• Tidak ada hasil yang ditemukan

Uit genade alleen? Herbesinning oor die Romeinebrief deur Suid-Afrikaanse teoloë

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2025

Membagikan "Uit genade alleen? Herbesinning oor die Romeinebrief deur Suid-Afrikaanse teoloë"

Copied!
15
0
0

Teks penuh

(1)

Uit genade alleen? Herbesinning oor die Romeinebrief deur Suid-Afrikaanse teoloë

H A Lombard Universiteit van Suid-Afrika

A bstract

T hrough faith, from begim iing to en d ? R ethinking the L etter to the R om ans by South A frican theologians As m a te ria l fo r an d re fle c tio n on religious issues by Christians, the letter to the R om ans used to be a docu­

m en t o f fu n d am en tal im p o rtan ce. It ought to be a p ­ p la u d e d th a t in 1989 a co n trib u tio n to this le tte r was m ade by South A frican s in th e ir own context, w ith a view to m eeting th eir situation and needs. T he eleven contributions re p re se n t the au th o rs’ religious sense of responsbility and social sensitivity. T hey also display the n atu re and co n ten t o f th eir h erm eneutical van ta"e points and th e ir co m petence in exegetical procedures.

A p a rt from th e m erit an d indisputable value o f these contributions, cognizance should also be tak en o f defi­

ciencies w ith reg ard to m eth o d o lo g ical p recisio n and com petence in som e of the articles. A salient deficiency is th e lack o f cognizance o f the w ork of South A frican th eo lo g ian s and discussions w ith them . T his is to be regretted.

1. INLEEDENDE OPMERKINGS: DIE SCENARIO

In 1989 h e t die tw aalfde in ’n reeks van jaarUkse publikasies (sedert 1978) van die In s titu u t vir T eo lo g iese N avorsing a a n die U n iv ersiteit van Suid-A frika verskyn.

H ierd ie boek, getiteld Uit genade alleen?, wat onder redaksie van W S V orster & A S E ngelbrecht uitgegee is, is van stapel gestuur d eu r die C B Powell Bybelsentrum wat deel vorm van die Instituut en bevat ’n versam eling van elf lesings w at in 1988 by die B ybelsentrum oor die R om einebrief gelew er is.

136 ISSN 0259 9422 = H TS 47/1 (1991)

(2)

H A Lombard

O m hierdie ‘h o o fb rie f van Paulus as sem inaar-onderw erp te kies, was beslis ’n aanprysensw aardige stap w aarm ee die destydse h o o f van die B ybelsentrum , p ro f P G R de V illiers, gekom plim enteer m oot word. Im mers, die R om einebrief verm ’n baie belangrike dee! van die Pauliniese teologie en van diverse teologiese tem as in die Nuwe T estam ent; in die geskiedenis van navorsing en in dogm enhistoriese per- sp ek tief staan dit ook hoog op die prioriteitslys, terwyl dit nog altyd ’n belangrike bron in gesprekke en kontroverse rondom tem as soos soteriologie (kyk R om 1:16- 17; 2:3v; 5:1-11, et al), uitverkiesing (kyk R om 9-11), kerk-staat verhoudings (kyk R om 13), Christelike etiek (kyk R om 12w ), ensovoorts was.

In die lig van hierdie verwysingsraamwerk m et betrekking tot die belangrikheid en ak tu aliteit van die R o m ein eb rief dring hierdie versam eling lesings d e u r to t die kern van teologiese besinning w at relevant is vir algem ene B ybelondersoek, m aar ook vir die besondere konteks in Suid-Afrika.

T en opsigte van laasgenoem de konteks is dit ook belan g rik om te k o n stateer dat hierdie lesings to t ’n hoe m ate aanleiding gevind het en aangepak is in ’n Suid- A frikaanse Sitz im Leben. Bybelse perspektiew e oor konkrete sake, teologies, m aar o o k g o d sd ien stig , so s io -p o litie s e n a n d e rs in s w o rd n a v o re g e b rin g . H ie rd ie om vattende konteks van die teoloe vorm - soos dit altyd die geval is - deel van hulle paradigm as van verstaan en v ertrekpunte in hulle pogings om die R om einebrief uit te lê.

D ie teoloë w at hierdie bydraes gelew er het, geniet redelike to t hoë aansien in akad em iese kringe. D ie dissiplines w aarin hulle spesialiseer, is K erkgeskiedenis (een persoon), N uw e-T estam entiese W etenskap (vier persone), O u-T estam entiese W etenskap (een persoon), O u-T estam entiese W etenskap en K erkgeskiedenis (een p ersoon), P raktiese T eologie en Sistem atiese T eologie (een persoon) e n Sistem a- tiese Teologie (twee persone).

2. INDIVIDUELE BYDRAES: WAARDERING EN KRITIEK

H e e l g ep as h e t C J B otha in die e e rs te a rtik e l ’n w aard ev o lle oorsig gegee van tra d is io n e le in leid in g sv rae o o r die R o m e in e b rie f en sy ro l in d ie lo o p van die kerkgeskiedenis. Hy re d e n e e r dat hierdie rol reeds in die Nuwe T estam ent self na vore kom in die invloed van die R om einebrief op 1 Petrus, H ebreërs en Jakobus en dan in die vroeg-Christelike literatuur vanaf Klemens van R om e (93-97 n C) en ver- d er by die A pologete (d erd e to t vyfde eeu e), M iddeleeuse skolastici, R efo rm ato re (sestiende eeu ) to t by K arl B arth in sy epogm akende geskrif. Die Romerbrief, direk na die katastrofe en skokkende ontnugtering van die E erste W êreldoorlog. H ierdie oorsig is ’n knap stuk w erk van B otha as kerkhistorikus w aarin hy ’n goeie analise

(3)

Uit gcnadc aOcen?

van prim êre en sekondêre literatuur gem aak het.

D it is eg ter ’n groot tekortkom ing in B otha se b enadering en in sy aanbieding d a t hy die voortgaande belangrike rol van die R o m ein eb rief nie vanaf B arth deur- getrek het n a die m oderne besinning w at ná die Tw eede W êreldoorlog en tot in die hed e plaasgevind h e t nie - sy nu u tste b ro n d a te e r u it 1971! Hy m aak ongelukkig ook géén m elding van die rol w at die R om einebrief in Suid-Afrikaanse teologieë en in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis gespeel het nie. E n dit terwyl die opset van d ie o o rsp ro n k lik e lesings e n h ierd ie p u b lik asie juis was e n is om m et ’n kritiese ingesteldheid o p nuut in 1988 na d ie b etek en is en rol van die R o m ein eb rief in die Suid-A frikaanse situasie te kyk. D ie teologieë e n kerke in Suid-A frika is óók, ja selfs ’n b elangrike, deel van die besinning binne en geskiedenis van die C hristen­

dom. D it sou dan ook b eter gewees het, en ’n vollediger beeld geskep het, as B otha saam m et Kenneth Scoti Latourette (1954) verwys h e t na die ‘G eskiedenis van die C hristendom ’ in plaas van ‘K erkgeskiedenis’, en hierdie voile spektrum in sy oorsig gedek het.

As N uw e-T estam entikus h e t A B du Toit op klassieke wyse n a die ‘sleutel’ to t die R o m ein eb rief (1:16-17) gekyk. D ie kritiek (verwyt!) d at hierdie b enadering agter- haald is, w ord ondervang d eu rd at sy analise, sintese en toepassing v erd er ook nog vanuit die perspektief van die retoriese situasie van R om eine (bl 17v) b en ad er is. M et behulp van ’n literêr-kritiese paradigm a van verstaan van die R o m ein eb rief vra hy die belangrike vraag binne w elke situasie die o u teu r sy lesers w ou oortuig van b e ­ langrike veranderinge van persepsie en lewenswyse w at hulle m oes ondergaan. Du T o it wys eg ter ook tereg daaro p d a t die oorredingsm otief, soos geidentifiseer deur en vanuit die perspektief van taalhandelinge en lesersrespons, nie die enigste kyk op die R om einebrief bied nie en d at hierdie m otief waarskynlik ook nie die enigste en finale red e vir die skrywe van die b rief is nie.

D ie bydrae w at D u T oit lew er, is ’n b aie w aardevolle een w aarin die betekenis van die R o m e in e b rie f kragtens die aspek van die p rag m atiek van h ierd ie teks as lite rê re teks, na ons eie tyd se m ense d eu rg etrek word. V e rd e r w ord ook enkele bydraes van Suid-A frikaanse teoloë deu r verwysing en bespreking tot hulle reg laat kom.

D it is b a ie gepas om ’n O u-T estam entikus, W J Wessels, o o r H ab ak u k te laat skrywe om hierdie O u-T estam entiese p ro feet w at figureer in R om eine 1:17, G ala- siërs 3:11 e n H e b re ë rs 10:37v, b e te r te verstaan . N a gelang van die m ate w at ’n v eran tw o o rd e verstaan sm o d el vir die verhouding die O u T estam en t to t die Nuwe T estam ent funksioneer, is W essels se toespitsing op die uitleg van H abakuk 2:4 in sy

138 H T S 47/1 (1991)

(4)

H A Lombard

om vattende konteks en sleutelposisie in die hele profesie gewis bevorderlik vir die v erstaan van R om eine 1:17. Sy beklem toning van die sentrale gedagte van hierdie profesie, veral H ab ak u k 2:4 in konteks, is as verstaansm odel en w erkhipotese hier van b e so n d e re belang. Saam m e t B o a d t (1982:181) k o n sta te e r hy op grond van H abakuk se profesie d at G od nie politieke of interne sukses vir die m ens beoog nie en d a t H y ook nie o ptree cm alleenlik m aar politieke of onm iddellike voordele (vir m ense) te verskaf nie. N ee, G od vra vir ‘fidelity in p atien ce’. In m il hiervoor gee Hy die lewe vir diegene w at geduldig wag en getrou op G od se beloftes reken.

G M M Pelser (bl 29-54) ontsluit op ’n m etodologies aan vaarbare en duidelike wyse vir die leser ’n m oeilike g ed e e lte van die R o m ein eb rief, n aam lik 1:18-3:20. D ie groot vrae rondom die kernsake soos regverdigm aking en verlossing van die Jood en nie-Jood w ord u it die kern van die R o m ein eb rief en ook die hele evangelic beant- w oord. A lle m ense (Jode en nie-Jode) is doem w aardig voor G od en is dus vir ver­

lossing op G od se genade en voorsiening aangew ese. Pelser fokus die soeklig skerp op die titel en tem a van die publikasie, naam lik Uit genade alleen?, w at u it hierdie g edeelte van die b rief kom. D ie vraagteken agter die titel w ord dan eintlik deu r sy p e rsp e k tie w e in ’n uitroepteken v e ra n d e r e n o ok die m o d ern e gelow ige, die nie- gelowige en die skyn-gelowige (d i die godsdienstige ongelowige!) w ord voor hierdie appél geplaas (bl 51).

D ie u itg e b re id e literatu u rly s van vyf-en-veertig titels is u iters w aardevol vir enige student van die R om einebrief. D it verskaf voorbeelde van die form ulering en toepassing van die belangrikste paradigm as vir die verstaan en interpretasie van die R om einebrief v anaf 1914 tot en m et 1986.

D it is e g ter jam m er dat P elser n êrens d eu r enige verwysing na b ro n n e ’n aan- d u id in g gee w aar en ho e hy m et g e le e rd e s in g esprek tre e nie. D it laat, om die m inste te sê, die vraag o n tsta a n o f h ierd ie literatuurlys d ie a a n ta l geraad p leeg d e w erke aangee, en o f dit vir eie leesw erk en verdere studie van die lesers bedoel is?

In d ie n d it d ie b ro n n e vir d ie fo rm u le rin g v a n die e in d re su lta te van die a rtik e l verteenw oordig, w ord onm iddellik gesoek na ’n b ek en d stellin g e n verduideliking van die su k sesfo rm u le w at to eg ep a s is om soveel u ite e n lo p e n d e p a ra d ig m a s en standpunte op so ’n harm onieuse wyse m et m ekaar te korreleer en te integreer.

J H le R oux (bl 55-63) teken in duidelike term e die aard en krag van die geloof van A b ra h a m - d ie m an w at as ’n so o rt (a rg e )tip e van gelow igheid in R o m ein e 4 en H e b re ë rs figureer. V ir hierdie literêre skildery w ord G enesis 12-25 o n d er die loep van ’n analitiese Bybelkundige geplaas. A an die einde van sy lewe h e t A braham van G o d se b e lo f te s van ’n g ro o t n ag eslag e n ’n lan d slegs e e n kind e n ’n stu k k ie

(5)

Uit gcnade allcen?

grafgrond gehad! M aar ten spyte hiervan staan A braham se volharding in die geloof d at G od sal voorsien en sy hoop in wanhopige situasies en gebeure steeds voorop.

M et sy vertelling oor en parafrase van A braham se geskiedenis slaag Le Roux op k enm erkende wyse d aarin om G odsvertroue as k ernaspek van geloof uit te lig.

D us, in p laas van ’n g ed o k u m en teerd e akadem iese re fe ra a t is h ierd ie bydrae die im provisasie van ’n vakkundige O u-T estam entikus w at put uit ’n korrelasie van sy w etenskaplike verm oë ên sy religieuse sensitiwiteit en ervaring.

ÍV A Sebothom a (bl 64-74) voeg hom as N uw e-Testam entikus by Le Roux in sy be- sinning o o r A b ra h a m se g elo o f as m o d el van d ie C h ristelik e geloof. Sy verge- lykingsmodelle w ord beskryf uit inligting verkry uit G enesis 12w en R om eine 3:21- 5:2. In sy analises van die twee kom ponente uit die Bybel m aak hy gebruik van goed verantw oorde h erm en eu tiese beginsels, naam lik o n d er an d ere om G enesis in die konteks van segswyses en die denkw êrelde van die O u T estam en t, O ud-Israel en J u d a ls m e te i n t e r p r e te e r , e n d ie R o m e in e b r ie f in d ié v an d ie e e rs te -e e u s e Christendom -in-ontwaking.

S eb o th o m a kom te re g to t d ie b elan g rik e slotsom d a t vir b e id e A b rah am en P a u lu s g e lo o f n ie a b stra k is nie, m aar eksistensieel. H ie rd ie g e lo o f gedy in ’n gelowige gem eenskap van eenheid en w aar d aar ook ’n eskatologiese gerigtheid is.

G odsdienstigheid b e te k e n vir beide figure godsdienstige gehoorsaam heid (bl 68).

D eu r hierdie sieninge raak te sien en eksegeties binne sy paradigm a te substansieer, slaag S eb o th o m a d a a rin om h isto riese e n teologiese konteks van O u- en Nuwe- T estam entiese perspektiew e in, onder andere, die gebeure van herkontekstualisering te ko rreleer. D ie w aarde van sy bydrae to t hierdie bundel en to t besinning oor die R o m ein eb rief is d at hy geloof kw alifiseer as ’n weg tot w are lewe, ên ’n w eg/w yse van volkom e lewe.

B inne die perke en term e van sy verstaansm odel en prosedure van interpretasie van die Bybel, h e t Sebothom a op duidelike en konsistente wyse sy analise gem aak en sy beskouing gelegitim eer.

D ie vraag ontstaan egter of hy al die inligting w at in sy artikel vervat en verwerk is, sy eie b rein v ru g is. G e e n verwysing n a b ro n n e en o ok g een literatuurverw y- singslys is by sy bydrae gevoeg nie.

In sy stu d ie van R o m ein e 6-8 gee J G Sw anepoel ’n uitleg van d ie b etek e n is van teologiese tem as wat hier voorkom , soos doop, opstanding, vryspraak, diensbaarheid van sonde e n van G od (respektiew elik van die w et en die G ees). D ie o u teu r ver- s tre k h ie r in sy m a n ie r van v e rs ta a n , u itle g e n in te r p r e ta s ie v a n h ie r d ie d rie hoofstukke van die R om einebrief. Hy bied dit aan as ’n soort finale eksegese van

140 H T S 47/1(1991)

(6)

H A Lombard

die gedeeltes. O m tot hierdie byna dogm atistiese opvatting oor die R om einebrief te kom, volg hy ’n eksegetiese prosedure wat ’n verm enging van die gram m aties-histo- riese, stru k tu ralistiese, histories-kritiese (veral red ak sieh isto riese), selfs iets van literêr-kritiese (veral retoriese kritiek) en ook nog tekskritiese benaderings. H ierby w ord Skrif-analogieë en parafrasering ook veelvuldig as m odelle vir uitleg toegepas.

O p die oog a f lyk dit asof die leser die artik el soos ‘soet koek’ k an v ero rb er, veral as hy/sy daaro p ingestel is om iniigting oor Paulus se teologiese gedagtes an sich te verkry. D ie aannam e en suggestie van so ’n aanbieding by Sw anepoel is dat hy Paulus hom self laat in terp re teer; by die leser is die aan n am e by so ’n b ehoefte dat dit so m aklik is om Paulus hom self te laat interpreteer!

Sulke aannam es en suggesties is ’n groot vergissing aan beide kante. D ie fout hier is dat die teoloog nie behoort te m aak, soos Swanepoel, om reeds in die proses van sy analises m et apodiktiese uitsprake in die vorm van sinteses na vore te kom nie. ’n G o eie voorbeeld hiervan is op bladsy 76-78 w aar hy sy opvattings en kon- klusies oor die doop in R om eine 6 inlees into the m ind o f Paul.

’n A nder voorbeeld is sy verstaan en uitleg van R om eine 7:7-25 (kyk bl 83-87).

Hy gee ’n opsom m ing van verskeie teoloë se stan d p u n te o o r hierdie m oeilike ge- d eelte (bl 84). D ie ses in terp retasies van teoloë w ord eg ter nie op ’n sistem atiese wyse krities b espreek nie. Hy wys dit af d at die ‘ek’ in 7:1 slaan op die m ens vóór die sondeval (opvatting 3), om dan sonder m eer oor te gaan na ’n bepaling van die b etek e n is van die frase ‘voor die w et’. V olgens horn slaan d it ook nie op die tyd voor die val nie, m aar slegs op een van twee situasies, naam lik, die tydperk voor die Sinai-wetgewing, o f die tyd in Paulus se eie lewe to e die w et nog nie ’n houvas op hom gehad h e t nie. R espektiew elik slaan die ‘ek’ dan op Israel voor Sinai, o f op ’n outobiografiese aanduiding van die m ens synde in dieselfde posisie as Paulus. Laas- genoem de beskryf dan tw ee lew ensfases in verhouding tot die wet, te w ete lewens- beskerming (voor bar-mitzwah) en wetsblootstelling (daarna). In die lig van R om eine 7:7-8 wys hy die eerste uitleg af, w ant hy sien dit so dat dit hier gaan om die ‘kontras en spanning w at in die m ens se eie bestaan erv aar w ord (kyk bl 85). H iervolgens sou Paulus d ie ellen d ig h eid van die m ens o n d e r die w et in k ontras m et d ie lewe onder die genade teken en daarm ee die w et versus die genade teken.

Volgens Sw anepoel skets Paulus in R om eine 7:13-23 dan v erd er die skrikwek- kende im plikasies van fase 2 van die m ens se lewe w aarin tw ee im pulse op die ten voile to erek en b are m ens inwerk en spanning m eebring (bl 85). So ro ep Paulus (en ons!) uit: ‘Ek, ellendige mens, wie sal my verlos?’

So h et Sw anepoel m et slegs enkele opm erkings oor die ses standpunte (w at elk- e e n ’n lang geskiedenis en groot nam e as voorstanders h et) voortgegaan om sy eie s tan d p u n t na aan leid in g van ’n kom binasie van stan d p u n te 1 e n 2 (w at ein tlik in

(7)

wese dieselfde is) te gee.

D a a r k an v o ls ta a n w ord m e t h ie rd ie p a a r k ritie se op raerk in g s, w an t d it is genoegsaam om te konstateer dat hierdie bydrae nie oortuigend is nie. D ie red e is dat die o u teu r m etodologies te ongenuanseerd (somtyds na'ief) te w erk gaan en in sy eksegese te m aklik k ort pad kies sonder om werklik in diepte in gesprek m et teoloë en b estaan d e standpunte te tree. D aar is ook geen finale konklusie aan die einde van die artikel nie.

E nkele an d er punte van kritiek is die volgende:

* D it is onaanvaarbaar dat die Literatuurlys agt titels bevat w aam a nêrens verwys w ord n ie (so o s B au er, W 1973; B ellev ille, L L 1986; B ran n ick , V P 1985;

Branch, M T 1975; Louw, J P & N ida, E 1988; M urray, J 1970; Schm ithals, W 1980; W edderburn, A J M 1985).

O p bladsy 84 word w eer na ’n hele aantal outeurs verwys (o a na Calvyn wat nie in d ie L iteratuurlys voorkom nie) so n d er v erd ere aanduiding van ja artalle en bladsyverwysings.

* D ie n a a m van d ie ty d sk rif Journal o f the Study o f the N ew T estam ent m o et afgekort w ord to t J S N T en CBQ m oet ook in kursiewe vetdruk verskyn.

* ’n Baie groot tekortkom ing en punt van gewigtige kritiek teen die artikel is dat, behalw e Louw & N ida (w aarna nie eens verwys w ord nie), géén publikasie en stan d p u n t van enige Suid-A frikaanse teoloog aan d ag kry nie. E n dit geskied terwyl die Sitz im Leben van hierdie bundel opstelle juis die Suid-A frikaanse is!

Swanepoel kon in die beskikbare Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie van die Instituut vir Teologiese Navorsing aan U N ISA (1980,1983,1988 en 1989) al die bydraes oor die R om einebrief opgespoor het.

In die bydrae van / G du Plessis o o r ‘R om eine 9-11: D ie snykant van genade’ word hierdie gedeelte as ’n argum entatiew e teks vir die oorreding van die lesers vanuit ’n lite rê r-k ritie se p e rsp e k tie f bekyk. H ierin w ord op bekw am e wyse aandag aan die kom m unikasie-situasie, die sp rek er (Paulus) en sy gespreksgenote gegee. E intlik h e t D u Plessis in sy analise hoofsaaklik aandag geskenk aan die konteks en w erk- wyse van die o u teu r en is die vraag na die suksesvolheid van sy argum entasie gevra.

Hy beklem toon ook die feit d a t hierdie Pauliniese argum entasie die teensw oordige leser voor die appél van G od se genadige barm hartigheid plaas.

H ierd ie is ’n w aardevolle bydrae w aarin die teologiese verwysingsraam werk en k o n tek s v an die destydse o u te u r e n ’n d eel van sy lesers skerp o n d e r die soeklig geplaas w ord. D ie slotsom w aartoe d eu r ’n sistem atiese analise gekom word, ont- sluit hierdie gedeelte vir verdere besinning o o r hoe die Nuwe T estam en t op enige U k gciudc aUcen?

142 H T S ^ /1 ( 1 9 9 1 )

(8)

H A Lombard

leser daarvan appelleer w at soos die destydse Jode lesersw eerstande h e t in die vorm van tradisionele teologieë.

D ie feit dat D u Plessis slegs vier titels in sy bronnelys aangee (drie kom m entare en e e n m onografie), beteicen d a t hy o o r ’n baie eng fro n t m et a n d e r geleerdes in g esprek tre e en dus eintlik sy eie besinning en analise op die tafel wil plaas. V ir oorspronklike w erk is d aar natuurlik in Suid-Afrika baie ruim te en groot behoefte.

C J A Vos se b y d rae g a a n ew en een s o o r die kw essie van u itv erk iesin g , ju is na aanleiding van R om eine 9-11. T ee n o o r D u Plessis se bydrae b ied V os s’n ’n p er- spektief vanuit die sistem atiese teologie en dogm engeskiedenis.

N a aan leid in g van insigte verkry u it N ew ton se kw antum fisika beskryf hy u it­

v erk iesin g as ’n b ip o lê re a a n g e le e n th e id , b e s ta a n d e u it G o d se vrym ag én die veran tw o o rd elik h eid van die m ens en bew oord hy die titel van sy opstel gepas as

‘Uitverkiesing: G od e n /o f m ens?’

D ie o ndersoek bied ’n dogm enhistoriese oorsig (’n tipe van ’n geskiedenis van navorsing) w aarin R eform atoriese denke, die van die Pelagiane en Sem i-Pelagiane, A rm iniane, ensovoorts, krities oorskou word. H ierin behandel Vos klassieke dilem ­ mas in die dogmengeskiedenis, soos Verkiesing’ en sy kom plem ent V erwerping’ (kyk R om 10: Iv). Sy bered en erin g en form ulering b erus op, o n d er andere, die D ordtse L eerreëls, Calvyn, Berkhouw er en eksegete soos H N R idderbos, E K asem ann saam

m et O M ichel en J P Louw. '

Hy konk lu d eer d at R om eine 9-11 eindig m et ’n loflied van ’n ‘c o p slot’ w at sê dat G od se genade die m enslik onm oontlike m oontlik m aak (kyk bl 118).

Vos se bydrae is ’n waardevolle oorsig van hoe ’n sistem atiese teoloog konstruk- te m et betrekking tot die uitverkiesing en aanverw ante sake ontwerp.

W at sistematiese teologie betref, staan sy analises en sinteses so sterk soos w at dit sek er kan en is dit w aarskynlik ook verteenw oordigend van die stand van sake in Sw itserse (C alvyn se w erke verskyn nie in die L iteratu u rly s nie), D u itse, N ed er- iandse, Engelse en Suid-Afrikaanse geledere, soos gereflekteer vanaf 1952 to t 1988.

W at eksegetiese arbeid op hierdie terrein betref, word gebruik gem aak van sy eie poging saam m et die van K asem arm , M ichel, Pesch en R idderbos. H ierd ie p aar g root nam e kan eg ter n o o it as verteenw oordigend beskou w ord v an die besinning o o r R om eine 9-11 w at só problem atics is en w aaro o r al so b a ie geskryf is nie. In d ie lig v an die feit d a t die o o rsp ro n k lik e lesings en h ierd ie h ele b u n d el opstelle bed o el was en is om oor sulke ‘probleem gevalle’ in die R o m ein eb rief te herbesin, m oet gevra word: As die eksegetiese ondersoek van R o m ein e 9-11 ’n wyer en baie m e e r v erteen w o o rd ig en d e sp ek tru m g edek h et, sou die b y d rae nie g ro te r en die argum ente nie b e te r gesubstansieerd gew ees h e t nie? Sou die besinning van siste-

(9)

Uit genade alleen?

m atiese teoloë (soos Vos) nie ook sóveel gebaat h et by hierdie wyere herbesirming en dus verdere onafhanklike ondersoek, dat ons in 1990 ’n hele en t verder op ons soeke na die w aarheid oor uitverkiesing sou wees nie - veral aangesien dit juis die intensie van h ie rd ie b u n d el lesings w as? D ie antw oord op h ierd ie v rae is n atu u riik : Ja, beslis! H ierdie antw oord skaal die w aarde van hierdie bydrae af to t op die vlak van

’n standaardgraad kompilasie, w at wel enige verduidelikende kom m entaar en waar- devolle kritiese kan ttek en in g e by sekere asp ek te van trad isio n ele standpunte op- lewer.

C du Toit, ’n sistem atiese teoloog, skenk aandag aan etiese dim ensies in R om eine 12-16, soos liefde as beginsel vir alle handelinge en die kwessie van die swakkes en die sterkes (14-15). Hy gee ’n w aardevolle beskrywing van die agtergrond van die R o m e in e b rie f, aso o k van die te o lo g ie se en g o d sd ie n stig e d e n k w ê re id van die geadresseerdes van die b rief (kyk bl 128, 132w). Binne sy herm eneutiese m odel ag hy te re g h ierd ie inligting as van belan g en hy m aak ’n keuse vir ’n b e p a a ld e be- skouing hieroor w at redeUk verteenw oordigend van die kern van huidige opvattings is.

D ie uiteensetting oor die sogenaam de swakkes en sterkes (kyk bl 128-131) gaan o o r R o m ein e 14:1-15:13 en w ord aan die hand van vier a sp ek te in vier p erik o p e analities en sistem aties aangebied. D ie tekortkom ing hier is d a t D u T o it hier slegs m et twee (U W ilckens en D A Black) van die dertien teoloë van sy Literatuurlys in g e sp re k tre e , so a so f h ie rd ie tw ee (sa a m m e t h o m self) d ie h e le sp e k tru m van beskouings en die voile omvang van die w aarheid dek!

’n A nder goeie bydrae in hierdie afdeling is sy sintese w at geform uleer word as Paulus se ‘teologie van sw akheid’, oftewel, ‘skat-in-erdekruike-teologie’ (kyk p 131).

E nkele kritiese opmerkings oor die bydrae is egter nodig.

* D ie groot tekortkom ing van die artikel is d at D u Toit, strydig m et sy spelreëls as

’n sistem atiese teoloog, nie aa n die einde d ie bevindinge van sy analise in ’n sistem atiese konklusie w eergegee h e t nie, terw yl hy d it w el te n opsigte van R om eine 14:1-15:13 gedoen het.

* D ie gevolg van h ierd ie tek o rtk o m in g is d a t die leser(es), w an n eer hy/sy die a rtik e l k la a r g elee s h e t, o n g elu k k ig nie ’n d u id e lik e b e e ld v an d ie ‘e tie se dim ensies van R om eine 12-16’ het nie.

* In die eksegese is te sw aar en eensydiglik op W ilckens gesteun - 50% van al die verwysings is na hierdie outeur. D ie artik el van G H T e r Schegget, w at direk oor dieselfde onderw erp handel, word slegs eenm aal verwys.

144 N T S 4 7 /] (1991)

(10)

H A Lombard

• In laasg en o em d e v erb an d geld o ok die k ritie k d a t P J A c h te m e ie r en J van Bruggen in die Literatuurlys verm eld word, m aar nie na hulie verwys w ord nie.

V erd er, w an n eer n a m eer as e e n o u te u r tesam e verwys w ord (soos op bl 120, 125,132), m oet hulle ó f kronolcgies 5f alfabeties gerangskik word.

* D it is nie aa n v a a rb a a r om te verwys na o u teu rs (soos na C H D odd, R Bult- m ann en E K asem ann - bl 124), m aar nie datum s van titels te verstrek en ook nie die titels in die Literatuurlys op te neem nie.

E van N iekerk se bydrae g aan o o r die C h risten e n d ie s ta a t (kyk bl 137-54), m et spesiale verwysing na R om eine 13.

Soos so kenm erkend van V an Niekerk, ’n sistem atiese teoloog m et ’n sterk wys- gerige o nderbou, gee hy ’n v erh eld eren d e en kritiese analise van frases soos ‘die C hristen en die staat’, ‘burger en staat’, w aarin hy die afsonderlike kom ponente van hierdie frases en hulle verband to t m ekaar en assosiasie m et m ekaar onder die loep neem .

H ierd ie artik el lew er ook ’n w aardevolle bydrae to t die vra van noodsaaklike herm eneutiese vrae oor die m anier w aarop die Bybel gebruik word in die n a d e n k e / spreke in die algem een en oor die staat en die sam elew ingsbeskouing w at herm e- n e u tie s h ie rin fun k sio n eer. Hy k o n sta te e r d a t C h risten e gew oonlik ’n b ep aald e herm eneutiese paradigm a o o r die Bybel daarop nahou na aanleiding van w at hulle as die om vattende tendens o fsko p u s (my kursivering) van die Bybel beskou.

T e r substansiëring van sy herm eneutiese aksioom van die dom inante rol w at ’n b ep aald e sam elew ingsbeskouing in die v erstaan e n uitleg e n in te rp re ta sie van die Bybel speel, g aan V an N iekerk terug na R om eine 13. O ok h ier w ord ’n b epaalde sam elew ingsbeskouing, resp ek tie w elik staatsfilo so fie e n -b estel g ep ro jek teer, te w ete n ie ’n d e m o k ra tie se re g s ta a t soos in die W este e n die R S A n ie, m a a r ’n R om einse m agstaat w aarin die ow erheid sinoniem gestel w ord m et die staat. D ie b elan g rik e im plikasies hiervan vir die v e rs ta a n en u itleg van R o m ein e 13 is d a t Paulus hier beslis nie d em okratiese regstaat-beginsels (soos o p e n b a re vryheid van sp raak , aso o k m eningsvryheid, stem reg, reg to t k ritie k op d ie staat, ensovoorts) aanspreek nie (kyk bl 140).

H ierm ee spel V an N iekerk, in aansluiting by D F M S trauss (1988), ’n ander b e lan g rik e aa n n a m e in sy h e rm e n e u se uit, n aam lik d a t die B ybel e n Paulus nie struktuurbeginsels van die staat en kerk daarstel nie. In die Bybel funksioneer slegs versk illen d e staats- e n kerkbeskouings w at g eb o n d e was a a n h e e rs e n d e kontem - po rêre sam elewingsbeskouings.

In ’n b elangrike p a ra g ra a f van sy artik el (kyk bl 141-48) gee V an N iekerk, in aansluiting by L Pohle (1984), ’n w aardevolle oorsig van vier in terp retasiem o d elle

(11)

Uit gcoadc allcen?

van R o m ein e 13. Sy kritiese b esp rek in g van hierdie m odelle wys u it d a t elk een hiervan b erus op ’n b ep a a ld e teologiese persepsie en d a t hulle op grond hiervan uitgebou w ord. H ierd ie o o rk o ep elen d e teologiese persepsies funksioneer as her- m en e u tie se p re s u p p o sis ie s/v e rtre k p u n te w at o o r R o m ein e 13 b een gelees word.

T ereg word die d erde model, die sogenaam de konkreet-charism atiese m odel (o a by K asem ann), as m eer genuanseerde m odel uitgesonder van hierdie oorspanning van R om eine 13. H ier word R om eine 13 nie gesien as ’n algem een-geldige riglyn vir die staatstru k tu u r nie, m aar as spesiale aanwysing ten opsigte van ’n gegewe historiese situ asie en as bek lem to n in g van die reg te v erhouding tussen die C h risten en die w êreld. T eenoor óór-entoesiasm e by K asem ann (en m iskien by V an N iekerk?) oor hierdie m odel, m o et dit eg ter onthou w ord dat hierdie m odel uiteindelik ook werk m e t alg em en e persepsies soos ’n eskatologiese g ro n d tem a van die R om einebrief, a so o k d a t c h a rism a tie s e h a n d elin g e in (v a n a f? ) R o m e in e 12:3-6 te r sp ra k e is.

V olgens hierdie verstaansm odel bevat R om eine 13 geen algem ene maatstaww e en n orm e vir C hristen e se o p tred e te e n o o r die sta a t nie, m aar wei norm e vir charis­

m atiese diens aan G od.

D ie w aarde van hierdie m odel is d a t die aksent gelê w ord op individuele funk- sionarisse van die sta a t e n hulle p ersoonlike verhouding to t burgers(esse) van die staat, en nie op die staat as instelling nie. W at die C hristen betref, staan hy/sy in ’n charism atiese handeling van diens teen o o r hierdie funksionarisse en die staat.

V an N iek erk voeg ’n vyfde m odel hier by, naam lik die sosiale kontrak-m odel waarvolgens die Bybel direk van toepassing op die kerk, m aar nie op die staat is nie.

T e n opsigte van laasgenoem de m o et C h risten e hulle gesonde verstand g ebruik en d a a rv a n k en n is n e e m d a t m ense - o ok C h riste n e - h u lle re g te e n vry h ed e d e u r m iddel van sosiale kontrak ingekort het deur aan sekere an d er m ense opdrag te gee om oor hulle te regeer.

V an N iek erk som sy n ad en k e h ie ro o r op d e u r op tw ee geldige p u n te te wys, naamlik:

• D ie vyf m odelle gaan om ’n antw oord op die vraag: G ee Paulus in R om eine 13

’n kort begrip en wegwysende analise van die struktuur van die staat soos geldig vir alle tye; o f gaan dit om algem ene raad vir m ense in R om e in die eerste eeu ê n o o k vir o n s in ons tyd o o r w at b e h o o rt g ed o en te w ord terw yl ons in die lew ensverband van die staat in diens van G od wil wees?

* V erskeie voorafingenom e sta n d p u n te/v ertrek p u n te/teo lo g iese persepsies kon- stitueer en bepaal hierdie vyf m odelle en nie die eksegese van R om eine 13 nie.

In ’n kritiese evaluering van die m odelle kom V an N iekerk tot die slotsom dat inlegkunde dus op groot skaal gepleeg is. Im m ers, ’n struktuuranalise van die staat kart nie uit die Bybel en Rom eine 13 afgelei word nie. V eeleer m oet ons in

146 H TS 47/1 (I99J)

(12)

H A Lombard

ons sam elew ingsverband, w aarvan die Bybel d eel is en re e d s ’n rol speel, die staat analiseer. In hierdie analise m oet die om vattende tendens/sicopus van die hele Bybel as norm ’n regulerende rol speel. T o t ’n sekere m ate gebeur dit ook by die vyf m odelle. W at m etodologies e g ter m o et g e b e u r - e n nie in die vyf m odelle gebeur nie - is dat ten opsigte van die skopus die proses van die herme- neutiese spiraal noodsaaklikerwys altyd uitgevoer m oet word.

T en slotte pon eer V an N iekerk sy eie konsep van so’n skopus. D it om vat drie kom- ponente, naamlik:

■ G od as skepper relativeer alles to t hulle eie aard en niks is absoluut nie.

■ H eil/w elsyn in die w êreld w ord vergestalt in sin, m et as teenpool on-sin, kwaad;

ook in bevryding en v erso en in g (d i e e n -m e t-a n d e r-te -w e e s). D ie k ru is en opstanding van Jesus is die sinvolle en bevrydende im pulse vir heil/w elsyn van die mens in ’n goeie aardse lewe.

■ O p weg n a ’n nuw e m ens e n ’n nuwe w êreld van m óre is m ens en w êreld aan v eran d erin g en vernuw ing onderw o rp e. So beskou, b e sta a n V an N iek erk se grondskem a vir die verstaan en lees van enige g ed eelte van die Bybel u it drie ko m p o n en te, naam lik, vrae na d ie oorsprong v an alles, n a die heil/welsyn van alles en n a die vernuwing van alles.

T o e g e p a s op R o m ein e 13 b e te k e n alles w at gesê is, d a t P au lu s h ie r dink in term e e n binne die raam w erk van ’n m agstaat van R om e e n die se verhouding to t en m agsgreep op die onderdane. Hy ken nie die m oderne dem o k ratiese reg staat nie.

O w erheid en staat is vir hom sinoniem - soos dit by ons ook funksioneer.

H ierd ie p ersep sie lei gew oonlik to t oorskryding van die p e rk e van gesagsuit- oefening deu r die staat en to t konflik van die o nderdaan to t die ow erheid/staat.

In ’n d e m o k ra tie se re g s ta a t, w at g lad n ie in R o m e in e 13 te r sp ra k e is nie, b ehoort dit te gaan om regsmag van die o nderdane w aarin geregtigheid e n billikheid m oet seëvier. D ie staat bestaan uit regering ên burgers en nie net regering nie. D ie regering h e t ’n taak, roeping en funksie terwyl al die reghebbendes en regsbelange inspraak het in w at hierdie taak, roeping en rol is/b e h o o rt te wees.

H ierdie bydrae van V an N iekerk getuig van goeie huiswerk w at m et die cog op herbesinning gedoen is. D ie wysgeer en sistem atiese teoloog is op ’n deurdringende wyse h ier aan die woord. W at hy te sê gehad het, kom duidelik by die leser uit om dit te beoordeel. H iervoor word groot w aardering betuig.

D ie volgende kritiese vrae m oet egter gevra word:

• H y lê Skrifuitleggers en teoloë en selfs vir Paulus dit te n laste d a t hulle m et ’n

(13)

Uit genadc aOcen?

v o o rin g e n o m e p e rs e p s ie e n s a m e le w in g sb e sk o u in g d ie B ybel e n vro eg - C hristelike tradisies v erstaan en uitlê, en dus ook R om eine 13 so geskep het (P a u lu s) e n h ie rd ie dinge o o r die Bybel en R o m e in e b rie f b een g elee s het.

M etodologies het hy met sy herm eneuse van die rol van ’n skopus van die Bybel en die effek van die anderssoortige sam elewingsbeskouing in R om eine 13, pre- sies dieselfde gedoen. H oe werk dit?

Paulus se samelewingsbeskouing en sy feitelike gesitueerdheid binne die wêreld van die R om einse m agstaat word as verw ysingsraam w jrk van R om eine 13 ge- sien. D it is waarskynlik herm eneutics en histories korrek om dit so te sien. Die v raag is e g te r o f dit geldig is om h ierd ie e n tite ite v an u it ’n a n d e r skaal van samelewingsbeskouing, die dem okratiese regstaat, te beoordeel en dit dan as ’n a n d e r b en ad erin g to t R om eine 13 en ’n b e te r eksegese hiervan aa n te bied?

(kyk hiervoor bl 15 Iv)

W aar en hoe pas V an N iekerk sy drie-voudige konsep van die skopus van die Bybel toe in sy verstaan en uitleg van R om eine 13? A1 w at in sy artikel aan die e in d e d a a rv a n u itg esp el w ord, is d ie im p lik asies van sy e ie sta a tsfiio so fie , respektiew elik sam elew ingsbeskouing, w at as o pdrag a a n regering en b u rg er deurgegee word.

Hy verskuif die fokuspunt en kern van die hele aangeleentheid vanaf die gesag van G od wat sonder m eer op die staat (en kerk) oorgedra word (soos by Paulus) na die wyse w aarop die staat/m en se gestalte a a n hierdie gesag gee. D it is baie sinvol om dit so te sien. M aar as gevolg van sy eie siening van die sam elewings­

beskouing en konkrete situasie w aarin Paulus die R om einebrief en R om eine 13 geskryf het, word R om eine 13 eintlik op ’n syspoor gerangeer as synde onvanpas as riglyn om die staat en regering en die se verhouding to t burgers - en omge- keerd - te beskryf. D ie red e is dat hy hier ’n ander sam elewingsbeskouing sien funksioneer. Hy bly in gebreke om sy drievoudige konsep van skopus as oor- k o ep ele n d e verklaringsprinsipe vir R om eine 13 en vir a n d er relevante Bybel- gedeeltes oor hierdie aangeleentheid te laat funksioneer.

H oe en w aar het hy die proses van die herm eneutiese spiraal ten opsigte van sy herm eneutiese presupposisies/vertrekpunte (o a van die om vattende ten d e n s/

skopus) laat plaasvind?

3. A L G E M E N E K O N K LU SIE

O or die geheel kan van hierdie bundel opstelle die volgende gesê word:

* D it was ’n lofwaardige gedagte van die Powell B ybelsentrum om teen die einde

148 H T S 47/1 (1991)

(14)

H A Lombard

van die v o o rlaaste d ek ad e van ons eeu in ons eie situasie ’n versk eid en h eid Suid-Afrikaanse teoloë na die R om einebrief te laat kyk.

Soos hierbo in die w aarderende m aar ook kritiese oorsig o o r die bydraes aan- gedui, wissel die gew igtigheid van die bydraes nogal aansienlik. Som m iges is ko m p ilato ries van a a rd w aarin ó f trad isio n ele sta n d p u n te iierbevestig is, óf

‘nuw e o rd e /a lte rn a tie w e teologie’ w eer eens op die tafel gesit is. A n d er by­

draes getuig nie net van besinning oor m etodologie en verantw oording oor die keuse, trefkrag en toepassing van paradigm as van verstaan nie, m aar ook van oor-spronklikheid in nadenke, arbeid en resultate.

A an die einde van die dag kan en m oet gesê word dat vordering wél gem aak is m et die p ro ses van h e rb esin n in g o o r die R o m e in e b rie f as b e la n g rik e doku- m e n t/b ro n vir teologie. M aar die leem tes en oneffenhede w at deur die kritiese kanttekeninge uitgewys is, bevestig dat die taak van n adenke e n navorsing ver van afgehandel is.

W at in die besonder op ons studeertafels, agendas vir sim posia en persoonlike gesprekke ter sake is, is w ederkerige bew ustheid van die trefkrag en beperkinge van die verklaringsm odelle w at elkeen aanw end om die Bybel te verstaan en te in te rp re te e r. So’n b esef van die relatiw iteit en dus relatiew e w aarde van ons paradigm as e n ons resultate sal ons b aie m eer beskeie oor ons eie standpunte m aak. D it b ehoort ons in ons onderlinge gesprekke en verdere nadenke m eer tolerant en op er na m ekaar toe te maak.

D it is duidelik dat die m eeste van ons Suid-Afrikaanse teoloë nog steeds ly aan die kw aal van m iskenning van ons e ie teo lo g iese bydraes. M iskien is dit ’n b e s o n d e re so o rt sindroom w at m a n ife s te e r in d ie v o rm van ’n illu s io n ê re bew o n d erin g van w at b u ite la n d e rs ged o en h e t en nog steeds doen! H ierd ie o n sm a a k lik e e n o n a a n v a a rb a re to e d ra g v an sak e w ord b e v e stig d e u r die statistieke verkry uit die artikels in hierdie bundel, wat soos volg d aar uitsien en vir sigself spreek;

D ie L iteratuurlyste bevat ’n totaal van 154 titels.

H iervan is 139, dit wil sê 90,3% buitelandse publikasies.

M et a n d e r w oorde slegs 15, d w s 9,3% b publikasies van Suid-Afrikaanse teoloë!

D rie bydraes verwys hoegenaam d nie na werk uit eie bodem nie.

By drie van die elf bydraes is die persen tasie Suid-A frikaanse titels 2,6%, 4,7% en 11%.

By net een bydrae is hierdie persentasie so hoog soos 43%.

H ierby kom nog dat twee bydraes titels van Suid-Afrikaanse w erke in hulle

(15)

U it gcnade alleen?

Literatuurlyste opgeneem het, m aar nêrens d a a m a verwys h et nie.

H ierd ie beskuliiigende statistieke ‘la a t ’n m ens dink, né!’ D it b e h o o rt ons tot nadenke te stem, te m eer aangesien hierdie bundel opstelle bedoel was en is om in 1988 in Suid-Afrika te herbesin oor die R om einebrief, o n d er an d ere deu r te kyk n a w at die g esk ied en is van navorsing e n d ie sta n d van sak e h ie ro o r is.

Sekerlik sou ’n speurtog deu r die vier uitgawes van Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie van die Instituut vir Teologiese Navorsing, U N ISA (1980,1983,1988 e n 1989) uitgew ys h e t h o e v é é l d a a r in d e r d a a d in S u id -A frik a al o o r die R om einebrief gepubliseer is. H ierdie feit en verskynsel m aak d at verrew eg die m eeste van die bydraes ongelukkig m ank gaan aan onvolledigheid w eens die feit d at die in-gesprek-gaan in die proses van herbesinning nie verteenw oordigend genoeg was nie.

As dit alles gesê is, wil en kan ek hierdie publikasie van h arte vir lees en bestudering aanbeveel en o n d er die aandag bring m et die oog op verdere herbesinning oor die R o m ein eb rief as juw eel in die Nuwe T estam ent. D eu r hierdie aanbeveling wil ek my w aard erin g betuig vir die w erk w at kollegas in Suid-A frika gedoen het, én wil ook m eew erk aan die genesing van die bogenoem de akadem iese sindroom .

150 H TS f J / i (1991)

Referensi

Dokumen terkait

Sy WA 7, 38, 6–15 verstaan van geloof, menswees en moraliteit word dan aan die einde van hierdie geskrif soos volg saamgevat: Uit alles [wat gesê is] volg die volgende konklusie; dat

Ten opsigte van beroepsgerigte onderwys is daar nie oorvleueling deu.r die provinsiale onderwysdeparte- ment en die Departement van Nasionale Opvoeding nie aangesien die provinsies vir

Smith se werk sluit dus by ’n gevestigde tradisie aan—veral by die natuurverse van vroue- digters soos Petra Müller, Ilse van Staden en Carina Stander waarin daar dikwels ’n tipe

Reëls: Goeie kurrikulum; streng keuring van onderwysstudente; onderwysers het meestersgrade; omgewing wat leer in die natuurwetenskapklaskamer bevorder; aard van die

Hierdie proses word dan herhaal met verskillende vertikale snitte deur die dieptedata om ’n aantal potensi¨ele VKH punte te bepaal, soos in Figuur 2.1c getoon.. Uit die gevolglike

Die invertebraatbevolking van die rivier is gehalveer in die laaste 20 jaar en in sommige dele, soos die Olifantspoort het die vloei van die rivier so afgeneem dat dit nou ’n

‘n Hoëveseldieet, soos in die beginfases, is bekend daarvoor om meer metaan in die dier te produseer as ‘n dieet wat ‘n groter verhouding stysel, soos byvoorbveeld mielies, bevat.. Die

Die illosofiese denke is krities olonkrities vanuit ’n geloof aan die kritiese vermoë van die lilosofiese denke en vanw eë ’n onkritiese denke oor die kritiese denke.. Sellkritiek is