• Tidak ada hasil yang ditemukan

DIE RAAD

Dalam dokumen Die stigting van die Landbank (Halaman 35-43)

HOOFSTUK I HOOFSTUK I -

1. DIE RAAD

Kragtens Art. 4 word die werksc:..arnhede ve.n die Bank beheer en bestuur deur 'n vuorsitter (die besturende d irckteur krc,gt cns .Art. 4 (bis) aangestel) en minstens

vier Ii'laar hoogstens ses r :::i.adslcde, wat alrnal deur die Goewerneur-generc.al aanges.tel word. Die Barik: tre:e, deur sy Raad, in sy d:·.aglikse bestuur selfstE:11dig op, en is met regspersoonlikheid beklce.(Art. 3(1)).

(Dit is interessant om daar0p te l et dat die Ste.at by diG nc:..n3telling v.:.:1..n r 2.2,dsl ede v,::tn die jr:inger s-e~1i-staatsinst ellinge s00s Sasol en Fosk.or die beleid gevolg het dat die aanstellings deur die I;Hnister en nie die Goewerneur-generaal gedoen word nie).

(a) SamestelliM._YF.tn_die Raad

Die Rade van die verskillcnde kolonial e landbanke was socs vol g saarngestel: Transvaal: 'n voorsitter en vyf lede; Natal: vyf kommissarisse; Vrystaat:

die tesourier van die Oranje-Vrystaat en vier lede,

/tcrwyl •••••••27.

terwyl die Kaapkolonie se Landboukredietbank 'n r&ad bE-Staande ui t vyf trusti:.HJS SClll gehad het, van wie een die vccrsitt8r sou wees.

Tydens die besproking van die wetsontwerp van die Land- en LandboubanJ.<: van Suid-Afrika, wat voor- siening vir In voors.itter en vyf lede gemaak h:at, is daar sterk op aangedring dat die Raad uit die vocrsitter en ses l ede sou bestaan, sodat die

twee groat provinsies (Transvaal en Kaapprovinsie) elk twee lede en die kleiner provinsies (Oranje- Vrysta1;;.t (::Il ]\atal) elk een licl kan he.

Nadat die vraagstuk van koste in die komiteestadium bespreek is en die feit dat die raadslede in prak- tyk tog in die onmiddellike 1.)mgewing van Pretoria sou moet woon, het die Minister van Finansies

gevra dat besluit moes worcl of vyf lede nie miskien nog te veel is nie, en of die voorsitter en een lid vir elko provins ie nie mis:1:eien vold,)ende sou wees nie. Hierop het Sir. E .E. \Val ton voorgt-.::stel dat die Raad uit die voorsitter en vier lede sou be- s,taa.n, en hierdie voorstel is aanvaar,

In 1924 is die aantal raadslede van vier na vyf (1)

vermeerder. Die Raad se werksaamhede het egter so vinnig vermeerder weens sy funksie om self

....

voorskotte toe te ken dat die lede so te se voltydse beamptes geword het. Die Raad het toe vier dae per week gesit. Hierdie lang sittings het weer tot gevolg gehad dat die pe:rsoneel oortyd moes werk om die werk vir die Raad voor t e berei

(2) en om uitvoering aan die Raad se besluite te gee.

(1) Artikel 15(b) van #et Nr. 32 van 1924.

( 2) 1924-J·aarverslag, pc:.r.4~ bla.dsy 1.

/Om •••••••••• 28.

j

Om die gedurige oortyd te voorkom, is besluit om die nar.iiddagsi ttings te bee'indig en om vyf dae pe]lWeek tu sit.

Deur Artikel 7 van die Finansiele Wysigingswet Hr. 3-1 va-ri 1930 ia die aantal raadslede na ses vermeerder. Die aftredende besturende direkteur is toe as die addisionele lid van die Raad aan- gestel, en sedertdien is daar nog altyd ses raads- lede en 'n voorsitter.

(b) ~walifikasies en diskwalifikasies van Raadslede Volgens die Landbankwet word daar geen spesiale kwalifikasies vir raadslede vereis nie, maar daar word slegs van diskwalifikasies meldinf

3

,emaak.

J.X. Merriman as gewone parlementslid, het tydens die komiteestadium van die Unie-Landbankwetsont- werp gese dat dit 1.n eienaardige omkering van pro- sedure is, aa.ngesien gewocnlik neergele word wat- ter kwaJ,ifikasies 'n persoon i11oet besi t om 'n lid van 'n re.ad te word, terwyl in die geval van die lede van die Landbmllcraad gese wor•d wt•.tter kwali- fikasies 'n persoon nie moet besit nie.

In sy antwoord het die Minister van Finansies gese A.

dat hy die insluiting v~n staatsamptenare as lede van die Raad oorweeg het, maar na ocrweging van die hele aangeleentheid tot die gevolgtrekking gekom dat dit onwys sou wees om dit te doen. Die Minister het gemeen dat dit beter sou wees om

"besigheidsmense, of persone and.er as staatsampte- nare wat weet wat van hulle verlang word, as lede van die Raad te ~f~ bahalwe die Voorsitter en die Hoofbestuurder. 11 Voorstelle om hoe' sta.atsampte-

(3) en (4) Volksr~c.d-debatte, 13/5/1912.

nare, soos byvoorbeeld die Landmeter-generaal, as lede van die R:,c:.d aan te stel, is verwerp.

Daar is geargwnenteer d~t van die dienste van hierdie amptenare gebruik gemaak kan word sonder om hul as lede van die Raad aan te stel.

Op die wetboek is gevolglik slegs die volgende diskwalifikRsies geplaasa

( i) Raadslede 1-.1s.g nie lede van die Volksraad,

Senaat of Provinsiale Raad wees nie. (Art .4(3)) Dc-.ar is voorgestel dat verder geg.c..:.an moet word en dat persone w~t minder 2s twee jaar tevore 'n lid van een van bogemelde instel-

(5)

lings was, nie benoem mag word nie. D~ar is verwys na 'n gev2.l in die Tre.nsvaalse Landbank wanr 'n persoon w2.t sy setel ten gunste van die Eerste Minister afgestaan het, as lid van die L~ndbankraad b~noem is. Die teem.Lrgument was dat dit in so 'n geval miskien die gevolg sou he dat 'n lid v~n die Pc.;rler:ient w..,.t vir so In e.anstelling uiters geskik is, slegs as gevolg van sy

"sonde" dat by Parlementslid was, uitgesluit sou moet word. As gevolg van so 'n bepaling mog dit dan net moontlik wees dat die dienste van uiters bekwame persone vir die Bank ver-

( 6)

lore mog wees. G.A. Lauw (parlernentslid) het so ver geg2an om te

se

dat dit onsin is om te meen dat politieke beinvloeding geheel en al uitgeskakel kan word. Hy het verder gevoel dat di t so te

se

onr,10ontlik is om

/geskikte •••• 30.

(5) Di t w2,s 'n bepaling in die Kaapkolo nie se Landbankwet.

(6) Volksra2.d-debatte, 13/5/1912.

geskikte persone "who did not mix in pcl.i t.ics 11 t e kry. A2.nge8 ien die voorstel as 1 r1 sc crt sen- suur o_p di0 Regering beskDu is, is dit r:1et 1n oor- weldigende r.;eerderheid verwerp. 'n ?..egering vrnrd dus nie vcrl1i ndcr cm 'n persoon w,;~t Eict 'n ver- kiesing cnsuksesvol was, '.lS lid vo.n die L2.ndoank-

r c.'.ld ::.~ante stel niE:. Sc, 'n perscon sou wel die

bogemelde kw::~lifikc..sies, w2.t deur die Minister v2.n Finansic,s ge::nc8n: i s, kan besi to

(ii) R&,:.dsl ede Etc:,.g nie direk'i:,eur vei.n 'n 2.nder b::-.mk of geldlenende instelling wees nie.(Art.4(3)). Sir E.H. Wal tona w.'."..t hiordie ::.rtikel vocrgestel het

r '(7)

het gese dc·,t "they w::~nted men with single minds •11 Die Minister vc.L11 Fine.nsies w2.t die voorstel aan- V~'.ar het, het v2rduidelik dc.t hy nie so be,.ng vir direkteure vm1 Assuransiemantskappye is nie, m&ar bang is d::.~t direkteure "lan 2..nder banke w2.t die twee nrl1pte beklee, in die verleiding mag kom om VJ.n slegte verb:::;,nd.e ontslne te r aak.

Hierdie sienswyse van die I-:inister het onlangs di e gevolg gehad dat

J ·.c.

v.

w .

Steytl2r, die

~ewese besturende direkteur en voorsi tter, 'n aanstelling as direkteur van die Suid-Afrikaanse Verb&ndversekeringsm&atskappy Beperk aangeneem het, waarby die Landbadrnkuldenar e se lewens vir die saldo wat hulle nan die: Landbank verskuldig

is, verseker word. Volgen.s 'n antwoord wat aan die gekose kcmitee versk&f is, cntvang hy egter gecn vergocding hiervoor nie. Dit is slegs die belang vo.n gl addG wer-king van die skema tot voor-

deel 'c'i.ln di E. l>oere wat dit nodig gematlk het dat

/hy •••••••••••31 - - -------

(7) Volksrand-debo.tte, 15/5/1912.

(iii)

31.

hy ook direkteur van bierdie maatskappy moes word.

'n Raads1id moet in die volgende geval.le sy amp ontruim:

(a) As sy boedel gesekwestreer word of as sy boedel kragtens artikel 10 van die Boere- Bystandswet (Wet 48 van 1935) beredder word. (Art 5. 2(a). Een lid het tot dus- ver ns gevolg vnn bierdie artike1 sy pos ontruim.

(b) As hy kr2.nksi!mig word of weens 'n mis- dryf veroordeel en tot g~vang8nisstr.3.f, sonder keuse Vdn 'n boete? gevonnis

WO rd , ( Art • 5 • 2 ( b ) ) •

(c) As by sonder die Raad se verlof van vier agtereenvolgende raadsvergaderings af- wesig is. (Art. 5 2(c)). Generaal Muller het in 1915 sy amp as gevolg van hierdie artikel ontruim.

Die voorsitter en lede mag E:?gter afwesig wees as die I,:iinister ander pligte aan hulle opgedra bet. (Art. 10 (2)).

(iv) 'n Lid mag, weens onbevoegdbeid of wangedrag, deur die Goewerneur-generaal uit sy amp ont- slaan word. (Art. 5(1)).

As 'n versoekskrif waarby die ontslag van 'n lid gevra word, deur beide Huise van die Parle- ment aan die Goewern~ur-generaal voorgele ... word, moet by so 'n lid ontslaan. Die versoekskrif m.oet egter binne een maand nadat so 'n lid se naam ter tafel P-ele is aan die Goewerneur-

o '

generaal voorgE:de word. (Art. 4 (5)).

/(c) •••••••••••32.

(c) .'J:YQ_Qerk van diens van Raadslede

Raadslede word aangestel vir sulke tydperke as wat die Goc~1:Ver·neur-gE:n<..::racll mag goedkeur, maar vir hoog- stens vyf jas.r . (Art . <l:(2)) . Oorspronklik was hulle vir vier jaar aangestel, maar van 2 Junie 1930 af is die tydperk na drie jc1ar verminder. Van

15 Junie 1951 af is die tydperk weer na vyf jaar V(:rleng. Raadslede kan heraangestel vvor-d.

(d) Bggte en Bevoegdhede vQn die Raad

Aangesien die Bank met regspersoonlikheid beklee is en bevoog is om as regspersoon onder die naam van die Land- en L3.ndboubank: van 3uid-Afrika as eiser en

verweerder in regte op te tree en, onderworpe aan die bepalin:.:s van die Landbankwet, roerende en on- roerende goed te koop of a~1dersins te ver·kry, te hou of te vervreem, en die handelinge te verrig wat regspersone regtens kan verrig. (Art. 3(1)), is dit vanselfsprekend dat die Raad baie wye magte en bevoegdhede besit. Hierdie magte en bevoe6dhede sal in die loop van hier·die verhandeling verder bespreek word.

( e) Vergaderings 1_Kworw,1 _en notules

Volgens die Landbankwet moet die Raad Elinstens een keer elke maand en op die ander tye wat die voor- sitter mag bepaal, vergader . (In die praktyk sit die Raad van twee tot vyf dae per week). Op skrif-

telike versoek van minstens twee lede moet die voor- sitter 1n vergadering bele. (Art 6 (1) en (2)).

Drie ledG van die Raad vorm 'n kworum vir 1n ver- gadering. Besluite in verband met voorskotte op so In vergadering rr,oet eenparig wees. (Art. 8 (1)) •

As meer &s drie lede teenv10ordig is, geskied beslui te /by ••••••••••••. 33.

by meerderheidstem. Die persoon wat as voorsitter optree, het, behalwe sy beraads.lagend.a s.ter.1 as lid

van d:i.e Raad, ook nog 'n beslissende stem. (Art. 8(2)).

Behoorlike notule van die v21·rigtinge fil08t gehou word. Tot 30 Julie 1953 is die hoofbestuurder of iemand wat hy daartoe aanwys kragtens Net, insae in die notule gegee. (Art. 9 (3) Wet 13 van 1944).

Deur Wet 13 van 1953 wat op 31 Julie 1953 gepromul-·•

geer is, is hierdie artikel e.gter geskrap. (Art. 3 Wet 13 van 1953). B£et die pos van hoofbestuurder is toe weggedoen.

(f)

~ig

2

g1i~g

van Raadslede

Tot a.an di0; einde van 1957 was daar slegs 'n totaal van 30 persone lede van die Unie-Landbankraad. Die-

selfde persone het, nieteenstaande wisseling van r.egcrings, lede van die Raad gsbly e:n vo.ndag (1961)

is daar nog pcrscnc op die Raad wat deur die Ver- enigde Party-Regering, rneer as twaalf jaar gelede, aangestel is.

Dit moet in gedag~e gehou word dat bejaarde persone in die reel as lede v~n die Raad aangestel word en dat regering.s gewoonlik as die geleentheid hom voordoen, hul "eie" nense op sulke rade aanstel,.

Die weinige wisseling van raadslede is dus 'n bewys ds.t die verskeie r>egerings selde met die aanstel- ling van 'n raadslid deur 'n vorige regering ,,-nte- vrede was. Verder toon dit dat die lede van die Raad hulle oor die algemeen nie veel aan die party- politiek gesteur het nie, en die beleid vDn die Staat ultgevoer het. Dit toon egter ook dat die Staat die noodsaaklikheid van selfstandigheid van die Raad en bestandheid teen politieke druk besef.

/2. Die . • . . . . 34.

2. DIE

EN

Dalam dokumen Die stigting van die Landbank (Halaman 35-43)

Dokumen terkait