• Tidak ada hasil yang ditemukan

LITERATUURSTUDIE

2.5 Navorsingsmetodiek

2.6.3 Metodes

Nie net moes die mees voordelige metodes gevind word vir die omvattende, nie-indringende dokumentering van rotskuns vir elke gevallestudie nie, maar ook het daar die behoefte ontstaan om die kunswerkdata te verwerk om groter sigbaarheid daaraan te verleen. Navorsers se oogmerk was dus ook om metodes te ontwikkel om rotskunswerke wat agteruitgegaan het of gesuperponeer is te identifiseer, dokumenteer, duideliker te maak en so beskikbaar te stel. Die

‘digitale rewolusie’ het ‘n kardinale rol gespeel in die vind van oplossings vir hierdie probleem deur die beskikbaarstelling van innoverende metodes om rotskuns te dokumenteer en die waarneembaarheid daarvan te manipuleer (Brady & Gunn, 2012:627). Tog is daar geen één metode in hierdie proses van dokumentering, verwerking, waarneembaarheidsmanipulering en voorstelling van rotskunsdata wat onder alle omstandighede die gewenste resultate lewer nie.

Digitale metodes verskil tot ‘n hoë mate van mekaar in die opleiding wat benodig word in die hantering daarvan, die mate van toegang daartoe, tyd wat benodig word vir implementering, beperkings veroorsaak deur weersomstandighede en/of ligging en natuurlik die koste verbonde aan sommige van die toerusting. Al hierdie faktore moet teen mekaar opgeweeg word met inagneming van die omgewing waarin die fisiese dokumentering gedoen word, asook die

38

verlangde resultate (Darvill, 2014:25). Van die metodes wat tans die meeste toegepas word in die proses van rotskunsnavorsing sal voorts kortliks genoem en beskryf word.

2.6.3.1 Dokumentering

Die gehalte van argeologiese navorsing, asook die vorme van voorstelling van die data is ‘n direkte uitvloeisel van die kwaliteit en akkuraatheid waarmee die dokumentering uitgevoer is.

Die kwaliteit van dokumentering speel ook ‘n toonaangewende rol in die beplanning van bewaringsbeleide vir terreine en bepaal die moontlikhede van toekomstige navorsers (López-Menchero Bendicho et al., 2017:29-30). Daarom is dit tans ook die aangewese manier om verskeie metodes aan te wend vir die akkurate dokumentasie van rotskuns om sodoende komplimenterende tegnieke te vind wat saam toegepas kan word (Lobanova, 2014:106).

Hierdie metodes kan opgedeel word in aktiewe- en passiewe dokumenteringsmetodes waar eersgenoemde metode hul eie bestraling gebruik om punte in ruimte te dokumenteer. Passiewe dokumenteringsmetodes aan die ander kant, dokumenteer weer die reflekterende lig of bestraling afkomstig vanaf ‘n onafhanklike bron soos die son of eksterne kunsmatige beligting (Georgopoulos & Stathopoulou, 2017:4,12). Beide hierdie dokumenteringsmetodes ressorteer onder afstandwaarnemingstegnologie. Sien Tabel 2.2 vir ‘n opsomming hiervan.

Tabel 2.2: Dokumenteringsmetodes (Georgopoulos & Stathopoulou, 2017:4-7,12-13; Liritzis et al., 2017:163; Mudge et al., 2012:654).

Dokumentering

Metode Toerusting Werking Voordele Beperkinge

Lasergrammetrie Funksioneer op een van drie wyses:

1) ‘n Laser pols word uitgestraal na die entiteit, waarna die terugkerende sein gedokumenteer word tesame met die tyd wat dit geneem het;

2) ‘n Ononderbroke laserstraal word uitgestraal in stede van ‘n pols.

Hierdeur word die verskil in die fase- variansie tussen die uitgestraalde en terugkerende

Terrestriële laser- skandeerder (TLS).

Word opgestel in

‘n vaste posisie, soos bv. op ‘n driepootstaander.

- Hoë akkuraat- heid;

- Hoë getal punte wat ingesamel word;

- Hoë digtheid.

- Koste van toerusting;

- Reaksie van laserstraal met sekere oppervlaktes, bv. marmer wat die straal kan

absorbeer, asook swart en nat oppervlaktes wat die straal nie laat

reflekteer nie.

Lugvaart laser- skandeerder (LLS).

Word aangebring op ‘n vliegtuig wat dan bo-oor die gemerkte terrein vlieg. Die vliegtuig kan ‘n bemande vlug (BV) wees of

‘n onbemande vlug (OV), soos ‘n hommeltuig.

Draagbare laser- skandeerder (DLS).

Kan aangebring word op ‘n bewegende vaartuig of gedra word deur ‘n persoon.

39

Dokumentering (volg)

Metode Toerusting Werking Voordele Beperkinge

sein

gedokumenteer.

Beide die metodes staan bekend as die Time-of-Flight (ToF) beginsel.

3) ‘n Laser word op ‘n oppervlakte/entiteit gestraal en met twee optiese sensors word een of twee driehoeke gevorm. Die sensors bepaal die posisie van die entiteit deur die driehoek(e) te ontleed. Die beginsel staan bekend as laser driehoeksmeting.

Fotogrammetrie Die vaslê van

berekenbare data van die ruimte van ‘n 3D oppervlakte by wyse van 2D beelde.

Multibeeld

fotogrammetrie is van toepassing wanneer foto’s van ‘n entiteit mekaar oorvleuel.

Hierdie foto’s word dan deur middel van rekenaarsagteware verwerk na ‘n 3D.

‘n Digitale kamera met toebehore

Die kamera kan aangebring word op ‘n:

- Stilstaande voorwerp (soos ‘n driepootstaan -der) of fisies gedra en hanteer word deur ‘n persoon.

Staan bekend as terrestriële fotogramme- trie;

- OV of BV.

Aldus lugfoto- grammetrie.

-

- Lae koste;

- Fotograaf het min opleiding nodig.

- Verwerking van foto’s kan

‘n tydsame proses wees.

2.6.3.2 Verwerking

Die bestuur van die gedokumenteerde data is baie belangrik. Dataverwerking wat té ambisieus gedoen word kan lei tot die gebrekkige of selfs totale verlies van relevante argeologiese

40

inligting. Daarom is dit aangewese dat die resultaat van die verwerkte data deurentyd vergelyk moet word met die rou data (Meyer, 2013:187). Daar is vandag verskeie omvattende sagtewarepakkette beskikbaar vir dataverwerking wat effektief, vinnig, verbruikersvriendelik en soms ook gratis en/of oopbron beskikbaar is (Lercari, 2016:9). Sien Tabel 2.3 vir slegs ‘n klein aantal van die sagtewarepakkette wat tans toegepas word in die verwerking van rotskunsdata.

Tabel 2.3: Verwerkingsagteware (Anderson et al., 2018:329; Plets et al., 2012:140,145,150; CTS Heritage, 2020; Cignoni & Muntoni, 2020; Rahaman et al., 2019:3; Esri, 2020).

Verwerking Waar vind

verwerking

plaas Programmatuur Funksie Voordele Beperkinge

Cloud AgiSoft

Photoscan Pro

3D data wat verkry is, word ontgin vanaf 2D foto’s wat uit verskillende hoeke en hoogtes geneem is. Die verwerking behels ‘n kombinasie van die Structure from Motion (SfM)-tegniek en ‘n verskeidenheid van digte multi-aansig stereo (MAS) algoritmes. Op hierdie wyse word ‘n 3D model van die

oppervlakte/entiteit saamgestel.

- Koste- effektief;

- Relatief eenvoudig om mee te werk;

- Buigbaarheid.

- Kragtige rekenaar nodig (16-128 gigagrepe geheue en ‘n GPU met 4-16 verwerkers);

- Program is onder konstante ontwikkeling, dus word probleme soms ervaar met die vloei van die program.

Plaaslik 3DVista Virtual Tour Pro

Heg geneemde foto’s aanmekaar om ‘n 360°

virtuele toer te skep.

Beskik ook oor beperkte funksies om die

waarneembaarheid van foto’s te manipuleer.

- Alles-in-een program;

- Koste- effektief.

- Kragtige rekenaar nodig (16 gigagrepe geheue en ‘n GPU met 4 verwerkers).

Cloud MeshLab Bied ‘n stel hulpmiddels om rou data wat deur 3D digitale instrumente vervaardig is, te verwerk na ‘n diskrete

interpretasie van ‘n geometriese model.

- Gratis;

- Kan groot data-leêrs hanteer.

- Program is onder konstante ontwikkeling, dus word probleme soms ervaar met die werking van die program.

Cloud of plaaslik

ArcGIS Programmatuur waarmee ruimtelike data geskep, bestuur, gedeel en geanaliseer kan word.

- Integrasie met ander stelsels is goed;

- Koste;

- Kragtige rekenaar word

41 Verwerking (volg) Waar vind

verwerking

plaas Programmatuur Funksie Voordele Beperkinge

- Relatief eenvoudig om te leer

gebruik.

benodig (8-32 gigagrepe geheue en ‘n GPU met 4-10 verwerkers);

- Byvoegings kan nie maklik geskep word

nie.

Plaaslik RTIBuilder ‘n Koppelvlak na ‘n stel instrumente wat die oorspronklike stel foto’s verwerk na ‘n Reflectance Transformation Imaging (RTI)-leêr toe (sien Tabel 2.3).

- Gratis en oopbron.

- Uitsetkwaliteit hang van die geneemde foto’s af.

2.6.3.3 Waarneembaarheidsmanipulering

Die gebruik van sagteware om die waarneembaarheid van ‘n uitbeelding te manipuleer word al sedert die 1990s toegepas (Brady & Gunn, 2012:629). Manipuleringsalgoritmes word ontwerp om inligting wat nie onder normale ligtoestande met die menslike oog gesien kan word nie, na vore te bring (López-Menchero Bendicho et al., 2017:31). Dus is die gebruik van waarneembaarheidsmanipulering ‘n belangrike instrument om:

• Te poog om subjektiwiteit tot ‘n mate te verminder.

• Verdofte motiewe te herkonstrueer, asook die herstel van hul korrekte kleure.

• Lae van superponering van mekaar te onderskei.

(Brady & Gunn, 2012:629; Clogg et al., 2000:839)

Tabel 2.4 dui van die gewildste programmatuur aan vir die waarneembaarheidsmanipulering van rotskuns vandag.

42

Tabel 2.4: Programmatuur om waarneembaarheidsmanipulering toe te pas (Brady & Gunn, 2012:631- 632; PGBS, 2020; CHI, 2020; Mudge et al., 2012:645,648-651; Lymer, 2015:160-161; Hanneken,

2016:181).

Waarneembaarheidsmanipulering

Programmatuur Funksie Voordele Beperkinge

Adobe Photoshop Redigering van foto’s en grafiese ontwerp. Kleure op foto’s wat verdof het, kan gekies en

gemanipuleer word.

- Geen derde party plugins nodig nie;

- Eenvoudig om te leer gebruik.

- Koste;

- Verwerking van hoë kwaliteit foto’s is problematies.

Decorrelation Stretch (DStretch)

Kunsmatige beklemtoning van die onderskeie kleure by wyse van selektiewe verskerping van kleurspasie deur die verskillende kleurvelde te skei of uit te strek.

- Bekostigbaar;

- Eenvoudig om toe te pas.

- Kan slegs 3-kanaal toevoer hanteer.

Dus ‘n probleem as kamera meer as 3- kanale het.

RTI Behels die interaktiewe

beligting van ‘n oppervlakte vanuit verskillende hoeke.

- Gratis;

- Eenvoudig om toe te pas.

- Groot tonele kan problematies wees om mee te werk.

SpectralRTI Kombineer die

eienskappe van RTI met spektrale beelding wat die sigbare

kleurspektrum van die menslike oog oortref.

- Kan 4-kanaal (en meer) toevoer hanteer;

- Gratis.

- Meer

gekompliseerd as gewone RTI.

Collaborative

Algorithmic Rendering Engine (CARE)

Pas wiskundige filtreerders toe op ‘n opeenvolgende stel digitale foto’s om nuwe inligting op die foto’s te toon.

- Intensifiseer die resultaat wat verkry word van RTI deur opsies van visie by te voeg.

- Onbekend, moet nog in die veld toegepas word.

2.6.3.4 Voorstelling

Met die toenemende integrasie van digitale tegnologie toegepas op kultuurerfenis-terreine, is dit vanselfsprekend dat hierdie tegnologieë ‘n breër aanwending sal hê as vir slegs interne doeleindes. Die verkrygde data en resultate word dikwels ook gedeel met ander navorsers en die breë publiek by wyse van visuele platforms waardeur 2D en 3D skeppings aanlyn gedeel kan word, soms met die druk van slegs een knoppie (Vincent & Levy, 2017:xiii). Dus, die behoefte om nuwe ontdekkings te kommunikeer met mense wat nie self die erfenisterrein besoek nie, kan nou gevul word deur die voorstelling van visuele skeppings (López-Menchero Bendicho et al., 2017:37). Soos tereg opgemerk word deur López-Menchero Bendicho et al.

43 (2017:42):

In Tabel 2.5 word ‘n paar van die platforms vir die voorstelling van rotskunsdata kortliks beskryf.

Tabel 2.5: Platforms om rotskunsdata voor te stel (Anderson et al., 2018:331; ICOMOS, 2006; Petrelli, 2019:2; Britse Museum, 2020; Victoria Museum, 2020; Rahaman et al., 2019:4,6; RARI, 2020a; Younes,

2020).

Voorstelling

Platform Eienskappe Toepassing

2D

uitbeeldings

Gewone 2D foto’s van

‘n terrein en/of entiteite word beskikbaar gestel.

- Op ‘n webtuiste van RARI, geskep en bestuur deur The African Rock Art Digital Archive van die Universiteit van die Witwatersrand, kan 2D foto’s van rotskuns gesien word http://ringingrocks.wits.ac.za/

3D

modellering

Die model kan óf in 3D uitgedruk word óf in ‘n 3D digitale platform beskikbaar gestel word.

- 3D uitdruk van rotskuns by Wildspas in die Drakensberge;

- Digitale 3D modellering van die Caquetá-rotskunsterrein met ArcGIS.

Virtuele werklikheid

‘n Digitale werklikheid van ‘n terrein of entiteit word geskep en aangevul met rekenaar gegenereerde

verbeterings. Hierdeur verkry die verbruiker subjektiewe aansig van die oppervlakte.

- ‘n Virtuele werklikheidstoer van Suid-Afrikaanse rotskuns is aanlyn beskikbaar gestel deur die Britse Museum in Londen

https://africanrockart.britishmuseum.org/vr/

- 3D entiteite kan ook gedeel en virtueel besigtig word in

‘n toepassing genaamd Sketchfab.

Aanvullende werklikheid (Augmented Reality)

Die werklike terrein of entiteit word digitaal aangevul met gerekenaardiseerde elemente. Die verbruiker verkry hiermee ‘n objektiewe aansig van die terrein.

- Rotskuns in Arnhem Land in Australië is deur die Victoria Museum gebruik om ‘n aanvullende werklikheid te skep

https://www.youtube.com/watch?v=floA5HDh8jU

360° sferiese uitbeelding

‘n 360° uitbeelding van

‘n terrein wat interaktief funksioneer.

- Hollman (Hollman & Crause, 2011) het ‘n 360° sferiese uitbeelding van die Vaalekop Skuiling rotskunsterrein in KwaZulu-Natal geskep;

- Sien ook

https://www.facebook.com/mahmoudyounesegyptologist vir die toepassing hiervan op argeologiese terreine in Egipte.

2.6.4 Voordele vir Suid-Afrika

Ingevolge Artikel 17 van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999, moet Suid-

44

Afrika se erfenishulpbronne geïdentifiseer, geassesseer en bestuur word met die doel om:

• Die waarde van materiële- of kultuurerfenis in ag te neem en toe te sien dat so min as moontlik veranderings of verlies plaasvind.

• Die gebruik en genot van en toegang tot erfenishulpbronne te bevorder op ‘n wyse wat in lyn is met die betrokke erfenis se kulturele betekenis en bewaringsbehoeftes.

• ‘n Bydrae te lewer tot sosiale en ekonomiese ontwikkeling.

• Die moontlikhede van die huidige en toekomstige geslagte te beveilig.

• Ten volle nagevors en gedokumenteer te word.

Soos duidelik hieruit gemerk kan word, is navorsers en erfenisbestuurders wetlik verplig om met die grootste sorg en toekomsvisie met erfenishulpbronne om te gaan. Met betrekking tot rotskuns spesifiek, het die Suid-Afrikaanse Museumsvereniging reeds in 1956 ‘n brief aan die president van die Suid-Afrikaanse Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) gerig waarin hul klem gelê het op die dringende behoefte aan die ontwikkeling van metodes om prehistoriese rotskuns in Suid-Afrika te bewaar. Daarin is versoek dat die WNNR die vraagstuk sal ondersoek, waarna lede van die WNNR in April 1957 vier terreine naby Ladybrand besoek het. In die verslag wat gevolg het, is die WNNR aangemoedig om persoonlik by die kwessie betrokke te raak. Desnieteenstaande het niks hiervan gekom nie (Schoonraad, 1972:271).

Dus is die behoefte om rotskuns te bewaar vir navorsers en die breë publiek ‘n kwessie wat reeds al ‘n geruime tyd dringende aandag vereis. Die werklikheid is dat, selfs met verskeie metodes wat geïmplementeer word om die rotse met die kuns op in hul fisiese toestand te bewaar, kan dit onder die beste omstandighede slegs die proses van agteruitgang vertraag. Die feit is dat oor tyd alle oorspronklike tasbare rotskuns tot niet sal gaan. Daarom is dit vir Suid- Afrika met sy ryk rotskunserfenis van kardinale belang dat langtermyn oplossings gevind moet word, omredes:

• Dit die enigste bron van ‘geskrewe’ geskiedenis van Suidelike Afrika is voor kolonialisme plaasgevind het.

• Navorsers, veral internasionaal maar ook plaaslik, nog bitter min van die rotskuns werklik besigtig en bestudeer het.

• dit een van die hoof besienswaardighede van toeriste (‘n belangrike bron van inkomste) in Suid-Afrika is.

Daarom behoort alle belanghebbendes van Suid-Afrikaanse kultuurerfenis aktief na metodes te soek en te beproef met die oogmerk om rotskuns op nie net op ‘n fisiese wyse te bewaar nie, maar ook op ‘n digitale volhoubare wyse te dokumenteer, verwerk en beskikbaar te stel.

45 2.7 Gevolgtrekking

Na aanleiding van die literatuurstudie wat in hierdie hoofstuk gedoen is, is dit duidelik dat die daarstelling van sekere oogmerke met betrekking tot die bewaring van rotskuns van kardinale belang is. Daar bestaan ‘n dringende behoefte tot die realisering van ‘n gereguleerde, holistiese digitale-benadering tot rotskuns met die daarstelling van ‘n suksesvolle, uitvoerbare raamwerk van omvattende bestuur van rotskuns. Hierdie behoefte moet aandag geniet met dien verstande dat met die tempo waarteen rotskunserfenis verlore gaan, die dringendheid om volledige rotskunsdata in te samel en te stoor daagliks eksponensieel vergroot. Dit is nodig dat ‘n afdwingbare internasionale-, sowel as nasionale standaard daargestel word betreffende die wyse waarop rotskunsdata gedokumenteer en beskikbaar gestel word. Hierdie gedokumenteerde data moet oor langtermyntoeganklikheid beskik en dus aangepas kan word oor verskillende digitale platforms. Hierdeur kan navorsers en erfenisbestuurders digitaal toegang verkry tot objektiewe en volledige data om dit te kan verwerk en aanwend soos hul nodig ag vir hul betrokke doeleindes (Plets et al., 2012:139).

In die volgende hoofstuk word gekyk na die metodologie wat gevolg gaan word vir die daarstel van só ‘n aanlyn-datamodel om rotskunswerke op Bosworth-rotskunsterrein te dokumenteer, verwerk en voor te stel. Ook gaan uiteengesit word hoe hierdie beplande model aan die verbruiker die vermoë sal bied om waarneembaarheidsmanipulering op die onderskeie kunswerke toe te kan pas.

46

HOOFSTUK 3