aan die Universiteit van die Vrystaat in 2006. Hy het tot 2012 as ‘n konsultant gewerk by die Departement Onkologie in Bloemfontein waarna hy by ‘n privaatpraktyk in Rustenburg aangesluit het.
Nuwe pasiënte en ook pasiënte wat hul opvolg-afsprake wil doen by die Lichtenburg Kankerkliniek, is baie welkom. U hoef nie meer ver te ry nie. Vir afsprake kan u die praktyk skakel by 014 – 5942351/4.
Indien u meer besonderhede benodig kan u met René by 0836270561 of Hannalie by 0832326354 skakel. Die Lichtenburg Kankerkliniek is op die hoek van Greeff- en Republiekstraat.
Onkoloeë besoek Lichtenburg
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraai-wenner van 10/6 was Rebecca Schalkwyk van Labellum straat, Blydeville, Lichtenburg. Die wenner van Sudoku #666 was T.E. Bungani van Itsoseng, Lichtenburg.
Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Transvaalstraat af met identifikasie van uself. Moenie vergeet dat ons
kantore op ‘n Vrydag om 12:00 sluit nie!
Di e gel ukkige wenner is…
“Geen respek vir ander grafte”
Die Redakteur,
Dis met skok dat ek met besoek aan familie se grafte moes sien dat ‘n hoop grond van ‘n vars graf op dié grafsteen van my familie gegooi is. Behalwe dat die handeling geen respek vir ander gestorwenes betoon nie, is daar verseker skade aan die grafsteen wat met die gewig van die hoop grond nou skeef daaruit sien.
Ek het weer na afloop van die begrafnis gaan kyk hoe die grafte gelaat is en moes sien dat die vars graf nie eers behoorlik toegegooi is nie en dat daar steeds grond op my familie se grafte lê. Ek het verskeie oproepe aan die begrafnisdienste onderneming in Lichtenburg gemaak om navrae rondom die aangeleentheid te doen, maar my oproepe is geignoeer en nie beantwoord nie.
Een van die werkers van die onderneming het by die begraafplaas genoem dat dit die verantwoordelikheid van die munisipaliteit is om grafte na afloop van die begrafnis netjies te maak. Dit is uiters swak optrede en laat mens wonder of ondernemers nog enigsins trots is op die diens wat hul lewer.
Anoniem
Die Noordwester het die kommentaar van die begrafnisondernemer ter sprake gevra en dit is as volg:
“Ons bespreek die graf en die munisipaliteit grawe dit met
‘n ‘Tlb’. Sommige kere kry ons onderneming die dienste van ‘n tlb in om nuwe grafte te grawe. Ons grawe glad nie nuwe grafte tussen bestaande grafte nie. My personeel het by die graf ter sprake aangebied om die grafte weerskante van die nuwe graf op te ruim omdat die munisipaliteit die grond op die grafte langsaan gegooi het. Die man wat die brief geskryf het, het by die begraafplaas opgedaag en my werkers gevloek en geskel en net aangeneem dat hulle daarvoor verantwoordelik was, waarop hulle die perseel verlaat het en dit netso gelaat het.
Danru Die foto’s van hoe die grafte langsaan die vars graf gelyk het voor die
begrafnis en daarna. Grond is op grafstene langsaan die betrokke graf
gegooi.
On Wednesday, 15 June 2022 the Yusuf Dadoo Memorial Primary School celebrated Youth Day in an unconventional way. The learners dressed up as grandmothers and grandfathers and the educators dressed in their old High School Uniforms. On the photo are the best dressed learners and educator on the day. They are mr. Mamba, Lerato Mokgosi, Keorapetse Mogapi, Oretlametse Tshetlhane, Rethabile Motshepi, Lesedi Molapo and Kgalalelo Mokgele.
Best dressed on Youth Day
Petronella Magdalena Lerm is op 8 Junie 2022 oorlede. Haar verassingsdiens het op 17 Junie 2022 vanuit die NG Kerk Sederpark, Lichtenburg plaasgevind.
Ds. Klopper het die diens waargeneem en Ruhet Begrafnisdienste was in beheer van die reëlings.
(K81829)
Cornelia Francina Coetzee is oorlede op 11 Junie 2022. Haar begrafnis het op 17 Junie 2022 vanuit die Ned Herv Kerk, Lichtenburg plaasgevind.
Ds. Gerrie Senekal het die diens waargeneem en sy is in die Lichtenburg Begraafplaas te ruste gelê.
Ruhet Begrafnisdienste was in beheer van die reëlings. (K81829) Sandrina Wood is oorlede
op 12 Junie 2022. Haar begrafnis het op 17 Junie 2022 vanuit die Rooms Katolieke Kerk, Lichtenburg plaasgevind.
Vader Martin Walsh het die diens waargeneem en sy is in die Kieserville Gedenktuin te ruste gelê.
Ruhet Begrafnisdienste was in beheer van die reëlings. (K81829) Cornelia Johanna
Elizabeth Kotzé is op 6 Junie 2022 oorlede. Haar verassingsdiens het op 12 Junie 2022 vanuit die Lichthuis Tehuis vir Bejaarders plaasgevind.
Kapelaan Johann van Eeden het die diens waargeneem en Ruhet Begrafnisdienste was in beheer van die reëlings.
(K81829)
Karel Swart (49) is oorlede op 14 Junie 2022. Sy verassingsdiens vind op 24 Junie 2022 om 10:00 vanuit die Ned Herv Kerk, Lichtenburg plaas.
Ds. Gerrie Senekal sal die diens waarneem en Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.
(K81829)
Sophia Carlse (91) is oorlede op 15 Junie 2022.
Haar verassingsdiens vind op Saterdag, 25 Junie 2022 om 09:00 vanuit die NG Kerk Sannieshof plaas.
Ds. Johan Rademeyer sal die diens waarneem en Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.
(K81829)
Die geliefde oud- onderwyseres is op 17 Junie 2022 in Pretoria in die Unitas hospitaal oorlede na ‘n lang siekbed waar long- en
hartprobleme haar in asemhalingsnood gelaat het en haar geliefdes moes van haar afskeid neem.
Sy word op Vrydag, 24 Junie 2022 om 11:00 vanuit die NG
Moedergemeente (Klipkerk) in Lichtenburg begrawe.
Ds. Marius de Beer sal die diens
waarneem en sy word in die Kieserville
Gedenktuin te ruste gelê. Haar eggenoot,
Christo van Dyk, kinders, kleinkinders,
familie, vriende en gemeenskap betreur
haar heengaan met groot hartseer. Ruhet
Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings. (K81829)
Marietjie van Dyk
(78) – Groet vir
altyd
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329
Laerskool Lichtenburg se
0/9A-rugbyspan(regs) was die gesamentlike wenners van die Noordwes Laerskole Finale wat op 14 Junie in Potchefstroom plaasgevind het. Hulle is voor Morné Crowther, Chris du Plessis, Juan Weber, Rallwen Gangat en Keegan Adams. In die middel is mnr.
Michael Swart (afrigter), Vincent- Lee Francisco, Strauss von Moltke, Lemmer Badenhorst, Francois Kraft, Bernhard Herbst, Hendrik Pretorius, Lean van Niekerk en mnr. Tienie Gouws (afrigter). Agter staan Lian Liebenberg, Skye de Lange, Janco Swanepoel, Frederich Venter en Wian du Preez.
Laerskool Lichtenburg se 0/13A-rugbyspan (links) is wenners van die Noordwes Finale. Hulle is: voor Jamal Loving, Johan Deysel, Johan von Moltke, Fofo Ipotseng en Ockert van der Berg. In die middel staan Roland Mathee, Lawrenzo Dyers, Xander Karsten, Johann Duvenage, Tyren Nel, Ivan Jacobs, Robbie de Gouveia-Jardin en Janru Steyn.
Agter is mnr. Naudé Pienaar (afrigter), Zander Kleingeld, Hanjo Nieuwoudt, Juwan van Tonder, Nicolas J. van Rensburg, Wijan Schneider, Evan Herbst, Jürgen Hesse, Reinhardt Cronje en mnr.
Fanie Myburgh (afrigter).
Laerskool Lichtenburg se o/13B-rugbyspan is die wenners van die Noordwes Finale. Hulle is voor Douw Badenhorst, JW Pretorius, mnr. Richard Champion (afrigter), Wihan Scneider en Kleyten Maree. In die middel is Henru van der Walt, Wihan du Plessis, Dandré Scheepers, Janru Steyn, Roland Mathee, Jancus Stander en Duvan Willemse.
Agter staan ds. Gerrie Senekal (afrigter), Neethling Roux, Aidan Bryant, Wessel Wessels, Dawie Aucamp, Robert van der Merwe en mnr. Tienie Gouws (afrigter).
Wenners van Noordwesfinale
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Dudfield hengelklub het hul Julie klubkompetisie op ‘n baie koue Donderdag, 16 Junie by die Dudfield Riviera aangebied.
Vingerpunte het gepyn van die koue met die opslaan van die penne, maar die son het uitgekom en die manne was vinnig in die vis.
Die Riviera bied verskeie soorte visspesies soos karp, barber, swartbaars en kurpers.
Dit het die hengelaars op hul voete laat dink oor hoe om ‘n spesifieke spesie te teiken.
Die dag het baie aangenaam uitgedraai met die lekker winterson wat almal laatmiddag lui gemaak het.
Dudfield Hengelklub sien uit na hulle volgende klubkompetisie op 1 Julie wat ‘n goot Karp-geleentheid sal wees.
Vir enige navrae kan jy vir Henco skakel by 0761236613.
Die wenner van die Veterane afdeling was Aubrey Elgar met 1,25kg.
James Randall Junior was die wenner van die Junior afdeling met 2 Karpe van 5,05kg.
Rouvain du Preez was eerste in die Senior Mans afdeling met 2,55kg Karp.
Chris Goosen was eerste in die Meesters afdeling met 2 Karpe van 4,35kg.
Winterhengel is hier!