Uit genade alleen? Herbesinning oor die Romeinebrief deur Suid-Afrikaanse teoloë
H A Lombard Universiteit van Suid-Afrika
A bstract
T hrough faith, from begim iing to en d ? R ethinking the L etter to the R om ans by South A frican theologians As m a te ria l fo r an d re fle c tio n on religious issues by Christians, the letter to the R om ans used to be a docu
m en t o f fu n d am en tal im p o rtan ce. It ought to be a p p la u d e d th a t in 1989 a co n trib u tio n to this le tte r was m ade by South A frican s in th e ir own context, w ith a view to m eeting th eir situation and needs. T he eleven contributions re p re se n t the au th o rs’ religious sense of responsbility and social sensitivity. T hey also display the n atu re and co n ten t o f th eir h erm eneutical van ta"e points and th e ir co m petence in exegetical procedures.
A p a rt from th e m erit an d indisputable value o f these contributions, cognizance should also be tak en o f defi
ciencies w ith reg ard to m eth o d o lo g ical p recisio n and com petence in som e of the articles. A salient deficiency is th e lack o f cognizance o f the w ork of South A frican th eo lo g ian s and discussions w ith them . T his is to be regretted.
1. INLEEDENDE OPMERKINGS: DIE SCENARIO
In 1989 h e t die tw aalfde in ’n reeks van jaarUkse publikasies (sedert 1978) van die In s titu u t vir T eo lo g iese N avorsing a a n die U n iv ersiteit van Suid-A frika verskyn.
H ierd ie boek, getiteld Uit genade alleen?, wat onder redaksie van W S V orster & A S E ngelbrecht uitgegee is, is van stapel gestuur d eu r die C B Powell Bybelsentrum wat deel vorm van die Instituut en bevat ’n versam eling van elf lesings w at in 1988 by die B ybelsentrum oor die R om einebrief gelew er is.
136 ISSN 0259 9422 = H TS 47/1 (1991)
H A Lombard
O m hierdie ‘h o o fb rie f van Paulus as sem inaar-onderw erp te kies, was beslis ’n aanprysensw aardige stap w aarm ee die destydse h o o f van die B ybelsentrum , p ro f P G R de V illiers, gekom plim enteer m oot word. Im mers, die R om einebrief verm ’n baie belangrike dee! van die Pauliniese teologie en van diverse teologiese tem as in die Nuwe T estam ent; in die geskiedenis van navorsing en in dogm enhistoriese per- sp ek tief staan dit ook hoog op die prioriteitslys, terwyl dit nog altyd ’n belangrike bron in gesprekke en kontroverse rondom tem as soos soteriologie (kyk R om 1:16- 17; 2:3v; 5:1-11, et al), uitverkiesing (kyk R om 9-11), kerk-staat verhoudings (kyk R om 13), Christelike etiek (kyk R om 12w ), ensovoorts was.
In die lig van hierdie verwysingsraamwerk m et betrekking tot die belangrikheid en ak tu aliteit van die R o m ein eb rief dring hierdie versam eling lesings d e u r to t die kern van teologiese besinning w at relevant is vir algem ene B ybelondersoek, m aar ook vir die besondere konteks in Suid-Afrika.
T en opsigte van laasgenoem de konteks is dit ook belan g rik om te k o n stateer dat hierdie lesings to t ’n hoe m ate aanleiding gevind het en aangepak is in ’n Suid- A frikaanse Sitz im Leben. Bybelse perspektiew e oor konkrete sake, teologies, m aar o o k g o d sd ien stig , so s io -p o litie s e n a n d e rs in s w o rd n a v o re g e b rin g . H ie rd ie om vattende konteks van die teoloe vorm - soos dit altyd die geval is - deel van hulle paradigm as van verstaan en v ertrekpunte in hulle pogings om die R om einebrief uit te lê.
D ie teoloë w at hierdie bydraes gelew er het, geniet redelike to t hoë aansien in akad em iese kringe. D ie dissiplines w aarin hulle spesialiseer, is K erkgeskiedenis (een persoon), N uw e-T estam entiese W etenskap (vier persone), O u-T estam entiese W etenskap (een persoon), O u-T estam entiese W etenskap en K erkgeskiedenis (een p ersoon), P raktiese T eologie en Sistem atiese T eologie (een persoon) e n Sistem a- tiese Teologie (twee persone).
2. INDIVIDUELE BYDRAES: WAARDERING EN KRITIEK
H e e l g ep as h e t C J B otha in die e e rs te a rtik e l ’n w aard ev o lle oorsig gegee van tra d is io n e le in leid in g sv rae o o r die R o m e in e b rie f en sy ro l in d ie lo o p van die kerkgeskiedenis. Hy re d e n e e r dat hierdie rol reeds in die Nuwe T estam ent self na vore kom in die invloed van die R om einebrief op 1 Petrus, H ebreërs en Jakobus en dan in die vroeg-Christelike literatuur vanaf Klemens van R om e (93-97 n C) en ver- d er by die A pologete (d erd e to t vyfde eeu e), M iddeleeuse skolastici, R efo rm ato re (sestiende eeu ) to t by K arl B arth in sy epogm akende geskrif. Die Romerbrief, direk na die katastrofe en skokkende ontnugtering van die E erste W êreldoorlog. H ierdie oorsig is ’n knap stuk w erk van B otha as kerkhistorikus w aarin hy ’n goeie analise
Uit gcnadc aOcen?
van prim êre en sekondêre literatuur gem aak het.
D it is eg ter ’n groot tekortkom ing in B otha se b enadering en in sy aanbieding d a t hy die voortgaande belangrike rol van die R o m ein eb rief nie vanaf B arth deur- getrek het n a die m oderne besinning w at ná die Tw eede W êreldoorlog en tot in die hed e plaasgevind h e t nie - sy nu u tste b ro n d a te e r u it 1971! Hy m aak ongelukkig ook géén m elding van die rol w at die R om einebrief in Suid-Afrikaanse teologieë en in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis gespeel het nie. E n dit terwyl die opset van d ie o o rsp ro n k lik e lesings e n h ierd ie p u b lik asie juis was e n is om m et ’n kritiese ingesteldheid o p nuut in 1988 na d ie b etek en is en rol van die R o m ein eb rief in die Suid-A frikaanse situasie te kyk. D ie teologieë e n kerke in Suid-A frika is óók, ja selfs ’n b elangrike, deel van die besinning binne en geskiedenis van die C hristen
dom. D it sou dan ook b eter gewees het, en ’n vollediger beeld geskep het, as B otha saam m et Kenneth Scoti Latourette (1954) verwys h e t na die ‘G eskiedenis van die C hristendom ’ in plaas van ‘K erkgeskiedenis’, en hierdie voile spektrum in sy oorsig gedek het.
As N uw e-T estam entikus h e t A B du Toit op klassieke wyse n a die ‘sleutel’ to t die R o m ein eb rief (1:16-17) gekyk. D ie kritiek (verwyt!) d at hierdie b enadering agter- haald is, w ord ondervang d eu rd at sy analise, sintese en toepassing v erd er ook nog vanuit die perspektief van die retoriese situasie van R om eine (bl 17v) b en ad er is. M et behulp van ’n literêr-kritiese paradigm a van verstaan van die R o m ein eb rief vra hy die belangrike vraag binne w elke situasie die o u teu r sy lesers w ou oortuig van b e langrike veranderinge van persepsie en lewenswyse w at hulle m oes ondergaan. Du T o it wys eg ter ook tereg daaro p d a t die oorredingsm otief, soos geidentifiseer deur en vanuit die perspektief van taalhandelinge en lesersrespons, nie die enigste kyk op die R om einebrief bied nie en d at hierdie m otief waarskynlik ook nie die enigste en finale red e vir die skrywe van die b rief is nie.
D ie bydrae w at D u T oit lew er, is ’n b aie w aardevolle een w aarin die betekenis van die R o m e in e b rie f kragtens die aspek van die p rag m atiek van h ierd ie teks as lite rê re teks, na ons eie tyd se m ense d eu rg etrek word. V e rd e r w ord ook enkele bydraes van Suid-A frikaanse teoloë deu r verwysing en bespreking tot hulle reg laat kom.
D it is b a ie gepas om ’n O u-T estam entikus, W J Wessels, o o r H ab ak u k te laat skrywe om hierdie O u-T estam entiese p ro feet w at figureer in R om eine 1:17, G ala- siërs 3:11 e n H e b re ë rs 10:37v, b e te r te verstaan . N a gelang van die m ate w at ’n v eran tw o o rd e verstaan sm o d el vir die verhouding die O u T estam en t to t die Nuwe T estam ent funksioneer, is W essels se toespitsing op die uitleg van H abakuk 2:4 in sy
138 H T S 47/1 (1991)
H A Lombard
om vattende konteks en sleutelposisie in die hele profesie gewis bevorderlik vir die v erstaan van R om eine 1:17. Sy beklem toning van die sentrale gedagte van hierdie profesie, veral H ab ak u k 2:4 in konteks, is as verstaansm odel en w erkhipotese hier van b e so n d e re belang. Saam m e t B o a d t (1982:181) k o n sta te e r hy op grond van H abakuk se profesie d at G od nie politieke of interne sukses vir die m ens beoog nie en d a t H y ook nie o ptree cm alleenlik m aar politieke of onm iddellike voordele (vir m ense) te verskaf nie. N ee, G od vra vir ‘fidelity in p atien ce’. In m il hiervoor gee Hy die lewe vir diegene w at geduldig wag en getrou op G od se beloftes reken.
G M M Pelser (bl 29-54) ontsluit op ’n m etodologies aan vaarbare en duidelike wyse vir die leser ’n m oeilike g ed e e lte van die R o m ein eb rief, n aam lik 1:18-3:20. D ie groot vrae rondom die kernsake soos regverdigm aking en verlossing van die Jood en nie-Jood w ord u it die kern van die R o m ein eb rief en ook die hele evangelic beant- w oord. A lle m ense (Jode en nie-Jode) is doem w aardig voor G od en is dus vir ver
lossing op G od se genade en voorsiening aangew ese. Pelser fokus die soeklig skerp op die titel en tem a van die publikasie, naam lik Uit genade alleen?, w at u it hierdie g edeelte van die b rief kom. D ie vraagteken agter die titel w ord dan eintlik deu r sy p e rsp e k tie w e in ’n uitroepteken v e ra n d e r e n o ok die m o d ern e gelow ige, die nie- gelowige en die skyn-gelowige (d i die godsdienstige ongelowige!) w ord voor hierdie appél geplaas (bl 51).
D ie u itg e b re id e literatu u rly s van vyf-en-veertig titels is u iters w aardevol vir enige student van die R om einebrief. D it verskaf voorbeelde van die form ulering en toepassing van die belangrikste paradigm as vir die verstaan en interpretasie van die R om einebrief v anaf 1914 tot en m et 1986.
D it is e g ter jam m er dat P elser n êrens d eu r enige verwysing na b ro n n e ’n aan- d u id in g gee w aar en ho e hy m et g e le e rd e s in g esprek tre e nie. D it laat, om die m inste te sê, die vraag o n tsta a n o f h ierd ie literatuurlys d ie a a n ta l geraad p leeg d e w erke aangee, en o f dit vir eie leesw erk en verdere studie van die lesers bedoel is?
In d ie n d it d ie b ro n n e vir d ie fo rm u le rin g v a n die e in d re su lta te van die a rtik e l verteenw oordig, w ord onm iddellik gesoek na ’n b ek en d stellin g e n verduideliking van die su k sesfo rm u le w at to eg ep a s is om soveel u ite e n lo p e n d e p a ra d ig m a s en standpunte op so ’n harm onieuse wyse m et m ekaar te korreleer en te integreer.
J H le R oux (bl 55-63) teken in duidelike term e die aard en krag van die geloof van A b ra h a m - d ie m an w at as ’n so o rt (a rg e )tip e van gelow igheid in R o m ein e 4 en H e b re ë rs figureer. V ir hierdie literêre skildery w ord G enesis 12-25 o n d er die loep van ’n analitiese Bybelkundige geplaas. A an die einde van sy lewe h e t A braham van G o d se b e lo f te s van ’n g ro o t n ag eslag e n ’n lan d slegs e e n kind e n ’n stu k k ie
Uit gcnade allcen?
grafgrond gehad! M aar ten spyte hiervan staan A braham se volharding in die geloof d at G od sal voorsien en sy hoop in wanhopige situasies en gebeure steeds voorop.
M et sy vertelling oor en parafrase van A braham se geskiedenis slaag Le Roux op k enm erkende wyse d aarin om G odsvertroue as k ernaspek van geloof uit te lig.
D us, in p laas van ’n g ed o k u m en teerd e akadem iese re fe ra a t is h ierd ie bydrae die im provisasie van ’n vakkundige O u-T estam entikus w at put uit ’n korrelasie van sy w etenskaplike verm oë ên sy religieuse sensitiwiteit en ervaring.
ÍV A Sebothom a (bl 64-74) voeg hom as N uw e-Testam entikus by Le Roux in sy be- sinning o o r A b ra h a m se g elo o f as m o d el van d ie C h ristelik e geloof. Sy verge- lykingsmodelle w ord beskryf uit inligting verkry uit G enesis 12w en R om eine 3:21- 5:2. In sy analises van die twee kom ponente uit die Bybel m aak hy gebruik van goed verantw oorde h erm en eu tiese beginsels, naam lik o n d er an d ere om G enesis in die konteks van segswyses en die denkw êrelde van die O u T estam en t, O ud-Israel en J u d a ls m e te i n t e r p r e te e r , e n d ie R o m e in e b r ie f in d ié v an d ie e e rs te -e e u s e Christendom -in-ontwaking.
S eb o th o m a kom te re g to t d ie b elan g rik e slotsom d a t vir b e id e A b rah am en P a u lu s g e lo o f n ie a b stra k is nie, m aar eksistensieel. H ie rd ie g e lo o f gedy in ’n gelowige gem eenskap van eenheid en w aar d aar ook ’n eskatologiese gerigtheid is.
G odsdienstigheid b e te k e n vir beide figure godsdienstige gehoorsaam heid (bl 68).
D eu r hierdie sieninge raak te sien en eksegeties binne sy paradigm a te substansieer, slaag S eb o th o m a d a a rin om h isto riese e n teologiese konteks van O u- en Nuwe- T estam entiese perspektiew e in, onder andere, die gebeure van herkontekstualisering te ko rreleer. D ie w aarde van sy bydrae to t hierdie bundel en to t besinning oor die R o m ein eb rief is d at hy geloof kw alifiseer as ’n weg tot w are lewe, ên ’n w eg/w yse van volkom e lewe.
B inne die perke en term e van sy verstaansm odel en prosedure van interpretasie van die Bybel, h e t Sebothom a op duidelike en konsistente wyse sy analise gem aak en sy beskouing gelegitim eer.
D ie vraag ontstaan egter of hy al die inligting w at in sy artikel vervat en verwerk is, sy eie b rein v ru g is. G e e n verwysing n a b ro n n e en o ok g een literatuurverw y- singslys is by sy bydrae gevoeg nie.
In sy stu d ie van R o m ein e 6-8 gee J G Sw anepoel ’n uitleg van d ie b etek e n is van teologiese tem as wat hier voorkom , soos doop, opstanding, vryspraak, diensbaarheid van sonde e n van G od (respektiew elik van die w et en die G ees). D ie o u teu r ver- s tre k h ie r in sy m a n ie r van v e rs ta a n , u itle g e n in te r p r e ta s ie v a n h ie r d ie d rie hoofstukke van die R om einebrief. Hy bied dit aan as ’n soort finale eksegese van
140 H T S 47/1(1991)
H A Lombard
die gedeeltes. O m tot hierdie byna dogm atistiese opvatting oor die R om einebrief te kom, volg hy ’n eksegetiese prosedure wat ’n verm enging van die gram m aties-histo- riese, stru k tu ralistiese, histories-kritiese (veral red ak sieh isto riese), selfs iets van literêr-kritiese (veral retoriese kritiek) en ook nog tekskritiese benaderings. H ierby w ord Skrif-analogieë en parafrasering ook veelvuldig as m odelle vir uitleg toegepas.
O p die oog a f lyk dit asof die leser die artik el soos ‘soet koek’ k an v ero rb er, veral as hy/sy daaro p ingestel is om iniigting oor Paulus se teologiese gedagtes an sich te verkry. D ie aannam e en suggestie van so ’n aanbieding by Sw anepoel is dat hy Paulus hom self laat in terp re teer; by die leser is die aan n am e by so ’n b ehoefte dat dit so m aklik is om Paulus hom self te laat interpreteer!
Sulke aannam es en suggesties is ’n groot vergissing aan beide kante. D ie fout hier is dat die teoloog nie behoort te m aak, soos Swanepoel, om reeds in die proses van sy analises m et apodiktiese uitsprake in die vorm van sinteses na vore te kom nie. ’n G o eie voorbeeld hiervan is op bladsy 76-78 w aar hy sy opvattings en kon- klusies oor die doop in R om eine 6 inlees into the m ind o f Paul.
’n A nder voorbeeld is sy verstaan en uitleg van R om eine 7:7-25 (kyk bl 83-87).
Hy gee ’n opsom m ing van verskeie teoloë se stan d p u n te o o r hierdie m oeilike ge- d eelte (bl 84). D ie ses in terp retasies van teoloë w ord eg ter nie op ’n sistem atiese wyse krities b espreek nie. Hy wys dit af d at die ‘ek’ in 7:1 slaan op die m ens vóór die sondeval (opvatting 3), om dan sonder m eer oor te gaan na ’n bepaling van die b etek e n is van die frase ‘voor die w et’. V olgens horn slaan d it ook nie op die tyd voor die val nie, m aar slegs op een van twee situasies, naam lik, die tydperk voor die Sinai-wetgewing, o f die tyd in Paulus se eie lewe to e die w et nog nie ’n houvas op hom gehad h e t nie. R espektiew elik slaan die ‘ek’ dan op Israel voor Sinai, o f op ’n outobiografiese aanduiding van die m ens synde in dieselfde posisie as Paulus. Laas- genoem de beskryf dan tw ee lew ensfases in verhouding tot die wet, te w ete lewens- beskerming (voor bar-mitzwah) en wetsblootstelling (daarna). In die lig van R om eine 7:7-8 wys hy die eerste uitleg af, w ant hy sien dit so dat dit hier gaan om die ‘kontras en spanning w at in die m ens se eie bestaan erv aar w ord (kyk bl 85). H iervolgens sou Paulus d ie ellen d ig h eid van die m ens o n d e r die w et in k ontras m et d ie lewe onder die genade teken en daarm ee die w et versus die genade teken.
Volgens Sw anepoel skets Paulus in R om eine 7:13-23 dan v erd er die skrikwek- kende im plikasies van fase 2 van die m ens se lewe w aarin tw ee im pulse op die ten voile to erek en b are m ens inwerk en spanning m eebring (bl 85). So ro ep Paulus (en ons!) uit: ‘Ek, ellendige mens, wie sal my verlos?’
So h et Sw anepoel m et slegs enkele opm erkings oor die ses standpunte (w at elk- e e n ’n lang geskiedenis en groot nam e as voorstanders h et) voortgegaan om sy eie s tan d p u n t na aan leid in g van ’n kom binasie van stan d p u n te 1 e n 2 (w at ein tlik in
wese dieselfde is) te gee.
D a a r k an v o ls ta a n w ord m e t h ie rd ie p a a r k ritie se op raerk in g s, w an t d it is genoegsaam om te konstateer dat hierdie bydrae nie oortuigend is nie. D ie red e is dat die o u teu r m etodologies te ongenuanseerd (somtyds na'ief) te w erk gaan en in sy eksegese te m aklik k ort pad kies sonder om werklik in diepte in gesprek m et teoloë en b estaan d e standpunte te tree. D aar is ook geen finale konklusie aan die einde van die artikel nie.
E nkele an d er punte van kritiek is die volgende:
* D it is onaanvaarbaar dat die Literatuurlys agt titels bevat w aam a nêrens verwys w ord n ie (so o s B au er, W 1973; B ellev ille, L L 1986; B ran n ick , V P 1985;
Branch, M T 1975; Louw, J P & N ida, E 1988; M urray, J 1970; Schm ithals, W 1980; W edderburn, A J M 1985).
O p bladsy 84 word w eer na ’n hele aantal outeurs verwys (o a na Calvyn wat nie in d ie L iteratuurlys voorkom nie) so n d er v erd ere aanduiding van ja artalle en bladsyverwysings.
* D ie n a a m van d ie ty d sk rif Journal o f the Study o f the N ew T estam ent m o et afgekort w ord to t J S N T en CBQ m oet ook in kursiewe vetdruk verskyn.
* ’n Baie groot tekortkom ing en punt van gewigtige kritiek teen die artikel is dat, behalw e Louw & N ida (w aarna nie eens verwys w ord nie), géén publikasie en stan d p u n t van enige Suid-A frikaanse teoloog aan d ag kry nie. E n dit geskied terwyl die Sitz im Leben van hierdie bundel opstelle juis die Suid-A frikaanse is!
Swanepoel kon in die beskikbare Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie van die Instituut vir Teologiese Navorsing aan U N ISA (1980,1983,1988 en 1989) al die bydraes oor die R om einebrief opgespoor het.
In die bydrae van / G du Plessis o o r ‘R om eine 9-11: D ie snykant van genade’ word hierdie gedeelte as ’n argum entatiew e teks vir die oorreding van die lesers vanuit ’n lite rê r-k ritie se p e rsp e k tie f bekyk. H ierin w ord op bekw am e wyse aandag aan die kom m unikasie-situasie, die sp rek er (Paulus) en sy gespreksgenote gegee. E intlik h e t D u Plessis in sy analise hoofsaaklik aandag geskenk aan die konteks en w erk- wyse van die o u teu r en is die vraag na die suksesvolheid van sy argum entasie gevra.
Hy beklem toon ook die feit d a t hierdie Pauliniese argum entasie die teensw oordige leser voor die appél van G od se genadige barm hartigheid plaas.
H ierd ie is ’n w aardevolle bydrae w aarin die teologiese verwysingsraam werk en k o n tek s v an die destydse o u te u r e n ’n d eel van sy lesers skerp o n d e r die soeklig geplaas w ord. D ie slotsom w aartoe d eu r ’n sistem atiese analise gekom word, ont- sluit hierdie gedeelte vir verdere besinning o o r hoe die Nuwe T estam en t op enige U k gciudc aUcen?
142 H T S ^ /1 ( 1 9 9 1 )
H A Lombard
leser daarvan appelleer w at soos die destydse Jode lesersw eerstande h e t in die vorm van tradisionele teologieë.
D ie feit dat D u Plessis slegs vier titels in sy bronnelys aangee (drie kom m entare en e e n m onografie), beteicen d a t hy o o r ’n baie eng fro n t m et a n d e r geleerdes in g esprek tre e en dus eintlik sy eie besinning en analise op die tafel wil plaas. V ir oorspronklike w erk is d aar natuurlik in Suid-Afrika baie ruim te en groot behoefte.
C J A Vos se b y d rae g a a n ew en een s o o r die kw essie van u itv erk iesin g , ju is na aanleiding van R om eine 9-11. T ee n o o r D u Plessis se bydrae b ied V os s’n ’n p er- spektief vanuit die sistem atiese teologie en dogm engeskiedenis.
N a aan leid in g van insigte verkry u it N ew ton se kw antum fisika beskryf hy u it
v erk iesin g as ’n b ip o lê re a a n g e le e n th e id , b e s ta a n d e u it G o d se vrym ag én die veran tw o o rd elik h eid van die m ens en bew oord hy die titel van sy opstel gepas as
‘Uitverkiesing: G od e n /o f m ens?’
D ie o ndersoek bied ’n dogm enhistoriese oorsig (’n tipe van ’n geskiedenis van navorsing) w aarin R eform atoriese denke, die van die Pelagiane en Sem i-Pelagiane, A rm iniane, ensovoorts, krities oorskou word. H ierin behandel Vos klassieke dilem mas in die dogmengeskiedenis, soos Verkiesing’ en sy kom plem ent V erwerping’ (kyk R om 10: Iv). Sy bered en erin g en form ulering b erus op, o n d er andere, die D ordtse L eerreëls, Calvyn, Berkhouw er en eksegete soos H N R idderbos, E K asem ann saam
m et O M ichel en J P Louw. '
Hy konk lu d eer d at R om eine 9-11 eindig m et ’n loflied van ’n ‘c o p slot’ w at sê dat G od se genade die m enslik onm oontlike m oontlik m aak (kyk bl 118).
Vos se bydrae is ’n waardevolle oorsig van hoe ’n sistem atiese teoloog konstruk- te m et betrekking tot die uitverkiesing en aanverw ante sake ontwerp.
W at sistematiese teologie betref, staan sy analises en sinteses so sterk soos w at dit sek er kan en is dit w aarskynlik ook verteenw oordigend van die stand van sake in Sw itserse (C alvyn se w erke verskyn nie in die L iteratu u rly s nie), D u itse, N ed er- iandse, Engelse en Suid-Afrikaanse geledere, soos gereflekteer vanaf 1952 to t 1988.
W at eksegetiese arbeid op hierdie terrein betref, word gebruik gem aak van sy eie poging saam m et die van K asem arm , M ichel, Pesch en R idderbos. H ierd ie p aar g root nam e kan eg ter n o o it as verteenw oordigend beskou w ord v an die besinning o o r R om eine 9-11 w at só problem atics is en w aaro o r al so b a ie geskryf is nie. In d ie lig v an die feit d a t die o o rsp ro n k lik e lesings en h ierd ie h ele b u n d el opstelle bed o el was en is om oor sulke ‘probleem gevalle’ in die R o m ein eb rief te herbesin, m oet gevra word: As die eksegetiese ondersoek van R o m ein e 9-11 ’n wyer en baie m e e r v erteen w o o rd ig en d e sp ek tru m g edek h et, sou die b y d rae nie g ro te r en die argum ente nie b e te r gesubstansieerd gew ees h e t nie? Sou die besinning van siste-
Uit genade alleen?
m atiese teoloë (soos Vos) nie ook sóveel gebaat h et by hierdie wyere herbesirming en dus verdere onafhanklike ondersoek, dat ons in 1990 ’n hele en t verder op ons soeke na die w aarheid oor uitverkiesing sou wees nie - veral aangesien dit juis die intensie van h ie rd ie b u n d el lesings w as? D ie antw oord op h ierd ie v rae is n atu u riik : Ja, beslis! H ierdie antw oord skaal die w aarde van hierdie bydrae af to t op die vlak van
’n standaardgraad kompilasie, w at wel enige verduidelikende kom m entaar en waar- devolle kritiese kan ttek en in g e by sekere asp ek te van trad isio n ele standpunte op- lewer.
C du Toit, ’n sistem atiese teoloog, skenk aandag aan etiese dim ensies in R om eine 12-16, soos liefde as beginsel vir alle handelinge en die kwessie van die swakkes en die sterkes (14-15). Hy gee ’n w aardevolle beskrywing van die agtergrond van die R o m e in e b rie f, aso o k van die te o lo g ie se en g o d sd ie n stig e d e n k w ê re id van die geadresseerdes van die b rief (kyk bl 128, 132w). Binne sy herm eneutiese m odel ag hy te re g h ierd ie inligting as van belan g en hy m aak ’n keuse vir ’n b e p a a ld e be- skouing hieroor w at redeUk verteenw oordigend van die kern van huidige opvattings is.
D ie uiteensetting oor die sogenaam de swakkes en sterkes (kyk bl 128-131) gaan o o r R o m ein e 14:1-15:13 en w ord aan die hand van vier a sp ek te in vier p erik o p e analities en sistem aties aangebied. D ie tekortkom ing hier is d a t D u T o it hier slegs m et twee (U W ilckens en D A Black) van die dertien teoloë van sy Literatuurlys in g e sp re k tre e , so a so f h ie rd ie tw ee (sa a m m e t h o m self) d ie h e le sp e k tru m van beskouings en die voile omvang van die w aarheid dek!
’n A nder goeie bydrae in hierdie afdeling is sy sintese w at geform uleer word as Paulus se ‘teologie van sw akheid’, oftewel, ‘skat-in-erdekruike-teologie’ (kyk p 131).
E nkele kritiese opmerkings oor die bydrae is egter nodig.
* D ie groot tekortkom ing van die artikel is d at D u Toit, strydig m et sy spelreëls as
’n sistem atiese teoloog, nie aa n die einde d ie bevindinge van sy analise in ’n sistem atiese konklusie w eergegee h e t nie, terw yl hy d it w el te n opsigte van R om eine 14:1-15:13 gedoen het.
* D ie gevolg van h ierd ie tek o rtk o m in g is d a t die leser(es), w an n eer hy/sy die a rtik e l k la a r g elee s h e t, o n g elu k k ig nie ’n d u id e lik e b e e ld v an d ie ‘e tie se dim ensies van R om eine 12-16’ het nie.
* In die eksegese is te sw aar en eensydiglik op W ilckens gesteun - 50% van al die verwysings is na hierdie outeur. D ie artik el van G H T e r Schegget, w at direk oor dieselfde onderw erp handel, word slegs eenm aal verwys.
144 N T S 4 7 /] (1991)
H A Lombard
• In laasg en o em d e v erb an d geld o ok die k ritie k d a t P J A c h te m e ie r en J van Bruggen in die Literatuurlys verm eld word, m aar nie na hulie verwys w ord nie.
V erd er, w an n eer n a m eer as e e n o u te u r tesam e verwys w ord (soos op bl 120, 125,132), m oet hulle ó f kronolcgies 5f alfabeties gerangskik word.
* D it is nie aa n v a a rb a a r om te verwys na o u teu rs (soos na C H D odd, R Bult- m ann en E K asem ann - bl 124), m aar nie datum s van titels te verstrek en ook nie die titels in die Literatuurlys op te neem nie.
E van N iekerk se bydrae g aan o o r die C h risten e n d ie s ta a t (kyk bl 137-54), m et spesiale verwysing na R om eine 13.
Soos so kenm erkend van V an Niekerk, ’n sistem atiese teoloog m et ’n sterk wys- gerige o nderbou, gee hy ’n v erh eld eren d e en kritiese analise van frases soos ‘die C hristen en die staat’, ‘burger en staat’, w aarin hy die afsonderlike kom ponente van hierdie frases en hulle verband to t m ekaar en assosiasie m et m ekaar onder die loep neem .
H ierd ie artik el lew er ook ’n w aardevolle bydrae to t die vra van noodsaaklike herm eneutiese vrae oor die m anier w aarop die Bybel gebruik word in die n a d e n k e / spreke in die algem een en oor die staat en die sam elew ingsbeskouing w at herm e- n e u tie s h ie rin fun k sio n eer. Hy k o n sta te e r d a t C h risten e gew oonlik ’n b ep aald e herm eneutiese paradigm a o o r die Bybel daarop nahou na aanleiding van w at hulle as die om vattende tendens o fsko p u s (my kursivering) van die Bybel beskou.
T e r substansiëring van sy herm eneutiese aksioom van die dom inante rol w at ’n b ep aald e sam elew ingsbeskouing in die v erstaan e n uitleg e n in te rp re ta sie van die Bybel speel, g aan V an N iekerk terug na R om eine 13. O ok h ier w ord ’n b epaalde sam elew ingsbeskouing, resp ek tie w elik staatsfilo so fie e n -b estel g ep ro jek teer, te w ete n ie ’n d e m o k ra tie se re g s ta a t soos in die W este e n die R S A n ie, m a a r ’n R om einse m agstaat w aarin die ow erheid sinoniem gestel w ord m et die staat. D ie b elan g rik e im plikasies hiervan vir die v e rs ta a n en u itleg van R o m ein e 13 is d a t Paulus hier beslis nie d em okratiese regstaat-beginsels (soos o p e n b a re vryheid van sp raak , aso o k m eningsvryheid, stem reg, reg to t k ritie k op d ie staat, ensovoorts) aanspreek nie (kyk bl 140).
H ierm ee spel V an N iekerk, in aansluiting by D F M S trauss (1988), ’n ander b e lan g rik e aa n n a m e in sy h e rm e n e u se uit, n aam lik d a t die B ybel e n Paulus nie struktuurbeginsels van die staat en kerk daarstel nie. In die Bybel funksioneer slegs versk illen d e staats- e n kerkbeskouings w at g eb o n d e was a a n h e e rs e n d e kontem - po rêre sam elewingsbeskouings.
In ’n b elangrike p a ra g ra a f van sy artik el (kyk bl 141-48) gee V an N iekerk, in aansluiting by L Pohle (1984), ’n w aardevolle oorsig van vier in terp retasiem o d elle
Uit gcoadc allcen?
van R o m ein e 13. Sy kritiese b esp rek in g van hierdie m odelle wys u it d a t elk een hiervan b erus op ’n b ep a a ld e teologiese persepsie en d a t hulle op grond hiervan uitgebou w ord. H ierd ie o o rk o ep elen d e teologiese persepsies funksioneer as her- m en e u tie se p re s u p p o sis ie s/v e rtre k p u n te w at o o r R o m ein e 13 b een gelees word.
T ereg word die d erde model, die sogenaam de konkreet-charism atiese m odel (o a by K asem ann), as m eer genuanseerde m odel uitgesonder van hierdie oorspanning van R om eine 13. H ier word R om eine 13 nie gesien as ’n algem een-geldige riglyn vir die staatstru k tu u r nie, m aar as spesiale aanwysing ten opsigte van ’n gegewe historiese situ asie en as bek lem to n in g van die reg te v erhouding tussen die C h risten en die w êreld. T eenoor óór-entoesiasm e by K asem ann (en m iskien by V an N iekerk?) oor hierdie m odel, m o et dit eg ter onthou w ord dat hierdie m odel uiteindelik ook werk m e t alg em en e persepsies soos ’n eskatologiese g ro n d tem a van die R om einebrief, a so o k d a t c h a rism a tie s e h a n d elin g e in (v a n a f? ) R o m e in e 12:3-6 te r sp ra k e is.
V olgens hierdie verstaansm odel bevat R om eine 13 geen algem ene maatstaww e en n orm e vir C hristen e se o p tred e te e n o o r die sta a t nie, m aar wei norm e vir charis
m atiese diens aan G od.
D ie w aarde van hierdie m odel is d a t die aksent gelê w ord op individuele funk- sionarisse van die sta a t e n hulle p ersoonlike verhouding to t burgers(esse) van die staat, en nie op die staat as instelling nie. W at die C hristen betref, staan hy/sy in ’n charism atiese handeling van diens teen o o r hierdie funksionarisse en die staat.
V an N iek erk voeg ’n vyfde m odel hier by, naam lik die sosiale kontrak-m odel waarvolgens die Bybel direk van toepassing op die kerk, m aar nie op die staat is nie.
T e n opsigte van laasgenoem de m o et C h risten e hulle gesonde verstand g ebruik en d a a rv a n k en n is n e e m d a t m ense - o ok C h riste n e - h u lle re g te e n vry h ed e d e u r m iddel van sosiale kontrak ingekort het deur aan sekere an d er m ense opdrag te gee om oor hulle te regeer.
V an N iek erk som sy n ad en k e h ie ro o r op d e u r op tw ee geldige p u n te te wys, naamlik:
• D ie vyf m odelle gaan om ’n antw oord op die vraag: G ee Paulus in R om eine 13
’n kort begrip en wegwysende analise van die struktuur van die staat soos geldig vir alle tye; o f gaan dit om algem ene raad vir m ense in R om e in die eerste eeu ê n o o k vir o n s in ons tyd o o r w at b e h o o rt g ed o en te w ord terw yl ons in die lew ensverband van die staat in diens van G od wil wees?
* V erskeie voorafingenom e sta n d p u n te/v ertrek p u n te/teo lo g iese persepsies kon- stitueer en bepaal hierdie vyf m odelle en nie die eksegese van R om eine 13 nie.
In ’n kritiese evaluering van die m odelle kom V an N iekerk tot die slotsom dat inlegkunde dus op groot skaal gepleeg is. Im m ers, ’n struktuuranalise van die staat kart nie uit die Bybel en Rom eine 13 afgelei word nie. V eeleer m oet ons in
146 H TS 47/1 (I99J)
H A Lombard
ons sam elew ingsverband, w aarvan die Bybel d eel is en re e d s ’n rol speel, die staat analiseer. In hierdie analise m oet die om vattende tendens/sicopus van die hele Bybel as norm ’n regulerende rol speel. T o t ’n sekere m ate gebeur dit ook by die vyf m odelle. W at m etodologies e g ter m o et g e b e u r - e n nie in die vyf m odelle gebeur nie - is dat ten opsigte van die skopus die proses van die herme- neutiese spiraal noodsaaklikerwys altyd uitgevoer m oet word.
T en slotte pon eer V an N iekerk sy eie konsep van so’n skopus. D it om vat drie kom- ponente, naamlik:
■ G od as skepper relativeer alles to t hulle eie aard en niks is absoluut nie.
■ H eil/w elsyn in die w êreld w ord vergestalt in sin, m et as teenpool on-sin, kwaad;
ook in bevryding en v erso en in g (d i e e n -m e t-a n d e r-te -w e e s). D ie k ru is en opstanding van Jesus is die sinvolle en bevrydende im pulse vir heil/w elsyn van die mens in ’n goeie aardse lewe.
■ O p weg n a ’n nuw e m ens e n ’n nuwe w êreld van m óre is m ens en w êreld aan v eran d erin g en vernuw ing onderw o rp e. So beskou, b e sta a n V an N iek erk se grondskem a vir die verstaan en lees van enige g ed eelte van die Bybel u it drie ko m p o n en te, naam lik, vrae na d ie oorsprong v an alles, n a die heil/welsyn van alles en n a die vernuwing van alles.
T o e g e p a s op R o m ein e 13 b e te k e n alles w at gesê is, d a t P au lu s h ie r dink in term e e n binne die raam w erk van ’n m agstaat van R om e e n die se verhouding to t en m agsgreep op die onderdane. Hy ken nie die m oderne dem o k ratiese reg staat nie.
O w erheid en staat is vir hom sinoniem - soos dit by ons ook funksioneer.
H ierd ie p ersep sie lei gew oonlik to t oorskryding van die p e rk e van gesagsuit- oefening deu r die staat en to t konflik van die o nderdaan to t die ow erheid/staat.
In ’n d e m o k ra tie se re g s ta a t, w at g lad n ie in R o m e in e 13 te r sp ra k e is nie, b ehoort dit te gaan om regsmag van die o nderdane w aarin geregtigheid e n billikheid m oet seëvier. D ie staat bestaan uit regering ên burgers en nie net regering nie. D ie regering h e t ’n taak, roeping en funksie terwyl al die reghebbendes en regsbelange inspraak het in w at hierdie taak, roeping en rol is/b e h o o rt te wees.
H ierdie bydrae van V an N iekerk getuig van goeie huiswerk w at m et die cog op herbesinning gedoen is. D ie wysgeer en sistem atiese teoloog is op ’n deurdringende wyse h ier aan die woord. W at hy te sê gehad het, kom duidelik by die leser uit om dit te beoordeel. H iervoor word groot w aardering betuig.
D ie volgende kritiese vrae m oet egter gevra word:
• H y lê Skrifuitleggers en teoloë en selfs vir Paulus dit te n laste d a t hulle m et ’n
Uit genadc aOcen?
v o o rin g e n o m e p e rs e p s ie e n s a m e le w in g sb e sk o u in g d ie B ybel e n vro eg - C hristelike tradisies v erstaan en uitlê, en dus ook R om eine 13 so geskep het (P a u lu s) e n h ie rd ie dinge o o r die Bybel en R o m e in e b rie f b een g elee s het.
M etodologies het hy met sy herm eneuse van die rol van ’n skopus van die Bybel en die effek van die anderssoortige sam elewingsbeskouing in R om eine 13, pre- sies dieselfde gedoen. H oe werk dit?
Paulus se samelewingsbeskouing en sy feitelike gesitueerdheid binne die wêreld van die R om einse m agstaat word as verw ysingsraam w jrk van R om eine 13 ge- sien. D it is waarskynlik herm eneutics en histories korrek om dit so te sien. Die v raag is e g te r o f dit geldig is om h ierd ie e n tite ite v an u it ’n a n d e r skaal van samelewingsbeskouing, die dem okratiese regstaat, te beoordeel en dit dan as ’n a n d e r b en ad erin g to t R om eine 13 en ’n b e te r eksegese hiervan aa n te bied?
(kyk hiervoor bl 15 Iv)
W aar en hoe pas V an N iekerk sy drie-voudige konsep van die skopus van die Bybel toe in sy verstaan en uitleg van R om eine 13? A1 w at in sy artikel aan die e in d e d a a rv a n u itg esp el w ord, is d ie im p lik asies van sy e ie sta a tsfiio so fie , respektiew elik sam elew ingsbeskouing, w at as o pdrag a a n regering en b u rg er deurgegee word.
Hy verskuif die fokuspunt en kern van die hele aangeleentheid vanaf die gesag van G od wat sonder m eer op die staat (en kerk) oorgedra word (soos by Paulus) na die wyse w aarop die staat/m en se gestalte a a n hierdie gesag gee. D it is baie sinvol om dit so te sien. M aar as gevolg van sy eie siening van die sam elewings
beskouing en konkrete situasie w aarin Paulus die R om einebrief en R om eine 13 geskryf het, word R om eine 13 eintlik op ’n syspoor gerangeer as synde onvanpas as riglyn om die staat en regering en die se verhouding to t burgers - en omge- keerd - te beskryf. D ie red e is dat hy hier ’n ander sam elewingsbeskouing sien funksioneer. Hy bly in gebreke om sy drievoudige konsep van skopus as oor- k o ep ele n d e verklaringsprinsipe vir R om eine 13 en vir a n d er relevante Bybel- gedeeltes oor hierdie aangeleentheid te laat funksioneer.
H oe en w aar het hy die proses van die herm eneutiese spiraal ten opsigte van sy herm eneutiese presupposisies/vertrekpunte (o a van die om vattende ten d e n s/
skopus) laat plaasvind?
3. A L G E M E N E K O N K LU SIE
O or die geheel kan van hierdie bundel opstelle die volgende gesê word:
* D it was ’n lofwaardige gedagte van die Powell B ybelsentrum om teen die einde
148 H T S 47/1 (1991)
H A Lombard
van die v o o rlaaste d ek ad e van ons eeu in ons eie situasie ’n versk eid en h eid Suid-Afrikaanse teoloë na die R om einebrief te laat kyk.
Soos hierbo in die w aarderende m aar ook kritiese oorsig o o r die bydraes aan- gedui, wissel die gew igtigheid van die bydraes nogal aansienlik. Som m iges is ko m p ilato ries van a a rd w aarin ó f trad isio n ele sta n d p u n te iierbevestig is, óf
‘nuw e o rd e /a lte rn a tie w e teologie’ w eer eens op die tafel gesit is. A n d er by
draes getuig nie net van besinning oor m etodologie en verantw oording oor die keuse, trefkrag en toepassing van paradigm as van verstaan nie, m aar ook van oor-spronklikheid in nadenke, arbeid en resultate.
A an die einde van die dag kan en m oet gesê word dat vordering wél gem aak is m et die p ro ses van h e rb esin n in g o o r die R o m e in e b rie f as b e la n g rik e doku- m e n t/b ro n vir teologie. M aar die leem tes en oneffenhede w at deur die kritiese kanttekeninge uitgewys is, bevestig dat die taak van n adenke e n navorsing ver van afgehandel is.
W at in die besonder op ons studeertafels, agendas vir sim posia en persoonlike gesprekke ter sake is, is w ederkerige bew ustheid van die trefkrag en beperkinge van die verklaringsm odelle w at elkeen aanw end om die Bybel te verstaan en te in te rp re te e r. So’n b esef van die relatiw iteit en dus relatiew e w aarde van ons paradigm as e n ons resultate sal ons b aie m eer beskeie oor ons eie standpunte m aak. D it b ehoort ons in ons onderlinge gesprekke en verdere nadenke m eer tolerant en op er na m ekaar toe te maak.
D it is duidelik dat die m eeste van ons Suid-Afrikaanse teoloë nog steeds ly aan die kw aal van m iskenning van ons e ie teo lo g iese bydraes. M iskien is dit ’n b e s o n d e re so o rt sindroom w at m a n ife s te e r in d ie v o rm van ’n illu s io n ê re bew o n d erin g van w at b u ite la n d e rs ged o en h e t en nog steeds doen! H ierd ie o n sm a a k lik e e n o n a a n v a a rb a re to e d ra g v an sak e w ord b e v e stig d e u r die statistieke verkry uit die artikels in hierdie bundel, wat soos volg d aar uitsien en vir sigself spreek;
D ie L iteratuurlyste bevat ’n totaal van 154 titels.
H iervan is 139, dit wil sê 90,3% buitelandse publikasies.
M et a n d e r w oorde slegs 15, d w s 9,3% b publikasies van Suid-Afrikaanse teoloë!
D rie bydraes verwys hoegenaam d nie na werk uit eie bodem nie.
By drie van die elf bydraes is die persen tasie Suid-A frikaanse titels 2,6%, 4,7% en 11%.
By net een bydrae is hierdie persentasie so hoog soos 43%.
H ierby kom nog dat twee bydraes titels van Suid-Afrikaanse w erke in hulle
U it gcnade alleen?
Literatuurlyste opgeneem het, m aar nêrens d a a m a verwys h et nie.
H ierd ie beskuliiigende statistieke ‘la a t ’n m ens dink, né!’ D it b e h o o rt ons tot nadenke te stem, te m eer aangesien hierdie bundel opstelle bedoel was en is om in 1988 in Suid-Afrika te herbesin oor die R om einebrief, o n d er an d ere deu r te kyk n a w at die g esk ied en is van navorsing e n d ie sta n d van sak e h ie ro o r is.
Sekerlik sou ’n speurtog deu r die vier uitgawes van Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie van die Instituut vir Teologiese Navorsing, U N ISA (1980,1983,1988 e n 1989) uitgew ys h e t h o e v é é l d a a r in d e r d a a d in S u id -A frik a al o o r die R om einebrief gepubliseer is. H ierdie feit en verskynsel m aak d at verrew eg die m eeste van die bydraes ongelukkig m ank gaan aan onvolledigheid w eens die feit d at die in-gesprek-gaan in die proses van herbesinning nie verteenw oordigend genoeg was nie.
As dit alles gesê is, wil en kan ek hierdie publikasie van h arte vir lees en bestudering aanbeveel en o n d er die aandag bring m et die oog op verdere herbesinning oor die R o m ein eb rief as juw eel in die Nuwe T estam ent. D eu r hierdie aanbeveling wil ek my w aard erin g betuig vir die w erk w at kollegas in Suid-A frika gedoen het, én wil ook m eew erk aan die genesing van die bogenoem de akadem iese sindroom .
150 H TS f J / i (1991)