ORIËNTERING EN ONDERSOEKPROGRAM
Hoofstuk 5: Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings
4.4.1.5 Geldigheid en betroubaarheid van data-insamelingsinstrumente
Die geldigheid van die data-insamelingsinstrument (vraelys) wat gebruik is in die empiriese ondersoek, is op die onderstaande wyse verseker (Leedy & Ormrod, 2010:101-105;
Creswell & Plano Clark, 2011:210). Talle navorsers onderskei tussen belangrike aspekte van geldigheid, naamlik onder andere: gesigs-, inhouds- en konstrukgeldigheid (kyk Figuur 4.2) (Pietersen et al., 2007:218; Leedy & Ormrod, 2010:101-105; Creswell & Plano Clark, 2011:240-249; Oluwatayo, 2012:392-395).
100
Figuur 4.2 Uiteensetting van kwantitatiewe geldigheid (Aangepas uit Oluwatayo (2012:392-395)).
Die konsep, gesigsgeldigheid, verwys na die voorkoms van die instrument, met ander woorde die mate waarin die instrument geldig lyk om te meet wat dit veronderstel is om te meet. Gesigsgeldigheid kan nie getoets of gekwantifiseer word nie, maar moet deur kundiges van die gepaste navorsingsvelde nagegaan word om gesigsgeldigheid tot „n hoë mate te verseker (Pietersen et al., 2007:218; Cohen et al., 2010:174). Die data- insamelingsinstrumente is deur die navorser en studieleier beskou as geldig en toepaslik vir die doelwitte van die empiriese ondersoek. Die volgende kriteria is gevolg om te verseker dat gesigsgeldigheid bereik is, naamlik:
die struktuur van die insamelingsinstrumente in terme van konstruksie en formaat;
die duidelikheid en eenduidigheid van die vrae op die insamelingsinstrumente;
toepaslikheid en moeilikheidsgraad vir die respondente;
korrekte spelling, spasiëring, leesbaarheid, aantreklikheid en voorkoms van die insamelingsinstrumente;
redelikheid van die vrae op die insamelingsinstrumente met betrekking tot die doel van die instrument (Oluwatayo, 2012:392).
Inhoudsgeldigheid is „n teoretiese konsep wat fokus op die mate waarin die inhoud van die items van „n insamelingsinstrumente ooreenstem met die domein wat dit veronderstel is om te meet (Pietersen et al., 2007:218; Frankel & Wallen, 2008:148; Tashakkori & Teddlie, 2010:680; Creswell & Plano Clark, 2011:240-249). Om die inhoudsgeldigheid van die data- insamelingsinstrument wat in hierdie empiriese ondersoek gebruik is, te verhoog en te
101
verseker, is die vraelys aan verskeie vakspesialiste ten opsigte van houding en probleemoplossing in wiskunde gegee vir kritiese kommentaar. Die kommentaar is in die instrument ingewerk. „n Omvattende literatuurstudie is onderneem in die ondersoek oor die onderwerp. Die inhoudsgeldigheid van die insamelingsinstrument gee aanleiding tot die verhoging van konstrukgeldigheid (Oluwatayo, 2012:392-393).
Konstrukgeldigheid word binne „n gegewe teoretiese konteks bepaal en is die logiese verwantskap tussen die veranderlikes van die ondersoek (Pietersen et al., 2007:217; Cohen et al., 2010:178). Hierdie geldigheid voorsien standaardisering en bepaal of die instrument die inhoud van die spesifieke konteks meet (Pietersen et al., 2007:217). Om die konstrukgeldigheid van die instrument te verseker, is gebruik gemaak van „n faktoranalise.
Die doel van die faktoranalise was om interkorrelasies tussen „n groot aantal veranderlikes te bereken met die oog daarop om veranderlikes met „n hoë korrelasie binne-in „n spesifieke faktor saam te groepeer (kyk 4.4.1.3) (Le Roux, 2008:80).
Betroubaarheid is die mees gesogte tegniese meriete van „n empiriese ondersoek om te verseker dat die resultate van die insamelingsinstrument dieselfde sal wees indien die ondersoek herhaal sou word (Pietersen et al., 2007:215; Bowling, 2009:163; Cohen et al., 2010:179). Verskeie navorsers onderskei tussen drie hooftipes betroubaarheid, naamlik:
stabiliteit, ekwivalansie en interne konsekwentheid (kyk Figuur 4.3) (Pietersen et al., 2007:216; Cohen et al., 2010:179; Leedy & Ormrod, 2010:199; Oluwatayo, 2012:395-396).
Figuur 4.3 Uiteensetting van kwantitatiewe betroubaarheid (Aangepas uit Oluwatayo (2012:392-395)).
102
Betroubaarheid is verseker deur die konsekwentheid van die insamelingsinstrument, naamlik dat soortgelyke resultate verkry behoort te word in die voor- en natoets, te bereken.
Pearson se korrelasiekoëfisient is ook gebruik vir die voor- en natoets (Cohen et al., 2010:179; Oluwatayo, 2012:395-396). Dit sluit in die analisering van data deur middel van „n T-toets om te bepaal of „n beduidende verskil voorgekom het tussen die voor- en natoetse.
Dieselfde toets is gebruik om die rapportpunte van leerders te vergelyk vir voor- en natoetse.
Pearson se korrelasiekoëffisiënt (r) word beskou as „n statistiese maatstaf van kovariansie en assosiasie tussen twee veranderlikes (Hauke & Kossowski, 2011:87-88). Die waarde van die korrelasiekoëffisiënt wissel van -1 tot +1; as die koëffisiënt neig na 1, word dit beskou as „n hoë positiewe korrelasie of direkte lineêre verband tussen veranderlikes, terwyl
„n neiging na 0 as „n lae korrelasie tussen veranderlikes beskou word (Hauke & Kossowski, 2011:87-88). „n Negatiewe korrelasie wys op „n omgekeerde lineêre verband tussen twee veranderlikes.
Effekgroottes (Cohen se d waarde) is bereken met behulp van die volgende formule:
| ̅̅̅ ̅̅̅|
̅̅̅
̅̅̅
As | | 0.2, dan is dit „n klein effek met geen praktiese betekenisvolle verskil nie; as
| | 0.5, dan is dit „n medium effek met sigbare of moontlike praktiese betekenisvolle verskil; as | | , dan is dit „n groot effek met praktiese betekenisvolle verskil. Genoemde waardes is gebruik om uitspraak oor die praktiese betekenisvolheid van verskille in gemiddeldes te lewer (kyk 4.4.1.7.2)
Die volgende kriteria is gevolg om te verseker dat stabiliteit ten opsigte van die voor- en natoets gehandhaaf is, naamlik dat die tydperk nie te kort of te lank is tussen die voor- en natoets nie. As die tydperk te kort is, is daar „n moontlikheid dat die respondente op
103
herroeping van vorige antwoorde die vraelyste beantwoord, terwyl dat as die tydperk te lank word, relevante faktore van die studie kan verander (Oluwatayo, 2012:396).
Ekwivalensie word deur alternatiewe of parallelle vorms van insamelingsinstrumente verkry deur op twee geleenthede van dieselfde respondente gebruik te maak (Pietersen et al., 2007:216; Cohen et al., 2010:180; Leedy & Ormrod, 2010:199; Oluwatayo, 2012:395-396).
Die interne konsekwentheid is bepaal deur betroubaarheidskoëffisiente vir elke veld van die data-insamelingsinstument te bereken (kyk Tabel 4.5 en Tabel 4.6). Die betroubaarheidskoëffisient wat die interne konsekwentheid van die empiriese insamelingsinstrumente gemeet het, staan bekend as die Cronbach-Alpha-Koëffisiente (Leedy & Ormrod, 2010:199; Oluwatayo, 2012:396). Met behulp van die volgende formule is die Cronbach-Alpha-koëffisiente bereken:
[ ] [ ∑ ];
∑