• Tidak ada hasil yang ditemukan

METODOLOGIE

3.8 Beplande metodologiese vloei

87

aan dié enjin ‘n groot markvoordeel (Petty, 2021). Unity kan gebruik word om beide 2D en 3D videospeletjies te skep, asook interaktiewe simulasies en verskeie ander aktiwiteite (Lavieri.

2018). Alhoewel Unity ‘n gratis sagtewarepakket is, is daar wel ‘n limiet op die omset wat daarmee gegenereer kan word alvorens betaling vereis word (Petty, 2021).

Videospeletjie-enjins word nie net toegepas in die videospeletjie-bedryf nie, maar is ook al reeds op ander terreine geïmplementeer soos konstruksie, die filmbedryf, argitektuur, argeologie, ensovoorts. Unity akkommodeer verskeie invoer-formate soos FBX, DAE, DXF, OBJ (Unity Documentation, 2020f), BMP, TIFF, TGA, JPG en PSD (Unity Documentation, 2020g). Nadat Unity die geselekteerde verwerkings in die cloud uitgevoer het, beskik die verbruiker oor verskeie keuses in terme van die projek se bou uitvoer-platform, naamlik iOS, Android, Windows, Mac OS, Linux, WebGL, Unity Web Player (Unity Documentation, 2020h).

3.7.1.7 Angular

Hierdie toepassing word gereken om een van die drie gewildste webraamwerke onder programmeerders te wees. Angular is ‘n gratis en oopbron voorkant raamwerk wat in 2016 deur Google bekendgestel is en is die enigste webraamwerk wat van TypeScript gebruik maak (Simform, 2021). TypeScript is op sy beurt ‘n programmeertaal wat op JavaScript bou en deur Microsoft spesifiek ontwerp is vir die skep van groot toepassings (Microsoft, 2021). Angular word gebruik om selfoon- en webtoepassings te bou en word gebruik deur onder andere Google, Microsoft en Paypal (Goel, 2021).

88

Figuur 3.7: Metodologiese vloei van studie.

89

• Soos wat die tuig vlieg neem hy oorvleuelende foto’s (aldus multibeeld fotogrammetrie) van die aardoppervlakte onder hom om tydens die verwerkingsfase die data te omskep na ‘n ortomosaïek-kaart van Bosworth-rotskunsterrein.

Die bewegingsensors en aanboord GPS-ontvanger van die hommeltuig gaan geoverwysings aan elk van die geneemde foto’s toewys. Hierdeur word aan elke foto ‘n lengte- en breedtegraad waarde toegeken. Dus sal ‘n GKS hier van toepassing wees, siende dat dit ‘n 2D oppervlakte is.38 Tesame met GBPe, word die metadata van die GKS deur Drone2Map gebruik om die plasing en oriëntering van die onderskeie beelde in die eindproduk te bepaal.

• Die tweede been is terrestriële fotogrammetrie by wyse van ‘n draagbare DELR-kamera. Na afloop van die terreinopname met die OVS word foto’s van die individuele rotse met die rotskunswerke op, geneem met ‘n DELR-kamera. Beide multibeeld- en enkelbeeldtegnieke word toegepas. Vir hierdie been van die opname is vier rotse voorafgeïdentifiseer waarop elk van hierdie tegnieke op toegepas word:

- Verskeie foto’s vanuit verskillende hoeke en hoogtes word van die kompleet rotse geneem.

- Verskeie foto’s vanuit verskillende hoeke en hoogtes word van die panele met die rotskunswerke op, geneem.

- Twee enkel foto’s, parallel tot die rotspaneel, word geneem. Een met ‘n liniaal aan die voet van die rotskunswerk/e en ‘n foto sonder die liniaal.

STAP 2: Verwerking

In hierdie stap kan twee fases onderskei word, naamlik Fase 1 waarin vorming van die verkrygde data in STAP 1 plaasvind. Daarna volg die byeenbring van die resultate, asook die inbring van die waarneembaarheidsmanipulering-opsies in Fase 2.

Fase1

• Die multibeelddata afkomstig van die multirotorhommeltuig word in Drone2Map ingevoer vir verwerking na ‘n ortomosaïek-kaart. Na afloop van Drone2Map se verwerking van die data

38 Sien 3.4.3.3 vir ‘n verduideliking van GKSs.

90

word die 2D geskepte data gebruik om analiseringsdata in terme van die onderskeie rotse se areas wat hul beslaan, te bereken. Die ortomosaïek-kaart is beskikbaar vir uitvoer en word in JPG-formaat uitgevoer na Paint vir verdere verwerking.

• In Paint word die vier voorafgeïdentifiseerde rotse uitgesny en as selfstandige entiteite gestoor tesame met die kaart waaruit dit gesny is. Hierdie gestoorde kaart en vier rotse word dan in Unity ingevoer en gebou na weer ‘n kompleet ortomosaïek-kaart van die terrein waarvan die vier rotse elk individuele funksies kry met betrekking tot data verskaffing.

• Beide stelle multibeelddata (menende van die kompleet rotse, asook die panele) geneem deur die DELR-kamera word op hul beurt in Colmap ingevoer vir verwerking na onderskeidelik 3D rotsmodelle van die kompleet rotse en 3D oppervlakmodelle van die panele (beide deur ‘n puntwolk en mesh te skep) van elke rots deur die toepassing van BGM. Hierdie modelle word dan in PLY-formaat uitgevoer na Blender vir verdere verwerking.

• In Blender word die 3D modelle van die individuele rotse en panele, gevorm in Colmap, afgerond deur dit netjies uit te sny om van die oortollige beelddata ontslae te raak.

Vervolgens word die afgeronde modelle van hierdie rotse en panele in FBX-formaat uitgevoer en gestoor, gereed om in die volgende fase in Unity ingevoer te word.

• Hierna volg die gefotografeerde enkelbeelde se verwerking in Fase 1. Hierdie stilbeelde van die rotskunswerke, afkomstig vanaf die DELR-kamera, word op hul beurt op drie wyses hanteer:

- Die digitale kleurfoto’s met die liniaal aan die voet van die onderskeie petrogliewe, word in die volgende fase direk in Unity ingevoer in hul bestaande JPG-formate vir verdere verwerking.

- ‘n Monochroom beeld van elk van hierdie kleurfoto’s word geskep in die aanlyn- omskakelingsagteware, OnlineJPGTools. Hierdie skepping word dan ook in JPG- formaat uitgevoer en gestoor vir latere verdere verwerkings in Unity.

- Laastens, word elk van die kleurfoto’s (wat gefotografeer is sonder die liniaal) om die beurt in Materialize ingevoer om ‘n kleur sowel as monochroom ‘vertolkte’ 3D oppervlakuitbeelding te skep. Só ‘n uitbeelding behels die simulasie van ‘n 3D oppervlakte vanaf ‘n 2D foto deurdat die sagteware die inkepinge op die foto vertolk om

‘n 3D uitbeelding te skep. Hierdie vertolking geskied na gelang van variasie in die kleur

91

van die rotsoppervlakte wat ‘n aanduiding is van die verandering in die topografie van die betrokke oppervlakte. Hierdie vertolkte 3D oppervlakuitbeeldings word in JPG- formaat gestoor en is dan gereed om ingevoer te word na Unity vir verdere verwerkings.

Fase 2

• In Unity word al die onderskeie komponente, geskep in Fase 1, ingevoer en as ‘n geheel aanmekaar gekoppel om ‘n verbruikersbeheerde verbindingskanaal te vorm. False Color word ook as ‘n derde party biblioteek ingebring en tesame met die digitale ligstraal (wat ‘n beskikbare funksie van Unity is) word dit dan ook deel gemaak van hierdie verbindingskanaal.

Die interaktiwiteit van die onderskeie komponente word daarna in Unity geskep en gekoppel aan die toegang daartoe deur virtuele knoppies wat gedruk en ander wat geskuif kan word om die waarneembaarheidsmanipulering-opsies uit te oefen.

Let wel, die interaktiwiteitskomponent van False Color kan eers verwesenlik word nadat toegang tot die nodejs-biblioteek verleen is deur Angular (dus moet die inbou van die komplete model in Angular eers plaasvind in die verwerkingsproses alvorens False Color funksioneel sal wees). Tog word False Color reeds ingebou in die verbindingskanaal wat in Unity aanmekaar gesit word.

Na afloop van die skepping van die verbruikersbeheerde verbindingskanaal, word ‘n WebGL van die aaneengeskakelde data in Unity as uitvoerproduk gebou.

• Hierdie WebGL word dan in Angular ingebou en al die funksies en inligting wat benodig word vir voorstelling in ‘n webtoepassing word in hierdie webraamwerk geskep. Inligting soos ondermeer die landingsbladsy met sy subbladsye, addisionele data met betrekking tot die terrein en die aktivering van opsies wat tussen en binne bladsye uitgevoer kan word, word dus in Angular geskep.

STAP 3: Voorstelling en waarneembaarheidsmanipulering

Die voorstelling van die multinavorsingsmodel in die webtoepassing kan in drie afdelings gedeel word, elk met hul eie visuele vorm en interaktiewe funksionaliteite (Tabel 3.2).

92

Tabel 3.2: Die drie afdelings van die multinavorsingsmodel.

Afdeling A Ortomosaïek-kaart

Afdeling B 3D rotsmodelle

Afdeling C 2D en 3D voorstellings en waarneembaarheidsmanipulering Die ortomosaïek-kaart verskyn in

die eerste skerm as die laai- opsie van Bosworth-

rotskunsterrein gekies word op die landingsbladsy van die webtoepassing.

Interaktiewe funksionaliteite:

- Ruimtelike analise in terme van,

➢ vergroting/verkleining van die kaart;

➢ ligging;

➢ beslaande area.

Wanneer op een van die vier gemerkte rotse op die ortomosaïek-kaart geklik word, verskyn ‘n

opspringskerm met ‘n 3D model van die bepaalde rots. Tesame met die 3D rotsmodel verskyn ook ‘n 2D uitbeelding van die bepaalde rots, asook ‘n beskrywing van die kunswerk/e op die rots.

Interaktiewe funksionaliteit:

- Rots kan geroteer word.

Wanneer op die ‘Analyse’-knoppie geklik word in Afdeling B, word ‘n nuwe skerm oopgemaak en verskyn die 2D kleurfoto as basis

uitbeeldingsvorm in die middel van die skerm met verskeie knoppies rondom waarmee interaktiewe funksies en

waarneembaarheidsmanipulering- opsies uitgevoer kan word.

Interaktiewe funksionaliteite:

Hierdie virtuele knoppies bied die vermoë om,

- te wissel tussen die skerm met die ortomosaïek-kaart en die

waarneembaarheidsmanipulering- skerm.

- te wissel tussen die onderskeie uitbeeldingsvorms in die

waarneembaarheidsmanipulering- skerm, naamlik 2D kleur, 2D monochroom, vertolkte 3D in kleur en monochroom, asook die 3D oppervlakmodel.

- interaktiewe funksies uit te oefen met betrekking tot die

kleurtoekenning, vergroting/verkleining, hellingshoek waarteen die oppervlakte gesien word, digitale ligstraal, asook die digitale diepte/hoogte van die petrogliewe. Elke

uitbeeldingsvorm sal nie oor al die genoemde funksionaliteite beskik nie, maar wel oor dié wat gereken word om die beste resultate op die betrokke uitbeeldingsvorm te

- lewer.

93 3.9 Gevolgtrekking

Na aanleiding van hierdie hoofstuk is dit duidelik dat benewens die bestaande metodologiese benaderings in die veld van argeologie, daar steeds ruimte te vind is vir nuwe metodes en werkswyses soos opkomende tegnologie dit aandryf. Met die integrasie van verskillende vakgebiede binne só ‘n tipiese argeologiese metodologie, moet balans gevind word tussen volhoubaarheid, beskikbare kundigheid, toerusting, asook sagteware. Die beplande metodologie maak voorsiening hiervoor op die volgende wyses:

• Die eenvoud van veral die dokumenteringstegnieke maak dat basies enige persoon dit kan uitvoer.

• Die enigste kundigheid wat in hierdie studie van buite die argeologiese veld vereis word, is

‘n programmeerder.

• Die toerusting is ook geredelik bekostigbaar en behels slegs ‘n OVS en ‘n standaard DELR- kamera.

• Laastens, is die oogmerk van die studie om die bekostigbaarheid in berekening te bring, veral wanneer dit by die koste van sagteware kom. Dus is al die genoemde sagteware- instrumente wat gebruik word in hierdie studie gratis en oopbron sagteware, buiten Drone2Map.

Inaggenome hierdie beplande metodiek, is die studie ten volle volhoubaar op die langtermyn.

In hoofstuk 4 word gekyk na die praktiese uitvoering van hierdie metodologie, tesame met die probleme wat ervaar is tydens dokumentering en verwerking van die data.

94

HOOFSTUK 4