( )
Wellington
Wellington
Nou, na die stormjare,
dans sy nie meer so flink
maar sy omhels die skouers van haar susters
en kus versoenend op elke wang.
Aan die geveg oor identiteit het sy geen erg in die Afrika renaissance vind sy haar weg.
O koud is die windjie
en skraal
En blink in die dof-lig
en kaal
- Eerste reëls van Winternag, Afrikaans se eerste gedig, deur
Geheimsinnige ideale
paadjie
digby die huis
Silwerwit in die soontoe
saggies soos ’n spokerigheid
- Silwerwit in die soontoe, Afrikaans se eerste Kunsmatige Intelligensiegedig uit
SILWERWIT IN DIE SOONTOE
deur Imke van Heerden met Anil Bas
& Etienne van Heerden (2023)
- Uit Afrikaans, ’n Versoeningstaal deur Diana Ferrus
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
Eugène N. Marais (1905)
Oor digwoorde wat nooit sterf nie en gekoester en lewendig gehou moet word;
oor nuwe digdinktegnieke wat die lewe van die Afrikaanse digkuns aandui.
Digwoorde leef voort – van toeka se koud en skraal tot silwerwit in die vorentoe.
lewende woord ( e
“When buying vintage clothing, you can be sure you won’t walk around in the same clothes as everyone else.
You can find unique pieces, allowing you to create your own unique style and stand out from the crowd.”
- Só skryf Cara Bentham op Stefan Welz & Co. se webtuiste oor ‘Vintage Clothing’.
Dieselfde geld vir woorde en die inspirasie en langslewendheid van hulle bestaan.
(
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
DIGTER VAN DIE MENSE:
DIANA FERRUS GEHULDIG
19:00 – 19:55 | ATKV Akkoordtent
Die protesdigter dr. Diana Ferrus wat vanjaar haar 70ste verjaardag vier, is die digter wat by die 12de Tuin van Digters gehuldig word. Merle Danhouse en Theresa Carstens gesels met haar; lede van die Mengelmoesdigters gee lewe aan haar woorde en dra haar kragtige protesgedigte – wat aan gesigloses ’n stem,
’n platform en ’n identiteit gee – voor; en van haar getoonsette gedigte word gesing. Sy lees ook self van haar gedigte voor.
Met: Diana Ferrus, Charles Louw, Merle Danhouse, Theresa Carstens, Gaireyah Fredericks, Sophia Oliphant, Naidene Lottering, Kerwin Petrus, Jason September, Devon Gertse en Joshua Pietersen
i
r o e m a a
g n
KLANKE IN DIE DIGTERSTUIN
17:00 – 17:45 | ATKV Akkoordtent
Curtis van Kerwel bied musieklesse in die Breytenbach Sentrum aan vir studente uit die plaaslike gemeenskap en elders: Kyk (en luister) hoe hy en hulle musiek maak.
Met: Curtis van Kerwel en musiekstudente
OPENING:FEESUITSTALLINGS
18:00 – 18:45 | ATKV Akkoordtent en Tuinarea
Prof. Elizabeth Gunter, ’n kunstenaar wat in 2011 ’n doktorsgraad in visuele kuns aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal het en tot 2022 ’n dosent aan die US was, open die uitstallings. Verskeie werke van Breyten Breytenbach, Marinta Skupin en ander is in die Breytenbach Galery en die Cloete Gemeenskapsgalery in die Hoofgebou te sien.
Skupin se reeks kunswerke is geïnspireer deur die gedigte van Breytenbach en Diana Ferrus. Die titel van die uitstalling, Iets van ’n Heelal, kom uit die gedig “liefling, taal” van Breytenbach – ’n gedig wat
’n refrein deur die hele uitstalling vorm.
Bespreek by Anne-Ghrett Erasmus Coetzee by 083 415 0002.
Openingspreker: Elizabeth Gunter
DI PRIMA JAZZ-POËSIE:
BELGE EER AKTIVIS
20:15 – 21:15 | ATKV Akkoordtent
Die Belgiese woordkunstenaar Hanna Desmet en musikante Pieter Mortier (dubbelbas), Cyriel Vandenabeele (elektriese kitaar) en Matthias Dewilde (klarinet) het vroeër vanjaar ’n eksperiment met musiekinstrumente en poësie begin. Hulle werk met die oeuvre van die Amerikaanse beatnik digter en aktivis van die jare 50, Diane Di Prima. Sy het as ’n vrouestem in ‘n manswêreld van die tyd kwessies soos (eko)feminisme en sosiale ongelykheid die stryd aangesê. Die Belgiese groep se dramatiese resultaat met hierdie kombinasie van woord en klank is ’n kruisvertoning waar poësie en jazz- musiek saamsmelt sowel as in kontras is.
Met: Hanna Desmet, Pieter Mortier, Cyriel Vandenabeele en Matthias Dewilde
AFRIKAANS 100: VAN TOEKA TOT NOU
18:30 – 18:50 | ATKV Akkoordtent
’n Afrikaans 100-inisiatief is in 2022 begin om ’n eeu van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 2025 te vier. Die Dagbreek Trust is die sameroeper van die geleentheid. Prof. Bernard Odendaal van PEN Afrikaans en dr. Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad, wat sameroepers van die domein “Skrywers en Uitgewers” is, gee
’n kort oorsig oor hul planne tussen nou en 8 Mei 2025.
Met: Bernard Odendaal en Conrad Steenkamp
V R Y D A G 1 5 S E P T E M B E R 2 0 2 3
Oulap se rooi maak (ook mos) mooi
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
dans JONG STEMME EN KLANKE
08:30 – 08:55 | ATKV Akkoordtent
Curtis van Kerwel, professionele musiekonderwyser in die Breytenbach Sentrum, en sy studente uit die plaaslike gemeenskap en elders skep die regte stemming vir die dag se woorde.
Met: Curtis van Kerwel en musiekstudente
MENGELMOESDIGTERS
09:00 – 09:45 | ATKV Akkoordtent
Die Mengelmoesdigters, wat in 2012 by die Breytenbach Sentrum onder leiding van die digter Diana Ferrus ontstaan het, neem jou op hulle dinamiese en kleurryke reis van die lewe en noop jou om jou eie identiteit te ondersoek in die soms verwarde samelewing.
Met: Diana Ferrus en die Mengelmoesdigters
S A T E R D A G 1 6 S E P T E M B E R 2 0 2 3
PIETER ODENDAAL ONTAARD
10:00 – 10:35 | Boland Cellar Woordtent Aangebied deur NB Uitgewers
Pieter Odendaal se debuut is met die Ingrid Jonker- prys bekroon. Ontaard, sy nuutste bundel, stel ondersoek in na die mens se plek in die wêreld, sy verhouding met die aarde en sy medemens. Hy dig oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding. Die digter Veronique Jephtas gesels met Odendaal.
Met: Pieter Odendaal en Veronique Jephtas
Skryf en lees was vir die digter en vertaler Daniel Hugo nog altyd ’n vreugde vir die gees. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en tekste ontleed. In hierdie tweede bundeling van sy onderhoudende stukke oor die digkuns versamel hy tekste in vier kategorieë: artikels, rubrieke, resensies en onderhoude.
10:40 – 11:15 | ATKV Akkoordtent Aangebied deur Turksvy Publikasies Met: Daniel Hugo en Bernard Odendaal
DANIEL HUGO: VERS & KAPITTEL II
TOM NOU IN INFRAROOI
11:20 - 12:00 | Boland Cellar Woordtent Aangebied deur NB Uitgewers
Tom Dreyer debuteer na ’n lang tyd as bekroonde romansier met sy eerste digbundel. Sy gedigte het in Nuwe Stemme (1997) en Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte (1999) verskyn, maar Nou in infrarooi is sy eerste volledige solobundel. “Slaap jy solank dan hou ek die fort”, wat in dié bundel verskyn, het die AVBOB-digkunskompetisie in die Afrikaans-kategorie gewen. Marius Swart, dosent in Afrikaans en Nederlands by Stellenbosch Universiteit, gesels met Dreyer.
Met: Tom Dreyer en Marius Swart
OPEN MIC: TOEKOMSWOORDE
12:00 -12:45 | Boland Cellar Woordtent
Kobus Coetzee en Anouk Cronjé nooi enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop om dit Saterdag 16 September om 12:00 op die verhoog van die Woordtent te kom voordra of voorlees. Kontak gerus vir Kobus by 073 538 8771 of Anouk by [email protected].
Met: Kobus Coetzee en Anouk Cronjé (lede van die jeugdireksie van die Breytenbach Sentrum), die digter Grant Jefthas en jong opkomende digters
EKKE IS KLARA DU PLESSIS
12:10 – 12:55 | ATKV Akkoordtent
Dr. Klara du Plessis, wat in Bloemfontein grootgeword het en nou in Montreal, Kanada, woon, is die outeur van drie digbundels en ’n versameling letterkundige opstelle.
Sy en die veeltalige letterkundige, prof. Louise Viljoen, bespreek haar bundel, Ekke, wat bekroon is met die Pat Lowther Memorial Award (2019), en ook haar jongste werk, G, wat speel met klank en betekenis tussen Engels, Afrikaans en Persies.
Met: Klara du Plessis en Louise Viljoen
WARRELENDE WOORDE:’N LOFSANG AAN LADY DI
13:00 – 13:45 | ATKV Akkoordtent
Tribal Echo ondersoek die impak van Diana Ferrus se werk deur die lens van musiek, toonsettings, voordrag en storievertel. Die groep vermeng dit met van hul eie oorspronklike musiek om sodoende die impak van Ferrus se skryfwerk op hul eie kreatiewe skryfkuns uit te lig.
Met: Frazer en Deniel Barry van Tribal Echo
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
S A T E R D A G 1 6 S E P T E M B E R 2 0 2 3
my ma ma se ma se
GROEPGESPREK:’N TOEKOMS MET KI, CHATGPT
14:00 – 14:55 | ATKV Akkoordtent | Aangebied deur Naledi
Met: Dr. Annie Klopper (gesprekleier), ’n skrywer, digter en soms akademikus; dr. Burgert Senekal, ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat wat tegnologie vir sy navorsing oor die Afrikaanse letterkunde, taal en leefwêreld gebruik; en Hunter Kennedy, digter, liriekskrywer en kitaarspeler vir onder meer die Afrikaanse punkrockgroep Fokofpolisiekar
KI (Kunsmatige Intelligensie) het die wêreld met ’n slag getref. Die Wêreld- Ekonomiese Forum voorspel KI sal teen 2049 ’n New York Times- topverkoper skryf. KI kan reeds in onder meer Engels en Chinees “dig”, en nou ook in Afrikaans – danksy AfriKI (Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – hul taalmodel). Afrikaans se eerste KI-digbundel, SILWERWIT IN DIE SOONTOE, deur Imke van Heerden (met Anil Bas en Etienne van Heerden) het in 2023 by Naledi verskyn. Hoe gaan KI, ChatGPT, ens … die skryfkuns en digkuns en akademie en dit wat tot nou net uit mensekoppe gekom het, die toekoms raak. Kom luister en neem deel.
MET APOLOGIE EN DANK
15:00 – 15:45 | ATKV Akkoordtent | Aangebied deur PEN Afrikaans
PEN Afrikaans het digters genooi om verse in reaksie op hul voorgangers se werk te kom voordra. Die gehoor kan daarna uitsien om na die oorspronklike gedigte te luister, sowel as na die nuwe werke, wat gedigpogings van kunsmatige intelligensie sal insluit. Kom luister na lewende woorde in vele gedaantes.
Met: Ashwin Arendse, Veronique Jephtas, Pieter Odendaal, Tom Dreyer en ander
ONS KLYNTJI 2023 – AMPTELIKE BEKENDSTELLING
16:00 – 16:45 | Boland Cellar Woordtent
Die Tuin van Digters is die afgelope vier jaar die plek waar Ons Klyntji sy jaarlikse alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer, bekendstel. Kom luister hoe van die digters en skrywers hulle gedigte en verhale voorlees.
Met: Toast Coetzer (aanbieder) en digters
VONK IN DIE VINGERS: KLAVIER EN POËSIE
17:00 – 17:45 | ATKV Akkoordtent
Om die tema van die lewende woord(e) te vier bring Kirsten ’n klavier- en digkunsprogram met ’n opswepende lewensvonk na die Tuin van Digters.
Kirsten kombineer die streng dissipline van kunsmusiek met haar eie gedigte in Afrikaans en Engels. Sy kombineer ook poësie met beweging, visuele kuns, fotografie en musiek. Sy het haar debuut as performance poet in 2007 gemaak met die eenvrou-vertoning Ingrid Jonker Dans Weer.
Met: Die klassieke pianis en voordragdigter Lara Kirsten
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
wo ord lus se
S A T E R D A G 1 6 S E P T E M B E R 2 0 2 3
GEDAANTESPEL: ’N SPROKIE VIR VANDAG
18:00 – 18:45 | ATKV Akkoordtent
Met: Hanru Niemand, Frieda van den Heever en Riku Lätti
Gedaantespel vertel die verhaal van ’n stom held se sending om ’n geliefde prinses uit die kloue van ’n bose bosnar te red. Die teks is vroeër vanjaar as multimedia bundel uitgegee en is deur Die Burger beskryf as "`n beeldskone ervaring". Gedaantespel is as `n enkele verhalende gedig geskryf, wat hier deur Hanru Niemand, Frieda van den Heever en Riku Lätti uitgevoer word deur beurtelingse voorlesings en toonsettings van die teks.
INGRID JONKER-PRYS
19:00 – 19:45 | ATKV Akkoordtent
Die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel word tydens die Tuin van Digters aan vanjaar se wenner, Dominique Botha, oorhandig. Afrikaanse debuutbundels wat in 2021 en 2022 gepubliseer is, het in 2023 in aanmerking gekom vir die prys. Die digters op die kortlys was Ashwin Arendse (Swatland), Dominique Botha (Donkerberg), Rina Cascione (Meer as woorde), Franco Colin (Skeletaal) en Veronique Jephtas (Soe rond ommie bos).
Met: Prof. Marius Crous (Voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee), Astrid de Vos (Uitvoerende Trustee, Dagbreek Trust), Francois Lötter (Tuin van Digters-organiseerder) en Dominique Botha, die wenner van die Ingrid Jonker-prys
LEWENDE WOORD(E): BREYTEN, DOMINIQUE, RIAN
20:00 – 21:00 | ATKV Akkoordtent
Die digter en oud-Wellingtonner Breyten Breytenbach en Dominique Botha, wie se bundel Donkerberg vanjaar die Ingrid Jonker-prys ontvang, lees van hul jongste, en ook vroeëre gedigte, voor. Rian Malan sorg vir musiek en sang.
Met: Breyten Breytenbach, Dominique Botha en Rian Malan
DANS DIE OOMBLIK
21:15 – 22:30 | ATKV Akkoordtent
Kom geniet die afsluiting van Tuin van Digters 2023 met woorde en musiek en dans en mekaar en vrolik wees. Gryp die oomblik – met of sonder KI.
Met: Riku en Jackie Lätti, digters en musikante
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
Diana Ferrus: The Poet of the People
Woorde werd om te weet
Internationally renowned South African writer, poet, performance poet, storyteller, and activist for marginalised groups, Diana Ferrus, was born on 29 August 1953 in Worcester.
Ferrus is acclaimed for her poem I’ve come to take you home, a tribute to Sarah Baartman, the Khoi woman who was taken from her country of birth (South Africa) under false pretences to be displayed as a freak show attraction in 19th-century Europe. Ferrus wrote the poem while studying at Utrecht University in Holland in 1998. The poem became a catalyst in persuading the French government to return Baartman’s remains after 192 years. The poem was so impactful that it was included in the bill that allowed for the repatriation and was thus published as part of the French law (a first in French history). Ferrus and a delegation from South Africa collected Baartman’s remains, and she was laid to rest on 9 August 2002.
Ferrus matriculated at Esselen Park High School in 1972. In 1973, she started her studies at the University of the Western Cape; but the university closed due to protests, and because of financial constraints, she could not continue her studies. She started working and resumed her studies, part-time, in 1988. Ferrus completed her BA degree with Sociology and Industrial Psychology as majors.
After receiving an honours degree in Women's and Gender Studies, she completed the coursework for a master’s degree but not her thesis on Black Afrikaans Women Writers. In 1998, Ferrus received a fellowship to study at the University of Utrecht in Holland. In 2022, Stellenbosch University bestowed an honorary doctorate on her.
Ferrus’ work has been published in various collections, and some serve as prescribed texts for learners. She has published three books: "Ons Komvandaan" (2006),
"I’ve come to take you home" (2010), and "Die vrede kom later" (2019). Together with Suzette McKerron and Marthe Muller, she compiled a collection of short stories on fathers titled "Slaan vir my ‘n masker, vader" (2004). Since, she has edited a few collections of individual poets that were self-published. Ferrus was invited to the Ars Poetica festival in Slovakia, which she could not attend because of COVID;
however, some of her poems were included in the festival’s publications.
In 2021, Ferrus participated in the Syabala Publishers project by Dudu Xaba and Pearson Publishing, with writing workshops presented in 11 languages. Ferrus facilitated Afrikaans workshops for a group who published 10 stories by 10 writers, as "Woorde wat vry maak" (Words that see free).
She has been involved in Poetry Africa’s outreach to the rural community of Riebeeck-Valley in the Western Cape, as well as with the Railton Foundation in Swellendam, where she runs workshops, and with the Pniel Museum, where she facilitates writing workshops. Ferrus also continues to work with The Mengelmoes Digters, a group of poets that was established in 2013 while Ferrus was facilitating creative writing workshops for the Breytenbach Centre in Wellington.
In 2008, the Klein Karoo Kunstefees awarded Ferrus for her contribution to the development of Afrikaans.
In 2012, she received the inaugural Mbokodo Award for poetry. She has also received an award from the Western Cape Provincial Government for her work with women. In 2020, she received the Freedom of the Town award from the Breede Valley Municipality, along with 11 other prominent Worcesterians. In 2022, the Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans celebrated her for the role she plays in the community. Earlier in 2023, Ferrus received the Lewende Legende award from the Kyknet Fiëstas.
Ferrus’ work has and will always have a bearing on and influence on matters of race, gender, and reconciliation.
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
Silwerwit in die soontoe Naledi
Afrikaans se eerste KI-gedigte
Die Wêreld- Ekonomiese Forum voorspel dat kunsmatige intelligensie (KI) teen 2049 ’n New York Times-topverkoper sal skryf. KI kan reeds in onder meer Engels en Chinees “dig”, en nou ook in Afrikaans – danksy AfriKI (Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – hul taalmodel). Afrikaans se eerste KI- digbundel, SILWERWIT IN DIE SOONTOE, deur Imke van Heerden (met Anil Bas en Etienne van Heerden) het in 2023 by Naledi verskyn.
AfriKI-medewerkers: Imke van Heerden, assistent- professor in Koc Universiteit se Departement Vergelykende Letterkunde in Istanboel wat spesialiseer in skeppende kunsmatige intelligensie (KI) en Suid- Afrikaanse letterkunde; Anil Bas, assistentprofessor in rekenaarwetenskap aan Marmara Universiteit in Istanboel wat spesialiseer in masjienleer; en Etienne van Heerden, die skrywer van Die biblioteek aan die einde van die wêreld, ’n roman wat onder meer KI in Suid-Afrika en China ondersoek, en wat eersdaags ook in Engels verskyn.
Imke en Anil lei ’n navorsingsprojek wat deur die Wetenskaplike en Tegnologiese Navorsingsraad van Turkye ondersteun word. Die projek is getiteld AI as Author (authorai.ku.edu.tr) en bring letterkundiges en rekenaarwetenskaplikes in gesprek rondom KI en kreatiwiteit. Dit stel in ’n spesifieke subdomein van KI belang, naamlik natuurlike taalgenerering – of ’n rekenaar se skryfvermoë.
Dit is lekker om AfriKI te personifieer, maar in werklikheid besit KI nie ’n eie wil of bewussyn (soos in wetenskapfiksie) nie. ’n Neurale netwerk kan nie sonder menslike betrokkenheid werk nie; nes ’n ouer bepaal ’n navorser hoe, hoe lank en wat dit lees, leer en – op die ou end – ook skryf. ’n Taalmodel word deur mense ontwerp, geskaaf en gebruik. Dit is gereedskap,
’n instrument, en kan nie menslike digters vervang nie. Veel eerder bied AfriKI opwindende geleenthede vir inspirasie en vernuwing, en kweek liefde vir die taal se menigte moontlikhede.
Hoe die versies saamgestel word: AfriKI “lees” die databasis (die projek se “biblioteek”), wat bestaan uit die roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld.
Nes ’n kind, benodig KI voorbeelde om Afrikaans te leer skryf. AfriKI lees die boek om die romanskrywer se woordeskat en taalgebruiks-patrone aan te leer.
Dan “skryf” of genereer AfriKI bladsye en bladsye individuele frases. Die frases volg nie op mekaar nie.
Elkeen is ’n eie entiteit. As ’n woord op hierdie bladsye verskyn, beteken dit dat die romanskrywer dit in sy boek gebruik het. AfriKI se formulerings is egter oorspronklik. Woorde verskyn hoofsaaklik nie in dieselfde volgorde as in die roman nie. Imke fynkam dan die bladsye, kies frases en stel gediggies saam.
Omdat menslike logika en kreatiwiteit doelbewus toegepas word, word die proses “KI-geassisteerde skryf” of “kokreatiwiteit” genoem. As ’n frase alleen in
’n reël staan (byvoorbeeld “silwerwit in die soontoe”), beteken dit dat AfriKI dit net so genereer het. Versreëls is dus onveranderd gebruik, nes dit deur die taalmodel geproduseer is. Hierdie individuele versreëls word saam met ander masjiengeproduseerde versreëls gerangskik. Die gevolg is kort surrealistiese gediggies.
Let op: Geen woorde word bygevoeg of verander nie;
Formatering: Slegs hoofletters en leestekens word soms verander/bygevoeg; Inspirasie word geput uit die literêre bewegings die surrealisme en die imaginisme.
Bronne: Imke van Heerden en Anil Bas. 2021a. AfriKI:
Machine‑in‑the‑Loop Afrikaans poetry generation. In Proc. Workshop on Bridging Human–Computer Interaction and NLP, 16th Conference of the European Chapter of the Association for Computational Linguistics. 2021b. AI as Author – Bridging the gap between machine learning and literary theory. Journal of Artificial Intelligence Research.
Erkennings: Hierdie stuk is ’n aangepaste weergawe (wat in 2023 op Litnet verskyn het) van ’n kort artikel wat in Ons Klyntji, Jaargang 125 (2021) was.
( )
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
W I N D T O N G E
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
Die Breytenbach Sentrum se jeugdireksie onder leiding van Kobus Coetzee en Anouk Cronjé nooi enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop om dit Saterdag 16 September om 12:00 op die verhoog van die Boland Cellar Woordtent te kom voordra of voorlees.
Kontak gerus vir Kobus by 073 538 8771 of Anouk by [email protected].
WINDTONGE OM TE ONTHOU (Dankie, Busy Beez)
Windtonge: Woorde op vlae wat in die digterstuin wapper in die wind vir almal om te sien en te ervaar en te onthou van wat was. En in die nou van elke dag voort te gaan om nuwe woorde en onthou te skep vir die dae en jare en tye wat kom in ’n woordwêreld wat anders gaan wees. Die Busy Beez is al die afgelope 14 jaar in die omgewing van Wellington en Paarl doenig. Hulle streef daarna om vroue te bemagtig en meer effektief en betrokke te maak in hulle gemeenskappe. Die Busy Beez is nie ’n geïsoleerde groep nie en werk nou saam met ander soortgelyke klubs. Hulle reik uit deur komberse te versprei en sopkombuise te skep vir die wat minder as hulle het. Ander mense se behoeftes is hulle prioriteit. Die Breytenbach Sentrum wil hulle hartlik bedank vir die bereidwilligheid en vreugde waarmee hulle die Windtonge-projek aangepak het.
KUNSUITSTALLINGS
lewende woord(e)
woord, e - 1. Eenheid van vorm en betekenis in taal wat selfstandig betekenis oordra 2. Die in skrif of druk sigbare voorstelling daarvan
lewend, e - Wat lewe of nog lewe het
-e Taal as veranderde ontwikkelende verskynsel
{Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Labuschagne & Eksteen, Van Schaik (1993)}
Kunsuitstallings in die Breytenbach Galery op die eerste vloer van die Hoofgebou en in die Cloete Gemeenskapsgalery op die grondvloer. Verskeie werke deur Breyten Breytenbach en Marinta Skupin en ’n groepuitstalling met kunstenaars soos Sandra Hanekom, Michele Nigrini, Elzahn Nel, Kobus Coetzee, Kobus la Grange, Sharle Matthews, Theresa Jo en Marieke Kruger.
OULAP SE ROOI MAAK (OOK MOS) MOOI
OUD EN JONK SE MONDWOORDE
Lede van PEN Afrikaans, ’n skrywersorganisasie wat hom beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin van Digters gratis bywoon.
PEN AFRIKAANS
Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek penafrikaans.org.za.
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede
en die Afrikaanse skrywers- gemeenskap in ’n internasionale verband.
Wyn en ander drank is in Die Bôrdienghuis-teater te koop en eetgoed by stalletjies op die terrein sowel as by koffie@breytenbach, die Breytenbach Sentrum se restaurant en by ’n koffiestasie in die tuin op die terrein. Besoek ook die Breytenbach-galery vir kunsgeskenke.
SÓ HELP ONS
H A N D E V A N A A I T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3
Francois Lötter Hooforganiseerder 083 408 1902
[email protected] Grant Jefthas
Programleier Deon Meiring
Skakeling met deelnemers 082 464 7897
Laetitia Badenhorst Verhoogbestuurder 082 380 2230
Daar is een ingang na die Tuin van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou van die Breytenbach Sentrum deur die hek na die tuin.
INGANG NA TUIN VAN DIGTERS
Daar is ’n Bargain Books-boekstalletjie in die ATKV Akkoordtent waar digbundels en ander publikasies gekoop kan word. The Book Traders-boekwinkel in die hoofgebou het ook ’n uitsonderlike versameling tweedehandse boeke.
SPYS EN DRANK
BARGAIN BOOKS-BOEKSTALLETJIE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by [email protected].
VERDERE NAVRAE
Jessica Ruiters
Administrasie en noodhulp
062 060 8586; [email protected] Anne-Ghrett Erasmus Coetzee
Breytenbach Galery en verblyf
083 415 0002; [email protected] Esther Kotzé
The Book Traders boekwinkel
072 997 4813; [email protected] Jeannine de Frene
Kaartjies en besprekings 061 156 5386
Alle vertonings, behalwe as anders aangedui, sal in die Boland Cellar Woordtent in die tuin en in die ATKV Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.
VERTONINGS EN TENTE
Vrydag 15 September: R150 p.p. (alle aanbiedinge ingesluit) Saterdag 16 September: R275 p.p. (alle aanbiedinge ingesluit) Tweedagpakket (Vrydag & Saterdag): R350 p.p.
Studente: R120 p.p. per dag (met geldige studentekaart) Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang
KAARTJIEPRYSE
Jeannine du Frene 061 156 5386 H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington
BESPREKINGS
PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
BORGE EN ONDERSTEUNERS
Dagbreek Trust, NB Uitgewers, ATKV, Boland Cellar, Drakenstein Munisipaliteit, Rupert Historiese Huise-stigting, Prosperity Management Africa, Dagbreek Trust se trust vir kuns, kultuur en erfenis, Naledi, Protea Boekwinkel, Turksvy Publikasies, Ons Klyntji, PEN Afrikaans, kykNET Fiësta, Bargain Books, Die Bôrdienghuis Teater, The Book Traders, Breytenbach Galery, koffie@breytenbach, War Room Media, Isabeau PR & Communications
Volg Breytenbachsentrum op Facebook en Instagram en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop.
VERBLYFBORG Cummings Gastehuis
T U I N V A N D I G T E R S 2 0 2 3