26 MEI 2023 Gestig 1955
Epos: [email protected] Tel: 018 632 6038
Faks: 018 632 4222
R2-00
VAT INCL
Sussies geniet herfsblare!
Op die foto geniet die twee uitgelate sussies, Christi (5) en Karli (7) van der Westhuizen van Lichtenburg, die pragtige herfsblare wat nou oral onder bome in tuine lê. Gepantser teen die koue met hul serpe en warm klere is hul reg vir die winter wat stadig maar seker besig is om nader te kruip. Met dank aan die AP Kerk Lichtenburg vir die gebruik van hul pragtige tuin. (Foto: Anita Kotzé)
No salaries for municipal workers in May
– p3
Massiewe hoop afval bande hou gesondheidsrisiko in vir gemeenskap
– bl3
Twee soorte tiptolle kom in Lichtenburg-omgewing voor - die rooioogtiptol en die swartoogtiptol. Albei word uitgeken aan die kleur van hulle oogringe. Daar kan verbastering plaasvind waar hulle in dieselfde area voorkom. Tiptolle se dieët bestaan meestal uit vrugte, insekte, nektar en blomblare.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Mev. Lichtenburg Elegant Damesoggend met die tema
‘Leef die lied in jou hart’, word op 3 Junie om 09:00 in die Leon Bantjessaal van die Hoërskool in Lichtenburg aangebied.
Dit beloof weer soos voorheen om ‘n onvergeetlike geleentheid te wees met Manie Jackson as gaskunstenaar. Kaartjies beloop R120 per persoon en vir navrae in die verband, skakel 0849631743.
Onvergeetlike bederf-
oggend wag op dames
Boere! Neem katte aan asseblief
Die Lichtenburg Dierewelsyn doen ‘n vriendelike, dog dringende beroep op boere van die omgewing om van die pragtige katte by die welsyn aan te neem om hul te help om die rotte- en muisplae by hul store te help bekamp. Sommige katte is reeds gesteriliseer en nog gesteriliseerde katte sal na die sterilisasie- veldtog van 7 Junie 2023 bekikbaar wees. Die hokke by die dierewelsyn is propvol mooi katte soos die op die foto’s en boere wat bereid is om skuiling en daaglikse katkos vir die katte te voorsien, kan Lichtenburg Dierewelsyn skakel by 071 313 9248/082 856 1451.
Tiptolle lief vir vrugte
Geniet u verjaarsdag!
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die gemeenskap van Lichtenburg wens seniors van SAVF Lichthuis wat in Junie hul verjaarsdag vier, hartlik geluk. Hulle is:
5 – Ans Holtzhausen (1939) 5 - Stella Fleetwood (1936) 11 – Lettie van Wyk (1958) 11 – Evette van Wyk (1971) 14 – Renier Rossouw (1941)
16 – Jeanette Phoko (1940) 16 – Muriël Snyman (1940) 16 – Hendrik Bezuidenhout (1946) 20 – Rita Jansen van Rensburg (1940) 24 – Rebecca Mokhutswane (1951)
Ȉ ͖͔͖͗
,VWKHUHDQLPSRUWDQWHYHQWDW\RXUFRPSDQ\RURUJDQLVDWLRQLQWKHQHDUIXWXUH"
,VDZHOONQRZQDUWLVWWKHKLJKOLJKWRQWKHORFDOVRFLDOFDOHQGHURUGR\RXKDYH DFRPSDQ\WKDWSURYLGHVIXQWKLQJVDFWLYLWLHVWRGR",IVRWKHQSODFH\RXUGLDU\
HQWU\WRLQIRUPRXUUHDGHUVRI\RXUHYHQWVDFWLYLWLHV
./(87(5*(/8.
ELHGPHWWURWVDDQ
:DQQHHU0(,
:DDU/DHUVNRRO/LFKWHQEXUJ6NRROVDDO
7\G+.DDUWMLHV5SHUSHUVRRQHQWHNRRSE\.OHXWHUJHOXN .DDUWMLHVNDQYLD()7EHWDDOZRUGHQGLHRJJHQGYDQGLH YHUWRQLQJE\GLHGHXUDIJHKDDOZRUG
9LUPHHULQOLJWLQJNRQWDN.OHXWHUJHOXNE\
$OPDOLVZHONRP
.::
EKKZt^dZʹ>/,dEhZ'ʹĞƵƌŽŶƐĂŐďŽĞŬŵĞĚŝƵŵŬĂŶĚŝĞŚĞůĞ>ŝĐŚƚĞŶďƵƌŐŬĞŶŶŝƐĚƌĂǀĂŶĨƵŶŬƐŝĞƐ͕
ǀĞŶƵĞƐĞŶŬƵŝĞƌƉůĞŬŬĞ͊͊<ŽŶƐĞƌƚĞ͕ƐƉĞƐŝĂůĞŐĞůĞĞŶƚŚĞĚĞĞŶƐĞůĨƐǀĞƌŐĂĚĞƌŝŶŐƐŬĂŶŚŝĞƌĂĂŶŐĞĚƵŝǁŽƌĚ͘ŝĞ EŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌĂŐďŽĞŬŝƐ͚ŶŐƵůĚĞŐĞůĞĞŶƚŚĞŝĚŽŵũŽƵĚƐŬĂƉƵŝƚƚĞĚƌĂ͘/ŶƐŬƌLJǁŝŶŐƐʹǁĂƚ͚ŶĨŽƚŽĞŶ͚ŶŬŽƌƚ ďĞƐŬLJǁŝŶŐ;ϯϬǁŽŽƌĚĞͿŬŽƐZϲϲ͕ϬϬďƚǁŝŶŐĞƐůƵŝƚŽĨ͚ŶĨŽƚŽĞŶϲϬǁŽŽƌĚĞǀŝƌZϭϯϮ͕ϬϬďƚǁŝŶŐĞƐůƵŝƚ͘^ƚƵƵƌ͚ŶĞƉŽƐ
ŵĞƚũŽƵŝŶƐŬƌLJǁŝŶŐŶĂĂŶŝƚĂΛŶŽŽƌĚǁĞƐƚĞƌϭ͘ĐŽ͘njĂǀŝƌƉůĂƐŝŶŐ͘
NOORDWESTER – BIESIESVLEI – ‘n Massiewe hoop afval bande van amper ‘n kilometer lank lê by ‘n onwettige depot in die Biesiesvlei omgewing en hierdie groeiende probleem is besig om in ‘n gesondheidsrisiko vir mense en diere in die omgewing te ontaard.
Inwoners van Biesiesvlei en Itekeng is bekommerd oor die depot wat blykbaar sonder konsultasie op die perseël verrys het en by die dag groter word. Inwoners sê
sover hul kennis strek, sukkel die depot al vir amper vyf jaar om die nodige permit van die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake te kry en beskik dié depot
slegs oor ‘n tydelike permit waarmee dit sake doen. Inwoners en boere van die omgewing is bekommerd oor die gesondheidsrisiko wat die reuse hoop bande inhou.
“Wat gebeur wanneer dit aan die brand raak? Dit lê ook nie ver van die Hartsrivier af nie - wat gevaar inhou vir drinkwater, voëllewe en die natuur,” het ‘n inwoner laat hoor. ‘n Ander is bekommerd oor die lugbesoedeling wat die bande sal veroorsaak sou dit aan die brand raak, ‘wat nie baie moeilik gaan wees as mens sien hoe hoog die gras rondom die bande staan nie.’
Volgens ‘n woordvoerder van die ‘Waste tyre industry’ word slegs sowat 40 000 ton van die 250 000 ton afval bande wat opgegaar word, uiteindelik verwerk, wat ‘n groot probleem skep. Volgens hom skiet depots nasionaal tekort as dit kom by prosesserings kapasiteit van die afval bande. Peter Mbelengwa, woordvoerder van die Departent van Bosbou, Visserye en Omgewingsake sê die minister het opdrag gegee dat deeglike ondersoek by
DA aan die parlement voorgelê waaronder dit uitgelig word dat die area 1000 x 100 meter oorskry, die hoop op plekke twee meter plus hoog is, met lang gras omring is en slegs ongeveer 100meter vanaf die reeds besoedelde Hartsrivier geleë is. Dit word ook genoem dat die Hartsrivier die Baberspan natuurreservaat, die Wentzel- en Taung damme voed waar water vir menslike gebruik onttrek word. Daar word ook gewys op die feit dat gevaarlike verbindings wat gasse, swaar metale en olie mens en dier wat daar leef en asemhaal kan beinvloed. Die DA skryf verder dat die veiligheid van die gemeenskap van Biesiesvlei en Itekeng eerste kom en dat die tydelike permit wat uitgereik is vir ‘n besigheid van so ‘n aard in ‘n woongebied absurd en onverantwoordelik is.
Op die foto’s kan die depot se ingang, asook die enorme hoop bande gesien word wat in die Biesiesvlei omgewing lê en by die dag groter word.
die depot van stapel gestuur sal word deur eksperts van natuurdepartemente en amptenare van die Afvalbestuursburo.
Hy sê die onder- soek sal volhoubare oplossings voorsien om seker te maak die gemeenskap se gesondheids- en veiligheidskwessies word aangespreek.
Die taakspan sou die depot wat ter sprake is, die afgelope week besoek.
‘n Mosie met verskeie punte van kommer is deur die
Farewell message to the community
The Itsoseng Police Vispol Commander, Capt. Mogorosi visited the Mmabatho FM radio station recently with W/O Mokgothu, Communication officer of the Itsoseng Police. The radio presenter interviewed them and Capt. Mogorosi said he has known W/O Mokgothu for the past 19 years. W/O Mokgothu played a huge role in the community of Itsoseng to fight crime and leading events as part of Social Crime prevention by visiting schools and the elderly. Capt.
Mogorosi promised to continue with the good work in the community and welcomed the new Community Police officer, Sergeant Montsho. On the photo are W/O Mokgothu, presenter, Olehile Vilakazi, Vispol Commander, Capt. Rathipa Mogorosi and other presenter, Jacob Molefe.
No salaries for municipal workers in May
NOORDWESTER – LICHTENBURG – In a internal memorandum that was brought to the Noordwesters’
attention, the acting Municipal Manager, Mamorena Lehoko informed workers of the Ditsobotla Municipality on 22 May that the municipality is unable to make payment of salaries for the end of May until further notice.
The memorandum further stated that the municipality is facing a critical financial situation and that workers that claims on overtime will be paid once the main salaries have been addressed. “Commitment
is herewith made that management is addressing this matter and putting systems in place to correct the financial situation going forth,” Lehoko closed the memorandum.
Two stock theft accused get sentences
NOORDWESTER – ZEERUST – Itumeleng Daniël (34) was sentenced to 12 months imprisonment by the Zeerust Magistrates’Court on Thursday, 18 May for Stock Theft, after pleading guilty.
The sentencing came after an incident wherein a Brahman cow was reported stolen by a farmer on 26 October 2022, at Vergenoeg, close to Zeerust.
During the court proceedings it came out that a farm employee contacted the farm owner and informed him about cows being restless.
The farmer used a drone and eventually spotted
tracks on his farm. He followed the tracks with the drone, leading to two suspects who were found sitting next to the river on a neighbouring farm and meat hanging from nearby trees.
The police were immediately contacted and both suspects were arrested. One of the suspects, unfortunately died in hospital and only one stood trial.
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Nederduitsch Hervormde gemeente Lichtenburg bied dié Saterdag hul jaarlikse Oesfees aan en sien baie daarna uit om die gemeenskap op hul terrein te ontvang.
Bring die hele gesin en al jou vriende want daar is oorgenoeg lekkernye, vleis, fyngebak en pret vir die kinders. Die hoogtepunt van die dag is die optrede van vanjaar se gaskunstenaar, Ray Dylan en die toegang is gratis - die gemeente se manier om dankie te sê vir die gemeenskap se ondersteuning tydens die fees. Die kosstalletjies open reeds vanaf 07:00 en die vleistafel om 08:30.
Basaargunstelinge soos pannekoek, vetkoek, kerrie en rys, poeding, koffie en tee, sosaties
en koeldrank sal jou honger stil. ‘n Moet op die spyskaart is die tradioneel voorbereide pap en kaiings en lewerkoekies, die beste in die Noordweste! Jaarliks is die rye by die vars vleis- en koekstalletjie (groot- en kleinkoekies) lank, want almal weet daar vind jy kwaliteit teen billike pryse. Kinders kan uitsien na tonne vermaak wat ‘n reusagtige glybaan, klimmuur, springkasteel en skyfskiet insluit. Groot pryse vir oud en jonk is op die spel by die skyfskiet.
‘n Opwindende koekversier- kompetisie vir pa’s en kinders met prysgeld van R1000 kontant maak ook hierdie jaar deel uit van die pret. ‘n Wit Olifant-veiling met stukke van onskatbare waarde vind plaas op 27 Mei om 11:30 en 13:00. Items soos hoenders
‘n wildebees, twee rooibok kar-kaste, drie blesbokke, braaiers, skilderye, oudhede en spesiaal gebottelde Mampoer sal opge-veil word. Uiters gesogte versamelstukke word ook aangebied - soos ‘n geraamde Springboktrui, twee waardevolle Krugerrande, ‘n handgemaakte sweep, spesiale Oesfeeswyn en dan natuurlik ook Tjoppie, die gemeente se vetgevoerde skapie! Maak seker jy en jou hele familie woon die Oesfees by en deel in
‘n onvergeetlike dag.
Die bekende sanger, Ray Dylan sal hierdie jaar feesgangers by die Hervormde gemeente Lichtenburg se Oesfees vermaak.
Dis Mei-maand…
Oesfeestyd!
Transnet bestuur en personeel wil ‘n groot dankie sê aan NWK vir die herstel van die pad na die ou goedere loods waar Transnet kantore het, die gebaar word opreg waardeer!
Groot dankie vir padherstelwerk
Hartlik geluk graad met
Trotse familie en vriende van Janilene Muller (Scholtz) wens haar baie geluk met haar BCom Regte-graad wat sy onlangs verwerf het aan die Noordwes Universiteit. Janilene het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Lichtenburg voltooi.
Jagpakket op die spel
NOORDWESTER – COLIGNY -Die jagters van ons gemeenskap moet hul ore spits want ‘n jagpakket is op die spel ten bate van Najaarsrus Versorgingsoord in Coligny.
Kaartjies vir die pakket beloop R200 elk en dan staan jy ‘n kans om vir die jag in aanmerking te kom wat tussen 13 – 16 Julie 2023 naby Hartbeesfontein sal plaasvind. Bokke wat gejag kan word is Koedoe, Rooibok, Rooi Hartbees en Blesbok. Akkomodasie vir 12 persone is beskikbaar en meer as een persoon kan per slag jag.
Vir meer besonderhede en kaartjies, skakel vir Lerica by 0825616137.
Suid-Afrikaners stroom na Amerika – hoe hanteer vroue die uitdagings?
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Suid-Afrikaners stroom na Amerika met die hoop op ‘n beter toekoms vir hul gesinne en al die partye moet groot opofferings maak in die proses.
Die Noordwester het by ‘n swanger grasweduwee, Neretha Maritz van Lichtenburg ingeloer om bietjie meer uit te vind oor die uitdagings wat sy en haar man, Kobus en hul vierjarige dogtertjie, Miandri vir die derde jaar in ‘n ry wat Kobus in Amerika werk, op ‘n daaglikse basis ervaar.
Kobus werk vir die afgelope drie jaar in Amerika en is tans werksaam op ‘n 19 000 akker plaas in Arkansas waar gemengde boerdery bedryf word. Die seisoene wissel gewoonlik tussen 6 en 9 maande tydgleuwe wat werk in Amerika beskikbaar is vir Suid- Afrikaners. Volgens Neretha moet hulle bereid wees om enige werk op die plaas te doen en dit wissel gewoonlik van store vee, beeste werk, draadspan, vragmotor ry, in lande werk en ook bossies uittrek in die boer se tuin wanneer werk skaarser is!
Hulle werk 14 dae en kry een dag af en normale ure is gewoonlik 40 ure per week. In druk tye kan tot 105 ure per week noodsaaklik wees. Die tarief waarvoor gewerk word, wissel op die oomblik tussen 14 tot 16 dollar per uur.
“Elke jaar word dit moeiliker om afskeid te neem, veral as klein kindertjies betrokke is wat moeilik verstaan waarheen pappa vir so lank gaan. Die tydverskil maak ook die dag-tot-dag kommunikasie ingewikkeld, veral as ek dringend sy opinie of raad nodig het. Ek maak nie groot besluite oor die huishouding of ons gesin alleen nie behalwe as dit ‘n noodgeval is,” sê sy.
Die vroue wie se mans in Amerika
werk, het ‘n ondersteuningsnetwerk onder mekaar en behoort ook aan ‘n gesamentlike Whatsapp-groep waar hulle
gemeenskaplike belange kan deel. “Ek dink die hele proses is baie moeiliker vir die mans as vir ons wat agterbly omdat hulle ‘n vreemde land, ander taal, kultuur en omgewing moet aandurf saam met die onbekende werksomstandighede. Dan is
daar nog die urelange vlugte wat hul moet trotseer om daar uit te kom. Die proses kan werk as man en vrou weet hul doen die opofferinge vir ‘n gemeenskaplike doel en dit as vennote benader. My raad aan ander vroue in die situasie is dat hul positief en bedagsaam teenoor hul mans se werksomstandighede moet wees. Vertroue en goeie kommunikasie is baie belangrik.”
“Myns insiens is een van die dinge wat vroue van mans in Amerika baie pla, die feit dat hul uitgesluit voel van hul mans se daaglikse lewe. As dit nie vir tegnologie was wat die afstand meer draaglik maak nie, dink ek nie dat baie gesinne die saituasie sou kon oorleef nie.
Die tydverskil en die feit dat die mans hard werk en uitgeput is, maak goeie kommunikasie baie moeilik. Wanneer hul saans klaar gewerk het, moet hul kosmaak, wasgoed was en huis aan die kant maak, dus is die klein bietjie tyd vir kommunikasie met hul geliefdes baie kosbaar. Ons maak
‘n punt daarvan om elke tweede Sondag te
“video call” en op te vang met elkeen se lewe,” vertel sy.
Neretha sê mans en vroue moet oor alles praat en nie emosies opkrop nie. “Maak jou man deel van alles wat in jou lewe gebeur en aanvaar hy kan nie dadelik op jou foonboodskappe reageer nie. Ek is nou weer swanger en ons het besluit dat Kobus nie meer vir jare weg van die huis gaan werk nie. Ons beplan om volgende jaar vir hom te gaan kuier en dit is ook ‘n opwindende ervaring wat ons dalk nie beskore sou wees as hy nie die geleentheid aangegryp het om oorsee te werk nie.”
Die jong Maritz-gesin met vakansie.
Spesiale gesinstyd is min en daarom maak Kobus en Neretha die meeste daarvan wanneer hulle saam is. Op pappa se skouers sit klein Miandri.
Malodia du Randt, ‘n leerder van Hoërskool Lichtenburg, het verlede naweek aan Mej Sneeukoningin 2023 deelgeneem en drie titels ingepalm. Sy is as Mej Sneeukoningin Eerste prinses asook vir kategorieë “Shiniest Hair” en
“Liefdadigheid” van dié kompetisie gekroon. Die Liggies is trots op jou!
Drie titels vir Malodia
NOORDWESTER – LICHTENBURG – “The Ditsobotla Local Municipality assures its valued residents of its continued commitment to transparent and accountable governance, following the postponement of the recent council meeting scheduled for 18 May 2023.
This postponement was due to unforeseen health concerns of Ms. Mamorena Lehoko, tne acting Municipal Manager (MM), a crucial figure in the municipal council’s decision-making process. During the meeting, several motions were brought to the floor for deliberation, notably, this included motions of no confidence in both the Mayor and the Speaker. In the event of such motions, the acting MM is called upon to guide the proceedings, ensuring that all voices are heard and democratic principles upheld. However, given the MM’s unexpected indisposition, it became necessary to adjourn the meeting to a later date.
It should be noted that Mr. K. Chauke, the acting Chief Financial Officer (CFO)
was present and actively participating in the meeting. However, as per the municipality’s commitment to strictly adhere to legislative norms, the municipality acknowledged that he was not in a position to fill the role of the acting MM, as the standing regulations require that such a transition be seconded by the Provincial Head of Department (HOD).
The decision to adjourn was not made lightly. However, in our steadfast commitment to fair and legal procedures, it was deemed the most responsible course of action under the circumstances. The Ditsobotla Local Municipality believes in thorough preparedness and taking decisive action when faced with such instances, rather than making hsty decisions that may not serve the best interests of our residents.
While the pending motions of no confidence are indeed serious matters that warrant discussion and resolution, the municipality emphasise that the leadership of the municipality remains dedicated to serving its citizens. The Mayor and the Speaker continue to fulfil their duties with utmost sincerity and diligence, striving towards a progressive Ditsobotla” said mr. Batsile, Communication Manager of Ditsobotla Local Municiapality).
“We therefore appreciate the understanding and patience of the community as we navigate these unforeseen challenges. The Ditsobotla Local Municipality is working diligently to resolve the situation quickly and efficiently. We are committed to rescheduling the adjourned council meeting, and all outstanding issues, including the motions of no confidence, will be given due attention in a democratic and respectful manner.
Residents are encouraged to follow the municipality’s official communication channels for further updates. Your trust is our mandate and we are steadfast in our commitment to serve you better,” said Batsile.
Ditsobotla Council adjourns its sitting
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Bee-Bee die By is ‘n spinternuwe karaktertjie wat fokus op kinders tussen die ouderdom van twee en nege jaar en gaan op 27 Mei 2-23 om 10:00 by Laerskool Lichtenburg se skoolsaal optree.
Bee-Bee se musiek is nuut, vars, opvoedkundig en vol ritme. Jeanette Pretorius is die brein en stem agter die produksie en al die liedjies is uit haar eie pen. Sy is self ook ‘n mamma van twee kinders en het gevoel daar is ‘n behoefte
aan nuwe opvoedkundige kindermusiek vol pret. Almal is welkom – groot of klein, jonk of oud. Kaartjies beloop R50 per persoon en is te koop by Kleutergeluk.
Vir meer inligting volg Kleutergeluk se Facebook-blad of skakel 018 000 5028.
Kleutergeluk bied aan:
Bee-Bee
die By!
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Najaarsrus Versorgingsoord in Coligny bied weer hierdie jaar op 8 Junie 2023 ‘n golfdag aan by die Lichtenburg Gholfklub om die fondse van Najaarsrus aan te vul.
Die poging sal Najaarsrus se bestuur in staat stel om voort te gaan met die werk wat hul in Coligny doen met die uitreik na en versorging van die gemeenskap se senior mense en ook om van die inwoners te subsidieër met hulle verblyf.
Die bestuur kan met groot dankbaarheid bevestig dat die AT KV besluit het om hiedie jaar vir Najaarsrus te benoem as begunstigde organisasie vir hulle golfdag en daarom is gevolglik besluit om in stede van twee afsonderlike dae, een golfdag te hou en dit groter aan te bied met meer spelers, meer pryse en gevolglik meer blootstelling vir goedgunstige en getroue borge.
Die bestuur van Najaarsrus wil hiermee graag ‘n versoek tot die gemeenskap rig om betrokke te raak by die golfdag deur hetsy
‘n putjie te borg, pryse te skenk of enige donasie te gee wat sal bydra tot die sukses van hierdie geleentheid.
Die volgende opsies is beskikbaar vir die borg van n putjie:
Putjie Nr. 9 se setperk: R5 000 welke bedrag insluit die speelfooi van 4 spelers vir die dag asook die ete vir die spelers na afloop
van die prysuitdeling.
Putjie Nr. 1 se bof: R5 000 welke bedrag insluit die speelfooie van 4 spelers vir die dag asook die ete vir die spelers na afloop van die prysuitdeling.
Putjie Nr. 2,3,4,5,6,7 en 8 se bof of setperk: R2 500 welke bedrag ook insluit die speelfooie van 4 spelers vir die dag asook die ete na afloop van die prysuitdeling.
Indien ‘n putjie geborg word is u ook geregtig om u bemarkings materiaal op die betrokke putjie aan te bring op die plekke wat aangedui sal word waar dit nie op die ruimte van die speelveld inbreuk maak nie.
Verder is u ook welkom, maar nie verplig nie, om die betrokke putjie wat u borg, te beman hetsy met gepaardgaande versnapperinge of daarsonder, vir persoonlike interaksie met die spelers.
Indien u nie u weg oopsien om n putjie te borg nie, is enige vorm van donasie, hetsy in die vorm van pryse of kontant ook baie welkom en sal enige borg se bydrae ook in hierdie vorm, uitgelig word. Enige navrae in verband met die gholfdag kan gerig word aan Manuel Menezi by 0828563490.
Gholfdag ten bate van Najaarsrus
NOORDWESTER – LICHTENBURG – The power system is severely constrained with a high risk of increased stages of loadshedding in winter.
During the State of the System and Winter Outlook briefing on 18 May 2023, Eskom cautioned that the power system is severely constrained and there is a high risk of elevated stages of loadshedding in winter. The outlook shows that with breakdowns or capacity unavailable due to unplanned maintenance at 15 000MW, loadshedding might be predominantly implemented at Stage 5 for the winter period. Should breakdowns reach 16 500MW, loadshedding might be implemented at Stage 6. If unplanned outages averages to 18 000MW, loadshedding might be required every day and might be implemented up to Stage 8.
Eskom emphasises that the 18 000MW scenario that could culminate in Stage 8 is an ultimate worst case scenario that Eskom is working tirelessly to avert at all cost, by all means necessary.
In his opening remarks, Eskom Board Chairperson, Mpho Makwana said that going through the winter months will be difficult and called for a coordinated effort among all stakeholders. “We fully comprehend the adverse impact that rotational loadshedding has on South Africa’s already fragile economy and its people. We are doing everything to mitigate the intensity of rotational loadshedding including taking lessons from the rest of the world. We have seen that effective rotational loadshedding during winter months requires a coordinated effort among all stakeholders within a country,” said
Makwana. Makwana reiterated the Board’s support of Eskom management in their efforts to improve the performance and the life extension of the Generation coal-based power stations. The Chairperson added that dealing with corruption is central to creating an uplifting work environment at Eskom. “Corruption undermines value- creation and is an enemy of progress and it must be uprooted completely so that it does not hinder our efforts of performance improvement. Working through National Energy Crisis Committee (NECOM) streams we see the fruits of collaboration between our eternal forensic department, SAPS and the Special Investigating Unit in dealing with cases of corruption,”
added Makwana. Interim Group Chief Executive Calib Cassim said that South Africa experienced the highest levels of loadshedding as the energy availability factor deteriorated to 56% in the past financial year, against the target of 60%.
Cassim remarked that there were some incouraging developments in the efforts to deal with the electricity crisis in the country.
“The establishment of NECOM and the development of South Africa’s Energy Action Plan, overseen by government, are some of the positive developments aimed at addressing the electricity crisis.
Furthermore, the determination by the Nersa of a favourable tariff increase as well as the debt relief solution by National Treasury are critical enablers of sustainable electricity supply industry,” said Cassim.
Eskom warns about increased stages in winter
Johanna Elizabeth Meyer (82) is oorlede op 21 Mei 2023. Haar verassingsdiens vind op Vrydag, 26 Mei 2023 om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Oos, Lichtenburg plaas.
Ds. Van Rooyen sal die diens waarneem en Ruhet Begrafnisdienste is in beheer van die reëlings.
Stephen More Mongale (29) died on 20 May 2023. His funeral will take place on 27 May 2023 at 07:00 in Boikhutso. Ruhet Funeral Services is in charge of the arrangements.
In Memoriam
NOORDWESTER - LICHTENBURG -- Bedryf jy ‘n
eenmansaak of klein besigheid in die fisiese
verspreidingsgebied van die Noordwester?
Ons kan help met advertensietariewe wat nét op kleiner ondernemings van toepass-
ing is asook Bon Apetit, wat restaurante, wegneemetes, koffiehuise ens bevoordeel.
Kontak gerus ons advertensie-
verteenwoordiger om meer hieroor uit te
vind.
Stefan Coetzer 067 006 2019, [email protected]
*Neem kennis: Die spesiale tariewe sluit vakatures
kennisgewings uit.en
Afslag-tariewe slegs vir plaaslike,
kleiner besighede
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die bestuur en personeel van NG Welsyn Lichtenburg bedank elke persoon en instansie wat bygedra het tot die sukses van hul basaar wat op 20 Mei plaasgevind het. ‘n Groot dankie ook aan die Noordwester wat gereeld die publiek ingelig gehou het oor wat op die basaar te wagte sou wees.
NG Welsyn sê dankie!
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die blokraai-wenner van 12/5 was Lesley van Zyl van Breëstraat, Lichtenburg.
Die wenner van Sudoku #712 was Thea van Rooyen van 7de Laan, Lichtenburg. Baie geluk! Haal asb. u pryse by die Noordwester se kantoor in Bantjesstraat, Lichtenburg af met identifikasie van uself. Moenie vergeet dat ons kantore op ‘n
Vrydag om 12:00 sluit nie!
Oproep aan alle handige dames!
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Is jy ‘n handige vrou wat kan hekel? Dan is hierdie oproep vir jou!
Jy word uitgedaag om Vrydag en Saterdag, 26 en 27 Mei 2023 hier in Lichtenburg aan die landswye ATKV se Hekel 30-Ure Safari deel te neem en nee, jy hoef nie hardloopfiks te wees nie!
Al wat jy moet doen is om op te daag, gewapen met ‘n nommer 4 hekelpen en ‘double knit’wol, in enige kleur/e en blokke saam met hekelvriendinne te hekel vir solank as wat jy kan en dan weer te begin sodra die tweede/derde/vierde asem inskop, want daar gaan vir 30 ure aaneen gehekel word.
Die gebeurtenis beloof om groot pret te wees en die wat nie kan hekel nie, kan help om die Granny Patch-blokke aanmekaar te werk vir ‘n babakombersie of enkelbedkombers en so iemand te help om nie hierdie winter koud te slaap nie.
Maak nie saak waar jy is nie, kom en geniet die uitdaging hier in Lichtenburg.
Die ATKV se Hekel 30 Ure Safari-marathon is ‘n inisiatief van die ATKV Arendsnes-tak in samewerking met Maak-‘n- Verskil-Hekel. Kom deel in die hekelpret en nooi almal wat jy ken. Jy kan selfs iemand per blok borg. Dink so daaraan – tien 110g bolle ‘Charity Double Knit’ wol kan ‘n kombers maak.
Kom gee ‘n paar van jou ure vir die besondere projek of deel in die twee dae pret. Nooi sommer nou reeds almal wat jy ken wat kan hekel en kom deel in die marathon-pret.
Die geleentheid vind oor die twee dae plaas by Sprinkelhop – Ruthstraat 7, Lichtenburg. Whatsapp vir Sonja, jou gasvrou by 0796949393 of Leandra by 0824514548 vir meer inligting oor die projek indien jy graag betrokke wil raak.
Vergoeding vir veiligheidsuitgawes
ondersoek
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die regering faal hopeloos daarin om Suid-Afrikaners teen misdaad te beskerm en selfbeveiliging is lankal nie meer ‘n luukse nie.
Daarom is TLU SA besig om ondersoek in te stel na maniere hoe belastingbetalers voordeel kan trek uit noodsaaklike veiligheidsuitgawes. TLU SA het op 16 Mei 2023 ‘n veldtog bekend gestel wat mense aanmoedig om hierdie ondersoek te ondersteun.
“Die vlakke van misdaad het elke jaar sedert 2018 gestyg en in Desember 2022 die hoogste vlak ooit bereik,”sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Met 75 moorde, 180 verkragtings , 63 huisrowe en 454 huisbrake per dag, is misdaad in die land inderdaad ‘n epidemie, selfs ‘n pandemie as mens die impak op oorsese familie in gedagte hou. Anders as met Covid-19, word dit nie amptelik as sulks beskryf nie.
Die omvang van misdaad laat ons egter glo dat die rampbestuurwetgewing wat tydens Covid-19 vergunning gemaak het om op ‘n finansiële vergoeding vir sekere uitgawes aanspraak te maak, ook hier van toepassing moet wees.”
“Met hierdie petisie wil ons solank steun werf sodat TLU SA, wanneer die beste moontlike roete vasgestel is, dit met oorweldigende openbare steun aan die relevante liggame en departemente kan voorlê. Soos met soveel van die regering se take, slaag die regering nie daarin om hulle mandaat na te kom nie. Mense is op hulself aangewese om hulself en hul geliefdes te beskerm. Dit is dan mos net vanselfsprekend en regverdig dat mens vergoeding ontvang wanneer jy die regering se werk oorneem,” het Van Zyl bygevoeg.
“Dit is veral ons lede – kommersiële boere – wat groot onkostes aangaan om te verseker dat hulle gemeenskappe veilig is.
Elke sent wat op veiligheid spandeer word, is ‘n sent wat nie op produksie spandeer kan word nie en dit het ‘n impak op die volhoubare voorsiening van voedsel.”
Ondersteun TLU SA se veldtog by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/jou- veiligheid/
23
SPESIALE DIENSTE SPECIAL SERVICES
TRANSPORT
17
VOERTUIE TE KOOP VEHICLES FOR SALE
13
PLOTTE/PLASE TE KOOP PLOTS/FARMS FOR SALE
8A AKKOMMODASIE ACCOMODATION
8
ALGEMEEN TE HUUR GENERAL FOR HIRE
6
WOONSTELLE TE HUUR FLATS TO LET
3
BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED
3
BETREKKINGS GEVRA SITUATIONS WANTED
2
BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT
2
BETREKKINGS VAKANT SITUATIONS VACANT 1
PERSOONLIK PERSONAL
19 WOONWAENS
CARAVANS
Wenke vir Geklassifi seerde
Advertensies
1. Beplan en skryf u advertensie uit voordat u by die Noordwester kom.
2. Maak seker dat u duidelike en korrekte kontak besonder- hede gee soos naam en/of adres en telefoon en/of selfoonnommer.
3. Die koste van ‘n geklassifi seerde advertensie is R1,60 per woord + BTW.
4. Bring u advertensies vroegtydig. Sluitings- tyd is Woensdae 17:00.
5. Donderdagoggend tot 09:00. Waar die advertensie dan onder die Hofi e 27
“Te Laat vir Klassifi - kasie” sal verskyn.
6. Ons verander of maak nie u taal reg nie. Verseker dus dat u reg spel. Ons plaas net wat u skryf.
WARNING
ADVERTISEMENTS ALL RELATING TO:
• Loans and fi nancing
• Hire purchase problems / Transfer of installments
• Business opportunities
• Investments
• The fi lling of envelopes
• Work at home
• Earn extra money
• Business propositions
• Part-time work PROHIBITED:
Use of the following words in abovementioned
advertisements are prohibited:
*No Credit Checks required
*Blacklisted clients welcome
*Free Credit etc.
MUST contain the following information in
the advertisement:
Telephone number Street address Name of person and/or
business.
These are the requirements and NO exceptions will be made.
All advertisements are placed with the approval
of the National Press Union and it is our responsibility as an advertising medium to ensure that these rules are strictly adhered to.
However, it still remains the responsibility of the buyer or consumer to thoroughly investigate the trustworthiness of the advertiser with whom they
are doing business.
** Noordwester is ‘n onafhanklike, outonome en nie-politiese koerant, getrou aan sy roeping as waghond van die gemeenskap. Noordwester verbind homself tot billike en eerlike beriggewing van ‘n wye verskeidenheid nuusgebeure, waarin die belange van die gemeenskap die belangrikste kriteria is. Noordwester vereenselwig hom nie noodwendig met menings wat uitgespreek word in artikels, rubrieke of lesersbriewe nie. Noordwester sal homself nie blootstel aan druk om materiaal te publiseer wat lasterlik, onwaar of ongeregverdig is nie en sal ook nie toegee aan druk om nuusmateriaal waarvan publikasie in die belang van die gemeenskap is, te verswyg of te versluier nie.
** Noordwester is an independent, autonomous and non-political newspaper, committed to its calling as watch-dog of the community. Noordwester is committed to fair and honest reporting on a wide range of issues in which the interests of the community are the primary criteria. The opinions expressed in articles, letters and columns are not necessarily the opinion of Noordwester. We will not be forced to publish material that is defamatory, untrue or unjust and will not be tempted to conceal or suppress material that is in contrast with the interest of the community.
WAARSKUWING! Die meneer wat kort kort gif in my erf gooi tot tussen my groente word ver- soekom dit onmiddellik te staak.
Ek moes dit alles by die asgate aan die brand gaan steek het.
Gif vir ontleding gestuur. Om ook onmiddellik die dophou en foto’s van my huis te neem soos Vrydagmiddag tussen 16:00 en 17:00 2023/05/05 te staak.
---82752 12/6-26/5 DOCTOR Majawa and son.
Good news to those who are looking to be helped. Please stop crying, I’m here to wipe away all tears. *Legs problems.
*Court case. *Stroke. *Piles.
*Manhood. *Get jobs. *Bring back stolen goods. *Financial problems. *Win tenders. *Weak erection & power. *High blood pressure. *Sugar diabetes.
Please contact Majawa 081 353 1077/ 073645 5771.
--- 57375 26/5 ALLEEN EN EENSAAM? Chris- ten Enkellopendes! Ontmoet jou lewensmaat! Laat ons help!
Skakel Lenie by 082 491 7845.
--- Website 26/5 ALLEEN? Christen Enkello- pendes! Ontmoet jou lewens- maat! Landswye diens. Skakel Lenie van Top Partners by 082 491 7845.
--- Website 26/5 DATING vir Christen Enkello- pendes. Verander jou lewe en ontmoet dalk jou lewensmaat!
Skakel: 082 491 7845.
--- Website 26/5 SIELKUNDIGE Berader/Psy- chological Counsellor. Call Nay- lin Coombe on 072 595 0835 or email naylincoombe@gmail.
com
--- Website 26/5
GENERAL mining jobs 255 p/p need if no exp, training in Rand- fontein R980 accommodation.
072 954 7705 Mnr Jannie/ Vic- tor bel.
--- 74694 26/5-2/6
ADMIN staff required in Lichten- burg and Zeerust: for admin/
branch management work for a delivery business in Zeerust.
Must have: matric certificate - pass, post matric qualification, a degree/diploma would be ad- vantageous, CV with at least 3 years work experience and ref- erences, qualifications to be pro- vided. Own car will be advanta- geous. Driver’s required: Zeerust area: drivers required for deliv- ery business in Mafikeng, driv- ers must have valid motorbike / car license, proof of residence, roadworthy certificate, with own motorbike/car, motorbike/car registration/renewal documents, motorbike/car disc, ID/ asylum/
passport and work permit and pass a criminal check, drivers will be on an independent con- tract basis. Bike owner operators are also welcome (must source their own drivers). Operators will be on an independent con- tractor basis. All copies must be certified. Drivers/bike owner operators must be available to start immediately. Kindly submit/
send all enquiries to 087 106 8231, 063 108 8566, mafikeng@
takealot.com.
--- 82725 5/5-21/7
DRIVERS required: Zeerust/
Mafikeng area: Drivers re- quired for delivery business in Mafikeng, drivers must have valid motorbike / car license, proof of residence, roadworthy certificate, with own motorbike/
car, motorbike/car registration/
renewal documents, motorbike/
car disc, ID/asylum/ passport and work permit and pass a criminal check, drivers will be on an independent contract basis.
Bike owner operators are also welcome (must source their own drivers). Operators will be on an independent contractor basis. All copies must be certified. Drivers/
bike owner operators must be available to start immediately.
Kindly submit/ send all enquiries to 087 106 8231, 063 108 8566;
[email protected] --- 56209 10/3-26/5 MAGDELINE Nortje is looking for domestic work. Her number is 076 813 2134.
---82795 26/5 ELIZABETH is op soek na hu- iswerk. Maandae, Woensdae, Vrydae. Haar nommer is 071 135 8514
---82788 26/5
MAGDELINE Kopelang is op soek na kombuis of winkel as- sistent werk. 078 587 5355.
--- 82787 26/5
EENSLAAPKAMER woonstel, water en krag ingesluit. Naby NWK en Lichtenburg laerskool.
Geen kinders of diere. Dep R1500. R3100p.m. 078 167 8655.
--- 82791 26/5 1X LARGE Bedroom Flatlet with courtyard situated in ROOI- GROND. Clean, Safe and se- cure. R3995. Contact 072 011 5798.
--- Website 26/5
PAINTBALL GAMES and Tar- get SHOOTING. ROOIGROND.
Gokart Rides and Pedal Karts.
Book by Appointment. Contact Laure 082 968 7632.
---Website 26/5
LICHTENBURG Vakansie-oord.
Luukse toegeruste chalets en karavaanstaanplekke. Konferen- sie en lapageriewe en warm swembad. Langtermynverblyf ook beskikbaar vir kontrakteurs.
Tel 018 632 5826. Sel 082 543 3326.
---82636 24/3-29/9 WOONSTEL te huur in Burger- sdorp. 1 slaapkamer. Maksimum 2 persone. Geen diere. Koop- krag. Huur: R2800 per maand, water ingesluit. Deposito:
R2800. Kontak Roger: 084 582 2584 / 072 516 0356.
--- Website 26/5 1X LARGE Bedroom Flatlet with courtyard in ROOIGROND.
Clean, Safe and seure. R3995.
Contact 072 011 5798.
--- Website 26/5
PLASE te koop: Hennie Wille Estates 082 460 8376.
--- 81248 20/1-22/12 FARM for sale. Farm location:
Blaauwbank. Size: 300 hectares (112 dry land & 15 hectares pivot). Price: R8,5 million. Con- tact to view: 069 512 5576/ 061 493 2501.
--- 82786 26/5
14 BESIGHEDE TE KOOP BUSINESSES FOR SALE
URGENT sale. Butchery, super- market, take-away, ice-cream business. Owner relocating.
Phone 065 529 0694.
--- Website T/C SUPERMARKET FOR SALE.
SANNIESHOF - R1.5M PLUS STOCK - 082 378 2010.
--- Website 26/5
JOHAN Haarhof 072 144 4612.
Johan Opperman 079 058 1052 en Tshepo Modibedi 071 801 4562 en Pule Mashila 079 213 0586 koop en verkoop voertuie.
Ons help ook kliënte wat nie deur die bank gefinansier kan word nie. Kontak ons gerus asb.
--- 82794 26/5-21/7
OP soek na iemand wat meu- bels per vragmotor na Pretoria kan vervoer. Kontak 083 257 1247/ 082 806 8834.
--- 82784 26/5-2/6 COUNTRYWIDE furniture re- movals as well as any other type of goods, GIT included. Johan 079 892 3043.
--- Website 26/5
SPRITE Sport Karavaan te koop. Uitstekende kondisie.
Prys: R40,000. Kontak Roger:
084 582 2584 / 072 516 0356.
--- Website 26/5
G & R Kombuise Inboukaste.
(Sedert 1994). Andries Ma- reestr. 6, Industriële gebied.
Gert: 082 493 5036. *Kombuise, alle kaste vir huis en kantoor.
*Rekenaar ontwerp*. Veneer en melamienborde gesny volgens u mates.
---- --- 82473 AC/TC FANIE Wille Kontrakteur: Verf, teël, bou en pleister, plafonne, afdakke, geysers en ander in en- om die huis. Sel. 073-224- 6708.
--- 42788 10/9 AC/TC WENDY House 2.4 x 2.4 = R6 500. 2.3 x 2.3 = R5 500. 3 x 3
= R7 500. 3 x 4 = R8 500. 3 x 6 = R10 500 = 4 x 6 = R16 500.
We do all sizes, big or small.
Whatsapp 072 472 2067, 079 135 8138.
--- 51361 19/5-26/5 MEDICAL Aid broker/Mediese Fonds Konsultant - 083 635 1398.
---Website 26/5 GOKART Rides and Paintball Games, TEAM Building activi- ties. Phoenix Race Track. Situ- ated in Rooigrond. PHIL 083 750 8142.
---Website 26/5 TUINDIENSTE vir n gratis kwo- tasie maandeliks of eenmalig skakel Julie 064 898 7662 of Christo 083 462 3835.
---Website 26/5
NOTICE. LOST OR DESTROYED DEED. FORM JJJ. NOTICE is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of:- - a certified copy of: DEED OF GRANT TG1538/1981BP. - Passed By: NAHOO PIET THOLO BORN ON 22 MARCH 1953 - in favour of: JACOB ADAM THABO THOLO IDENTITY NUMBER 640609 5909 084 - in re- spectof certain: ERF 3375 ITSOSENG UNIT 3 TOWNSHIP REG- ISTRATION DIVISION IO PROVINCE NORTH WEST. IN EXTENT 450 (FOUR HUNDRED AND FIFTY) SQUARE METRES which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writ- ing with the Registrar of Deeds at:- THE REGISTRAR OF DEEDS PRETORIA Merino Building 140 Pretorius Street Pretoria Central 0002 within 2 (two) weeks from the date of the publication of this notice. DATED at MAFIKENG on 19 MAY 2023. CJ MARITZ APPLI- CANT. CHRIS MARITZ ATTORNEY 49 Proctor Avenue, Mafikeng, 2745 Private Bag X2103, Mafikeng, 2745. Tel: 018 381 3025 cjmar@
intekom.co.za
--- K1 26/5 NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES. All persons having claims against the under mentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publicaiton hereof. A. Estate No: 002698/2016. Master’s Of- fice: MMABATHO. Surname: KRAFT. Christian names: CHRISTINA MAGADELANA. Date of birth: 1925-12-26 Identity No. 251226 0003 084. Last address: FARM GROOTPAN. Date of death: 2012-04-30.
C. Name and (only one) address of Executor or authorized agent:
Hennie van Biljon Prokureur. 41 Church Street Lichtenburg 2740. D.
Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days: 30.
E. Advertiser and address: Hennie van Biljon Prokureur. 41 Church Street Lichtenburg 2740. Tel No.: 082 722 5606.
--- K2 26/5 KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE: FRANS ENGEL- BERTUS DU TOIT (IDENTITEITSNOMMER: 420412 5164 081) EN NAGELATE EGGENOTE SUSANNA ELIZABETH DU TOIT (IDENTITEITSNOMMER: 460112 0157 087) VAN PLAAS PLATVAL- LEI, LICHTENBURG DISTRIK, BOEDELNOMMER: 002556/2023.
DATUM VAN AFSTERWE: 2 MEI 2023. Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. (GET) PLB BADENHORST. BOSMAN & BOSMAN PROKUREURS POSBUS 1 BUCHANANSTRAAT 24 LICHTEN- BURG (VERW: PLB/CB/DU362)
--- K3 26/5 KENNISGEWING. IN DIE BOEDEL VAN WYLE: MARIA ELIZA- BETH GROBLER (IDENTITEITSNOMMER: 250612 0006 089) VAN KERKPLEIN SUID, LICHTENBURG. BOEDELNOMMER:
002552/2023. DATUM VAN AFSTERWE: 17 APRIL 2023. Krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderinge in te lewer en hulle skulde te betaal by ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf datum van verskyning van hierdie kennisgewing. (GET.) PLB BADENHORST, BOSMAN & BOSMAN PROKUREURS, POSBUS 1, BUCHANAN- STRAAT 24, LICHTENBURG. (VERW: PLB/CB/GR281).
--- K4 26/5 NOTICE. FORM JJJ. LOST or DESTROYED DEED. NOTICE is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of: -a certified copy of:
DEED OF TRANSFER T41556/2010, -Passed By: TSHELO JO- HANNES MMUTLE, Identity Number 670320 5953 089, Unmar- ried, -in favour of: MODIEGI ONICA ROSINAH MMUTLE, Identity Number 590401 0930 087, Unmarried, -in respect of certain: ERF 222 LICHTENBURG TOWNSHIP, REGISTRATION DIVISION IP, PROVINCE NORTH WEST, IN EXTENT 8922 (EIGHT THOUSAND NINE HUNDRED AND TWENTY TWO) SQUARE METRES, which has bee lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writ- ing with the Registrar of Deeds at:- THE REGISTRAR OF DEEDS, PRETORIA, Merino Building, 140 Pretorius Street, Pretoria Central, 0002, within 2 (two) weeks from the date of the publication of this notice. DATED at MAFIKENG on 19 MAY 2023. (SGD) CJ MAR- ITZ, APPLICANT, CHRIS MARITZ ATTORNEY, 49 Proctor Avenue, Mafikeng, 2745, Private Bag X2103, Mafikeng, 2745, Tel:018-381 3025, [email protected].
--- K5 26/5
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Vakatures
Vacancies
Top 5 at English Primary announced
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg English Primary School in Grade 1 are Lindokihle Dawethi (1),Sonwabile Selloane (2), Bohlokoa Melamu ((3), Rorisang Seate (4) and Warona Moilwa (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg English Primary School in Grade 2 are Sibusiso Tshojane (1), Oreagile Mogorosi (2), Jayden Ntebele (3), Relebohile Mloja (4), Warona Mogokonyane (5) and Ntlafatso Phetoe (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg Primary School in Grade 3 are Jayden Bunjira (1), Orinea Thaphathi (2), Khanya Khalipa (3), Lemogang Mere (4) and Tetelo Seleke (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg Primary School in Grade 4 are Mogolegwa Tshiamelo (1), Masiela Tebontle (2), Khumalo Kgosi (3), Mosimane Keamogetse (4) and Xopa Moesha (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg Primary School in Grade 5 are Molefe Rebaone (1), Wittes Busisiwe (2), Galeemelwe Omogolo (3), Dintwe Reabetswe (4) and Masenda Letlotlo (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg Primary School in Grade 6 are Caelyn Bunjira (1), Olebogeng Tlhale (2), Remofilwe Moserwa (3), Katlego Maphologela (4) and Tlhalefo Mooketsi (5).
The Top 5 academic pupils at Lichtenburg Primary School in Grade 7 are Busisiswe Maseko (1), Remofile Mosetlo (2), Paballo Serobatse (3), Rethanbile Maphike (4) and Bokang Legae (5).
Laerskool Burgersdorp is baie trots op ons skaakleerders wat Saterdag 20 Mei, puik presteer het by die skaakkompetisie te
Laerskool President. Seniors: Hannes Grobbelaar wen 3 uit 3 rondtes, Ramsi Mosiane en Shaun Olivier wen 1 uit 3 rondtes. Daniel Steyn speel 1 uit 3 rondtes gelykop. Juniors:
SJ Coetzee wen 2 uit 3 rondtes, Wilhelm Lotter wen 1 uit 3 rondtes, Christiaan Uckermann en Boeta Jordaan speel 1 van die 3 rondtes gelykop.
Laerskool Burgersdorp is baie trots op die Redenaarleerders wat deurgedring het na die ATKV semifinale rondte wat op Wolmaransstad op 2 Junie gehou word. Hulle is Sune Roelofs, Palesa Mkhari en Danika Breytenbach – die skool staan bankvas agter julle.
Burgie-trots
Baie geluk aan die leerders van Hoërskool Lichtenburg wat deurgedring het na Rondte 2 van die ATKV Redenaars, die skool is trots op julle. Hulle is Leandri de Villiers, Mea Colyn, Miko Ferreira, Barend de Clerk,Wian Basson, Canha Meyer, LJ Olivier, Nica Meyer en Zivan Scholtz (afwesig).
Redenaars deur na Rondte twee
Baie geluk aan Hoërskool Lichtenburg se wenners vir April se Fotografieklubkompetisie. Die tema was Herfs. Hulle is Carli Pretorius (eerste plek), Lehanke Seymore (tweede plek) en Lar-Rochelle Welman (derde plek).
Aspirant-
fotograwe aangewys
Die volgende leerders van Hoërskool Lichtenburg het verlede naweek deelgeneem aan die Dr. Kenneth Kaunda-skaaktoernooi in Klerksdorp en het uitstekend gevaar. Op die foto is Hanu Wessels – o/15
ouderdomsgroep - eindig 9de, Damian Smit – o/18 ouderdomsgroep - eindig 6de en Donovan Pretorius – o/18 ouderdomsgroep - eindig 9de.
Skaakspelers vaar goed
William Young, ‘n leerder van die Coligny Spesiale Skool het die naweek van 20 Mei in Limpopo aan die SA Sterkman- kompetisie deelgeneem in die o/18 ouderdomsgroep.
Hy het ‘n tweede plek behaal en is deur na die Afrika Kampioenskappe wat in Augustus oor drie dae beslis sal word. Baie sterkte, William!
Welgedaan, William
Verlede naweek het Hoërskool Lichtenburg netbalwedstryde teen English High Lichtenburg gespeel en die uitslae was as volg: 14A- wen 30 -4 (‘Man of match – Anbel Marais), 15A wen 30 – 2 (MOM – Rochelle Scott), 16A wen 42 – 0 (MOM – Melani van der Merwe en Njabulo Mdluli, 17A wen 19 – 3 (MOM – LuAnne Alberts) en Eerste Spoan wen 48 – 6. Baie geluk met die oorwinnings!
Liggies netbal maak trots
PRINTED BY NORTH WEST WEB PRINTERS (PTY) LTD. TEL: 014-592 8329
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die honderdste Parkrun word wêreldwyd dié naweek aangebied en sowat 800 000 mense is elke jaar deel daarvan.
Op Saterdag, 27 Mei kan jý ook deel wees van ons eie Lichtenburg Raceway Parkrun waar jy saam kan stap/draf op die Lichtenburgse Renbaan, 2km buite die dorp op die Kosterpad.
Wêreldwyd begin die geleentheid om 08:00 en oud en jonk kan deelneem. Daar is geen koste aan verbonde nie, dus kan die hele gesin deel wees van die opwinding.
Vir enige navrae, skakel 0834157509. Sien jou daar!
Wees deel van Parkrun dié naweek!
Ses o/13-rubyspelers van Laerskool Lichtenburg is ingesluit in die Noordwes Platteland-rugbyspan wat aan die VKB-week in Frankfort gaan deelneem. Hulle is (voor) Fofo Ipotseng, Janru Steyn en Ockert van der Berg. Agter staan Johan Botha, Juwan van Tonder en Reinhardt Cronje.
27 Atlete van Laerskool Lichtenburg het aan ‘n landloopliga in Rustenburg deelgeneem. Sewe leerders kon daarin slaag om plekke te behaal. Hulle is voor Alex de Beer, Tineke Fraser, Masego Suping en Kaylie Aspeling. Agter staan Marize Maree, Wihanru Aspeling en Mianke Liebenberg.
Sewe redenaars van Laerskool Lichtenburg het deurgedring na die Noordwes-finale van die ATKV Redenaars wat op 2 Junie in Wolmaransstad plaasvind. Hulle is (voor) Ayvah Mans, CF Meiring en Scharlett Hansen . Agter staan Milan Mans, Remma Schulenburg en Miané Wessels. Catherine Hansen was afwesig.
Liggies woeker met talente